SlideShare a Scribd company logo
1 of 20
Download to read offline
1
Göbekli Tepe
Argeologiese Data en Historiese Linguïstiek
2
Göbekli Tepe (Naeltjie/Middelpunt van die Wêreld), is die Turkse
naam van die heuwel waar daar in 1994/5 ‘n oervesting ontdek is
wat uit die neolitiese tydperk dateer. Dis noordoos van die dorp
Şanlıurfa (voorheen Urfa en/of Edessa) op die Germuş bergreeks
geleë en beslaan ongeveer 10 hektaar. Meer as 200 gesnede
klippilare wat elk tonne weeg kenmerk die terrein.
Die area bevat omtrent 20 ronde vloere wat uit die rotsbodem gekap
is. Elke vloer het twee reuse kalksteenpilare in die middel omring
deur ‘n sirkel van kleiner pilare – die gemiddelde deursnee is sowat
10 meter. Die pilare is T-vormig.
3
Volgens koolstoftoetse is die boonste lae van die terrein sowat 9 000
jaar oud hoewel heelwat argeoloë meen dat die terrein tot 12 000
jaar oud kan wees. Indien wel, stem dit ooreen met die finale einde
van die laaste ystydperk. 9 000 jaar oud is ‘n duisend jaar ouer as
Jerigo wat voorheen as die oudste dorp beskou is.
Die terrein is dus twee keer ouer as die Egiptiese en Sumeriese
beskawings, ‘n feit wat alles wat aan ons oor die voorgeskiedenis
bekend is, omverwerp. Volgens die konvensionele geskiedenis was
die mens toe nog ‘n jagter-versamelaar wat nie in staat was om sulke
klippilare te kerf, op te rig en versier nie.
4
Bekende feite is dat die gebied die oorsprong van ‘n belangrike koringspesie is
en dat bokke heel eerste daar makgemaak is. Geen teken van wonings,
pottebakkery, metaal-implemente, landbou of veeteelt is nog gevind nie wat
natuurlik die raaisel verdiep. Hoe kon jagter-versamelaars so ‘n reuse
monument bou?
Boonop wil dit voorkom asof die hele terrein teen sowat 8 000VC opsetlik
begrawe is, maar dat die grootste sirkels reeds in die vroeë 9de millennium
met grond bedek is. Die vreemdste van alles is dat die oudste, onderste lae
meer gesofistikeerd as die boonste, jonger vlakke is.
5
Die simboliek is ook enigmaties; die pilaargravures bestaan hoofsaaklik uit
abstrakte simbole en roofdiere sowel as giftige insekte. Met ander woorde,
meestal onaangename diere (in my opinie). Geen ooreenkoms bestaan met die
ouer en pragtige paleolitiese rotstekeninge van bv. aurochs, bisons, harige
renoster of mammoete wat in Europese grotte soos Altamira of Lascaux
voorkom nie.
Volgens een navorsingstuk is daar beendere van roofdiere met sny- of
kerfmerke daarop in die omgewing gevind, wat daarop mag dui dat minstens
sommige van die inwoners of pelgrimsgangers sulke dinge geëet het.
Indien die datum van 10 000 vir die vroegste konstruksies korrek is, stem dit
ooreen met die kataklismiese einde van die laaste ystydperk toe die seevlak
met minstens 100 meter gestyg het en drastiese klimaatsverandering globaal
plaasgevind het.
6
Daar is ‘n verbintenis tussen die ouderdom van Göbekli Tepe en die bevindinge
van die historiese linguistiek, veral waar dit die prototaal Nostraties aangaan.
In sy werk Indo-European and the Nostratic Hypothesis bespreek Allan R
Bomhard die moontlike tuisland van die sprekers van Nostraties. Hy evalueer
onder andere die verskillende teorieë oor die tuislande van Proto-Indo-
Europees, Afro-Asiaties, Kartvelies, Uralies-Joekaghir, Elamo-Dravidies, Altaïes
en ander. Daarna kyk hy na die teorieë van Aaron Dolgopolsky, John Kerns en
Henrik Birnbaum oor die struktuur en datering van Nostraties.
