SlideShare a Scribd company logo
1 of 20
Download to read offline
1
Eurasiaties
& Dené-Sino-Kaukasies
Taal in Eurasiё sedert die Steentydperk tot vandag
2
Eurasiaties
& Dené-Sino-Kaukasies
'n Diakroniese vergelykende studie van die prototale
en die hedendaagse families
Pieter Uys, Orchards, Aug 2021
3
Inhoudsopgawe
Die Moedertaal 4
Fonologie 7
Geronde voorvokale 8
Affiksering 9
Komplekse klankstapeling 10
Tipologie 11
Naamwoordklas/Geslag 13
Voornaamwoorde 15
Vokaalharmonie 15
Selfbenaming 17
Bibliografie 19
4
Die Moedertaal
Die soeke na die Moedertaal, Proto-Mens of Proto-Wêrelds, het ‘n belowende fase
betree sedert die stigting van die Tower of Babel: Evolution of Human Language
projek en die Global Lexicostatistical Database (GLD).
Dié vordering is ook te dankie aan die navorsing en insigte van navorsers soos onder
andere John D Bengtson, Allan R Bomhard, Murray Gell-Man, Petra Goedgebuure,
Paul C Ryan, Tetyana Kozlova, George Starostin, Roger Blench, Wim van Binsbergen,
John McWhorter, Fee-Alexandra Haase, Valentyn Stetsyuk, Frederik Kortlandt, Theo
Vennemann en Peter Schrijver.
Die ontdekking en bestudering van Bories is ‘n opwindende mylpaal wat kosbare
insigte bring en nuwe uitdagings skep. Dis ‘n geskenk en ‘n geleentheid wat sigself
nie aldag voordoen nie. Om realisties te wees: Bories is waarskynlik die naaste wat
ons ooit sal kom aan die mitiese moedertaal. En dalk ís dit sy, onder ‘n skuilnaam.
Hierdie skrywe is ‘n huldeblyk aan die voorgangers soos Merritt Ruhlen en Joseph
Greenberg, wie se bydraes tot in lengte van dae waardeer sal word.
Die historiese linguïstiek het oor die laaste drie dekades ‘n nuwe dimensie van die
verlede aan die lig gebring: dat twee taalfilums tydens die laat Paleolitikum en vroeё
Mesolitikum (15,000 – 8,000 vC) in Noord-Eurasiё gepraat is: Dené-Sino-Kaukasies
en Eurasiaties.
Die ander twee makrotaalfamilies van Eurasiё is Afro-Asiaties (waaronder Egipties,
Berber en Semities) in die suidweste en Austries in die suidooste. Al vier dié filums
sou uit die hipotetiese oertaal Bories spruit, die taal van die Steentydperk.
Dené-Sino-Kaukasies het waarskynlik sowat 15,000 jaar gelede ontstaan, en rondom
10,000 jaar gelede verbrokkel. Haar afstammelinge word vandag in Tibet, China,
Myanmar, Bhutan, ‘n deel van Frankryk en Spanje, die Kaukasus, en dele van die
Himalayas, Siberiё, Alaska, oostelike Kanada, en suidwes VSA gepraat. Hulle sluit in al
die Chinese dialekte, Tibetaans, Burmees, Athabascan, Navajo, Apache, Baskies,
Burushaski, Noord-Kaukasies en Ket.
5
Eurasiaties is jonger, beraam op tussen 11,000 en 8,000 jaar gelede, en het
waarskynlik uit Dené-Sino-Kaukasies ontstaan. Die sprekers van die afstammelinge
van Eurasiaties bewoon die hele Europa, die Amerikas, Suidwes-Asiё, die Indiese
subkontinent, Siberiё, Korea en Japan, en sluit families in soos Indo-Europees, Altaïes
(Transeurasies), Oeralo-Siberies, Nivkh, Yukaghir, Kamchadaals en Inuit-Yupik-
Inangan.
Volgens die verspreidingspatroon het Eurasiatiese tale die ouer DSK-tale regdeur
Noord-Eurasiё verdring, sodat net geïsoleerde eilande soos Baskies, Burushaski,
Kaukasies en Jenisei (Ket) oorbly.
6
Navorsing oor die verdwene substraat-tale van Europa wat ‘n beduidende invloed op
Proto-Germaans uitgeoefen het, wys dat hulle tot Dene-Sino-Kaukasies behoort het.
Die rivier- en ander antieke plekname van Europa is oortuigende bewys daarvoor. Dit
beteken dat daar taalverskuiwings plaasgevind het, waar sprekers van DSK
(Waskonies) na Eurasiatiese (Indo-Europese) tale oorgeslaan het.
Die fonologiese en morfologiese verskille tussen Dené-Sino-Kaukasies en Eurasiaties
is aan hulle afstammelinge oorgedra wat daarvolgens ontwikkel het, en vandag die
taallandskap van die Eurasiatiese landmassa en die Amerikas uitmaak.
7
Fonologie
Dené-Sino-Kaukasies se formidabele konsonant-inventaris is veel ryker as dié van
Eurasiaties; alle plofklanke en affrikate behalwe /ʡ/ en /ʔ/) het ‘n stemhebbende, ejektiewe
en stemlose artikulasie gehad. Proto-DSK se arsenaal bestaan uit meer as 40 fonemiese
konsonante en agt fonemiese klinkers. Ter vergelyking: Afrikaans het 23 en Engels 24
konsonantfoneme teenoor die 40 van PDSK.
Vandag leef dié ryk klank-inventaris voort in die Noordwes- en Noordoos-Kaukasiese tale
soos Abkhaz (58 konsonantfoneme), Bzyb (67 konsonantfoneme), Chechen (50
konsonantforneme) en Archi (80 konsonantfoneme). Ook die Amerikaanse afstammelinge is
klankryk, soos die Athabascantale van Kanada en Navajo met sy 33 konsonante. Burushaski
in die Himalajas het ook meer as dertig konsonantfoneme.
Onder die 40 konsonante van Proto-DSK is daar volop agterkeelklanke, velare en uvulêre,
wat in Kaukasies, Burushaski en Na-Dené oorleef, maar elders verdwyn het.
Proto-Dené-Sino-Kaukasies se uitgebreide fonologiese stelsel sluit komplekse sibilant-
affrikate en resonantkombinasies in, wat fonologies eenvoudige kognate in Eurasiaties het.
Een van PDSK se uitstaande kenmerke is die oorvloed aan laterale affrikate soos dl, tl en tl’
(glottale uitspraak). Al drie van hulle oorleef in die Oos-Kaukasiese tale Avar, Andi en Tsez,
en in Na-Dene, soos Navajo dloo’ “grond-eekhoring”, -tle/-tlee’ “sokkies” en tl’ee’ “nag”.
Eurasiaties het net die basiese lateraal /l/: Proto-DSK *Htl’wǐnV “winter, jaar” teenoor
Eurasiaties *luńgV “sneeu”; PDSK *tl’ăpǐ “blaar ” (Burushaski *ltap “blaar”, Basque lapar
“braambos”) is die Eurasiatiese *lVp’V “blaar, bas”, en PDSK *tl’ānpV “tong, lip” is die
Eurasiatiese *l[a]pV “lek, lip”.
