SlideShare a Scribd company logo
1 of 11
Download to read offline
1
E
E
Eu
u
ur
r
ra
a
as
s
si
i
ia
a
at
t
ti
i
ie
e
es
s
s e
e
en
n
n N
N
No
o
os
s
st
t
tr
r
ra
a
at
t
ti
i
ie
e
es
s
s
Eurasiaties en Nostraties
Nostraties is ’n taalfamilie wat nog nie deeglik omskryf is nie en waaroor daar
nog heelwat meningsverskille bestaan. Historiese linguïste verskil oor die lede van
dié genetiese groepering maar op sy mees inklusiewe omvat Nostraties die Afro-
Asiatiese familie (waaronder die Semitiese tale sowel as Egipties/Kopties,
Hausa en Somali), Dravidies (waaronder Tamil en Telugu), Eurasiaties (Altaïes,
Eskimo-Aleoet, Indo-Europees en ander) en Kartveels (Georgies). Die stamtaal
word Proto-Nostraties genoem.
2
Deesdae neem steun toe vir die idee dat Nostraties vroeg reeds in suidelike,
oostelike en noordelike groepe verdeel het: Afro-Asiaties en Kartveels in die
suide, Dravidies in die ooste en ‘n noordelike groep wat tot ‘n groot mate met
bovermelde Eurasiaties ooreenstem. Volgens professor Joseph Greenberg het
daar ‘n vroeë skeiding tussen die Eurasiatiese (noordelike) groep en die Afro-
Asiatiese en Kartveelse groepe plaasgevind.
Dis opvallend dat Proto-Indo-Europees die vroegste kernwoordeskat sowel as
morfologie met Eurasiatiese sustertale in gemeen het, maar nie veel kulturele
terme nie. PIE deel egter ‘n betekenisvolle aantal terme vir landbou, veeteelt
en kulturele terme met Semities, die noordelikste lid van Afro-Asiaties.
Die tydperk waarin Proto-Nostraties gepraat is, word geskat op 14 000 – 7000
VHE (16 000 – 9000 jaar gelede), wat nuwe betekenis verkry het sedert die
ontdekking van Göbekli Tepe, die “vesting van die jagter-versamelaars” en
verwante terreine in Turkye.
3
So lyk die Eurasiatiese (Noord-Nostratiese) Familie* vandag:
*Die Dravidiese (oostelike) groep word op die kaart by Eurasiaties getel.
Altaïes (Mongolies, Turkies, Tungus)
Chukoties (5 tale van noordoos Siberië en die Kamchatka Skiereiland)
Eskimo-Aleoet (van Alaska tot Groenland)
Gilyak (Nivkh-mense in die verre ooste van Siberië en op Sakhalin Eiland)
Indo-Europees (onder meer die Baltiese, Germaanse, Iraanse, Keltiese,
Romaanse, Slawiese families)
Japans-Koreaans-Ainu (Ainu, Japans, Koreaans)
So lyk die die ouer Nostratiese Familie op sy breedste:
Afro-Asiaties (Berber, Chadies, Egipties, Kusieties, Omoties, Semities)
Dravidies (Indië)
Elamities (uitgestorwe, Iran)
Etruskies (uitgestorwe, Italië)
Eurasiaties (soos bo)
Kartveels (Georgië)
Sumeries (uitgestorwe, Irak)
4
Genetiese verwantskappe tussen tale word op grond van reëlmatige
ooreenkomste in klank en betekenis bepaal. ‘n Handige hulpmiddel is die feit
dat daar in alle tale ‘n hiërargie van stabiele terme bestaan, woorde wat
sterker teenstand teen verandering bied, hetsy vervanging uit eie geledere of
verdringing deur leenwoorde.
Onder die stabiele terme tel voornaamwoorde, telwoorde, woorde vir
liggaamsdele en natuurverskynsels soos water, grond en son. Wanneer ‘n
genetiese hipotese getoets word, word die mees argaïese elemente eerste
vergelyk. As die tale wat vergelyk word, fonetiese en semantiese
ooreenkomste in daardie woordeskat toon, kan daar voortgegaan word met
fonetiese ontleding, die identisering van ooreenkomste in grammatika en die