Hy stem saam met Kerns dat die Mesolitiese kultuur sy oorsprong in die
vrugbare sekelmaan in die Midde-Ooste net suid van die Kaukasus moes gehad
het en dateer die taal op tussen 15 000 en 12 000 VC, met ander woorde
17 000 tot 14 000 jaar gelede. Hy meen dat die taal teen 12 000 VC begin
versprei het en dat afsondelike dialekte reeds teen 10 000 VC bestaan het.
7
Ongeveer 15 000 jaar gelede – 13 000VC – het die yslae begin krimp, die
klimaat warmer geword en seevlakke dramaties gestyg. Gebiede wat voorheen
onbewoonbaar was, het toeganklik geword vir menslike habitasie.
Bevolkingsgetalle het toegeneem en mense het in alle rigtings versprei.
Permanente dorpe het ontstaan en daar is geleidelik van jag en versamel na
landbou en veeteelt oorgeskakel. Die disintegrasie van die Nostratiese
moedertaal het met dié ontwikkelinge gepaard gegaan soos mense al verder
weg van die tuisland af beweeg het.
Nostraties was natuurlik nie die enigste taal wat in daardie gebied gepraat is
ten tye van al die dramatise veranderinge nie; daar was ook sprekers van Sino-
Kaukasiese tale wat deel van die “Neolitiese Revolusie” uitgemaak het deur die
verspreiding van landbou en veeteelt.
8
Dié tale het voor enige van Nostratiese afstammelinge oor Europa versprei en
is eers duisende jare later deur Indo-Europese en Uraliese tale verdring sodat
nog net Baskies oorbly. Die Sino-Kaukasiese tale was die tweede groep wat die
Amerikas betree het. Eerste was Amerind en duisende jare later het die derde
groep, die Nostratiese Eskimo-Aleoet gevolg.
Bomhard se deeglike analise los ‘n tergende geheim op – die feit dat Indo-
Europees in fonologie en woordeskat met Afro-Asiaties (bv Semities, Egipties,
Chadies, Omoties) ooreenstem, maar met die tale van die koue noorde
(Uralies-Joekaghir tot Eskimo-Aleoeties) in sintaks en morfologie. (Indo-
Europees en die Noordelike families word terloops deur die groot linguïs
Joseph Greenberg as ‘n Nostratiese subfamilie, ‘Eurasiaties’, saamgegroepeer).
9
Dis presies wat ‘n mens sou verwag indien die sprekers van Proto-Indo-
Europees tot minstens 7000 VC in Anatolië gewoon het, terwyl Afro-Asiaties
begin verbrokkel het met ‘n groot deel van sy sprekers wat suid in Afrika in
getrek het terwyl die sprekers van die Semitiese subgroep in noordelike
Mesopotamië agtergebly het. Dit verklaar die gedeelde woordeskat, bv
woorde vir landerye, gewasse, skape, beeste en bokke. Die gedeelde woorde
vir ster en sewe dui moontlik op ‘n eenvormige ideologie/religie. Intussen het
die noordelike families in ‘n radikaal anderse ongewing ontwikkel, waar
landbou heelwat later eers gekom het. Hulle gedeelde woordeskat met Indo-
Europees en Afro-Asiaties dateer terug na ‘n pre-landbou-veeteelt periode.
“A recent study published in Science, and reported by news agencies including the BBC, backs a
hypothesis about the origins of the Indo-European languages (including English) first proposed by the
distinguished Cambridge archaeologist Professor Colin Renfrew (Lord Renfrew of Kaimsthorn) in
1987”.*
1
10
Die Amerindiese moedertaal wat van Tierra del Fuego aan die suidpunt van
Suid-Amerika tot in die suidelike dele van Kanada aangetref word, toon
merkwaardige ooreenkomste met Greenberg se bovermelde Nostratiese
subgroep Eurasiaties (Indo-Europees + Uralies-Joekaghir, Altaïes, Eskimo-
Aleoet ens). Dit beteken dat dit moontlik die heel eerste Nostratiese dialek was
wat in ‘n noordoostelike rigting weggebreek het of dat dit minstens uit ‘n
sustertaal van Nostraties stam.
