SlideShare a Scribd company logo
1
Taalfamilies in die Oertyd
Nostraties, Dené-sino-Kaukasies en Amerindies
Taalverwantskap
Tale is verwant wanneer hulle ‘n gemeenskaplike oorsprong het, byvoorbeeld Engels, Duits,
Afrikaans, Deens, Nederlands en Yslands. Genetiese verwantskap word bepaal deur die
waarneming van oorgeërfde ooreenkomste in fonologie, morfologie en woordeskat.
So kan mens sien dat die Afrikaanse /d/ met die Engelse /d/ en die Duitse /t/ korrespondeer:
Afr /deur/, Eng /door/, Duits / Tür/ ~ Afr /diep/, Eng /deep/, Duits /tief/ ~ Afr /doen/, Eng
/do/, Duits /tun/. Klankkorrespondensies tussen verwante tale ontstaan weens klankreëls en
elke taal het sy eie klankreëls in elke fase van sy geskiedenis. Tale moet dus op die korrekte
manier vergelyk word, nie net volgens opsigtelike klankpatrone nie maar ook ooreenkomstig die
wette van historiese fonetiese verandering.
2
Stamwoorde speel ‘n belangrike rol in die bepaling van verwantkap. Stamme van een taal word
met stamme van ander tale vergelyk, waar ooreenkomste in klank en betekenis op verwantskap
dui. Fonetiese korrespondensie in woordstamme is nie voldoende om verwantskap te bewys nie.
Daar moet ook bewys word dat stamme nie aan leenwoorde toegeskryf kan word nie, maar aan
oorerwing. Taalkundiges weet watter tipe woorde gewoonlik geleen word, en watter nie. Woorde
wat gewoonlik nooit geleen word nie, is die persoonlike voornaamwoorde soos /ek/, /jy/, /hy/,
woorde vir liggaamsdele soos /oor/, /tand/, /hand/, vir natuurverskynsels soos /water/,
/wind/ en vir werkwoorde soos /eet/ en /gaan/.
By verlangse verwantskap waar min stamwoorde gedeel word, kan bewys van verwantskap in
die lettergreep-struktuur en in grammatiese elemente gevind word. Elke taal het sy eie stelsel
lettergreep-patrone, wat as C (konsonant) en V (klinker) aangegee word. in formules soos CV of
CVC (bv /pa/ of /pad/) Daarmee saam hang ‘n stel reëls met betrekking tot die tipes klanke wat
saam in ‘n lettergreep mag verskyn, en indien en waar konsonantstapeling (“consonant clusters”)
mag plaasvind (bv /straat/, bespreek/ en /Bronkhorstspruit). Ooreenkomste in voor- en
agtervoegsels, naamvalle, werkwoordverbuiging en ander vorms van morfologie kan op genetiese
verwantskap dui.
‘n Swadeshlys is ‘n klassieke versameling van basiese konsepte vir die doeleindes van histories-
komparatiewe analise. Die Swadeshlys in ‘n stel tale stel navorsers in staat om die onderlinge
verwantskappe van daardie tale te kwantifiseer. Die lys, wat na die taalkundige Morris Swadesh
vernoem is, word in leksikostatistiek en glottochronologie gebruik. Swadeshlyste verteenwoordig
die kernwoordeskat, die mees stabiele woorde in ‘n taal, wat die minste kans staan om vervang te
word. Soortgelyke lyste is deur Dolgopolsky, Lionel Bender, Winfred P. Lehmann, Don Ringe,
Sergei Starostin en B. Kessler saamgestel.
3
Die Swadesh–Yakhontov-lys is ’n lys van 35 woorde binne die Swadeshlys wat as besonder stabiel
beskou word:
ek
jy
hierdie
wie
wat
een
twee
vis
hond
luis
bloed
been
eier
horing
begin
oor
oog
neus
tand
tong
hand
weet
sterf
gee
son
maan
water
sout
klip
wind
vuur
jaar
vol
nuut
naam
Proto-Tale
Proto-Germaans, wat van die 5de eeu voor tot die 5de eeu van, die huidige era in drie takke
ontwikkel het (Wes-, Oos- en Noord-Germaans) is die prototaal van Afrikaans, Deens, Duits,
Engels, Faroëes, Nederlands-Vlaams, Skots, Nederduits, Noorweegs, Sweeds, Yslands en die
Alemanniese dialekte van Switzerland, Liechtenstein en Oostenryk. ‘n Gesproke vorm van laat-
Latyn, Proto-Romaans, is die prototaal van Frans, Galisies, Gascon, Italiaans, Katalaans,
Portugees, Provençal, Sardinies en Roemeens.
Op hulle beurt is Proto-Germaans, Latyn (of eerder Proto-Romaans), Proto-Kelties, Miseniese
Grieks, Proto-Albanies, Proto-Armenies, Proto-Balties, Proto-Slawies en ander die dogtertale van
Proto-Indo-Europees, terwyl PIE se sustertale Proto-Oeralies, Proto-Drawidies, Proto-Afro-
Asiaties, Proto-Altaïes en ander insluit.
4
Nostraties
Vandag domineer die afstammelinge van Nostraties die grootste deel van die Eurasiatiese
landmassa sowel as die Amerikas, met tale soos Duits, Engels, Spaans, Persies, Hindi, (Indo-
Europees), Turks, Kazakh, (Altaïes), Telugu en Tamil (Drawidies) en Arabies (Afro-Asiaties).
Nostraties is dus ‘n Makro-Taalfamilie, en het na raming sowat 10,000 jaar gelede opgebreek.
Binne Nostraties is daar ‘n hegter groep, Eurasiaties, met tale wat onderling nouer aan mekaar
verwant is as die res. Proto-Indo-Europees, Proto-Altaïes, Proto-Oeralies, Proto-Kartvelies
(Georgië), Proto-Inuit-Yupik-Inangan en verskeie prototale van Siberië vorm ‘n sub-groep wat op
die vlak van Drawidies en Afro-Asiaties verkeer.
Fonetiese korrespondensies is in honderde stamme onder tientalle tale identifiseer wat op die
Nostratiese verwantskap dui. Die Nostratiese stam vir /twee/ word as *toɁa gerekonstrueer.
Volgens die formule van klankverandering tussen Nostraties en PIE gee dit *dwehw vir Vroeë PIE
en *dwō vir Laat PIE. Van PIE *dwō na Latyn /duo/, Klassieke Grieks /düо/, Sanskrit /dva/,
Proto-Germaans *twō, Sweeds /två/, Deens /to/, Yslands /tveir/, Skots /twa/ en Afrikaans
/twee/.
Nostraties het oor ‘n uitgebreide reeks sluit- en skuurklanke beskik in stemlose, stemdraende en
geglottaliseerde vorme, drie reekse affrikate en sibilante, sowel as laterale obstruente, laringeale,
faringeale, en uvulare medeklinkers. Die klinkers was *a, *e, *i, *o, en *u. Enige klinker kon in die
eerste lettergreep van ’n woord verskyn, maar slegs *a, *i, en *u het in nie-inisiële lettergrepe
voorgekom. Woorde het met een medeklinker begin; klinker-inisiële woorde was onbekend. Die
twee basiese stamformasies was: Medeklinker + Klinker = CV en Medeklinker + Klinker +
Medeklinker = CVC.
5
