SlideShare a Scribd company logo
1 of 6
WAT ’n MÔRE!!
Joh. 20:1-10
Pandemonium
Die soektog
Interaksie met die engele
Joh 20:14 En toe sy dit gesê het, draai sy haar om
agtertoe ....
Jesus se verskyning
Betekenis vir Maria
Betekenis vir ons?
- Die dood is oorwin!
Openb 1:18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek
leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels
van die doderyk en van die dood.
- Sonde is oorwin!
1 Kor 15:55 -57 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar
is jou oorwinning? Die angel van die dood is die sonde,
en die krag van die sonde is die wet. Maar God sy dank,
wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus
Christus.
- Persoonlike verhouding met Hom
Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan
hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word,
aan hulle wat in sy Naam glo;
- ‘n Plek word vir ons voorberei! Hy kom weer!
Joh 14:1-3 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in
God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar
baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle
gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek
gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal
julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek
is.
WAT ’n MÔRE!
27 maart 2016 wat ’n môre!!

More Related Content

What's hot

Sê wat god sê
Sê wat god sêSê wat god sê
Sê wat god sê
webateljee
 
Help from above afrikaans
Help from above afrikaansHelp from above afrikaans
Help from above afrikaans
WorldBibles
 
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe GebedEen En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
guest3c6c7f
 
12 jan 2014 ogg die onskuldige betaal
12 jan 2014 ogg die onskuldige betaal12 jan 2014 ogg die onskuldige betaal
12 jan 2014 ogg die onskuldige betaal
Ernest Potgieter
 

What's hot (20)

Sê wat god sê
Sê wat god sêSê wat god sê
Sê wat god sê
 
Help from above afrikaans
Help from above afrikaansHelp from above afrikaans
Help from above afrikaans
 
Tema - Venster van Geloof in 'n Roepende God
Tema - Venster van Geloof in 'n Roepende GodTema - Venster van Geloof in 'n Roepende God
Tema - Venster van Geloof in 'n Roepende God
 
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom
 
Die Hoop in ons
Die Hoop in onsDie Hoop in ons
Die Hoop in ons
 
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
 
Verlamde man preek vir kerk
Verlamde man preek vir kerkVerlamde man preek vir kerk
Verlamde man preek vir kerk
 
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe GebedEen En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
 
Tema - Venster van Geloof in 'n God van Hoop
Tema - Venster van Geloof in 'n God van HoopTema - Venster van Geloof in 'n God van Hoop
Tema - Venster van Geloof in 'n God van Hoop
 
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)
 
Tema - Venster van Geloof in 'n Groter God
Tema - Venster van Geloof in 'n Groter GodTema - Venster van Geloof in 'n Groter God
Tema - Venster van Geloof in 'n Groter God
 
12 jan 2014 ogg die onskuldige betaal
12 jan 2014 ogg die onskuldige betaal12 jan 2014 ogg die onskuldige betaal
12 jan 2014 ogg die onskuldige betaal
 
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
 
8 nov 2015, Ek het dit gesê!!
8 nov 2015, Ek het dit gesê!!8 nov 2015, Ek het dit gesê!!
8 nov 2015, Ek het dit gesê!!
 
Die Krag van Gebed
Die Krag van GebedDie Krag van Gebed
Die Krag van Gebed
 
28 Augustus - Familienaam
28 Augustus - Familienaam28 Augustus - Familienaam
28 Augustus - Familienaam
 
Die 7 haarvlegsels
Die 7 haarvlegselsDie 7 haarvlegsels
Die 7 haarvlegsels
 
Tema simplicity
Tema   simplicityTema   simplicity
Tema simplicity
 
'n Krip of ’n Loflied
'n Krip of ’n Loflied'n Krip of ’n Loflied
'n Krip of ’n Loflied
 

Viewers also liked (13)

Filosofia
FilosofiaFilosofia
Filosofia
 
ChanCV.docx
ChanCV.docxChanCV.docx
ChanCV.docx
 
Presentation - Foreign resident capital gains withholding regime
Presentation - Foreign resident capital gains withholding regimePresentation - Foreign resident capital gains withholding regime
Presentation - Foreign resident capital gains withholding regime
 
ДДТУ
ДДТУДДТУ
ДДТУ
 
Directo
DirectoDirecto
Directo
 
Margarita gonzalez andrea torres 8b
Margarita gonzalez andrea torres 8bMargarita gonzalez andrea torres 8b
Margarita gonzalez andrea torres 8b
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
 