Dis fassinerend dat Baskies en Burushaski laterale affrikate tussen klinkers op dieselfde
manier hanteer – /rd/ of /rt/ by eersgenoemde, en /ld/ of /lt/ by Burushaski.
DSK het drie reekse sibilante en sibilant-affrikate gehad: voor /s, c, c̓, ʒ/, palataal /ś, ć, ćʼ/ en
agter /š, č, čʼ, ǯ/, waarvan daar nog spore in Baskies oorleef.
DSK het ook oor ‘n reeks uvulare konsonante beskik wat foneties as /ʁ ɢ x, χ/ weergegee
word. Die Franse en die gebreide Afrikaanse /r/ ressorteer hieronder, maar is die resultaat
van ‘n ander tipe ontwikkeling aangesien Eurasiaties nie dié reeks gehad het nie.
8
Eurasiaties het maksimum 25 konsonante gehad en +/- agt klinkers, wat aanleiding gegee
het tot Ablaut (klinkerwisseling) in Indo-Europees en vokaalharmonie in die Oeraalse,
Mongoolse en Turkse tale.
29 uit die 37 tale met geronde voorvokale is in Eurasiё geleё, in Europa noord van die Alpe,
met ‘n swenk na die suide om Albanië, Turkye en die Stans van Sentraal-Asiё in te sluit, en
verder oos tot by die Stille Oseaan. Net vier tale met geronde voorvokale word vir die
Amerikas aangegee, en selfs minder elk vir Afrika en Oseaniё. Die bronne blyk boonop
skepties te wees oor sommige van voorgenoemde.
Die nasies van wes na oos sluit in Ysland, die Faro Eilande, die Skandinawiese lande, die Lae
Lande, Frankryk, Duitsland, Switzerland, die noordooste van Italië, Oostenryk, Hongarye,
Anatolië, die Kaukasus, Estland, die Russiese Federasie, Tibet, Mongolië en China. Binne die
Russiese Federasie, onder meer die volgende: Bashkortostan, Tatarstan, Chuvashia,
Kalmykia, Mari-El en Sakha (Yakutia).
23 van die 37 tale het geronde voorvokale in beide die hoё en middelposisie, agt het net
hoё geronde voorvokale en ses van hulle het net geronde voorvokale onder middelhoogte
klinkers.
Wat taal- makrofamilies betref, behoort almal van hulle tot die Eurasiatiese of Dene-Sino-
Kaukasiese families. Onder die Eurasiatiese familie is die Germaanse, Romaanse, Keltiese en
Albaniese groepe.
In die Germaanse tale is geronde voorvokale ‘n algemene verskynsel; benewens Duits is dit
deel van die fonologie van tale soos Yslands, Noorweegs, Sweeds, Deens, Nederlands en
Alemannies.
In Europa, benewens Frans in Romaanse tale soos Gascon (Langue d’oc) is daar die
Italiaanse dialekte van die noordweste soos Piedmontees en Lombardies wat ook in die
Switzerse kanton Ticino gepraat word.
Bretons is ‘n Keltiese taal wat in die Bretagneprovinsie van Frankryk gepraat word.
Fins, Nganasan, Hongaars en Selkup behoort tot die Oeraalse familie, terwyl Altaïes
(Transeurasies) onder meer verteenwoordig word deur Kalmyk, Dagur en Oirat (lede van die
Mongoliese familie), Turks, Kumyk, Yakut (Turkiese familie) en Manchu (Manchu-Toengoes).
Die Dené-sino-Kaukasiese makrofamilie het deur Baskies verteenwoordiging in die
Communauté d'Agglomeration du Pays Basque in Frankryk, en die Baskiese Outonome
Gebied in Spanje. In die Kaukasus is daar die Lesgiese tale van Dagestan en Chechnies van
Chechnya (laasgenoemde twee behoort tot die Noordoos-Kaukasiese taalfamilie). Dan’s
daar Tibetaans, en standaard Chinees sowel as Kantonees, wat tot die Sino-Tibetaanse of
Trans-Himalaya-familie behoort.
9
59% - 21 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale,
behoort tot die Eurasiatiese makrofamilie.
20% - 6 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale,
behoort tot die Dené-Sino-Kaukasiese makrofamilie.
Affikse
Proto-Dené-Kaucasies het van prefikse en suffikse gebruik gemaak, soos die klasprefiks in
die naamwoordklasstelsel en ‘n stel prefikse voor die werkwoordstam. Die uitsonderings
wat meer suffikse as prefikse kan dra, is Noordoos-Kaukasies en Burushaski.
Eurasiaties het van suffikse gebruik gemaak by werkwoordvervoeging, naamvalle en
geslagsaanguiding. Prefiksering was die uitsondering, soortgelyk aan Afrikaans waar
naamwoordnegering met “nie-“ aangedui word.
10
Komplekse konsonantstapeling in Dené-Sino-Kaukasies
c /ts/ ƛ /tɬ/ ć /tɕ/ č /tʃ/
c̣ /tsʼ/ ƛ̣ /tɬʼ/ ć̣ /tɕʼ/ č̣ /tʃʼ/
ʒ /dz/ Ł /dɮ/ ʒ́ /dʑ/ ǯ /dʒ/
s /s/ λ /ɬ/ ś /ɕ/ š /ʃ/
z [z] L [ɮ] ź [ʑ] ž [ʒ]
x /x/ χ /χ/ ħ /ʜ/ h /h/
γ [ɣ] ʁ [ʁ] ʕ /ʢ/ ɦ /ɦ/
11
Morfologiese Tipologie
Drie hoof- morfologiese taaltipes kan onderskei word. Die analitiese vorm is soos Chinees
wat byna geen morfologie het nie, omdat grammatiese inligting sintakties geënkodeer word
deur reekse enkelwoorde. Hierdie tipe morfosintaksis word analities genoem aangesien
daar ‘n groot ooreenkoms bestaan tussen ‘n enkele morfeem en ‘n enkele aspek van
betekenis.
Agglutinerende (agglutinale) tale bou woorde op deur morfeme soos ‘n ketting aan te ryg,
waar elke morfeem ‘n diskrete semantiese eenheid is. ‘n Voorbeeld van so taal is Turks,
waar die woord evlerinizden (“vanaf julle huise”) bestaan uit die morfeme ev-ler-iniz-den,
wat beteken huis-meervoudsvorm-jou-vanaf.
‘n Spesifieke tipe agglutinerende taal word polisinteties genoem. So ‘n taal kan die
ekwivalent van ‘n hele Afrikaanse of Engelse sin in een woord uitdruk, byvoorbeeld Yupik
tuntussuqatarniksaitengqiggtuq (“Hy het nog nie weer gesê dat hy rendiere gaan jag nie)”
bestaan uit die morfeme tuntu-ssur-qatar-ni-ksaite-ngqiggte-uq met die betekenisse,
“rendiere-jag-toekoms-sê-ontkenning-weer-derde persoon-enkel-aanwysend”. Buiten die
morfeem tuntu (“rendiere”) kan nie een van die ander morfeme in isolasie voorkom nie.
