2. Hoe groot is jou probleem?
Dawid se probleme
Psa 34:20 Menigvuldig is die teëspoede van die
regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.
Daniel se probleme
Paulus se probleme
3. 2 Kor 11:24-28 Vyf maal het ek van die Jode ontvang
veertig houe op een na. Drie maal is ek met stokke
geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek
skipbreuk gely, ‘n nag en ‘n dag het ek op die diepwater
deurgebring— dikwels op reis, in gevare van riviere, in
gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van
die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die
woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse
broeders; in arbeid en moeite, in slapelose nagte
dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue
en naaktheid. Behalwe dit alles my daaglikse
bekommernis, die sorg vir al die gemeentes.
4. Rom 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as
oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
Psa 119:81 My siel smag na u heil; op u woord wag
ek.
Psa 119:83 Want ek het geword soos ‘n leersak in
die rook;
Psa 119:89 Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in
die hemele.
5. Psa 119:90-91 U trou is van geslag tot geslag; U het die
aarde bevestig, en dit bly staan. Volgens u verordeninge
bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte.
Psa 119:91 Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog
staan, want alle dinge is u knegte.
HY IS GROTER AS .....!!!
Hoe groot is jou probleem?”.
Editor's Notes
#Hoe groot is jou probleen?
Ek wil sommer vanoggend met die deur in die huis val en vir jou vra: “hoe groot is jou probleme, hoe lank gaan dit al aan?” Ek wil u so ’n oomblik gee om daaroor te dink....... Is dit ’n finansieele- / gesondheids- /werks- / huweliks- / verhoudings- / geloofsprobleem? Gaan hierdie probleem/ moeilikheid al vir ’n week / maand / jaar / jare aan? Kom ons kyk gou na die probleme van ’n paar Bybelkarakters.
#Dawid se probleme
Hoewel die Bybel, aan die einde van sy lewe, vir Dawid beskryf as ’n man na God se hart het Dawid sy goeie porsie moeilikheid gehad. As jong seun (son ongeveer 10 of 11 jarige ouderdom) moes hy sy pa se skape oppas en was hy gekonfronteer deur leeus en bêre. Later, ongeveer 16 jarige ouderdom, word hy ook die koning se harpspeler. Klink na ’n lekker sagte werkie. Die koning was egter emosioneel onstabiel en hy moes juis vor doe koning speel wanneer hy een van sy uitbarstings kry. Hierdie koning was ook ’n kryger en kon ’n spies gooi. By meer as een geleentheid het die koning hom met die spies probeer doodgooi. Hy meld vrywillig aan om teen die reus Goliat te veg. Hierdie probleem is letterlik en figuurlik groot. Dan word hy gesalf as toekomstige koning. Die huidige koning hoor daarvan en begin hom agtervolg. Nie net soek die koning Dawid se lewe nie, hy gebruik ook die land se weermag vir die doel. So kan ek nog sommer ’n hele paar van hulle noem. Hierdie laaste probleem het ongeveer 7 – 8 jaar geduur. So ons kan met sekerheid sê dat Dawid talle probleme gehad het en dat ten minste een van hulle ’n klomp jaar geduur het. In dit alles kom Dawid en hy sê: ...
#Ps 34:20 ......
Wat was Dawid se geheim? Hy het die Here bly dien te midde van alles. Hy het geweet sy God is groter as die leeu, die beer, Goliat, Saul en die hele Israelse weermag.
#Daniel se probleme
Wat van Daniel. Hy is deel van ’n groep mense wat uit hulle land weggevat word om in ’n vreemde land vir ’n vreemde koning te gaan werk. Die koning kom met die opdrag: sy raadgewers moes hom nie net die uitleg van sy droom gee nie, maar hulle moes hom eers vertel wat hy gedroom het. Hy droom seker??? Ek dink dit is ’n taamlike tammeletjie? Later weier hy om voor die koning te buig en hy word in ’n hok vol honger leeus gegooi. Ek dink dit is ’n redelike probleem? Wat het gemaak dat Daniel, t.s.v. hierdie dreigende gevaar, nie sy God verloen het nie? Hy het geweet sy God is groter as ’n onbekende droom en groter as ’n trop honger leeus.
#Paulus se probleme
#2Kor 11:24-28
Man, ewe skielik lyk my probleme nie meer na die grootstes wat enige iemand nog ooit gehad het nie. Ewe skielik besef ek ek is nie die enigste persoon wat nog ooit moeilikheid gehad het nie. Hier is dalk ’n paar ander mense wat ook al moeilikheid gehad het. Nou kan ons seker tereg vra: “so tot watter insig het Paulus in al hierdie dinge gekom?”.
#Rom 8:37 ......