Biggs Capitulo 3
Biggs Capitulo 3Biggs Capitulo 3
Biggs Capitulo 3
 
Leef in god se teenwoordigheid3
Leef in god se teenwoordigheid3Leef in god se teenwoordigheid3
Leef in god se teenwoordigheid3
 
8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf
 
vietnam-incentive-presentation
vietnam-incentive-presentationvietnam-incentive-presentation
vietnam-incentive-presentation
 
Leef in god se teenwoordigheid 15 Jan
Leef in god se teenwoordigheid 15 JanLeef in god se teenwoordigheid 15 Jan
Leef in god se teenwoordigheid 15 Jan
 
Sap copa-transaction-codes
Sap copa-transaction-codesSap copa-transaction-codes
Sap copa-transaction-codes
 

More from Susanna De Waal

28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
Susanna De Waal
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
Susanna De Waal
 

More from Susanna De Waal (20)

24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!
 
10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself
 
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
 
31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding
 
24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë
 
Verbly jou in die here
Verbly jou in die hereVerbly jou in die here
Verbly jou in die here
 
Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!
 
Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2
 

27 maart 2016 wat ’n môre!!

  • 2. Pandemonium Die soektog Interaksie met die engele Joh 20:14 En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe .... Jesus se verskyning Betekenis vir Maria
  • 3. Betekenis vir ons? - Die dood is oorwin! Openb 1:18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood. - Sonde is oorwin! 1 Kor 15:55 -57 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
  • 4. - Persoonlike verhouding met Hom Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; - ‘n Plek word vir ons voorberei! Hy kom weer! Joh 14:1-3 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Editor's Notes

