The Mother of all Eurasian languages, her children Afro-Asiatic, Eurasiatic, Nostratic, Amerind and more, the Borean concept root and semantic tendencies from root to reflex.
3. 3
Bories, Boreaals of Boreaans (Borean of Boreal in Engels) is 'n hipotetiese mega-
taalfamilie wat al die makro- taalfamilies van Europa, Asië en die Amerikas insluit.
Die term is op Grieks βορέας gegrond wat "noordelik” beteken, weens die feit dat
alle tale van die noordelike halfrond daartoe behoort. Die Proto-Boriese taal
dateer dus uit die Paleolitikum (Ou Steentydperk 50,000 tot 12,000 jaar gelede).
Die term is aan die linguïs Harold C. Fleming (1987) te danke.
Twee modelle bestaan vir Bories, dié van Harold C. Fleming en dié van Sergei Starostin. Fleming noem
Boralies ‘n “filetiese ketting” eerder as ‘n superpfilum, en assosieer dit met die begin van die
Paleolitikum in Europa en die Midde-Ooste sowat 50,000 jaar gelede. Bories omvat dus die
Eurasiatiese, Drawidiese, Kartveliese, en Dené-sino-Kaukasiese makro- taalfamilies, met Afro-Asiaties
as sentrale en Amerindies as oostelike anker.
Volgens Fleming vorm die makrofamilies Australies, Indo-Pasifies, Khoisan, Niger-Kongo en Nilo-
Saharies nie deel van Bories nie. Hiervolgens is die enigste gebiede waar Boraliese tale nie gepraat is
voor die Europese ekspansie nie, dele van Afrika, die Andaman Eilande, Nieu-Guinee, sekere eilande
van Melanesië en Indonesiё, Australië en Tasmanië. Fleming fouteer oor Niger-Saharies (Niger-Kongo
en Nilo-Saharies), waar ooreenkomste wel waargeneem word.
4. 4
Sergei Starostin se Bories bestaan uit twee kerngroepe:
I Nostraties met sy Afro-Asiatiese, Eurasiatiese, Drawidiese en Kartveelse takke.
II Dené-Daïes wat die Dené-sino-Kaukasiese en die Austriese makrofamilies insluit.
Volgens Murray Gell-Mann, Ilia Peiros en Georgiy Starostin kan Khoisan nie by Boralies gevoeg word
nie, terwyl die verbintenis met Indo-Pasifies, Niger-Kongo en Nilo-Saharies verder ondersoek moet
word. Hulle skat die era van Proto-Boralies op 25,000 – 17,000 jaar gelede.
Die oorgang van Bories na die proto-tale Afro-Asiaties, Austries, Dene-Sino-Kaukasies, Nostraties,
Eurasiaties, Kartveels en Drawidies bring vrae oor huidige begrippe in die linguïstiek na vore. Die wyse
waarop Boriese konsepstamme in die prototale etimologiseer, is besonder interessant, en van belang
vir dissiplines soos sielkunde.
5. 5
Die omvang van die beskikbare semantiese velde wat die semantiese terrein van linguïstiese
kommunikasie dek, word toegelig deur die materiaal beskikbaar by die Tower of Babel-projek,
‘n Internasionale Etimologiese Databasisprojek van die Russiese Staatsuniversiteit van die
Menswetenskappe (Sentrum van Vergelykende Linguïstiek), Moskou Joodse Universiteit, Die
Russiese Akademie vir Wetenskappe (Dept. van Geskiedenis en Filologie), Die Stadsuniversiteit
van Hong Kong en Leiden Universiteit.
The Global Lexicostatistical Database (GLD) is ‘n projek van die internasionale program “Tower
of Babel / Evolution of Human Language”. Sy doelstelling is om die mees volledige reeks
basiese woordelyste van alle tale te versamel en aan navorsers beskikbaar te stel.
6. 6
Boriese Konsepstamme
Let wel, in die Boriese konsepstamme staan V vir enige klinker/vokaal,
T staan vir enige dentaal [d t ð Ԃ θ ϑ τ ț ţ ŧ þ đ],
C staan vir enige affrikaat [t͡s d͡z t͡ɬ d͡ɮ t͡ʃ d͡ʒ t͡ɕ d͡ʑ ʈ͡ʂ ɖ͡ʐ ],
H staan vir enige van [h ɦ ĥ ḥ ħ ђ],
K staan vir enige van [k g ķ ],
P staan vir [p b v f Ф], ensovoorts.
