SlideShare a Scribd company logo
1 of 5
WAT ’n OORWINNING!
Mat 28:1-7
Wat ’n oorwinning
Sensasie
Sensasie deur spookstories
Jesus se geboorte
Uitwissing van Jesus se voorgeslag
Die begin van Jesus se bediening
Gedurende Jesus se bediening
Die finale aanslag
Jesus blaas Sy laaste asem uit
Openb 1:17 – 18 ... Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die
laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in
alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk
en van die dood.
Mat 28:6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy
gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;
Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek
en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
Relevansie
Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met
jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal
jy gered word;
Wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!

More Related Content

More from agsupington (9)

28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons ken28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons ken
 
Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,
 
Past allen luister
Past allen luisterPast allen luister
Past allen luister
 
31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van verandering31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van verandering
 
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
 
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
 
Bring lewe
Bring leweBring lewe
Bring lewe
 
8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag
 
Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014
 

5 april 2015 wat ’n oorwinning!

  • 2. Wat ’n oorwinning Sensasie Sensasie deur spookstories Jesus se geboorte Uitwissing van Jesus se voorgeslag Die begin van Jesus se bediening Gedurende Jesus se bediening
  • 3. Die finale aanslag Jesus blaas Sy laaste asem uit Openb 1:17 – 18 ... Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood. Mat 28:6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
  • 4. Relevansie Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; Wat ’n oorwinning!

