SlideShare a Scribd company logo
1
Khoisan as taalfamilie
Bewyse vir die genetiese verwantskap van
Khoe, Kx’a, Tuu, Hadza en Sandawe
deur Pieter Uys
2
Khoisan is ‘n geldige genetiese taalfamilie, wat uit een proto-taal
ontstaan het. Bewerings dat Khoe, Kx’a en Tuu drie afsonderlike
taalfamilies sou wees, druis in teen die bewyse, teen Ockert se
Skeerlem en teen gesonde verstand. Die volgende uiteensetting dui op
eienskappe wat die genetiese verwantskap van Khoe (Khoehkoegowab,
Naro), Kx’a (Ju/’hoansi), Tuu (!Xóõ, !Xam), Hadza en Sandawe bevestig.
Aangesien ‘Khoisan’ met die Suider-Afrikaanse tale vereenselwig word,
kan Makro-Khoisan gebruik word om na die hele familie – wat Hadza en
Sandawe van Tanzanie insluit – te verwys.
3
Geslag
Grammatiese geslag, ‘n eienskap van Hadza, Sandawe en Khoe, bestaan nie in die
Ntutale van die Niger-Kongo taalfamilie nie en is raar in Nilo-Saharies. Afro-Asiaties
is die enigste ander taalfamilie in Afrika met geslagsaanduiding, en Afro-Asiaties is
die mees resente familie op die kontinent, en boonop beperk tot die noorde en die
noordooste.
Proto-Khoisan het oor dié eienskap beskik, wat steeds in Hadza, Sandawe en Khoe
voorkom; die Kx’a- en Tuu-groepe het dit verruil vir naamwoordklasse, waarskynlik
onder invloed van die Ntutale. Vir mense wat skape en beeste aanhou, is
grammatiese geslag van belang by die teling; by jagter-versamelaars geniet dit nie
‘n hoë prioriteit nie.
Voornaamwoorde
Die meeste Khoe-subgroepe onderskei ‘n eksklusiewe en inklusiewe 1ste persoon
meervoud. Elke vorm van die 1ste persoon dualis of meervoud bestaan uit drie
morfeme: die volledige vorm van die stam, ‘n vorm wat geslag/klas merk en een wat
as die primêre pronominale basis dien. Twee hoof- pronominale morfeme staan
uit: *-m vir 1ste persoon dualis en *-e vir 1ste persoon meervoud.
Die mi-foneem, die verwante labiaal /w/ of die nasale /m/, /n/ en /ŋ/ kom in die 1ste
persoon by almal voor: Proto-Kx’a *mV, Ju /mi/, Proto-Tuu *n of *ŋ, !Xóõ /n/, /ŋ/,
Hadza /ona/. Dit stem ooreen met Proto-Kx’a *m vir 1st
e persoon inklusief en *e vir
eksklusief. Dus moes die dualis/meervoud-opposisie op ‘n stadium as
inklusief/eksklusief hervertolk gewees het, of andersom. Waarskynlik is *-m en *-e
oorspronklik vir grammatiese getal gebruik, terwyl *si- gebruik is om inklusiviteit te
merk.
Baie tale van die !Ui-subgroep van Tuu se /n-/ of /ŋ-/ het /m-/ as allomorf of /ma-/
wanneer die woord met ‘n labiale konsonant begin. Die oorspronklike vorm was
moontlik *ŋ wat in *m verander het in Proto-Kx’a omdat *ŋ nie as aanvangsvorm
4
elders verskyn nie, en maklik met ‘n labiaal assimileer. In Kx’a is daar wel spore van
'n -n- of -ŋ- wat as 1ste persoonlike voornaamwoord funksioneer.
Die ander stam vir ‘ek’ is *ti wat as /te, ta, ti, ts, tsi, mtsa, tʃ/ wat ‘n wye verspreiding
het, bv die 1ste persoon /ta-/element soos in Nama /mũta/ “ek sien” en Hadza
/fwata/ “ek drink”. Sandawe 1ste persoon /tsi/, Nama /ti/, !Ora ti-re, Nato /tija/,
Sandawe /ci/.
Proto-Khoe se *t- mag op dieselfde wyse met Sandawe *c [ts] korelleer. Dié *t-/*c-
vorm is eksklusief aan Khoisan, terwyl *m, *n en *ŋ natuurlik uiters algemeen in
ander taalfamilies reg rondom die wêreld gebruik word vir ‘ek’.
Die tweede persoon enkelvoud verskyn as /a/, /ha/, /e/ of /i/ regdeur die vyf
paradigmas, en die derde persoon enkelvoud /hV/ of /sV/ verskyn in die vorme /ha,
he, hi, xa, sa/ of /hewe/ by al vyf. Die Sandawe-suffiks /-we/ = Nama /-b/ en stem
ooreen met Nharon /xaba/ en /xasa/.
Die Hadza enkelvoud manlik /-wa/ = Sandawe /-we/ en Nama /-b/ soos hierbo, en
Hadza 3de persoon onafhanklike voornaamwoord is dieselfde /-ha/ as in Sandawe,
en die onafhanklike /ha/ van Tuu en Kx’a en Nharon /-xa/. Hadza /hawa/ = Sandawe
/ha-we/ = 3de persoon besittingsuffiks = /-ma/ en Nharon /xaba/.
Sandawe /-si/ vir vroulik meervoud selfstandige naamwoord = Naron vroulik
meervoud snw /-si/, Nama /-ti/, Kx’a-tale /si/ en /Auni van die Tuu-tale /-si/,
laasgenoemde sonder geslagskonnotasie. Sandawe manlik meervoud snw /-ko/ =
Nama manlik mv snw /-ku/ en !Xam mv snw /-gu/.
Hadza, wat ‘n m/b-wisseling toon, se derdepersoon besittingsuffiks is /-ma/; die
manlik meervoud snw is /-bi/, die vroulik meervoud snw is /-be/ en die
werkwoordsuffikse is /-mi/ en /-me/, ‘n patroon wat met Nharon ooreenstem.
Sandawe se resiprokale /-ki/ in die werkwoord = Nama /-ku/. Sandawe vorm
bywoorde en byvoeglike naamwoorde met ‘n /-se/ sufiks = Auen (Kx’a) /-si/ en Nama
