Beskrywing van Urmiameer in die Armeense Hoogland. Hierdie gebied was waarskynlik die wig van die prototaal Proto-Indo-Europees. Die argeologie van die gebied is besig om interressante data op te lewer.
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamiliePieterUys7
Proto-Indo-Europees het kenmerke van Oeraals, Kartveels en Noord-Kaukasies. Proto-Indo-European has qualities of Uralic, Kartvelian and Northern Caucasian. The original homeland was in Syunik, Artsakh and along the Arax River.
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamiliePieterUys7
Proto-Indo-Europees het kenmerke van Oeraals, Kartveels en Noord-Kaukasies. Proto-Indo-European has qualities of Uralic, Kartvelian and Northern Caucasian. The original homeland was in Syunik, Artsakh and along the Arax River.
Khoisan is ‘n geldige genetiese taalfamilie, wat uit een proto-taal ontstaan het. Bewerings dat Khoe, Kx’a en Tuu drie afsonderlike taalfamilies sou wees, druis in teen die bewyse, teen Ockert se Skeerlem en teen gesonde verstand. Die volgende uiteensetting dui op eienskappe wat die genetiese verwantskap van Khoe (Khoehkoegowab, Naro), Kx’a (Ju/’hoansi), Tuu (!Xóõ, !Xam), Hadza en Sandawe bevestig.
Bories en Betekenis (Borean and semantics)PieterUys7
The Mother of all Eurasian languages, her children Afro-Asiatic, Eurasiatic, Nostratic, Amerind and more, the Borean concept root and semantic tendencies from root to reflex.
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydPieterUys7
Navorsing oor die grootste taalfamilie in die Amerikas, met beskrywings van nege hedendaagse tale en die identifisering van hegter verwantskappe onder die 11 subgroepe.
‘n Meerderheid linguïste stem saam dat daar ‘n voorganger van natuurlike taal soos ons dit vandag ken, moes bestaan het, te wete Prototaal. Hulle verskil egter oor die aard daarvan, en die manier waarop dit in moderne taal ontwikkel het.
Die statuur van Sumeries in die antieke Nabye Ooste is merkwaardig. Selfs nadat die taal vanaf sowat 1,600 VHE nie meer ‘n betekenisvolle aantal moedertaalsprekers het nie, is dit op skool geleer en geskryf tot die begin van ons era. Benewens die taal se lang leeftyd, is die geografiese verspreiding daarvan uiters indrukwekkend.
Kleitablette in die Sumeriese taal het deel uitgemaak van die versamelings van biblioteke in stede soos Hattusa, Ebla, Ugarit, Susa, Mari, en ander, regdeur Assiriё en Babiloniё. Sumeries is vanaf Elam in die ooste deur Siriё tot in Anatoliё in die weste gebruik. Dit kan net toegeskryf word aan die kulturele prestasies van die Sumeriёrs en die ryk literatuurskatte van die taal.
This document compares six major protolanguage families: Afroasiatic, Amerind, Dené-Caucasian, Eurasiatic, Niger-Congo, and Nilo-Saharan. It discusses features such as consonant and vowel inventories, vowel harmony, ejectives/implosives, gender systems, inclusive vs. exclusive "we", word order, and morphological typology. For each protolanguage family, it describes characteristics of the ancestral language and notes features that were inherited or diffused among modern descendant languages. Examples of structural traits that spread through language contact, such as certain sounds and grammatical properties, are also outlined.
Drie grepe uit Johannesburg en Pretoria se ondergrondse naglewe in die Sewentigerjare, op 'n Disco-klankbaan. Drie boeiende narratiewe uit die destydse klubkultuur. Drie staaltjies wat jou na jou asem sal laat snak oor wat kleurvolle karakters soos Ailsa, Broer, Elvis, Dik Lynn en Lynn Blouwildebees, Jakes, Jungle en Prowler alles aangevang het. Karakters wie se blote bestaan oorle Oom Paul Kruger in sy graf sou laat rondtol. Ja, benewens die Koeksisters was daar ook die Kieriejollers! Verslawende verhale van pret, passie, perversie, prostitusie, drank, dwelms, geweld en gemeenskap in die bisarre dog glansryke milieu van Club Athos in Schoemanstraat, Pretoria rondom 1978/79.
Updating the theories and hypotheses on the earliest language phyla, macro-families and families in the light of research on Eurasiatic. Bywerking van die teorie en hipoteses oor die vroegste taalfilums, makro-families en families in die lig van navorsing oor Eurasiaties.
Die Ontstaan van die Engelse taal deur die plant van Germaans
op 'n Keltiese substratum. Geskiedenis van die Laat-Romeinse tydperk, die invalle van die Angel-Saksers en die rol van Brittonies in die slyp van die Engelse taal.