rekonstruksie van ‘n voortaal.
http://en.wikipedia.org/wiki/Linguistic_reconstruction
Rekonstruksie van Proto-Nostratiese terme en morfologie dui op ‘n
gemeenskap van jagter-versamelaars wat kennis gedra het van bou- en
weeftegnieke. Proto-Nostraties blyk ‘n deeglik ontwikkelde taal te gewees het
met aktiewe, passiewe, kousatiewe en refleksiewe werkwoordvorme.
Naamwoorde tref ‘n onderskeid tussen lewend vs nie-lewend en het meer as
een meervoudsvorm. Beide naam- en werkwoorde is deur agtervoegsels
verbuig. Alle woorde het met medeklinkers begin. Die fonologiese stelsel het
baie gutterale (keel)klanke bevat en minstens die volgende klinkers: [a, e, i, o,
u] en moontlik ook [ə]. Enige medeklinker kon in die eerste lettergreep
verskyn, maar net [a, i, u] in daaropvolgende lettergrepe.
5
Daar is ‘n verbintenis tussen die ouderdom van Göbekli Tepe en die bevindinge
van die historiese linguïstiek waar dit Proto-Nostraties aangaan. In sy werk
Indo-European and the Nostratic Hypothesis bespreek Allan R Bomhard die
moontlike tuisland van die sprekers van daarvan. Hy evalueer onder andere die
verskillende teorieë oor die tuislande van Proto-Indo-Europees, Afro-Asiaties,
Kartvelies, Oeralies-Joekaghir, Elamo-Dravidies, Altaïes en ander. Daarna kyk
hy na die teorieë van Aaron Dolgopolsky, John Kerns en Henrik Birnbaum oor
die struktuur en datering van Nostraties.
Hy stem saam met Kerns dat die Mesolitiese kultuur sy oorsprong in die
vrugbare sekelmaan in die Midde-Ooste net suid van die Kaukasus moes gehad
het en dateer die taal op tussen 15 000 en 12 000 VC, met ander woorde
17 000 tot 14 000 jaar gelede. Hy meen dat die taal teen 12 000 VC begin
versprei het en dat afsondelike dialekte reeds teen 10 000 VC bestaan het.
Ongeveer 15 000 jaar gelede – 13 000 VC – het die yslae begin krimp, die
klimaat warmer geword en seevlakke dramaties gestyg. Gebiede wat voorheen
onbewoonbaar was, het toeganklik geword vir menslike habitasie.
Bevolkingsgetalle het toegeneem en mense het in alle rigtings versprei.
Permanente dorpe het ontstaan en daar is geleidelik van jag en versamel na
landbou en veeteelt oorgeskakel. Die disintegrasie van die Proto-Nostratiese
moedertaal het met dié ontwikkelinge gepaard gegaan soos mense al verder
van die tuisland af beweeg het.
Nostraties was natuurlik nie die enigste taal wat in daardie gebied gepraat is
ten tye van al dié dramatiese veranderinge nie; daar was ook sprekers van
Sino-Kaukasiese tale wat deel van die “Neolitiese Revolusie” uitgemaak het
deur die verspreiding van landbou en veeteelt.
Dié tale het voor enige van Nostratiese afstammelinge oor Europa versprei en
is eers duisende jare later deur Indo-Europese en Oeraliese tale verdring sodat
nog net Baskies oorbly. Die Sino-Kaukasiese tale was die tweede groep wat die
Amerikas betree het. Eerste was Amerind en duisende jare later het die derde
groep, die Nostratiese Eskimo-Aleoet gevolg.
Bomhard se deeglike analise los ‘n tergende geheim op – die feit dat Indo-
Europees in fonologie en woordeskat met Afro-Asiaties (veral die Semitiese
tale) ooreenstem, maar met die tale van die koue noorde (Oeralies-Joekaghir
tot Eskimo-Aleoeties) in sintaks en morfologie. (Indo-Europees en die