In Sentraal-Siberië is daar in 2010/11 ‘n genetiese spoor ontdek van die
Amerindiese trek vanaf Anatolië na die Amerikas.
“The study, published in the American Journal of Human Genetics, analyzed the genetics of
individuals living in Russia's Altai Republic to identify markers that might link them to Native
Americans. Prior ethnographic studies had found distinctions between tribes in the northern and
southern Altai, with the northern tribes apparently linked linguistically and culturally to ethnic groups
farther to the north, such as the Uralic or Samoyedic populations, and the southern groups showing a
stronger connection to Mongols, Uighurs and Buryats.”
Schurr and colleagues assessed the Altai samples for markers in mitochondrial DNA, which is
maternally inherited, and in Y chromosome DNA, which is passed from fathers to sons. They also
compared the samples to ones previously collected from individuals in southern Siberia, Central Asia,
Mongolia, East Asia and a variety of American indigenous groups. Because of the large number of
gene markers examined, the findings have a high degree of precision.
"At this level of resolution we can see the connections more clearly," Schurr said.
Looking at the Y chromosome DNA, the researchers found a unique mutation shared by Native
Americans and southern Altaians in the lineage known as Q”. *
2
11
Heelwat later het die Sino-Kaukasiese afstammeling wat NaDene-Athabaskan
sou word, gevolg, wat deesdae hoofsaaklik in Alaska en westelike Kanada
gepraat word maar ook na die suide van Noord-Amerika versprei het (bv
Navajo en Apache).
Eindelik het die Nostratiese afstammeling genaamd Eskimo-Aleoet die
Beringstraat oorgesteek en oor die verre noorde van Noord-Amerika versprei
tot in Groenland.
12
13
Terug na Göbekli Tepe. Nóg ‘n misterie is die stilswye van die mitologie, tensy
niemand nog die narratief raakgesien het nie. Daar bestaan globale mites met
merkwaardige ooreenkomste oor die ontstaan van die heelal, ‘n aanvanklike
paradys, dat mens en dier eens kon kommunikeer (telepatie?), ‘n kataklismiese
wêreldvloed, en meer uiteenlopende mites oor bv die verwarring van
spraak/baie tale. Nêrens kan ek egter enigiets oor Göbekli Tepe vind nie. Die
probleem is: Waarvoor moet ‘n mens uitkyk? Vir die verhaal van ‘n tempel-stad
wat begrawe is? Daar’s sekerlik geen konneksie met die narratief van die
eerste man en vrou wat uit hul luilekker utopiese paradys verban is nie? OF
verwys die slange, skerpioene en spinnekoppe van Göbekli Tepe na die vloek
wat op die arme egpaar en hul afstammelinge geplaas is?
Al wat ek kry oor die T-vormige pilare, is die volgende uit Wikipedia:
Symbolism
 In ancient times, Tau was used as a symbol for life and/or resurrection, whereas the eighth
letter of the Greek alphabet, theta, was considered the symbol of death.
 In Biblical times, the Taw was put on men to distinguish those who lamented sin, although
newer versions of the Bible have replaced the ancient term “Taw” with "mark" (Ezekiel 9:4) or
"signature" (Job 31:35). Its original sound value is a voiceless alveolar plosive, IPA /t/.
 The symbolism of the cross was connected not only to the letter chi, but also to tau, the
equivalent of the last letter in the Phoenician and Old Hebrew alphabets, and which was
originally cruciform in shape; see Cross of Tau.