Die derde tipe is fusionele tale, waar verskeie betekenisse in ‘n enkele morfeem kombineer
word. In Latyn byvoorbeeld, bestaan die woord bonus (goed) uit die kern bon-, wat “goed”
beteken, en die agtervoegsel -us wat manlik is en dui op enkelvoudigheid, en
die nominatiewe naamval.
Proto-Eurasiaties lyk na ‘n tipiese agglutinerende taal terwyl PDSK polisinteties was. Die
onderskeie afstammelinge verteenwoordig uiteenlopende en gemengde tipes.
Proto-DSK: Navajo is polisinteties met fusionele elemente en Noordwes-Kaukasies dieselfde,
Tibetaans is agglutinerend en die Chinese tale en Burmees is tonaal-analities.
Proto-Eurasiaties: Letlands en Litous is fusioneel, die meeste Uralo-Siberiese (Fins, Estnies)
en Transeurasiese (Turks, Mongools) tale is agglutinerend, en Eskimo is polisinteties. Engels
en Afrikaans is semi-analities. Tonaliteit kom nie algemeen onder die afstammelinge van
Eurasiaties voor nie.
12
Morfologiese taaltipes: Analities, Agglutinerend, Fusioneel, Polisinteties
Kategorie per woord
13
Naamwoordklas/Geslag
Eurasiaties maak geen klas- of geslags-onderskeid in die naamwoord nie. Dit het in
Proto-Indo-Europees as ‘n innovering ontstaan, maar die drieledige vorm manlik-
vroulik-onsydig is intussen by baie tale tot twee gereduseer. Italiaans het
byvoorbeeld die o/a onderskeid vir manlik en vroulik, soos ragazzo (seun) vs ragazza
(meisie).
In die uitgestorwe Anatoliese groep wat onder meer Nesili, Luwies en Lidies insluit,
het die onderskeid as “lewend/nie-lewend” gefunksioneer. Etlike hedendaagse Indo-
Europese tale soos Armeens en Persies het geslag as grammatiese faktor heeltemal
verloor.
In die Namakwalandse dialek van Afrikaans het die nominatiewe vorm van die
vroulike voornaamwoord “sy” blykbaar verdwyn en word daar na albei geslagte as
“hy” verwys.
14
Die a-prefikswoorde vir persone, diere, plante en liggaamsdele:
Baskies Kaukasies Burushaski Ander
a-bere (beeste) Udi bele (beeste)
a-ho (mond)
a-dar (horing) -ltúr (horing)
be-/bi-prefikswoorde vir liggaamsdele, liggaamsvloeistowwe of eienskappe:
be-larri (oor) Ubykh b-ɮa (oog)
bi-skar (rug) Abkhaz azkw
a (rug) -squa (op jou rug) Haida s-ku (rug)
u-/o- prefiks vir liggaamsdele, liggaamsvloeistowwe
o-dol (bloed) Navajo dìɬ (bloed)
u-rdail (maag) Rutul u-xun (maag) -úl ‛belly, abdomen’
e-/i-prefiks vir vloeistowwe, melk, dou, hout:
e-sne (melk) Chechen šin (uier) ṣiŋ (melk)
e-če (huis) yeéś (woning)
i-sar (ster) Tindi c:aru (ster)
i-toi (druppel water)’ Chechen tuj (speeksel)
In dié opsig was PDSK nader aan die Ntutale soos Xhosa en Zulu. Die
naamwoordklasstelsel van PDSK het op die onderskeid lewend/nie-lewend en
manlik/vroulik berus. Dié stelsel is steeds springlewendig in die Noordoos-Kaukasiese
tale met hulle twee tot agt klasse, in Burushaski met vier en in Jenisei (Ket) met drie.
Die gestolde reste van so ‘n stelsel is steeds sigbaar in Baskiese naamwoorde hoewel
die stelsel nie meer funksioneer nie. Tibetaans het ook sulke gestolde prefikse,
byvoorbeeld m-ćhin “lewer”, m-gur “keel”, m-khal “nier”, d-gun “winter”, d-bu
“kop”, d-kyilma “middel”, ens.
15
Voornaamwoorde
Eurasiaties word gekenmerk deur die voornaamwoordstamme *mi “ek, my” en *ti
“jy, jou”, en in Kartveels, Turkies en Toengoesies *mi/*si of *bi/*si.
Dené-Sino-Kaukasies het die twee stamme *(’a)ŋV vs *(’a)dzu vir eerste persoon, en
die twee stamme *(’u)Gwu vs *(’a)wu) vir tweede persoon. Dis interessant dat
Baskies en die NO-Kaukasiese taal Dargwa beide die eerste stam van elke paar gekies
het vir die direkte vorm: Baskies *ni “ek, my” en *hi “jy/jou”. Dargwa: nu en ħu.
Vokaalharmonie
Vokaalharmonie is ‘n assimilerende proses waarin die klinkers van ‘n woord almal tot
dieselfde klas sinchroniseer. Dié vorm van metafonie is ‘n eienskap van heelwat
Eurasiatiese tale; dit beteken dat ‘n woord uitsluitlik voor- of agtervokale het, en dat
die vokale van uitgange en suffikse aanpas by die vokaaltipe van die stam.
Vokaalharmonie kan op hoogte, nasalering, posisie (voor- of agtervokaal) en ander
faktore gebou word.
tuolilla
op die stoel
pöydällä
op die tafel
Vokaalharmonie werk langafstand, wat beteken dat die betrokke klinkers nie langs
mekaar hoef te verskyn nie, en dat daar segmente tussen die snellervokaal en die
teikenvokale mag wees. Gewoonlik is daar een klinker, die sneller, wat die ander
klinkers in die woord beïnvloed om by ‘n relevante fonologiese kenmerk van die
sneller in te val.
16
In baie tale ressorteer verskillende vokale onder verskillende stelle, soos agtervokale
of geronde vokale. In sekere Altaïese tale is daar ‘n rondingsharmonie wat bo-or die
agtervokaliteitsharmonie optree. Harmonie behels een of meer harmoniese
eienskappe waarvoor klinkers harmoniese pare vorm, sodat elke klinker ‘n
harmoniese opponent in die ander stel het.
