SlideShare a Scribd company logo
1 of 7
BUITENGEWOON EN 
BONATUURLIK 
Joh. 3:16 , Luk. 24:1-7
Imuun teen inhoud? 
Buitengewoon en bonatuurlik!! 
Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy 
sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom 
glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan 
hê. 
God het bewys hoe lief Hy die wêreld het. Hy het Sy 
unieke Seun na die wêreld toe gestuur sodat elkeen wat 
in hierdie Seun glo, nie verlore sal gaan nie, maar vir 
altyd saam met God kan leef. (DB)
Joh 4:7 Daar kom ‘n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus 
sê vir haar: Gee vir My water om te drink— 
Luk 19:2 -3,5 En daar was ‘n man met die naam van Saggéüs, 
‘n hoof van die tollenaars en ‘n ryk man. En hy het probeer 
om Jesus te sien, ... En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op 
en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, 
want Ek moet vandag in jou huis bly. 
Mark 6:41-44 Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, ... 
Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan 
hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal 
verdeel. En almal het geëet en versadig geword; en hulle het 
van die brokstukke twaalf mandjies vol opgetel, en van die 
visse. En die wat van die brood geëet het, was omtrent vyf 
duisend manne.
Mat 9:20,22 En daar het ‘n vrou wat twaalf jaar lank aan 
bloedvloeiing gely het, van agter gekom en die soom van 
sy kleed aangeraak. En Jesus het omgedraai en haar 
gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het 
jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie 
uur af. 
Mark 11:14 En Jesus spreek en sê vir hom: Laat niemand 
ooit in der ewigheid van jou ‘n vrug eet nie! 
V20 En toe hulle vroeg in die môre verbygaan, sien hulle 
die vyeboom, verdroog van die wortels af.
Mat 17:27 Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee 
nie, gaan na die see toe, gooi ‘n hoek uit en neem die 
eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n 
stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou. 
Ons God is dié buitengewone en bonatuurlike God!!! 
- Buitengewoon = wat Hy doen 
- Bonatuurlik = hoe Hy dit doen 
Die buitengewone, bonatuurlike God is in jou! 
1Kor 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is 
van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, 
en dat julle nie aan julself behoort nie?
Hoekom buitengewoon en bonatuurlik ? 
Hoekom soek ons die buitengewone en bonatuurlike? 
Jesus wil ons bring na die meer en hoër 
Fil 2:4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien 
nie, maar elkeen ook na die ander s’n. 
God wil deur jou die buitengewone en bonatuurlike 
begin doen
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik

More Related Content

What's hot

27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!Susanna De Waal
 
26 jan 2014 kyk, hy kom!!!
26 jan 2014 kyk, hy kom!!!26 jan 2014 kyk, hy kom!!!
26 jan 2014 kyk, hy kom!!!Ernest Potgieter
 
Who am i that a king would die in my place afrikaans
Who am i that a king would die in my place afrikaansWho am i that a king would die in my place afrikaans
Who am i that a king would die in my place afrikaansWorldBibles
 
Leer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vaderLeer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vaderErnest Potgieter
 
31 des 2013 totale verandering
31 des 2013 totale verandering31 des 2013 totale verandering
31 des 2013 totale veranderingErnest Potgieter
 
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)Ernest Potgieter
 
Tema - Venster van Geloof in 'n Roepende God
Tema - Venster van Geloof in 'n Roepende GodTema - Venster van Geloof in 'n Roepende God
Tema - Venster van Geloof in 'n Roepende GodAGS Lofoord Upington
 
15 februarie 2015 wat verwag jy
15 februarie 2015 wat verwag jy15 februarie 2015 wat verwag jy
15 februarie 2015 wat verwag jyErnest Potgieter
 
Sê wat god sê
Sê wat god sêSê wat god sê
Sê wat god sêwebateljee
 
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 97914 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979Ernest Potgieter
 
3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar
3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar
3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaarErnest Potgieter
 
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014Ernest Potgieter
 

What's hot (20)

27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!
 
9 maart 2014 kom terug!!!
9 maart 2014 kom terug!!!9 maart 2014 kom terug!!!
9 maart 2014 kom terug!!!
 
