SlideShare a Scribd company logo
1 of 6
Download to read offline
1
Die Europese Linguïstiese Area
Afrikaans as Standaard Gemiddelde Europees
'n Sprachbund, ook bekend as 'n linguïstiese streek, 'n area van linguïstiese
konvergensie, 'n verspreidingsarea of taalkruispad, is 'n groep tale wat streekskenmerke
deel weens hulle geografiese posisie en onderlinge kontak. Bekende voorbeelde is die
Balkan Sprachbund, die Andiese taalkonvergensie, die Meso-Amerikaanse taal-area en
Sarasvati-Sindhu van die Indiese Subkontinent. Sprachbundkenmerke mag ‘n valse beeld
van hegte genetiese verwantskap skep.
2
Benjamin Whorf het die konsep Standaard Gemiddelde Europees in 1939 bekendgestel om die aard van
die moderne Indo-Europese tale van Europa met hulle soortgelyke kenmerke te omskryf. Die Europese
Linguïstiese Area (ELA) sluit in die meeste moderne Europese tale, en omvat die Balkan Sprachbund in sy
geheel. Die ooreenkomste behels grammatika en sintaks, leksikon, idiome, woordorde en fonologie.
In sy seminale 2001-artikel oor SGE, bespreek die linguïs Martin Haspelmath 12 kenmerke van Standaard
Gemiddelde Europees. Die Europese Linguïstiese Area bestaan uit lede van die Germaanse, Romaanse,
Baltiese en Slawiese tale, Albanies, Grieks en die westerse Fins-Ugriese tale soos Fins en Hongaars.
Lidmaatskap kan as ‘n gradiёnt beskou word aangesien nie al die tale oor dieselfde kenmerke beskik nie.
Haspelmath beskou Duits en Frans, wat oor al die kenmerke beskik, as die kern van die SGE Sprachbund.
Die kern word omring deur ‘n binnegroep wat Nederlands, Engels, die ander Romaanse tale, die Nordiese
tale, en die westelike en suidelike Slawiese tale insluit. Al die tale wat Haspelmath in die binnegroep sien,
is Indo-Europees, maar nie al die Indo-Europese tale het SGE-kenmerke nie: die Keltiese, Armeense en
Indo-Iraanse tale is nie lid van die Europese Linguïstiese Area nie.
Selfs die Semitiese taal Maltees beskik oor etlike SGE-kenmerke wat nie in ander Arabiese vorme gevind
word nie, terwyl die Kartveelse tale in Georgiё ook ‘n aantal SGE-kenmerke deel. Daar’s egter bitter min
SGE aan Baskies.
Die Europese Linguistiese Area het nie skerp afgebakende grense nie. Dit kan ook as volg benader word:
dat kontinentale Germaanse tale (wat Nederlands insluit) en Gallo-Romaanse tale (wat Oksitaans en
noordelike Italo-Romaans insluit) as die kerngroep, te wete die Charlemagne Sprachbund, beskou word.
Die Europese Linguïstiese Area is waarskynlik die gevolg van taalkontak wat in die era van die
Volksverhuisings begin het en deur die Middeleeue tot vandag voortgesit is. Oorerwing uit Proto-Indo-
Europees is nie ‘n faktor nie want PIE het nie oor die meeste SGE-kenmerke beskik nie.
3
Die meeste geïdentifiseerde kenmerke is geensins beperk tot Europa nie. Etlike daarvan is wel raar
wêreldwyd, terwyl ander weer algemeen elders voorkom. Aan die ELA se wesgrens is die Keltiese tale,
aan die suidgrens is die Arabiese tale van Noord-Afrika, en die oosgrens word gevorm waar Turks en die
Noord-Kaukasiese tale begin, sowel as die oostelike Oeraliese en Altaïese tale soos Tatar en Chuvash.
Kenmerke van Standaard Gemiddelde Europees
Etlike voorbeelde soos deur Haspelmath (2001) bespreek:
• Bepaalde en Onbepaalde Lidwoorde (The book/A book – Die boek/’n boek) kom in alle Romaanse en
byna alle Germaanse tale voor. Lidwoorde is geensins volop in die tale van die wêreld nie. Net sowat
een derde gebruik lidwoorde, terwyl minder as 8% beide bepaalde en onbepaalde lidwoorde het.
• Relatiewe Klousules met Relatiewe Voornaaamwoorde (The guy whose book I borrowed).
• Die “het“-transitiewe perfektum. (I have written – ek het geskryf) kom in alle Romaanse en alle
Germaanse tale voor.
• Die Passiewe Konstruksie met die verlede deelwoord (Die boek is geskryf), is ‘n rare kenmerk.
• Datief vir Eksterne Besitters. (Die Mutter wäscht dem Kind die Haare).
• Negatiewe Voornaamwoorde (geen mens, Niemand kommt, nobody comes)