/-se/.
5
Hadza 3de persoon vroulik besitting is /-sa/ wat met Sandawe /-sa/ en Nharon
vroulik snw-suffiks /-sa/ korelleer. Hadza se persoonlike vnw vroulik meervoud is /-
ti/ = Nama persoonlike vnw vroulik meervoud /-ti/ en Sandawe /-tsi/.
Meervoud en werkwoorde
Meervoudvorming geskied op dieselfde manier in Khoe, Kx’a en Tuu: suffikse vir
reëlmatige en onreëlmatige meervoude, en spesiale reekse vir verwanskapsterme
en vir verkleinwoorde. ‘n Neutrale meervoud is waar die woord nie verander nie,
dus dien die een vorm as beide enkel- en meervoud, bv in !Xóõ /soo/ ‘medisyne’ en
/xhuye/ ‘heuningby’.
Korellasie verskyn ook by tydsaanduiding in die werkwoord. Die verlede tyd in
Ju/’hoansi word deur /go/ aangedui wat met Naro (Khoe) /ko/ en !Xóõ (Tuu) /ko/
korelleer. Toekomstige tyd word deur /ka/ aangedui in beide Kx’a en Khoe.
6
Klieks, klinkers en begeleiding
Vyf kliektipes bestaan: Dentaal/ǀ/, lateraal/ǁ/, labiaal /ʘ/, alveolêr /ǃ/, palataal /ǂ/.
Kx’a en Khoi het vier basiese klieks, /ǀ ǁ ǃ ǂ/ Hadza en Sandawe gebruik drie /ǀ ǁ ǃ/.
Dis net in Tuu waar vyf klieks voorkom – die bilabiale kliek /‫ּס‬/ in !Xóõ /‫ּס‬ôõ/ ‘droom’.
By Khoe, Kx’a en Tuu kom die kliek net in die aanvangsposisie voor, gevolg deur ‘n
klinker en een van die volgende konsonante: /b/, /m/, /n/, /r/, of /l/. By Hadza en
Sandawe kan klieks ook in die middel van woorde verskyn (soos in die Ntutale).
In al die tale gaan klieks gepaard met glottale, aspirasie-, stemdraende, nasale en
ander begeleidings wat die foneem-inventaris uiters kompleks maak. Dié reeks
begeleidings word ook “vrystellings” of “sekondêre artikulerings” genoem, en word
voor en saam met, of net na die kliek uitgespreek. Elkeen verleen sy eie timbre aan
die uitspraak. !Xóõ het meer kliekkombinasies as Kx’a (Ju/’hoansi) en die Khoetale.
Hadza gebruik drie en Sandawe vyf begeleidings.
Dis hier waar die verwarring intree wanneer ‘n foneemgetal aan byvoorbeeld !Xóõ
toegeskryf word, want sommige linguïste beskou elke variant as ‘n afsonderlike
foneem, terwyl ander die plek van artikulasie as primêr beskou, en dus die kliek en
al sy begeleidings as een foneem tel.
Die Ntutale met klieks het gemiddeld 25 meer konsonante as dié daarsonder. En
Ntutale met meer klieks het meer konsonante as dié met minder klieks. Die vraag
ontstaan dus of klieks die enigste konsonante was wat die Ntutale by Khoisan
geleen het. Is die rede vir die groter inventaris dalk dat hulle ook nie-kliek-
konsonante by Khoisan geleen het?
Dis ook merkwaardig dat die Ntutale geen genasaleerde vokale of diftongs by
Khoisan geleen het nie, maar alleenlik klieks. En dat die klieks nie tot die
leenwoorde beperk gebly het nie, maar aktief in die Ntu-woordeskat ontwikkel.
Al die Khoisangroepe het dieselfde vyf-vokaal-stelsel wat op uiteenlopende wyses
artikuleer kan word, byvoorbeeld met faringeale, glottale, nasale, ruiserige
7
begeleiding. Hier ook kom die vraag na vore of elke variant as ‘n foneem getel kan
word. (!Xóõ neem onder meer nasale, faringeale, glottale en ruiserige timbres -
Volgens die een metode hierbo, sou dit dan 44 fonemiese klinkers aan !Xóõ
toeskryf).
Ju/’hoansi (Kx’a) het lang vokale en diftonge; Sandawe het kort orale /a/, lang orale
/aː/ en lang nasale /ãː/-vokale; Hadza kry lang vokale waar intervokaliese [ɦ]
uitgelaat word, bv [kʰaɦa] of [kʰaː] 'kl(om te)' en as uitsondering elders, bv [boːko]
'sy' vs [boko] 'siek wees'. Khoe en Tuu gebruik slegs kort vokale.
Benewens die vyf-vokaal-stelsel, die klieks /|, ǁ, !/, die begeleidings vir klieks en
vokale, en grammatiese geslag, is daar kognate in die kernwoordeskat soos
“persoon”: Hadza /akwiti/ “vrou”, /akwiako/ “dogter”, /akwibi/ “die jeug”, Nama
/khoi/ en !Xam /kwi/ en vir “broer”: Hadza /tsia/, Auen /tsĩ/, !Kung /siŋ/, en “huis”:
Hadza /ǁneam/, !Xam/ǁneiŋ. ‘Naam’ in Proto-Kx’a = *|à(u)ŋ
, !Xóõ = /ou ŋ
/, |Xam /e ŋ
/,
N|u /e ŋ
/, Sandawe /ǁwa/, Hadza /Ɂakana/, Proto-Khoe */kxon/, en ‘Neus’ in Proto-
Kx’a *cɁú ŋ
, !Xóõ /núh
/, Sandawe /nathi/, Hadza /inthawe/.
Genetika
Genetiese studies dui op ‘n nouer onderlinge verwantskap tussen die Hadzabe,
Pigmeë en San, as tussen die Sandawe en Hadzabe. Tog bestaan daar ‘n oer-oue
genetiese verbintenis tussen al vyf die Khoisangroepe, wat suggereer dat hulle
wortels na ‘n enkele bevolking in die diep verlede terugstrek.
In genetiese verband kan mens ook wyer en ouer verwantskappe in ag neem. Op