Die historiese linguïstiek het oor die laaste drie dekades ‘n nuwe dimensie van die verlede aan die lig gebring: dat twee taalfilums tydens die laat Paleolitikum en vroeё Mesolitikum (15,000 – 8,000 vC) in Noord-Eurasiё gepraat is: Dené-Sino-Kaukasies en Eurasiaties.
Khoisan is ‘n geldige genetiese taalfamilie, wat uit een proto-taal ontstaan het. Bewerings dat Khoe, Kx’a en Tuu drie afsonderlike taalfamilies sou wees, druis in teen die bewyse, teen Ockert se Skeerlem en teen gesonde verstand. Die volgende uiteensetting dui op eienskappe wat die genetiese verwantskap van Khoe (Khoehkoegowab, Naro), Kx’a (Ju/’hoansi), Tuu (!Xóõ, !Xam), Hadza en Sandawe bevestig.
Bories en Betekenis (Borean and semantics)PieterUys7
The Mother of all Eurasian languages, her children Afro-Asiatic, Eurasiatic, Nostratic, Amerind and more, the Borean concept root and semantic tendencies from root to reflex.
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydPieterUys7
Navorsing oor die grootste taalfamilie in die Amerikas, met beskrywings van nege hedendaagse tale en die identifisering van hegter verwantskappe onder die 11 subgroepe.
‘n Meerderheid linguïste stem saam dat daar ‘n voorganger van natuurlike taal soos ons dit vandag ken, moes bestaan het, te wete Prototaal. Hulle verskil egter oor die aard daarvan, en die manier waarop dit in moderne taal ontwikkel het.
Die statuur van Sumeries in die antieke Nabye Ooste is merkwaardig. Selfs nadat die taal vanaf sowat 1,600 VHE nie meer ‘n betekenisvolle aantal moedertaalsprekers het nie, is dit op skool geleer en geskryf tot die begin van ons era. Benewens die taal se lang leeftyd, is die geografiese verspreiding daarvan uiters indrukwekkend.
Kleitablette in die Sumeriese taal het deel uitgemaak van die versamelings van biblioteke in stede soos Hattusa, Ebla, Ugarit, Susa, Mari, en ander, regdeur Assiriё en Babiloniё. Sumeries is vanaf Elam in die ooste deur Siriё tot in Anatoliё in die weste gebruik. Dit kan net toegeskryf word aan die kulturele prestasies van die Sumeriёrs en die ryk literatuurskatte van die taal.
This document compares six major protolanguage families: Afroasiatic, Amerind, Dené-Caucasian, Eurasiatic, Niger-Congo, and Nilo-Saharan. It discusses features such as consonant and vowel inventories, vowel harmony, ejectives/implosives, gender systems, inclusive vs. exclusive "we", word order, and morphological typology. For each protolanguage family, it describes characteristics of the ancestral language and notes features that were inherited or diffused among modern descendant languages. Examples of structural traits that spread through language contact, such as certain sounds and grammatical properties, are also outlined.
Drie grepe uit Johannesburg en Pretoria se ondergrondse naglewe in die Sewentigerjare, op 'n Disco-klankbaan. Drie boeiende narratiewe uit die destydse klubkultuur. Drie staaltjies wat jou na jou asem sal laat snak oor wat kleurvolle karakters soos Ailsa, Broer, Elvis, Dik Lynn en Lynn Blouwildebees, Jakes, Jungle en Prowler alles aangevang het. Karakters wie se blote bestaan oorle Oom Paul Kruger in sy graf sou laat rondtol. Ja, benewens die Koeksisters was daar ook die Kieriejollers! Verslawende verhale van pret, passie, perversie, prostitusie, drank, dwelms, geweld en gemeenskap in die bisarre dog glansryke milieu van Club Athos in Schoemanstraat, Pretoria rondom 1978/79.
Updating the theories and hypotheses on the earliest language phyla, macro-families and families in the light of research on Eurasiatic. Bywerking van die teorie en hipoteses oor die vroegste taalfilums, makro-families en families in die lig van navorsing oor Eurasiaties.
Die Ontstaan van die Engelse taal deur die plant van Germaans
op 'n Keltiese substratum. Geskiedenis van die Laat-Romeinse tydperk, die invalle van die Angel-Saksers en die rol van Brittonies in die slyp van die Engelse taal.
Die historiese linguïstiek het oor die laaste drie dekades ‘n nuwe dimensie van die verlede aan die lig gebring: dat twee taalfilums tydens die laat Paleolitikum en vroeё Mesolitikum (15,000 – 8,000 vC) in Noord-Eurasiё gepraat is: Dené-Sino-Kaukasies en Eurasiaties.
