SlideShare a Scribd company logo
1 of 5
LAAT ONS KEN .... 
Hos 6:1-3
Hoe smaak hierdie vrug? 
Smaak is moeilik om te berskryf
Waarheen is ek op pad? 
Hos 6:3 En laat ons ken—laat ons dit najaag 
om die HERE te ken; ...... 
Ken = ondervind 
Hoe ken ons die Here? 
Hoe leer ek Hom so ken? 
- Tyd bestee 
- Saam met Hom te leef 
- Ondervindings deurgaan 
- Hom te vertrou
Psa 34:9 Smaak en sien dat die HERE 
goed is; ..... 
“Ken” kom nie vanself nie 
Hos 6:3 En laat ons ken — laat ons dit 
najaag om die HERE te ken; ...... 
Wat van Nuwe Testament?
Fil 3:8-10 Ja waarlik, ek ag ook alles 
skade om die uitnemendheid van die 
kennis van Christus Jesus, my Here, ... as 
wins te verkry en in Hom gevind te word, 
... sodat ek Hom kan ken en die krag van 
sy opstanding en die gemeenskap aan sy 
lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig 
word, 
So hoe ernstig is ons om Hom te leer ken?

More Related Content

What's hot

31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)Ernest Potgieter
 
God se guns is ook vir jóú
God se guns is ook vir jóúGod se guns is ook vir jóú
God se guns is ook vir jóúErnest Potgieter
 
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)Ernest Potgieter
 
Handelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptxHandelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptxChris van Wyk
 
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (Ernest Potgieter
 
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)agsupington
 
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe GebedEen En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebedguest3c6c7f
 
Past allen luister
Past allen luisterPast allen luister
Past allen luisteragsupington
 
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)Ernest Potgieter
 
Tema: Ontdek Moses - jou lewensdoel
Tema: Ontdek Moses -  jou lewensdoelTema: Ontdek Moses -  jou lewensdoel
Tema: Ontdek Moses - jou lewensdoelAGS Lofoord Upington
 
Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!agsupington
 
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%20310%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203Ernest Potgieter
 

What's hot (19)

Gehoorsaamheid
GehoorsaamheidGehoorsaamheid
Gehoorsaamheid
 
Tema:Transformasie in Verhoudings
Tema:Transformasie in VerhoudingsTema:Transformasie in Verhoudings
Tema:Transformasie in Verhoudings
 
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
 
God se guns is ook vir jóú
God se guns is ook vir jóúGod se guns is ook vir jóú
God se guns is ook vir jóú
 
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
 
Handelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptxHandelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptx
 
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
 
Tema: Transforamsie van jou denke
Tema: Transforamsie van jou denkeTema: Transforamsie van jou denke
Tema: Transforamsie van jou denke
 
God se wil in 2015
God se wil in 2015God se wil in 2015
God se wil in 2015
 
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
 
Tema Crossing the Rubicon 2
Tema   Crossing the Rubicon 2Tema   Crossing the Rubicon 2
Tema Crossing the Rubicon 2
 
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe GebedEen En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
 
Past allen luister
Past allen luisterPast allen luister
Past allen luister
 
Crossing The Rubicon 1
Crossing The Rubicon 1Crossing The Rubicon 1
Crossing The Rubicon 1
 
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
 
Tema: Ontdek Moses - jou lewensdoel
Tema: Ontdek Moses -  jou lewensdoelTema: Ontdek Moses -  jou lewensdoel
Tema: Ontdek Moses - jou lewensdoel
 
Profesie en profete
Profesie en profeteProfesie en profete
Profesie en profete
 
Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!
 