Die Boriese stam verteenwoordig ‘n konsepkontinuum en voorsien ‘n semantiese raamwerk. Om die
verspreiding van Boriese konsepstamme in die prototale en die reflekse daarvaan in natuurlike tale te volg,
gebruik die navorser die Swadesh-lys.
‘n Swadeshlys is ‘n lys van kernwoorde vir basiese konsepte vir die doeleindes van histories-komparatiewe
analise. Die Swadeshlys stel navorsers in staat om die onderlinge bande tussen tale te kwantifiseer. Die lys,
wat na die taalkundige Morris Swadesh vernoem is, verteenwoordig die kernwoordeskat, die mees stabiele
woorde in ‘n taal wat die minste kans staan om vervang te word.
Swadesh se finale lys van 1971 bevat 100 woorde, terwyl die Swadesh 207-woordelys (aangepas uit Swadesh
1952) die meeste gebruik word. Soortgelyke lyste is deur Dolgopolsky, Lionel Bender, Winfred P. Lehmann,
Don Ringe, Sergei Starostin en B. Kessler saamgestel.
7. 7
Semantiese skuiwe
Etimon: ‘n vroeёr vorm van ‘n woord in dieselfde taal of ‘n voorouertaal, of ‘n woord waaruit
ander woorde afgelei word.
Die semantiese verbintenis tussen die etimon en sy spruite kan baie logies wees, byvoorbeeld Proto-Indo-
Europees *nas- “neus”: Ou Indies nā́sikā “neusgat”, latyn nāris “neusgat”, waar die betekenis uitbrei van HELE
(neus) na DEEL (neusgat) MENSLIKE (‘neus’) > NIE-MENSLIKLE > DIER (‘snoet’).
Die semantiese verbintenis kan vaag word, bv PIE *akʷā- “water” > Oud-Hoog-Duits aha, Duits Ache “rivier;
stroom”; VLOEIKANAAL (Latyn aquaduct “kanaal”); NEEM VLOEISTOF (Nesili ekuzi “hy/sy drink”); OMRING
DEUR WATER (Sweeds ö “eiland”; Ou Yslands ey “eiland; veld”); MITOLOGIESE HELD (Ou Yslands Ǽgir “God
van die see”).
Die Boriese stamme se betekenisvelde versprei in alle rigtings wanneer hulle reflekse in lewende tale verskyn,
byvoorbeeld WVTV met die konseptuele betekenis van spraak kan betekenisse dra soos /resiteer/, /sing/,
/lees/, /skel/, /roep/ en /vertel/.
Eurasiaties *watV /praat/ word in Oeralies *wa[t]V /woord/ en in Indo-Europees *wod- met die betekenisse
/praat/, /sing/ en /skel/, en in Neshili uttar /woord/. Dit klink nogal soos Afrikaans /uiter/.
Proto-Afro-Asiaties *wat- beteken /roep/ en /praat/ en meer.
8. 8
CVWV (2) met die konseptuele betekenis van sê en klank kan betekenisse dra soos /bevestig/, /duidelik
word/, /prys/, en /belowe/.
Eurasiaties *čVwV, Afro-Asiaties *cVway/H-, en Eurasiaties *čVwV, Altaïes *č`ā́buen Kartveels *caw-.
Indo-Europees *stew- en *(s)teubh- beteken /aanprys/ en /bevestig/. Reflekse sluit in Neshili isduwa
/helder word/, Ou Indies stáuti en stávate /aanprys/ en Avestan staoiti /aanprys/. Proto-Afro-Asiaties
*cVway/H /praat/ en /skreeu/ word in Egipties swhy /gil/, en *s/cay- in Wes-Tsjadies vir /sê/ en /spraak/.
Van Boriese konsepstam tot refleks
HVPV mond, praat mond, praat, plaas in mond, gaap, oopmaak
PVTV noem, roep sê, noem, praat, vertel, vloek
KVRV roep roep, blaas, ruik, inasem, vra
MVLV sê, bid sê, vra, bedel, belowe, aandui
TVPV vra, roep vra, roep, praat, antwoord, hoor
9. 9
Skyn en Skadu
‘n Analise van 14 Boriese konsepstamme wat “skyn” beteken, lewer ses kenmerke op in die
makrofamilies:
• skynende voorwerp
• lig/helder
• wit/bleek
• dag, oggend, daglig
• sien, verskyn
• vrolik, aangenaam, gaaf
Byvoorbeeld *HVLV “lig; skyn” word in die Nostratiese tale voortgesit: Eurasiaties *HVLV “lig; skyn” > Altaïes,
ilān “maan”, Afroasiaties > Semities, Arabies hilāl- “nuwemaan”; sowel as in Amerindies (*ali “son”), Niger-
Kongo (Proto-Ntu *-yédì “maan”).