Die sleutel tot oorwinning kerk
Die sleutel tot oorwinning kerkDie sleutel tot oorwinning kerk
Die sleutel tot oorwinning kerk
 
26 jan 2014 kyk, hy kom!!!
26 jan 2014 kyk, hy kom!!!26 jan 2014 kyk, hy kom!!!
26 jan 2014 kyk, hy kom!!!
 
Die begin van n lewe van geloof
Die begin van n lewe van geloofDie begin van n lewe van geloof
Die begin van n lewe van geloof
 
Who am i that a king would die in my place afrikaans
Who am i that a king would die in my place afrikaansWho am i that a king would die in my place afrikaans
Who am i that a king would die in my place afrikaans
 
Leer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vaderLeer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vader
 
Tema: As dit werk
Tema: As dit werk Tema: As dit werk
Tema: As dit werk
 
31 des 2013 totale verandering
31 des 2013 totale verandering31 des 2013 totale verandering
31 des 2013 totale verandering
 
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)
 
'n Krip of ’n Loflied
'n Krip of ’n Loflied'n Krip of ’n Loflied
'n Krip of ’n Loflied
 
Tema Heroes 2 - Overcommers
Tema Heroes 2 - OvercommersTema Heroes 2 - Overcommers
Tema Heroes 2 - Overcommers
 
Tema - Venster van Geloof in 'n Roepende God
Tema - Venster van Geloof in 'n Roepende GodTema - Venster van Geloof in 'n Roepende God
Tema - Venster van Geloof in 'n Roepende God
 
God As Skepper.pptx
God As Skepper.pptxGod As Skepper.pptx
God As Skepper.pptx
 
15 februarie 2015 wat verwag jy
15 februarie 2015 wat verwag jy15 februarie 2015 wat verwag jy
15 februarie 2015 wat verwag jy
 
Sê wat god sê
Sê wat god sêSê wat god sê
Sê wat god sê
 
Jesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptxJesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptx
 
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 97914 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
 
3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar
3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar
3 aug 2014 daar’s ’n verlamde man op ’n draagbaar
 
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
 

Viewers also liked

Viewers also liked (20)

Estruct desarrollo
Estruct desarrolloEstruct desarrollo
Estruct desarrollo
 
La escritura creativa. Mi pasatiempo
La escritura creativa. Mi pasatiempoLa escritura creativa. Mi pasatiempo
La escritura creativa. Mi pasatiempo
 
Make training memorable
Make training memorableMake training memorable
Make training memorable
 
Curso basico de computacion
Curso basico de computacionCurso basico de computacion
Curso basico de computacion
 
30120130406004
3012013040600430120130406004
30120130406004
 
Awards for Soumya Sarkar
Awards for Soumya SarkarAwards for Soumya Sarkar
Awards for Soumya Sarkar
 
la homosexualidad
la homosexualidadla homosexualidad
la homosexualidad
 
Sesiòn 4 historia
Sesiòn 4 historiaSesiòn 4 historia
Sesiòn 4 historia
 
Samantha
SamanthaSamantha
Samantha
 
Стартап: Тестируем ВСЕ!
Стартап: Тестируем ВСЕ!Стартап: Тестируем ВСЕ!
Стартап: Тестируем ВСЕ!
 
Basheer Al-Ebadi CV
Basheer Al-Ebadi CVBasheer Al-Ebadi CV
Basheer Al-Ebadi CV
 
Itoypreterites
ItoypreteritesItoypreterites
Itoypreterites
 
Viajes virtuales
Viajes virtualesViajes virtuales
Viajes virtuales
 
Sumate
SumateSumate
Sumate
 
Masters of sales
Masters of salesMasters of sales
Masters of sales
 
Biblioteca virtual
Biblioteca virtualBiblioteca virtual
Biblioteca virtual
 
Amish write is right
Amish write is rightAmish write is right
Amish write is right
 
DIA MUNDIAL DEL AGUA
DIA MUNDIAL DEL AGUADIA MUNDIAL DEL AGUA
DIA MUNDIAL DEL AGUA
 
Practica 18- Comparta su BLOG
Practica 18- Comparta su BLOGPractica 18- Comparta su BLOG
Practica 18- Comparta su BLOG
 
T2preliminaresbinariosfeb Jun2009uc
T2preliminaresbinariosfeb Jun2009ucT2preliminaresbinariosfeb Jun2009uc
T2preliminaresbinariosfeb Jun2009uc
 

More from agsupington

19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir homagsupington
 
5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!agsupington
 
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevorderingagsupington
 
Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!agsupington
 
12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....agsupington
 
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nouagsupington
 
28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons ken28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons kenagsupington
 
Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,agsupington
 
Past allen luister
Past allen luisterPast allen luister
Past allen luisteragsupington
 
31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van verandering31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van veranderingagsupington
 
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)agsupington
 
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheidagsupington
 
8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wagagsupington
 
Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014agsupington
 

More from agsupington (15)

19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom
 
5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!
 