Madagaskar is daar ‘n tradisie van, en spore van, voorgangers met ‘n kort statuur;
jagter-versamelaars wat as die eerste mense beskou word. Die BaTwa (pigmeë) van
die Groot-Mere-streek word as die vroegste bewoners van Afrika beskou, saam met
die San van suidelike Afrika.
Egiptiese rekords uit die Ou Koninkryk verwys na die ‘dansers van die gode’ wat in
die ‘Land van die Geeste’ woon. Homerus (Illiad boek III) en Aristoteles (History of
Animals) maak ook melding van hulle.
8
Onder die Malagasy is daar klein en verspreide groepies jagter-versamelaars wat as
Vazimba of Mikea of Beosi bekend staan. Hulle praat Malagasy, maar in die geval
van laasgenoemde bestaan daar ‘n substraat-leksikon wat onder meer Ntu-woorde
insluit wat nie in standaard-Malagasy voorkom nie. Die moontlikheid bestaan dus
dat die Beosi ‘n oorblyfsel is van ‘n eiland-bevolking wat daar was voordat die
Austronesiese migrasie plaasgevind het.
Die BaTwa woon in ‘n breë strook van hoofsaaklik reënwoud, wat van Kameroen,
Kongo Brazzaville en Gabon deur Kongo Kinshasa tot in Rwanda en verder suid
strek. In die weste woon die Mbenga, Bayaka (Aka en Baka), Bakoya en Bongo, wat
Niger-Kongo-tale praat (Kameroen, Gabon, Kongo- Brazzaville, Sentraal-Afrikaanse
Republiek); die Mbuti woon in Kongo-Kinshasa in die Ituri-woud, en praat Ntu- en
Sentraal-Soedaniese tale; rondom die Groot Mere en verder suid woon groepe
wat almal Ntutale praat.
Onder die Aka en Baka is daar substrate geïdentifiseer wat tot 30% van die leksikon
uitmaak, en wat hoofsaaklik botanies is of op die oes van heuning betrekking het.
Genetiese studies impliseer ‘n oer-oue oorsprong van tot 100,000 jaar gelede.
Volgens die data van Lachance et al. (2012) het Khoisan-sprekende bevolkings
eerste ontstaan, gevolg deur Pigmeë. Volgens Tishkoff et al. het ‘n Proto-Khoisan
jagter-versamelaargroep sowat 30,000 jaar gelede in Oos-Afrika ontstaan. Studies
plaas ook die oorsprong van die Khoisan in die Horing van Afrika.
Verlangse familie
Aan die ander kant van die Indiese Oseaan woon daar ver-af verwante etniese
groepe van die San en die Twa wat as Negrito bekend staan. Die Negrito kom op die
vasteland van Suidoos-Asië, op die Oseaniese eilande, en op eilande in die Baai van
Bengale voor. Daar word beraam dat hulle tussen 60,000 en 30,000 jaar gelede die
vasteland van Afrika moes verlaat het.
“Orang Asli” (“eerste mense”) is die Maleisiese term vir Negrito’s. Hulle sluit in die
inheemse mense van die Andaman Eilande, die Semang van die Maleisiese
9
Skiereiland, Maniq van Thailand, en verskeie groepe in die Filippyne, soos die Aeta.
Taalkundig vorm die Andamans ‘n eenheid met Nieu-Guinee en die eilande van
Melanesië. Hierdie eerste inwoners van Suidoos-Asië word vanaf sowat 5,000 jaar
gelede deur inkomende Austronesiese groepe verplaas.
Soos die Pigmeë, praat die meeste groepe Negrito’s die Austro-Asiatiese of
Austronesiese tale van hulle bure. Die oorspronklike Andamanese wat in
afsondering op Sentinel-eiland woon, vorm egter deel van die Indo-Pasifiese
taalfamilie wat op Nieu-Guinea, die eiland Timor en sy bure, in Melanesië en
voorheen op Tasmanië gepraat is.
10
Makro-Khoisan is een familie
Terug by Makro-Khoisan - Die bovermelde morfologiese korellasie – veral die
persoonlike voornaamwoorde – is onweerlegbare bewys van oorerwing, d.i. afkoms
uit ‘n proto-taal. Statisties kan sulke ooreenkomste nie toeval wees nie, en nog
minder kan dit leenvorme wees.
‘n Moontlike scenario is dat die Hadzabe heel eerste die Oer-Khoisan-groep verlaat
het. Daarna het Proto-Khoisan verdeel toe die Proto-Khoi-sprekers na die suide
beweeg het. In dié migrasieproses kon die klein groepies jagter-versamelaars oor
lang afstande afgesonder geraak het van die skaapherders.
Dis ook moontlik dat die jagter-versamelaars, met inbegrip van Hadza, eerste van
die veeherders geskei is; een groep het suid beweeg (Kx’a en Tuu), terwyl die
voorouers van Hadza-sprekers in Oos-Afrika gebly het. Daarna sou die Khoe-
voorouers van Sandawe geskei het.
Die jagter-versamelaars sou in kontak met sprekers van Ntu-tale gekom het,
vanwaar waarskynlik die naamwoordklas-stelsel. Later sou ‘n breë verdeling
plaasvind, met die voorouers van die Kx’a wat in ‘n westelike rigting beweeg terwyl
die ander groep oor die land versprei, van die Drakensberge tot in die Kaap.
Intussen het die herders, in ‘n konstante soeke na weiding vir hulle vee, ook die