Volgens linguïstiese tipologie was Proto-Nostraties ‘n analitiese taal met ‘n morfeem tot woord-
verhouding van 1:1. Met ander woorde, ‘n taal soos Afrikaans of Engels waarin vervoeging en
verbuiging nie ‘n groot rol speel nie. Die funksie van naamwoord-verbuigings is deur agtervoegsels
vervul, wat naamvalle soos akkusatief, genitief, instrumentaal, latief, ablatief en essief aangedui het.
Die rigiede sinskonstruksie van Nostraties was Onderwerp-Voorwerp-Werkwoord (SOV) sodat die
werkwoord altyd aan die einde van die klousule verskyn.
Die jagter-versamelaarsprekers van Proto-Nostraties moes op ‘n relatief primitiewe kultuurvlak
verkeer het. Woorde vir landbou en veeteelt is afwesig in PN se afstammelinge en daar’s geen
woorde vir tegnologie nie. Semantiese kategorieë wat in die dogterfamilies identifiseer is, sluit in
voornaamwoorde, woorde vir liggaamsdele, woorde vir diere soos die bul, beer, koei, leeu, luiperd,
oer-os, skaap, en verskeie spesies wildsbokke. Ook natuurverskynsels en basiese werkwoorde soos
/buig, kap, weef, opdeel, gryp, sit, sny, staan/ en so meer.
Die Mesolitiese era is identifiseer as die era van die Nostratiese spraakgemeenskap deur die
woordeskat te bestudeer. Die visnet, wat uit die Mesolitiese tyd dateer, se rekonstruksie is *ṭul[γ]a,
vanwaar Oeralies *tulko “visnet”; Proto-Kartvelies *txewl- “om vis met ‘n net te vang”; Proto-
Mantsjoe-Toengoes *tölä- “om ‘n visnet te stel”; Proto-Afro-Asiaties *ṭul‘- “visnet” wat in Egipties
eindelik /ӡu/ opgelewer het vir “visvang/”.
Geen Nostratiese stamwoorde vir veeteelt of pottebakkery bestaan nie, maar sommige dogtertale
gebruik die stamwoord *kada om na /bou/ en /pottebak/ te verwys. Die oorspronklike Proto-
Nostratiese betekenis is “weef-bind-vleg”. Pottebakkery is ‘n relatief laat uitvindsel wat in die vroeë
neolitiese era ontwikkel het uit die mesolitiese mandjie van riete wat met klei bedek is.
Deur net die hedendaagse afstammelinge van Nostraties met mekaar te vergelyk, kan mens nie
altyd so maklik by die korrekte Proto-Nostaties vorm uitkom nie. Maar ‘n kennis van die
gerekonstrueerde Proto-Indo-Europees werp lig op die saak, byvoorbeeld PIE se werkwoord-
uitgange in die enkelvoud teenwoordige tyd
*edmi ek eet
*edsi jy eet
*edti hy eet
spruit uit die Nostratiese voornaamwoorde *mi /ek/, *ti, later *śi /jy/ en *tV /dit/ wat na die
werkwoord verskyn het.
6
Etlike Proto-Nostratiese rekonstruksies.
‘n Asterisk * dui aan dat dit ‘n rekonstruksie is. Die simbool V staan vir ‘n klinker
wat nie tans bepaal kan word nie.
Aap *man[g]a
Bok *buk’a
Bul *čura
Dier met hoewe *kh
aba
Gans *gaŋa
Hiëna *tɬiba
Hond *kh
uwon
Muggie *k’uɢna
Oer-os *čoma
Olifant *haliwo
Valk *ħora
Vis *ķola
Meer of see *yama
Rivier *ɢala
See of meer *mara
Eier *ʔuh/xi
Neut *buta
Vleis *ʔomsa
Vrug *ph
ira
Hoofman *ħak’a
Niggie *kh
alu
Vader *ʔidin of *ʕedin
Moeder *ʔema
7
Dené-Sino-Kaukasies
Dené-Sino-Kaukasies (DSK) is ‘n makrotaalfamilie op dieslfde vlak as Nostraties wat ook uit
ongeveer 10,000 VHE dateer, met afstammelinge wat deesdae vanaf Europa regdeur China tot in
Noord-Amerika gepraat word. Hierdie familie sluit in die taal met die meeste sprekers op aarde
(Mandaryns) en ‘n sterwende taal met een van die minste, Imbak van Siberië, wat die laaste taal van
die Jennisei-familie is.
Teenoor PDSK se vier naamwoordklasse, is daar in Eurasiaties óf net een vorm soos in Altaïes en
Oeralies, óf die onderskeid is “lewend/nie-lewend” in vroeë Proto-Indo-Europees en die Anatoliese
familie, wat later tot “manlik/vroulik/onsydig” aangepas is.
By die voornaamwoorde het PDSK *(a)ŋV en *(a)dzu as eerste persoon enkelvoud teenoor
Eurasiaties *mi. PDSK tweede persoon *na-(ŋ) of *(u)Gwu en *(a)wu(n) teenoor Eurasiaties se tweede
persoon *ti of *si.
Onder die Dené-Sino-Kaukasiese tale is daar fonologiese verskynsels wat hulle van die Nostratiese
tale onderskei. Mandaryns is ‘n tonale taal wat stemtoon inspan om betekenis te onderskei. Dit het
ontstaan weens die verlies aan konsonante in Ou Sjinees. Die eerste toneem het ontstaan weens die
verlies aan die lettergreep se finale ʔ (stembandklapper), wat ‘n stygende toon tot gevolg gehad het.
Die lettergreep se finale -s het in -h verander en daarna weggeval, sodat net ‘n vroeëre intonasie
oorgebly het, wat die dalende toon tot stand gebring het. Waar geen *ʔ en *s bestaan het nie, het die
lettergreep op ‘n klinker geëindig op die gelyke toon. Tydens die Middel-Chinese fase, het
stemhebbende aanvangskonsonante stemloos geword. Ten einde ‘n onderskeid te behou, het die
toneem in twee verdeel ooreenkomstig die aanvangsklank.
8
Aan die ander kant beskik die Kaukasiese tale oor enorme konsonant-inventarisse en relatief min
klinkers. ‘n Taal soos Abkhaz het tot 80 konsonante maar net twee klinklers. Die wanbalans tussen
die aantal klinkers vs konsonante is te wyte aan die verskuiwing van die klanktint- (toonkleur-)-
eienskappe van die klinkers na die konsonante in Proto-Kaukasies. Byvoorbeeld /k/ inkorporeer
die klinker /u/ om die labiale konsonant /kw/ te vorm, en inkorporeer /i/ om die palatale
konsonant /kj/ te vorm wat soos die ‘tjie’ van kleintjie klink. So ‘n magdom konsonante maak vir
innovering in fonetiese skrif waar jy sulke simbole in Abkhaz kry: /t͡ʃʰ, t͡ɕʰ, ʈ
͡ ʂʰ, d͡ʒ/ en sulkes in die
Bzyb-dialek /t͡ɕ, d͡ʑ, t͡ɕʼ, ɕ, ʑ], χˤ/. En so meer /k͡ʟ
̝̊ , k͡ʟ
̝̊ ʷ, k͡ʟ
̝̊ ʼ, k͡ʟ
̝̊ ʷʼ/ vir Kaukasiese tale.
Etlike Proto-Dene-sino-Kaukasiese rekonstruksies.
‘n Asterisk * dui aan dat dit ‘n rekonstruksie is. Die simbool V staan vir ‘n klinker
wat nie tans bepaal kan word nie.
Ek *ŋV, *dzV
Jy *wVn
Julle *su, *uku
Mandjie *ˈt
͡ ɕ̕äxqwa
Dag *ʁweˈŋV
Bloed *tVɬV
Oog *wemqʼV́
Mond *χwǝ, *bek’wǝ
Neus *mHart
͡ ʃwV́
Huis *ɢwimʡV
Ster *dzwhariː
Arm *xɢˈHwVnAː
Been *kot
͡ sʼa
Voet *tʼwiːɦV:
Tak *jˈʡVʟV
