SlideShare a Scribd company logo
1 of 6
DIE GOD VAN VERANDERING 
Ps. 126:1-6, 125:1
God doen altyd ’n behoorlike werk 
Mat 9:29 Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir 
julle wees volgens julle geloof. 
Psa 126:1 Toe die HERE die lot van Sion verander het, 
was ons soos die wat droom. 
2 Kon 18 en 19 
2 Kon 18:14 Toe laat Hiskía, die koning van Juda, die 
koning van Assirië na Lagis weet: Ek het gesondig; trek 
terug van my af weg; wat u my oplê, sal ek lewer. En die 
koning van Assirië het aan Hiskía, ..., drie honderd 
talente silwer en dertig talente goud opgelê.
2 Kon 18:30-31 En Hiskía moet julle nie op die HERE laat 
vertrou nie deur te sê: Die HERE sal ons sekerlik red, en 
hierdie stad sal nie in die hand van die koning van 
Assirië oorgegee word nie. Luister nie na Hiskía nie; 
want so sê die koning van Assirië: Sluit met my 
vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy 
wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen 
die water van sy put, 
2Ki 19:1 En toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere 
geskeur en hom met ‘n roukleed bedek en in die huis 
van die HERE gegaan.
2 Kon 19:32-33 Daarom, so sê die HERE .......: Hy sal in 
hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet en dit 
met geen skild aanval en daar geen wal teen opgooi 
nie. Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; 
maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die 
HERE. 
2 Kon 19:35 En in dieselfde nag het die engel van die 
HERE uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd 
vyf en tagtig duisend verslaan; en toe hulle die môre 
vroeg hul klaarmaak—was dit almal dooie liggame! 
2 Kon 18:3 En hy het gedoen wat reg was in die oë van 
die HERE .....
Psa 126:2 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong 
met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die 
HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen. 
Meer as n kort termyn oplossing 
Psa 125:1 ‘n Bedevaartslied. Die wat op die HERE 
vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar 
bly tot in ewigheid.
31 aug 2014 die god van verandering

More Related Content

Viewers also liked (11)

Demon
DemonDemon
Demon
 
duitama
duitamaduitama
duitama
 
Datos Previos
Datos PreviosDatos Previos
Datos Previos
 
500 WG try ppp
500 WG try ppp500 WG try ppp
500 WG try ppp
 
Lipasa dx en pancreatitis
Lipasa dx en pancreatitis Lipasa dx en pancreatitis
Lipasa dx en pancreatitis
 
3
33
3
 
مصر قديما
مصر قديمامصر قديما
مصر قديما
 
Juego y tecnologia 2
Juego y tecnologia 2Juego y tecnologia 2
Juego y tecnologia 2
 
Investigación
InvestigaciónInvestigación
Investigación
 
Glosario
GlosarioGlosario
Glosario
 
Evaluation Question 5
Evaluation Question 5Evaluation Question 5
Evaluation Question 5
 

More from agsupington

19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir homagsupington
 
5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!agsupington
 
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevorderingagsupington
 
Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!agsupington
 
12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....agsupington
 
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlikagsupington
 
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nouagsupington
 
28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons ken28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons kenagsupington
 
Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,agsupington
 
Past allen luister
Past allen luisterPast allen luister
Past allen luisteragsupington
 
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)agsupington
 
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheidagsupington
 
8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wagagsupington
 
Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014agsupington
 

More from agsupington (15)

19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom
 
5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!5 april 2015 wat ’n oorwinning!
5 april 2015 wat ’n oorwinning!
 
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
 
Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!
 
12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....
 