• Relatief-gebaseerde Ekwatiewe Konstruksies (so Z wie X)
• Intensifeerder-Refleksiewe Differensiasie (The Pope himself gave us an audience).
• Vergelykende infleksie van byvoeglike naamwoorde (groter, kleiner)
• Geen produktiewe gebruik van reduplisering
Verdere voorbeelde deur Jörg Rhiemeier
• Woordorde: OWV (Onderwerp-werkwoord-voorwerp).
• Akkusatiewe morfosintaktiese stelsel.
• Matige sintetiese fusionele morfologie.
• Hoofsaaklik suffikse.
• Geen besitters-affikse op naamwoorde nie.
• Voorsetsels eerder as agtersetsels.
• Net pulmoniese konsonante (geen geglottaliseerde konsonante).
• Stemhebbende vs stemlose opposise in sluitklanke. (beer / peer)
• Geen fonemiese velare vs uvulare opposisie.
4
• Geen laterale frikatiewe of affrikate nie.
• Minstens drie grade van klinkerhoogte.
• Relatief welige klinker-inventarisse (meer as vier).
• Hoё voorkoms van CCV-lettergrepe. (knyp, kreef, kleef, bly)
Haspelmath se gradering van Europese tale volgens SGE-kenmerke
1 Frans & Duits
2 Albanies, Nederlands, Italiaans, Portugees, Sardinies
3 Engels, Grieks & Romeens
4 Tsjeggies, Yslands, Norweegs & Sweeds
5 Bulgaars, Hongaars, Letlands, Litous, Pools, Russies, Serwo-Kroaties, Sloweens & Oekraïenies
6 Baskies, Breton & Maltees
7 Armeens & Georgies
Periferaal: Estlands, Fins, Iers, Komi, Lezgies, Nenets, Tatar, Turks & Oedmoert
5
Afrikaans as SGE via afkoms deur Nederlands
Daniёl van Olmen en Adri Breed se studie “Afrikaans as Standaard Gemiddeld Europees: Wanneer ‘n lid
uit sy taalarea beweeg” het bevind dat Afrikaans tien van twaalf kenmerke met Nederlands deel. Ten
spyte van die verskillende maniere waarop Afrikaans en Nederlands negatiewe voornaamwoorde en
eksterne besitters gebruik, word Afrikaans steeds as ʼn kernlid van die ELA beskou. Dit beteken dat die
Afrikatale van die Khoisan- en Ntu-families, en Austronesiese tale soos Maleis, benewens leenwoorde
geen invloed op Standaard-Afrikaans gelaat het nie. Afrikaans is trouens meer Europees as Engels wat ‘n
sterk Brittoniese (Keltiese) substraat het.
6
Bibliografie
Haspelmath, Martin. 2001. The European linguistic area: Standard Average European. Handbuch der Sprach-
und Kommunikationswissenschaft vol. 20.2, pp. 1492-1510.
Haspelmath, Martin. 1998. How young is Standard Average European? Language Sciences vol 20, No 3, pp
271 – 287.
Haspelmath, Martin, Dryer, Matthew S., Gil, David, and Comrie, Bernard. 2005. The World Atlas of Language
Structures. Oxford University Press.
Heine, Bernd and Kuteva, Tania. 2006. The Changing Languages of Europe. Oxford University Press.
McWhorter, John. 2009. Our Magnificent Bastard Tongue: the untold history of English. Avery.
Poppe, Erich. Standard Average European and the Celticity of English intensifiers and reflexives: some
considerations and implications. English Language & Linguistics , Volume 13 , Issue 2: Re-evaluating the
Celtic hypothesis , July 2009 , pp. 251 – 266. DOI: https://doi.org/10.1017/S1360674309003013
Uys, Pieter. 2021. Die Engelse Taal. https://en.calameo.com/read/00668979133238bec1080
Uys, Pieter. 2021. Die Kleiner Germaanse Tale. https://en.calameo.com/read/00668979162238f136d47
Van Olmen, Daniёl; Breed en Adri. Afrikaans as Standaard Gemiddelde Europees: Wanneer ‘n lid uit sy
taalarea beweeg. Southern African Linguistics and Applied Language Studies, Volume 33, Number 2, 3 April
2015, pp. 227-246(20).
http://www.joerg-rhiemeier.de/Conlang/sae.html
https://humans-who-read-grammars.blogspot.com/2019/10/language-family-maps.html
WIkipedia: Standard Average European.
Standard Average European Europese Linguïstiese Area Sprachbund Linguïstiese Streek
Linguïstiese Konvergensie Taalkruispad Areal Linguistics Afrikaans as Standaard Gemiddelde
Europees Nederlandse Taal Dutch Langauge Afrikaans Language Comparative Linguistics
Charlemagne Sprachbund Germanic Languages Romance Languages Balkan Sprachbund

