SlideShare a Scribd company logo
1
Eggo’s
van die oertyd
in Afrikaans
Pieter Uys
Indo-Europees omvat groot wêreldtale soos Engels, Spaans en Russies,
wat onderskeidelik tot die Germaanse, Romaanse en Slawiese dogtertale
behoort. Dis die mees nagevorste taalfamilie ter wêreld, en rekonstruksie
van die prototaal Proto-Indo-Europees is tot ˈn fyn kuns vervolmaak,
sodat ˈn mens vandag redelike sekerheid het oor die woordeskat en
morfologie van dié vrugbare oumagrootjie van soveel dogtertale wat elk
miljoene sprekers het, soos Bengali, Duits, Hindustani, Frans en Portugees.
2
Vandag het die Germaanse familie sowat 520 miljoen moedertaalsprekers wêreldwyd, wat Noord- en
Wes-Germaanse tale praat. Wes-Germaans bestaan uit Afrikaans, Alemannies, Engels, Fries, Duits,
Limburgs, Nederduits, Nederlands, Skots en Yiddish. Deens, Faroëes, Bokmål en Nynorsk Noorweegs,
Sweeds en Yslands behoort tot die noordelike groep. Van die Oos-Germaanse tale Boergondies, Goties en
Vandaals het ‘n Gotiese dialek op die Krim Skiereiland oorleef tot die 18de eeu.
Reeds vroeg in die geskiedenis van Indo-Europese studies, het dit geblyk dat Germaans op
noemenswaardige wyse van die klassieke Indo-Europese patroon afwyk. ‘n Proses van klankverskuiwings
het teen die middel van die eerste millennium vC – toe Proto-Germaans sy finale vorm aangeneem het –
beduidende verskille met sy portuurtale soos Proto-Kelties, Antieke Grieks, Latyn en Sanskrit getoon.
Een van die vroegste klankverskuiwings in die dialek van PIE wat in sentraal- en noord-Europa sou nesskop,
was die verlies aan die klinker-eienskap van R, L, M en N, ‘n reeks wat as beide klinkers en medeklinkers
opgetree het. ‘n Sonorant (vokaal-aspek van r̥, l̥, m̥ , n̥ wat met ‘n sirkeltjie onder die letter aangedui word)
kon in Proto-Indo-Europees tussen medeklinkers as kern van die lettergreep dien. Net die konsonant-aspek
is behou in die dialek wat Proto-Germaans sou word.
Soos dit in die 5de eeu vC gekristalliseer het, dui Proto-Germaans se klankstelsel, morfologie en
woordeskat op die invloed van ander tale, bekendes sowel as onbekendes. Die beroemde filoloog, skrywer
en optekenaar van sprokies, Jakob Grimm (1785 – 1863), se wet van die Germaanse klankverskuiwing kan,
op sy eenvoudigste, as volg opgesom word: Die Indo-Europese sluitklanke P, T en K het in die skuurklanke
F, θ (Engels: thin) en H of die Afrikaanse G verander, wat ‘n kettingreaksie van verskuiwings in die res van
die stelsel meegebring het.
3
Vrye klem het Proto-Indo-Europees gekenmerk, met ander woorde die klem is nie deur fonologiese reëls
bepaal nie, maar kon op enige lettergreep in ‘n woord val. PIE het dus ‘n musikale kwaliteit gehad, soos
Frans. In Proto-Germaans geld vaste klem: die klem val outomaties op die eerste lettergreep van die
woord, wat die ritme van Proto-Germaans heel anders as dié van PIE maak.
PIE se vervoegingstelsel wat verskillende verledetyds-vorme van die werkwoord in kompakte vorm
aanbied, is in Proto-Germaans vervang deur ‘n konstruksie wat “het” en/of “is” as hulpwerkwoord inspan.
Proto-Germaans se leenwoorde uit Indo-Europese sustertale kom hoofsaaklik uit Kelties en Indo-Iraans.
Germane en Kelte was eeue lank bure en het ‘n Noordwes-Europese kultuur gedeel, ‘n situasie wat
gewoonlik met ‘n hoë vlak van tweetaligheid gepaard gaan. Oos van die Germane was daar in historiese
tye steeds sprekers van Iraanse tale in die Balkans en Oekraïene, soos die Sarmatiërs en Alane.
Die konsensus is dat Oeraliese tale in die noorde van die Skandinawiese skiereiland gepraat is voor die
koms van Indo-Europees, en heel moontlik ook rondom die Baltiese See. Die Oeraliese tale soos Estnies,
Saami en Fins het egter meer woorde by Proto-Germaans geleen as andersom. Die Oeraliese invloed
manifesteer in die klankstelsel en die morfologie van Proto-Germaans, nie soveel in die woordeskat nie.
Prominente Oeraliste het selfs al beweer dat Germaans die resultaat is van ‘n Indo-Europese dialek wat
deur Oeraliese sprekers as moedertaal aangeneem is.
4
Die Bevolking van Europa
Europa noord van die Pireneë en die Alpe was tydens die laaste Ystydperk ˈn
onbewoonde yswoestyn, wat eers weer van sowat 11,000 jaar gelede af
leefbaar geword het.
Soos wat die yskappe teruggetrek het, het mense uit die Iberiese Skiereiland,
die suide van Frankryk en die Balkan begin om die gebied te bewoon. Hulle was