Kaap bereik. Regdeur die land moes daar voortdurende kontak oor millennia
plaasgevind het, met wedersydse beïnvloeding en gevalle van taalverskuiwing.
11
Bibliografie
Daneyko, Thora 2019 & Bentz, Christian 2019. Click languages tend to have large consonant inventories:
Implications for language evolution and change In: Modern Human Origins and Dispersal. Kerns Verlag, Tübingen.
Eaton, Helen. 2010. Sandawe Grammar. SIL International.
Gabanamotse-Mogara, Budzani. 2011. A Comparative Study of the Verb Structure in Northern, Central and
Southern Khoesan: The Case of Ju/’Hoansi, Naro And !Xóõ. University Of South Africa
Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections). Bloomington:
Indiana University.
Güldemann, Tom. 2019. African language classification beyond Greenberg In: "Areal linguistics in Africa before a
new approach to its genealogical language classification". Humboldt University Berlin and Max Planck Institute for
the Science of Human History Jena.
Güldemann, Tom. 2014. “Khoisan” linguistic classification today. In book: Beyond ‘Khoisan’: historical relations
in the Kalahari Basin (pp.1-41) Chapter: “Khoisan” linguistic classification today. Publisher: Amsterdam: John
Benjamins. Editors: Tom Güldemann, Anne-Maria Fehn.
Güldemann, Tom. 2005. Tuu as a language family in Africa. Papers on Africa. Institut für Afrikanistik.DOI:
10.1016/B0-08-044854-2/00176-0
Heine, Bernd & Derek Nurse (eds.), A linguistic geography of Africa (Cambridge Approaches to Language Contact).
Cambridge: Cambridge University Press, 2008. Pp. xviii+371.
Heine, Bernd, 2009. The Kx’a Family: A New Khoisan Genealogy. Henry Honken. Jour of Asian and Afr Studies,
No 79, 2010.
Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis. Menán van Heerden, Menán du Plessis.
2018-02-15. www.litnet.co.za/indigenous-khoisan-languages-interview-menan-du-plessis/
Khan, Razib. 2011. The Sandawe: after the demographic flood. Gene Expression. Discover Magazine.
https://www.discovermagazine.com/health/the-sandawe-after-the-demographic-flood
Kerry Jones (2019) Contemporary Khoesan Languages of South Africa, Critical Arts, 33:4-5, 55-73, DOI:
10.1080/02560046.2019.1688849
The Khoisan languages. https://sites.google.com/site/thekhoisanlanguages/home
Lachance et al. (2012) Evolution of the Pygmy Phenotype: Evidence of Positive Selection from Genome- wide
Scans in African, Asian, and Melanesian Pygmies. December 2013Human Biology 85(1- 3):251-84.
DOI:10.3378/027.085.0313
Maddieson, lan, Peter Ladefoged and Bonny Sands. Clicks in East African Languages
12
Miller, Amanda L. The Sounds of Nǀuu: Place and Airstream Contrasts by Amanda L. Miller, Johanna Brugman,
Bonny Sands, Levi Namaseb, Mats Exter and Chris Collins. Working Papers of the Cornell Phonetics Laboratory
2007, v.16, pp. 101-160
Miller, Amanda (2011). "The Representation of Clicks". In van Oostendorp, M.; Ewen, C.; Hume, E.; Rice, K.
(eds.). The Blackwell Companion to Phonology. New York: Wiley-Blackwell
Miller, Kirk (2008). Hadza Grammar Notes. https://www.academia.edu/36533859/Hadza_grammar_notes
N|uu: South Africa’s oldest San language, with only 2 people on Earth who speak this ancient SA language. Culture
History, June 8, 2020. https://hadithi.africa/2020/06/08/
Pickrell, J., Patterson, N., Barbieri, C. et al. The genetic prehistory of southern Africa. Nat Commun 3, 1143 (2012).
https://doi.org/10.1038/ncomms2140
Reid, Lawrence A. (2013) Who Are the Philippine Negritos? Evidence from Language, Human Biology: Vol. 85:
Iss. 1, Article 15. Available at: http://digitalcommons.wayne.edu/humbiol/vol85/iss1/15
Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: Studies in linguistic taxonomy. Stanford Universaity Press.
Sands, Bonny. 1995. Evaluating claims of disant language relationships: The case of Khoisan. Univ California, Los
Angeles
Shriner, Daniel. 2018. Genetic Ancestry of Hadza and Sandawe Peoples Reveals Ancient Population Structure in
Africa. Daniel Shriner, Fasil Tekola-Ayele, Adebowale Adeyemo, Charles N Rotimi Author
Genome Biology and Evolution, Volume 10, Issue 3, March 2018, Pages 875–882,
https://doi.org/10.1093/gbe/evy051
Uys, Pieter. Makro-Khoisan
Uys, Pieter. Taal is ‘n lied uit die wieg van die mensdom
Uys, Pieter. Taal is ‘n lied uit die wieg van die mensdom II
Uys, Pieter. Swaargewigtaal Nuu
Verdu, Paul. African Pygmies. Current Biology 26, R1–R21, January 11, 2016.
Khoisan as taalfamilie ©Pieter Uys
Orchards, 2021.

