SlideShare a Scribd company logo
1 of 5
’n KRIP OF ’n LOFLIED?
LUK 2:1-14
Die Saligmaker is gebore!
Hierdie tyd word gekenmerk deur vreugde en
opgewondenheid
Jesus, the reason for the season!
Jesus, die oorsaak van ’n hemelse loflied
Wat is jou en my reaksie vanoggend op die geboorte van
Jesus?
Hoe het die mense van Jesus se tyd reageer op Sy
geboorte?
Luk 1:32 -33 Hy sal groot wees en die Seun van die
Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan
Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal koning
wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy
koninkryk sal daar geen einde wees nie.
Luk 2:7 en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom
toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat
daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
Is my optrede vandag ’n loflied of plaas dit Jesus in die
krip?
Die aankoms van ’n baba bring baie voorbereiding
Wil jy Hom nie uit die krip haal en aanbid vir wie Hy is
nie?
’n Krip of ’n Loflied?
'n Krip of ’n Loflied

More Related Content

What's hot

8 nov 2015, Ek het dit gesê!!
8 nov 2015, Ek het dit gesê!!8 nov 2015, Ek het dit gesê!!
8 nov 2015, Ek het dit gesê!!Susanna De Waal
 
3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar
3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar
3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaarErnest Potgieter
 
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagChris van Wyk
 
Help from above afrikaans
Help from above afrikaansHelp from above afrikaans
Help from above afrikaansWorldBibles
 
Is jy gedrewe of is jy geroep
Is jy gedrewe of is jy geroepIs jy gedrewe of is jy geroep
Is jy gedrewe of is jy geroepErnest Potgieter
 

What's hot (7)

8 nov 2015, Ek het dit gesê!!
8 nov 2015, Ek het dit gesê!!8 nov 2015, Ek het dit gesê!!
8 nov 2015, Ek het dit gesê!!
 
3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar
3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar
3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar
 
Jesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptxJesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptx
 
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
 
Help from above afrikaans
Help from above afrikaansHelp from above afrikaans
Help from above afrikaans
 
Tema : Meesterplan 3
Tema : Meesterplan 3Tema : Meesterplan 3
Tema : Meesterplan 3
 
Is jy gedrewe of is jy geroep
Is jy gedrewe of is jy geroepIs jy gedrewe of is jy geroep
Is jy gedrewe of is jy geroep
 

More from Susanna De Waal

8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë grafSusanna De Waal
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!Susanna De Waal
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!Susanna De Waal
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droomSusanna De Waal
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! Susanna De Waal
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouselfSusanna De Waal
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekteSusanna De Waal
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nieSusanna De Waal
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nieSusanna De Waal
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter asSusanna De Waal
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal SkoonmaakSusanna De Waal
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet Susanna De Waal
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreekSusanna De Waal
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding Susanna De Waal
 
24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oëSusanna De Waal
 

More from Susanna De Waal (20)

8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!
 
10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself
 
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
 
31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding
 
24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë
 

'n Krip of ’n Loflied

  • 1. ’n KRIP OF ’n LOFLIED? LUK 2:1-14
  • 2. Die Saligmaker is gebore! Hierdie tyd word gekenmerk deur vreugde en opgewondenheid Jesus, the reason for the season! Jesus, die oorsaak van ’n hemelse loflied Wat is jou en my reaksie vanoggend op die geboorte van Jesus?
  • 3. Hoe het die mense van Jesus se tyd reageer op Sy geboorte? Luk 1:32 -33 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. Luk 2:7 en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
  • 4. Is my optrede vandag ’n loflied of plaas dit Jesus in die krip? Die aankoms van ’n baba bring baie voorbereiding Wil jy Hom nie uit die krip haal en aanbid vir wie Hy is nie? ’n Krip of ’n Loflied?

