3. 2
Inhoudsopgawe
Inleiding 3
Verskille tussen Proto-Germaans en Proto-Indo-Europees 4
Die Germaanse Konsonantverkuiwings 5
Germaans vs ander Indo-Europese tale 5
Unieke Proto-Germaanse terme vs PIE terme 6
Nie-Indo-Europese Lekseme in Proto-Germaans wat in Afrikaans voortleef 6
Germaanse woorde van Kaukasiese oorsprong 7
Germaanse woorde met Kartveelse comparanda 8
Germaanse woorde sonder klaarblyklike comparanda 9
Leksikale stratigrafie van Germaans 10
Leenwoorde uit Kelties en Indo-Iraans 11
Die Hartland van Proto-Germaans 12
Sub-, super- en adstratum 13
Lüneberger Heide 15
Spore van verlore tale 16
Atlanties of Semitidies as adstratum 17
Bibliografie 19
Indeks 21
4. 3
Inleiding
Sowat 46% van die wêreldbevolking – 3 640 000 000 mense – het ‘n Indo-Europese
moedertaal. Daar is ongeveer 445 lewende Indo-Europese tale, waarvan twee
derdes tot die Indo-Iraanse tak behoort. Die Indo-Europese taalfamilie sluit groot
wêreldtale soos Engels, Spaans en Hindi in, wat onderskeidelik tot die Germaanse,
Romaanse en Indo-Iraanse groepe behoort. Dis die deeglikste bestudeerde
taalfamilie ter wêreld, en rekonstruksie van die prototaal is tot ˈn groot mate
afgehandel, sodat daar vandag redelike sekerheid bestaan oor die klankstelsel,
woordeskat en morfologie van Proto-Indo-Europees.
Die Germaanse familie het sowat 520 miljoen moedertaalsprekers (2021) en is die dominante
familie op vyf kontinente. Wes-Germaans bestaan uit Afrikaans, Alemannies, Engels, Fries, Duits,
Nederduits, Nederlands-Vlaams, Skots en Yiddish. Die lede van Noord-Germaans is Deens,
Faroëes, Noorweegs, Sweeds en Yslands.
Reeds vroeg in die geskiedenis van Indo-Europese studies, het dit geblyk dat Germaans op
noemenswaardige wyse van die klassieke Indo-Europese patroon afwyk. ‘n Proses van
klankverskuiwings het teen die middel van die eerste millennium vC – toe Proto-Germaans sy
finale vorm aangeneem het – beduidende verskille met sy portuurtale soos Proto-Kelties, Antieke
Grieks, Latyn en Sanskrit meegebring.
5. 4
Verskille tussen Proto-Germaans en Proto-Indo-Europees
1 Die PIE werkwoordstelsel is vereenvoudig waar dit aspek en tyd aangaan
2 Germaans het ‘n verledetydsvorm met ‘n dentale suffiks ontwikkel
3 Indo-Europese /a:/ word Germaanse /o:/.
4 In PIE was die klem vry en beweeglik, en kon dus op enige lettergreep val. In PG val die klem
deurgaans op die eerste lettergreep, en onbeklemde lettergrepe is verswak en verloor.
Daardie lettergrepe was meestal uitgange en suffikse.
5 Die Germaanse Konsonantverskuiwings
6 Die Proto-Germaanse woordeskat bevat elemente wat nie in die ander Indo-Europese tale
voorkom nie.
Die Germaanse Konsonantverkuiwings
Grimm se Wet (1822) bestaan uit drie hoof-klankverskuiwings:
Geaspireerde stemhebbende sluitklanke verloor aspirasie: bh dg gh en word b d g
Stemlose sluitklanke word stemlose skuurlanke: p t k word f θ x/h
Stemhebbende sluitklanke word stemloos: b d g word p t k met die uitsondering dat niks verander
waar ‘n stemlose sluitklank deur ‘n stemlose stemlose sluitklank gevolg word nie; soos in /ster/ en
nie /stθer/ nie.
Hierdie verskuiwing het aspirasie as onderskeidende kenmerk uitgeskakel.