  1. #Pandemonium Kan u dit vir u self voorstel. Die gebeure van die voorafgaande 4 dae en nou dit. Die oomblik is Jesus nog besig om die paasmaaltyd met Sy dissipels eet en die volgende oomblik haal hulle Hom, dood, van ’n kruis af. Dit nadat Hy gespot en gegesel was. Voor sononder is Hy begrawe. Nou, 3 dae later, kom Maria by die graf aan. Ek weet nie of sy al mooi tot verhaal kon kom nie. Heel waarskynlik nog baie hartseer en verslae. Nou wil Sy net graag naby aan haar Meester kom. Sy kom na Sy graf toe. By haar aankoms sien sy die steen, wat die opening van die graf geseël het, was weggeneem. Jesus is weg. Ek dink, op daardie stadium, kon sy nie haar oë glo nie. Miskien het sy vir haarself gesê: “so wat nog?”. Nou verbaas niks my verder meer nie. In haar verwardheid, is die 1ste ding waaraan sy kan dink om na Petrus se huis toe te hardloop. Daar deel sy die ontstellende nuus. Jesus is verwyder en ons weet nie waar Hy nou is nie. #Die soektog Met die nuus meegedeel hardloop Petrus en Johannes ook na die graf toe. Miskien was Maria, in haar hartseer, per ongeluk by die verkeerde graf. Miskien het sy nie mooi gekyk nie. Hy kan tog nie weg wees nie? Wie sal Hom wou verwyder en waarheen? Daar aangekom sien die 2 dat die graf inderdaad leeg is. Al wat in Jesus se graf te siene was, was die doeke waarmee sy liggaam toegedraai was. Die kopdoek apart van die ander. Jesus was nie meer in die graf nie! #Interaksie met die engele Uit die gedeelte wil dit voorkom asof die 2 dissipels na die gebeure die graf moes verlaat het. Maria het egter by die graf gebly. Sy was te hartseer. Hoewel Jesus nie meer in die graf is nie, is dit die laaste plek wat sy weet Hy was. Sy het gehuil. Toe gebeur die heel onverwagse; sy sien 2 engele en die engele begin met haar te gesels. Hulle vra haar uit na haar hartseer. Sy antwoord hulle maar dit lyk of dit wat met haar gebeur nie mooi na haar toe deurdring nie. #Joh 20:14 ..... Ek weet nie van u nie, maar as 2 engele my uitvra sal ek hulle nie net kortliks antwoord en dan wegdraai nie. As daar iemand is wat mag weet waar Jesus is, moet dit mos die engele wees. Dalk het hulle sommer nog ’n paar ander antwoorde ook? Hoe dit ook al sy, Maria draai haar rug na hulle #Jesus se verskyning Die volgende oomblik staan Jesus in lewende lywe voor haar. ’n Mens sou verwag dat sy uitbundig Hom tegemoet sou hardloop. Die feit is egter sy erken Hom nie dadelik nie. Dit is eers toe Hy haar naam sê wat sy Hom erken. Wat ’n oomblik moes dit nie gewees het nie? Kan dit wees? Nie alleen het ek Hom gekry nie, Hy is nie meer ’n lyk nie, HY LEWE! #Betekenis vir Maria Of Maria mooi die implikasies van die opgestane Jesus verstaan het, weet ons nie. Ek dink dat dinge was op daardie stadium ’n bietjie teveel vir haar gewees. Moontlik was sy nog bloot net besig om die onmiddellike gebeure te verwerk. Dit was mos regtig Jesus? Dit was mos Sy stem. Wat ’n môre!
  2. #Betekenis vir ons? Ek glo almal in hierdie gebou is bekend met die inhoud van die storie wat ek nou net met u gedeel het. Dit is goeie begin. Die feit is baie ander mense, self satan homself ken dit ook. Weet hy dit nie goed nie? As die gebeure vir ons bloot geskiedenis is van ’n man wat uit die dood opgestaan het, mis ons uit op so baie. Verseker is Sy opstanding per sy, ’n fantastiese wonderwerk. Dit wat Sy opstanding woordeloos aankondig is egter baie groter. Wat is dit? Ek wil net ’n paar van hulle noem #Die dood is oorwin! #Openb 1:18 ... Tot op daardie stadium was die dood die een vyand wat die mens nie kon oorwin nie. Jesus het die dood oorwin. Die leë graf sê vir ons die dood is oorwin! Hierdie dood spreek van die fisiese dood. Hy hou lewe en dood in Sy hande. Dit beteken egter meer as dit #Sonde is oorwin! #1 Kor. 15:55-57 .. Jesus het sonde oorwin. Sy opstanding is ook vir ons ’n simbool dat ek en jy die sonde kan oorwin. Nie net die sonde nie, maar ook die gevolg van sonde.. Die loon van die sonde is die dood. Jesus se bloed het kom betaal vir ons sonde. Wanneer ek in geloof hierdie feit my eie maak was Sy bloed ook al my sonde weg en gaan ek saam met Hom opstaan in die ewigheid en vir ewig met Hom regeer.
  3. #Persoonlike verhouding met Hom #Joh 1:12 ... Tot op hierdie stadium was persoonlike verhouding met Hom nie moontlik nie. Verhouding met God tot voor Sy opstanding het plaasgevind met n Hoërpriester as tussenganger. God het hoofsaaklik in verhouding gestaan met Israel. Al hoe jy deel kon word van hierdie voorreg was om die joodse godsdiens en tradisies aan te neem. Die lee graf sê hierdie tydvak is verby. Hoe kan ons in elk geval in verhouding staan met iemand wat dood is. Alles wat op daardie stadium tussen God en Israel gebeur het, het Sy klimaks bereik. N Nuwe tydvak het aangebreek. Hy het alles nuut kom maak. Die ou dinge het verby gegaan #‘n Plek word vir ons voorberei! #Joh 14:1-3 .... Wanneer ons na die lee graf kyk, sê dit ook vir ons dat konstruksie werk is aan die gang. Konstruksiewerk aan ons ewige huis. Daar waar geen mot en roes verniel en geen dief inbreek en steel nie. Die lee graf is die waarborg dat dit waarna ons utsien bestaan en in vervulling sal kom. Dit sê ook dat Jesus kom weer. Daarom is die lee graf, net soos die kruis, ‘n geweldige simbool van hoop. Net soos wat die kruis ons motiveer, inspireer en tot dankbaarheid noop, doen die lee graf dit ook. Op n ander manier as die kruis, maar nie te min net so n sterk simbool.
  4. #WAT ’n MÔRE! Inderdaad kan ons vanoggend uitroep: Wat ’n Môre! Die gebeure van daardie oggend het nie alleen Maria se lewe ingrypend verander nie, ook ons lewens. Jesus is die enigste God. Geen ander sg god maak daarop aanspraak dat hy die dood oorwin het nie. Daar is ook nie ’n ander een as Hy nie. Die leë graf sê ons het ’n God soos geen ander nie. Niemand kan met Hom vergelyk word nie. Hierdie God is vanoggend hier. Hy is hier om jou te laat deel in die genoemde en talle ander gevolge van die leë graf. Kan ons Hom vanoggend loof en dank vir die leë graf?