noordelike families word terloops deur die groot linguïs Joseph Greenberg as
‘n Nostratiese subfamilie, ‘Eurasiaties’, saamgegroepeer).
6
Dis presies wat ‘n mens sou verwag indien die sprekers van Proto-Indo-
Europees tot minstens 7000 VC in Anatolië gewoon het, terwyl Afro-Asiaties
begin verbrokkel het met ‘n groot deel van sy sprekers wat suid in Afrika in
getrek het terwyl die sprekers van die Semitiese subgroep in noordelike
Mesopotamië agtergebly het. Dit verklaar die gedeelde woordeskat, bv
woorde vir landerye, gewasse, skape, beeste en bokke. Die gedeelde woorde
vir ster en sewe dui moontlik op ‘n eenvormige ideologie/religie. Intussen het
die noordelike families in ‘n radikaal anderse ongewing ontwikkel, waar
landbou eers heelwat later gekom het. Hulle gedeelde kernwoordeskat met
Indo-Europees en Afro-Asiaties dateer terug na ‘n pre-landbou-veeteelt
periode.
Die Amerindiese familie wat van Tierra del Fuego aan die suidpunt van Suid-
Amerika tot in die suide van Kanada aangetref word, toon merkwaardige
ooreenkomste met Greenberg se bovermelde Nostratiese subgroep
Eurasiaties. Dit beteken dat dit moontlik die heel eerste Nostratiese dialek was
wat in ‘n noordoostelike rigting weggebreek het of dat dit minstens uit ‘n
sustertaal van Nostraties stam.
In Sentraal-Siberië is daar in 2010/11 ‘n genetiese spoor ontdek van die
Amerindiese trek vanaf Anatolië na die Amerikas.
7
BIBLIOGRAFIE
Bomhard, Allan R. Indo-European and the Nostratic hypothesis. Charleston, S.C. : Signum,
1996. ISBN: 0965229408 9780965229401. Series: Studia Nostratica, 1.
Bomhard, Allan R. Lexical parallels between Proto-Indo-European and other languages.
Revised February, 1994. Boston, Massachusetts.
Greenberg, Joseph H. Indo-European and its closest relatives: the Eurasiatic language family.
Stanford, Calif. : Stanford University Press, 2000-2002. v. 1. Grammar -- v. 2. Lexicon.
Nostratic: Examining a linguistic macrofamily/edited by Colin Renfrew; Daniel Nettle.
Cambridge : The McDonald Institute for Archaelogical Research, cop. 1999.
Nostratic: Sifting the evidence/edited by Joe Salmons; Brian D Joseph. Amsterdam ;
Philadelphia : J. Benjamins, ©1998.
Sprung from some common source: Investigtions into the prehistory of languages / edited by
Sydney M. Lamb and E. Douglas Mitchell. Stanford, Calif. : Stanford University Press, ©1991.
ISBN: 0804718970 9780804718974.
Uys, Pieter. Nostraties: 'n brug oor die stroom van tyd. 2de verbeterde uitg. Gardenview:
Pommer Pers, 1994. ISBN: 1875042059 9781875042050.
8
INTERNETBRONNE
Stetsyuk, Valentyn. The Urheimat of the Nostratic Languages.
www.v-stetsyuk.name/en/Alterling/Nostratic.html
Uys, Pieter. Göbekli Tepe: Argeologiese Data en Historiese Linguïstiek.
www.scribd.com/doc/173902038/Gobekli-Tepe-Argeologiese-Data-en-Historiese-Linguistiek
Batuman, Elif. The Sanctuary: The world’s oldest temple and the dawn of civilization.
Illustration: Jorge Colombo
http://www.newyorker.com/reporting/2011/12/19/111219fa_fact_batuman
Dietrich, Oliver. Göbekli Tepe Radiocarbon Dates – A Short Comment
Text and data published online at: Benz, M. Comments on radiocarbon dates of Epipalaeolithic and
Early Neolithic sites of the Near East.