More Related Content

What's hot

Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
PieterUys7
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ Amerindies
PieterUys7
 
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansEggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
PieterUys7
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
PieterUys7
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
PieterUys7
 
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydAmerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
PieterUys7
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
PieterUys7
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
PieterUys7
 
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tydTaal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
PieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
PieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
PieterUys7
 
Eurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en NostratiesEurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en Nostraties
PieterUys7
 

What's hot (12)

Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ Amerindies
 
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansEggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydAmerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tydTaal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Eurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en NostratiesEurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en Nostraties
 

More from PieterUys7

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
PieterUys7
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
PieterUys7
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaal
PieterUys7
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misterie
PieterUys7
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
PieterUys7
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
PieterUys7
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
PieterUys7
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
PieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
PieterUys7
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
PieterUys7
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
PieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
PieterUys7
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
PieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
PieterUys7
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
PieterUys7
 
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaAfrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
PieterUys7
 

More from PieterUys7 (16)

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaal
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misterie
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaAfrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
 

Khoisan as taalfamilie

  • 1. 1 Khoisan as taalfamilie Bewyse vir die genetiese verwantskap van Khoe, Kx’a, Tuu, Hadza en Sandawe deur Pieter Uys
  • 2. 2 Khoisan is ‘n geldige genetiese taalfamilie, wat uit een proto-taal ontstaan het. Bewerings dat Khoe, Kx’a en Tuu drie afsonderlike taalfamilies sou wees, druis in teen die bewyse, teen Ockert se Skeerlem en teen gesonde verstand. Die volgende uiteensetting dui op eienskappe wat die genetiese verwantskap van Khoe (Khoehkoegowab, Naro), Kx’a (Ju/’hoansi), Tuu (!Xóõ, !Xam), Hadza en Sandawe bevestig. Aangesien ‘Khoisan’ met die Suider-Afrikaanse tale vereenselwig word, kan Makro-Khoisan gebruik word om na die hele familie – wat Hadza en Sandawe van Tanzanie insluit – te verwys.
  • 3. 3 Geslag Grammatiese geslag, ‘n eienskap van Hadza, Sandawe en Khoe, bestaan nie in die Ntutale van die Niger-Kongo taalfamilie nie en is raar in Nilo-Saharies. Afro-Asiaties is die enigste ander taalfamilie in Afrika met geslagsaanduiding, en Afro-Asiaties is die mees resente familie op die kontinent, en boonop beperk tot die noorde en die noordooste. Proto-Khoisan het oor dié eienskap beskik, wat steeds in Hadza, Sandawe en Khoe voorkom; die Kx’a- en Tuu-groepe het dit verruil vir naamwoordklasse, waarskynlik onder invloed van die Ntutale. Vir mense wat skape en beeste aanhou, is grammatiese geslag van belang by die teling; by jagter-versamelaars geniet dit nie ‘n hoë prioriteit nie. Voornaamwoorde Die meeste Khoe-subgroepe onderskei ‘n eksklusiewe en inklusiewe 1ste persoon meervoud. Elke vorm van die 1ste persoon dualis of meervoud bestaan uit drie morfeme: die volledige vorm van die stam, ‘n vorm wat geslag/klas merk en een wat as die primêre pronominale basis dien. Twee hoof- pronominale morfeme staan uit: *-m vir 1ste persoon dualis en *-e vir 1ste persoon meervoud. Die mi-foneem, die verwante labiaal /w/ of die nasale /m/, /n/ en /ŋ/ kom in die 1ste persoon by almal voor: Proto-Kx’a *mV, Ju /mi/, Proto-Tuu *n of *ŋ, !Xóõ /n/, /ŋ/, Hadza /ona/. Dit stem ooreen met Proto-Kx’a *m vir 1st e persoon inklusief en *e vir eksklusief. Dus moes die dualis/meervoud-opposisie op ‘n stadium as inklusief/eksklusief hervertolk gewees het, of andersom. Waarskynlik is *-m en *-e oorspronklik vir grammatiese getal gebruik, terwyl *si- gebruik is om inklusiviteit te merk. Baie tale van die !Ui-subgroep van Tuu se /n-/ of /ŋ-/ het /m-/ as allomorf of /ma-/ wanneer die woord met ‘n labiale konsonant begin. Die oorspronklike vorm was moontlik *ŋ wat in *m verander het in Proto-Kx’a omdat *ŋ nie as aanvangsvorm