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
 
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
 
28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons ken28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons ken
 
Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,
 
Past allen luister
Past allen luisterPast allen luister
Past allen luister
 
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
 
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
 
Bring lewe
Bring leweBring lewe
Bring lewe
 
8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag
 
Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014
 

31 aug 2014 die god van verandering

  • 1. DIE GOD VAN VERANDERING Ps. 126:1-6, 125:1
  • 2. God doen altyd ’n behoorlike werk Mat 9:29 Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof. Psa 126:1 Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom. 2 Kon 18 en 19 2 Kon 18:14 Toe laat Hiskía, die koning van Juda, die koning van Assirië na Lagis weet: Ek het gesondig; trek terug van my af weg; wat u my oplê, sal ek lewer. En die koning van Assirië het aan Hiskía, ..., drie honderd talente silwer en dertig talente goud opgelê.
  • 3. 2 Kon 18:30-31 En Hiskía moet julle nie op die HERE laat vertrou nie deur te sê: Die HERE sal ons sekerlik red, en hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie. Luister nie na Hiskía nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put, 2Ki 19:1 En toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met ‘n roukleed bedek en in die huis van die HERE gegaan.
  • 4. 2 Kon 19:32-33 Daarom, so sê die HERE .......: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opgooi nie. Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die HERE. 2 Kon 19:35 En in dieselfde nag het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd vyf en tagtig duisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak—was dit almal dooie liggame! 2 Kon 18:3 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE .....
  • 5. Psa 126:2 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen. Meer as n kort termyn oplossing Psa 125:1 ‘n Bedevaartslied. Die wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid.