aanvanklik jagters en versamelaars wat ook visvang beoefen het.
Landbou het eers later gekom, tydens die Vroeë Neolitiese tydperk wat sowat
6000 vC begin het.
5
Historiese linguïste meen dat benewens Oeralies, Kelties en Indo-Iraans, noord-
en sentraal-Europa in daardie era ander tale gehuisves het wat sou bydra om
die plaaslike Indo-Europese dialek in die vorm van Proto-Germaans te giet.
Die wig van Proto-Germaans lê waarskynlik by die Jastorf- Ystertyd-kultuur (600
– 100 vC) in die noorde van Neder-Sakse, wat ˈn voortsetting was van ˈn laat-
Bronstydperk-kultuur in dieselfde gebied. Die oorspronklike Heimat was tussen
die Erzebirge, Thüringerwald, Elbe-, en Allerriviere. Die ligging van die bevolking
is bepaal deur die turfmoerasse wat destyds oor groot dele van die streek
voorgekom het.
6
Die noordelike deel van Neder-Sakse bestaan uit die Noord-Duitse Vlakte. Aan die
noordweste is die kus van die Noordsee en die sewe Oos-Friesiese eilande. In die verre
weste is Emsland, ˈn ylbevolkte streek wat aan Nederland grens en wat voorheen grootliks
moeraswêreld was. In die noordooste is die Lüneburg Heideland (Lüneburger Heide), ˈn
natuurreservaat omring deur die Elbe-, Drawehn-, Aller- en Wümmeriviere. Na die suide lê
die Laer-Sakse-Heuwels wat in hulle breër omvang die Weser- en Leineheuwels insluit.
Weens snelle bevolkingsgroei het die Proto-Germaanse gebied teen 500 vC die suide en
weste van Neder-Sakse, sowel as die Harzberge, die laer Rhyn en Thuringia ingesluit.
Verdere ekspansie het die Proto-Germane deur Schleswig-Holstein na die ooste van Jutland
in Denemarke geneem, en van daar na Swede en Noorweë.
7
Hulle vertrekpunt was die Usatovo-kompleks met meer as 50 terreine noordwes van die Swart See in
Oekraïene. Usatovo het voortgespruit uit die Jamnaja-kultuur van die streek tussen die suidelike Bug-, die
Dniester- en die Oeralriviere (die Pontiese grasveld), van 3300–2600 vC.
Die voorouers van die Proto-Germane het moontlik rondom 2500 vC begin om van die Usatovo-gebied
geleidelik langs die Dniesterrivier na die noorde te beweeg. Later het hulle die “Corded Ware” kultuur
begin, wat eindelik na die ylbevolkte noordelike Duitse vlakte versprei het.
8
Sub-, Super- en Adstratum
ˈn Substratum verwys na die oorspronklike taal van ˈn bevolking wat van taal
verwissel het, gewoonlik na ˈn lang periode van tweetaligheid. In die aanleer
van die nuwe taal, bring die sprekers van die oorspronlike taal elemente van die
ou taal in die nuwe een in, byvoorbeeld uitspraak en konsepte in die ou taal
waarvoor daar nie terme in die nuwe taal bestaan nie.
9
By die Germaanse taalfamilie verwys die term substratum na leksikon-items en fonologiese elemente wat
waarskynlik nie van PIE geërf is nie. Volgens die substratum-teorie kom die elemente uit ‘n vroeër
spraakgemeenskap wat tussen die Indo-Europeërs gewoon het. Die Germaanse dialek van PIE het die
Superstratum geword, wat deur die sprekers van Oud-Europees aangeleer is.
Kenmerke van substratum-leenwoorde sluit in fonologiese of morfologiese patrone wat nie in die
Superstratumtaal (Germaanse dialek van PIE) bestaan het nie, ongewone fonologie en ongewone wyses
van woordvorming.
Woorde vir diere en plante waarvoor die nuwe taal (Germaanse dialek van PIE) nie terme het nie, is
natuurlike keuses vir oordrag. Die optimale semantiese terreine vir leenwoorde is: riviername, diername,
dierprodukte, plantname, basiese implemente, eienskappe van die natuurlike omgewing, menslike
aktiwiteite, gevoelens en persepsies.
Woorde vir landskapkenmerke soos mere, moerasse, poele, stroompies, fonteine, velde, vlaktes, heuwels,
randjies, en huishoudelike implemente soos potte, panne, bakke en lepels word gewoonlik in die nuwe taal
opgeneem.
10
ˈn Aantal Nie-Indo-Europese Lekseme in Proto-Germaans
wat uit ˈn Substratum kom en in Afrikaans voortleef
*aik - eik(eboom)
*akrana - akker(boom)
*apan - aap
*arut - erts
*arwīt - ertjie
*baunō - boon
*drenan - dreun
*ēbund - aand
*ebura - (vark)beer
*fata - vat, houer
*gait - bok
*hakan - haak
*hale/haluþ - held
*hnippōn - knyp
*hnut - neut
*hringa - ring, sirkel
*kattōn- kat
*krabita - krap, kreef
*kumb/kumpan - kom, bak
*lauba - lower
*magan - maag
*managa - menigte
*pakka- pak
*pōla - poel
*rōbjōn - raap
*samda - sand
*silubra – silwer
*steuro – bees, bul
*swamb/swappan - swam, paddastoel
*swebla – swael
*þeura - bul
*ufna - oond
