SlideShare a Scribd company logo
1 of 6
Num. 14:1-3, 8-9, 20-24, 30-33
Dag van keuses 
Deut 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as 
getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die 
vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan 
lewe, jy en jou nageslag, 
Trek bring verandering 
God het vir jou goeie verandering in gedagte 
Hoeveel keer wil jy nog om die berg trek?
Ek het al so baie keer probeer 
Dit is wat gebeur wanneer jy om dieselfde berg bly 
trek 
Die beloofde land is net vir hulle wie bereid is om in 
God se rigting te trek 
Beloofde land? 
Vanoggend is jou draaipunt
Num 14:22 al die manne wat my heerlikheid en my 
tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn 
gedoen het, en My nou al tien maal versoek het en na 
my stem nie geluister het nie, 
Is jy gereed om te trek? 
Wat van die reuse? 
Hoeveel keer wil jy nog om die berg trek?
Hoe kom ek in die beloofde land? 
- Geloof 
- Aksie 
Geloof eindig nie by gebed nie 
Jy sal nie van die berg af wegkom solank jy jou eie ding 
doen nie 
Het jy genoeg gehad van “om die berg trek?”
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)

More Related Content

What's hot

What's hot (6)

Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
 
28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons ken28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons ken
 
Crossing The Rubicon 1
Crossing The Rubicon 1Crossing The Rubicon 1
Crossing The Rubicon 1
 
Past allen luister
Past allen luisterPast allen luister
Past allen luister
 
Profesie en profete
Profesie en profeteProfesie en profete
Profesie en profete
 
Tema: Rimpeleffek
Tema: RimpeleffekTema: Rimpeleffek
Tema: Rimpeleffek
 

Viewers also liked

Viewers also liked (6)

Faith
FaithFaith
Faith
 
Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!
 
Believe or faith 2
Believe or faith 2Believe or faith 2
Believe or faith 2
 
A true story of faith
A true story of faithA true story of faith
A true story of faith
 
Content of a training program
Content of a training programContent of a training program
Content of a training program
 
Honesty is a best policy
Honesty is a best policyHonesty is a best policy
Honesty is a best policy
 

More from agsupington

19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir homagsupington
 
5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!agsupington
 
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevorderingagsupington
 
12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....agsupington
 
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlikagsupington
 
Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,agsupington
 
31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van verandering31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van veranderingagsupington
 
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheidagsupington
 
8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wagagsupington
 
Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014agsupington
 

More from agsupington (11)

19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom
 
5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!
 
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
 
12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....
 
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
 
Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,
 
31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van verandering31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van verandering
 
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
 
Bring lewe
Bring leweBring lewe
Bring lewe
 
8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag
 
Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014
 

31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)

  • 1. Num. 14:1-3, 8-9, 20-24, 30-33
  • 2. Dag van keuses Deut 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, Trek bring verandering God het vir jou goeie verandering in gedagte Hoeveel keer wil jy nog om die berg trek?
  • 3. Ek het al so baie keer probeer Dit is wat gebeur wanneer jy om dieselfde berg bly trek Die beloofde land is net vir hulle wie bereid is om in God se rigting te trek Beloofde land? Vanoggend is jou draaipunt
  • 4. Num 14:22 al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou al tien maal versoek het en na my stem nie geluister het nie, Is jy gereed om te trek? Wat van die reuse? Hoeveel keer wil jy nog om die berg trek?
  • 5. Hoe kom ek in die beloofde land? - Geloof - Aksie Geloof eindig nie by gebed nie Jy sal nie van die berg af wegkom solank jy jou eie ding doen nie Het jy genoeg gehad van “om die berg trek?”

