SlideShare a Scribd company logo
1 of 4
Liefde vir Hom
Matt. 22:36-37
Luk 10:27 En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou
God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou
hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos
jouself.
Waar is die oorsprong van my liefde vir Hom?
Vanwaar kom my motivering van my liefde vir Hom?
Ons liefde vir Hom kom “uit” .......
Sonder verhouding met Hom kan ek nie liefde hê vir Hom
nie
Dit is onvoorwaardelike liefde
Liefhê “uit” en “met”
Gee my jou goed nie!
Jesus het liefgehad “uit”
Liefde “uit” kom deur tyd bestee met
Gaan en wees lief!
19 april 2015 liefde vir hom

More Related Content

More from agsupington (13)

Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!
 
12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....12 okt 2014 jy het dit nie .....
12 okt 2014 jy het dit nie .....
 
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
12 okt 2014 buitengewoon en bonatuurlik
 
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
28 september 2014 ek het van rigting verander, wat nou
 
28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons ken28 sept 2014 laat ons ken
28 sept 2014 laat ons ken
 
Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,Ek sal vir jou ’n god wees,
Ek sal vir jou ’n god wees,
 
Past allen luister
Past allen luisterPast allen luister
Past allen luister
 
31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van verandering31 aug 2014 die god van verandering
31 aug 2014 die god van verandering
 
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
31 aug 2014 hoeveel keer wil jy nog om die berg (930)
 
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
17 aug 2014 hoop in hopeloosheid
 
Bring lewe
Bring leweBring lewe
Bring lewe
 
8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag8 junie 2014 hardloop en wag
8 junie 2014 hardloop en wag
 
Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014Pastoor allen 25 mei 2014
Pastoor allen 25 mei 2014
 

19 april 2015 liefde vir hom

  • 2. Luk 10:27 En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself. Waar is die oorsprong van my liefde vir Hom? Vanwaar kom my motivering van my liefde vir Hom? Ons liefde vir Hom kom “uit” ....... Sonder verhouding met Hom kan ek nie liefde hê vir Hom nie
  • 3. Dit is onvoorwaardelike liefde Liefhê “uit” en “met” Gee my jou goed nie! Jesus het liefgehad “uit” Liefde “uit” kom deur tyd bestee met Gaan en wees lief!