*wisund - bison, oer-os
11
Drie Groepe Voorouers
Genetiese toetsing het bevind dat die meeste hedendaagse Europeërs van drie
bevolkingsgroepe afstam: Westelike Jagter-Versamelaars (WHG), Vroeë Landbouers (EEF)
en Westelike Grasveld-Herders (WSH) wat op hul beurt uit ˈn mengsel van Antieke Noord-
Eurasiërs (ANE) en Oostelike Jagter-Versamelaars (OHG) bestaan.
Aan die einde van die Ystydperk het Europa noord van die Alpe weer bewoonbaar geword.
Die vroegste intrekkers uit die suide word genoem Westelike Jagter-Versamelaars (WHG).
Volgens die navorsing was hulle lang mense met ˈn bruin vel en blou oë.
Dié onverwagte kombinasie is in 2014 deur die analise van ˈn 7,000-jaar oue skelet uit ˈn
Spaanse spelonk onthul, en is sedertdien bevestig deur die analise van die VK se “Cheddar
Man” wat 10,000 jaar oud is, en ander in Duitsland, Luxemburg en Hongarye.
Oostelike Jagter-Versamelaars (EHG) het oos van ˈn lyn wat met die Dnieperrivier
ooreenkom, van die mond van die Donau tot by die Baltiese See gewoon. Skandinawiese
Jagter-Versamelaars (SHG) het ligte velle en ˈn verskeidenheid oogkleure gehad, volgens die
Skateholm argeologiese terrein naby Trelleborg.
12
Sowat 8,000 jaar gelede het die landbouers (EEF) uit die Midde-Ooste opgedaag, wat
blykbaar korter as die WHG was, met ˈn ligte vel, bruin oë en bruin tot blonde hare. Van die
begin af het daar vermenging tussen die jagters en landbouers plaasgevind. Dit wil voorkom
asof die twee groepe in sinergie met mekaar geleef het.
13
Die derde groep, die WSH, het Europa vanaf sowat 4,500 jaar gelede binnegekom, van die
teenswoordige Oekraïene af, vanwaar hulle na die Balkan versprei het, na sentrale Europa
deur die Donauvallei, en na noordelike Europa deur die Dniester- en Dniepervalleie. Dié
derde groep was die Indo-Europeërs wat die tale gebring het wat die meeste Europeërs
vandag nog praat.
Volgens navorsing by Jamna / Jamnaja in Oekraïene, was hulle die langste mense van die
drie groepe. Hulle het oorwegend donkerbruin tot swart hare, en bruin oë gehad. Die ANE-
komponent in hulle DNA moes egter gene vir blou oë en blonde hare gedra het, omdat dié
twee kenmerke baie meer prominent by die “Corded Ware”-kultuur op die pad na die
noordweste voorgekom het.
14
Spore van Verlore Tale
I Die Taal van Riviername
Dis die heel oudste laag van substrata wat in riviername uitgeken kan word, van Ierland in
die weste tot by Belarus in die ooste, Spanje in die suide en Skandinawië in die noorde. Dis
heel eerste deur Hans Krahe waargeneem wat dit as Indo-Europees beskou het. Die
Leidense Skool van Historiese Taalkunde beskou dit as ˈn Nie-Indo-Europese taal, en
beweer dat dit byna geen invloed op die later Europese tale gehad het nie.
Die wortel ISER verskyn in riviername soos die Ijser (Nederland), Aire (Yorkshire), Oise
(Frankryk), Saar (Duitsland), Iza (Roemenie) en Esaro (Italië). Die wortel DUR verskyn in
onder meer Eder, Oder, Dordogne, Douro en Drava.
Volgens Theo Vennemann se Waskoniese teorie, is dit ˈn taal wat aan ˈn oer-oue voorouer
van Baskies verwant is. Baskies se naaste verwante is die Noordoos-Kaukasiese tale van
Dagestan, Tsjetsjnië en Ingoesjetië.
15
II Die Taal van Voëlname
Hierdie taal staan ook bekend as Substratum Laag A1 van die Leiden-Skool, en word
gekenmerk deur ˈn klinker A wat dikwels as beklemtoonde voorvoegsel verskyn het.
Die taal het oor skuurklanke beskik, soos /x/ = Afrikaanse G, en Engelse th soos in ’that’.
ˈn Hoë persentasie woorde het met /k/ begin. Die diftong /aə/ word /a/ in Britse Kelties en
/ai/ in Germaans:
*laəwađ = lewerik
*astrap = weerlig
*krexar = kraanvoël
*spraew = spreeu
*akr = akker(boom)
*kekan = kaak
*hod = hoed
*kagila = kegel
16
III Die Taal van Dubbelkonsonante
Laag A2 van die Leidense Skool word as substratum regdeur noordelike Europa onder Indo-
Europese sowel as Oeraliese tale gevind. In PIE was daar geen verdubbeling van
medeklinkers nie, dus word vermoed dat die reël in PG wat bepaal dat ˈn kort klinker voor
ˈn dubbelkonsonant, en ˈn lang klinker voor ˈn enkelkonsonant verskyn, van dié taal af kom.
Wisseling van die finale medeklinker, soos p/k in woorde soos Nederlands: stronk, stromp,
Eng: strip, strike of Afr: streep, streek. ˈn Ander wisseling behels woorde wat met /kn/ of
/kl/ begin, soos klim en kleef, knap en knak en knaag, knou. Verdere voorbeelde is
dobber/doop/duik/diep sowel as suig/suip en slaap/sluimer.