17
Selfbenaming
Baie Indo-Europese tale het ‘n woord vir “mens” wat op “aarde, grond, klei” berus:
• Kelties *gdonyo- (Iers duine ‘persoon,’ Wallies dyn ‘man’) < *dʰɡ
́ ʰom-yo-
• Germaans *guman- ‘man’ (Engels [bride]groom]) ; < *dʰɡ
́ ʰm
̥ -mon-
• Latyn homō, hominis ‘persoon’ < *dʰɡ
́ ʰm-on- (ook hūmānus)
Die onderliggende stam met sy oorspronklike betekenis kom ook gereeld voor:
• Kelties *gdon- (Ou Iers dú, don ‘plek’) < *dʰɡ
́ ʰom-
• Latyn humus ‘grond’ < *dʰɡ
́ ʰom-o-, humilis ‘naby die grond’ < *dʰɡ
́ ʰem-el-i-
Dieselfde afleiding van “mens” uit “aarde” bestaan in die Semitiese tale, byvoorbeeld
Hebreeus: ‫ם‬ ָ‫ד‬ ָ
‫א‬ ɔādām ‘man, Adam‘ van ‫ה‬ ָ
‫מ‬ ָ‫ד‬ֲ‫א‬ ɔădāmâ ‘grond.’ (Die onderliggende
stam ɔ–d–m beteken ‘rooi’).
Dis nie die enigste stam in hierdie verband nie. Grieks anthropos ἄνθρωπος “mens”
dui op “aarde, grond, onder, bodem” uit die Boriese konsepstam TVHV aarde met die
Proto-Austro-Asiatiese vorm *tɛj aarde.
In die Niger-Kongo-familie vind mens die bekende stam *-ntu vir mens in Proto-Ntu,
en *taw in Proto-Austronesies, wat met Proto-Indo-Europees *ndho ooreenstem, wat
onder, onderkant beteken.
Proto-Afro-Asiaties het *tVʔ vir ‘n tipe grond, en dieselfde prototaal het *duḥ vir laag,
terwyl Egipties t3 aarde beteken en dḥ na laag verwys.
In Khoesan is “Tuu” die naam van die suidelike taalfamilie en die woorde tā en tū
beteken persoon in verwante Tuu-tale. In die noordelike Kx’a-familie is dit *žu
persoon.
Proto-Dené-Sino-Kaukasies *dVHV, Proto-Sino-Tibetaans *diə:lH bodem en Chinees
tə:jʔ basis of wortel.
Proto-Dené-Sino-Kaukasies *ʔntV ‘aarde, sand’ is kognaat met PIE *-ndho ‘bodem,
onder’ wat ‘n waarskynlike kognaat is van *-ntu, die woord vir ‘persoon’ in die
Ntutale, en verwant is aan die selfbenaming van die Tuu-taal se sprekers soos hierbo
vermeld.
18
19
Bibliografie
ASLIP https://www.aslip.org/mt.html
Bengtson, John D. Bengtson, John D. Materials for a Comparative Grammar of the Dene-Caucasian
(Sino-Caucasian) Languages. Santa Fe Institute.http://jdbengt.net/
Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of
Anthropology - in Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins.
Binsbergen, Wim van. 2009. Exploring the long range pre and proto-history of Element Cosmologies.
In: Quest: An African Journal of Philosophy. Vol. XXIII-XXIV, No. 1-2, 2009-2010.
Blench, Roger. New developments in the classification of Bantu languages and their historical
implications. https://horizon.documentation.ird.fr/exl-
doc/pleins_textes/pleins_textes_6/colloques2/38088.pdf
Bomhard, Allan R. (1998) Nostratic, Eurasiatic and Indo-European. In: Joseph C. Salmons and Brian D.
Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 17-49.
Fleming, H C (2002). Afrasian and Its Closest Relatives: the Borean Hypothesis. Global Perspectives
on Human Language http://greenberg-conference.stanford.edu/Fleming_Abstract.htm
Fleming, Harold C, Stephen L. Zegura, James B. Harrod, John D. Bengtson, Shomarka O.Y. Keita. The
Early Dispersions of Homo sapiens sapiens and proto-Human from Africa, in: Journal of the Association
for the Study of Language in Prehistory • Issue XVIII • 2013.
Fleming, H C. 1991. A New Taxonomic Hypothesis: Borean or Boralean', Mother Tongue 14 (1991).
Gell-Man, Murray. Testing the "Borean" Hypothesis, by Ilia Peiros, Santa Fe Institute, George Starostin,
Russian State University for the Humanities.
Gell-Mann, Murray et al. (2009) Distant Language Relationship: The Current Perspective, Journal of
Language Relationship·Вопросы языкового родства
The Global Lexicostatistical Database. https://starling.rinet.ru/new100/GLD.htm
Greenberg, Joseph H. (2000). Indo-European and its Closest Relatives: The Eurasiatic Language
Family, Vol. 1: Grammar . Stanford: Stanford University Press. 2000
Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections).
Bloomington: Indiana University.
Haase, Fee-Alexandra. 2019. “Chaining". Studies of the conceptualization of genuine concepts of
linguistic communication in the roots of the proto-language-thesaurus and reflexes across language
families. Dialectologia 2019 no. 3.
20
Haase, Fee-Alexandra. 2014. Protolanguages vs. Linguistic Networks across language branches’. A
basic inventory for relations of concepts in prehistoric states of linguistic communication. In: Speech
and Context I (VI) 2014.
Haase, Fee-Alexandra. 2021. Where does speech come from?' a historical linguistic answer. The Free
Library. 2011 Estonian Academy Publishers 11 Jul. 2021.
Kortlandt, Frederik 2020. The dissolution of the Eurasiatic macrofamily
https://www.academia.edu/44755526/The_dissolution_of_the_Eurasiatic_macrofamily
Kortlandt, Frederik. Indo-Uralic and Altaic https://www.kortlandt.nl/publications/art216e.pdf
Kozlova T. O. Recurrent Patterns Of Semantic Change: Evidence From Global Etymologies. DOI
https://doi.org/10.36059/978-966-397-171-1/41-58
Robbeets, Martine. 2020. The classification of the Transeurasian languages In book: The Oxford Guide
to the Transeurasian Languages (pp.31-39) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0004
Robbeets, Martine. 2020. The homelands of the individual Transeurasian proto-languages In book: The
Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.753-771)
DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0044
Robbeets, Martine. 2020. The Transeurasian homeland: where, what, and when? In book: The Oxford
Guide to the Transeurasian Languages (pp.772-783) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0045
Robbeets, Martine. 2020. The typological heritage of the Transeurasian languages In book: The Oxford
Guide to the Transeurasian Languages (pp.127-144) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0011
Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: Studies in linguistic taxonomy. Stanford Universaity
Press.
Sergei Starostin, 1953 – 2005. https://pantheon.world/profile/person/Sergei_Starostin/
Uys, Pieter. Eurasiaties.
Uys, Pieter. 2021. Die Geronde Voorvokale.
Uys, Pieter. Die Oorsprong en Ontwikkeling van die Indo-Europese Taalfamilie.
Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n brug oor die stroom van tyd.
Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n drif deur die spruit van tyd.
Uys, Pieter. Taal is ‘n poort deur die muur van tyd.