Editor's Notes

  1. #Dag van keuses Ek weet die Here gaan vandag vir mense wonderwerke kom doen. Vir party die begin van totale verandering, vir ander gaan hierdie totale verandering ’n totaal ander dimensie in jou verhouding met God en dus jou hele lewe meebring. Die skrifgedeelte klink baie kwaai en dit is ook, maar hierdie skrif praat ook van ongelooflike hoop. Die skrif wys vir ons die geweldige implikasies van ongeloof en ongehoorsaamheid aan die eenkant en geloof en gehoorsaamheid aan die ander kant. Vandag is ’n dag van keuses vir elke persoon in hierdie gebou. Vir die afgelope 2 weke ervaar ek baie sterk dit wat in Deutr 30:19 staan ..... #Deutr 30:19 ..... God wil jou in die beloofde land inneem. Jy moet dit glo en begin trek. Hy gaan nou nie daarheen ontvoer of kaap nie. Jy gaan nie een oggend wakker word en dan is jy daar nie. Jy gaan moet trek. #Trek bring vernadering Jy gaan saam met God sekere verandering in die lewe moet aanbring. Navorsing sê dat om te trek een van die 5 mees stresvolle dinge in ’n mens se lewe is. Die stress is die gevolg van al die onsekerhede wat met trek gepaardgaan. Gaan die huis lekker bly, sal ek weer vriende maak, gaan die mense my aanvaar, nuwe werk, skool, dokter, haarkapper ens. Trek bring vernadering #God het vir jou goeie verandering in gedagte Dit wat die Here vir jou in stoor het, is groter en beter as wat jy nou het. Vir die volk was die keuse die beloofde land of die woestyn, ’n nomadiese bestaan of eiendomsreg, sekerheid en sekuriteit teenoor blootgestel en alleen. Dit wat God vir jou instoor het, is beter as die beste wat jy al in jou lewe ervaar het! Jog Derrick, nou oordryf jy darem. In die Naam van Jesus verklaar ek oor jou: “groter en beter as wat jy ooit kon droom of dink”! Die vraag is egter ..... #Hoeveel keer wil jy nog om die berg trek? Vir hoe lank gaan jy nog dink dat jou lewe moet verander sonder dat jy bereid is om ander goed te begin doen. Kom ek stel dit duideliker: “vir hoe lank nog gaan jy jou lewe leef soos jy wil en verwag dat God dinge moet kom verander sonder dat jy met Hom saamwerk?” Hoe lank nog wil jy voortploeter in hierdie staan en val verhouding met God? Hoe lank nog wil jy saamleef met hierdie gehieme sonde in jou lewe? Hoe lank gaan jy nog tevrede wees met so n lou verhouding met God waar jou verhouding met Hom vir jou n groter las is as n plesier? Vir hoe lank gaan jy nog tevrede wees met die woestyn terwyl God vir jou die beloofde land wil gee?
  2. #Ek het al so baie keer probeer Derrick ek hoor jou, maar ek het al soveel keer tevore probeer. Elke keer om maar net weer op dieselfde punt te eindig. As ek my maar weer kom kry is ek weer besig met dieselfde slegte gewoontes en geheime sonde. As ek my weer kom kry dan is my gebedslewe “non existent” en Bybel lees iets wat baie selde gebeur. Ek vloek weer net so baie en kru as voorheen en skinder net so lekker saam. Ek wil nie eers meer opgewonde raak om te dink dat hierdie woestyn lewe kan verander nie. Netnou is ek weer teleurgestel #Dit is wat gebeur wanneer jy om dieselfde berg bly trek Met tye is daar so bietjie verandering van scenery om na ’n tyd maar net weer te wees waar jy al voorheen was. As jy dit al lank genoeg doen dan ken jy die verloop van sake al goed. Die tydelike verandering in scenery maak jou nie eers meer opgewonde nie. Om die waarheid te sê, jy is nie eers meer lus om die moeite te doen om te trek nie. Die klein veranderings is nie die moeite werd nie, want hulle hou nie baie lank nie. #Die beloofde land is net vir hulle wie bereid is om in God se rigting te trek Jy kan besig wees sonder om erens te kom. Dit was die lot van die Israeliete vir 40 jr. “Going nowhere slowly”. Hoekom het hulle nie erens gekom nie? Omdat hulle nie bereid was om God se rigting in te slaan nie. God se rigting op Sy manieer teen Sy tempo. Jy sal nie die beloofde land, be-erf op jou manier nie. #Beloofde land? Miskien sit u daar en wonder waarvan ek praat wanneer ek verwys na die beloofde land? Dit verwys na wat ons kry in Joh. 10:10 .... Dit wat ons kry in Fil. 4:13 ... , Rom 8:37, dit wat ons lees in Luk. 10:19 ..... #Vanoggend is jou draaipunt Dalk sê jy maar ek het God al soveel keer vantevore teleurgestel. Hoekom sal Hy my vanoggend wil kom help, hoekom is vanoggend anders? In v22 lees ons ........