17
Atlanties of Semitidies as Adstratum
ˈn Adstratum is ˈn taal soos Latyn wat alle Europese tale met woordeskat verryk het. Dis ˈn
prestige-taal wat gewoonlik deur ˈn uitgebreide literatuur, kultuurskat en spirituele tradisie
ondersteun word. ˈn Adstratum bied dus ˈn woordewieg waaruit ˈn taal sy woordeskat kan
aanvul en sy semantiese nuanses kan verryk. ˈn Adstratum het gewoonlik geen effek op die
morfologie of klankstelsel van die tale aan wie hy woorde skenk nie.
Volgens Theo Vennemann was daar ook ˈn Semitiese taal wat as ˈn Adstratum eerder as
Substratum gedien het, net soos Latyn op Engels. Dit kan niks anders wees as die Fenisiese
dialek van Kartago nie. Gedurende die eerste millennium vC het Kartago wyd en syd in die
Atlantiese Oseaan handel gedryf, van Wes-Afrika tot by Skandinawië.
Atlanties sluit in plekname soos Solent, Solund, Isles of Scilly, en die name van Hebridiese
eilande soos Thanet, Uist, Iona en Sark. Die woord by vir heuningby en imbi vir swerm bye.
Die woord adel(stand), en die woorde appel, harp, heer, volk, oewer, ploeg en huis het
Fenisiese ekwivalente. Oorlogvoering word verteenwoordig deur woorde soos swaard, skild
en wapen.
18
Bibliografie
Aikio, Ante (2004). An essay on substrate studies and the origin of Saami. In Hyvärinen, Irma; Kallio,
Petri; Korhonen, Jarmo (eds.). Etymologie, Entlehnungen und Entwicklungen [Etymology, loanwords
and developments]. Mémoires de la Société Néophilologique de Helsinki (in German). 63. Helsinki:
Société Néophilologique. pp. 5–34. ISBN 978-951-9040-19-6.
Anthony, Dawid W. A New Approach to Language and Archaeology: The Usatovo Culture and the
Separation of Pre-Germanic. The Journal of Indo-European Studies, Volume 36, Number 1 & 2,
Spring/Summer 2008.
Beekes, Robert S. P. 1996. Ancient European Loanwords. Historische Sprachforschung 109, 215-236.
Bjørn, Rasmus Gudmundsen. 2017. Foreign Elements in the PIE Vocabulary: A Comparative
Loanword Study. University of Copenhagen.
Diakonov, I. M. 1985: On the original home of the speakers of Indo-European. The Journal of Indo-
European Studies, 13.1: 92–174.
Gamkrelidze, T. V. & V. V. Ivanov 1995: Indo-European and the Indo-Europeans : a reconstruction
and historical analysis of a proto-language and a proto-culture. Part I. Berlin – New York
Riho Grunthal & Petri Kallio (eds): A linguistic map of prehistoric Northern Europe. Suomalais-
Ugrilaisen Seuran Toimituksia 266. Helsinki: Suomalais- Ugrilainen Seura 2012.
Huld, M. E. 1993: Early Indo-European Weapons Terminology, Word, 44:2, 223-234, DOI:
10.1080/00437956.1993.11435901.
Huld, M. E. 1990: The linguistic typology of Old European substrata in north central Europe. –
Journal of Indo-European Studies 18: 389–417.
Kroonen, Guus. 2013. Etymological Dictionary of Proto-Germanic. Leiden/Boston: Brill.
Kroonen, Guus. Non-Indo-European root nouns in Germanic: evidence in support of the
Agricultural Substrate Hypothesis.
Lehmann, W. P. 2002: Pre-Indo-European. Journal of Indo-European monograph series
41. Washington D.C.
Polomé, Edgar C. 1986. The non-Indo-European component of the Germanic lexicon. o-o-per-ro-si:
Festschrift für Ernst Risch, 661-672. Berlin: Mouton de Gruyter.
Schrijver, Peter. 1997. Animal, Vegetable and Mineral: some Western European substratum words.
Sound and Law Analogy, 293-316. Amsterdam/Atlanta: Rodopi.
Schrijver, Peter, 2014. Language Contact and the Origin of the Germanic Language. New York:
Routledge.
19
Šorgo, Aljoša. 2015: Pre-Germanic: A tentative description of the substratum language in Proto-
Germanic based on Guus Kroonen's Etymological Dictionary of Proto-Germanic. Ljubljana.
Šorgo, Aljoša. 2018: Characteristics of Lexemes of a Substratum Origin in Proto-Germanic. In
Loanwords and Substrata, Limoges, 06/06/2018.
Vennemann, Theo. 2006. Grimm’s Law and Loanwords. Transactions of the Philological Society
Volume 104:2 (2006) 129–166. University of Munich.
Vennemann, Theo. Contacts in Prehistory: The Indo-European Northwest.
Winters C. 20111: The First European Farmers were not Eastern Europeans . WebmedCentral
Human Genetics 2011;2(9):WMC002265.
Witczak, Krzysztof Tomasz. 2014: Substrate Lexical Influence on Germanic in the Light of Language
Contact Theory. Brünner Beiträge Zur Germanistik Und Nordistik, 28 / 2014 / 1–2.
Eggo’s van die Oertyd in Afrikaans is saamgestel deur Pieter Uys, 2021.