 An essay written around 160 AD, attributed to Lucian, a mock legal prosecution called The
Consonants at Law — Sigma v. Tau in the Court of Seven Vowels contains a reference to the
cross attribution. Sigma petitions the court to sentence Tau to death by crucifixion, saying:
Men weep, and bewail their lot, and curse Cadmus with many curses for introducing Tau into
the family of letters; they say it was his body that tyrants took for a model, his shape that they
imitated, when they set up structures on which men are crucified. Stauros (cross) the vile
engine is called, and it derives its vile name from him. Now, with all these crimes upon him,
does he not deserve death, nay, many deaths? For my part I know none bad enough but that
supplied by his own shape — that shape which he gave to the gibbet named stauros after him
by men.
 Tau is usually considered as the symbol of Franciscan orders due to St. Francis' love for it,
symbol of the redemption and of the Cross. Almost all Franciscan churches have painted a
tau with two crossing arms, both with stigmata, the one of Jesus and the other of Francis;
usually members of the Secular Franciscan Order wear a wooden τ in a string with three
knots around the ankle.
14
15
FOOTNOTES
*1
New evidence supports Anatolia hypothesis for origins of English
http://www.languagesciences.cam.ac.uk/news/new-evidence-supports-anatolia-hypothesis-for-origins-of-english
Family Tree of Languages Has Roots in Anatolia, Biologists Say
http://www.nytimes.com/2012/08/24/science/indo-european-languages-originated-in-anatolia-analysis-
suggests.html?pagewanted=all&_r=0
*2
Native American Populations Descend from Three Key Migrations, Scientists Say
http://www.sciencedaily.com/releases/2012/07/120711134710.htm
Tiny Mountainous Region in Siberia May Have Been Genetic Source of Earliest Native Americans
http://www.sciencedaily.com/releases/2012/01/120126123655.htm
Native Americans and Northern Europeans More Closely Related Than Previously Thought
http://www.sciencedaily.com/releases/2012/11/121130151606.htm
16
SOURCES
Batuman, Elif. The Sanctuary: The world’s oldest temple and the dawn of civilization.
Illustration: Jorge Colombo
http://www.newyorker.com/reporting/2011/12/19/111219fa_fact_batuman
Bomhard, Allan R. Indo-European and the Nostratic Hypothesis. Charleston, Signum, 1996.
Dietrich, Oliver. Göbekli Tepe Radiocarbon Dates – A Short Comment
Text and data published online at: Benz, M. Comments on radiocarbon dates of Epipalaeolithic and Early
Neolithic sites of the Near East. http://www.exoriente.org/associated_projects/ppnd_site.php?s=25.
Overview of the Gobekli Tepe archaeological site.
Photo: http://gobeklitepe.info.tr/ http://twitter.com/gobeklitepe
https://docs.google.com/file/d/0B8yAiUCdzj53U2w5aEJaZXVFcVU/edit
17
http://globalheritagefund.org/onthewire/blog/clay_model_of_goebekli_tepe
http://beforeitsnews.com/blogging-citizen-journalism/2013/08/gobekli-tepe-fantastic-new-photos-of-12000-year-old-
temple-complex-the-oldest-known-2448608.html
http://www.academia.edu/1177902/Gobekli_Tepe_Radiocarbon_Dates_-_A_Short_Comment
http://beforeitsnews.com/beyond-science/2013/05/scientists-confirm-gobekli-tepe-is-noahs-ark-story-in-stone-
2442078.html
https://www.facebook.com/gobeklitepe
http://www.gobeklitepe.info.tr/
http://www.dailymail.co.uk/news/article-2050908/Gobekli-Tepe-Temple-thats-6-500-years-older-Stonehenge-house.html
http://ngm.nationalgeographic.com/2011/06/gobekli-tepe/mann-text
http://www.iceagenow.com/Sea_Level_During_Last_Ice_Age.htm
18
Gobekli Tepe, the world’s oldest known temple, dates back more than 11,000 years and is located near the
ancient city of Şanlıurfa. Poster by Emrah Yucel (top left)
 “Urfa Man” with black obsidian crystal eyes (top right)
 Stone totem of a strange creature holding or morphing into a human-like creature. Around the totem
are small animals that resemble wart hogs and other unfamiliar creatures.