http://www.exoriente.org/associated_projects/ppnd_site.php?s=25.
Overview of the Gobekli Tepe archaeological site.
Photo: http://gobeklitepe.info.tr/ http://twitter.com/gobeklitepe
https://docs.google.com/file/d/0B8yAiUCdzj53U2w5aEJaZXVFcVU/edit
http://science.nationalgeographic.com/science/archaeology/photos/gobekli-tepe/
9
KAARTE
http://anthropology.net/2008/02/05/the-indo-european-language-tree/the-indo-european-
branches-of-the-language-tree/
https://aratta.wordpress.com/2014/03/28/the-navel-portasar/
www.v-stetsyuk.name/en/Alterling/Nostratic.html
10
AANHANGSEL
Opmerkings oor die Proto-Nostratiese Oertaal
Die Toring van Babel
Die oudio val erg rof op die oor, en om te dink, Nostraties het reeds van baie klanke ontslae geraak
en was eenvoudiger as die taal waaruit dit spruit (Dene-Kaukasies). Niks het verander nie; die
afstammelinge van D-K beskik steeds vandag oor enorme fonologiese stelsels behalwe Sino-
Tibetaans wat langs die pad baie klanke verloor en met stemtone vervang het.
https://rhinospike.com/audio_requests/jurcik/4489/
ʔäśo dyaʔs-did bur ki ʔar did.
Sal belʕ bur-ki barʔh gi-śin, bur fʌn Śineʔar ki ʔisti-ʔäśo.
Diom ki k law bʌr: "Diom biʕke dyak fʌn ʔin did-ʕali bor, anovu sal bad-ʔäś!"
il-bur ki sal-vin, ikvbur ki sal-hʔa.
Disdal belʕ na biʕke ki ludid-sal diomś.
Disdal bur "Sal mos ki diom mos, me-gi divatk sal".
Boʔ ki bor ilm-belh, sals-ludid isu.
Dioms disdal isu ki lukid-sal isu diom bor ki doya fʌr siśʔar sal.
ʔar stu-Babel, bliʔʕķü disdal isu diomst na sal-kum bor.
Daar's baie woorde met 2 of meer betekenisse soos bv "clan, huis, familie." Die rekonstruksies is nie
perfek nie - ek dink die woorde lyk dieselfde, soos homofone, maar dat daar spesifieke vokaal-
variëring was wat nie so maklik gerekonstrueer kan word nie, bv "bor" = wortel, woning, stam,
gebou, stad" maar was eerder verskillende woorde bv "bor/ber/bir/bar/bör/bər."
Die drie basiese klinkers i/u/a bevat vae konnotasies van i = klein voorwerpe, naby die spreker,
toekomstige tyd/u = groot, ver van die spreker, verlede tyd/a = by die spreker, teenwoordige tyd.
Nostraties dui nie geslag (hy/sy/dit) aan nie maar wel lewend/nie-lewend (s/hy vs dit). Dis ook nie
reëlmatig nie want die eienskap “lewend” word aan mobiliteit gekoppel. Aspirasie (gh
dh
th
kh
bh
ph
)
en die konsonant h word op een of ander manier aan die kategorie “lewend” gekoppel.
Daar bestaan verskillende maniere om meervoud aan te dui. Sulke grammatiese onderskeide word
deur suffikse aan die naamwoord gekoppel.
Twee vorme van die eerste persoon meervoud word onderskei: Ons (sonder jou) en Ons (waarby jy
ingesluit is). Persoonlike voornaamwoorde word selde ingespan omdat die persoon in die
werkwoord deur suffikse aangedui word.
Geen voorsetsels nie, maar suffikse word gebruik om naamwoorde in ruimte en tyd te plaas, t.w. in,
op, deur, met, oor, onder, by, deur middel van, ens.
11
Werkwoorde is besonder ingewikkeld, en word deur tye (teenswoordige, verlede, ens) gekwalifiseer
sowel as deur aspekte (moontlikheid, hoorsê, voorwaardelik, ens) en onderskeide soos
direkte/indirekte/ergatiewe spraak.
http://100layersofdirt.blogspot.com/2012/11/nostratic-languages.html
https://www.academia.edu/328790/Review_Allan_R._Bomhard_Reconstructing_Proto-Nostratic