Rook *k̕wɨŋʜV
Tong *méɫt
͡ sʼi
Tand *kVrd
͡ ʒwV
Voorkop *bʕáːɫho
Kop *t
͡ ɕʼV́ qV
Veld *ʔārV
Kant *ʔendū
Horing *t
͡ ɬwɨrV
Donker *dVmV
Vrou *qwanV
Rug *nV(x)qwV
Wang *daːŋʔɨː
Lip *tl’ānpV
Blaar *tl’ăpǐ
9
Dené-Sino-Kaukasies het voor enige van die Nostratiese afstammelinge oor Europa versprei en is
eers duisende jare later deur Indo-Europese en Oeraliese tale verdring sodat nog net Baskies in
Wes-Europa oorbly. Die Noordwes- en Noordoos-Kaukasiërs bewoon al vir millennia die
Kaukasiese gebergtes, in die verre noorde van Pakistan woon die sprekers van Burushaski, en al
wat oorbly van die Jenisei-tale is Ket (Imbak) van Siberië met sowat 100 sprekers.
10
Amerindies
Vandag word die oorgrote meerderheid van die afstammelinge van Dené-Sino-Kaukasies in Tibet,
China, Burma en Bhoetan aangetref, terwyl kleiner groepe in Alaska en dele van Kanada
(Athabascan) en die VSA (Navajo) woon. Die Dené-Sino-Kaukasiese tale was die tweede groep wat
die Amerikas betree het. Eerste was Amerind en duisende jare later het die derde groep, die
Nostratiese Inuit-Yupik-Inangan gevolg.
11
Die Amerindiese moedertaal wat van Tierra del Fuego aan die suidpunt van Suid-Amerika tot in
Kanada strek, toon opmerklike raakpunte met Greenberg se bovermelde Nostratiese subgroep
Eurasiaties (Indo-Europees + Uralies-Joekaghier, Altaïes, Inuit-Yupik-Inangan ens). Dit beteken dat
Amerindies heel waarskynlik ‘n sustertaal van Nostraties is.
Volgens Andrew Kitchen se filogenetiese analise was daar ‘n ekspansie uit Siberië oor die
Beringstraat en regdeur die Amerikas sowat 16,000 jaar gelede, van ‘n stigtersbevolking wat uit
sowat 5,000 individue bestaan het. In die Altai-gebied van Sentraal-Siberië is daar in 2010/11 ‘n
genetiese spoor ontdek van die Amerindiese trek vanaf die Midde-Ooste na Beringia.
Sestienduisend jaar gelede het daar ‘n poort tussen die Kontinentale (Laurentiese) en die Cordillera-
ysplate van Noord-Amerika oopgegaan weens verwarming. Mense uit Beringia, wat Siberie aan
Alaska verbind het, het dié poort betree en na die suide gevolg, vanwaar hulle oor Noord- en Suid-
Amerika versprei het. Heelwat later het Dené-Sino-Kaukasies in die vorm van die Dené-tale,
Noord-Amerika betree. Vandag woon die sprekers in Alaska, Kanada en die suidwestelike VSA.
Nog later het die Nostratiese Eskimo-Aleoet (Inuit-Yupik-Inangan) gevolg, en hulle in die noorde
van Alaska en Kanada, en tot aan die ooskus van Groenland gevestig.
Die kenmerkende Amerindiese N : M patroon vir die eerste en tweede persoonlike
voornaamwoorde val mens dadelik op, soos Quechua noqa / qam en Mapudungun iñche / eymi.
(In Eurasiaties is die kenmerkende patroon M : T.) Een van die bewyse in Greenberg se
identifisering van die Amerindiese familie, is die woord /tana/ waarvan die algemene betekenis
“kind” of “sib” is. Die stam word in al elf van Greenberg se Amerindiese families gevind. Die
rekonstruksie vir Proto-Amerind sou *t’ana wees. In Noord- en Sentraal-Amerika verskyn vorms
soos tuwaana (seun), sinsin (neef), i-tsaŋa (jonk), t’ánat (kleinkind), -tsan (verkleinsuffiks), *taʔn (sib),
sitona (vrou), out (dogter), tatan (ouer broer), en in Suid-Amerika, vorms soos toto (ouer broer), tini-
usa (dogter), tino (kleintjie), ketun (suster), doana (skoonseun), tute (kind), dēnu (seunskind).
Dis nie net die stam wat die verbintenis tussen voorvermelde vorme aandui nie, maar ook affikse
wat in spesifieke kombinasies aan die stam geheg word. Die eerste persoon *na soos in *netankwa
(skoonsuster in Proto-Algonquian), en nitari (my broer in Ipurina). Die verkleinsuffiks *sa se vorme
sluit in /taŋsa/ (meisie in Macusi), /kwunasa/ (meisie in Cayuse); die ander verkleinsuffiks *-mai
lewer onder meer /tani-mai/ (jonger suster in Masaca), en /nutanimi/ (my dogter, in Yavitero).
Die suffiks *-kwa vir skoonfamilie bied /ategwa/ (neef in Motilon), /utsekwa/ (kleinkind in Tacana),
/nekwa/ (skoonouer in Yurok), die suffiks *-ko vir ‘n ouer persoon bied /tonko/ (ouer broer in
Caraho), /tūkã/ (oom aan moederskant in Biloxi), *-tuk wat ook na “kind” verwys, soos /tuktan/
(seuntjie in Miskito), /togtan/ (meisie in Tibagi), plus talle kombinasies met ‘n hele rits ander affikse
soos *-win (vroulik), *-wis (ouer vroulik), en die prefiks *ʔa- (ouer).
12
Familie Taal Vorm Betekenis
Almosan Nootka t’an’a kind
Keresiouan Yuchi tane broerskind
Penutian Totonac t’anat kleinkind
Hokan Coahuiltec t’an kind
Central Amerind P-Uto-Azt *tana kind
Chibchan Miskito tuk-tan kind
Paezan Warrau dani- ma se suster
Andies Aymara tayna eersgeborene
Macro-Tucanoan Masaca tani-mal jonger suster
Equatorial Uruba-Klaapor ta’in kind
Macro-Carib Pavishana tane my seun
Macro-Pano Lengua tawin kleinkind
Macro-Je Tibagi togtan meisie
In sy omstrede boek, “Language in the Americas” (1987), het Joseph H Greenberg die tale van die
Amerikas in net drie families geklassifiseer. Benewens Na-Dene en Eskimo-Aleut, het hy Amerind
as een familie identifiseer. Die woede wat dit ontketen het, kan vergelyk word met die woede teen
Darwin se bevindinge. Skaars ʼn jaar na publikasie, het ʼn professor van genetika, Luigi Luca
Cavalli-Sforza, egter bevind dat die bevolkings van die Amerikas geneties in dieselfde drie groepe
val as die taalgroepe wat Greenberg identifiseer het.
Die geskiedenis het die Amerindiese tale stief behandel. Hulle is deur die Indo-Europese tale
Engels, Spaans en Portugees verplaas. Dis nog net in Meso- en Suid-Amerika waar Amerindiese tale
oorleef. In die eerste geval Meksiko en Guatemala, en in die tweede, Bolivië, Chile, Ecuador,
Paraguay en Peru. Net vyf Amerindies tale of taalgroepe het meer as ‘n miljoen sprekers:
Nahuatl, die Mayatale, Aymara, die Quechuatale en Guaraní.
13
Bibliografie
Bengtson, John D. 2004. Some features of Dene-Caucasian phonology (with special reference