6. 5
Verner se Wet (1875): Die stemlose skuurklanke hier bo word stemhebbbend in ‘n stemryke
omgewing:
f > v
θ > ð
k > g
en die stemlose skuurklank /s/ word /z/ wat weer in /r/ verander
Germaans vs ander Indo-Europese tale
Vader Pitar in Sanskrit, Pater in Latyn
Vis Piscis in Latyn
Hond Canis in Latyn
Honderd Centum in Latyn, satem in sanskrit
Twee Dva in Sanskrit, Duo in Latyn
Knie Genu in Latyn
7. 6
Unieke Proto-Germaanse terme vs PIE terme
*aiks *perkwos eik
*beron *r
̥ tko beer
*bragnam *mosghos brein
*bullon *tauros bul
*fingraz *polikosa vinger
*hursa *gheyos, hekwos perd
*kuningaz *regs koning
*lambaz *hegwosnos lam
*silubra *argent silwer
*skuldro *homsos skouer
ˈn Aantal nie-Indo-Europese lekseme in Proto-Germaans wat uit ˈn
substratum kom en in Afrikaans voortleef
*aik eik(eboom)
*akrana akker(boom)
*apan aap
*arut erts
*arwīt ertjie
*baunō boon
*braidaz breed
*drenan dreun
*driŋkɑnɑ̃ drink (om te)
*ēbund aand
*ebura (vark)beer
*fata vat, houer
*gait bok
*hakan haak
*hale/haluþ held
*hnippōn knyp
*hnut neut
*hringa ring, sirkel
*kattōn kat
*krabita krap, kreef
*kumb/kumpan kom, bak
*lauba lower
*magan maag
*managa menigte
*pakka pak
*pōla poel
*rōbjōn raap
*samda sand
*silubra silwer
*steuro bees, bul
*swappan swam, paddastoel
*swebla swael
*þeura bul
*ufna oond
*wisund oer-os
8. 7
Germaanse woorde van Kaukasiese oorsprong
*aban man
*baka rug (Engels: back)
*barku bas
*basya, *bazya bessie
*bayna been
*blōda bloed
*brayda breed
*brakka(n) brak
*brūdi bruid
*brust bors
*bukkam bok
clud wolk
*draugya droog
*handu hand
*klawō klou
*landa land
*lūs luis
*magan maag
*managa baie
*manna man
*sanda sand
*skuldra skouer
*slēpa slaap (om te)
*stayna steen
*swarta swart
*swimm swem (om te)
*trahna traan
*tungō tong
9. 8
Germaanse woorde met Kartveelse comparanda
*daga dag
*dumba dom
*hwelpa welpie
*lull om aan die slaap te sus
*mugjō muggie
*saywō see
*smauki rook
*tai(h)wōn toon
*tehun tien
*two twee
11. 10
Leksikale stratigrafie van Germaans
Volgens Faurnet se Lexical Stratigraphy of Germanic, is die diepste laag leenwoorde in PG (wat
ook in ander IE-tale voorkom) van Kartveelse oorsprong, gevolg deur ‘n laag van Kaukasiese
oorsprong.
Daarna volg Kartveelse lenings net in Germaans, Grieks en Latyn, en Kaukasiese lenings net in
Germaans, Italiaans en Kelties.
Jonger lae is die Kaukasiese en Kartveelse terme wat net tot Germaans en Balto-Slawies beperk
is, en eindelik ‘n laag Kartveelse en Kaukasiese leenwoorde wat net tot Germaans beperk is.
Kartveelse leenwoorde wat slegs in Proto-Germaans voorkom, sluit in:
*daga- m ‘day’ ~ Georgian dġe ‘day’
*dumba- ‘dumb’ ~ Kartvelian *dum- ‘silent’
Kaukasiese leenwoorde wat slegs in Proto-Germaans voorkom, sluit in:
*baka- rug, *barku- bas, *basya-, *bazya- ‘bessie’, *bayna- been, *brayda- ‘breed’,
*brūdi- f ‘bruide’, *brust- f ‘bors, *gīsla- m ‘’skag , gaiza- spies, ,
*hleuza- ‘wang, *hnefan- ‘vuis, *hrugya- m ‘rug, *lauba- blaar
Faurnet se Scenario vir Germaans
Nadat die Anatoliese groep (Nesities/Hetiet van Hattusas, Luwies, Lidies, Lisies, Karies)
weggebreek het, het die res van Indo-Europees interaksie met Kartveels en tot ‘n mindere mate
met Kaukasies gehad.
Later het die Indo-Europese groep in twee verdeel, Centum (Germaans, Italies, Kelties, ens) en
Satem (Balties, Slawies, Indo-Iraans, ens).
Die Centum-groep het steeds Kartveelse leenwoorde opgeneem, sowel as Kaukasiese woorde
wat steeds in Baskies voorkom.
Dit suggereer dat Kaukasiese tale wyd verspreid oor Wes-Europa voorgekom het.
