2. 2
Die Amerindiese Tale:
Proto-Amerind en haar dogters.
Pieter Uys
Die kern van hierdie bespreking is ‘n 2008-essay van Larry Lepionka, “Historical
interpretations of geographical distributions of Amerind subfamilies”, uit In Hot
Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the four fields of anthropology,*1 aangevul
met addisionele data wat sedertdien beskikbaar geword het.
Lepionka se analise is gebaseer op Joseph Greenberg en Merritt Ruhlen se
baanbrekerswerke van 1987 en 2007, met verwysing na Greenberg se elf
taalfamilies van Amerind (wat Eskimo-Aleut en die Na-Dene tale uitsluit). Die
toepaslike doelwit van so ‘n analise is om hipotese voor te stel wat direk aan die
linguïstiese bewyse getoets kan word, of indirek aan argeologiese bewyse.
Lepionka neem die elf families in oënskou en stel dieper verwantskappe voor om
die vroegste vier phylums te identifiseer. Die onderliggende konsep van die
analise berus op die feit dat ruimtelike verspreiding op sigself artefakte van die
geskiedenis is, en daarom aspekte van die geskiedenis kan onthul.
Die kontras tussen ‘n gekonsentreerde en verstrooide verspreiding van taalfamilies dra
betekenis. Binne ‘n gegewe geografiese ruimte wat deur twee of meer taalfamilies
bewoon word, word die groep met die aaneenlopende verspreiding as ‘n latere aankoms
beskou, terwyl die groep wat uit geïsoleerde eilande bestaan, ouer is. Die fragmentering
van die ouer familie is ‘n resultaat van die inkoms van die latere. En diversiteit is groter
in die streek wat die langste bewoon word.
Genetiese studies het bevind dat die pre-koloniale bevolkings van die Amerikas – van
Kanada tot by die suidelike punt van Chile – deur drie migrasies geplant is. Die
meerderheid stam af van ‘n enkele groep Eerste Amerikaanse Migrante wat vanaf
Beringia gekom het, toe dit nog ‘n landbrug tussen Asië en Alaska gevorm het.
Deur na variasies in DNA te kyk, is daar bevind dat hoewel die grootste deel van die
bevolking van die Amerikas uit die eerste migrasie ontstaan het, twee latere migrasies
ook belangrike genetiese bydraes gelewer het.*2 (Nature).
Die tweede en derde migrasies se impak is beperk tot Noord-Amerika, maar selfs die
noordelike bevolkings het die grootste deel van hulle genoom van die Eerste
Amerikaanse Migrasie geërf. Dit bevestig die feit dat die mense van die twee latere
migrasies uit Asië met die Eerste Amerikaners vermeng het.
3. 3
Die ysvrye poort deur die koue
Veertienduisend jaar gelede het daar ‘n poort tussen die Kontinentale (Laurentiese) en die
Cordilliera-ysplate van Noord-Amerika oopgegaan weens verwarming. Mense het dié
poort betree en na die suide gevolg, totdat hulle die suidelike rand van die ysplaat bereik
het.
Aan die linkerkant was die wuiwende grasvelde van die ooste en aan die regterkant was
die Rotsgebergte (Rocky Mountains) wat steeds met ys bedek was. Na die ooste was daar
een rivier na die ander en volop wild. Dis nie moeilik om te raai watter rigting die eerste
migrante sou kies nie. Soos die migrante se getalle toeneem, sou hulle al hoe verder oos
en suid beweeg, en in die Amerikaanse suidweste ‘n woudland-paradys aantref, vol
eetbare plante en troppe wild.
Dit sluit nie die moontlikheid uit dat sommige van die vroegste migrante die reis na die
suide voortgesit het nie, of dat ander, toe hulle ver genoeg suid beweeg het, die berge na
Kalifornië oorgesteek het nie. Die datums uit Suid-Amerika suggereer dat die vroegste
mense daar nie lank in die noorde getalm het nie. Dié groepie – of twee groepies - jagter-
versamelaars aan die voorpunt moes hulle verkyk het aan die landskap soos dit warmer
en groener en wildryker word.