This document provides biographical details about several individuals involved in Pretoria's LGBTQ scene in the 1970s-1980s, including Fat Lynn, Lynn Blouwildebeest, Bro, and Ailsa. It describes their activities at Club Athos, encounters with law enforcement, and their involvement in selling marijuana out of a house shared by Bro and Ailsa. The document hints at rising tensions due to the growing customer base for their marijuana business, and notes one night Ailsa did not answer the phone as usual, suggesting potential trouble was brewing.
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse talePieterUys7
This document discusses the Proto-Germanic language and its relationship to other Indo-European languages. Some key points:
1) Proto-Germanic underwent significant sound shifts that set it apart from neighboring Indo-European languages like Proto-Celtic by the mid-1st millennium BC.
2) Proto-Germanic vocabulary contains unique elements not found in other Indo-European languages, as well as non-Indo-European loanwords that survive in modern Germanic languages.
3) Proto-Germanic borrowed from neighboring Celtic and Iranian languages due to long contact between Germanic tribes and these groups. It also shows traces of Caucasian and Kartvelian language influence.
The document discusses the main language families of Africa, including:
1. Afro-Asiatic languages such as Berber, Semitic, Cushitic, and Omotic languages which likely originated in the Middle East.
2. Niger-Congo, the largest language family in the world, spanning from Senegal to Kenya. It includes major languages like Yoruba, Igbo, and Swahili.
3. Khoisan languages, the oldest family, spoken historically in southern Africa, including languages with click consonants like Xhosa and Zulu.
The document provides an overview of the geographic distribution and historical migration patterns of these major language families across Africa.
1. 1
Armenië, Ararat en Urartu
Die Urmia-meer lê in die verre noordweste van Iran waar dit aan Azerbaijan, Armenië, Turkye
en Irak grens. Bergreekse omring dié skilderagtige streek van 51,000 km2
met sy groen
heuwellandskap, strome en valleie. Reg in die middel van die dreineringskom, en tussen die
Iranse provinsies Wes- en Oos-Azerbaijan lê die meer – 'n verwonde pêrel wat geleidelik
herstel nadat die watervlak in 1996 'n laagtepunt bereik het.
2. 2
Dis hier waar taal- en kultuurkontak sedert minstens die vyfde millennium vC plaasvind tussen
Indo-Europees, Semities, Sumeries, Horities, Kartveels en ander tale van die antieke Nabye
Ooste. Interaksie tussen Proto-Semities, -Kartveels en -Indo-Europees moes besonder intens
en oor 'n baie lang tydperk plaasgevind het, soos die leksikon, klankstelsel en struktuur van
laasgenoemde drie toon.
Klinkerwisseling by verbuiging en woordvorming – wat as apofonie en ablaut bekend staan – is eienskappe wat
elders ongewoon is. Die kategorie van geslagsaanduiding wat by Semities en PIE aangetref word, is ook raar
onder die tale van die wêreld. ‘n Uitgebreide gedeelde leksikon onder Proto-Semities, PIE en Proto-Karveels
sluit in die woorde vir wyn, landerye, gewasse, skape, beeste en bokke. Die gedeelde woorde vir “ster” en
“sewe” dui moontlik op ‘n eenvormige ideologie of religie.
Urmia is die grootste meer in die Midde-Ooste en die tweede grootste soutmeer op aarde. Op ‘n hoogte van
min of meer 1,275 meter (4,183 voet) bo seespieël het die water in die 1990s vir ongeveer 140 km noord en
suid gestrek. Afhangende van die mate waartoe die meer herstel, kan dit tot 85 km breed word van oos na
wes, met ‘n oppervlak-area van tussen vyf- en sesduisend vierkante kilometer.
3. 3
Urmia is die terminaal van ‘n onafhanklike dreineringskom wat deur een-en-twintig standhoudende of
seisoenale riviere en 39 periodieke strome gevoed word. Die Zarrinarudrivier (Jegatoo) is 302 km lank, gevolg
deur die Āji Čāy van 265 km en die Simineh van 200 km. Ander riviere is die Alamlou, Gadar, Leylan, Nazlou, en
Barandouz. Die wintersneeu op die omringende berge voed die riviere wanneer die droë somer aanbreek.
Urmiameer het meer as 100 eilande, waaronder Shahi (Persies: شاه )جزیره van 23,000 ha wat die enigste
bewoonde eiland is. Sedert die watervlakke so erg gedaal het, het Shahi ‘n skiereiland geword. Kabudan (3125
ha), Ashk (1250 ha) en Espir (1250 ha) tel ook onder die groteres. Die eilande dien as ‘n rusplek vir ‘n
verskeidenheid migrerende voëlspesies soos flaminke, pelikane en ooievaars.