 Also see the “H” icon belt on one of the stone columns.
19
20

More Related Content

Similar to Gobekli Tepe: Argeologie en Linguistiek

Similar to Gobekli Tepe: Argeologie en Linguistiek (8)

Die Tuisland van die Indo-Europeërs
Die Tuisland van die Indo-EuropeërsDie Tuisland van die Indo-Europeërs
Die Tuisland van die Indo-Europeërs
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydAmerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ Amerindies
 
Antieke egipte verkort
Antieke egipte verkortAntieke egipte verkort
Antieke egipte verkort
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Taal in die oertyd
Taal in die oertyd Taal in die oertyd
Taal in die oertyd
 

More from PieterUys7

More from PieterUys7 (20)

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaal
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misterie
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 

Gobekli Tepe: Argeologie en Linguistiek

  • 1. 1 Göbekli Tepe Argeologiese Data en Historiese Linguïstiek
  • 2. 2 Göbekli Tepe (Naeltjie/Middelpunt van die Wêreld), is die Turkse naam van die heuwel waar daar in 1994/5 ‘n oervesting ontdek is wat uit die neolitiese tydperk dateer. Dis noordoos van die dorp Şanlıurfa (voorheen Urfa en/of Edessa) op die Germuş bergreeks geleë en beslaan ongeveer 10 hektaar. Meer as 200 gesnede klippilare wat elk tonne weeg kenmerk die terrein. Die area bevat omtrent 20 ronde vloere wat uit die rotsbodem gekap is. Elke vloer het twee reuse kalksteenpilare in die middel omring deur ‘n sirkel van kleiner pilare – die gemiddelde deursnee is sowat 10 meter. Die pilare is T-vormig.
  • 3. 3 Volgens koolstoftoetse is die boonste lae van die terrein sowat 9 000 jaar oud hoewel heelwat argeoloë meen dat die terrein tot 12 000 jaar oud kan wees. Indien wel, stem dit ooreen met die finale einde van die laaste ystydperk. 9 000 jaar oud is ‘n duisend jaar ouer as Jerigo wat voorheen as die oudste dorp beskou is. Die terrein is dus twee keer ouer as die Egiptiese en Sumeriese beskawings, ‘n feit wat alles wat aan ons oor die voorgeskiedenis bekend is, omverwerp. Volgens die konvensionele geskiedenis was die mens toe nog ‘n jagter-versamelaar wat nie in staat was om sulke klippilare te kerf, op te rig en versier nie.
  • 4. 4 Bekende feite is dat die gebied die oorsprong van ‘n belangrike koringspesie is en dat bokke heel eerste daar makgemaak is. Geen teken van wonings, pottebakkery, metaal-implemente, landbou of veeteelt is nog gevind nie wat natuurlik die raaisel verdiep. Hoe kon jagter-versamelaars so ‘n reuse monument bou? Boonop wil dit voorkom asof die hele terrein teen sowat 8 000VC opsetlik begrawe is, maar dat die grootste sirkels reeds in die vroeë 9de millennium met grond bedek is. Die vreemdste van alles is dat die oudste, onderste lae meer gesofistikeerd as die boonste, jonger vlakke is.
  • 5. 5 Die simboliek is ook enigmaties; die pilaargravures bestaan hoofsaaklik uit abstrakte simbole en roofdiere sowel as giftige insekte. Met ander woorde, meestal onaangename diere (in my opinie). Geen ooreenkoms bestaan met die ouer en pragtige paleolitiese rotstekeninge van bv. aurochs, bisons, harige renoster of mammoete wat in Europese grotte soos Altamira of Lascaux voorkom nie. Volgens een navorsingstuk is daar beendere van roofdiere met sny- of kerfmerke daarop in die omgewing gevind, wat daarop mag dui dat minstens sommige van die inwoners of pelgrimsgangers sulke dinge geëet het. Indien die datum van 10 000 vir die vroegste konstruksies korrek is, stem dit ooreen met die kataklismiese einde van die laaste ystydperk toe die seevlak met minstens 100 meter gestyg het en drastiese klimaatsverandering globaal plaasgevind het.