Die Pioniers
Die een groepie was fisies toegerus vir ‘n koue klimaat, en om hoog bo seespieël te
floreer. Die ander was met eienskappe toegerus wat ideaal is vir ‘n warm klimaat met
tropiese reënwoude en savanna.
Albei het deur Panama die suidelike kontinent in beweeg. Een van hulle het die kus na
die suide gevolg, deur die teenswoordige Colombia, Ecuador, Peru en Chile. Ver in die
suide – Patagonië of die Chileense kus, kom hulle tot ruste, plant voort en vermeerder.
Andies as die eerste phylum wat Suid-Amerika betree het, kan nie betwyfel word nie.
Van die suidelikste punt van die kontinent, Tierra del Fuego, deur Patagonië en die
weskus van Chile tot in Peru het dié groepering aanvanklik ‘n ononderbroke strook
gevorm.
Equatorial-Tucano
Die ander groep versprei al langs die kus van die Karibbiese See, van die teenswoordige
Colombia na die strandmeer van Maracaibo, deur die kusstrook van Venezuela tot by die
mond van die Orinocorivier. ‘n Groepie Dwarstrekkers beweeg in die riviervallei op
terwyl die ander verby die Guyanas gaan op pad na die Atlantiese kus van Brasilië.
Eindelik gaan die Dwarstrekkers op na die berge, en skop nes aan die oostelike hange van
die Andes.
4. 4
Greenberg se Equatorial-Tucanoan-phylum, as die eerste in die tropiese streek, word
vandag wyd verspreid oos van die Andesgebergte aangetref. Sy verspreidingspatroon
bestaan uit geïsoleerde lappies en periferale streke op die Atlantiese kus en die
Karibbiese See.
Dis duidelik onderbreek deur Macro-Carib in die noorde, deur Macro-Jê in die middel en
deur Macro-Pano in die suide. Aan die oostelike hange van die berge het Chibchan-
Paezan en Andies dit vanaf Equador tot Bolivia onderbreek.
Ekologiese aanpassing speel ‘n belangrike rol in voorhistoriese vestiging, en Equatorial-
Tucanoan wys ‘n voorliefde vir kusgebiede en riviervalleie met reënwoud soos die
Orinoco- en Amasonerivier en hulle sytakke. Geen ekspansie na die weste van die Andes
of na die Pampas en Patagonië het plaasgevind nie. Macro-Arawak is die groep wat die
verste versprei het, lank voor Macro-Carib.
Jê-Pano-Carib
Die verspreiding van Jê-Pano-Carib is meer kompak as dié van Equatorial-
Tucanoan. Hierdie groep is waarskynlik aangepas vir tropiese grasvelde.
Macro-Jê in die ooste en sentrale dele van die kontinent en omring verskeie lappies
Equatorial.
Macro-Pano verskyn vanaf suidoos Brasilië tot by Paraguay en Bolivië, en vanaf die
ooste van Peru in Brasilië in.
5. 5
Macro-Carib is versprei oor Venezuela, Guyana, Suriname en die nabygeleë dele van
Brasilië, met uitlopers op die oostelinge hang van die Andes in Colombia, op die
Equador-Peru-grens en in die middel van Brasilië. Dit omring ook verskeie lappies
Equatorial in sy verspreidingsareas.
Jê-Pano-Carib het ten koste van Equatorial-Tucanoan versprei, soos blyk uit die
oorblyfsels en periferale sones van laasgenoemde.
Macro-Carib moet die vroegste van die drie subgroepe wees; Jê-Pano moes daaruit
voortgespruit het.