  • 4. 4 elders verskyn nie, en maklik met ‘n labiaal assimileer. In Kx’a is daar wel spore van 'n -n- of -ŋ- wat as 1ste persoonlike voornaamwoord funksioneer. Die ander stam vir ‘ek’ is *ti wat as /te, ta, ti, ts, tsi, mtsa, tʃ/ wat ‘n wye verspreiding het, bv die 1ste persoon /ta-/element soos in Nama /mũta/ “ek sien” en Hadza /fwata/ “ek drink”. Sandawe 1ste persoon /tsi/, Nama /ti/, !Ora ti-re, Nato /tija/, Sandawe /ci/. Proto-Khoe se *t- mag op dieselfde wyse met Sandawe *c [ts] korelleer. Dié *t-/*c- vorm is eksklusief aan Khoisan, terwyl *m, *n en *ŋ natuurlik uiters algemeen in ander taalfamilies reg rondom die wêreld gebruik word vir ‘ek’. Die tweede persoon enkelvoud verskyn as /a/, /ha/, /e/ of /i/ regdeur die vyf paradigmas, en die derde persoon enkelvoud /hV/ of /sV/ verskyn in die vorme /ha, he, hi, xa, sa/ of /hewe/ by al vyf. Die Sandawe-suffiks /-we/ = Nama /-b/ en stem ooreen met Nharon /xaba/ en /xasa/. Die Hadza enkelvoud manlik /-wa/ = Sandawe /-we/ en Nama /-b/ soos hierbo, en Hadza 3de persoon onafhanklike voornaamwoord is dieselfde /-ha/ as in Sandawe, en die onafhanklike /ha/ van Tuu en Kx’a en Nharon /-xa/. Hadza /hawa/ = Sandawe /ha-we/ = 3de persoon besittingsuffiks = /-ma/ en Nharon /xaba/. Sandawe /-si/ vir vroulik meervoud selfstandige naamwoord = Naron vroulik meervoud snw /-si/, Nama /-ti/, Kx’a-tale /si/ en /Auni van die Tuu-tale /-si/, laasgenoemde sonder geslagskonnotasie. Sandawe manlik meervoud snw /-ko/ = Nama manlik mv snw /-ku/ en !Xam mv snw /-gu/. Hadza, wat ‘n m/b-wisseling toon, se derdepersoon besittingsuffiks is /-ma/; die manlik meervoud snw is /-bi/, die vroulik meervoud snw is /-be/ en die werkwoordsuffikse is /-mi/ en /-me/, ‘n patroon wat met Nharon ooreenstem. Sandawe se resiprokale /-ki/ in die werkwoord = Nama /-ku/. Sandawe vorm bywoorde en byvoeglike naamwoorde met ‘n /-se/ sufiks = Auen (Kx’a) /-si/ en Nama /-se/.
  • 5. 5 Hadza 3de persoon vroulik besitting is /-sa/ wat met Sandawe /-sa/ en Nharon vroulik snw-suffiks /-sa/ korelleer. Hadza se persoonlike vnw vroulik meervoud is /- ti/ = Nama persoonlike vnw vroulik meervoud /-ti/ en Sandawe /-tsi/. Meervoud en werkwoorde Meervoudvorming geskied op dieselfde manier in Khoe, Kx’a en Tuu: suffikse vir reëlmatige en onreëlmatige meervoude, en spesiale reekse vir verwanskapsterme en vir verkleinwoorde. ‘n Neutrale meervoud is waar die woord nie verander nie, dus dien die een vorm as beide enkel- en meervoud, bv in !Xóõ /soo/ ‘medisyne’ en /xhuye/ ‘heuningby’. Korellasie verskyn ook by tydsaanduiding in die werkwoord. Die verlede tyd in Ju/’hoansi word deur /go/ aangedui wat met Naro (Khoe) /ko/ en !Xóõ (Tuu) /ko/ korelleer. Toekomstige tyd word deur /ka/ aangedui in beide Kx’a en Khoe.
  • 6. 6 Klieks, klinkers en begeleiding Vyf kliektipes bestaan: Dentaal/ǀ/, lateraal/ǁ/, labiaal /ʘ/, alveolêr /ǃ/, palataal /ǂ/. Kx’a en Khoi het vier basiese klieks, /ǀ ǁ ǃ ǂ/ Hadza en Sandawe gebruik drie /ǀ ǁ ǃ/. Dis net in Tuu waar vyf klieks voorkom – die bilabiale kliek /‫ּס‬/ in !Xóõ /‫ּס‬ôõ/ ‘droom’. By Khoe, Kx’a en Tuu kom die kliek net in die aanvangsposisie voor, gevolg deur ‘n klinker en een van die volgende konsonante: /b/, /m/, /n/, /r/, of /l/. By Hadza en Sandawe kan klieks ook in die middel van woorde verskyn (soos in die Ntutale). In al die tale gaan klieks gepaard met glottale, aspirasie-, stemdraende, nasale en ander begeleidings wat die foneem-inventaris uiters kompleks maak. Dié reeks begeleidings word ook “vrystellings” of “sekondêre artikulerings” genoem, en word voor en saam met, of net na die kliek uitgespreek. Elkeen verleen sy eie timbre aan die uitspraak. !Xóõ het meer kliekkombinasies as Kx’a (Ju/’hoansi) en die Khoetale. Hadza gebruik drie en Sandawe vyf begeleidings. Dis hier waar die verwarring intree wanneer ‘n foneemgetal aan byvoorbeeld !Xóõ toegeskryf word, want sommige linguïste beskou elke variant as ‘n afsonderlike foneem, terwyl ander die plek van artikulasie as primêr beskou, en dus die kliek en al sy begeleidings as een foneem tel. Die Ntutale met klieks het gemiddeld 25 meer konsonante as dié daarsonder. En Ntutale met meer klieks het meer konsonante as dié met minder klieks. Die vraag ontstaan dus of klieks die enigste konsonante was wat die Ntutale by Khoisan geleen het. Is die rede vir die groter inventaris dalk dat hulle ook nie-kliek- konsonante by Khoisan geleen het? Dis ook merkwaardig dat die Ntutale geen genasaleerde vokale of diftongs by Khoisan geleen het nie, maar alleenlik klieks. En dat die klieks nie tot die leenwoorde beperk gebly het nie, maar aktief in die Ntu-woordeskat ontwikkel. Al die Khoisangroepe het dieselfde vyf-vokaal-stelsel wat op uiteenlopende wyses artikuleer kan word, byvoorbeeld met faringeale, glottale, nasale, ruiserige