Die stad Urmia is op die Shaharrivier tussen die meer en die bergagtige Turkse grens geleë, in ‘n landskap van
vrugteboorde, landerye en weivelde. Die woord “Urmia” kan “golwend” beteken, of dis die samestelling van
Ur (stad) + Miya (water). Die meer en sy eilande is ‘n nasionale natuurreservaat; kleiner bewaarareas sluit in
Ellar Bagipark langs die Shahar Chayi (stadsrivier), die Marmisho-meer en Shahrchay-dam. Ontspanningsareas
omvat strandmere soos Isti Sou, parke soos Saheli (Rivieroewerpark), en eilande soos Kazem Dashi en
Kabudan.
4. 4
Die meer word plaaslik Daryāche-ye Orūmiye (ارومیه )دریاچه genoem, en Zerivar-i Wermi in Koerdies. Die
Armeense naam Kaputan tsov (Կապուտան ծով), beteken "blou see". Die Ou-Persiese naam was Chichast,
wat ‘glansend’ beteken, en in Latyn was dit Lacus Matianus of Matiene. Tydens die Middeleeue is dit Kabuda
genoem (die Persiese woord vir helderblou).
Die vroegste vermelding van Urmiameer verskyn in ‘n teks van die Assiriese Koning Shalmaneser III (858–824)
uit die negende eeu VC, wat verwys na die Parsuwaš (Perse) en Mattai (Meders). Die Urmiakom bevat
historiese terreine uit sover terug as die 6de milennnium, soos Teppe Hasanlu. Ander verwante terreine is
Yanik Tepe, Kul Tepe Jolfa en Haji Firuz Tepe waar die vroegste bewys van druiwewyn gevind is.
Indo-Europees het deur die jare al heelwat tuislande gehad wat dan weer in onguns verval het: Sentraal-Asië,
Indië, die Balkans, Sentraal-Europa, Skandinawië en selfs die Noordpool. Tans is die meerderheid spesialiste in
Indo-Europees ten gunste van Marija Gimbutas en Dawid W Anthony se Kurgan-Steppe hipotese (Ongeveer
4,000 VC het die sprekers, nomadiese veeboere wat in waens gewoon het, van die “Pontiese vlaktes” van
Oekraiene deur die Balkan Europa verower).
Die Anatoliese hipotese van die argeoloog Colin Renfrew plaas die sprekers in Anatolie in 8,000 VC, vanwaar
hulle geleidelik deur Europa versprei het en die landbou saamgeneem het. Nie een van die twee hipotese stel
‘n goeie saak vir die verspreiding van Indo-Europees na Iran en Indië nie. Die ontdekking van die Hetiete in
1920 was ‘n nagmerrie, want die spesialiste se paradigmas het in duie gestort. Die taal van die mense van
Hattusas naby Boğazkale in Turkye is die oudste Indo-Europese of -verwante taal wat op die wêreldtoneel
verskyn het.
5. 5
Helaas vir die hipotetiseerders, is Anatoliese Indo-Europees (Hetities, Karies, Lidies, Lisies, Luwies en Sideties)
‘n bietjie “anders” as die res van die groep op ‘n onverwagte manier, te wete dat die grammatika baie
eenvoudig is in vergelyking met die ou, beminde Prototaal. Die morfologie van beide die naamwoord en die
werkwoord is vereenvoudig. Baie van die tyds-uitgange in die werkwoord, en die verbuigingsvorme van
selfstandige naamwoorde is afgeskaal. Verder klou aanhangers van nommer een hierbo, sowel as etlike
ondersteuners van nommer twee, aan die feëverhaal dat die Anatoliese groep die Anatoliese Skiereiland via
die Bosporus binnegegaan het.
Die spreekwoordelike Mammoet in die kamer is die feit dat Indo-Europees sekere betekenisvolle
kernwoordeskat (op die Swadesh-lys) met Oeralies, Kartveels en Semities in gemeen het. Maar die sprekers
van Oeralies was in daardie era jagter-versamelaars wat glo te ver noord en oos van Oekraïene en Anatolië
gewoon het. Dis net deur langdurige en intensiewe kontak dat drie verskillende tale soveel van daardie
kategorie van woorde sou uitruil. Wat Semities betref, is dit alombekend dat die oudste en mees noordelike
Semitiese tale, Eblaïeties en Akkadies, nooit noorder as die grens tussen Turkye en Sirië gehoor is nie.
6. 6
Plekname
Een van die redes wat voorheen aangevoer is om ‘n Midde-Oosterse oorsprong vir PIE uit te skakel, is dat daar
geen Indo-Europese plekname in daardie geweste sou wees nie. (Toponieme – die name van riviere, mere,
berge en ander natuurverskynsels is bekend vir hulle weerstand teen verandering). Dis waarom soveel
Amerikaanse stede, riviere en state Amerindiese name het soos Alabama, Arkansas, Dakota, Massachusetts,
Minnesota, Mississippi, Nantucket).