Nadat die Centum groep verdeel het in Italies, Kelties, Germaans en Grieks, het Germaans steeds
Kaukasiese terme opgeneem.
Nadat Germaans in Noordelike en Westelike takke vedeel het, het albei steeds Kaukasiese
woorde opgeneem.
12. 11
Leenwoorde uit Kelties en Indo-Iraans
Proto-Germaans se leenwoorde uit Indo-Europese sustertale kom hoofsaaklik uit Kelties en Indo-
Iraans. Germane en Kelte was eeue lank bure en het ‘n Noordwes-Europese kultuur gedeel, ‘n
situasie wat gewoonlik met ‘n hoë vlak van tweetaligheid gepaard gaan. Oos van die Germane
was daar in historiese tye steeds sprekers van Iraanse tale in die Balkans en Oekraïene, soos die
Sarmatiërs en Alane.
Die konsensus is dat Oeraliese tale in die noorde van die Skandinawiese skiereiland gepraat is
voor die koms van Indo-Europees, en heel moontlik ook rondom die Baltiese See. Die Oeraliese
tale soos Estnies, Saami en Fins het egter meer woorde by Proto-Germaans geleen as andersom.
Die Oeraliese invloed manifesteer in die klankstelsel en die morfologie van Proto-Germaans, nie
soveel in die woordeskat nie. Prominente Oeraliste het selfs al beweer dat Germaans die resultaat
is van ‘n Indo-Europese dialek wat deur Oeraliese sprekers as moedertaal aangeneem is.
13. 12
Die Hartland van Proto-Germaans
Die Wessenstadt- en/of Jastorfkulture van 800 – 300 vC. Die Wessenstadtkultuur (800 – 600 vC)
op die Lüneburger Heideland is ‘n argeologiese merker van Hallstatt "C". Die oorspronklike Heimat
was tussen die Erzebirge, Thüringerwald, Elbe-, en Allerriviere. Die verspreiding van die bevolking
is bepaal deur die turfmoerasse wat destyds oor groot dele van die streek voorgekom het.
Die noordelike deel van Neder-Sakse bestaan uit die Noord-Duitse Vlakte. Aan die noordweste is
die kus van die Noordsee en die sewe Oos-Friesiese eilande. In die verre weste is Emsland, ˈn
ylbevolkte streek wat aan Nederland grens en wat voorheen grootliks moeraswêreld was. In die
noordooste is die Lüneburg Heideland (Lüneburger Heide), ˈn natuurreservaat omring deur die
Elbe-, Drawehn-, Aller- en Wümmeriviere. Na die suide lê die Laer-Sakse-Heuwels wat in hulle
breër omvang die Weser- en Leineheuwels insluit.
Weens snelle bevolkingsgroei het die Proto-Germaanse gebied teen 500 vC na die suide en
weste van Neder-Sakse, sowel as die Harzberge, die laer Rhyn en Thuringia uitgebrei. Verdere
ekspansie het die Proto-Germane deur Schleswig-Holstein na die ooste van Jutland in Denemarke
geneem, en van daar na Swede en Noorweë.
14. 13
Sub-, Super- en Adstratum
ˈn Substratum verwys na die oorspronklike taal van ˈn bevolking wat van taal verwissel het,
gewoonlik na ˈn lang periode van tweetaligheid. In die aanleer van die nuwe taal, bring die
sprekers van die oorspronlike taal elemente van die ou taal in die nuwe een in, byvoorbeeld
uitspraak en konsepte in die ou taal waarvoor daar nie terme in die nuwe taal bestaan nie.
By die Germaanse taalfamilie verwys die term
substratum na leksikon-items en fonologiese
elemente wat waarskynlik nie van PIE geërf is
nie. Volgens die substratum-teorie kom die
elemente uit ‘n vroeër spraakgemeenskap wat
tussen die Indo-Europeërs gewoon het. Die
Germaanse dialek van PIE het die superstratum
geword, wat deur die sprekers van Oud-
Europees aangeleer is.
Kenmerke van substratum-leenwoorde sluit in
fonologiese of morfologiese patrone wat nie in
die superstratumtaal (Germaanse dialek van PIE)
bestaan het nie, ongewone fonologie en
ongewone wyses van woordvorming.
Woorde vir diere en plante waarvoor die nuwe taal (Germaanse dialek van PIE) nie terme het nie,
is natuurlike keuses vir oordrag. Die optimale semantiese terreine vir leenwoorde is: riviername,
diername, dierprodukte, plantname, basiese implemente, eienskappe van die natuurlike
omgewing, menslike aktiwiteite, gevoelens en persepsies.