More Related Content

What's hot

Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkPieterUys7
 
Die Tuisland van die Indo-Europeërs
Die Tuisland van die Indo-EuropeërsDie Tuisland van die Indo-Europeërs
Die Tuisland van die Indo-EuropeërsPieterUys7
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languagesPieterUys7
 
Taal in die oertyd
Taal in die oertyd Taal in die oertyd
Taal in die oertyd PieterUys7
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale PieterUys7
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies PieterUys7
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokalePieterUys7
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamiliePieterUys7
 
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansEggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansPieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasPieterUys7
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesPieterUys7
 
Gobekli Tepe: Argeologie en Linguistiek
Gobekli Tepe: Argeologie en LinguistiekGobekli Tepe: Argeologie en Linguistiek
Gobekli Tepe: Argeologie en LinguistiekPieterUys7
 

What's hot (12)

Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Die Tuisland van die Indo-Europeërs
Die Tuisland van die Indo-EuropeërsDie Tuisland van die Indo-Europeërs
Die Tuisland van die Indo-Europeërs
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
 
Taal in die oertyd
Taal in die oertyd Taal in die oertyd
Taal in die oertyd
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansEggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
 
Gobekli Tepe: Argeologie en Linguistiek
Gobekli Tepe: Argeologie en LinguistiekGobekli Tepe: Argeologie en Linguistiek
Gobekli Tepe: Argeologie en Linguistiek
 

More from PieterUys7

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesPieterUys7
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyPieterUys7
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaalPieterUys7
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misteriePieterUys7
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedPieterUys7
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels PieterUys7
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesPieterUys7
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse TaalPieterUys7
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianPieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundPieterUys7
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalPieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse talePieterUys7
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong PieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TalePieterUys7
 
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaAfrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaPieterUys7
 

More from PieterUys7 (17)

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaal
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misterie
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaAfrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
 