More Related Content

What's hot

Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamiliePieterUys7
 
Taal is 'n drif deur die spruit van tyd
Taal is 'n drif deur die spruit van tydTaal is 'n drif deur die spruit van tyd
Taal is 'n drif deur die spruit van tydPieterUys7
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale PieterUys7
 
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansEggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansPieterUys7
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaPieterUys7
 
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydAmerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydPieterUys7
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan PieterUys7
 
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tydTaal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tydPieterUys7
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies PieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TalePieterUys7
 
Eurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en NostratiesEurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en NostratiesPieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasPieterUys7
 

What's hot (12)

Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Taal is 'n drif deur die spruit van tyd
Taal is 'n drif deur die spruit van tydTaal is 'n drif deur die spruit van tyd
Taal is 'n drif deur die spruit van tyd
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale
 
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansEggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydAmerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tydTaal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Eurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en NostratiesEurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en Nostraties
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 

More from PieterUys7

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesPieterUys7
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyPieterUys7
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaalPieterUys7
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misteriePieterUys7
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedPieterUys7
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels PieterUys7
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesPieterUys7
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse TaalPieterUys7
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianPieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundPieterUys7
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalPieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse talePieterUys7
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong PieterUys7
 
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaAfrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaPieterUys7
 

More from PieterUys7 (16)

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaal
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misterie
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaAfrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
 

Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees

  • 1. 1 Die Europese Linguïstiese Area Afrikaans as Standaard Gemiddelde Europees 'n Sprachbund, ook bekend as 'n linguïstiese streek, 'n area van linguïstiese konvergensie, 'n verspreidingsarea of taalkruispad, is 'n groep tale wat streekskenmerke deel weens hulle geografiese posisie en onderlinge kontak. Bekende voorbeelde is die Balkan Sprachbund, die Andiese taalkonvergensie, die Meso-Amerikaanse taal-area en Sarasvati-Sindhu van die Indiese Subkontinent. Sprachbundkenmerke mag ‘n valse beeld van hegte genetiese verwantskap skep.
  • 2. 2 Benjamin Whorf het die konsep Standaard Gemiddelde Europees in 1939 bekendgestel om die aard van die moderne Indo-Europese tale van Europa met hulle soortgelyke kenmerke te omskryf. Die Europese Linguïstiese Area (ELA) sluit in die meeste moderne Europese tale, en omvat die Balkan Sprachbund in sy geheel. Die ooreenkomste behels grammatika en sintaks, leksikon, idiome, woordorde en fonologie. In sy seminale 2001-artikel oor SGE, bespreek die linguïs Martin Haspelmath 12 kenmerke van Standaard Gemiddelde Europees. Die Europese Linguïstiese Area bestaan uit lede van die Germaanse, Romaanse, Baltiese en Slawiese tale, Albanies, Grieks en die westerse Fins-Ugriese tale soos Fins en Hongaars. Lidmaatskap kan as ‘n gradiёnt beskou word aangesien nie al die tale oor dieselfde kenmerke beskik nie. Haspelmath beskou Duits en Frans, wat oor al die kenmerke beskik, as die kern van die SGE Sprachbund. Die kern word omring deur ‘n binnegroep wat Nederlands, Engels, die ander Romaanse tale, die Nordiese tale, en die westelike en suidelike Slawiese tale insluit. Al die tale wat Haspelmath in die binnegroep sien, is Indo-Europees, maar nie al die Indo-Europese tale het SGE-kenmerke nie: die Keltiese, Armeense en Indo-Iraanse tale is nie lid van die Europese Linguïstiese Area nie. Selfs die Semitiese taal Maltees beskik oor etlike SGE-kenmerke wat nie in ander Arabiese vorme gevind word nie, terwyl die Kartveelse tale in Georgiё ook ‘n aantal SGE-kenmerke deel. Daar’s egter bitter min SGE aan Baskies. Die Europese Linguistiese Area het nie skerp afgebakende grense nie. Dit kan ook as volg benader word: dat kontinentale Germaanse tale (wat Nederlands insluit) en Gallo-Romaanse tale (wat Oksitaans en noordelike Italo-Romaans insluit) as die kerngroep, te wete die Charlemagne Sprachbund, beskou word. Die Europese Linguïstiese Area is waarskynlik die gevolg van taalkontak wat in die era van die Volksverhuisings begin het en deur die Middeleeue tot vandag voortgesit is. Oorerwing uit Proto-Indo- Europees is nie ‘n faktor nie want PIE het nie oor die meeste SGE-kenmerke beskik nie.
  • 3. 3 Die meeste geïdentifiseerde kenmerke is geensins beperk tot Europa nie. Etlike daarvan is wel raar wêreldwyd, terwyl ander weer algemeen elders voorkom. Aan die ELA se wesgrens is die Keltiese tale, aan die suidgrens is die Arabiese tale van Noord-Afrika, en die oosgrens word gevorm waar Turks en die Noord-Kaukasiese tale begin, sowel as die oostelike Oeraliese en Altaïese tale soos Tatar en Chuvash. Kenmerke van Standaard Gemiddelde Europees Etlike voorbeelde soos deur Haspelmath (2001) bespreek: • Bepaalde en Onbepaalde Lidwoorde (The book/A book – Die boek/’n boek) kom in alle Romaanse en byna alle Germaanse tale voor. Lidwoorde is geensins volop in die tale van die wêreld nie. Net sowat een derde gebruik lidwoorde, terwyl minder as 8% beide bepaalde en onbepaalde lidwoorde het. • Relatiewe Klousules met Relatiewe Voornaaamwoorde (The guy whose book I borrowed). • Die “het“-transitiewe perfektum. (I have written – ek het geskryf) kom in alle Romaanse en alle Germaanse tale voor. • Die Passiewe Konstruksie met die verlede deelwoord (Die boek is geskryf), is ‘n rare kenmerk. • Datief vir Eksterne Besitters. (Die Mutter wäscht dem Kind die Haare). • Negatiewe Voornaamwoorde (geen