Hy het tot die slotsom gekom dat maak nie saak wat nie, sy God is groter as honger, dors, naaktheid, fisiese aanranding, vervolging, onregverdige behandeling of enige uitdaging waarmee hierdie lewe ons mag konfronteer. Kan ek weer vir u vra: “hoe groot is jou probleem?. Terug na ons gelese gedeelte. Hierdie skrywer moes ook een of ander moeilikheid
#Psa 119:81 ....
Heil = hulp, verlossing, veiligheid, redding en oorwinning. Hy smag na God se heil. Smag is die sterkste afrikaanse woord wanneer ons iets nodig het. Miskien is dit waar jy ook sit vanoggend. Jy smag na die radikale, bonatuurlike ingrype van God in jou krisis. Hy gaan vêrder
#Psa 119:83 ...
’n Ander vertaling stel dit so: “ dit voel asof ek in die as lê en smeul”. Ek is in baie diep moeilikheid. In vers 84-87 kry ons so iets van sy probleme. Dan van vers 89 af is dit asof daar iets in sy gees gebeur en verandering vind plaas. En waar dit tog deel was van die voorafgaande verse is dit hier baie duideliker. Hy herinner homself aan God se woord en die almag daarvan.
#Ps 119:89 ...
Dis so asof iets, ons weet dit is iemand, wat hom die hele tyd herinner dat hy ’n anker het waaraan hy kan vashou. Dat daar iets is wat nooit verander nie en waarop hy te alle tye kan staatmaak. Dan kom hierdie skrywe tot hierdie gevolgtrekking .......
#Ps 119:90-91
Hy kyk so om hom rond en sien God se skepping. Hy sien hoe hierdie skepping met al sy wonder bly voortbestaan. Hy sien hoe die natuurwette wat God ingestel het in stand bly al is daar oënskynlik niemand wat hulle in stand hou nie. Hy sien hoe mense, plante, visse, diere, voëls ens. bly voortbestaan en hoe die res van die aarde hulle onderhou. Met dit alles wat sy gedagtes en gemoed vul in die midde van sy moeilikheid, maak hy dan hierdie fantastiese stelling
#Ps 119:91 .....
Dit is dan presies dit wat God se woord ons vanoggend aan wil kom herinner. Kind van God, hoor mooi; alle dinge is Sy knegte! Maak nie saak of dit mense, diere, visse, voëls, die son maan en sterre is nie. Klein, groot, belangrik en onbelangrik, ryk en arm, bewustelik of onbewustelik is almal Sy knegte. Loof Sy Naam! Verstaan u nou hoekom die tema van die woord is .....
#HY IS GROTER AS .....!!!
Hy is groter as alles en almal. Dit is slegs as jy groter as alles en almal is dat alles en almal jou diensknegte kan wees. God kan op enige oomblik enige iets of iemand gebruik om uitvoering aan Sy wil te gee. Die hele heelal is te alle te tye tot sy beskikking om te gebruik net soos wat Hy wil. Kan ek nou weer vir jou vra:
#“hoe groot is jou probleem?”.
Dink jy regtig nog jou probleem is te groot vir God? Wonder jy regtig nog of hy wel genoeg hulpbronne het om jou te kan help? Alle dinge is Sy knegte. As jy dink dit is bloot ’n stelling wat ek maak sonder enige bewyse wil ek jou graag herinner aan die volgende: ons het bewyse van hoe hy al diere, leeus, die kraaie en ’n donkie gebruik het, insekte luister wanneer Hy praat (10 plae), die wind en die reën luister wanneer hy praat (storm op die see, 3,5 jr. droogte en Elia bid,) , ja ook hael wag net op Sy stem (10 plae en oorloë van Israel), die see en die riviere dien Hom(Rooi see en Jordaan), die visse wag op sy opdragte (die groot visvangs, muntstuk in die vis se bek). Selfs die sonnestelsel gaan staan stil of gaan selfs in trurat wanneer hy praat (Moses wat hande in lug hou, teken vir Jehiskia dat God sy lewe sal spaar, 3 dae duisternis tydens 10 plae). Hy gebruik konings (heidense konings) en vissermanne (dissipels) , ryk (Salomo) en arm(Lazarus). Hy gebruik oud (Samuel) en jonk(diensmeisie in diens van heidense soldaat). Hy is groter as alles. Wil jy Hom nie vanoggend ook kom vertrou met jou moeilikheid en uitdagings nie? Uit genade ryk hy vanoggend na jou toe uit en jou te kom help. Die heelal staan in gereedheid om uitvoering aan Sy opdragte te gee. Al wat ek en jy moet doen, is om in geloof na Hom toe te kom. Niks meer of niks minder nie. So wil jy nie daardie goed waaraan jy in die begin van die diens gedink het vanoggend vir Hom kom gee nie? Hy kan ook vir jou onderneem