Die onafhanklike Franse navorder Arnaud Fournet het so pas daardie vergissing
uit die weg geruim, en nou waardeer mens opnuut die wysheid van die
gesegde, “Niemand is so blind as dié wat nie WIL sien nie.”
Inderwaarheid wemel dit van Indo-Europese plekname in die Midde-Ooste:
Sirië, Mesopotamië, Anatolië, die Suid- en Transkaukasus. Eerstens, die naam
van die land Aratta wat in Sumeriese verhale soos ‘Enmerkar en die Heer van
Aratta’ voorkom, se etimologie is waarskynlik Proto-Indo-Europees *ar-th-
‘water, rivier. ’
Die Horitiese (Hurrian) naam van die Tigrisrvier is Aranzah of Arašših, en die
Assiriese naam van die Orontes, (Grieks Ὀρόντης) is Arantu. Die naam van die
Khaburrivier, ‘n hoof-bydraer tot die Eufraat, stam uit PIE */H2eb-/ ‘rivier’ of
Hetities /haba-/ ‘rivier’. Hierdie PIE-stam verskyn vandag as Sanskrit /áp/-
‘water’ < *h₂ep-; en Litous /ùpė/ ‘rivier’. Hetieties /hapa- /‘rivier’ reflekteer
*h₂ebʰ-, en hoort by Ou Iers /ab, aub/ ‘rivier’.
Die boloop van die Eufraat word Mala genoem in Hetitiese bronne, PIE *mel- ‘donker’ . Vandag noem die
Turke die westelike rivier wat die Eufraat voed, “kara su” wat ‘swart water’ beteken. Die stam *h2eb- wat
Khabur geword het, is foneties argaïes en kon dus nie uit ‘n later Indo-Europese taal soos dié van Mitanni
gekom het nie.
In Sirië is daar die stad Aleppo (Haleb), die Abanarivier en die antieke stad en bergreeks Barga [PIE *bʰerǵʰ =
hoog, berg] (nou Arabies: الساحلية الجبال سلسلة Silsilat al-Jibāl as-Sāḥilīyah); in Turkye die Taurusgebergte. [PIE
*táwros = bul].
Die woordeskat van PIE getuig van ‘n boomryke landskap van berge, heuwels en klowe, valleie, kranse en
rante: *bhergh (hoog), *kholnis (heuwel), *mn̥s (berg), *khl̥men (piek), *har (vallei), *sledh (berghang), *rainos
(rant), * kl̥dis (bergpaadjie), *dholos (kloof), *lonko (riviervallei) en *khamm (bergwoud).
7. 7
Dit was ‘n waterryke gebied van riviere, mere, poele, stroompies en vleiland. Die werkwoord *dhenand (vloei)
en dhān (rivier) waaruit riviere soos die Don, Donau, Dniepr en Dniester hulle name gekry het. Naamwoorde
soos *wr̥stā (reën), *wed (nat), *wodor (water), *mor/*mar (see, meer, moeras), *oru (meer) is volop in die
taal. Verder ook *wend (golf), *lindh (dam), *selo (vleiland), *palo (klei, modder), *pan (vlei), *aperos (oewer,
rivierbank), *dhūn (kus), *sol (eiland), *almos (fontein), bhoglā (rivier/beek soos in Liesbeeck) en *pont (brug).
Wolk (*nebhos), donder (*tontrom), storm (*m̥ bhros), sneeu (*sneigs), ys en koue (*eis /*is) en wind (*wentos)
was algemene verskynsels, terwyl die as- (*Hos), beuke- (*bhaHk), berke- (*bherHk) en denneboom (*phith)
alombekend was, net soos appels (*samlu), kersies (*khrno), moerbeie (*moro) en die roos (wr̥t).
Fauna in hierdie streek sluit in die wolf (*wl̥kwos), jakkals (*wolpis), luiperd (*phars), leeu (*lewos), wildekat
(*leukh), olifant (*lebhonth), en voëls soos die gans (*ghans), en die kraai (*korniks). Huisdiere is die hond
(*kwōn, kwonos), en kat (*kattā), en plaasdiere sluit skape (*owis) en beeste (*peku) in. Die kleurterme is
ghlastos of m̥ dhros vir blou, ghelwos vir groen, bhlōwes vir geel, bhrūnós vir bruin, rudhrós vir rooi, albhos vir wit,
pl̥wos vir grys en kr̥snos vir swart.
Argeologie
Iran
Hasanlu (Persies: تپه
حسنلو ) is 'n argeologiese terrein van 'n
antieke stad naby die suidelike oewer van Urmiameer op die
Solduz-vlakte in die Gadarriviervallei. Hasanlu dateer uit
7,000 vC, en is sonder onderbreking bewoon tot die jaar 825
vC. ‘n Wye reeks artefakte is daar gevind, soos eetgerei,
huisware, juweliersware en dekoratiewe teëls.