Eurasiaties en Nostraties

  • 1. 1 E E Eu u ur r ra a as s si i ia a at t ti i ie e es s s e e en n n N N No o os s st t tr r ra a at t ti i ie e es s s Eurasiaties en Nostraties Nostraties is ’n taalfamilie wat nog nie deeglik omskryf is nie en waaroor daar nog heelwat meningsverskille bestaan. Historiese linguïste verskil oor die lede van dié genetiese groepering maar op sy mees inklusiewe omvat Nostraties die Afro- Asiatiese familie (waaronder die Semitiese tale sowel as Egipties/Kopties, Hausa en Somali), Dravidies (waaronder Tamil en Telugu), Eurasiaties (Altaïes, Eskimo-Aleoet, Indo-Europees en ander) en Kartveels (Georgies). Die stamtaal word Proto-Nostraties genoem.
  • 2. 2 Deesdae neem steun toe vir die idee dat Nostraties vroeg reeds in suidelike, oostelike en noordelike groepe verdeel het: Afro-Asiaties en Kartveels in die suide, Dravidies in die ooste en ‘n noordelike groep wat tot ‘n groot mate met bovermelde Eurasiaties ooreenstem. Volgens professor Joseph Greenberg het daar ‘n vroeë skeiding tussen die Eurasiatiese (noordelike) groep en die Afro- Asiatiese en Kartveelse groepe plaasgevind. Dis opvallend dat Proto-Indo-Europees die vroegste kernwoordeskat sowel as morfologie met Eurasiatiese sustertale in gemeen het, maar nie veel kulturele terme nie. PIE deel egter ‘n betekenisvolle aantal terme vir landbou, veeteelt en kulturele terme met Semities, die noordelikste lid van Afro-Asiaties. Die tydperk waarin Proto-Nostraties gepraat is, word geskat op 14 000 – 7000 VHE (16 000 – 9000 jaar gelede), wat nuwe betekenis verkry het sedert die ontdekking van Göbekli Tepe, die “vesting van die jagter-versamelaars” en verwante terreine in Turkye.
  • 3. 3 So lyk die Eurasiatiese (Noord-Nostratiese) Familie* vandag: *Die Dravidiese (oostelike) groep word op die kaart by Eurasiaties getel. Altaïes (Mongolies, Turkies, Tungus) Chukoties (5 tale van noordoos Siberië en die Kamchatka Skiereiland) Eskimo-Aleoet (van Alaska tot Groenland) Gilyak (Nivkh-mense in die verre ooste van Siberië en op Sakhalin Eiland) Indo-Europees (onder meer die Baltiese, Germaanse, Iraanse, Keltiese, Romaanse, Slawiese families) Japans-Koreaans-Ainu (Ainu, Japans, Koreaans) So lyk die die ouer Nostratiese Familie op sy breedste: Afro-Asiaties (Berber, Chadies, Egipties, Kusieties, Omoties, Semities) Dravidies (Indië) Elamities (uitgestorwe, Iran) Etruskies (uitgestorwe, Italië) Eurasiaties (soos bo) Kartveels (Georgië) Sumeries (uitgestorwe, Irak)
  • 4. 4 Genetiese verwantskappe tussen tale word op grond van reëlmatige ooreenkomste in klank en betekenis bepaal. ‘n Handige hulpmiddel is die feit dat daar in alle tale ‘n hiërargie van stabiele terme bestaan, woorde wat sterker teenstand teen verandering bied, hetsy vervanging uit eie geledere of verdringing deur leenwoorde. Onder die stabiele terme tel voornaamwoorde, telwoorde, woorde vir liggaamsdele en natuurverskynsels soos water, grond en son. Wanneer ‘n genetiese hipotese getoets word, word die mees argaïese elemente eerste vergelyk. As die tale wat vergelyk word, fonetiese en semantiese ooreenkomste in daardie woordeskat toon, kan daar voortgegaan word met fonetiese ontleding, die identisering van ooreenkomste in grammatika en die rekonstruksie van ‘n voortaal. http://en.wikipedia.org/wiki/Linguistic_reconstruction Rekonstruksie van Proto-Nostratiese terme en morfologie dui op ‘n gemeenskap van jagter-versamelaars wat kennis gedra het van bou- en weeftegnieke. Proto-Nostraties blyk ‘n deeglik ontwikkelde taal te gewees het met aktiewe, passiewe, kousatiewe en refleksiewe werkwoordvorme. Naamwoorde tref ‘n onderskeid tussen lewend vs nie-lewend en het meer as een meervoudsvorm. Beide naam- en werkwoorde is deur agtervoegsels verbuig. Alle woorde het met medeklinkers begin. Die fonologiese stelsel het baie gutterale (keel)klanke bevat en minstens die volgende klinkers: [a, e, i, o, u] en moontlik ook [ə]. Enige medeklinker kon in die eerste lettergreep verskyn, maar net [a, i, u] in daaropvolgende lettergrepe.