  • 6. 6 Daar is ‘n verbintenis tussen die ouderdom van Göbekli Tepe en die bevindinge van die historiese linguistiek, veral waar dit die prototaal Nostraties aangaan. In sy werk Indo-European and the Nostratic Hypothesis bespreek Allan R Bomhard die moontlike tuisland van die sprekers van Nostraties. Hy evalueer onder andere die verskillende teorieë oor die tuislande van Proto-Indo- Europees, Afro-Asiaties, Kartvelies, Uralies-Joekaghir, Elamo-Dravidies, Altaïes en ander. Daarna kyk hy na die teorieë van Aaron Dolgopolsky, John Kerns en Henrik Birnbaum oor die struktuur en datering van Nostraties. Hy stem saam met Kerns dat die Mesolitiese kultuur sy oorsprong in die vrugbare sekelmaan in die Midde-Ooste net suid van die Kaukasus moes gehad het en dateer die taal op tussen 15 000 en 12 000 VC, met ander woorde 17 000 tot 14 000 jaar gelede. Hy meen dat die taal teen 12 000 VC begin versprei het en dat afsondelike dialekte reeds teen 10 000 VC bestaan het.
  • 7. 7 Ongeveer 15 000 jaar gelede – 13 000VC – het die yslae begin krimp, die klimaat warmer geword en seevlakke dramaties gestyg. Gebiede wat voorheen onbewoonbaar was, het toeganklik geword vir menslike habitasie. Bevolkingsgetalle het toegeneem en mense het in alle rigtings versprei. Permanente dorpe het ontstaan en daar is geleidelik van jag en versamel na landbou en veeteelt oorgeskakel. Die disintegrasie van die Nostratiese moedertaal het met dié ontwikkelinge gepaard gegaan soos mense al verder weg van die tuisland af beweeg het. Nostraties was natuurlik nie die enigste taal wat in daardie gebied gepraat is ten tye van al die dramatise veranderinge nie; daar was ook sprekers van Sino- Kaukasiese tale wat deel van die “Neolitiese Revolusie” uitgemaak het deur die verspreiding van landbou en veeteelt.
  • 8. 8 Dié tale het voor enige van Nostratiese afstammelinge oor Europa versprei en is eers duisende jare later deur Indo-Europese en Uraliese tale verdring sodat nog net Baskies oorbly. Die Sino-Kaukasiese tale was die tweede groep wat die Amerikas betree het. Eerste was Amerind en duisende jare later het die derde groep, die Nostratiese Eskimo-Aleoet gevolg. Bomhard se deeglike analise los ‘n tergende geheim op – die feit dat Indo- Europees in fonologie en woordeskat met Afro-Asiaties (bv Semities, Egipties, Chadies, Omoties) ooreenstem, maar met die tale van die koue noorde (Uralies-Joekaghir tot Eskimo-Aleoeties) in sintaks en morfologie. (Indo- Europees en die Noordelike families word terloops deur die groot linguïs Joseph Greenberg as ‘n Nostratiese subfamilie, ‘Eurasiaties’, saamgegroepeer).