More Related Content

What's hot

Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
PieterUys7
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
PieterUys7
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
PieterUys7
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale
PieterUys7
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
PieterUys7
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
PieterUys7
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ Amerindies
PieterUys7
 
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tydTaal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
PieterUys7
 
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydAmerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
PieterUys7
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
PieterUys7
 
Eurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en NostratiesEurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en Nostraties
PieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
PieterUys7
 

What's hot (12)

Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ Amerindies
 
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tydTaal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
 
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydAmerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 
Eurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en NostratiesEurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en Nostraties
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 

More from PieterUys7

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
PieterUys7
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
PieterUys7
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaal
PieterUys7
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misterie
PieterUys7
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
PieterUys7
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
PieterUys7
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
PieterUys7
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
PieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
PieterUys7
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
PieterUys7
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
PieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
PieterUys7
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
PieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
PieterUys7
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
PieterUys7
 
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaAfrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
PieterUys7
 

More from PieterUys7 (16)

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaal
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misterie
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaAfrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
 

Eggo's van die oertyd in Afrikaans

  • 1. 1 Eggo’s van die oertyd in Afrikaans Pieter Uys Indo-Europees omvat groot wêreldtale soos Engels, Spaans en Russies, wat onderskeidelik tot die Germaanse, Romaanse en Slawiese dogtertale behoort. Dis die mees nagevorste taalfamilie ter wêreld, en rekonstruksie van die prototaal Proto-Indo-Europees is tot ˈn fyn kuns vervolmaak, sodat ˈn mens vandag redelike sekerheid het oor die woordeskat en morfologie van dié vrugbare oumagrootjie van soveel dogtertale wat elk miljoene sprekers het, soos Bengali, Duits, Hindustani, Frans en Portugees.
  • 2. 2 Vandag het die Germaanse familie sowat 520 miljoen moedertaalsprekers wêreldwyd, wat Noord- en Wes-Germaanse tale praat. Wes-Germaans bestaan uit Afrikaans, Alemannies, Engels, Fries, Duits, Limburgs, Nederduits, Nederlands, Skots en Yiddish. Deens, Faroëes, Bokmål en Nynorsk Noorweegs, Sweeds en Yslands behoort tot die noordelike groep. Van die Oos-Germaanse tale Boergondies, Goties en Vandaals het ‘n Gotiese dialek op die Krim Skiereiland oorleef tot die 18de eeu. Reeds vroeg in die geskiedenis van Indo-Europese studies, het dit geblyk dat Germaans op noemenswaardige wyse van die klassieke Indo-Europese patroon afwyk. ‘n Proses van klankverskuiwings het teen die middel van die eerste millennium vC – toe Proto-Germaans sy finale vorm aangeneem het – beduidende verskille met sy portuurtale soos Proto-Kelties, Antieke Grieks, Latyn en Sanskrit getoon. Een van die vroegste klankverskuiwings in die dialek van PIE wat in sentraal- en noord-Europa sou nesskop, was die verlies aan die klinker-eienskap van R, L, M en N, ‘n reeks wat as beide klinkers en medeklinkers opgetree het. ‘n Sonorant (vokaal-aspek van r̥, l̥, m̥ , n̥ wat met ‘n sirkeltjie onder die letter aangedui word) kon in Proto-Indo-Europees tussen medeklinkers as kern van die lettergreep dien. Net die konsonant-aspek is behou in die dialek wat Proto-Germaans sou word. Soos dit in die 5de eeu vC gekristalliseer het, dui Proto-Germaans se klankstelsel, morfologie en woordeskat op die invloed van ander tale, bekendes sowel as onbekendes. Die beroemde filoloog, skrywer en optekenaar van sprokies, Jakob Grimm (1785 – 1863), se wet van die Germaanse klankverskuiwing kan, op sy eenvoudigste, as volg opgesom word: Die Indo-Europese sluitklanke P, T en K het in die skuurklanke F, θ (Engels: thin) en H of die Afrikaanse G verander, wat ‘n kettingreaksie van verskuiwings in die res van die stelsel meegebring het.