  • 5. 5 Daar is ‘n verbintenis tussen die ouderdom van Göbekli Tepe en die bevindinge van die historiese linguïstiek waar dit Proto-Nostraties aangaan. In sy werk Indo-European and the Nostratic Hypothesis bespreek Allan R Bomhard die moontlike tuisland van die sprekers van daarvan. Hy evalueer onder andere die verskillende teorieë oor die tuislande van Proto-Indo-Europees, Afro-Asiaties, Kartvelies, Oeralies-Joekaghir, Elamo-Dravidies, Altaïes en ander. Daarna kyk hy na die teorieë van Aaron Dolgopolsky, John Kerns en Henrik Birnbaum oor die struktuur en datering van Nostraties. Hy stem saam met Kerns dat die Mesolitiese kultuur sy oorsprong in die vrugbare sekelmaan in die Midde-Ooste net suid van die Kaukasus moes gehad het en dateer die taal op tussen 15 000 en 12 000 VC, met ander woorde 17 000 tot 14 000 jaar gelede. Hy meen dat die taal teen 12 000 VC begin versprei het en dat afsondelike dialekte reeds teen 10 000 VC bestaan het. Ongeveer 15 000 jaar gelede – 13 000 VC – het die yslae begin krimp, die klimaat warmer geword en seevlakke dramaties gestyg. Gebiede wat voorheen onbewoonbaar was, het toeganklik geword vir menslike habitasie. Bevolkingsgetalle het toegeneem en mense het in alle rigtings versprei. Permanente dorpe het ontstaan en daar is geleidelik van jag en versamel na landbou en veeteelt oorgeskakel. Die disintegrasie van die Proto-Nostratiese moedertaal het met dié ontwikkelinge gepaard gegaan soos mense al verder van die tuisland af beweeg het. Nostraties was natuurlik nie die enigste taal wat in daardie gebied gepraat is ten tye van al dié dramatiese veranderinge nie; daar was ook sprekers van Sino-Kaukasiese tale wat deel van die “Neolitiese Revolusie” uitgemaak het deur die verspreiding van landbou en veeteelt. Dié tale het voor enige van Nostratiese afstammelinge oor Europa versprei en is eers duisende jare later deur Indo-Europese en Oeraliese tale verdring sodat nog net Baskies oorbly. Die Sino-Kaukasiese tale was die tweede groep wat die Amerikas betree het. Eerste was Amerind en duisende jare later het die derde groep, die Nostratiese Eskimo-Aleoet gevolg. Bomhard se deeglike analise los ‘n tergende geheim op – die feit dat Indo- Europees in fonologie en woordeskat met Afro-Asiaties (veral die Semitiese tale) ooreenstem, maar met die tale van die koue noorde (Oeralies-Joekaghir tot Eskimo-Aleoeties) in sintaks en morfologie. (Indo-Europees en die noordelike families word terloops deur die groot linguïs Joseph Greenberg as ‘n Nostratiese subfamilie, ‘Eurasiaties’, saamgegroepeer).
  • 6. 6 Dis presies wat ‘n mens sou verwag indien die sprekers van Proto-Indo- Europees tot minstens 7000 VC in Anatolië gewoon het, terwyl Afro-Asiaties begin verbrokkel het met ‘n groot deel van sy sprekers wat suid in Afrika in getrek het terwyl die sprekers van die Semitiese subgroep in noordelike Mesopotamië agtergebly het. Dit verklaar die gedeelde woordeskat, bv woorde vir landerye, gewasse, skape, beeste en bokke. Die gedeelde woorde vir ster en sewe dui moontlik op ‘n eenvormige ideologie/religie. Intussen het die noordelike families in ‘n radikaal anderse ongewing ontwikkel, waar landbou eers heelwat later gekom het. Hulle gedeelde kernwoordeskat met Indo-Europees en Afro-Asiaties dateer terug na ‘n pre-landbou-veeteelt periode. Die Amerindiese familie wat van Tierra del Fuego aan die suidpunt van Suid- Amerika tot in die suide van Kanada aangetref word, toon merkwaardige ooreenkomste met Greenberg se bovermelde Nostratiese subgroep Eurasiaties. Dit beteken dat dit moontlik die heel eerste Nostratiese dialek was wat in ‘n noordoostelike rigting weggebreek het of dat dit minstens uit ‘n sustertaal van Nostraties stam. In Sentraal-Siberië is daar in 2010/11 ‘n genetiese spoor ontdek van die Amerindiese trek vanaf Anatolië na die Amerikas.
  • 7. 7 BIBLIOGRAFIE Bomhard, Allan R. Indo-European and the Nostratic hypothesis. Charleston, S.C. : Signum, 1996. ISBN: 0965229408 9780965229401. Series: Studia Nostratica, 1. Bomhard, Allan R. Lexical parallels between Proto-Indo-European and other languages. Revised February, 1994. Boston, Massachusetts. Greenberg, Joseph H. Indo-European and its closest relatives: the Eurasiatic language family. Stanford, Calif. : Stanford University Press, 2000-2002. v. 1. Grammar -- v. 2. Lexicon. Nostratic: Examining a linguistic macrofamily/edited by Colin Renfrew; Daniel Nettle. Cambridge : The McDonald Institute for Archaelogical Research, cop. 1999. Nostratic: Sifting the evidence/edited by Joe Salmons; Brian D Joseph. Amsterdam ; Philadelphia : J. Benjamins, ©1998. Sprung from some common source: Investigtions into the prehistory of languages / edited by Sydney M. Lamb and E. Douglas Mitchell. Stanford, Calif. : Stanford University Press, ©1991. ISBN: 0804718970 9780804718974. Uys, Pieter. Nostraties: 'n brug oor die stroom van tyd. 2de verbeterde uitg. Gardenview: Pommer Pers, 1994. ISBN: 1875042059 9781875042050.