Vuosaly , Hellas, The Untaught: Latest Horizon in Long-Range Historical Comparative Linguistics. New
York: Intntl Committee of Koinoetymology and Post-Metaphysical Thinking, ICKPT, 2017. Pp. 132
genetic linguistics historical linguistics language families eurasiatic
dene-sino-caucasian borean protolanguage linguistic taxonomy

More Related Content

More from PieterUys7

Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyPieterUys7
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesPieterUys7
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesPieterUys7
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedPieterUys7
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languagesPieterUys7
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels PieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse TaalPieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundPieterUys7
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokalePieterUys7
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamiliePieterUys7
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkPieterUys7
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)PieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse talePieterUys7
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamiliePieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasPieterUys7
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan PieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TalePieterUys7
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaPieterUys7
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies PieterUys7
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale PieterUys7
 

More from PieterUys7 (20)

Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ Amerindies
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale
 

Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian

  • 1. 1 Eurasiaties & Dené-Sino-Kaukasies Taal in Eurasiё sedert die Steentydperk tot vandag
  • 2. 2 Eurasiaties & Dené-Sino-Kaukasies 'n Diakroniese vergelykende studie van die prototale en die hedendaagse families Pieter Uys, Orchards, Aug 2021
  • 3. 3 Inhoudsopgawe Die Moedertaal 4 Fonologie 7 Geronde voorvokale 8 Affiksering 9 Komplekse klankstapeling 10 Tipologie 11 Naamwoordklas/Geslag 13 Voornaamwoorde 15 Vokaalharmonie 15 Selfbenaming 17 Bibliografie 19
  • 4. 4 Die Moedertaal Die soeke na die Moedertaal, Proto-Mens of Proto-Wêrelds, het ‘n belowende fase betree sedert die stigting van die Tower of Babel: Evolution of Human Language projek en die Global Lexicostatistical Database (GLD). Dié vordering is ook te dankie aan die navorsing en insigte van navorsers soos onder andere John D Bengtson, Allan R Bomhard, Murray Gell-Man, Petra Goedgebuure, Paul C Ryan, Tetyana Kozlova, George Starostin, Roger Blench, Wim van Binsbergen, John McWhorter, Fee-Alexandra Haase, Valentyn Stetsyuk, Frederik Kortlandt, Theo Vennemann en Peter Schrijver. Die ontdekking en bestudering van Bories is ‘n opwindende mylpaal wat kosbare insigte bring en nuwe uitdagings skep. Dis ‘n geskenk en ‘n geleentheid wat sigself nie aldag voordoen nie. Om realisties te wees: Bories is waarskynlik die naaste wat ons ooit sal kom aan die mitiese moedertaal. En dalk ís dit sy, onder ‘n skuilnaam. Hierdie skrywe is ‘n huldeblyk aan die voorgangers soos Merritt Ruhlen en Joseph Greenberg, wie se bydraes tot in lengte van dae waardeer sal word. Die historiese linguïstiek het oor die laaste drie dekades ‘n nuwe dimensie van die verlede aan die lig gebring: dat twee taalfilums tydens die laat Paleolitikum en vroeё Mesolitikum (15,000 – 8,000 vC) in Noord-Eurasiё gepraat is: Dené-Sino-Kaukasies en Eurasiaties. Die ander twee makrotaalfamilies van Eurasiё is Afro-Asiaties (waaronder Egipties, Berber en Semities) in die suidweste en Austries in die suidooste. Al vier dié filums sou uit die hipotetiese oertaal Bories spruit, die taal van die Steentydperk. Dené-Sino-Kaukasies het waarskynlik sowat 15,000 jaar gelede ontstaan, en rondom 10,000 jaar gelede verbrokkel. Haar afstammelinge word vandag in Tibet, China, Myanmar, Bhutan, ‘n deel van Frankryk en Spanje, die Kaukasus, en dele van die Himalayas, Siberiё, Alaska, oostelike Kanada, en suidwes VSA gepraat. Hulle sluit in al die Chinese dialekte, Tibetaans, Burmees, Athabascan, Navajo, Apache, Baskies, Burushaski, Noord-Kaukasies en Ket.
  • 5. 5 Eurasiaties is jonger, beraam op tussen 11,000 en 8,000 jaar gelede, en het waarskynlik uit Dené-Sino-Kaukasies ontstaan. Die sprekers van die afstammelinge van Eurasiaties bewoon die hele Europa, die Amerikas, Suidwes-Asiё, die Indiese subkontinent, Siberiё, Korea en Japan, en sluit families in soos Indo-Europees, Altaïes (Transeurasies), Oeralo-Siberies, Nivkh, Yukaghir, Kamchadaals en Inuit-Yupik- Inangan. Volgens die verspreidingspatroon het Eurasiatiese tale die ouer DSK-tale regdeur Noord-Eurasiё verdring, sodat net geïsoleerde eilande soos Baskies, Burushaski, Kaukasies en Jenisei (Ket) oorbly.
  • 6. 6 Navorsing oor die verdwene substraat-tale van Europa wat ‘n beduidende invloed op Proto-Germaans uitgeoefen het, wys dat hulle tot Dene-Sino-Kaukasies behoort het. Die rivier- en ander antieke plekname van Europa is oortuigende bewys daarvoor. Dit beteken dat daar taalverskuiwings plaasgevind het, waar sprekers van DSK (Waskonies) na Eurasiatiese (Indo-Europese) tale oorgeslaan het. Die fonologiese en morfologiese verskille tussen Dené-Sino-Kaukasies en Eurasiaties is aan hulle afstammelinge oorgedra wat daarvolgens ontwikkel het, en vandag die taallandskap van die Eurasiatiese landmassa en die Amerikas uitmaak.
  • 7. 7 Fonologie Dené-Sino-Kaukasies se formidabele konsonant-inventaris is veel ryker as dié van Eurasiaties; alle plofklanke en affrikate behalwe /ʡ/ en /ʔ/) het ‘n stemhebbende, ejektiewe en stemlose artikulasie gehad. Proto-DSK se arsenaal bestaan uit meer as 40 fonemiese konsonante en agt fonemiese klinkers. Ter vergelyking: Afrikaans het 23 en Engels 24 konsonantfoneme teenoor die 40 van PDSK. Vandag leef dié ryk klank-inventaris voort in die Noordwes- en Noordoos-Kaukasiese tale soos Abkhaz (58 konsonantfoneme), Bzyb (67 konsonantfoneme), Chechen (50 konsonantforneme) en Archi (80 konsonantfoneme). Ook die Amerikaanse afstammelinge is klankryk, soos die Athabascantale van Kanada en Navajo met sy 33 konsonante. Burushaski in die Himalajas het ook meer as dertig konsonantfoneme. Onder die 40 konsonante van Proto-DSK is daar volop agterkeelklanke, velare en uvulêre, wat in Kaukasies, Burushaski en Na-Dené oorleef, maar elders verdwyn het. Proto-Dené-Sino-Kaukasies se uitgebreide fonologiese stelsel sluit komplekse sibilant- affrikate en resonantkombinasies in, wat fonologies eenvoudige kognate in Eurasiaties het. Een van PDSK se uitstaande kenmerke is die oorvloed aan laterale affrikate soos dl, tl en tl’ (glottale uitspraak). Al drie van hulle oorleef in die Oos-Kaukasiese tale Avar, Andi en Tsez, en in Na-Dene, soos Navajo dloo’ “grond-eekhoring”, -tle/-tlee’ “sokkies” en tl’ee’ “nag”. Eurasiaties het net die basiese lateraal /l/: Proto-DSK *Htl’wǐnV “winter, jaar” teenoor Eurasiaties *luńgV “sneeu”; PDSK *tl’ăpǐ “blaar ” (Burushaski *ltap “blaar”, Basque lapar “braambos”) is die Eurasiatiese *lVp’V “blaar, bas”, en PDSK *tl’ānpV “tong, lip” is die Eurasiatiese *l[a]pV “lek, lip”. Dis fassinerend dat Baskies en Burushaski laterale affrikate tussen klinkers op dieselfde manier hanteer – /rd/ of /rt/ by eersgenoemde, en /ld/ of /lt/ by Burushaski. DSK het drie reekse sibilante en sibilant-affrikate gehad: voor /s, c, c̓, ʒ/, palataal /ś, ć, ćʼ/ en agter /š, č, čʼ, ǯ/, waarvan daar nog spore in Baskies oorleef. DSK het ook oor ‘n reeks uvulare konsonante beskik wat foneties as /ʁ ɢ x, χ/ weergegee word. Die Franse en die gebreide Afrikaanse /r/ ressorteer hieronder, maar is die resultaat van ‘n ander tipe ontwikkeling aangesien Eurasiaties nie dié reeks gehad het nie.