to Basque). Cahiers de l’Institut de Linguistique de Louvain 30: 4.33–54.
Bengtson, John D. 2008. Materials for a Comparative Grammar of the Dene-Caucasian (Sino-
Caucasian) Languages. Aspects of Comparative Linguistics, v. 3., 45–118. Moscow: RSUH
Publishers.
Bengtson, John D. 2008. Burushaski and the Western Dene-Caucasian Language Family: Genetic and
Cultural Linguistic Links. Association for the Study of Language in Prehistory. Excerpt from: In Hot
Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the four fields of anthropology in honor of Harold Crane
Fleming. Ed. J.D. Bengtson, pp.241-262. Amsterdam / Philadelphia: John Benjamins, 2008.
Bengtson, John D. 1997. The Riddle of Sumerian: A Dene–Caucasic language? Mother Tongue 3: 63–74.
Bengtson, John D. 2014. The Dene-Sino-Caucasian hypothesis: state of the art and perspectives. John
Bengtson and George Starostin.
Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology -
in Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins.
Bengtson, John D. 2010. Linguistic Fossils: Studies in Historical Linguistics and Paleolinguistics. Theophania
Publishing.
Bomhard, Allan R. (1996) Indo-European and the Nostratic Hypothesis. Charleston, South Carolina: Signum.
Bomhard, Allan R. (1998) Nostratic, Eurasiatic and Indo-European. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph
(eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 17-49.
Diakonoff, I., 1990. The earliest Semitic society. Journal of Semitic Studies 43, 209–17.
Dolgopolsky, A., 1998. The Nostratic Macrofamily and Linguistic Palaeontology. (Papers in the Prehistory of
Languages.) Cambridge: McDonald Institute for Archaeological Research.
Dolgopolsky, A., 1999. The Nostratic macrofamily: a short introduction, in Nostratic: Examining a Linguistic
Macrofamily, eds. C. Renfrew & D. Nettle. Cambridge: McDonald Inst for Archaeological Research,
19–46.
Dolgopolsky, A. 1984. On personal pronouns in the Nostratic languages // Linguistica et Philologica:
Gedenkschrift für Björn Collinder. Ed. by O.Gschwantler, K. Rédei, H. Reichert. Wien, Braumüller, 65-
112.
14
Dolgopolsky, A. 1992. Nostratic etymologies and the origin of verbal formatives // Nostratic, Dene-Caucasian,
Austric and Amerind. Ed. by V. Shevoroshkin. Bochum, Brockmeyer, 290-7.
Gómez-Carballa A, Pardo-Seco J, Brandini S, et al. The peopling of South America and the trans-Andean gene
flow of the first settlers. Genome Research. 2018 Jun;28(6):767-779. DOI: 10.1101/gr.234674.118.
Greenberg, Joseph H. and Merritt Ruhlen. 2007. An Amerind Etymological Dictionary. Dept of
Anthropological Sciences, Stanford University, 2007.
Greenberg, Joseph H. 1987. Language in the Americas. Stanford, Stanford University Press.
Matteson, Esther, Alva Wheeler, Frances L. Jackson, Nathan E. Waltz, and Diana R. Christian. 1972.
Comparative Studies in Amerindian Languages. Janua Linguarum, Series Practica, 127. The Hague:
Mouton, 1972.
Ramer, Alexis Manaster; Peter A. Michalove, Karen S. Baertsch, and Karen L. Adams (1998). Exploring the
Nostratic Hypothesis. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the
evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 61-84.
Ruhlen, Merritt. 1987. A Guide to the world's languages, Vol. I: Classification. London: Edward Arnold, 1987
Ruhlen, Merritt. 1994. On the Origin of Languages: Studies in Linguistic Taxonomy. Stanford University Press,
1994
Salmons, Joseph C. and Brian D. Joseph (1998) Introduction. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph
(eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 1-12.
Ryan, Patrick C. Proto-Language Monosyllables With Their Principal Meanings by Patrick C. Ryan.
https://www.scribd.com/document/353794019/PROTO-LANGUAGE-MONOSYLLABLES-With-Their-
Principal-Meanings-by-Patrick-C-Ryan
Sagart, Laurent. The Roots of Old Chinese, p. 146. “The origin of Chinese tones,” also by Laurent Sagart,
provides more information: https://hal.archives-ouvertes.fr/halshs-00096904/document
Shevoroshkin, Vitaliy V., 1999. Nostratic and Sino-Caucasian: two ancient language phyla. In From
Neanderthal to Easter Island (Festschrift W. W. Schuhmacher), ed. by N. A. Kirk & P. J. Sidwell.
pp. 44–74. Melbourne.
Shevoroshkin, Vitaly (ed). 1988. Nostratic, Dene-Caucasian, Austric and Amerind: Materials from the First
International Interdisciplinary Symposium on Language and Prehistory, Ann Arbor, 8-12 November,
1988.
Starostin, Sergei A., 2004–2005. Sino-Caucasian comparative phonology & Sino-Caucasian comparative
glossary.
Stetsyuk, Valentyn, Historical Macrolinguistics.
Stetsyuk, Valentyn. The Urheimat of the Nostratic Languages.
15
Uys, Pieter. Eurasiaties en Nostraties. www.scribd.com/doc/237047195/Eurasiaties-en-Nostraties
Uys, Pieter. Die Skaap en die Perde. www.scribd.com/doc/236909679/Die-Skaap-en-die-Perde-n-Sprokie-in-Proto-Indo-
Europees-met-Afrikaanse-Duitse-en-Engelse-vertalings
Uys, Pieter. Taal is ‘n poort deur die muur van tyd: Amerindies.
https://en.calameo.com/read/00668979113e1b18907bf
Uys, Pieter. Taal is ‘n brug oor die stroom van tyd: Nostraties.
www.slideshare.net/PieterUys7/taal-is-n-brug-oor-die-stroom-van-tyd
Uys, Pieter. Taal is ‘n drif deur die spruit van tyd: Dene-sino-Kaukasies.
www.edocr.com/v/yko3n0by/Pietertoypom/taal-is-n-drif-deur-die-spruit-van-tyd
Vine, Brent (1998) Indo-European and Nostratic: Some further comments. In: Joseph C. Salmons and Brian D.
Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 85-106.
Vovin, Alexander (1998) Nostratic and Altaic. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic.
Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 257-270.
Wood, Sam. 2020. All In The Language Family: The Mayan Languages.
https://www.babbel.com/en/magazine/mayan-languages