  • 3. 3 Vrye klem het Proto-Indo-Europees gekenmerk, met ander woorde die klem is nie deur fonologiese reëls bepaal nie, maar kon op enige lettergreep in ‘n woord val. PIE het dus ‘n musikale kwaliteit gehad, soos Frans. In Proto-Germaans geld vaste klem: die klem val outomaties op die eerste lettergreep van die woord, wat die ritme van Proto-Germaans heel anders as dié van PIE maak. PIE se vervoegingstelsel wat verskillende verledetyds-vorme van die werkwoord in kompakte vorm aanbied, is in Proto-Germaans vervang deur ‘n konstruksie wat “het” en/of “is” as hulpwerkwoord inspan. Proto-Germaans se leenwoorde uit Indo-Europese sustertale kom hoofsaaklik uit Kelties en Indo-Iraans. Germane en Kelte was eeue lank bure en het ‘n Noordwes-Europese kultuur gedeel, ‘n situasie wat gewoonlik met ‘n hoë vlak van tweetaligheid gepaard gaan. Oos van die Germane was daar in historiese tye steeds sprekers van Iraanse tale in die Balkans en Oekraïene, soos die Sarmatiërs en Alane. Die konsensus is dat Oeraliese tale in die noorde van die Skandinawiese skiereiland gepraat is voor die koms van Indo-Europees, en heel moontlik ook rondom die Baltiese See. Die Oeraliese tale soos Estnies, Saami en Fins het egter meer woorde by Proto-Germaans geleen as andersom. Die Oeraliese invloed manifesteer in die klankstelsel en die morfologie van Proto-Germaans, nie soveel in die woordeskat nie. Prominente Oeraliste het selfs al beweer dat Germaans die resultaat is van ‘n Indo-Europese dialek wat deur Oeraliese sprekers as moedertaal aangeneem is.
  • 4. 4 Die Bevolking van Europa Europa noord van die Pireneë en die Alpe was tydens die laaste Ystydperk ˈn onbewoonde yswoestyn, wat eers weer van sowat 11,000 jaar gelede af leefbaar geword het. Soos wat die yskappe teruggetrek het, het mense uit die Iberiese Skiereiland, die suide van Frankryk en die Balkan begin om die gebied te bewoon. Hulle was aanvanklik jagters en versamelaars wat ook visvang beoefen het. Landbou het eers later gekom, tydens die Vroeë Neolitiese tydperk wat sowat 6000 vC begin het.
  • 5. 5 Historiese linguïste meen dat benewens Oeralies, Kelties en Indo-Iraans, noord- en sentraal-Europa in daardie era ander tale gehuisves het wat sou bydra om die plaaslike Indo-Europese dialek in die vorm van Proto-Germaans te giet. Die wig van Proto-Germaans lê waarskynlik by die Jastorf- Ystertyd-kultuur (600 – 100 vC) in die noorde van Neder-Sakse, wat ˈn voortsetting was van ˈn laat- Bronstydperk-kultuur in dieselfde gebied. Die oorspronklike Heimat was tussen die Erzebirge, Thüringerwald, Elbe-, en Allerriviere. Die ligging van die bevolking is bepaal deur die turfmoerasse wat destyds oor groot dele van die streek voorgekom het.
  • 6. 6 Die noordelike deel van Neder-Sakse bestaan uit die Noord-Duitse Vlakte. Aan die noordweste is die kus van die Noordsee en die sewe Oos-Friesiese eilande. In die verre weste is Emsland, ˈn ylbevolkte streek wat aan Nederland grens en wat voorheen grootliks moeraswêreld was. In die noordooste is die Lüneburg Heideland (Lüneburger Heide), ˈn natuurreservaat omring deur die Elbe-, Drawehn-, Aller- en Wümmeriviere. Na die suide lê die Laer-Sakse-Heuwels wat in hulle breër omvang die Weser- en Leineheuwels insluit. Weens snelle bevolkingsgroei het die Proto-Germaanse gebied teen 500 vC die suide en weste van Neder-Sakse, sowel as die Harzberge, die laer Rhyn en Thuringia ingesluit. Verdere ekspansie het die Proto-Germane deur Schleswig-Holstein na die ooste van Jutland in Denemarke geneem, en van daar na Swede en Noorweë.
  • 7. 7 Hulle vertrekpunt was die Usatovo-kompleks met meer as 50 terreine noordwes van die Swart See in Oekraïene. Usatovo het voortgespruit uit die Jamnaja-kultuur van die streek tussen die suidelike Bug-, die Dniester- en die Oeralriviere (die Pontiese grasveld), van 3300–2600 vC. Die voorouers van die Proto-Germane het moontlik rondom 2500 vC begin om van die Usatovo-gebied geleidelik langs die Dniesterrivier na die noorde te beweeg. Later het hulle die “Corded Ware” kultuur begin, wat eindelik na die ylbevolkte noordelike Duitse vlakte versprei het.
  • 8. 8 Sub-, Super- en Adstratum ˈn Substratum verwys na die oorspronklike taal van ˈn bevolking wat van taal verwissel het, gewoonlik na ˈn lang periode van tweetaligheid. In die aanleer van die nuwe taal, bring die sprekers van die oorspronlike taal elemente van die ou taal in die nuwe een in, byvoorbeeld uitspraak en konsepte in die ou taal waarvoor daar nie terme in die nuwe taal bestaan nie.