Editor's Notes

  1. #Wat ’n oorwinning! Jesus, die Seun van God wat opstaan uit die dood nadat Hy die dood oorwin en die magte van satan uitgeklee het. Die dood kon Hom nie in sy kake hou nie. Jesus, die magtige, die oorwinnaar oor graf dood en hel. Daar is geen ander god as Hy nie. Die Skepper van die hemel en die aarde is Hy! #Sensasie Ons wereld floreer op sensasie. Dit is vir my baie keer asof ons byna onttrekking kry as daar nie erens iets sensasioneel is wat gebeur nie. Iemand wat erens iets buitengewoons doen nie. Of die buitengewoon nou goed of sleg is maak nie regtig saak nie, solank ons net sensasie kan geniet. Altermatiewelik ’n sensasionele ontdekking of uitvinding, iets wat ons grootste verwagtinge oortref. Dink maar aan die storie rondom die SMS instruksie oor die Protea span vir die semi-finaal. Die nuus oor die standbeeld van Cecil John Rhodes ens. Ons is mal oor sensasie. Al maak dit ons soms boos, is dit asof die mens nie daarsonder kan funksioneer nie. Die vyand is ook mal oor sensasie. Hy skep sensasie ...... #Sensasie deur spookstories Hy peper ons met negatiewe gedagtes oor hoe ek besig is om siek te word, vriendskappe besig is om te verbrokkel, jou lewe besig is om uitmekaar te val. Wanneer ons tye van die seën van die Here beleef kom vertel hy ons dit is net die stilte voor die storm. Dit is net ’n kwessie van tyd voor ’n klomp slegte goed jou gaan tref. Hy sal altyd poog om die mooi en goed af te water en lelik te maak met sy sensasionele leuens oor hoe donker en sleg dinge nou eintlik vir jou is. Hy sal altyd poog om jou oorwinnings te probeer steel. Die vyand het selfs probeer om die beste nuus ooit, Jesus Christus wat mens geword het om te kom sterf vir die sonde van die mensdom, te verongeluk. Hy het alles in sy vermoë gedoen om die beste, mees sensasionele nuus ooit, geheim te hou of te verdraai. Hoe het hy dit gedoen? #Jesus se geboorte Die dag toe Jesus gebore is, het satan geweet hy het groot moeilikheid ophande. Hy gaan moet onstlae raak van hierdie Jesus seuntjie. Hy misbruik die goeie gesindheid van die herders wat vir die koning gaan sê van die geboorte van Jesus. Hy loots ’n verskriklike geweldadige aanslag op die lewe van Jesus. Al die seuntjies van 2 jr. en jonger moet doodgemaak word. Satan probeer sy eie , alternatiewe sensasie te skep. Die ironie van ons wereld is dat dit gewoonlik die sensasie van die duiwel is wat ons koerante en nuusberigte haal. Die lewens wat gered, verlos, genees en verander word deur die bloed van Jesus haal selde die nuus. Hierdie poging van die vyand om die goeie nuus van Jesus te probeer stop het al voor Jesus se geboorte begin. #Uitwissing van Jesus se voorgeslag Die profeet Samuel en talle ander profete het aangekondig dat die Verlosser gebore sou word uit die nageslag van Dawid. Met hierdie info tot sy beskikking het die vyand verskeie pogings aangewend om die nageslag van Dawid uit te wis. Ek dink as daar koerante in daardie tyd sou wees en ons kon hulle vandag gaan lees sou die moorde op die nageslag van Dawid baie meer die koerante gehaal het as die feit dat daar altyd van hulle deur God beskerm was sodat die professie oor die nageslag van Dawid in vervulling sou kom. Kom ons gaan dan nou terug na Jesus se lewensverhaal #Die begin van Jesus se bediening Wat het Jesus se aardse bediening vooraf gegaan? Dit was ingelyf deur n 40 dae tydperk van vas en gebed in die woestyn. Nog voordat Jesus se geskiedenis veranderende lewe begin probeer die vyand dit sink. Hy versoek Jesus en probeer om Hom te kry om ongehoorsaam te wees aan Sy Vader. Hy probeer dieselfde tegniek met Jesus as wat hy met Adam en Eva probeer het. Hierdie keer sonder sukses. Hy maak asof hy iets beter het as wat die Vader kan bied. #Gedurende Jesus se bediening By meer as een geleentheid het satan die goeie wat Jesus gedoen het probeer uitdoof deur alderhande tegnieke. Jesus genees n man wat n verdorde hand gehad het en die duiwel wil dit afmaak deur Jesus te beslukdig dat Hy dit nie op n sabbat mag doen nie. Jesus genees n man wat van geboorte af blind was en nou beskuldig hulle Hom dat Hy die dade deur bose geeste doen. By geleentheid wou hulle selfs Jesus met klippe doodgooi oor die goeie wat Hy doen en die regte goed wat Hy die mense geleer het.
  2. #Die finale aanslag Nie een van die vyand se pogings om die koms van Jesus te stop of om Sy bediening te kelder was suksesvol nie. Ek dink dit is rede vir ’n voorbladstorie. Weer loots hy ’n aanslag op Jesus se lewe. Wat hy nie weet nie is dat, terwyl hy dink hy in beheer is van die gebeure wat aanleiding gegee het tot en die gebeure rondom Sy kruisiging self, Jesus besig was om Sy lewe vrywillig te gee. Die vyand is of was nog nooit by magte om die lewe van Jesus te neem nie. Ek dink die vyand kon sy eie oë nie glo toe Jesus aan die kruishout hang nie. Ek dink hy het al in klomp planne in plek gehad van wat hy gaan doen sodra Jesus sterf. #Jesus blaas sy laaste asem uit Ek dink op daardie oomblik het die realiteit hom eers getref. Jesus daal af tot in die doderyk en neem die sleutels van die dood en doderyk vir ewig van die vyand af weg. #Openb 1:17 – 18 ... Wat n oorwinning!! Toe die vyand dink hy dien die finale nekslag toe, toe is hy die een wat in die hek duik. Toe kry hy die grootste pakslae van sy lewe en net daar verander dinge vir ewig, vir die slegte, vir hom. Hy verloor die bietjie wat hy gehad het. Die gebeure tot hier toe is nie die einde nie. Die beste le nog voor. #Matt 28:6 ...... Nie eers die dood en die doderyk kon Jesus vashou nie. Nie n tuingraf kon Hom weerhou om op te staan uit die dode nie. Hy het opgestaan en Hy leef tot in alle ewigheid. En ... #Mat 28:18 .... Jesus het opgestaan en heers as die Koning van die konings en Here van die heersers. Hy is God en daar is geen ander God as Hy nie. Wat n oorwinning
  3. #Relevansie Dalk dink jy, wel, dit klink alles goed, maar wat beteken dit vir my vir vandag. Is daar enige voordeel vir my in die opstanding van Jesus. Kom ons kyk wat se die Bybel..... #Rom 10:9 .... Gered = sozo= to save, that is, deliver or protect (literally or figuratively): - heal, preserve, save (self), do well, be (make) whole. Jesus se dood en opstanding beteken daar is hoop en ’n toekoms vir my en jou. Daar is redding, beskerming, genesing, verlossing en ’n sinvolle lewe. Net soos wat die Vader reg van die begin af die plan gehad het om Sy Seun te stuur, het God ook van voor die begin van alles af ’n plan vir jou lewe. Net soos die duiwel alles in sy vermoee gedoen het om hierdie plan te vernietig sal die vyand ook sy bes doen om God se plan vir jou lewe te verwoes. Jy is egter nie aan die duiwel uitgelewer nie. God het ook ’n plan in plek vir jou en my redding. Jesus is die plan. Hy is daar om jou en my te kom red, verlos ens. Hy het die dood oorwin. Hy sal ook jou help om enige aanval teen jou te oorwin. Hy sal jou help om sin in die lewe te vind en om te oorwin in wat jy doen. Hy het oorwin sodat ek en jy kan oorwin. Hy het vir ons oorwin. Nou kan ek en jy in daardie oorwinning beweeg. #Wat ’n oorwinning! Voel dit vir jou asof jy alles behalwe oorwinning beleef. Hy is vanoggend hier om jou te red. Daar is egter een voorwaarde. Jy gaan moet glo in die dood en opstanding van JC