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%20310%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
 

Viewers also liked

Taller de informatica diapositivas 1
Taller de informatica   diapositivas 1Taller de informatica   diapositivas 1
Taller de informatica diapositivas 1Santy95
 
TXISTU ETA DANBOLINA
TXISTU ETA DANBOLINATXISTU ETA DANBOLINA
TXISTU ETA DANBOLINAsagasti
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docxChris van Wyk
 
Aprojectreportonconsumerbuyingbehaviourforlifeinsuranceofingvysyalifeinsuranc...
Aprojectreportonconsumerbuyingbehaviourforlifeinsuranceofingvysyalifeinsuranc...Aprojectreportonconsumerbuyingbehaviourforlifeinsuranceofingvysyalifeinsuranc...
Aprojectreportonconsumerbuyingbehaviourforlifeinsuranceofingvysyalifeinsuranc...Siddanna Balapgol
 
- Internet - Análisis
- Internet - Análisis - Internet - Análisis
- Internet - Análisis Jess Love
 
работы умельцев зауралья
работы умельцев зауральяработы умельцев зауралья
работы умельцев зауральяgalka08m
 
Unit 9
Unit 9Unit 9
Unit 9nserna
 
Informatica grupal
Informatica grupalInformatica grupal
Informatica grupalkttyIQ
 
Importancia del curso computacion en mi carrera
Importancia del curso computacion en mi carreraImportancia del curso computacion en mi carrera
Importancia del curso computacion en mi carreragonzalesjacintokelly
 
Presentacion de diapositivas con power point
Presentacion de diapositivas con power pointPresentacion de diapositivas con power point
Presentacion de diapositivas con power pointLUCIEGNE
 

Viewers also liked (18)

derecho y su poder
derecho y su poderderecho y su poder
derecho y su poder
 
Taller de informatica diapositivas 1
Taller de informatica   diapositivas 1Taller de informatica   diapositivas 1
Taller de informatica diapositivas 1
 
Animales invertebrados
Animales invertebradosAnimales invertebrados
Animales invertebrados
 
Bald%20 eagle[1]
Bald%20 eagle[1]Bald%20 eagle[1]
Bald%20 eagle[1]
 
TXISTU ETA DANBOLINA
TXISTU ETA DANBOLINATXISTU ETA DANBOLINA
TXISTU ETA DANBOLINA
 
Silabo informatica ti cs ciencias sociales
Silabo informatica ti cs ciencias socialesSilabo informatica ti cs ciencias sociales
Silabo informatica ti cs ciencias sociales
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
 
Aprojectreportonconsumerbuyingbehaviourforlifeinsuranceofingvysyalifeinsuranc...
Aprojectreportonconsumerbuyingbehaviourforlifeinsuranceofingvysyalifeinsuranc...Aprojectreportonconsumerbuyingbehaviourforlifeinsuranceofingvysyalifeinsuranc...
Aprojectreportonconsumerbuyingbehaviourforlifeinsuranceofingvysyalifeinsuranc...
 
Pertemuan 5 revisijan2013-mhs
Pertemuan 5 revisijan2013-mhsPertemuan 5 revisijan2013-mhs
Pertemuan 5 revisijan2013-mhs
 
- Internet - Análisis
- Internet - Análisis - Internet - Análisis
- Internet - Análisis
 
работы умельцев зауралья
работы умельцев зауральяработы умельцев зауралья
работы умельцев зауралья
 
Unit 9
Unit 9Unit 9
Unit 9
 
Informatica grupal
Informatica grupalInformatica grupal
Informatica grupal
 
JLL Detroit Chart of the Week
JLL Detroit Chart of the WeekJLL Detroit Chart of the Week
JLL Detroit Chart of the Week
 
Tarjeta madre
Tarjeta madreTarjeta madre
Tarjeta madre
 
Importancia del curso computacion en mi carrera
Importancia del curso computacion en mi carreraImportancia del curso computacion en mi carrera
Importancia del curso computacion en mi carrera
 
Yoga and you
Yoga and youYoga and you
Yoga and you
 
Presentacion de diapositivas con power point
Presentacion de diapositivas con power pointPresentacion de diapositivas con power point
Presentacion de diapositivas con power point
 

More from agsupington

19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir homagsupington
 
5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!agsupington
 
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevorderingagsupington
 
12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....agsupington
 
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlikagsupington
 
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nouagsupington
 
Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,agsupington
 
31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van verandering31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van veranderingagsupington
 
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheidagsupington
 
8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wagagsupington
 

More from agsupington (11)

19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom
 
5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!
 
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
 
12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....
 