Woorde vir landskapkenmerke soos mere, moerasse, poele, stroompies, fonteine, velde, vlaktes,
heuwels, randjies, en huishoudelike implemente soos potte, panne, bakke en lepels word
gewoonlik in die nuwe taal opgeneem.
16. 15
Spore van Verlore Tale
I Die Taal van Riviername
Dis die heel oudste laag van substrata wat in riviername uitgeken kan word, van Ierland in die
weste tot by Belarus in die ooste, Spanje in die suide en Skandinawië in die noorde. Dis heel
eerste deur Hans Krahe waargeneem wat dit as Indo-Europees beskou het. Die Leidense Skool
van Historiese Taalkunde beskou dit as ˈn Nie-Indo-Europese taal, en beweer dat dit min invloed
op die later Europese tale gehad het.
Die wortel ISER verskyn in riviername soos die Ijser (Nederland), Aire (Yorkshire), Oise
(Frankryk), Saar (Duitsland), Iza (Roemenie) en Esaro (Italië). Die wortel DUR verskyn in onder
meer Eder, Oder, Dordogne, Douro en Drava.
Volgens Theo Vennemann se Waskoniese teorie, is dit ˈn taal wat aan ˈn oer-oue voorouer van
Baskies verwant is. Baskies se naaste verwante is die Noordoos-Kaukasiese tale van Dagestan,
Tsjetsjnië en Ingoesjetië.
17. 16
II Die Taal van Voëlname
Hierdie taal staan ook bekend as Substratum Laag A1 van die Leiden-Skool, en word gekenmerk
deur ˈn klinker /a/ wat dikwels as beklemtoonde voorvoegsel verskyn het.
Die taal het oor skuurklanke beskik, soos /x/ = Afrikaanse G, en Engelse th soos in ’that’.
ˈn Hoë persentasie woorde het met /k/ begin. Die diftong /aə/ word /a/ in Britse Kelties en /ai/ in
Germaans:
*laəwađ = lewerik
*astrap = weerlig
*krexar = kraanvoël
*spraew = spreeu
*akr = akker(boom)
*kekan = kaak
*hod = hoed
*kagila = kegel
III Die Taal van Dubbelkonsonante
Laag A2 van die Leidense Skool word as
substratum regdeur noordelike Europa onder
Indo-Europese sowel as Oeraliese tale gevind. In
PIE was daar geen verdubbeling van
medeklinkers nie, dus word vermoed dat die reël
in PG wat bepaal dat ˈn kort klinker voor ˈn
dubbelkonsonant, en ˈn lang klinker voor ˈn
enkelkonsonant verskyn, van dié taal af kom.
Wisseling van die finale medeklinker, soos p/k in
woorde soos Nederlands: stronk, stromp, Eng:
strip, strike of Afr: streep, streek. ˈn Ander
wisseling behels woorde wat met /kn/ of /kl/
begin, soos klim en kleef, knap en knak en
knaag, knou. Verdere voorbeelde is
dobber/doop/duik/diep sowel as suig/suip en
slaap/sluimer.
18. 17
Atlanties of Semitidies as Adstratum
ˈn Adstratum is ˈn taal soos Latyn wat alle Europese tale met woordeskat verryk het. Dis ˈn
prestige-taal wat gewoonlik deur ˈn uitgebreide literatuur, kultuurskat en spirituele tradisie
ondersteun word. ˈn Adstratum bied dus ˈn woordewieg waaruit ˈn taal sy woordeskat kan aanvul
en sy semantiese nuanses kan verryk. ˈn Adstratum het gewoonlik geen effek op die morfologie of
klankstelsel van die tale aan wie hy woorde skenk nie.
Volgens Theo Vennemann was daar ook ˈn Semitiese taal wat as ˈn adstratum eerder as
substratum gedien het, net soos Latyn op Engels. Dit kan niks anders wees as die Fenisiese
dialek van Kartago nie. Gedurende die eerste millennium vC het Kartago wyd en syd in die
Atlantiese Oseaan handel gedryf, van Wes-Afrika tot by Skandinawië.
Atlanties sluit in plekname soos Solent, Solund, Isles of Scilly, en die name van Hebridiese eilande
soos Thanet, Uist, Iona en Sark. Die woord by vir heuningby en imbi vir swerm bye.
Die woord adel(stand), en die woorde appel, harp, heer, volk, oewer, ploeg en huis het Fenisiese
ekwivalente. Oorlogvoering word verteenwoordig deur woorde soos swaard, skild en wapen.