More Related Content

What's hot

Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydAmerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
PieterUys7
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ Amerindies
PieterUys7
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
PieterUys7
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
PieterUys7
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
PieterUys7
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
PieterUys7
 
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansEggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
PieterUys7
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
PieterUys7
 
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tydTaal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
PieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
PieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
PieterUys7
 
Eurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en NostratiesEurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en Nostraties
PieterUys7
 

What's hot (12)

Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydAmerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ Amerindies
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansEggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tydTaal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Eurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en NostratiesEurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en Nostraties
 

More from PieterUys7

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
PieterUys7
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
PieterUys7
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaal
PieterUys7
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misterie
PieterUys7
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
PieterUys7
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
PieterUys7
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
PieterUys7
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
PieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
PieterUys7
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
PieterUys7
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
PieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
PieterUys7
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
PieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
PieterUys7
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
PieterUys7
 
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaAfrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
PieterUys7
 

More from PieterUys7 (16)

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaal
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misterie
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaAfrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
 

Taal in die oertyd

  • 1. 1 Taalfamilies in die Oertyd Nostraties, Dené-sino-Kaukasies en Amerindies Taalverwantskap Tale is verwant wanneer hulle ‘n gemeenskaplike oorsprong het, byvoorbeeld Engels, Duits, Afrikaans, Deens, Nederlands en Yslands. Genetiese verwantskap word bepaal deur die waarneming van oorgeërfde ooreenkomste in fonologie, morfologie en woordeskat. So kan mens sien dat die Afrikaanse /d/ met die Engelse /d/ en die Duitse /t/ korrespondeer: Afr /deur/, Eng /door/, Duits / Tür/ ~ Afr /diep/, Eng /deep/, Duits /tief/ ~ Afr /doen/, Eng /do/, Duits /tun/. Klankkorrespondensies tussen verwante tale ontstaan weens klankreëls en elke taal het sy eie klankreëls in elke fase van sy geskiedenis. Tale moet dus op die korrekte manier vergelyk word, nie net volgens opsigtelike klankpatrone nie maar ook ooreenkomstig die wette van historiese fonetiese verandering.
  • 2. 2 Stamwoorde speel ‘n belangrike rol in die bepaling van verwantkap. Stamme van een taal word met stamme van ander tale vergelyk, waar ooreenkomste in klank en betekenis op verwantskap dui. Fonetiese korrespondensie in woordstamme is nie voldoende om verwantskap te bewys nie. Daar moet ook bewys word dat stamme nie aan leenwoorde toegeskryf kan word nie, maar aan oorerwing. Taalkundiges weet watter tipe woorde gewoonlik geleen word, en watter nie. Woorde wat gewoonlik nooit geleen word nie, is die persoonlike voornaamwoorde soos /ek/, /jy/, /hy/, woorde vir liggaamsdele soos /oor/, /tand/, /hand/, vir natuurverskynsels soos /water/, /wind/ en vir werkwoorde soos /eet/ en /gaan/. By verlangse verwantskap waar min stamwoorde gedeel word, kan bewys van verwantskap in die lettergreep-struktuur en in grammatiese elemente gevind word. Elke taal het sy eie stelsel lettergreep-patrone, wat as C (konsonant) en V (klinker) aangegee word. in formules soos CV of CVC (bv /pa/ of /pad/) Daarmee saam hang ‘n stel reëls met betrekking tot die tipes klanke wat saam in ‘n lettergreep mag verskyn, en indien en waar konsonantstapeling (“consonant clusters”) mag plaasvind (bv /straat/, bespreek/ en /Bronkhorstspruit). Ooreenkomste in voor- en agtervoegsels, naamvalle, werkwoordverbuiging en ander vorms van morfologie kan op genetiese verwantskap dui. ‘n Swadeshlys is ‘n klassieke versameling van basiese konsepte vir die doeleindes van histories- komparatiewe analise. Die Swadeshlys in ‘n stel tale stel navorsers in staat om die onderlinge verwantskappe van daardie tale te kwantifiseer. Die lys, wat na die taalkundige Morris Swadesh vernoem is, word in leksikostatistiek en glottochronologie gebruik. Swadeshlyste verteenwoordig die kernwoordeskat, die mees stabiele woorde in ‘n taal, wat die minste kans staan om vervang te word. Soortgelyke lyste is deur Dolgopolsky, Lionel Bender, Winfred P. Lehmann, Don Ringe, Sergei Starostin en B. Kessler saamgestel.
  • 3. 3 Die Swadesh–Yakhontov-lys is ’n lys van 35 woorde binne die Swadeshlys wat as besonder stabiel beskou word: ek jy hierdie wie wat een twee vis hond luis bloed been eier horing begin oor oog neus tand tong hand weet sterf gee son maan water sout klip wind vuur jaar vol nuut naam Proto-Tale Proto-Germaans, wat van die 5de eeu voor tot die 5de eeu van, die huidige era in drie takke ontwikkel het (Wes-, Oos- en Noord-Germaans) is die prototaal van Afrikaans, Deens, Duits, Engels, Faroëes, Nederlands-Vlaams, Skots, Nederduits, Noorweegs, Sweeds, Yslands en die Alemanniese dialekte van Switzerland, Liechtenstein en Oostenryk. ‘n Gesproke vorm van laat- Latyn, Proto-Romaans, is die prototaal van Frans, Galisies, Gascon, Italiaans, Katalaans, Portugees, Provençal, Sardinies en Roemeens. Op hulle beurt is Proto-Germaans, Latyn (of eerder Proto-Romaans), Proto-Kelties, Miseniese Grieks, Proto-Albanies, Proto-Armenies, Proto-Balties, Proto-Slawies en ander die dogtertale van Proto-Indo-Europees, terwyl PIE se sustertale Proto-Oeralies, Proto-Drawidies, Proto-Afro- Asiaties, Proto-Altaïes en ander insluit.
