1. 1
Die Tuisland van die
Proto-Indo-Europeërs
Sowat 46% van die wêreldbevolking – 3.2 miljard mense – praat vandag Indo-
Europees as moedertaal. Die talrykste tale is Spaans, Engels, Hindustani,
Portugees, Persies, Bengali, Duits en Russies wat elk oor meer as ˈn honderd
miljoen sprekers beskik. Afrikaans is ˈn lid van die Wes-Germaanse familie
saam met Duits, Engels, Friesies, Nederlands en Vlaams.
2. 2
Die Indo-Europese families Germaans, Kelties, Balties, Italies (Romaans), Grieks, Albanies,
Armenies, Indo-Iraans, Slawies en die uitgestorwe Anatolies en Togaries, stam uit Proto-Indo-
Europees, wat deur middel van taalkundige rekonstruksie tot ‘n redelike mate aan ons
bekend is.
Die Proto-Indo-Europeërs was ‘n werklike spraakgemeenskap wat in dorpies saamgewoon
het en landbou sowel as veeteelt beoefen het. Oor die tuisland van die sprekers is nog geen
konsensus bereik nie. Verskillende streke soos die Balkan, Middel-Europa, Siberië, Anatolië
en die Oekraïene is al as die wig van Indo-Europees voorgehou. Die gunsteling is tans
die Pontiese Steppeteorie, terwyl die Anatoliese teorie nommer twee is.
3. 3
Die Steppe-hipotese plaas die geboorte van Proto-Indo-Europees op die Pontiese
steppe (nou Oekraiene) sowat sesduisend jaar gelede, as die taal van die Yamnaya-
kultuur. In 2012 het Remco Bouckaert en ‘n span wetenskaplikes vir die eerste keer
‘n Bayesiese filogeografiese benadering ingespan1
om die raaisel te probeer oplos.
Hulle het bevind dat ‘n Anatoliese oorsprong van PIE sowat agt duisend jaar gelede
waarskynlik is.
4. 4
Greenberg se Eurasiatiese familie
Indo-Europees
Oeralies-Yukaghir
Altaïes (Mongools, Chuvash-Turks en Manchu-Tungus)
Japanees-Koreaans (Koreaans, Ainu, en Japanees-Ryukyu)
Gilyak (Nivkh)
Chukchi-Kamchatkaans
Inuit-Yupik-Unangan
5. 5
Die tergende raaisel van Proto-Indo-Europees is dat die taal sekere strukturele vorme
met die tale van Noord-Eurasië deel, (vanaf Finland oor Siberië en die verre noorde
van Kanada tot by Groenland), en ander elemente in gemeen het met Semities, lid van
die Afro-Asiatiese taalfamilie van die Midde-Ooste en Afrika tot so ver wes as Mali en
so ver suid as Tanzanië. Hier word nie na universele taalverskynsels of algemene
ooreenkomste verwys nie, maar na spesifieke kenmerke uniek aan die tale onder
bespreking.
Die Afro-Asiatiese Familie:
Semities, Berber, Egipties/Kopties, Kusities, Tsjadies en Omoties.
Aan die noordelike kant deel PIE morfologiese eienskappe met die Oeraliese, Inuit-
Yupik-Unangan, Makro-Altaïese en ander taalfamilies van dié uitgestrekte gebied, wat
dui op langdurige wedersydse beïnvloeding of ‘n oer-oue genetiese verwantskap.
Daar is strukturele parallelisme in kernmateriaal soos die foneme van
voornaamwoorde, en ooreenkomste in grammatika. Hieronder tel die M-T (ek-jy)
voornaamwoord-tipe, meervoudvorming deur -t aan die stam te heg, en
dualisvorming met -k.
6. 6
Die beroemde Dr Joseph Greenberg wat in die 1950s die Afrikatale geklassifiseer
het, het in 2000 ‘n Eurasiatiese Familie aan die hand gedoen. Hy bespreek die
fonetiese en morfologiese bewyse van verwantskap in sy boek Indo-European and Its
Closest Relatives: The Eurasiatic Language Family. Die kern van sy argument is 72
morfologiese kenmerke wat by al die betrokke taalfamilies voorkom. Kognate in die
woordeskat is egter beperk, en lenings het in een rigting van PIE na hoofsaaklik
Proto-Oeralies beweeg. Die tale hier gelys word as Eurasiaties beskou:
Aleut, Ainu, Bashkir, Buryat, Chukchi, Chuvash, Estnies, Fins, Karelies, Inuit,
Inuktitut, Itelmen, Khalkha, Khanti, Komi, Koryak, Manchu, Mansi, Mari,
Mongolies, Mordvin, Nganasan, Nenets, Nivkh, Sami, Samoyed, Tatar, Tungus,
Tuvan, Udmurt, Yakut, Yupik.