Die semantiese reflekse volg die roete: skyn > ligbron; en ontwikkel betekenisse soos “maan”, “son”, “ster”,
“konstellasie”. ‘n Tweede rigting is: “weerlig”, “vuur”, “vlam.” Bories *CVLV “skyn” word Austries *qusila
“weerlig”; PIE *leuk- “skyn” > Proto-Germaans *leuh-/lauh- “lig”, Goties lauhmuni “weerlig”.
Die semantiese skuiwe kan teenoorgestelde konsepte voortbring: Die Boriese konsepstam CVJV “skyn” >
Eurasiatiese *c`ajV “skyn”> PIE *skāi-/skǝi-/skī- /glinster, glimmer, glans/ kan in enige rigting beweeg,
byvoorbeeld Afrikaans /skyn/, /skim/, /skemer/ of Engels /glitter/ vs /gloom/ en /glum/. (Die teenwoordigheid
van lig of die afwesigheid van lig).
10. 10
Aardbewoner
Baie Indo-Europese tale het ‘n woord vir “mens” wat op “aarde, grond, klei” berus:
o Kelties *gdonyo- (Iers duine ‘persoon,’ Wallies dyn ‘man’) < *dʰɡ́ʰom-yo-
o Germaans *guman- ‘man’ (Engels [bride]groom]) ; < *dʰɡ́ʰm̥ -mon-
o Latyn homō, hominis ‘persoon’ < *dʰɡ́ʰm-on- (ook hūmānus)
Die onderliggende stam met sy oorspronklike betekenis kom ook gereeld voor:
o Kelties *gdon- (Ou Iers dú, don ‘plek’) < *dʰɡ́ʰom-
o Latyn humus ‘grond’ < *dʰɡ́ʰom-o-, humilis ‘naby die grond’ < *dʰɡ́ʰem-el-i-
Dieselfde afleiding van “mens” uit “aarde” bestaan in die Semitiese tale, byvoorbeeld
Hebreeus: ם ָד ָא ɔādām ‘man, Adam‘ van ה ָמ ֲָדא ɔădāmâ ‘grond.’ (Die onderliggende stam
ɔ–d–m beteken ‘rooi’).
Dis nie die enigste stam in hierdie verband nie. Grieks anthropos ἄνθρωπος “mens” dui op
“aarde, grond, onder, bodem” uit die Boriese konsepstam TVHV aarde met die Proto-Austro-
Asiatiese vorm *tɛj aarde.
In die Niger-Kongo-familie vind mens die bekende stam *-ntu vir mens in Proto-Ntu, en *taw in
Proto-Austronesies, wat met Proto-Indo-Europees *ndho ooreenstem, wat onder, onderkant
beteken.
Proto-Afro-Asiaties het *tVʔ vir ‘n tipe grond, en dieselfde prototaal het *duḥ vir laag, terwyl
Egipties t3 aarde beteken en dḥ na laag verwys.
In Khoesan is “Tuu” die naam van die suidelike taalfamilie en die woorde tā en tū beteken
persoon in verwante Tuu-tale. In die noordelike Kx’a-familie is dit *žu persoon.
Proto-Dené-Sino-Kaukasies *dVHV, Proto-Sino-Tibetaans *diə:lH bodem en Chinees tə:jʔ basis
of wortel.
11. 11
Slotsom
Die grootste mate van ooreenkoms in semantiese kenmerke word op die vlak van die makro-taalfamilie
gevind. By kleiner groeperinge vind differensiasie plaas weens geografiese, kulturele en historiese faktore.
Die Boriese konsepstamme is hoogs verwysend en dus doeltreffend om basiese konsepte oor te dra. In hulle
ontwikkeling word die protokonsepte uitgebrei deur middel van onder meer metonimie en metafoor, wat
verskuilde betekenisse aan die lig bring.