  • 9. 9 By die Germaanse taalfamilie verwys die term substratum na leksikon-items en fonologiese elemente wat waarskynlik nie van PIE geërf is nie. Volgens die substratum-teorie kom die elemente uit ‘n vroeër spraakgemeenskap wat tussen die Indo-Europeërs gewoon het. Die Germaanse dialek van PIE het die Superstratum geword, wat deur die sprekers van Oud-Europees aangeleer is. Kenmerke van substratum-leenwoorde sluit in fonologiese of morfologiese patrone wat nie in die Superstratumtaal (Germaanse dialek van PIE) bestaan het nie, ongewone fonologie en ongewone wyses van woordvorming. Woorde vir diere en plante waarvoor die nuwe taal (Germaanse dialek van PIE) nie terme het nie, is natuurlike keuses vir oordrag. Die optimale semantiese terreine vir leenwoorde is: riviername, diername, dierprodukte, plantname, basiese implemente, eienskappe van die natuurlike omgewing, menslike aktiwiteite, gevoelens en persepsies. Woorde vir landskapkenmerke soos mere, moerasse, poele, stroompies, fonteine, velde, vlaktes, heuwels, randjies, en huishoudelike implemente soos potte, panne, bakke en lepels word gewoonlik in die nuwe taal opgeneem.
  • 10. 10 ˈn Aantal Nie-Indo-Europese Lekseme in Proto-Germaans wat uit ˈn Substratum kom en in Afrikaans voortleef *aik - eik(eboom) *akrana - akker(boom) *apan - aap *arut - erts *arwīt - ertjie *baunō - boon *drenan - dreun *ēbund - aand *ebura - (vark)beer *fata - vat, houer *gait - bok *hakan - haak *hale/haluþ - held *hnippōn - knyp *hnut - neut *hringa - ring, sirkel *kattōn- kat *krabita - krap, kreef *kumb/kumpan - kom, bak *lauba - lower *magan - maag *managa - menigte *pakka- pak *pōla - poel *rōbjōn - raap *samda - sand *silubra – silwer *steuro – bees, bul *swamb/swappan - swam, paddastoel *swebla – swael *þeura - bul *ufna - oond *wisund - bison, oer-os
  • 11. 11 Drie Groepe Voorouers Genetiese toetsing het bevind dat die meeste hedendaagse Europeërs van drie bevolkingsgroepe afstam: Westelike Jagter-Versamelaars (WHG), Vroeë Landbouers (EEF) en Westelike Grasveld-Herders (WSH) wat op hul beurt uit ˈn mengsel van Antieke Noord- Eurasiërs (ANE) en Oostelike Jagter-Versamelaars (OHG) bestaan. Aan die einde van die Ystydperk het Europa noord van die Alpe weer bewoonbaar geword. Die vroegste intrekkers uit die suide word genoem Westelike Jagter-Versamelaars (WHG). Volgens die navorsing was hulle lang mense met ˈn bruin vel en blou oë. Dié onverwagte kombinasie is in 2014 deur die analise van ˈn 7,000-jaar oue skelet uit ˈn Spaanse spelonk onthul, en is sedertdien bevestig deur die analise van die VK se “Cheddar Man” wat 10,000 jaar oud is, en ander in Duitsland, Luxemburg en Hongarye. Oostelike Jagter-Versamelaars (EHG) het oos van ˈn lyn wat met die Dnieperrivier ooreenkom, van die mond van die Donau tot by die Baltiese See gewoon. Skandinawiese Jagter-Versamelaars (SHG) het ligte velle en ˈn verskeidenheid oogkleure gehad, volgens die Skateholm argeologiese terrein naby Trelleborg.
  • 12. 12 Sowat 8,000 jaar gelede het die landbouers (EEF) uit die Midde-Ooste opgedaag, wat blykbaar korter as die WHG was, met ˈn ligte vel, bruin oë en bruin tot blonde hare. Van die begin af het daar vermenging tussen die jagters en landbouers plaasgevind. Dit wil voorkom asof die twee groepe in sinergie met mekaar geleef het.
  • 13. 13 Die derde groep, die WSH, het Europa vanaf sowat 4,500 jaar gelede binnegekom, van die teenswoordige Oekraïene af, vanwaar hulle na die Balkan versprei het, na sentrale Europa deur die Donauvallei, en na noordelike Europa deur die Dniester- en Dniepervalleie. Dié derde groep was die Indo-Europeërs wat die tale gebring het wat die meeste Europeërs vandag nog praat. Volgens navorsing by Jamna / Jamnaja in Oekraïene, was hulle die langste mense van die drie groepe. Hulle het oorwegend donkerbruin tot swart hare, en bruin oë gehad. Die ANE- komponent in hulle DNA moes egter gene vir blou oë en blonde hare gedra het, omdat dié twee kenmerke baie meer prominent by die “Corded Ware”-kultuur op die pad na die noordweste voorgekom het.
  • 14. 14 Spore van Verlore Tale I Die Taal van Riviername Dis die heel oudste laag van substrata wat in riviername uitgeken kan word, van Ierland in die weste tot by Belarus in die ooste, Spanje in die suide en Skandinawië in die noorde. Dis heel eerste deur Hans Krahe waargeneem wat dit as Indo-Europees beskou het. Die Leidense Skool van Historiese Taalkunde beskou dit as ˈn Nie-Indo-Europese taal, en beweer dat dit byna geen invloed op die later Europese tale gehad het nie. Die wortel ISER verskyn in riviername soos die Ijser (Nederland), Aire (Yorkshire), Oise (Frankryk), Saar (Duitsland), Iza (Roemenie) en Esaro (Italië). Die wortel DUR verskyn in onder meer Eder, Oder, Dordogne, Douro en Drava. Volgens Theo Vennemann se Waskoniese teorie, is dit ˈn taal wat aan ˈn oer-oue voorouer van Baskies verwant is. Baskies se naaste verwante is die Noordoos-Kaukasiese tale van Dagestan, Tsjetsjnië en Ingoesjetië.
  • 15. 15 II Die Taal van Voëlname Hierdie taal staan ook bekend as Substratum Laag A1 van die Leiden-Skool, en word gekenmerk deur ˈn klinker A wat dikwels as beklemtoonde voorvoegsel verskyn het. Die taal het oor skuurklanke beskik, soos /x/ = Afrikaanse G, en Engelse th soos in ’that’. ˈn Hoë persentasie woorde het met /k/ begin. Die diftong /aə/ word /a/ in Britse Kelties en /ai/ in Germaans: *laəwađ = lewerik *astrap = weerlig *krexar = kraanvoël *spraew = spreeu *akr = akker(boom) *kekan = kaak *hod = hoed *kagila = kegel