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
 
Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!
 
12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....
 
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
 
28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons ken28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons ken
 
Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,
 
Past allen luister
Past allen luisterPast allen luister
Past allen luister
 
31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van verandering31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van verandering
 
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
 
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
 
Bring lewe
Bring leweBring lewe
Bring lewe
 
8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag
 
Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014
 

12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik

  • 1. BUITENGEWOON EN BONATUURLIK Joh. 3:16 , Luk. 24:1-7
  • 2. Imuun teen inhoud? Buitengewoon en bonatuurlik!! Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. God het bewys hoe lief Hy die wêreld het. Hy het Sy unieke Seun na die wêreld toe gestuur sodat elkeen wat in hierdie Seun glo, nie verlore sal gaan nie, maar vir altyd saam met God kan leef. (DB)
  • 3. Joh 4:7 Daar kom ‘n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink— Luk 19:2 -3,5 En daar was ‘n man met die naam van Saggéüs, ‘n hoof van die tollenaars en ‘n ryk man. En hy het probeer om Jesus te sien, ... En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly. Mark 6:41-44 Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, ... Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel. En almal het geëet en versadig geword; en hulle het van die brokstukke twaalf mandjies vol opgetel, en van die visse. En die wat van die brood geëet het, was omtrent vyf duisend manne.
  • 4. Mat 9:20,22 En daar het ‘n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, van agter gekom en die soom van sy kleed aangeraak. En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af. Mark 11:14 En Jesus spreek en sê vir hom: Laat niemand ooit in der ewigheid van jou ‘n vrug eet nie! V20 En toe hulle vroeg in die môre verbygaan, sien hulle die vyeboom, verdroog van die wortels af.
  • 5. Mat 17:27 Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ‘n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou. Ons God is dié buitengewone en bonatuurlike God!!! - Buitengewoon = wat Hy doen - Bonatuurlik = hoe Hy dit doen Die buitengewone, bonatuurlike God is in jou! 1Kor 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?
  • 6. Hoekom buitengewoon en bonatuurlik ? Hoekom soek ons die buitengewone en bonatuurlike? Jesus wil ons bring na die meer en hoër Fil 2:4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. God wil deur jou die buitengewone en bonatuurlike begin doen