  • 9. 9 Dis presies wat ‘n mens sou verwag indien die sprekers van Proto-Indo- Europees tot minstens 7000 VC in Anatolië gewoon het, terwyl Afro-Asiaties begin verbrokkel het met ‘n groot deel van sy sprekers wat suid in Afrika in getrek het terwyl die sprekers van die Semitiese subgroep in noordelike Mesopotamië agtergebly het. Dit verklaar die gedeelde woordeskat, bv woorde vir landerye, gewasse, skape, beeste en bokke. Die gedeelde woorde vir ster en sewe dui moontlik op ‘n eenvormige ideologie/religie. Intussen het die noordelike families in ‘n radikaal anderse ongewing ontwikkel, waar landbou heelwat later eers gekom het. Hulle gedeelde woordeskat met Indo- Europees en Afro-Asiaties dateer terug na ‘n pre-landbou-veeteelt periode. “A recent study published in Science, and reported by news agencies including the BBC, backs a hypothesis about the origins of the Indo-European languages (including English) first proposed by the distinguished Cambridge archaeologist Professor Colin Renfrew (Lord Renfrew of Kaimsthorn) in 1987”.* 1
  • 10. 10 Die Amerindiese moedertaal wat van Tierra del Fuego aan die suidpunt van Suid-Amerika tot in die suidelike dele van Kanada aangetref word, toon merkwaardige ooreenkomste met Greenberg se bovermelde Nostratiese subgroep Eurasiaties (Indo-Europees + Uralies-Joekaghir, Altaïes, Eskimo- Aleoet ens). Dit beteken dat dit moontlik die heel eerste Nostratiese dialek was wat in ‘n noordoostelike rigting weggebreek het of dat dit minstens uit ‘n sustertaal van Nostraties stam. In Sentraal-Siberië is daar in 2010/11 ‘n genetiese spoor ontdek van die Amerindiese trek vanaf Anatolië na die Amerikas. “The study, published in the American Journal of Human Genetics, analyzed the genetics of individuals living in Russia's Altai Republic to identify markers that might link them to Native Americans. Prior ethnographic studies had found distinctions between tribes in the northern and southern Altai, with the northern tribes apparently linked linguistically and culturally to ethnic groups farther to the north, such as the Uralic or Samoyedic populations, and the southern groups showing a stronger connection to Mongols, Uighurs and Buryats.” Schurr and colleagues assessed the Altai samples for markers in mitochondrial DNA, which is maternally inherited, and in Y chromosome DNA, which is passed from fathers to sons. They also compared the samples to ones previously collected from individuals in southern Siberia, Central Asia, Mongolia, East Asia and a variety of American indigenous groups. Because of the large number of gene markers examined, the findings have a high degree of precision. "At this level of resolution we can see the connections more clearly," Schurr said. Looking at the Y chromosome DNA, the researchers found a unique mutation shared by Native Americans and southern Altaians in the lineage known as Q”. * 2
  • 11. 11 Heelwat later het die Sino-Kaukasiese afstammeling wat NaDene-Athabaskan sou word, gevolg, wat deesdae hoofsaaklik in Alaska en westelike Kanada gepraat word maar ook na die suide van Noord-Amerika versprei het (bv Navajo en Apache). Eindelik het die Nostratiese afstammeling genaamd Eskimo-Aleoet die Beringstraat oorgesteek en oor die verre noorde van Noord-Amerika versprei tot in Groenland.