  • 7. 7 begeleiding. Hier ook kom die vraag na vore of elke variant as ‘n foneem getel kan word. (!Xóõ neem onder meer nasale, faringeale, glottale en ruiserige timbres - Volgens die een metode hierbo, sou dit dan 44 fonemiese klinkers aan !Xóõ toeskryf). Ju/’hoansi (Kx’a) het lang vokale en diftonge; Sandawe het kort orale /a/, lang orale /aː/ en lang nasale /ãː/-vokale; Hadza kry lang vokale waar intervokaliese [ɦ] uitgelaat word, bv [kʰaɦa] of [kʰaː] 'kl(om te)' en as uitsondering elders, bv [boːko] 'sy' vs [boko] 'siek wees'. Khoe en Tuu gebruik slegs kort vokale. Benewens die vyf-vokaal-stelsel, die klieks /|, ǁ, !/, die begeleidings vir klieks en vokale, en grammatiese geslag, is daar kognate in die kernwoordeskat soos “persoon”: Hadza /akwiti/ “vrou”, /akwiako/ “dogter”, /akwibi/ “die jeug”, Nama /khoi/ en !Xam /kwi/ en vir “broer”: Hadza /tsia/, Auen /tsĩ/, !Kung /siŋ/, en “huis”: Hadza /ǁneam/, !Xam/ǁneiŋ. ‘Naam’ in Proto-Kx’a = *|à(u)ŋ , !Xóõ = /ou ŋ /, |Xam /e ŋ /, N|u /e ŋ /, Sandawe /ǁwa/, Hadza /Ɂakana/, Proto-Khoe */kxon/, en ‘Neus’ in Proto- Kx’a *cɁú ŋ , !Xóõ /núh /, Sandawe /nathi/, Hadza /inthawe/. Genetika Genetiese studies dui op ‘n nouer onderlinge verwantskap tussen die Hadzabe, Pigmeë en San, as tussen die Sandawe en Hadzabe. Tog bestaan daar ‘n oer-oue genetiese verbintenis tussen al vyf die Khoisangroepe, wat suggereer dat hulle wortels na ‘n enkele bevolking in die diep verlede terugstrek. In genetiese verband kan mens ook wyer en ouer verwantskappe in ag neem. Op Madagaskar is daar ‘n tradisie van, en spore van, voorgangers met ‘n kort statuur; jagter-versamelaars wat as die eerste mense beskou word. Die BaTwa (pigmeë) van die Groot-Mere-streek word as die vroegste bewoners van Afrika beskou, saam met die San van suidelike Afrika. Egiptiese rekords uit die Ou Koninkryk verwys na die ‘dansers van die gode’ wat in die ‘Land van die Geeste’ woon. Homerus (Illiad boek III) en Aristoteles (History of Animals) maak ook melding van hulle.
  • 8. 8 Onder die Malagasy is daar klein en verspreide groepies jagter-versamelaars wat as Vazimba of Mikea of Beosi bekend staan. Hulle praat Malagasy, maar in die geval van laasgenoemde bestaan daar ‘n substraat-leksikon wat onder meer Ntu-woorde insluit wat nie in standaard-Malagasy voorkom nie. Die moontlikheid bestaan dus dat die Beosi ‘n oorblyfsel is van ‘n eiland-bevolking wat daar was voordat die Austronesiese migrasie plaasgevind het. Die BaTwa woon in ‘n breë strook van hoofsaaklik reënwoud, wat van Kameroen, Kongo Brazzaville en Gabon deur Kongo Kinshasa tot in Rwanda en verder suid strek. In die weste woon die Mbenga, Bayaka (Aka en Baka), Bakoya en Bongo, wat Niger-Kongo-tale praat (Kameroen, Gabon, Kongo- Brazzaville, Sentraal-Afrikaanse Republiek); die Mbuti woon in Kongo-Kinshasa in die Ituri-woud, en praat Ntu- en Sentraal-Soedaniese tale; rondom die Groot Mere en verder suid woon groepe wat almal Ntutale praat. Onder die Aka en Baka is daar substrate geïdentifiseer wat tot 30% van die leksikon uitmaak, en wat hoofsaaklik botanies is of op die oes van heuning betrekking het. Genetiese studies impliseer ‘n oer-oue oorsprong van tot 100,000 jaar gelede. Volgens die data van Lachance et al. (2012) het Khoisan-sprekende bevolkings eerste ontstaan, gevolg deur Pigmeë. Volgens Tishkoff et al. het ‘n Proto-Khoisan jagter-versamelaargroep sowat 30,000 jaar gelede in Oos-Afrika ontstaan. Studies plaas ook die oorsprong van die Khoisan in die Horing van Afrika. Verlangse familie Aan die ander kant van die Indiese Oseaan woon daar ver-af verwante etniese groepe van die San en die Twa wat as Negrito bekend staan. Die Negrito kom op die vasteland van Suidoos-Asië, op die Oseaniese eilande, en op eilande in die Baai van Bengale voor. Daar word beraam dat hulle tussen 60,000 en 30,000 jaar gelede die vasteland van Afrika moes verlaat het. “Orang Asli” (“eerste mense”) is die Maleisiese term vir Negrito’s. Hulle sluit in die inheemse mense van die Andaman Eilande, die Semang van die Maleisiese
  • 9. 9 Skiereiland, Maniq van Thailand, en verskeie groepe in die Filippyne, soos die Aeta. Taalkundig vorm die Andamans ‘n eenheid met Nieu-Guinee en die eilande van Melanesië. Hierdie eerste inwoners van Suidoos-Asië word vanaf sowat 5,000 jaar gelede deur inkomende Austronesiese groepe verplaas. Soos die Pigmeë, praat die meeste groepe Negrito’s die Austro-Asiatiese of Austronesiese tale van hulle bure. Die oorspronklike Andamanese wat in afsondering op Sentinel-eiland woon, vorm egter deel van die Indo-Pasifiese taalfamilie wat op Nieu-Guinea, die eiland Timor en sy bure, in Melanesië en voorheen op Tasmanië gepraat is.