Editor's Notes

  1. #Imuun teen inhoud? Dit lyk soms vir my ons het imuun geraak teen die Woord en die inhoud daarvan. Ons raak nie meer opgewonde as ons dit lees nie. Dit is asof die iets daar vêr is. Dit is mooi en goed maar geen invloed op ons lewens nie. Dit is iets wat ons dalk sal lees as ons iets soek om ons op te beur of iets wat ons bietjie beter sal laat voel wanneer ek drooggemaak het. Ons lees dit bloot vir ’n kort termyn “laat beter voel”. Ons het nie regtig enige intensie om alles in die Woord te lees en nog minder daarvolgens te leef. My gebed is dat HG vanoggend opnuut die Woord vir elkeen lewendig sal maak, jou lewe sal verander soos wat Hy met my gemaak het. Ons God is ..... #Buitengewoon en bonatuurlik!! Daar is niemand soos Hy nie!!! Miskien klink dit al soos ’n holrug geryde uitdrukking. Dit verander niks aan die krag en invloed van hierdie feit nie. Ons dien ’n buitengewone en bonatuurlike God!!! Hy is Groot!!!!(x3) Sy Naam is Jesus en ek bemin Hom so. Hoekom, op grond van wat maak ek die stelling dat Jesus is buitengewoon en bonatuurlik? Daar is ’n 1000 redes, ek gaan net enkeles noem. God is buitengewoon want ..... #Joh 3:16 .... As dit nie buitengewoon is nie, dan weet ek nie wat is nie. God stuur Sy Seun, Jesus stem in om te kom. Hy kom nie vir ’n vakansie of ander bederf nie. Hy kom om die sonde van die hele wereld vir alle tye op Hom te kom neem. Met al die sonde van almal oor al die eeue op Hom gepak kom vat Hy die straf vir al hierdie sonde. Dis is buitengewoon. Hoeveel mense is bereid om hulself te na te kom sodat ander daardeur bevoordeel kan word. Van ons mag dalk bereid wees daarom op baie klein skaal te doen. Definitief nie op die skaal wat Jesus bereid was om dit te doen nie. God haat sonde. Kan u dink die straf wat Jesus moes deurgaan vir die sonde van die wereld? Dit is buitengewone straf. Hoekom sou Hy dit doen? Want Hy is ’n buitengewone God!!! Ons lees in Joh. 4:7 ...
  2. #Joh 4:7 .... Vir ons mag dit dalk na die normaalste ding op aarde klink om te doen. Vir Jesus was dit nie. Dit was taboe vir jode om met samaritane te praat. Dan praat ons nie eers van met ’n samaritaanse vrou nie. Vanwee wie en wat Jesus is, kon Hy nie stilsit en toekyk hoe iemand verlore gaan sonder dat Hy iets daaraan doen nie. Daarom doen Hy die buitengewone. Hy doen dit wat niemand van Hom verwag nie. Hy doen wat nie toegelaat was om te doen nie. U sien, Hy is nie gewoon nie. Hy is buitengewoon!! Wat van hierdie vb. ... #Luk 19:2 -3,5 ... Wat maak hierdie so buitengewoon. Saggeus was ’n tollenaar, hoof van die tollenaars. Die tollenaars was die mees korrupte mense in die samelewing. Hulle het hulle eie mense (jode) uitgebuit tot hulle voordeel. Die bevolking het hulle gehaat. In stede van hierdie man uittrap en verwyt oor sy sonde gaan Jesus by Hom eet. Dit was iets totaal onverwags en vir baie onaanvaarbaar. Hulle was baie ontverede met Jesus se optrede. Luister mooi, Jesus Christus is buitengewoon. Dan is Hy ook bonatuurlik. #Mark 6:41-44 .... Maak nie saak hoe groot die brode en vissies kon wees nie. Jy gee nie 5000 mans plus vroue en kinders kos met 5 brode en 2 visse nie. Dit is bonatuurlik. Dit gebeur nie. Dit kan net gebeur wanneer hierdie brood en visse in aanraking gekom het met die Bonatuurlike en hulle het. Hulle is deur die hande van Jesus. Soms voorsien God presies wat ons nodig het en ander kere besluit Hy om Sy bonatuurlike voorsiening oorvloedig te maak soos in hierdie geval. Nadat almal ge-eet het, was daar 12 mandjies vol oorskiet. Hy is El-Shaddai, die bonatuurlike God van oorvloed!!!
  3. #Mat 9:20,22 .... Wie is daar nog aan wie ons kan raak wanneer ons siek is en onmiddellik gesond word. Niemand anders as Jesus nie. Hierdie vrou was al desperaat, vir 12jr lank het sy al wat ’n dokter is gesien en al wat ’n raad is gevolg sonder enige resultate. Die oomblik toe sy Jesus in geloof aanraak, was sy onmiddellik genees. Dit lyk vir my na ’n vb. Van bonatuurlike ingrype??? In Markus lees ons van die insident waar Jesus by die vyeboom gekom het in die hoop om kos by hom te vind. Die boom was egter vol mooi blare maar sonder vrugte. Jesus reageer toe so #Mark 11:14 ..... #V20 ..... Is daar iemand in hierdie gebou wat dit kan doen? ’n Boom laat vrek deur blood met hom te praat? Dit is die werk van die bonatuurlike God. ’n Laaste vb. #