Editor's Notes

  1. #God doen altyd ’n behoorlike werk Wanneer God werk dan werk Hy behoorlik. Hy doen nie halwe werk nie. Hy werk in die oortreffende trap. Hy is El-Shaddai, die God van oorvloed. Glo jy dit? Is Hy ook vir jou die God van oorvloed? Onthou die Jesus het by meer as een geleentheid tydens Sy aardse bediening gesê: Laat dit vir jou wees volgens jou geloof. #Mat 9:29 ... As ek en jy net mooi kan begryp wie God regtig is en hoe Hy oor ons voel gaan ons baie anders dink en lewe. God is die God van wonderwerke (x2). Hy kan baie meer doen as wat ons dink Hy kan doen. Die Ps. is nog ’n bevestiging van wat ek sê. Dit is nie sommer bloot die wensdenkery van ’n pastoor nie. Die Ps. stel dit vir my baie mooi .... # Psa 126:1 ..... Dit is asof dit nie waar kan wees nie. Niemand kon droom dat so iets kon gebeur nie. Dit is net te wonderlik vir woorde. Luister mooi, God is te wonderlik vir woorde (x2). Kind van God, hoor jy, GOD IS TE WONDERLIK VIR WOORDE!! Waar kon hierdie Ps. vandaan? Is dit bloot iets wat die psalmdigter erens opgedroom het? Is dit bloot die speel met woorde of verwys hierdie psalm na iets wat regtig gebeur het? Dit is nie bloot opgedroomde woorde nie. Dit is nie ’n wens of ’n belaglike idee nie. Nee #2 Kon 18 en 19 Hierdie Ps. is geskryf na die gebeure wat ons kry in 2 Kon 18 en 19. u kan self die 2 hfst gaan lees. Dit is nogal iets om te lees. Hiskia is koning van Juda. Salmaneser was die koning van Assirië. Hy het nogal ’n skrikbewind gevoer onder die volke van die tyd. Hy het o.a. Ook Isreal ingeneem en die mense as bandelinge weggevoer. Nou wil hy ook oorlog voer teen Juda. Hiskia kom dit te hore en is bang. Hy gaan ’n ooreenkoms met die gevreesde koning aan # 2 Kon 18:14 ... Hiskia maak toe al die silwer en goud wat hy sy hande op kon lê bymekaar om by die verwagting van Salmaneser uit te kom. Dit sluit in die goud in die tempel. Dit weer tydelik Salmaneser se aanval af, net om ’n tyd later terug te kom in die vorm van die ander volke, op sy opdrag, terug te kom. Luister, die vyand sal nooit tevrede wees met hoe hy jou verniel en by jou gesteel het nie. Hy is nie tevrede totdat daar niks oor is en jy totaal en al vernietig is nie. Hulle dreig hom ook op alderhande maniere. Gaan lees dit gerus. Hulle sê o.a. .....
  2. #2 Kon 18:30-31 ..... Ons het vanoggend gesien dat God jou wil help sodat jy kan wees wat Hy wil hê jy moet wees. Wat Hy jou gemaak het om te wees. Jy hoef nie langer in die woestyn te bly en al om dieselfde berg te trek nie. Maak nie saak hoe intimiderend die vyand mag lyk of klink nie, hy is hoegenaamd geen “match” vir die Skepper van die hemel en aarde, Jesus Christus, nie. Maak nie saak hoe groot en sterk hy homself mag voorhou nie. Hy is bloot “SOOS” ’n brullende leeu. God het jou die mag gegee oor al sy krag. Met God in jou, aan jou kant, sal jy hom verslaan. So wat doen Hiskia onder hierdie omstandighede? #2Ki 19:1 .... Hy gaan soek die aangesig van God. Jou antwoord is ook vanaand by God. (x3) Nou is daar n klomp detail wat ek ook gaan uitlaat. God antwoord Hiskia se gebed en se oa ..... #
  3. #2 Kon 19:32-33 ... Prys die Here!! Dit is ook die woord vir jou vanaand. Maak nie saak hoe groot jou bedreigings mag lyk nie, God is aan jou kant en sal vir jou die oorwinning en uitkoms gee. Hy is die Held wat die verlossing skenk. Met Hom aan jou kant het jy niks meer nodig nie. So wat gebeur ... #2 Kon 19:35 .... Dit is my God!! Loof die Here!!! En na hierdie gebeure volg Ps. 126. Toe die Here kom ingryp, was dit soos ’n droom. Die aand toe ons gaan slaap was ons omsingel deur ’n magtige weermag en die volgende oggend toe ons wakker word, is 185 000 van hulle dood. Kind van God, ons God is die God van verandering. Hy doen dit op ’n skaal wat ek en jy nie eers geweet het bestaan nie. Hy wil dit ook vir jou doen!!! Ek en jy moet egter kies om Sy hand te vat en saam met Hom te stap. 2 Kon 18 begin met die vers .... #2 Kon 18:3 ... Nie wat reg was in sy eie oë of sy vriende se oë of die oë van die gemeenskap nie. Die oë van die Here. God bring toe verandering soos net Hy kan bring. En toe ...
  4. #Psa 126:2 ... Kan jy jouself in die situasie indink? Wat ’n uitkoms en verligting! Die goeie nuus vanaand vir elkeen is dit. Hierdie God van Hiskia wat hierdie magtige verandering vir hom gebring het, is ook ons God. Hy is vanaand hier. Hy kan NG steeds 185 000 soldate in een nag uitwis. Hy wek nog steeds dooies op, verlos van sonde, maak siekes gesond ens. ens. ..... As jy bereid is om dit te glo en vanaand die besluit neem om God se pad te loop kan hy dieselfde en, hoor dit, groter dinge vir jou doen. Ja, Hy kan. #Meer as n kort termyn oplossing God is ook nie hier bloot met ’n “quick fix” nie. Wat hy doen, is onveranderbaar en standhoudend. Die vyand mag dalk môre weer probeer, maar net soos in die verlede sal God jou weer help om hom ‘’n uitklophou toe te dien. #Psa 125:1 Ek en jy hoef nie vir die duiwel te bewe nie. Hy het net soveel mag oor ons as wat ons hom toelaat om te hê. God in ons bring die verskil, dit maak die verandering. Hy is die verandering. So het jy ’n weermag wat jou omsingel vanaand? Die een groter as die vyand is hier. Hy wil hê dat jy ook sal ervaar dit wat ons in Ps. 126 gelees het. Wil jy dit beleef? Kom na vore, ons wil vir jou bid