SlideShare a Scribd company logo
1 of 6
LEWE
DOOD
Jou lewe?
Vir wie lewe jy?
Efesiërs 2:1 -10
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe

More Related Content

More from Susanna De Waal

8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë grafSusanna De Waal
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!Susanna De Waal
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!Susanna De Waal
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droomSusanna De Waal
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!Susanna De Waal
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! Susanna De Waal
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouselfSusanna De Waal
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekteSusanna De Waal
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nieSusanna De Waal
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nieSusanna De Waal
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter asSusanna De Waal
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal SkoonmaakSusanna De Waal
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet Susanna De Waal
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreekSusanna De Waal
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding Susanna De Waal
 
24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oëSusanna De Waal
 

More from Susanna De Waal (20)

8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!
 
10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
 
31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding
 
24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë
 

20 maart 2016 Jou lewe

Editor's Notes

  1. Gee kans dat mense die skrif kan opsoek
  2. #lewe jy vir God of lewe jy vir die wereld.? So baie keer in ons lewens voel ons dat ons lewe is ’n gejaag. Ons staan vroeg op en dan begin ons rondhardloop, om reg te maak vir werk of om die kinders by die skool te kry, voor ons self ook werk toe moet gaan. Na werk hardloop ons gewoonlik weer rondom, om die kinders te gaan haal en dalk kort jy brood en melk, so dan gaan jy nog eers winkel toe en al hierdie gejaag is om almal gelukkig te hou tot ons hulle in die bed kan kry. Ja, ons lewens kan sinneloos voorkom as ons so daarna kyk en nie weet waarvoor ons lewe nie. So ek wil weer vra vir wie lewe jy, lewe jy vir God of lewe jy vir die wereld.?
  3. #Julle was dood.... Op watter manier was ons dood? Ons was geestelik dood voor ons vir Christus in ons lewens toe gelaat het. Paulus sê in Efesiers 2:1-2 ons was dood- Deur die misdade en die sondes waarin ons gewandel het, volgens die loop van hierdie wêreld. Dit beteken ons het gelewe soos die wêreld, soos sondaars. #verlore seun Ons was soos die verlore Seun, wat gedink het hy kan die wêreld by homself aandurf. Hy het gerebelleer teen gesag; hy het sy geld gemors; gekuier saam met verkeerde vriende; totdat hy later niks oorgehad het nie. #Voor Christus Voor ons Christus in ons lewens toegelaat het, was ons presies soos die verlore seun. Ons het in die duisternis gewandel, gedink ons kan die wêreld by onsself aandurf. Ons het ook gerebelleer teen God, maak nie saak hoeveel keer hy ons geroep het nie. Ons sê net elke keer nee. Ons het eerder agter die sonde aangeloop. Dit is die manier waarop ons dood was, dit beteken ons het nog nie God se lewendmakende Gees gehad nie. Na lewe...
  4. #Lewend gemaak Wie het vir wie lewend gemaak? Efesiers 2:1 God het ons wat sy kinders is lewend gemaak. Hoe het God ons lewend gemaak? Vers 5 sê: God het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, lewend gemaak saam met Christus. #Saam met Christus Nou wat beteken dit dat God ons lewend gemaak het saam met Christus? Sien die dag toe ons begin glo het in Christus, het ons ’n nuwe gees gekry. Christus se Gees. Daarom dan dat ons ’n nuwe lewe gekry het. #Nuwe lewe My vraag is nou wat maak ek en u met ons nuwe lewe, wat God vir ons geskenk het, uit sy groot genade. Laat my toe om vir julle die volgende storie te vertel.