Klanksimboliek speel ‘n rol; verskillende semantiese kenmerke word deur spesifieke fonetiese vorme
uitgedruk, byvoorbeeld die idee van dowwe of donker kleure neem ‘n stemdraende konsonant soos /b/ terwyl
skerp of helder kleure die skerper, stemlose /p/ verkies.
Van Bories na die prototale is die semantiese skuiwe eenvormig, maar die spesifisiteit daarvan neem toe van
die makrofamilie na die familie, en van die familie na die taalgroep. Die afstand van die kern of oorsprong af
beïnvloed dus die aard van semantiese skuiwe – hoe verder van die bron, hoe meer uiteenlopend.
12. 12
Bibliografie
Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in
Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins.
Binsbergen, Wim van. 2009. Exploring the long range pre and proto-history of Element Cosmologies. In: Quest:
An African Journal of Philosophy. Vol. XXIII-XXIV, No. 1-2, 2009-2010.
Blench, Roger. New developments in the classification of Bantu languages and their historical implications.
https://horizon.documentation.ird.fr/exl-doc/pleins_textes/pleins_textes_6/colloques2/38088.pdf
Fleming, H C (2002). Afrasian and Its Closest Relatives: the Borean Hypothesis. Global Perspectives on Human
Language http://greenberg-conference.stanford.edu/Fleming_Abstract.htm
Fleming, Harold C, Stephen L. Zegura, James B. Harrod, John D. Bengtson, Shomarka O.Y. Keita. The Early
Dispersions of Homo sapiens sapiens and proto-Human from Africa, in: Journal of the Association for
the Study of Language in Prehistory • Issue XVIII • 2013.
Fleming, H C. 1991. A New Taxonomic Hypothesis: Borean or Boralean', Mother Tongue 14 (1991).
Gell-Man, Murray. Testing the "Borean" Hypothesis, by Ilia Peiros, Santa Fe Institute, George Starostin, Russian
State University for the Humanities.
Gell-Mann, Murray et al. (2009) Distant Language Relationship: The Current Perspective, Journal of Language
Relationship·Вопросы языкового родства
The Global Lexicostatistical Database. https://starling.rinet.ru/new100/GLD.htm
Haase, Fee-Alexandra. 2019. “Chaining". Studies of the conceptualization of genuine concepts of
linguistic communication in the roots of the proto-language-thesaurus and reflexes across
language families. Dialectologia 2019 no. 3.
Haase, Fee-Alexandra. 2014. Protolanguages vs. Linguistic Networks across language branches’. A basic
inventory for relations of concepts in prehistoric states of linguistic communication. In: Speech and
Context I (VI) 2014.
Haase, Fee-Alexandra. 2021. Where does speech come from?' a historical linguistic answer.
The Free Library. 2011 Estonian Academy Publishers 11 Jul. 2021.
14. 14
Aanhangsel
Afrikaanse 100-woord Swadeshlys
1 ek
2 jy (informal), u
3 hy
4 ons
5 julle (informal), u
6 hulle
7 dié, hierdie
8 dat, daardie
9 hier
10 daar
11 wie (interrogative)
12 wat (interrogative)
13 waar (interrogative)
14 wanneer
15 hoe (interrogative)
16 nie
17 alle
18 baie, vele
19 party, sekere,
20 min
21 ander
22 een
23 twee
24 drie
25 vier
26 vyf
27 groot
28 lank, lang
29 wyd
30 dik
31 swaar
32 klein
33 kort
34 nou, smal
35 dun
36 vrou
37 man
38 mens
39 kind
40 vrou, gade, eggenoot
41 man, gade, eggenoot
42 moeder
43 vader
44 dier
45 vis
46 voël
47 hond
48 luis
15. 15
49 slang
50 wurm
51 boom
52 woud, bos
53 stok
54 vrug
55 saad
56 blaar
57 wortel
58 bas
59 blom
60 gras
61 tou, koord
62 vel
63 vleis
64 bloed
65 been
66 vet
67 eier
68 horing
69 stert
70 veer
71 haar
72 kop
73 oor
74 oog
75 neus
76 mond
77 tand
78 tong
79 nael, vingernael
80 voet
81 been
82 knie
83 hand
84 vlerk
85 maag
86 ingewande
87 nek
88 rug
89 bors
90 hart
91 lewer
92 drink
93 eet
94 byt
95 suig
96 spoeg
97 kots, opgooi, braak
98 waai, blaas
99 asemhaal
100 lag