mens, Niemand kommt, nobody comes) • Relatief-gebaseerde Ekwatiewe Konstruksies (so Z wie X) • Intensifeerder-Refleksiewe Differensiasie (The Pope himself gave us an audience). • Vergelykende infleksie van byvoeglike naamwoorde (groter, kleiner) • Geen produktiewe gebruik van reduplisering Verdere voorbeelde deur Jörg Rhiemeier • Woordorde: OWV (Onderwerp-werkwoord-voorwerp). • Akkusatiewe morfosintaktiese stelsel. • Matige sintetiese fusionele morfologie. • Hoofsaaklik suffikse. • Geen besitters-affikse op naamwoorde nie. • Voorsetsels eerder as agtersetsels. • Net pulmoniese konsonante (geen geglottaliseerde konsonante). • Stemhebbende vs stemlose opposise in sluitklanke. (beer / peer) • Geen fonemiese velare vs uvulare opposisie.
  • 4. 4 • Geen laterale frikatiewe of affrikate nie. • Minstens drie grade van klinkerhoogte. • Relatief welige klinker-inventarisse (meer as vier). • Hoё voorkoms van CCV-lettergrepe. (knyp, kreef, kleef, bly) Haspelmath se gradering van Europese tale volgens SGE-kenmerke 1 Frans & Duits 2 Albanies, Nederlands, Italiaans, Portugees, Sardinies 3 Engels, Grieks & Romeens 4 Tsjeggies, Yslands, Norweegs & Sweeds 5 Bulgaars, Hongaars, Letlands, Litous, Pools, Russies, Serwo-Kroaties, Sloweens & Oekraïenies 6 Baskies, Breton & Maltees 7 Armeens & Georgies Periferaal: Estlands, Fins, Iers, Komi, Lezgies, Nenets, Tatar, Turks & Oedmoert
  • 5. 5 Afrikaans as SGE via afkoms deur Nederlands Daniёl van Olmen en Adri Breed se studie “Afrikaans as Standaard Gemiddeld Europees: Wanneer ‘n lid uit sy taalarea beweeg” het bevind dat Afrikaans tien van twaalf kenmerke met Nederlands deel. Ten spyte van die verskillende maniere waarop Afrikaans en Nederlands negatiewe voornaamwoorde en eksterne besitters gebruik, word Afrikaans steeds as ʼn kernlid van die ELA beskou. Dit beteken dat die Afrikatale van die Khoisan- en Ntu-families, en Austronesiese tale soos Maleis, benewens leenwoorde geen invloed op Standaard-Afrikaans gelaat het nie. Afrikaans is trouens meer Europees as Engels wat ‘n sterk Brittoniese (Keltiese) substraat het.
  • 6. 6 Bibliografie Haspelmath, Martin. 2001. The European linguistic area: Standard Average European. Handbuch der Sprach- und Kommunikationswissenschaft vol. 20.2, pp. 1492-1510. Haspelmath, Martin. 1998. How young is Standard Average European? Language Sciences vol 20, No 3, pp 271 – 287. Haspelmath, Martin, Dryer, Matthew S., Gil, David, and Comrie, Bernard. 2005. The World Atlas of Language Structures. Oxford University Press. Heine, Bernd and Kuteva, Tania. 2006. The Changing Languages of Europe. Oxford University Press. McWhorter, John. 2009. Our Magnificent Bastard Tongue: the untold history of English. Avery. Poppe, Erich. Standard Average European and the Celticity of English intensifiers and reflexives: some considerations and implications. English Language & Linguistics , Volume 13 , Issue 2: Re-evaluating the Celtic hypothesis , July 2009 , pp. 251 – 266. DOI: https://doi.org/10.1017/S1360674309003013 Uys, Pieter. 2021. Die Engelse Taal. https://en.calameo.com/read/00668979133238bec1080 Uys, Pieter. 2021. Die Kleiner Germaanse Tale. https://en.calameo.com/read/00668979162238f136d47 Van Olmen, Daniёl; Breed en Adri. Afrikaans as Standaard Gemiddelde Europees: Wanneer ‘n lid uit sy taalarea beweeg. Southern African Linguistics and Applied Language Studies, Volume 33, Number 2, 3 April 2015, pp. 227-246(20). http://www.joerg-rhiemeier.de/Conlang/sae.html https://humans-who-read-grammars.blogspot.com/2019/10/language-family-maps.html WIkipedia: Standard Average European. Standard Average European Europese Linguïstiese Area Sprachbund Linguïstiese Streek Linguïstiese Konvergensie Taalkruispad Areal Linguistics Afrikaans as Standaard Gemiddelde Europees Nederlandse Taal Dutch Langauge Afrikaans Language Comparative Linguistics Charlemagne Sprachbund Germanic Languages Romance Languages Balkan Sprachbund