Die oorspronklike tuiste van Jê-Pano-Carib is dus waarskynlik Venezuela, Guyana of
Suriname. Uitbreiding het begin met Jê se ekspansie na die suide, waar Jê-Pano van Carib
begin verskil het, sodat Macro-Jê na die ooste, en Macro-Pano na die suide en weste
beweeg het.
Die oorsprong van Macro-Carib kan dus in ‘n Equatorial-taal lê.
Andies
Proto-Andies het twee moontlike tuislande, Peru of suidelike Chile en Patagonië.
‘n Waarskynlike scenario vir die verspreiding van taalfamilies in Peru is die volgende:
(1) Die voorouers van Andies het daardeur beweeg op pad na die suide (2) Equatorial-
sprekers het van die ooste af ingekom (3) sprekers van Paezan het na die noorde van
Argentinië en Chile beweeg, en oorblyfsels van (1) en (2) geabsorbeer (4) Andiese
6. 6
groepe uit die suide het die Altiplano en westelike hange van die Andes betree terwyl
Macro-Pano groepe uit die Amasonekom hulle op die oosterse periferie gevestig het.
Die slotsom is dat Andies en Equatorial sustergroepe is wat direk van Proto-Amerindies
afstam.
Chibchan-Paezan
Die familie het in Meso-Amerika ontstaan, en ‘n vroeë verdeling het Proto-Paezan in
Suid-Amerika afgegee.
Chibchan het drie verspreidingstreke: die suidweskus van Meksiko (Jalisco tot
Michoacan), Sentraal-Amerika (van Honduras en El Salvador deur Panama, met ‘n deel
van die Karibbiese kus en die binneland van Colombia). Dit moes aanvanklik ‘n soliede
strook gewees het, wat deur die latere verspreiding van Sentraal-Amerindies en Penuties
opgebreek is.
Chibchan se tuisland was waarskynlik Meksiko, en Chibchan stam waarskynlik uit
Hokan, wat steeds ‘n teenwoordigheid op die noordelike Golfkus en Baja California
handhaaf, met oorblyfsel-eilandjies naby die grens van Guerrero en Oaxaca, noordelike
Honduras, en die Stille Oseaankus van Colombia.
Hokan is soos Chibchan deur Sentraal-Amerindies en Penuties gefragmenteer, asook deur
die vroeër ekspansie van Chibchan.
Paezan se wye verspreiding, vanaf Chile en Argentinië in die suide tot by Florida in die
noorde, met lappies langs die Karibbiese kus, veronderstel die kusstrook van Colombia as
tuisland. Paezan se ekspansie het Equatorial opgebreek, en Paezan self is later deur die
verspreiding van Macro-Carib opgebreek.
Sentraal-Amerind
Proto-Sentraal-Amerind het in die suidweste van die VSA ontwikkel, en Sentraal-
Amerind het deur Meksiko tot by die Landengte van Tehuantepec versprei, slegs
onderbreek deur buiteposte van die Na-Dene-tale.
Dit het Chibchan verplaas maar kon nie deur die Penutiese gedeeltes in Yucatan en
Guatamala breek nie. Oorblyfsels van Hokan word rondom Sentraal-Amerindies gevind
in Kalifornië, die kus van Meksiko en Texas en langs die Rio Grande, sowel as Honduras
en Colombia. Dit suggereer dat Hokan ook verplaas is, en verder dat Sentraal-Amerindies
uit ‘n Hokan-taal ontstaan het.
Sentraal-Amerindies se drie onderafdelings is Tano in die noorde, Uto-Astek (Yuto-
Nawa) daar en in Meksiko, en Oto-Mangue in Meksiko.
7. 7
Hokan
Hokan het in Noord-Amerika wes van die bergreeks ontstaan, en was aanvanklik
verspreid vanaf Kalifornië na die suide regdeur Meso-Amerika.