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
 
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
 
Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,
 
31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van verandering31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van verandering
 
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
 
Bring lewe
Bring leweBring lewe
Bring lewe
 
8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag
 

28 sept 2014 laat ons ken

  • 1. LAAT ONS KEN .... Hos 6:1-3
  • 2. Hoe smaak hierdie vrug? Smaak is moeilik om te berskryf
  • 3. Waarheen is ek op pad? Hos 6:3 En laat ons ken—laat ons dit najaag om die HERE te ken; ...... Ken = ondervind Hoe ken ons die Here? Hoe leer ek Hom so ken? - Tyd bestee - Saam met Hom te leef - Ondervindings deurgaan - Hom te vertrou
  • 4. Psa 34:9 Smaak en sien dat die HERE goed is; ..... “Ken” kom nie vanself nie Hos 6:3 En laat ons ken — laat ons dit najaag om die HERE te ken; ...... Wat van Nuwe Testament?
  • 5. Fil 3:8-10 Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ... as wins te verkry en in Hom gevind te word, ... sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, So hoe ernstig is ons om Hom te leer ken?

Editor's Notes

  1. #Hoe smaak hierdie vrug? Koejawel. Wie wil probeer om die smaak te beskryf? Wat van vreemde vrug uit ander land. Kan die vrug, sy eienskappe, gesondheidsvoordele ens. gaan oplees sonder om ooit 100% seker te wees hoe die vrug smaak. Sal slegs weet hoe die vrug smaak as jy een bekom en proe. Dan sal jy weet hoe hy smaak en of jy van hom hou. #Smaak is moeilik om te berskryf Indien jy ’n wye raamwerk van smake en hul beskrywende woorde het, is dit makliker maar steeds moeilik om ’n smaak te beskryf. Dit maklikste manier is om te sê dit smaak soos ....... My vrou kan ’n varknek gaarmaak dat hy soos skaapboud smaak. Dit is nie skaapboud nie, maar proe baie so.
  2. #Waarheen is ek op pad? Hosea sê ... #Hos 6:3 .... Wat die profeet hier probeer tuisbring is presies wat ek probeer doen het met die openingsvoorbeeld. Sekere goed is moeilik om te beskryf. Die enigste manier om regtig te weet hoe dit smaak of hoe dit voel of hoe dit werk is deur persoonlike ondervinding. Ander kan ons probeer verduidelik, maar daar is niks wat kom by persoonlike ervaring nie. Al beskryf iemand anders iets hoe goed, of ek daarvan gaan hou of nie sal uiteindelik finaal bepaal word wanneer ek dit self proe. #Ken = ondervind Waar die Bybel hier praat van ken is dit meer as kopkennis. Dit verwys na baie goed ken wat slegs kan kom wanneer ek iets self ondervind het. Ons sal moontlik almal sê dat ons Pres Zuma ken. Hierdie kennis is egter beperk tot dit wat ons erens van hom gehoor, gesien en gelees het. Niemand van ons het hom al persoonlik ontmoet en genoeg tyd onder verskillende omstandighede met hom spandeer dat ons kan sê ons ken hom regtig vanuit persoonlike ondervinding nie. #Hoe ken ons die Here? Ken ons Hom vanuit dit wat ons hoor ander van Hom vertel. Ken ons Hom vanuit dit wat ons in die Bybel van Hom lees? Ken ons Hom vanuit dit wat ons in ander se lewens sien? Hierdie goed is alles ’n goeie begin. Hierdie goed kan alles help. Dit kan egter nooit net dáárby bly nie. Dit is nie wat Jesus in gedagte het nie. Hy wil hê dat ons Hom sal ken vanuit persoonlike ondervinding. #Hoe leer ek Hom so ken? Ek leer Hom so ken deur dit wat ek in die Bybel lees, van ander hoor en sien te gaan beproef/leef. Ek leer Hom so ken namate ek bereid is om die goed wat ek in die Bybel lees te gaan doen of ophou doen. Ek kan Hom slegs so leer ken deur in ’n verhouding met Hom te staan. Hoe meer en beter tyd ek met Hom