  • 4. 4 Nostraties Vandag domineer die afstammelinge van Nostraties die grootste deel van die Eurasiatiese landmassa sowel as die Amerikas, met tale soos Duits, Engels, Spaans, Persies, Hindi, (Indo- Europees), Turks, Kazakh, (Altaïes), Telugu en Tamil (Drawidies) en Arabies (Afro-Asiaties). Nostraties is dus ‘n Makro-Taalfamilie, en het na raming sowat 10,000 jaar gelede opgebreek. Binne Nostraties is daar ‘n hegter groep, Eurasiaties, met tale wat onderling nouer aan mekaar verwant is as die res. Proto-Indo-Europees, Proto-Altaïes, Proto-Oeralies, Proto-Kartvelies (Georgië), Proto-Inuit-Yupik-Inangan en verskeie prototale van Siberië vorm ‘n sub-groep wat op die vlak van Drawidies en Afro-Asiaties verkeer. Fonetiese korrespondensies is in honderde stamme onder tientalle tale identifiseer wat op die Nostratiese verwantskap dui. Die Nostratiese stam vir /twee/ word as *toɁa gerekonstrueer. Volgens die formule van klankverandering tussen Nostraties en PIE gee dit *dwehw vir Vroeë PIE en *dwō vir Laat PIE. Van PIE *dwō na Latyn /duo/, Klassieke Grieks /düо/, Sanskrit /dva/, Proto-Germaans *twō, Sweeds /två/, Deens /to/, Yslands /tveir/, Skots /twa/ en Afrikaans /twee/. Nostraties het oor ‘n uitgebreide reeks sluit- en skuurklanke beskik in stemlose, stemdraende en geglottaliseerde vorme, drie reekse affrikate en sibilante, sowel as laterale obstruente, laringeale, faringeale, en uvulare medeklinkers. Die klinkers was *a, *e, *i, *o, en *u. Enige klinker kon in die eerste lettergreep van ’n woord verskyn, maar slegs *a, *i, en *u het in nie-inisiële lettergrepe voorgekom. Woorde het met een medeklinker begin; klinker-inisiële woorde was onbekend. Die twee basiese stamformasies was: Medeklinker + Klinker = CV en Medeklinker + Klinker + Medeklinker = CVC.
  • 5. 5 Volgens linguïstiese tipologie was Proto-Nostraties ‘n analitiese taal met ‘n morfeem tot woord- verhouding van 1:1. Met ander woorde, ‘n taal soos Afrikaans of Engels waarin vervoeging en verbuiging nie ‘n groot rol speel nie. Die funksie van naamwoord-verbuigings is deur agtervoegsels vervul, wat naamvalle soos akkusatief, genitief, instrumentaal, latief, ablatief en essief aangedui het. Die rigiede sinskonstruksie van Nostraties was Onderwerp-Voorwerp-Werkwoord (SOV) sodat die werkwoord altyd aan die einde van die klousule verskyn. Die jagter-versamelaarsprekers van Proto-Nostraties moes op ‘n relatief primitiewe kultuurvlak verkeer het. Woorde vir landbou en veeteelt is afwesig in PN se afstammelinge en daar’s geen woorde vir tegnologie nie. Semantiese kategorieë wat in die dogterfamilies identifiseer is, sluit in voornaamwoorde, woorde vir liggaamsdele, woorde vir diere soos die bul, beer, koei, leeu, luiperd, oer-os, skaap, en verskeie spesies wildsbokke. Ook natuurverskynsels en basiese werkwoorde soos /buig, kap, weef, opdeel, gryp, sit, sny, staan/ en so meer. Die Mesolitiese era is identifiseer as die era van die Nostratiese spraakgemeenskap deur die woordeskat te bestudeer. Die visnet, wat uit die Mesolitiese tyd dateer, se rekonstruksie is *ṭul[γ]a, vanwaar Oeralies *tulko “visnet”; Proto-Kartvelies *txewl- “om vis met ‘n net te vang”; Proto- Mantsjoe-Toengoes *tölä- “om ‘n visnet te stel”; Proto-Afro-Asiaties *ṭul‘- “visnet” wat in Egipties eindelik /ӡu/ opgelewer het vir “visvang/”. Geen Nostratiese stamwoorde vir veeteelt of pottebakkery bestaan nie, maar sommige dogtertale gebruik die stamwoord *kada om na /bou/ en /pottebak/ te verwys. Die oorspronklike Proto- Nostratiese betekenis is “weef-bind-vleg”. Pottebakkery is ‘n relatief laat uitvindsel wat in die vroeë neolitiese era ontwikkel het uit die mesolitiese mandjie van riete wat met klei bedek is. Deur net die hedendaagse afstammelinge van Nostraties met mekaar te vergelyk, kan mens nie altyd so maklik by die korrekte Proto-Nostaties vorm uitkom nie. Maar ‘n kennis van die gerekonstrueerde Proto-Indo-Europees werp lig op die saak, byvoorbeeld PIE se werkwoord- uitgange in die enkelvoud teenwoordige tyd *edmi ek eet *edsi jy eet *edti hy eet spruit uit die Nostratiese voornaamwoorde *mi /ek/, *ti, later *śi /jy/ en *tV /dit/ wat na die werkwoord verskyn het.
  • 6. 6 Etlike Proto-Nostratiese rekonstruksies. ‘n Asterisk * dui aan dat dit ‘n rekonstruksie is. Die simbool V staan vir ‘n klinker wat nie tans bepaal kan word nie. Aap *man[g]a Bok *buk’a Bul *čura Dier met hoewe *kh aba Gans *gaŋa Hiëna *tɬiba Hond *kh uwon Muggie *k’uɢna Oer-os *čoma Olifant *haliwo Valk *ħora Vis *ķola Meer of see *yama Rivier *ɢala See of meer *mara Eier *ʔuh/xi Neut *buta Vleis *ʔomsa Vrug *ph ira Hoofman *ħak’a Niggie *kh alu Vader *ʔidin of *ʕedin Moeder *ʔema
  • 7. 7 Dené-Sino-Kaukasies Dené-Sino-Kaukasies (DSK) is ‘n makrotaalfamilie op dieslfde vlak as Nostraties wat ook uit ongeveer 10,000 VHE dateer, met afstammelinge wat deesdae vanaf Europa regdeur China tot in Noord-Amerika gepraat word. Hierdie familie sluit in die taal met die meeste sprekers op aarde (Mandaryns) en ‘n sterwende taal met een van die minste, Imbak van Siberië, wat die laaste taal van die Jennisei-familie is. Teenoor PDSK se vier naamwoordklasse, is daar in Eurasiaties óf net een vorm soos in Altaïes en Oeralies, óf die onderskeid is “lewend/nie-lewend” in vroeë Proto-Indo-Europees en die Anatoliese familie, wat later tot “manlik/vroulik/onsydig” aangepas is. By die voornaamwoorde het PDSK *(a)ŋV en *(a)dzu as eerste persoon enkelvoud teenoor Eurasiaties *mi. PDSK tweede persoon *na-(ŋ) of *(u)Gwu en *(a)wu(n) teenoor Eurasiaties se tweede persoon *ti of *si. Onder die Dené-Sino-Kaukasiese tale is daar fonologiese verskynsels wat hulle van die Nostratiese tale onderskei. Mandaryns is ‘n tonale taal wat stemtoon inspan om betekenis te onderskei. Dit het ontstaan weens die verlies aan konsonante in Ou Sjinees. Die eerste toneem het ontstaan weens die verlies aan die lettergreep se finale ʔ (stembandklapper), wat ‘n stygende toon tot gevolg gehad het. Die lettergreep se finale -s het in -h verander en daarna weggeval, sodat net ‘n vroeëre intonasie oorgebly het, wat die dalende toon tot stand gebring het. Waar geen *ʔ en *s bestaan het nie, het die lettergreep op ‘n klinker geëindig op die gelyke toon. Tydens die Middel-Chinese fase, het stemhebbende aanvangskonsonante stemloos geword. Ten einde ‘n onderskeid te behou, het die toneem in twee verdeel ooreenkomstig die aanvangsklank.