  • 8. 8 Eurasiaties het maksimum 25 konsonante gehad en +/- agt klinkers, wat aanleiding gegee het tot Ablaut (klinkerwisseling) in Indo-Europees en vokaalharmonie in die Oeraalse, Mongoolse en Turkse tale. 29 uit die 37 tale met geronde voorvokale is in Eurasiё geleё, in Europa noord van die Alpe, met ‘n swenk na die suide om Albanië, Turkye en die Stans van Sentraal-Asiё in te sluit, en verder oos tot by die Stille Oseaan. Net vier tale met geronde voorvokale word vir die Amerikas aangegee, en selfs minder elk vir Afrika en Oseaniё. Die bronne blyk boonop skepties te wees oor sommige van voorgenoemde. Die nasies van wes na oos sluit in Ysland, die Faro Eilande, die Skandinawiese lande, die Lae Lande, Frankryk, Duitsland, Switzerland, die noordooste van Italië, Oostenryk, Hongarye, Anatolië, die Kaukasus, Estland, die Russiese Federasie, Tibet, Mongolië en China. Binne die Russiese Federasie, onder meer die volgende: Bashkortostan, Tatarstan, Chuvashia, Kalmykia, Mari-El en Sakha (Yakutia). 23 van die 37 tale het geronde voorvokale in beide die hoё en middelposisie, agt het net hoё geronde voorvokale en ses van hulle het net geronde voorvokale onder middelhoogte klinkers. Wat taal- makrofamilies betref, behoort almal van hulle tot die Eurasiatiese of Dene-Sino- Kaukasiese families. Onder die Eurasiatiese familie is die Germaanse, Romaanse, Keltiese en Albaniese groepe. In die Germaanse tale is geronde voorvokale ‘n algemene verskynsel; benewens Duits is dit deel van die fonologie van tale soos Yslands, Noorweegs, Sweeds, Deens, Nederlands en Alemannies. In Europa, benewens Frans in Romaanse tale soos Gascon (Langue d’oc) is daar die Italiaanse dialekte van die noordweste soos Piedmontees en Lombardies wat ook in die Switzerse kanton Ticino gepraat word. Bretons is ‘n Keltiese taal wat in die Bretagneprovinsie van Frankryk gepraat word. Fins, Nganasan, Hongaars en Selkup behoort tot die Oeraalse familie, terwyl Altaïes (Transeurasies) onder meer verteenwoordig word deur Kalmyk, Dagur en Oirat (lede van die Mongoliese familie), Turks, Kumyk, Yakut (Turkiese familie) en Manchu (Manchu-Toengoes). Die Dené-sino-Kaukasiese makrofamilie het deur Baskies verteenwoordiging in die Communauté d'Agglomeration du Pays Basque in Frankryk, en die Baskiese Outonome Gebied in Spanje. In die Kaukasus is daar die Lesgiese tale van Dagestan en Chechnies van Chechnya (laasgenoemde twee behoort tot die Noordoos-Kaukasiese taalfamilie). Dan’s daar Tibetaans, en standaard Chinees sowel as Kantonees, wat tot die Sino-Tibetaanse of Trans-Himalaya-familie behoort.
  • 9. 9 59% - 21 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale, behoort tot die Eurasiatiese makrofamilie. 20% - 6 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale, behoort tot die Dené-Sino-Kaukasiese makrofamilie. Affikse Proto-Dené-Kaucasies het van prefikse en suffikse gebruik gemaak, soos die klasprefiks in die naamwoordklasstelsel en ‘n stel prefikse voor die werkwoordstam. Die uitsonderings wat meer suffikse as prefikse kan dra, is Noordoos-Kaukasies en Burushaski. Eurasiaties het van suffikse gebruik gemaak by werkwoordvervoeging, naamvalle en geslagsaanguiding. Prefiksering was die uitsondering, soortgelyk aan Afrikaans waar naamwoordnegering met “nie-“ aangedui word.