Dalma Tepe is 'n klein heuwel ongeveer 5 km suidwes van
Ḥasanlū Tepe af, naby die dorpie Dalma. Groot hoeveelhede handgemaakte pottebakkery-aardewerk is gevind
wat tydperk IX in Ḥasanlū Tepe verteenwoordig, en is gedateer op ongeveer 5000-4500 v.C. Soortgelyke
aardewerk is gevind in Seh Gābī en Godin Tepe, toegeskryf aan Tydperk X. Kul Tepe Jolfa is 'n ander verwante
terrein uit dieselfde tydperk wat noord van die Urmia-meer geleë is.
8. 8
Armenië
In Armenië is daar die Aknashen, Aratashen en Mestamor argeologiese terreine, en die Shulaveri-Shomu-
kultuur wat tussen 6000 en 4000 vC aktief was. Dit is opgevolg deur die Bronstydperk se Kura-Araxes-kultuur
wat van rondom 3400 - 2000 BC aktief was. Van sowat 2200 vC tot 1600 vC, floreer die Trialeti-Vanadzor-
kultuur in die gebied van die huidige Armenië, suidelike Georgië, en noordoostelike Turkye.
Een van die oudste strukture in Armenië is die Karahunj Sterrewag en Tempel van die Son wat uit 8000 vC
dateer. Naby Metsamor in die Armavir provinsie is ‘n kasteel van sowat 5000 jaar oud, met enorme klipstelae
wat die son en leeus uitbeeld, en idiogramme wat die proses van koper- en ystersmelting illustreer.
Meer as 100,000 rotstekeninge is in Armenië opgeteken, waarvan die oudstes uit die 12de millennium vC
dateer. Twee van die heel oudstes is ‘n afbeelding van ‘n olifant en ‘n afbeelding van wilde buffels wat
intussen in Armenië uitgesterf het. Geometriese figure, plante, hemelliggame en mitologiese karakters
verskyn ook daarin. Op die rotse van Ukhtasar word byna die volledige reeks fauna van die Armeense
Hoogland uitgebeeld. Die Jivakheti-, Gegham- en Vardeni-berge bevat van die mees indrukwekkende rotskuns.
Azerbaijan
Teen die hange van die Boyukdash-, Kichikdash- en Cingirdashberge, sowat 60 km van Baku af, is daar
duisende rotstekeninge uit die Meso- en Neolitiese era. Die terreine sluit in Damcılı spelonk, Ovçular mağarası
(Jagtersgrot), Anazagha, Khanlar, Garakopektepe, Yanigtepe, Haji Firuz, Shomutepe en Toyretepe. In die
Eneolitiese periode (6de tot 4de millennium vC) is daar smeltery en koperwerk verrig. Meer as 4,000
rotstekeninge van mense, diere, algemene ervarings, jag en dans is oor duisende jare by Gobustan uitgebeeld.
Die meeste van die rotstekeninge verskyn teen groot kranse wat tussen veelvuldige antieke woonplekke te
siene is.
Azokh is ‘n enorme spelonk in Hadrut, Artsakh, tussen die dorpies Azokh en Drakhtik. Dit beslaan sowat 8000
m2 en bevat asemrowende rotstekeninge en -gravures wat die prehistoriese leefstyl uitbeeld. Die goed-
bewaarde sketse toon jagters wat bokke en oer-osse (aurochs) jag, vroue wat dans en mense wat op rietbote
vaar.
Dagestan
Die Chokh-terrein op die noordoostelike hang van die Groter Kaukasusgebergte het twee Mesolitiese lae en
een Neolitiese laag, uit die agtste tot die sesde millennia vC. Aardewerk-pottebakkery en gekultiveerde graan
is in die Neolitiese laag gevind.
9. 9
Georgië
Die Vroeë Neolitikum van westelike Georgië word deur ‘n Laat-Neolitikum gevolg, wat deur terreine op die
kusstrook verteenwoordig word, soos Anaseuli-2, Odishien en Makhvilauri waar aardwerk-pottebakkery
verskyn. (Nebieridze, 1972; Kiguradze, 2001).
Slotsom
Dis nou duidelik dat van 12,000 tot 8,000 vC die terreine van Ghar-I Kamarband, Hotu, Qari-Komishan, en Ali
Tappeh in noordelike Iran; Damjili, Kaniza, Maral, Ana Zaga, Ovchular, Okuzler, Jeyranlar en Firuz in Azerbaijan;
en Chokh, Mekegi, Kozma-Noho, Shau-Leget en Sosruko in die noordelike Kaukasus deur Mesolitiese mense
bewoon is.