  • 8. 8 Aan die ander kant beskik die Kaukasiese tale oor enorme konsonant-inventarisse en relatief min klinkers. ‘n Taal soos Abkhaz het tot 80 konsonante maar net twee klinklers. Die wanbalans tussen die aantal klinkers vs konsonante is te wyte aan die verskuiwing van die klanktint- (toonkleur-)- eienskappe van die klinkers na die konsonante in Proto-Kaukasies. Byvoorbeeld /k/ inkorporeer die klinker /u/ om die labiale konsonant /kw/ te vorm, en inkorporeer /i/ om die palatale konsonant /kj/ te vorm wat soos die ‘tjie’ van kleintjie klink. So ‘n magdom konsonante maak vir innovering in fonetiese skrif waar jy sulke simbole in Abkhaz kry: /t͡ʃʰ, t͡ɕʰ, ʈ ͡ ʂʰ, d͡ʒ/ en sulkes in die Bzyb-dialek /t͡ɕ, d͡ʑ, t͡ɕʼ, ɕ, ʑ], χˤ/. En so meer /k͡ʟ ̝̊ , k͡ʟ ̝̊ ʷ, k͡ʟ ̝̊ ʼ, k͡ʟ ̝̊ ʷʼ/ vir Kaukasiese tale. Etlike Proto-Dene-sino-Kaukasiese rekonstruksies. ‘n Asterisk * dui aan dat dit ‘n rekonstruksie is. Die simbool V staan vir ‘n klinker wat nie tans bepaal kan word nie. Ek *ŋV, *dzV Jy *wVn Julle *su, *uku Mandjie *ˈt ͡ ɕ̕äxqwa Dag *ʁweˈŋV Bloed *tVɬV Oog *wemqʼV́ Mond *χwǝ, *bek’wǝ Neus *mHart ͡ ʃwV́ Huis *ɢwimʡV Ster *dzwhariː Arm *xɢˈHwVnAː Been *kot ͡ sʼa Voet *tʼwiːɦV: Tak *jˈʡVʟV Rook *k̕wɨŋʜV Tong *méɫt ͡ sʼi Tand *kVrd ͡ ʒwV Voorkop *bʕáːɫho Kop *t ͡ ɕʼV́ qV Veld *ʔārV Kant *ʔendū Horing *t ͡ ɬwɨrV Donker *dVmV Vrou *qwanV Rug *nV(x)qwV Wang *daːŋʔɨː Lip *tl’ānpV Blaar *tl’ăpǐ
  • 9. 9 Dené-Sino-Kaukasies het voor enige van die Nostratiese afstammelinge oor Europa versprei en is eers duisende jare later deur Indo-Europese en Oeraliese tale verdring sodat nog net Baskies in Wes-Europa oorbly. Die Noordwes- en Noordoos-Kaukasiërs bewoon al vir millennia die Kaukasiese gebergtes, in die verre noorde van Pakistan woon die sprekers van Burushaski, en al wat oorbly van die Jenisei-tale is Ket (Imbak) van Siberië met sowat 100 sprekers.
  • 10. 10 Amerindies Vandag word die oorgrote meerderheid van die afstammelinge van Dené-Sino-Kaukasies in Tibet, China, Burma en Bhoetan aangetref, terwyl kleiner groepe in Alaska en dele van Kanada (Athabascan) en die VSA (Navajo) woon. Die Dené-Sino-Kaukasiese tale was die tweede groep wat die Amerikas betree het. Eerste was Amerind en duisende jare later het die derde groep, die Nostratiese Inuit-Yupik-Inangan gevolg.
  • 11. 11 Die Amerindiese moedertaal wat van Tierra del Fuego aan die suidpunt van Suid-Amerika tot in Kanada strek, toon opmerklike raakpunte met Greenberg se bovermelde Nostratiese subgroep Eurasiaties (Indo-Europees + Uralies-Joekaghier, Altaïes, Inuit-Yupik-Inangan ens). Dit beteken dat Amerindies heel waarskynlik ‘n sustertaal van Nostraties is. Volgens Andrew Kitchen se filogenetiese analise was daar ‘n ekspansie uit Siberië oor die Beringstraat en regdeur die Amerikas sowat 16,000 jaar gelede, van ‘n stigtersbevolking wat uit sowat 5,000 individue bestaan het. In die Altai-gebied van Sentraal-Siberië is daar in 2010/11 ‘n genetiese spoor ontdek van die Amerindiese trek vanaf die Midde-Ooste na Beringia. Sestienduisend jaar gelede het daar ‘n poort tussen die Kontinentale (Laurentiese) en die Cordillera- ysplate van Noord-Amerika oopgegaan weens verwarming. Mense uit Beringia, wat Siberie aan Alaska verbind het, het dié poort betree en na die suide gevolg, vanwaar hulle oor Noord- en Suid- Amerika versprei het. Heelwat later het Dené-Sino-Kaukasies in die vorm van die Dené-tale, Noord-Amerika betree. Vandag woon die sprekers in Alaska, Kanada en die suidwestelike VSA. Nog later het die Nostratiese Eskimo-Aleoet (Inuit-Yupik-Inangan) gevolg, en hulle in die noorde van Alaska en Kanada, en tot aan die ooskus van Groenland gevestig. Die kenmerkende Amerindiese N : M patroon vir die eerste en tweede persoonlike voornaamwoorde val mens dadelik op, soos Quechua noqa / qam en Mapudungun iñche / eymi. (In Eurasiaties is die kenmerkende patroon M : T.) Een van die bewyse in Greenberg se identifisering van die Amerindiese familie, is die woord /tana/ waarvan die algemene betekenis “kind” of “sib” is. Die stam word in al elf van Greenberg se Amerindiese families gevind. Die rekonstruksie vir Proto-Amerind sou *t’ana wees. In Noord- en Sentraal-Amerika verskyn vorms soos tuwaana (seun), sinsin (neef), i-tsaŋa (jonk), t’ánat (kleinkind), -tsan (verkleinsuffiks), *taʔn (sib), sitona (vrou), out (dogter), tatan (ouer broer), en in Suid-Amerika, vorms soos toto (ouer broer), tini- usa (dogter), tino (kleintjie), ketun (suster), doana (skoonseun), tute (kind), dēnu (seunskind). Dis nie net die stam wat die verbintenis tussen voorvermelde vorme aandui nie, maar ook affikse wat in spesifieke kombinasies aan die stam geheg word. Die eerste persoon *na soos in *netankwa (skoonsuster in Proto-Algonquian), en nitari (my broer in Ipurina). Die verkleinsuffiks *sa se vorme sluit in /taŋsa/ (meisie in Macusi), /kwunasa/ (meisie in Cayuse); die ander verkleinsuffiks *-mai lewer onder meer /tani-mai/ (jonger suster in Masaca), en /nutanimi/ (my dogter, in Yavitero). Die suffiks *-kwa vir skoonfamilie bied /ategwa/ (neef in Motilon), /utsekwa/ (kleinkind in Tacana), /nekwa/ (skoonouer in Yurok), die suffiks *-ko vir ‘n ouer persoon bied /tonko/ (ouer broer in Caraho), /tūkã/ (oom aan moederskant in Biloxi), *-tuk wat ook na “kind” verwys, soos /tuktan/ (seuntjie in Miskito), /togtan/ (meisie in Tibagi), plus talle kombinasies met ‘n hele rits ander affikse soos *-win (vroulik), *-wis (ouer vroulik), en die prefiks *ʔa- (ouer).