20. 19
Bibliografie
Aikio, Ante (2004). An essay on substrate studies and the origin of Saami. In Hyvärinen, Irma; Kallio,
Petri; Korhonen, Jarmo (eds.). Etymologie, Entlehnungen und Entwicklungen [Etymology, loanwords
and developments]. Mémoires de la Société Néophilologique de Helsinki (in German). 63. Helsinki:
Société Néophilologique. pp. 5–34. ISBN 978-951-9040-19-6.
Anthony, Dawid W. A New Approach to Language and Archaeology: The Usatovo Culture and the
Separation of Pre-Germanic. The Journal of Indo-European Studies, Volume 36, Number 1 & 2,
Spring/Summer 2008.
Beekes, Robert S. P. 1996. Ancient European Loanwords. Historische Sprachforschung 109, 215-236.
Bjørn, Rasmus Gudmundsen. 2017. Foreign Elements in the PIE Vocabulary: A Comparative
Loanword Study. University of Copenhagen.
Diakonov, I. M. 1985: On the original home of the speakers of Indo-European. The Journal of Indo-
European Studies, 13.1: 92–174.
Fournet, Arnaud. Establishing a lexical stratigraphy of Germanic. December 2020
Gamkrelidze, T. V. & V. V. Ivanov 1995: Indo-European and the Indo-Europeans : a reconstruction
and historical analysis of a proto-language and a proto-culture. Part I. Berlin – New York
Riho Grunthal & Petri Kallio (eds): A linguistic map of prehistoric Northern Europe. Suomalais-
Ugrilaisen Seuran Toimituksia 266. Helsinki: Suomalais- Ugrilainen Seura 2012.
Huld, M. E. 1993: Early Indo-European Weapons Terminology, Word, 44:2, 223-234, DOI:
10.1080/00437956.1993.11435901.
Huld, M. E. 1990: The linguistic typology of Old European substrata in north central Europe. –
Journal of Indo-European Studies 18: 389–417.
Kroonen, Guus. 2013. Etymological Dictionary of Proto-Germanic. Leiden/Boston: Brill.
Kroonen, Guus. Non-Indo-European root nouns in Germanic: evidence in support of the
Agricultural Substrate Hypothesis.
Lehmann, W. P. 2002: Pre-Indo-European. Journal of Indo-European monograph series
41. Washington D.C.
Mailhammer, Robert. Shillings, gods and runes: clues in language suggest a Semitic superpower in
ancient northern Europe. The Conversation https://theconversation.com/shillings-gods-and-runes-clues-
in-language-suggest-a-semitic-superpower-in-ancient-northern-europe-139381
21. 20
Polomé, Edgar C. 1986. The non-Indo-European component of the Germanic lexicon. o-o-per-ro-si:
Festschrift für Ernst Risch, 661-672. Berlin: Mouton de Gruyter.
Quiles, Carlos & Fernando López-Menchero. North-West Indo-European. First draft. Academia
Prisca 2017
Schrijver, Peter. 1997. Animal, Vegetable and Mineral: some Western European substratum words.
Sound and Law Analogy, 293-316. Amsterdam/Atlanta: Rodopi.
Schrijver, Peter, 2014. Language Contact and the Origin of the Germanic Language. New York:
Routledge.
Šorgo, Aljoša. 2015: Pre-Germanic: A tentative description of the substratum language in Proto-
Germanic based on Guus Kroonen's Etymological Dictionary of Proto-Germanic. Ljubljana.
Šorgo, Aljoša. 2018: Characteristics of Lexemes of a Substratum Origin in Proto-Germanic. In
Loanwords and Substrata, Limoges, 06/06/2018.
Uys, Pieter. Eggo’s van die Oertyd in Afrikaans.
Uys, Pieter. Taal is ‘n brug oor die stroom van tyd.
Vennemann, Theo. 2006. Grimm’s Law and Loanwords. Transactions of the Philological Society
Volume 104:2 (2006) 129–166. University of Munich.
Vennemann, Theo. Contacts in Prehistory: The Indo-European Northwest.
Winters C. 20111: The First European Farmers were not Eastern Europeans . WebmedCentral
Human Genetics 2011;2(9):WMC002265.
Witczak, Krzysztof Tomasz. 2014: Substrate Lexical Influence on Germanic in the Light of Language
Contact Theory. Brünner Beiträge Zur Germanistik Und Nordistik, 28 / 2014 / 1–2.