  • 12. 12
  • 13. 13 Terug na Göbekli Tepe. Nóg ‘n misterie is die stilswye van die mitologie, tensy niemand nog die narratief raakgesien het nie. Daar bestaan globale mites met merkwaardige ooreenkomste oor die ontstaan van die heelal, ‘n aanvanklike paradys, dat mens en dier eens kon kommunikeer (telepatie?), ‘n kataklismiese wêreldvloed, en meer uiteenlopende mites oor bv die verwarring van spraak/baie tale. Nêrens kan ek egter enigiets oor Göbekli Tepe vind nie. Die probleem is: Waarvoor moet ‘n mens uitkyk? Vir die verhaal van ‘n tempel-stad wat begrawe is? Daar’s sekerlik geen konneksie met die narratief van die eerste man en vrou wat uit hul luilekker utopiese paradys verban is nie? OF verwys die slange, skerpioene en spinnekoppe van Göbekli Tepe na die vloek wat op die arme egpaar en hul afstammelinge geplaas is? Al wat ek kry oor die T-vormige pilare, is die volgende uit Wikipedia: Symbolism  In ancient times, Tau was used as a symbol for life and/or resurrection, whereas the eighth letter of the Greek alphabet, theta, was considered the symbol of death.  In Biblical times, the Taw was put on men to distinguish those who lamented sin, although newer versions of the Bible have replaced the ancient term “Taw” with "mark" (Ezekiel 9:4) or "signature" (Job 31:35). Its original sound value is a voiceless alveolar plosive, IPA /t/.  The symbolism of the cross was connected not only to the letter chi, but also to tau, the equivalent of the last letter in the Phoenician and Old Hebrew alphabets, and which was originally cruciform in shape; see Cross of Tau.  An essay written around 160 AD, attributed to Lucian, a mock legal prosecution called The Consonants at Law — Sigma v. Tau in the Court of Seven Vowels contains a reference to the cross attribution. Sigma petitions the court to sentence Tau to death by crucifixion, saying: Men weep, and bewail their lot, and curse Cadmus with many curses for introducing Tau into the family of letters; they say it was his body that tyrants took for a model, his shape that they imitated, when they set up structures on which men are crucified. Stauros (cross) the vile engine is called, and it derives its vile name from him. Now, with all these crimes upon him, does he not deserve death, nay, many deaths? For my part I know none bad enough but that supplied by his own shape — that shape which he gave to the gibbet named stauros after him by men.  Tau is usually considered as the symbol of Franciscan orders due to St. Francis' love for it, symbol of the redemption and of the Cross. Almost all Franciscan churches have painted a tau with two crossing arms, both with stigmata, the one of Jesus and the other of Francis; usually members of the Secular Franciscan Order wear a wooden τ in a string with three knots around the ankle.
  • 14. 14
  • 15. 15 FOOTNOTES *1 New evidence supports Anatolia hypothesis for origins of English http://www.languagesciences.cam.ac.uk/news/new-evidence-supports-anatolia-hypothesis-for-origins-of-english Family Tree of Languages Has Roots in Anatolia, Biologists Say http://www.nytimes.com/2012/08/24/science/indo-european-languages-originated-in-anatolia-analysis- suggests.html?pagewanted=all&_r=0 *2 Native American Populations Descend from Three Key Migrations, Scientists Say http://www.sciencedaily.com/releases/2012/07/120711134710.htm Tiny Mountainous Region in Siberia May Have Been Genetic Source of Earliest Native Americans http://www.sciencedaily.com/releases/2012/01/120126123655.htm Native Americans and Northern Europeans More Closely Related Than Previously Thought http://www.sciencedaily.com/releases/2012/11/121130151606.htm
  • 16. 16 SOURCES Batuman, Elif. The Sanctuary: The world’s oldest temple and the dawn of civilization. Illustration: Jorge Colombo http://www.newyorker.com/reporting/2011/12/19/111219fa_fact_batuman Bomhard, Allan R. Indo-European and the Nostratic Hypothesis. Charleston, Signum, 1996. Dietrich, Oliver. Göbekli Tepe Radiocarbon Dates – A Short Comment Text and data published online at: Benz, M. Comments on radiocarbon dates of Epipalaeolithic and Early Neolithic sites of the Near East. http://www.exoriente.org/associated_projects/ppnd_site.php?s=25. Overview of the Gobekli Tepe archaeological site. Photo: http://gobeklitepe.info.tr/ http://twitter.com/gobeklitepe https://docs.google.com/file/d/0B8yAiUCdzj53U2w5aEJaZXVFcVU/edit
  • 18. 18 Gobekli Tepe, the world’s oldest known temple, dates back more than 11,000 years and is located near the ancient city of Şanlıurfa. Poster by Emrah Yucel (top left)  “Urfa Man” with black obsidian crystal eyes (top right)  Stone totem of a strange creature holding or morphing into a human-like creature. Around the totem are small animals that resemble wart hogs and other unfamiliar creatures.  Also see the “H” icon belt on one of the stone columns.
  • 19. 19
  • 20. 20