10. 10
Aratta, Ararat, Urartu
Aratta is ‘n fabelagtige land wat in die oudste Sumeriese legendes verskyn. Aratta is bergagtig en lê noord van
Sumer. Die land is ryk aan goud, silwer, lapis lazuli, en ander minerale. Plekke op pad na Aratta sluit in Zamua,
wat suid van die Urmiameer was. Dit blyk dat Aratta graan en ander landbouprodukte van Sumer af verkry
het, en mynbouprodukte en boumateriaal na Sumer uitgevoer het.
Die Sumeriese narratiewe wat na Aratta verwys, sluit in die Enuma Elish, ‘n Babiloniese skeppingsmite, sowel
as die verhale Enmerkar en die Heerser van Aratta, en Enmerkar en Ensuhkkishdana (Ensuhgirana). Aratta
word ook besing in Lugalbanda en die Anzugvoël, Bilgamesh en Huwawa, Die Himne aan Nisaba, Weeklag oor
Ur en in ‘n lofgedig van Koning Shulgi. Navorsers reken dat die Enmerkar-narratiewe na ‘n tydperk rondom
3100 vC – 2900 vC verwys, terwyl Enmerkar ook gekoppel word aan die eerste dinastie van Sumer (3500 –
2750 vC). In Farao Thutmoses III van Egipte se verwysing na die mense van "Ermenen" (in die jaar 1446 vC),
beweer hy dat in die land Urartu, die “hemel op vier pilare steun”
Enmerkar en die Heerser handel oor Enmerkar se ambisie om Unug se rang bo dié van Aratta te verhef.
Enmerkar en Ensuhkisdanna is die verhaal van die ambisieuse leier van Unug en Kulaba en sy regterhand,
Numenatumma, wat hegemonie oor Aratta wou verkry, die stad wat deur Ensuhkkishdana en sy hoofminister
Ansigaria regeer is. Die eerste bovermelde mite sluit die Inkantasie aan Nudimmud in.
11. 11
“Eens was daar geen slang, geen skerpioen, geen hiëna, geen leeu, geen wildehond, geen wolf nie; daar was
geen vrees, geen angs nie. Die mens het geen vyand gehad nie. In daardie tyd het die lande Subur en Hamazi,
Sumer met sy tong van harmonie, in vrede geleef, die groot land met sy wette van heerskappy. En Uri, die land
met alles wat nodig is, die land Martu wat in veiligheid rus. Die hele kosmos, die mense het soos een met een
tong met Enlil gepraat. Toe het Enki, die heer van oorvloed, wie se bevele betroubaar is, die heer van wysheid
wat die land verstaan, die hoof van die gode, die heer van Eridu het die spraak in hulle monde verander, het
tweespalt in die taal van die mens ingebring, wat tot op daardie tyd een was.”
Die implikasie van die Aratta-mites is dat Aratta ‘n sleutelrol gespeel het in Sumeriese religie, en dat handel en
diplomasie tussen die twee state van die grootste belang was.
Name van Armenië
Name wat oor die millennia na die hoogland van Armenië en/of die mense van die hoogland verwys, sluit in:
Alzili, Aratta, Ararat, Arimi, Armani, Armen, Arme-Shupria, Azzi, Biainili, Ermani, Ermen, Ḫāte, Haya, Hayasa,
Nairi, Shubria, Shurili, Somkheti, Subartu, Surili, Urumia, Wan.
12. 12
Armeens
Oorsprong
Dis nie bekend hoe en wanneer die eerste sprekers van Armeens die ooste van Anatolië betree het in die
gebiede rondom die mere Sevan, Urmia en Wan nie. Dis moontlik dat hulle reeds teen die middel van die
tweede millennium vC daar gewoon het. Hulle teenwoordigheid as opvolgers van die Urartiërs kan tot sowat
520 vC dateer word, met die inskripsie van Darius die Grote by Behistun.
Die Indo-Europese dialekgroep Grieks-Armeens-Aries was deel van die laaste fase van linguïstiese eenheid
onder die sprekers van Indo-Europees. In die “Pontiese” teorie word bespiegel dat rondom 3000 – 2500 vC,
Proto-Grieks en Proto-Indo-Iraans geskei het, en dat Grieks na die weste en Indo-Iraans na die ooste begin
beweeg het. Armeens het kenmerke van beide die centum- en satemtale.
Aard
Armeens stem met die ander Indo-Europese tale ooreen in struktuur, maar in fonologie en in sekere aspekte
van die grammatika weerspieël dit elelemente van die Kaukasiese tale en Kartveels. Dis ‘n fleksionele taal met
‘n uitgebreide reeks naamvalle en werkwoordverbuigings. Die taal is ryk aan konsonante, waaronder ‘n stel
ejektiewe (glottale), en konsonantstapeling kom aan die begin van woorde voor. Die naamwoord het geen
geslagsaanduiding nie, en agtersetsels is algemeen. Die werkwoord het vyf modale aspekte, te wete indikatief,
subjunktief, kondisioneel, nesessitief en imperatief, en die indikatief het vier tydsanduidings: teenwoordig,
imperfektum, preteritum en imperatief.