  • 16. 16 III Die Taal van Dubbelkonsonante Laag A2 van die Leidense Skool word as substratum regdeur noordelike Europa onder Indo- Europese sowel as Oeraliese tale gevind. In PIE was daar geen verdubbeling van medeklinkers nie, dus word vermoed dat die reël in PG wat bepaal dat ˈn kort klinker voor ˈn dubbelkonsonant, en ˈn lang klinker voor ˈn enkelkonsonant verskyn, van dié taal af kom. Wisseling van die finale medeklinker, soos p/k in woorde soos Nederlands: stronk, stromp, Eng: strip, strike of Afr: streep, streek. ˈn Ander wisseling behels woorde wat met /kn/ of /kl/ begin, soos klim en kleef, knap en knak en knaag, knou. Verdere voorbeelde is dobber/doop/duik/diep sowel as suig/suip en slaap/sluimer.
  • 17. 17 Atlanties of Semitidies as Adstratum ˈn Adstratum is ˈn taal soos Latyn wat alle Europese tale met woordeskat verryk het. Dis ˈn prestige-taal wat gewoonlik deur ˈn uitgebreide literatuur, kultuurskat en spirituele tradisie ondersteun word. ˈn Adstratum bied dus ˈn woordewieg waaruit ˈn taal sy woordeskat kan aanvul en sy semantiese nuanses kan verryk. ˈn Adstratum het gewoonlik geen effek op die morfologie of klankstelsel van die tale aan wie hy woorde skenk nie. Volgens Theo Vennemann was daar ook ˈn Semitiese taal wat as ˈn Adstratum eerder as Substratum gedien het, net soos Latyn op Engels. Dit kan niks anders wees as die Fenisiese dialek van Kartago nie. Gedurende die eerste millennium vC het Kartago wyd en syd in die Atlantiese Oseaan handel gedryf, van Wes-Afrika tot by Skandinawië. Atlanties sluit in plekname soos Solent, Solund, Isles of Scilly, en die name van Hebridiese eilande soos Thanet, Uist, Iona en Sark. Die woord by vir heuningby en imbi vir swerm bye. Die woord adel(stand), en die woorde appel, harp, heer, volk, oewer, ploeg en huis het Fenisiese ekwivalente. Oorlogvoering word verteenwoordig deur woorde soos swaard, skild en wapen.
  • 18. 18 Bibliografie Aikio, Ante (2004). An essay on substrate studies and the origin of Saami. In Hyvärinen, Irma; Kallio, Petri; Korhonen, Jarmo (eds.). Etymologie, Entlehnungen und Entwicklungen [Etymology, loanwords and developments]. Mémoires de la Société Néophilologique de Helsinki (in German). 63. Helsinki: Société Néophilologique. pp. 5–34. ISBN 978-951-9040-19-6. Anthony, Dawid W. A New Approach to Language and Archaeology: The Usatovo Culture and the Separation of Pre-Germanic. The Journal of Indo-European Studies, Volume 36, Number 1 & 2, Spring/Summer 2008. Beekes, Robert S. P. 1996. Ancient European Loanwords. Historische Sprachforschung 109, 215-236. Bjørn, Rasmus Gudmundsen. 2017. Foreign Elements in the PIE Vocabulary: A Comparative Loanword Study. University of Copenhagen. Diakonov, I. M. 1985: On the original home of the speakers of Indo-European. The Journal of Indo- European Studies, 13.1: 92–174. Gamkrelidze, T. V. & V. V. Ivanov 1995: Indo-European and the Indo-Europeans : a reconstruction and historical analysis of a proto-language and a proto-culture. Part I. Berlin – New York Riho Grunthal & Petri Kallio (eds): A linguistic map of prehistoric Northern Europe. Suomalais- Ugrilaisen Seuran Toimituksia 266. Helsinki: Suomalais- Ugrilainen Seura 2012. Huld, M. E. 1993: Early Indo-European Weapons Terminology, Word, 44:2, 223-234, DOI: 10.1080/00437956.1993.11435901. Huld, M. E. 1990: The linguistic typology of Old European substrata in north central Europe. – Journal of Indo-European Studies 18: 389–417. Kroonen, Guus. 2013. Etymological Dictionary of Proto-Germanic. Leiden/Boston: Brill. Kroonen, Guus. Non-Indo-European root nouns in Germanic: evidence in support of the Agricultural Substrate Hypothesis. Lehmann, W. P. 2002: Pre-Indo-European. Journal of Indo-European monograph series 41. Washington D.C. Polomé, Edgar C. 1986. The non-Indo-European component of the Germanic lexicon. o-o-per-ro-si: Festschrift für Ernst Risch, 661-672. Berlin: Mouton de Gruyter. Schrijver, Peter. 1997. Animal, Vegetable and Mineral: some Western European substratum words. Sound and Law Analogy, 293-316. Amsterdam/Atlanta: Rodopi. Schrijver, Peter, 2014. Language Contact and the Origin of the Germanic Language. New York: Routledge.
  • 19. 19 Šorgo, Aljoša. 2015: Pre-Germanic: A tentative description of the substratum language in Proto- Germanic based on Guus Kroonen's Etymological Dictionary of Proto-Germanic. Ljubljana. Šorgo, Aljoša. 2018: Characteristics of Lexemes of a Substratum Origin in Proto-Germanic. In Loanwords and Substrata, Limoges, 06/06/2018. Vennemann, Theo. 2006. Grimm’s Law and Loanwords. Transactions of the Philological Society Volume 104:2 (2006) 129–166. University of Munich. Vennemann, Theo. Contacts in Prehistory: The Indo-European Northwest. Winters C. 20111: The First European Farmers were not Eastern Europeans . WebmedCentral Human Genetics 2011;2(9):WMC002265. Witczak, Krzysztof Tomasz. 2014: Substrate Lexical Influence on Germanic in the Light of Language Contact Theory. Brünner Beiträge Zur Germanistik Und Nordistik, 28 / 2014 / 1–2. Eggo’s van die Oertyd in Afrikaans is saamgestel deur Pieter Uys, 2021.