spandeer, hoe beter sal ek Hom leer ken. #Tyd bestee Daar is nie ’n manier wat ek God sal leer ken vir wie en wat Hy regtig is sonder om tyd met Hom te maak nie. Praat van tyd wat net ek en Sy tyd is. Kwaliteit tyd. Daarmee saam ook kwantiteit tyd. Ek maak Hom dus deel van my lewe. #Saam met Hom te leef Maak Hom deel van vreugdes, oorwinnings, opgewondenheid, teleurstellings, spanning ens.. #Ondervindings deurgaan Dit is gewoonlik die minder lekker een. U sien ek kan net sê ek weet, vanuit persoonlike ondervinding, dat God genees as Hy my van my siekte kom genees het. Ek weet dit, want die Here het al by meer as een geleentheid my van verskillende siektes kom genees. Ek kan net sê ek weet dat God voorsien as ek erens in nood was en God vir my kom voorsien het. So skep God negatiewe omstandighede. Nee!!! Hy laat dit wel soms toe. Ons sien baie keer hierdie slegte omstandighede as die straf van God of as bewys dat die Here nie lief het of omgee nie. Dit is egter presies die teenoorgestelde. Hy wil hê dat ons groter sekerheid sal hê oor Sy grootheid en alvermoee. Dit kom net deur hierdie tipe van ondervindings. #Hom te vertrou Ek sal Hom nooit leer ken soos Hy wil hê ek Hom moet leer ken as ek Hom nie kan leer vertrou nie. Vertrou is om te glo wat Hy sê. Omdat ek glo wat Hy sê doen ek wat Hy sê. Kan ek die inleiding gebruik. Hy wil hê dat ons self die vrug sal proe, nie tevrede sal wees met die smaak beskrywing van ander nie. Ander mag dalk ’n agenda hê hoekom hulle die smaak beskryf soos hulle dit beskryf. Hulle mag dalk deur ander beinvloed wees deur dit te beskryf soos hulle dit beskryf.
  3. #Psa 34:9 ..... Vat self die Bybel, begin Hom te lees. Moenie tevrede wees met wat ander sê daarin staan nie. Begin self met die Here praat. Moenie staatmaak op ander se gebede vir jou nie. Begin self die Bybel deel te maak van wat jy doen en hoe jy dit doen. Praat self met die Here oor die dinge wat jy nie verstaan of die oenskynlike teenstrydighede wat jy beleef nie. Kies om na Hom toe te hardloop met jou stryd, hartseer, woede en teleurstellings, nie weg van Hom af nie. Gee Hom ’n kans om saam met jou deur die dinge te werk. #“Ken” kom nie vanself nie Niemand het sy huweliksmaat/ vriend leer ken deur bloot na hom te kyk nie. Dit was deur tyd en ondervindings, m.a.w., moeite wat julle mekaar leer ken het. Dit vra werk. Dit is maklik wanneer alles maklik en lekker gaan. Dit is iets anders wanneer verskille en teleurstellings kom. Hosea stel dit so ... #Hos 6:3 ...... Najaag kan ook vertaal word met jag. Laat ons heeltyd/die hele tyd op die Here se spoor bly. Ons moet Hom nie een oomblik uit ons sig verloor nie. Dit verg inspanning, vra dat ek wakker sal wees. Ons is bereid om moeite te doen vir baie ander goed. Kan ons nie met die mees belangrike persoon en verhouding op aarde ook meer moeite begin doen nie? #Wat van Nuwe Testament? Dalk sê jy maar hierdie vers is O/T. Kry ons hierdie tipe van oproep ook in die N/T. Is dit nie dalk nou anders nie. Die antwoord is Ja en Nee. Dit is anders in die sin dat elke persoon nou in ’n persoonlike verhouding met God kan staan wat dan selfs die O/T opdrag onderstreep. Die antwoord is ook Nee ...
  4. # Fil 3:8-10 ..... Hier sien ek ’n baie groter erns en intensiteit wanneer dit kom by “laat ons ken”. Paulus skryf aan die Fillipense dat Hy weet dat daar sekere goed is wat hy net persoonlik sal kan beleef as hy bereid is om selfs te sterf. Dit vat hierdie saak na ’n heel ander vlak. #So hoe ernstig is ons om Hom te leer ken? Is ons tevrede met die lees van die Bybel en hoor by ander of is ons bereid om te sê: Here, dit is die heel Nbste ding in my hele lewe? As jy dit sê, kom ons staan...