  • 10. 10 Makro-Khoisan is een familie Terug by Makro-Khoisan - Die bovermelde morfologiese korellasie – veral die persoonlike voornaamwoorde – is onweerlegbare bewys van oorerwing, d.i. afkoms uit ‘n proto-taal. Statisties kan sulke ooreenkomste nie toeval wees nie, en nog minder kan dit leenvorme wees. ‘n Moontlike scenario is dat die Hadzabe heel eerste die Oer-Khoisan-groep verlaat het. Daarna het Proto-Khoisan verdeel toe die Proto-Khoi-sprekers na die suide beweeg het. In dié migrasieproses kon die klein groepies jagter-versamelaars oor lang afstande afgesonder geraak het van die skaapherders. Dis ook moontlik dat die jagter-versamelaars, met inbegrip van Hadza, eerste van die veeherders geskei is; een groep het suid beweeg (Kx’a en Tuu), terwyl die voorouers van Hadza-sprekers in Oos-Afrika gebly het. Daarna sou die Khoe- voorouers van Sandawe geskei het. Die jagter-versamelaars sou in kontak met sprekers van Ntu-tale gekom het, vanwaar waarskynlik die naamwoordklas-stelsel. Later sou ‘n breë verdeling plaasvind, met die voorouers van die Kx’a wat in ‘n westelike rigting beweeg terwyl die ander groep oor die land versprei, van die Drakensberge tot in die Kaap. Intussen het die herders, in ‘n konstante soeke na weiding vir hulle vee, ook die Kaap bereik. Regdeur die land moes daar voortdurende kontak oor millennia plaasgevind het, met wedersydse beïnvloeding en gevalle van taalverskuiwing.
  • 11. 11 Bibliografie Daneyko, Thora 2019 & Bentz, Christian 2019. Click languages tend to have large consonant inventories: Implications for language evolution and change In: Modern Human Origins and Dispersal. Kerns Verlag, Tübingen. Eaton, Helen. 2010. Sandawe Grammar. SIL International. Gabanamotse-Mogara, Budzani. 2011. A Comparative Study of the Verb Structure in Northern, Central and Southern Khoesan: The Case of Ju/’Hoansi, Naro And !Xóõ. University Of South Africa Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections). Bloomington: Indiana University. Güldemann, Tom. 2019. African language classification beyond Greenberg In: "Areal linguistics in Africa before a new approach to its genealogical language classification". Humboldt University Berlin and Max Planck Institute for the Science of Human History Jena. Güldemann, Tom. 2014. “Khoisan” linguistic classification today. In book: Beyond ‘Khoisan’: historical relations in the Kalahari Basin (pp.1-41) Chapter: “Khoisan” linguistic classification today. Publisher: Amsterdam: John Benjamins. Editors: Tom Güldemann, Anne-Maria Fehn. Güldemann, Tom. 2005. Tuu as a language family in Africa. Papers on Africa. Institut für Afrikanistik.DOI: 10.1016/B0-08-044854-2/00176-0 Heine, Bernd & Derek Nurse (eds.), A linguistic geography of Africa (Cambridge Approaches to Language Contact). Cambridge: Cambridge University Press, 2008. Pp. xviii+371. Heine, Bernd, 2009. The Kx’a Family: A New Khoisan Genealogy. Henry Honken. Jour of Asian and Afr Studies, No 79, 2010. Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis. Menán van Heerden, Menán du Plessis. 2018-02-15. www.litnet.co.za/indigenous-khoisan-languages-interview-menan-du-plessis/ Khan, Razib. 2011. The Sandawe: after the demographic flood. Gene Expression. Discover Magazine. https://www.discovermagazine.com/health/the-sandawe-after-the-demographic-flood Kerry Jones (2019) Contemporary Khoesan Languages of South Africa, Critical Arts, 33:4-5, 55-73, DOI: 10.1080/02560046.2019.1688849 The Khoisan languages. https://sites.google.com/site/thekhoisanlanguages/home Lachance et al. (2012) Evolution of the Pygmy Phenotype: Evidence of Positive Selection from Genome- wide Scans in African, Asian, and Melanesian Pygmies. December 2013Human Biology 85(1- 3):251-84. DOI:10.3378/027.085.0313 Maddieson, lan, Peter Ladefoged and Bonny Sands. Clicks in East African Languages
  • 12. 12 Miller, Amanda L. The Sounds of Nǀuu: Place and Airstream Contrasts by Amanda L. Miller, Johanna Brugman, Bonny Sands, Levi Namaseb, Mats Exter and Chris Collins. Working Papers of the Cornell Phonetics Laboratory 2007, v.16, pp. 101-160 Miller, Amanda (2011). "The Representation of Clicks". In van Oostendorp, M.; Ewen, C.; Hume, E.; Rice, K. (eds.). The Blackwell Companion to Phonology. New York: Wiley-Blackwell Miller, Kirk (2008). Hadza Grammar Notes. https://www.academia.edu/36533859/Hadza_grammar_notes N|uu: South Africa’s oldest San language, with only 2 people on Earth who speak this ancient SA language. Culture History, June 8, 2020. https://hadithi.africa/2020/06/08/ Pickrell, J., Patterson, N., Barbieri, C. et al. The genetic prehistory of southern Africa. Nat Commun 3, 1143 (2012). https://doi.org/10.1038/ncomms2140 Reid, Lawrence A. (2013) Who Are the Philippine Negritos? Evidence from Language, Human Biology: Vol. 85: Iss. 1, Article 15. Available at: http://digitalcommons.wayne.edu/humbiol/vol85/iss1/15 Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: Studies in linguistic taxonomy. Stanford Universaity Press. Sands, Bonny. 1995. Evaluating claims of disant language relationships: The case of Khoisan. Univ California, Los Angeles Shriner, Daniel. 2018. Genetic Ancestry of Hadza and Sandawe Peoples Reveals Ancient Population Structure in Africa. Daniel Shriner, Fasil Tekola-Ayele, Adebowale Adeyemo, Charles N Rotimi Author Genome Biology and Evolution, Volume 10, Issue 3, March 2018, Pages 875–882, https://doi.org/10.1093/gbe/evy051 Uys, Pieter. Makro-Khoisan Uys, Pieter. Taal is ‘n lied uit die wieg van die mensdom Uys, Pieter. Taal is ‘n lied uit die wieg van die mensdom II Uys, Pieter. Swaargewigtaal Nuu Verdu, Paul. African Pygmies. Current Biology 26, R1–R21, January 11, 2016. Khoisan as taalfamilie ©Pieter Uys Orchards, 2021.