Editor's Notes

  1. #Die Saligmaker is gebore Hierdie aankondiging: vandag is daar vir julle gebore die Saligmaker wat Christus die Here is, is verseker van die wonderlikste woorde wat daar ooit gespreek is. Baie goeie nuus vir elke mens wat ooit die aarde bewandel het. Daar is nou hoop, vrede, redding en oorwinning beskikbaar. Die geboorte van Jesus was die demonstrasie van God se “Ja,” vir ’n verlore gaande wereld. #Hierdie tyd word gekenmerk deur vreugde en opgewondenheid Musiek speel in die winkels. Dit is vakansietyd! Selfs in lande en deur mense wat nie regtig beplan om dit te doen nie, word daar erkenning gegee aan die feit dat daar op ’n dag ’n gebeurtenis was in die geskiedenis van die wereld wat die lot van mense vir ewig kom verander het. Jesus, die grootste geskenk ooit vir hulle wie geen geskenk verdien nie. Verskoon die Engels maar ek wil die vanoggend uitbasuin, ......... #Jesus, the reason for the season! Ons weet Jesus was nie op die datum gebore nie. Tog is dit wonderlik dat soveel erkenning gegee word aan die feit dat daar ’n Redder gebore was vir die sonde van hierdie wereld. Ons gedenk hierdie tyd omdat Jesus, die Seun van God, mens geword het, tussen ons kom bly en leef het en die skuld kom betaal en straf kom dra het wat te groot vir ons was. Kan ons as kerk dit duidelik en met trots verkondig dat ons glo in die maagdelike geboorte van Jesus Christus. So is Sy geboorte voorspel en so het dit plaas gevind. #Jesus, die oorsaak van ’n hemelse loflied Nadat die engel die geboorte van Jesus met die skaapwagters gedeel het, kon hulle nie anders as om God te eer vir hierdie Seuntjie nie. Ons lees dat daar net blydskap en die hemel is vir een ander gebeurtenis as die geboorte van Jesus en dit is wanneer ’n siel gered word. Jesus, die oorsaak van ’n hemelse loflied. Weet u, die engele het niks gebaat by die geboorte van Jesus nie, net soos wat hulle niks baat wanneer ’n siel tot bekering kom nie. Die grootte en omvang van hierdie gebeure is so groot dat hulle nie anders kan as om God daarvoor te eer nie. As die engele God eer vir die geboorte van Jesus, terwyl hulle self niks daarbý baat nie, #Wat is jou en my reaksie vanoggend op die geboorte van Jesus? Kom ek verander die bewoording so bietjie. Wat is jou en my reaksie op kersfees en kersdag? As ons net so bietjie tyd wil maak en mooi oor die gebeure van die dag besin, sal ons nie anders kan as om te jubel en juig en God te eer vir die geboorte van Sy Seun nie. Die geboorte van Jesus het dinge vir ewig vir ons kom verander. Sy geboorte was die begin van die goeie nuus vir almal vir ewig.
  2. #Hoe het die mense van Jesus se tyd reageer op Sy geboorte? Soos ek die Bybel lees lyk dit my die oorgrote meerderheid van die mense was salig onbewus van die grootse gebeurtenis. Dit lyk my dit was aanvanklik net Josef en Maria wat geweet het. Daarna was dit die skaapwagters en Herodus en sy trawante wat ook in kennis gestel is. Die res van die wereld het maar sy normale gang gegaan. Uit die aard van die saak was Josef en Maria baie bly oor die geboorte van hul eersteling. Hy was ook nie sommer enige Eersteling nie. Die engel het Hom soos volg voorgestel #Luk 1:32-33 .... Hierdie aankondiging was nie net vir hulle goeie nuus nie, dit het ook wonderlike implikasies vir ons. Dit verdien ook ons lof en aanbidding. Almal was nie bly oor die geboorte van Jesus nie. Herodus was kwaad, hy wou Jesus doodmaak. Hy het Jesus gesien as ’n bedreiging vir sy koninkryk. So is daar ook vandag mense wat glad nie bly is oor die geboorte van Jesus nie. Party probeer dit ontken en ander probeer dit afmaak as niks spesiaal nie. Hulle sê onder andere Hy is nie die Seun van God nie, Hy is nie gebore uit ’n maagd nie. Hy is niks spesiaal nie, bloot maar ’n profeet soos baie ander profete. Ander is aktief besig om Jesus en Sy koninkryk te vervolg en hulle wat in Hom glo en Hom volg te verdruk. Daar was en is egter ’n ander groep, die oorgrote meerderheid. Hulle wat op die baie spesiale dag aangaan met dit waarmee hulle elke dag aangaan of dit waarvan hulle hou. Die Bybel gee vir ons die simptoom van hierdie optrede # Luk. 2:7 ...... Die gedagte aan Jesus in die krip word baie ver-romantiseer. Ek dink dit is ’n aanduiding van die aard en toestand van die mensdom en vir ewig ’n klad op ons naam. Die wereld was so besig met sy eie ding dat daar geen tyd of moeite gemaak kon word vir die geboorte van Jesus nie. Daar was vir Hom geen ander plek as in ’n krip in ’n stal nie. Die stal en krip demonstreer vir ons wonderlike dinge van Jesus. Dit demonstreer egter nie sulke wonderlike goed van ons as mense nie. Ek wil egter nie primêr verwys na die mense se optrede tydens Jesus se geboorte nie. Ek wil hê dat ons sal reflketeer op ons eie optrede tydens hierdie tyd.
  3. #Is my optrede vandag ’n loflied of plaas dit Jesus in die krip? Gee ek vandag aan Jesus die dank en erkenning wat Hom toekom. Eer ek Hom vir die feit dat HY bereid was om die hemel te verlaat, aarde toe te kom en mens tussen ons te kom word? Het ek uit dankbaarheid al my hele lewe vir Hom gegee en dien ek Hom met alles wat in my is. Kry Hy my beste. Of is al wat ek in die tyd aan kan dink hoe ek myself kan geniet en te buite gaan. Hoe ek by die huis kan bly terwyl my WG my moet betaal? Het my optrede gisteraand, gaan my optrede vandag en die res van die dae tot Hy kom Hom verheerlik of is daar vir Hom geen ander plek as in die krip nie. #Die aankoms van ’n baba bring baie voorbereiding Klere en ander benodighede word gekoop. Die kamer word reggemaak. Daar is groot opgewondenheid. Alles moet reg wees vir die groot dag. Spreek my lewe en optrede van hierdie tipe ingesteldheid. As ek na my optrede oor hierdie tyd kyk, sou ek sê dit was deel van die groep wat bly was oor die geboorte van Jesus of deel van die groep wat nie regtig notisie neem nie. Jesus moet maar in ’n krip in die stal lê, ek het nie nou regtig vir Hom tyd of plek nie. Sien ek kry nie baie tyd deur die jaar om myself te geniet nie en te doen wat ek wil doen nie. Jesus sal mos verstaan as ek nie nou tyd aan Hom spandeer nie #Wil jy Hom nie uit die krip haal en aanbid vir wie Hy is nie? Die feit dat u hier is, is al ’n goeie begin. Die feit dat u hier is, is reeds ’n indikasie dat daar tog by u ’n intensie is om die dag te gebruik vir die doel waarvoor dit geskep is nl. die herdenking van die geboorte van Jesus die Seun van God. Waar is Jesus vanoggend en gedurende die feestyd in jou lewe? #’n Krip of ’n Loflied Kry Hy die aandag en erkenning wat Hy verdien of is ons so besig met vriende, familie, geskenke, kuier, eet en drink dat Hy ongesiens in die krip in die stal vergeet word?