  4. #Mat 17:27 .... Dit gaan hier oor die betaal van tempel belasting. Aan die einde van die gesprek se Jesus vir Petrus dit wat ons gelees het. Wat hier gebeur is die bonatuurlike voorsiening van die bonatuurlike God!!! Ons God het ’n bank in die see. Hy stuur ’n vis om vir jou ’n onttrekking te gaan maak. Ek wens ek kon Petrus se gesig sien toe hy gaan doen het wat Jesus se. Hier trek hy die vis uit, maak sy bek oop en kry die geld in die vis se mond. Hierdie vis is nie geleer om nie met ’n vol mond nog te probeer hap nie. #Ons God is dié buitengewone en bonatuurlike God!!! Het jy al jou lewe vir Hom gegee? Dien jy Hom met alles wat in jou is? Vertrou jy Hom met die uitdagings wat jy tans in die gesig staar? Al lyk dit dalk vir jou hoe onwaarskynlik dat hulp of uitkoms ooit jou padlangs sal kom, moenie vergeet nie, ons aanbid die buitengewone God. Net ter verduidelikking. Die verskil tussen buitengewone en bonatuurlike is dit: #Buitengewoon = wat Hy doen Hy praat met mense wie ander nie verwag het Hy mee sal praat nie, Hy bewys liefde aan mense wat dit glad nie verdien nie #Bonatuurlik = hoe Hy dit doen Vat paar visse en brood en gee skare kos, muntstuk in vis se bek. So nie net gryp Jesus in mense se omstandighede in wat dit nie verdien het nie, Hy doen dit op maniere wat niemand verwag het of eers weet bestaan nie. Glo jy dit? Tree dan op asof jy dit glo. Hierdie is wonderlike nuus nie waar nie? Dit is evangelie. Daar is egter nog meer en beter nuus as dit. Hierdie buitengewone en bonatuurlike God is nie net vir jou, aan jou kant nie, .... #Die buitengewone, bonatuurlike God is in jou Hy kom woon in ons die oomblik wat ek my sonde bely en Hom die Koning van my lewe kom maak. Hoe doen Hy dit? Deur Sy HG. #1 Kor 6:19 ..... Wat is die implikasie hiervan? As die buitengewone bonatuurlike God in my woon, is ek ook by magte om buitengewoon en bonatuurlik op te tree. Namate ek Hom toelaat om beheer van my lewe oor te neem sal ek dinge (wat) begin doen wat ek voorheen nie kon doen nie. Nie omdat dit te moeilik is om te doen nie maar omdat dit volgens my of ander nie die aanvaarbare manier van doen is nie. So sal God my ook instaat stel om die hoe te verander. Ander metodes en tegnieke, ongekend of ongewild wat die mees wonderlike resultate oplewer.
  5. #Hoekom buitengewoon en bonatuurlik ? Was dit bloot ’n vertoon, was dit tot Sy eie voordeel, was dit om ’n punt te bewys? Daar mag miskien in sekere gevalle van hierdie elemente teenwoordig wees. Jesus het egter primêr buitengewoon en bonatuurlik opgetree sodat ander dáárby sou baat. Die buitengewone en bonatuurlike optrede was tot voordeel van ander. #Hoekom soek ons die buitengewone en bonatuurlike? As dit is om onsself te bevoordeel en dinge vir ons gemakliker te maak is ons motiewe verkeerd. Dan is hierdie begeerte na die buitengewone en bonatuurlike nie van God nie. Wanneer die motief egter is dat ander daardeur bevoordeel kan word, dan is ons motief inlyn met God se motiewe. #Jesus wil ons bring na die meer en hoër U sien as reël sou ons hierdie boodskap eindig by die vorige slide. Die buitengewone en bonatuurlike wat beskikbaar is bloot vir eie voordeel. Dit is egter die 2de beste. Die beste is wanneer ek ervaar hoe God deur my, my in staat stel tot die buitengewone en bonatuurlike sodat ander Hom kan sien en leer ken. Hierdie is ’n totaal ander manier van dink. Dit is totale verandering. #Fil 2:4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. Dit was presies wat Jesus gedoen. By Hom was dit so dat niks wat Hy gedoen het om eie belang gegaan het nie. Alles wat Hy gedoen het, was tot ons voordeel. #God wil deur jou die buitengewone en bonatuurlike begin doen Is jy bereid om oor te gee en saam met Hom te stap. Is jy bereid om te begin doen wat jy dalk vantevore nog nooit gedoen het nie. Dit wat dalk deur die gemeenskap as vreemd beskou sou word. Is jy bereid om vis te gaan vang met die doel om ’n munstuk in sy bek te kry?