  5. #Max Lucado storie Daar was eendag 5 weeskinders, hulle het niemand gehad wat na hulle gekyk het nie. Eendag het ’n koning van hulle gehoor en net daar en dan besluit hierdie koning Hy wil die kinders aanneem. Sy kinders maak. Hy wil vir hulle ’n nuwe lewe gee. So bereik die nuus die kinders en die mense in hulle dorpie se ore. Almal was baie bly vir al die kinders want nou gaan hulle ’n nuwe pappa kry wat vir hulle omgee. Die mense in die dorpie begin toe vir die kinders vertel maar julle sal vir die Koning iets moet gee om te wys dat julle goed genoeg is om sy kinders te wees. Julle moet hom mos darem beindruk met julle gawes. Die kinders spring toe aan die werk. Die oudste seun was goed met houtwerk en hy maak toe die allermooiste goed uit hout. Die ander seun was goed met lees en hy besluit maar hy sal die koning beindruk deur al sy kennis en hy begin baie hard te leer. Die oudste dogter was weer baie goed met skilder, die ander een kon weer baie mooi sing. Hierdie oudste vier kinders was so hard besig om hulle gawes te oefen dat hulle vergeet het van hulle jongste sussie. Die jongste sussie se hart was gebroke, want sy het niks gehad om vir die koning te bied nie, niks om hom mee te beindruk nie. Sy het maar na die stadspoort gegaan, daar waar sy altyd gegaan het, want daar was altyd reisigers en dan het sy met hulle gesels en hulle ook gehelp, sy het hulle diere versorg en vir die reisigers gewys waar hulle so bietjie kan rus indien hulle moeg sou wees. Na ’n paar dae kom daar toe ’n reisiger aan en die sussie kon sien dat hy baie moeg is. Sy groet hom en sy gee haar tyd aan die reisiger. Die reisiger vra toe of sy na sy perd sal omsien want hy moet iemand kom soek in die dorpie. Hy is toe weg maar nie lank nie of hy is terug. Baie hartseer. Die jongste sussie merk dit toe op en vra hom toe wat is fout. Hy vertel haar toe dat die mense wat hy in die dorp kom soek het almal te besig was met hulle eie lewe, hulle was so besig dat hulle nie eers geweet het hy was daar nie. Hierdie jongste sussie besef toe dat dit die Koning is, sy is toe eers skaam en sê toe vir hom jammer dat sy niks het om vir hom te bied nie, maar die koning sê toe: Jy het vir my jou tyd gegee en dit is vir my baie meer belangriker as enige ander gawe.
  6. #nes die koning Julle sien gemeente nes die Koning vir die kinders ’n nuwe lewe wou skenk in die Paleis, net so kom God en gee God ook vir elkeen van ons ’n nuwe lewe. God gee vir ons hierdie nuwe lewe uit sy genade. Die nuwe lewe is verniet en nes die kinders nie nodig gehad het om vir hulle nuwe lewe te werk nie, het ons ook nie nodig om vir ons nuwe lewe te werk nie. #Kan niks doen Niks wat ons doen, kan maak dat ons God se genade kan ontvang nie. Kyk maar wat het gebeur met die oudste kinders toe hulle gedink het hulle moet werk vir die Koning om die nuwe lewe te ontvang – hulle het so besig geraak dat hulle dit heeltemal gemis het. Net so met ons ook, as ons dink ons moet werk om God se nuwe lewe te verdien, gaan ons dit ook mis, want ons gaan te besig word. Die Bybel sê in vers 8:”Want uit genade is julle gered, deur die geloof en nie uit julleself nie. Dit beteken gemeente al wat ons moet doen om hierdie nuwe lewe te ontvang is om te glo in Christus Jesus. #Is jou lewe te besig. Broers, susters is jou lewe so besig dat jy dalk nie eers sal besef as God jou roep nie. Wat maak u met u lewe, is dit so ’n gejaag agter werk en kinders aan dat u nie tyd het vir u skepper nie. Vir u Koning wat u aangeneem het nie, wat vir u ’n nuwe lewe kom gee, die ware lewe. Die ewige lewe. Maak u nog tyd vir u koning? Gee u nog u self vir die Koning? #God se maaksel Vers 10 sê ons is sy maaksel – God se maaksel – geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel. Wanneer ons tyd maak vir God en ons tyd in God se hande gee, kan Hy ons gebruik soos wat Hy ons nodig het, want slegs dan kan ons groei om meer en meer soos Jesus te word. Ek dink ons sal besef dat ons geloof ook nie net ’n saak tussen my en my skepper is nie. Ek sal vir ander wil gaan vertel hoe hulle ook die nuwe lewe kan kry. Dalk moet ek vir iemand by my werk vertel, of dalk iemand verby wie ek loop in die straat. Gemeente as jou lewe ’n gejaag is, wil ek vir u elkeen uitdaag, dat u sal tyd maak vir u Koning en hy sal vir jou nog meer tyd gee. Ek wil weer vra: “Vir wie lewe jy, vir die wêreld of vir God. Kom ons bid.