  3. #Num 14:22 Die volk was ook ’n klomp keer onttrou, die Bybels se 10x. Vir hulle het hul ontrouheid 40jr se woestynpad gebring. Vir jou sê God vanoggend ek vergewe al die vorige kere wat jy probeer het en dit nie uitgewerk het nie. Al was dit baie meer as 10x. Ek is hier om, anders as in die geval hier vir die jode, jou die beloofde land in te neem. Jy hoef nie bang te wees nie. Ek is by jou en tegelykertyd tyd ook voor jou uit. Ek is langs jou en agter jou. As jy vanoggend my hand gaan vat sal Ek jou lei. #Is jy gereed om te trek? Is jy bereid om die veranderinge te maak wat ek wil hê jy moet maak? Is jy bereid om die bekende agter te los en saam met my op die water te loop. Is jy bereid om te loop al skree alles hier binne jou STOP!! #Wat van die reuse? Dit was een van die jode se groot vrese. Hierdie manne sal hulle oorwin en vernietig. Ek weet nie hoe lyk jou reuse- en wat is hulle name nie. Vriende, liefde vir die wereld, ongeloof, een of ander vorm van verslawing of afhanklikheid. Jou verlede. Miskien is dit wat jou aanbetref jou totale onvermoee om die reus te wen. Dalk het jy al ’n paar littekens van vorige onderonsies. God roep jou om te trek. #Hoeveel keer wil jy nog om die berg trek? Jy sien as jy trek verander jou uitsig. Jy kom by nuwe plekke en nuwe mense. Jou gesprekke verander. Jy begin al hoe meer te praat van die nuwe plek. Tensy jy van koers verander, sal jy maar net weer om die berg trek. Tensy jy anders begin praat sal jy net weer om die berg trek. Maak klaar met die berg paadjie, God roep jou beloofde land toe. #Hoe kom ek in die beloofde land?
  4. #Hoe kom ek in die beloofde land? Jy bly nou praat van die beloofde land, maar hoe kom ek daar? Jy kan net in die beloofde land kom indien: #Geloof Dit was die jode se grootste probleem. Hulle het nie geglo dat God dit vir hulle kan doen nie. Hulle het vasgeklou aan hulle slaaf mentaliteit. Hulle het tevrede geraak met die 2de beste. In Egipte is ons wel nou slawe maar ons is darem verseker van ’n bord kos. Ek ervaar nou nie die wonderlike goed wat die Bybel van praat nie, maar ek glo darem ek sal eendag hemel toe gaan. #Aksie Het in die begin gesê God gaan jou nie na die beloofde land toe “hi-jack” nie. Jy moet soontoe wil gaan. As jy soontoe wil gaan, sal jy begin doen wat nodig is om daar te kom. Vir die jode was dit, pak op julle goed en begin Jordaan se kant toe trek. Hulle het iets anders gedoen as wat hulle tot hiertoe nog gedoen het. Nog nooit vantevore het hulle hierdie opdrag gekry nie. Ek en jy gaan ook moet begin doen, en ek dink NB as die begin, aanhou doen wat God in SY Woord sê ons moet doen. #Geloof eindig nie by gebed nie Die 1ste ding en baie keer die laaste ding wat nou by ons opkom is ek moet nou net bid. Die Here sal dan die res doen. Gebed is NB, kan nie daar sonder nie. Ware geloof kan egter nooit by gebed stop nie. Ware geloof gaan altyd oor tot aksie. Nie enige aksie nie #Jy sal nie van die berg af wegkom solank jy jou eie ding doen nie Ek en jy moet begin doen wat God se woord se ons moet doen. Ek gaan moet bereid wees om enige ander GPS weg te gooi en net God se woord te gebruik. Al lyk dit hoe moeilik, sinneloos en dalk selfs belaglik. Dit is hulle wat bereid is om hulself belaglik te maak in gehoorsaamheid aan God se woord wat die Goliats verslaan. Wat veilig in die leeukuil rondloop, wat ongedeurd uit n vuuroond uitkom, vir wie die tronkdeure oopgaan en die boeie van hulle voete afval. #Het jy genoeg gehad van om die berg trek?
  5. #Hoe kom ek in die beloofde land? Jy bly nou praat van die beloofde land, maar hoe kom ek daar? Jy kan net in die beloofde land kom indien: #Geloof Dit was die jode se grootste probleem. Hulle het nie geglo dat God dit vir hulle kan doen nie. Hulle het vasgeklou aan hulle slaaf mentaliteit. Hulle het tevrede geraak met die 2de beste. In Egipte is ons wel nou slawe maar ons is darem verseker van ’n bord kos. Ek ervaar nou nie die wonderlike goed wat die Bybel van praat nie, maar ek glo darem ek sal eendag hemel toe gaan. #Aksie Het in die begin gesê God gaan jou nie na die beloofde land toe “hi-jack” nie. Jy moet soontoe wil gaan. As jy soontoe wil gaan, sal jy begin doen wat nodig is om daar te kom. Vir die jode was dit, pak op julle goed en begin Jordaan se kant toe trek. Hulle het iets anders gedoen as wat hulle tot hiertoe nog gedoen het. Nog nooit vantevore het hulle hierdie opdrag gekry nie. Ek en jy gaan ook moet begin doen, en ek dink NB as die begin, aanhou doen wat God in SY Woord sê ons moet doen. #Geloof eindig nie by gebed nie Die 1ste ding en baie keer die laaste ding wat nou by ons opkom is ek moet nou net bid. Die Here sal dan die res doen. Gebed is NB, kan nie daar sonder nie. Ware geloof kan egter nooit by gebed stop nie. Ware geloof gaan altyd oor tot aksie. Nie enige aksie nie #Jy sal nie van die berg af wegkom solank jy jou eie ding doen nie Ek en jy moet begin doen wat God se woord se ons moet doen. Ek gaan moet bereid wees om enige ander GPS weg te gooi en net God se woord te gebruik. Al lyk dit hoe moeilik, sinneloos en dalk selfs belaglik. Dit is hulle wat bereid is om hulself belaglik te maak in gehoorsaamheid aan God se woord wat die Goliats verslaan. Wat veilig in die leeukuil rondloop, wat ongedeurd uit n vuuroond uitkom, vir wie die tronkdeure oopgaan en die boeie van hulle voete afval.