  • 10. 10 Komplekse konsonantstapeling in Dené-Sino-Kaukasies c /ts/ ƛ /tɬ/ ć /tɕ/ č /tʃ/ c̣ /tsʼ/ ƛ̣ /tɬʼ/ ć̣ /tɕʼ/ č̣ /tʃʼ/ ʒ /dz/ Ł /dɮ/ ʒ́ /dʑ/ ǯ /dʒ/ s /s/ λ /ɬ/ ś /ɕ/ š /ʃ/ z [z] L [ɮ] ź [ʑ] ž [ʒ] x /x/ χ /χ/ ħ /ʜ/ h /h/ γ [ɣ] ʁ [ʁ] ʕ /ʢ/ ɦ /ɦ/
  • 11. 11 Morfologiese Tipologie Drie hoof- morfologiese taaltipes kan onderskei word. Die analitiese vorm is soos Chinees wat byna geen morfologie het nie, omdat grammatiese inligting sintakties geënkodeer word deur reekse enkelwoorde. Hierdie tipe morfosintaksis word analities genoem aangesien daar ‘n groot ooreenkoms bestaan tussen ‘n enkele morfeem en ‘n enkele aspek van betekenis. Agglutinerende (agglutinale) tale bou woorde op deur morfeme soos ‘n ketting aan te ryg, waar elke morfeem ‘n diskrete semantiese eenheid is. ‘n Voorbeeld van so taal is Turks, waar die woord evlerinizden (“vanaf julle huise”) bestaan uit die morfeme ev-ler-iniz-den, wat beteken huis-meervoudsvorm-jou-vanaf. ‘n Spesifieke tipe agglutinerende taal word polisinteties genoem. So ‘n taal kan die ekwivalent van ‘n hele Afrikaanse of Engelse sin in een woord uitdruk, byvoorbeeld Yupik tuntussuqatarniksaitengqiggtuq (“Hy het nog nie weer gesê dat hy rendiere gaan jag nie)” bestaan uit die morfeme tuntu-ssur-qatar-ni-ksaite-ngqiggte-uq met die betekenisse, “rendiere-jag-toekoms-sê-ontkenning-weer-derde persoon-enkel-aanwysend”. Buiten die morfeem tuntu (“rendiere”) kan nie een van die ander morfeme in isolasie voorkom nie. Die derde tipe is fusionele tale, waar verskeie betekenisse in ‘n enkele morfeem kombineer word. In Latyn byvoorbeeld, bestaan die woord bonus (goed) uit die kern bon-, wat “goed” beteken, en die agtervoegsel -us wat manlik is en dui op enkelvoudigheid, en die nominatiewe naamval. Proto-Eurasiaties lyk na ‘n tipiese agglutinerende taal terwyl PDSK polisinteties was. Die onderskeie afstammelinge verteenwoordig uiteenlopende en gemengde tipes. Proto-DSK: Navajo is polisinteties met fusionele elemente en Noordwes-Kaukasies dieselfde, Tibetaans is agglutinerend en die Chinese tale en Burmees is tonaal-analities. Proto-Eurasiaties: Letlands en Litous is fusioneel, die meeste Uralo-Siberiese (Fins, Estnies) en Transeurasiese (Turks, Mongools) tale is agglutinerend, en Eskimo is polisinteties. Engels en Afrikaans is semi-analities. Tonaliteit kom nie algemeen onder die afstammelinge van Eurasiaties voor nie.
  • 12. 12 Morfologiese taaltipes: Analities, Agglutinerend, Fusioneel, Polisinteties Kategorie per woord
  • 13. 13 Naamwoordklas/Geslag Eurasiaties maak geen klas- of geslags-onderskeid in die naamwoord nie. Dit het in Proto-Indo-Europees as ‘n innovering ontstaan, maar die drieledige vorm manlik- vroulik-onsydig is intussen by baie tale tot twee gereduseer. Italiaans het byvoorbeeld die o/a onderskeid vir manlik en vroulik, soos ragazzo (seun) vs ragazza (meisie). In die uitgestorwe Anatoliese groep wat onder meer Nesili, Luwies en Lidies insluit, het die onderskeid as “lewend/nie-lewend” gefunksioneer. Etlike hedendaagse Indo- Europese tale soos Armeens en Persies het geslag as grammatiese faktor heeltemal verloor. In die Namakwalandse dialek van Afrikaans het die nominatiewe vorm van die vroulike voornaamwoord “sy” blykbaar verdwyn en word daar na albei geslagte as “hy” verwys.
  • 14. 14 Die a-prefikswoorde vir persone, diere, plante en liggaamsdele: Baskies Kaukasies Burushaski Ander a-bere (beeste) Udi bele (beeste) a-ho (mond) a-dar (horing) -ltúr (horing) be-/bi-prefikswoorde vir liggaamsdele, liggaamsvloeistowwe of eienskappe: be-larri (oor) Ubykh b-ɮa (oog) bi-skar (rug) Abkhaz azkw a (rug) -squa (op jou rug) Haida s-ku (rug) u-/o- prefiks vir liggaamsdele, liggaamsvloeistowwe o-dol (bloed) Navajo dìɬ (bloed) u-rdail (maag) Rutul u-xun (maag) -úl ‛belly, abdomen’ e-/i-prefiks vir vloeistowwe, melk, dou, hout: e-sne (melk) Chechen šin (uier) ṣiŋ (melk) e-če (huis) yeéś (woning) i-sar (ster) Tindi c:aru (ster) i-toi (druppel water)’ Chechen tuj (speeksel) In dié opsig was PDSK nader aan die Ntutale soos Xhosa en Zulu. Die naamwoordklasstelsel van PDSK het op die onderskeid lewend/nie-lewend en manlik/vroulik berus. Dié stelsel is steeds springlewendig in die Noordoos-Kaukasiese tale met hulle twee tot agt klasse, in Burushaski met vier en in Jenisei (Ket) met drie. Die gestolde reste van so ‘n stelsel is steeds sigbaar in Baskiese naamwoorde hoewel die stelsel nie meer funksioneer nie. Tibetaans het ook sulke gestolde prefikse, byvoorbeeld m-ćhin “lewer”, m-gur “keel”, m-khal “nier”, d-gun “winter”, d-bu “kop”, d-kyilma “middel”, ens.
  • 15. 15 Voornaamwoorde Eurasiaties word gekenmerk deur die voornaamwoordstamme *mi “ek, my” en *ti “jy, jou”, en in Kartveels, Turkies en Toengoesies *mi/*si of *bi/*si. Dené-Sino-Kaukasies het die twee stamme *(’a)ŋV vs *(’a)dzu vir eerste persoon, en die twee stamme *(’u)Gwu vs *(’a)wu) vir tweede persoon. Dis interessant dat Baskies en die NO-Kaukasiese taal Dargwa beide die eerste stam van elke paar gekies het vir die direkte vorm: Baskies *ni “ek, my” en *hi “jy/jou”. Dargwa: nu en ħu. Vokaalharmonie Vokaalharmonie is ‘n assimilerende proses waarin die klinkers van ‘n woord almal tot dieselfde klas sinchroniseer. Dié vorm van metafonie is ‘n eienskap van heelwat Eurasiatiese tale; dit beteken dat ‘n woord uitsluitlik voor- of agtervokale het, en dat die vokale van uitgange en suffikse aanpas by die vokaaltipe van die stam. Vokaalharmonie kan op hoogte, nasalering, posisie (voor- of agtervokaal) en ander faktore gebou word. tuolilla op die stoel pöydällä op die tafel Vokaalharmonie werk langafstand, wat beteken dat die betrokke klinkers nie langs mekaar hoef te verskyn nie, en dat daar segmente tussen die snellervokaal en die teikenvokale mag wees. Gewoonlik is daar een klinker, die sneller, wat die ander klinkers in die woord beïnvloed om by ‘n relevante fonologiese kenmerk van die sneller in te val.
  • 16. 16 In baie tale ressorteer verskillende vokale onder verskillende stelle, soos agtervokale of geronde vokale. In sekere Altaïese tale is daar ‘n rondingsharmonie wat bo-or die agtervokaliteitsharmonie optree. Harmonie behels een of meer harmoniese eienskappe waarvoor klinkers harmoniese pare vorm, sodat elke klinker ‘n harmoniese opponent in die ander stel het.