13. 13
Bibliografie
Ajorloor, Bahram. 2013. The Early Neological Period in the Urmia Lake Region, in: jocO Quarterly, vol 1, no. 1,
Autumn 2013.
Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit Of Language In Prehistory: Essays In The Four Fields Of Anthropology -
In Honor Of Harold Crane Fleming. John Benjamins.
Bomhard, Allan R. 1996. Indo-European And The Nostratic Hypothesis. Charleston, South Carolina: Signum.
Bomhard, Allan R. 1998. Nostratic, Eurasiatic And Indo-European. In: Joseph C. Salmons And Brian D. Joseph
(Eds.) Nostratic. Sifting The Evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 17-49.
Diakonoff, I. M. 1984. The Prehistory of the Armenian People. Delmar, New York, 1984
Dolgopolsky, A., 1998. The Nostratic Macrofamily And Linguistic Palaeontology. (Papers In The Prehistory Of
Languages.) Cambridge: Mcdonald Institute For Archaeological Research.
Dolgopolsky, A., 1999. The Nostratic Macrofamily: A Short Introduction, In Nostratic: Examining A Linguistic
Macrofamily, Eds. C. Renfrew & D. Nettle. Cambridge: Mcdonald Inst For Archaeological Research, 19–46.
Fournet, Arnaud. (2019) [draft]. Reasons why Indo European studies are a fraud: Solving the issue of the Indo-
European homeland.
www.academia.edu/40251214/Reasons_why_Indo_European_studies_are_a_fraud
Gamkrelidze, Thomas V, and Ivanov, Vjaceslav V. 2005. Indo-European and the Indo-Europeans: A
Reconstruction and Historical Analysis of a Proto-Language and a Proto-Culture. Mouton de Gruyter, Berlin
New York 1995.
Hansen, S, Guram Mirtskhulava, Katrin Bastert-Lamprichs, Neolithic Settlements Of The 6th Millennium Bc In
The Southern Caucasus. In: O. P. Nieuwenhuyse/R. Bernbeck/P.M.M.G. Akkermans/J. Rogasch (Hrsg.)
Interpreting The Late Neolithic Of Upper Mesopotamia (Turnhout 2013) 387-396.
Ivanov, Vyacheslav V. The Indo-European Homeland in the Near East: New Evidence. Bulletin Of The Georgian
National Academy Of Sciences, vol. 175, no. 3, 2007.
Kozintsev, Alexander. 2019. Proto-Indo-Europeans: The Prologue. Journal of Indo-European Studies, vol 47.
Lehmann, W. P. 2002: Pre-Indo-European. Journal of Indo-European monograph series 41. Washington D.C.
14. 14
Movsisyan, Artak. The Sacred Highlands: Armenia In The Spiritual Geography. National Academy Of Sciences
Of The Republic Of Armenia. Institute Of Oriental Studies of the Ancient Near East. Yerevan University
Publishers.
Petrosyan, Armen. 2005. Problems Of Armenian Prehistory. Gitutyun Publishing House, Yerevan.
Ruhlen, Merritt (1991). A Guide To The World’s Languages. Vol 1. Stanford, Stanford University Press.
Salmons, Joseph C. And Brian D. Joseph (1998) Introduction. In: Joseph C. Salmons And Brian D. Joseph (Eds.)
Nostratic. Sifting The Evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 1-12.
Smith, Adam T. 2012. The Prehistory of the Urartian Landscape. Biainili-Urartu: The Proceedings of the
Symposium held in Munich. Edited by S. Kroll, C. Gruber, U. Hellwag, M. Roaf & P. Zimansky. Peeters, 2012.
Stetsyuk, Valentyn, Historical Macrolinguistics.
Stetsyuk, Valentyn. The Urheimat Of The Nostratic Languages.
Tokhatyan, K. S. 2015. Rock Carvings of Armenia In: Fundamental Armenology, No. 2, 2015.
Varoutsikos, Bastien, et al. 2017. From the Mesolithic to the Chalcolithic in the South Caucasus: New data
from the Bavra Ablari rock shelter. In: Batmaz A., Bedianashvili G., Michalewicz A., Robinson A. Context and
Connection: Essays on the Archaeology of the Ancient Near East in Honour of Antonio Sagona. Leuven :
Peeters, 2017.
Vine, Brent. 1998. Indo-European And Nostratic: Some Further Comments. In: Joseph C. Salmons And Brian D.
Joseph (Eds.) Nostratic. Sifting The Evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 85-106.
Pieter Uys, 2021.