  • 12. 12 Familie Taal Vorm Betekenis Almosan Nootka t’an’a kind Keresiouan Yuchi tane broerskind Penutian Totonac t’anat kleinkind Hokan Coahuiltec t’an kind Central Amerind P-Uto-Azt *tana kind Chibchan Miskito tuk-tan kind Paezan Warrau dani- ma se suster Andies Aymara tayna eersgeborene Macro-Tucanoan Masaca tani-mal jonger suster Equatorial Uruba-Klaapor ta’in kind Macro-Carib Pavishana tane my seun Macro-Pano Lengua tawin kleinkind Macro-Je Tibagi togtan meisie In sy omstrede boek, “Language in the Americas” (1987), het Joseph H Greenberg die tale van die Amerikas in net drie families geklassifiseer. Benewens Na-Dene en Eskimo-Aleut, het hy Amerind as een familie identifiseer. Die woede wat dit ontketen het, kan vergelyk word met die woede teen Darwin se bevindinge. Skaars ʼn jaar na publikasie, het ʼn professor van genetika, Luigi Luca Cavalli-Sforza, egter bevind dat die bevolkings van die Amerikas geneties in dieselfde drie groepe val as die taalgroepe wat Greenberg identifiseer het. Die geskiedenis het die Amerindiese tale stief behandel. Hulle is deur die Indo-Europese tale Engels, Spaans en Portugees verplaas. Dis nog net in Meso- en Suid-Amerika waar Amerindiese tale oorleef. In die eerste geval Meksiko en Guatemala, en in die tweede, Bolivië, Chile, Ecuador, Paraguay en Peru. Net vyf Amerindies tale of taalgroepe het meer as ‘n miljoen sprekers: Nahuatl, die Mayatale, Aymara, die Quechuatale en Guaraní.
  • 13. 13 Bibliografie Bengtson, John D. 2004. Some features of Dene-Caucasian phonology (with special reference to Basque). Cahiers de l’Institut de Linguistique de Louvain 30: 4.33–54. Bengtson, John D. 2008. Materials for a Comparative Grammar of the Dene-Caucasian (Sino- Caucasian) Languages. Aspects of Comparative Linguistics, v. 3., 45–118. Moscow: RSUH Publishers. Bengtson, John D. 2008. Burushaski and the Western Dene-Caucasian Language Family: Genetic and Cultural Linguistic Links. Association for the Study of Language in Prehistory. Excerpt from: In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the four fields of anthropology in honor of Harold Crane Fleming. Ed. J.D. Bengtson, pp.241-262. Amsterdam / Philadelphia: John Benjamins, 2008. Bengtson, John D. 1997. The Riddle of Sumerian: A Dene–Caucasic language? Mother Tongue 3: 63–74. Bengtson, John D. 2014. The Dene-Sino-Caucasian hypothesis: state of the art and perspectives. John Bengtson and George Starostin. Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins. Bengtson, John D. 2010. Linguistic Fossils: Studies in Historical Linguistics and Paleolinguistics. Theophania Publishing. Bomhard, Allan R. (1996) Indo-European and the Nostratic Hypothesis. Charleston, South Carolina: Signum. Bomhard, Allan R. (1998) Nostratic, Eurasiatic and Indo-European. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 17-49. Diakonoff, I., 1990. The earliest Semitic society. Journal of Semitic Studies 43, 209–17. Dolgopolsky, A., 1998. The Nostratic Macrofamily and Linguistic Palaeontology. (Papers in the Prehistory of Languages.) Cambridge: McDonald Institute for Archaeological Research. Dolgopolsky, A., 1999. The Nostratic macrofamily: a short introduction, in Nostratic: Examining a Linguistic Macrofamily, eds. C. Renfrew & D. Nettle. Cambridge: McDonald Inst for Archaeological Research, 19–46. Dolgopolsky, A. 1984. On personal pronouns in the Nostratic languages // Linguistica et Philologica: Gedenkschrift für Björn Collinder. Ed. by O.Gschwantler, K. Rédei, H. Reichert. Wien, Braumüller, 65- 112.
  • 14. 14 Dolgopolsky, A. 1992. Nostratic etymologies and the origin of verbal formatives // Nostratic, Dene-Caucasian, Austric and Amerind. Ed. by V. Shevoroshkin. Bochum, Brockmeyer, 290-7. Gómez-Carballa A, Pardo-Seco J, Brandini S, et al. The peopling of South America and the trans-Andean gene flow of the first settlers. Genome Research. 2018 Jun;28(6):767-779. DOI: 10.1101/gr.234674.118. Greenberg, Joseph H. and Merritt Ruhlen. 2007. An Amerind Etymological Dictionary. Dept of Anthropological Sciences, Stanford University, 2007. Greenberg, Joseph H. 1987. Language in the Americas. Stanford, Stanford University Press. Matteson, Esther, Alva Wheeler, Frances L. Jackson, Nathan E. Waltz, and Diana R. Christian. 1972. Comparative Studies in Amerindian Languages. Janua Linguarum, Series Practica, 127. The Hague: Mouton, 1972. Ramer, Alexis Manaster; Peter A. Michalove, Karen S. Baertsch, and Karen L. Adams (1998). Exploring the Nostratic Hypothesis. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 61-84. Ruhlen, Merritt. 1987. A Guide to the world's languages, Vol. I: Classification. London: Edward Arnold, 1987 Ruhlen, Merritt. 1994. On the Origin of Languages: Studies in Linguistic Taxonomy. Stanford University Press, 1994 Salmons, Joseph C. and Brian D. Joseph (1998) Introduction. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 1-12. Ryan, Patrick C. Proto-Language Monosyllables With Their Principal Meanings by Patrick C. Ryan. https://www.scribd.com/document/353794019/PROTO-LANGUAGE-MONOSYLLABLES-With-Their- Principal-Meanings-by-Patrick-C-Ryan Sagart, Laurent. The Roots of Old Chinese, p. 146. “The origin of Chinese tones,” also by Laurent Sagart, provides more information: https://hal.archives-ouvertes.fr/halshs-00096904/document Shevoroshkin, Vitaliy V., 1999. Nostratic and Sino-Caucasian: two ancient language phyla. In From Neanderthal to Easter Island (Festschrift W. W. Schuhmacher), ed. by N. A. Kirk & P. J. Sidwell. pp. 44–74. Melbourne. Shevoroshkin, Vitaly (ed). 1988. Nostratic, Dene-Caucasian, Austric and Amerind: Materials from the First International Interdisciplinary Symposium on Language and Prehistory, Ann Arbor, 8-12 November, 1988. Starostin, Sergei A., 2004–2005. Sino-Caucasian comparative phonology & Sino-Caucasian comparative glossary. Stetsyuk, Valentyn, Historical Macrolinguistics. Stetsyuk, Valentyn. The Urheimat of the Nostratic Languages.
  • 15. 15 Uys, Pieter. Eurasiaties en Nostraties. www.scribd.com/doc/237047195/Eurasiaties-en-Nostraties Uys, Pieter. Die Skaap en die Perde. www.scribd.com/doc/236909679/Die-Skaap-en-die-Perde-n-Sprokie-in-Proto-Indo- Europees-met-Afrikaanse-Duitse-en-Engelse-vertalings Uys, Pieter. Taal is ‘n poort deur die muur van tyd: Amerindies. https://en.calameo.com/read/00668979113e1b18907bf Uys, Pieter. Taal is ‘n brug oor die stroom van tyd: Nostraties. www.slideshare.net/PieterUys7/taal-is-n-brug-oor-die-stroom-van-tyd Uys, Pieter. Taal is ‘n drif deur die spruit van tyd: Dene-sino-Kaukasies. www.edocr.com/v/yko3n0by/Pietertoypom/taal-is-n-drif-deur-die-spruit-van-tyd Vine, Brent (1998) Indo-European and Nostratic: Some further comments. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 85-106. Vovin, Alexander (1998) Nostratic and Altaic. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 257-270. Wood, Sam. 2020. All In The Language Family: The Mayan Languages. https://www.babbel.com/en/magazine/mayan-languages