Proto-Hokan wat uit Penuties ontstaan het, is die oorspronlike Wes-Amerindies. Vandag
word dit gevind vanaf die noordelike, deur die sentrale tot in die suidelike dele van
Kalifornië, in Baja California, Arizona, die kus van Texas en Meksiko, langs die Rio
Grande, in Guerrero, Oaxaca en Chiapas, El Salvador, die noordkus van Honduras en ‘n
klein enklave op die Stille Oseaankus van Colombia.
Hokan en Penuties is dus susterfamilies op dieselfde vlak.
Penuties
Penuties is die heel eerste taal van Noord-Amerika, en was in die ooste gekonsentreer.
Proto-Amerind is die taal wat uit Beringia gekom het, en moet dus baie naby aan Proto-
Penuties wees.
Die verspreiding van Penuties sluit in die suidoostelike VSA, vanaf die ooste van Texas
tot by South Carolina, en met die Mississippivallei op tot in Missouri. Aan die weskus
strek Penuties vanaf die suide van Alaska deur Kanada, Washington en Oregon tot in
suidelike Kalifornië, die suidweste, klein lappies aan die ooskus van Meksiko, en ‘n
strook van Tehuantepec tot in Guatemala wat die hele Yucatan-skiereiland insluit.
Sommige van die Penutiese tale in Kalifornië is meer spesifiek Golftale van die
suidooste, wat selfs met die New Orleans-area verbind kan word. Die meer veraf-
verwante Penutiese tale van die weskus is elk ‘n afsonderlike groep op dieselfde
taksonomiese vlak as Golf- of Meksikaanse Penuties.
Almosan-Keresiouan
Almosan-Keresiouan dek die hele breedte van Noord-Amerika. Sy uitbreiding het
plaasgevind in die spore van die yslaag soos dit na die noorde van Kanada teruggetrek
het. Almosan-Keresiouan het vanuit die oostelike hartland van Penuties die gebiede
betrek wat voorheen onder ys bedek was,.
Proto-Almosan-Keresiouan stam uit ‘n Penutiese groep wat aan die voorpunt van die
noordelike migrasie gestaan het, en Proto-Almosan het geboorte geskenk aan die Mosan-
en Keresiouantale.
Dié migrasie het aanvanklik na die noordooste beweeg en tot by die boomlyn gevorder,
die Atlantiese kusgebied gevul, en toe weswaarts deur Kanada begin beweeg. Die eerste
hindernis onderweg was weer die Rotsberge, waaragter die riviere vol salm op die
westelike hange gewag het. Die vallei van die Fraserrivier word tot vandag nog deur
sprekers van Mosan bewoon.
8. 8
By die kus het hulle die Penutiese gebied verdeel sodat Tsimshian in die noorde geïsoleer
is. Die oorsteek van die berge en die verlies aan kontak met die oostelike tale was die
begin van die verdeling tussen Almosan (ooste) en Mosan (weste).
Mosan-sprekers het waarskynlik die kus bereik voordat die sprekers van Na-Dene daar
opgedaag het. Keresiouan het in westelike en oostelike tale verdeel, met ‘n buitepos
Almosanstreek wes van die hoof- Keresiouangebied. Proto-Keresiouan het uit ‘n
Almosantaal ontwikkel, heel moontlik in die omgewing van die oorsprong van die
Mississippirivier. Die oostelike groep van Keresiouantale is die Iroquoistale wat van die
St Lawrencevallei in die noorde deur New York tot by Virginia en Suid-Carolina strek.
Lepionka bevind dus dat al elf Amerindiese taalfamilies nie onafhanklike dogtertale van
Proto-Amerind is nie. Die Andiese en Equatorial-families stam direk uit Proto-
Amerindies, terwyl Tucano en Macro-Carib van Equatorial af kom. Op sy beurt het
Macro-Carib die Jê-Pano-groep verwek.
Sentraal-Amerindies en Chibchan stam af van Hokan, en Paezan van Chibchan. Hokan is
‘n ouer kind van Penuties, en Almosan ‘n jonger een. Die Mosan- en Keresiouantale het
uit Almosan ontwikkel.