  • 8. 8 INTERNETBRONNE Stetsyuk, Valentyn. The Urheimat of the Nostratic Languages. www.v-stetsyuk.name/en/Alterling/Nostratic.html Uys, Pieter. Göbekli Tepe: Argeologiese Data en Historiese Linguïstiek. www.scribd.com/doc/173902038/Gobekli-Tepe-Argeologiese-Data-en-Historiese-Linguistiek Batuman, Elif. The Sanctuary: The world’s oldest temple and the dawn of civilization. Illustration: Jorge Colombo http://www.newyorker.com/reporting/2011/12/19/111219fa_fact_batuman Dietrich, Oliver. Göbekli Tepe Radiocarbon Dates – A Short Comment Text and data published online at: Benz, M. Comments on radiocarbon dates of Epipalaeolithic and Early Neolithic sites of the Near East. http://www.exoriente.org/associated_projects/ppnd_site.php?s=25. Overview of the Gobekli Tepe archaeological site. Photo: http://gobeklitepe.info.tr/ http://twitter.com/gobeklitepe https://docs.google.com/file/d/0B8yAiUCdzj53U2w5aEJaZXVFcVU/edit http://science.nationalgeographic.com/science/archaeology/photos/gobekli-tepe/
  • 10. 10 AANHANGSEL Opmerkings oor die Proto-Nostratiese Oertaal Die Toring van Babel Die oudio val erg rof op die oor, en om te dink, Nostraties het reeds van baie klanke ontslae geraak en was eenvoudiger as die taal waaruit dit spruit (Dene-Kaukasies). Niks het verander nie; die afstammelinge van D-K beskik steeds vandag oor enorme fonologiese stelsels behalwe Sino- Tibetaans wat langs die pad baie klanke verloor en met stemtone vervang het. https://rhinospike.com/audio_requests/jurcik/4489/ ʔäśo dyaʔs-did bur ki ʔar did. Sal belʕ bur-ki barʔh gi-śin, bur fʌn Śineʔar ki ʔisti-ʔäśo. Diom ki k law bʌr: "Diom biʕke dyak fʌn ʔin did-ʕali bor, anovu sal bad-ʔäś!" il-bur ki sal-vin, ikvbur ki sal-hʔa. Disdal belʕ na biʕke ki ludid-sal diomś. Disdal bur "Sal mos ki diom mos, me-gi divatk sal". Boʔ ki bor ilm-belh, sals-ludid isu. Dioms disdal isu ki lukid-sal isu diom bor ki doya fʌr siśʔar sal. ʔar stu-Babel, bliʔʕķü disdal isu diomst na sal-kum bor. Daar's baie woorde met 2 of meer betekenisse soos bv "clan, huis, familie." Die rekonstruksies is nie perfek nie - ek dink die woorde lyk dieselfde, soos homofone, maar dat daar spesifieke vokaal- variëring was wat nie so maklik gerekonstrueer kan word nie, bv "bor" = wortel, woning, stam, gebou, stad" maar was eerder verskillende woorde bv "bor/ber/bir/bar/bör/bər." Die drie basiese klinkers i/u/a bevat vae konnotasies van i = klein voorwerpe, naby die spreker, toekomstige tyd/u = groot, ver van die spreker, verlede tyd/a = by die spreker, teenwoordige tyd. Nostraties dui nie geslag (hy/sy/dit) aan nie maar wel lewend/nie-lewend (s/hy vs dit). Dis ook nie reëlmatig nie want die eienskap “lewend” word aan mobiliteit gekoppel. Aspirasie (gh dh th kh bh ph ) en die konsonant h word op een of ander manier aan die kategorie “lewend” gekoppel. Daar bestaan verskillende maniere om meervoud aan te dui. Sulke grammatiese onderskeide word deur suffikse aan die naamwoord gekoppel. Twee vorme van die eerste persoon meervoud word onderskei: Ons (sonder jou) en Ons (waarby jy ingesluit is). Persoonlike voornaamwoorde word selde ingespan omdat die persoon in die werkwoord deur suffikse aangedui word. Geen voorsetsels nie, maar suffikse word gebruik om naamwoorde in ruimte en tyd te plaas, t.w. in, op, deur, met, oor, onder, by, deur middel van, ens.
  • 11. 11 Werkwoorde is besonder ingewikkeld, en word deur tye (teenswoordige, verlede, ens) gekwalifiseer sowel as deur aspekte (moontlikheid, hoorsê, voorwaardelik, ens) en onderskeide soos direkte/indirekte/ergatiewe spraak. http://100layersofdirt.blogspot.com/2012/11/nostratic-languages.html https://www.academia.edu/328790/Review_Allan_R._Bomhard_Reconstructing_Proto-Nostratic