  • 17. 17 Selfbenaming Baie Indo-Europese tale het ‘n woord vir “mens” wat op “aarde, grond, klei” berus: • Kelties *gdonyo- (Iers duine ‘persoon,’ Wallies dyn ‘man’) < *dʰɡ ́ ʰom-yo- • Germaans *guman- ‘man’ (Engels [bride]groom]) ; < *dʰɡ ́ ʰm ̥ -mon- • Latyn homō, hominis ‘persoon’ < *dʰɡ ́ ʰm-on- (ook hūmānus) Die onderliggende stam met sy oorspronklike betekenis kom ook gereeld voor: • Kelties *gdon- (Ou Iers dú, don ‘plek’) < *dʰɡ ́ ʰom- • Latyn humus ‘grond’ < *dʰɡ ́ ʰom-o-, humilis ‘naby die grond’ < *dʰɡ ́ ʰem-el-i- Dieselfde afleiding van “mens” uit “aarde” bestaan in die Semitiese tale, byvoorbeeld Hebreeus: ‫ם‬ ָ‫ד‬ ָ ‫א‬ ɔādām ‘man, Adam‘ van ‫ה‬ ָ ‫מ‬ ָ‫ד‬ֲ‫א‬ ɔădāmâ ‘grond.’ (Die onderliggende stam ɔ–d–m beteken ‘rooi’). Dis nie die enigste stam in hierdie verband nie. Grieks anthropos ἄνθρωπος “mens” dui op “aarde, grond, onder, bodem” uit die Boriese konsepstam TVHV aarde met die Proto-Austro-Asiatiese vorm *tɛj aarde. In die Niger-Kongo-familie vind mens die bekende stam *-ntu vir mens in Proto-Ntu, en *taw in Proto-Austronesies, wat met Proto-Indo-Europees *ndho ooreenstem, wat onder, onderkant beteken. Proto-Afro-Asiaties het *tVʔ vir ‘n tipe grond, en dieselfde prototaal het *duḥ vir laag, terwyl Egipties t3 aarde beteken en dḥ na laag verwys. In Khoesan is “Tuu” die naam van die suidelike taalfamilie en die woorde tā en tū beteken persoon in verwante Tuu-tale. In die noordelike Kx’a-familie is dit *žu persoon. Proto-Dené-Sino-Kaukasies *dVHV, Proto-Sino-Tibetaans *diə:lH bodem en Chinees tə:jʔ basis of wortel. Proto-Dené-Sino-Kaukasies *ʔntV ‘aarde, sand’ is kognaat met PIE *-ndho ‘bodem, onder’ wat ‘n waarskynlike kognaat is van *-ntu, die woord vir ‘persoon’ in die Ntutale, en verwant is aan die selfbenaming van die Tuu-taal se sprekers soos hierbo vermeld.
  • 18. 18
  • 19. 19 Bibliografie ASLIP https://www.aslip.org/mt.html Bengtson, John D. Bengtson, John D. Materials for a Comparative Grammar of the Dene-Caucasian (Sino-Caucasian) Languages. Santa Fe Institute.http://jdbengt.net/ Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins. Binsbergen, Wim van. 2009. Exploring the long range pre and proto-history of Element Cosmologies. In: Quest: An African Journal of Philosophy. Vol. XXIII-XXIV, No. 1-2, 2009-2010. Blench, Roger. New developments in the classification of Bantu languages and their historical implications. https://horizon.documentation.ird.fr/exl- doc/pleins_textes/pleins_textes_6/colloques2/38088.pdf Bomhard, Allan R. (1998) Nostratic, Eurasiatic and Indo-European. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 17-49. Fleming, H C (2002). Afrasian and Its Closest Relatives: the Borean Hypothesis. Global Perspectives on Human Language http://greenberg-conference.stanford.edu/Fleming_Abstract.htm Fleming, Harold C, Stephen L. Zegura, James B. Harrod, John D. Bengtson, Shomarka O.Y. Keita. The Early Dispersions of Homo sapiens sapiens and proto-Human from Africa, in: Journal of the Association for the Study of Language in Prehistory • Issue XVIII • 2013. Fleming, H C. 1991. A New Taxonomic Hypothesis: Borean or Boralean', Mother Tongue 14 (1991). Gell-Man, Murray. Testing the "Borean" Hypothesis, by Ilia Peiros, Santa Fe Institute, George Starostin, Russian State University for the Humanities. Gell-Mann, Murray et al. (2009) Distant Language Relationship: The Current Perspective, Journal of Language Relationship·Вопросы языкового родства The Global Lexicostatistical Database. https://starling.rinet.ru/new100/GLD.htm Greenberg, Joseph H. (2000). Indo-European and its Closest Relatives: The Eurasiatic Language Family, Vol. 1: Grammar . Stanford: Stanford University Press. 2000 Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections). Bloomington: Indiana University. Haase, Fee-Alexandra. 2019. “Chaining". Studies of the conceptualization of genuine concepts of linguistic communication in the roots of the proto-language-thesaurus and reflexes across language families. Dialectologia 2019 no. 3.
  • 20. 20 Haase, Fee-Alexandra. 2014. Protolanguages vs. Linguistic Networks across language branches’. A basic inventory for relations of concepts in prehistoric states of linguistic communication. In: Speech and Context I (VI) 2014. Haase, Fee-Alexandra. 2021. Where does speech come from?' a historical linguistic answer. The Free Library. 2011 Estonian Academy Publishers 11 Jul. 2021. Kortlandt, Frederik 2020. The dissolution of the Eurasiatic macrofamily https://www.academia.edu/44755526/The_dissolution_of_the_Eurasiatic_macrofamily Kortlandt, Frederik. Indo-Uralic and Altaic https://www.kortlandt.nl/publications/art216e.pdf Kozlova T. O. Recurrent Patterns Of Semantic Change: Evidence From Global Etymologies. DOI https://doi.org/10.36059/978-966-397-171-1/41-58 Robbeets, Martine. 2020. The classification of the Transeurasian languages In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.31-39) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0004 Robbeets, Martine. 2020. The homelands of the individual Transeurasian proto-languages In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.753-771) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0044 Robbeets, Martine. 2020. The Transeurasian homeland: where, what, and when? In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.772-783) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0045 Robbeets, Martine. 2020. The typological heritage of the Transeurasian languages In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.127-144) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0011 Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: Studies in linguistic taxonomy. Stanford Universaity Press. Sergei Starostin, 1953 – 2005. https://pantheon.world/profile/person/Sergei_Starostin/ Uys, Pieter. Eurasiaties. Uys, Pieter. 2021. Die Geronde Voorvokale. Uys, Pieter. Die Oorsprong en Ontwikkeling van die Indo-Europese Taalfamilie. Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n brug oor die stroom van tyd. Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n drif deur die spruit van tyd. Uys, Pieter. Taal is ‘n poort deur die muur van tyd. Vuosaly , Hellas, The Untaught: Latest Horizon in Long-Range Historical Comparative Linguistics. New York: Intntl Committee of Koinoetymology and Post-Metaphysical Thinking, ICKPT, 2017. Pp. 132 genetic linguistics historical linguistics language families eurasiatic dene-sino-caucasian borean protolanguage linguistic taxonomy