Dit laat mens met vier dogtertaalfamilies wat direk uit Proto-Amerindies stam: Penuties,
Hokan, Andies en Equatorial.
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Verwysings
*1 Lepionka, Larry. Historical interpretations of geographical distributions of
Amerind subfamilies. Article published in: In Hot Pursuit of Language in Prehistory:
Essays in the four fields of anthropology. In honor of Harold Crane Fleming. Edited by
John D. Bengtson.
*2 David Reich, Nick Patterson, Desmond Campbell, Arti Tandon, Stéphane
Mazières, et al. Reconstructing Native American population history. Nature, Nature
Publishing Group, 2012, 488 (7411),pp.370-4. 10.1038/nature11258 . hal-0072
Scientists have found that Native American populations -- from Canada to the southern tip of
Chile -- arose from at least three migrations, with the majority descended entirely from a single
group of First American migrants that crossed over through Beringia, a land bridge between Asia
and America that existed during the ice ages, more than 15,000 years ago.
Bronne
Cavalli-Sforza, L. L., Menozzi, P. & Piazza, A. The History and Geography of Human Genes
(Princeton Univ. Press, 1994)
Emekur: Sprachen, Karten und Sprachkarten. https://emekurnet.wordpress.com/
9. 9
Greenberg, Joseph H. 1987. Language in the Americas. Stanford, Stanford University
Press.
B. Menounos, B. M. Goehring, G. Osbor3, M. Margold, B. Ward, J. Bon6, G. K. C. Clarke, J.
J. Clague, T. Lakeman, J. Koch, M. W. Caffee, J. Gosse, A. P. Stroeven, J. Seguinot, J.
Heyman. Cordilleran Ice Sheet mass loss responded to climate reversals near the
Pleistocene Termination. www.purdue.edu/newsroom/releases/2017/Q4/research-
shows-ice-sheets-as-large-as-greenlands-melted-fast-in-a-warming-climate.html
Ruhlen, Merritt. On the Origin of Languages: Studies in Linguistic Taxonomy. Stanford
University Press (July 1, 1994)
Turner C.G., Scott G.R. (2015) The Dentition of American Indians: Evolutionary Results
and Demographic Implications Following Colonization from Siberia. In: Henke W.,
Tattersall I. (eds) Handbook of Paleoanthropology. Springer, Berlin, Heidelberg.
https://doi.org/10.1007/978-3-642-39979-4_63
This chapter uses dental morphology to make inferences about how the New World was first
colonized. The major emphasis is on the initial Macro-Indian migration based on dental traits
observed in Paleo-Indian, Archaic, and more recent prehistoric crania. The major results are as
follows: (1) Arctic and Subarctic native dentitions differ enough from those of Macro-Indians to
indicate separate migrations. (2) Clustered MMD values show three Macro-Indian branches of
North Americans, South Americans, and mixed North and South. (3) There is no marked
branching depth for these three dental divisions, which fits the hypothesis of a single rapid Paleo-
Indian colonization event. (4) The minimally divergent North and South American dental divisions
are most likely the microevolutionary result of dispersal-dependent population structure and
lineage effects. (5) No genetic bottlenecking can be identified at Panama. (6) The small amount of
New World internal dental divergence favors colonization of South America soon after the
settlement of North America. (7) There are no obvious clines, frequency trends, or geographic
groupings for individual dental traits. This suggests little or no selection and that after leaving
Siberia, population size increased sufficiently to limit genetic drift. (8) There is no sign of any Old
World or Oceanic dental pattern other than Northeast Asian Sinodonty. All things considered,
including New World and Siberian linguistics, archaeology, genetics, route considerations, and
relevant natural history, dental analysis supports the Late Pleistocene ice-free corridor, Clovis or
epi-Clovis settlement hypothesis, and the Greenberg Amerind or Macro-Indian language
evolution model.