Editor's Notes

  1. #Luk 10:27 ... Waar Matt. die woord “met” gebruik, gebruik Lukas die woord “uit”. Hoewel die Afr. Taal 2 verskillende woorde gebruik dui die grieks op dieselfde begrip. A primary preposition denoting origin (the point whence motion or action proceeds), from, out . Ek dink hierdie is NB. Die Matt. vertaling praat van “hoe”, wat is betrokke wanner ek Here liefhet. Die antwoord is ons hart, siel krag en verstand. #Waar is die oorsprong van hierdie liefde? Ons weet die oorsprong van ons liefde vir die Here is Sy liefde vir ons. ’n Goeie begrip van Sy liefde vir ons. Hy het ons eerste lief gehad. Soos wat my verstand dit begin verstaan en ek dit oordink, beweeg hierdie saak wat begin as iets in my brein af tot in my hart. Waar dit dalk begin as iets kognitiefs, word dit nou ’n hartsaak. Dit maak Jesus se antwoord oor die groot opdrag so interessant. Waar begin Jesus as hy praat van die groot gebod. Hy begin nie by my verstand nie, Hy begin by my hart. Onderstebo. #Vanwaar kom my motivering van my liefde vir Hom? Jou en my motivering vir ons liefde vir Hom kan nie ekstern wees nie. Sou dit wees gaan dit nie volhoubaar wees nie. Vb.: indien u net oor die liefde van Jesus gaan dink en vir Hom dankie se daarvoor wanneer iemand vir jou sê om dit te doen, gaan dit net gebeur wanneer jy gese word. Dit gaan ook nooit ontwikkel en groei nie omdat die hoeveelheid tyd wat jy daaraan spandeer dit nie toelaat nie. Jesus se: ons liefde vir Hom kan nie n eksterne saak wees nie. Hy se die motivering van ons liefde moet kom van binne. Iets wat hier binne gebeur het. Hy se ons moet Hom liefhe “uit”. Die motivering is dus hier binne, nie iemand daar buite nie. Vb van n verliefde paartjie. Jy hoef hulle nie aan te moedig om mekaar lief te he nie. Dit kom vanself. Dit is iets hier binne wat maak dat jy sekere goed doen en sekere goed sê. Nou kan ons sê dat verliefdeheid nie vir altyd hou nie. Dit is waar. Wanneer verliefdheid groei tot liefde geld dieselfde beginsel. Jy doen sekere goed en hou op om ander goed te doen nie omdat daar wette is wat dit afdwing of verbied nie, maar omdat jy wil. Dit is iets hier binne wat jou dit maak doen. #Ons liefde vir Hom kom “uit” ....... Dit is spontaan, jy wil dit doen, al vra dit soms moeite, is dit vir jou lekker. Dit is flou vergelyking maar ek wil dit vergelyk met n man/vrou wat vir sy/haar huweliksmaat ontbyt in die bed vat. Dit is moeite, maar dit is lekker. Jy wil dit graag doen. Daar is iets hier binne in jou wat jou laat opstaan, ketel aansit, bacon en eiers in pan sit, broad in rooster sit, ens ens. Dit is liefde wat van binne kom. Ek het Hom lief omdat ek Sy liefde my deel gemaak het en hierdie liefde van Hom in my spontane liefde vir Hom tot gevolg het. #Sonder verhouding met Hom kan ek nie liefde hê vir Hom nie Dit is baie moeilik om liefde vir Hom onbepaald voor te gee. “It is difficult to fake it”. Hy sal dadelik weet wanneer ek voorgee en hulle wie Hom regtig dien sal dit ook agterkom. Liefde vir Hom kom van binne nadat Hy dit wat verlore was hier binne kom red het. Dit is vrywillige liefde wat voortspruit uit verhouding, nie liefde afgedwing vanuit diktatorskap nie. So my liefde vir God moet hier van binne af kom.
  2. #Dit is onvoorwaardelike liefde Ons het die woordjie “hele” 4x gesien. Ek hou niks terug nie, dit moet wees met alles wat ek is. Daar is geen spasies gereserveer vir iets of iemand anders nie. In die 1ste plek het ek Hom lief met alles wat in my is. Uit my hele hart, siel, krag en verstand. Sonder om hierdie elemente in detail verder te bespreek sien ons dit verteenwoordig dit wat ons is. Liefde moet uit hierdie hele aardse tentwoning kom. My liefde vir Hom kom uit hierdie liggaam. So die ou beginsel geld. Hier kan net goed uit hier liggaam en gees kon wat in ’n stadium ingesit is. Dit wat hier binne bly. Wat die hart van vol is loop die mond van oor. #Liefhê “uit” en “met” Nou is dit so dat ek hierdie selfde goed waaruit die liefde kom, gaan gebruik om liefde te betoon en te betuig. Dit kom “uit” my hart en daarom het ek lief “met” my hart. Dit kom “uit” my siel daarom het ek lief “met” my siel. Dit kom “vanuit” my krag daarom het ek lief “met” my krag, ens. Wanneer ek Hom lief het uit en met die elemente hier genoem is dit iets heel ander as om ’n goeie daadjie en en daar te doen. Om nou en dan erens vir iemand te sê Jesus het Hom lief. Daar is hart in hierdie saak. My liefde vir Hom is ’n uitstort van myself vir Hom. Jesus sê nie in die 1ste plek ..... # Gee my jou goed nie! Dit is wat ons soms makliker doen. Dit is makliker om van myself of van my goed te gee as om myself te gee. Dan kom die gesegde weer sterk na vore. Jy kan gee sonder om lief te hê, maar jy kan nie liefhe sonder om te gee nie. As ek Jesus lief het, sal ek gee. Die blote feit dat ek gee is egter nie ’n klink klare bewys dat ek Hom lief het nie. #Jesus het liefgehad “uit” Uit Sy hele hart, siel, krag en verstand. Omdat Hy lief gehad het “uit”, kon Hy ook liefhê “met”. Dit is net liefde “uit” die hart wat Jesus kon neem tot op die punt waar Hy gekies het om Sy lewe op te gee tot voordeel van ander. Dit is net liefde “uit” wat sal maak dat ek myself onvoorwaardelik sal gee. Ek gee my alles en ek gee dit volkome. Dit is die liefde “uit” wat jou hart laat warm klop wanneer jy aan Hom dink. Die is die liefde “uit” wat maak dat jy wil moeite doen, die ekstra myl loop, meer doen as wat vereis word. Dit is die liefde “uit” wat maak dat ander sê ek kan sien dat jy die Here dien sonder dat jy nog ooit Sy Naam genoem het. Dit is egter ook die liefde “uit” wat dit vir jou onmoontlik maak om nie Sy naam bekend te maak aan ander met wie jy te doene kry nie. #Liefde “uit” kom deur tyd bestee met Die liefde wat Jesus verwag dat ek en jy vir Hom sal hê, kry jy nie in ’n boek, voor die TV, in jou bed of in ’n geselskap nie. Ek kry dit soos wat ek gereeld tyd met Hom spandeer. Soos wat ek Hom deel maak van my Maandag tot Saterdag en nie net Sondae of dalk self net sekere Sondae nie. # Gaan en wees lief! Soos wat ons verlede week begin praat het oor die 1ste komponent daarvan waarmee ons besig is nl., gaan en wees lief vir Hom, sien ons dat Hy wil hê dit moet ’’n hartsaak wees. Iets van binne. Hoe warm klop jou hart oor Hom? Hoe gereeld dink jy aan Hom? Wat gebeur hier binne wanneer jy aan Hom dink? Is daar lewe, kom daar ’n roering of is dit koud en dood? Bring dit vrede, opgewondenheid en verwagting of bring dat skuldgevoelens en onsekerheid en angs? Dit is onmoontlik om Hom lief te hê sonder dat ons Sy liefde vir ons verstaan nie. Soos wat ek Sy liefde vir my beter verstaan, gebeur iets hier binne. Vanuit hier binne wil my hart, siel, krag en verstand Hom tevrede stel. Dan kom van hier binne en ek demonstreer dit met my hele wese. Gaan en wees vir Hom lief “UIT” alles wat jy is!