7. 7
Die Semitiese tale vorm deel van die Afro-Asiatiese familie wat uit Ou Egipties,
Kopties, Berber, Tsjadies, Omoties en Kusities bestaan. Individuele tale sluit in Hausa
van Wes-Afrika en Iraqw van Tanzanië. Onder die tipologiese parallelle met PIE is
geslagsaanduiding, klinkergradering en ‘n stelsel van medeklinkers wat drie groepe
sluitklanke insluit: stemloos, stemdraend, en glottaal. Wat veral merkwaardig is van
die PIE – Proto-Semitiese interaksie, is die vroeë leenwoorde wat wedersyds tussen
PIE en PSem uitgeruil is: veral name van plaasdiere, gesaaides, en gereedskap.
Akkadies is die oudste Semitiese taal wat ‘n rekord gelaat het, van vroeg in die derde
millennium vC, in die vorm van ekonomiese dokumente, briewe, literêre tekste, en
koninklike korrespondensie. Die naam Akkadies kom uit die byvoeglike naamwoord
akkadum wat na die hoofstad van Sargon / Sharrrukkin van Akkad verwys. Die taal
van die stad Ebla is nou verwant daaraan. Van die vroegste tye het Akkadies en
Sumeries mekaar wedersyds beīnvloed; die gevolg daarvan op Akkadies was ‘n
verlies aan keelklanke en ‘n SOV sinstruktuur wat drasties van ander Semitiese tale
verskil.
8. 8
Die Hoogland van Armenië
Die Armeense Hoogland is die sentrale en hoogste gedeelte van die drie plato’s wat
die noordelike deel van Wes-Asië uitmaak: die Anatoliese plato, die Kaukasus, en die
Iranse plato.
In die werk The Indo-European Language and Indo-Europeans (1984) identifiseer
Vyacheslav Ivanov en Tamaz Gamkrelidze die voorvermelde gebiede as die vroegste
tuisland van die Indo-Europeërs. Dis nie onmoontlik om die oorspronklike
woongebied van ‘n spraakgemeenskap uit die taal se woordeskat te identifiseer nie.
Die huidige probleem is dat almal aandring op argeologiese bevestiging, wat eintlik
onlogies is. Soveel
geheime lê begrawe
onder die oppervlak, en
blote materiële
oorblyfsels sal nooit kan
bevestig watter taal of
tale die mense van ‘n
argeologiese kuluur
gepraat het nie. Volgens
die woordeskat van die
sprekers van Proto-Indo-
Europees moes die
natuurlike eienskappe
van die gebied in die leksikon van die prototaal weerspieël word. PIE-spesialiste is
nogal streng met die bepaling van wat ‘n PIE-woord is: Voordat ‘n woord as PIE
aanvaar word, moet dit in beide die westerse en die oosterse groep gevind word,
binne ‘n verwante spektrum van betekenisse.
Die westerse groep is die Kentumtale, en die oosterse groep is die Satemtale
(hoewel Togaries as geografiese uitsondering in die Tarimkom van Xinjiang gepraat
is). Die PIE woord vir 100 was *ḱm
̥ tóm. In die Kentumtale Kelties, Grieks, Italies,
Germaans, Anatolies en Togaries, het die velêre klanke /ḱ/ en /ǵ/ (kj en gj) in
“gewone” /k/ en /g/ verander, sodat mens Latyn centum kry (waar die c ‘n k is), en
honderd in Afrikaans (omdat die Germaanse k intussen in h verander het). In die
Satemtale soos Sanskrit, Balties en Slawies het /ḱ/ en /ǵ/ verander in /s/ of /ʃ/, soos
Sanskrit śatam, Litous šimtas, Letlands simts.
9. 9
Die Landskap van die Proto-Indo-Europeërs
Die woordeskat van PIE getuig van ‘n boomryke omgewing van berge, heuwels en
klowe, valleie, kranse en rante.
Konsepte soos *bh
ergh
(hoog), *kh
olnis (heuwel), *mn
̥ s (berg), *kh
l̥men (piek), *har
(vallei), *sledh
(berghang), *rainos (rant), * kl̥dis (bergpaadjie), *dh
olos (kloof), *lonko
(riviervallei) en *khamm (bergwoud) skakel die plat grasvlaktes van die steppe uit.
Dit was ‘n waterryke gebied met riviere, mere, poele, stroompies en vleilande. Die
werkwoord *dh
enand (vloei) en dh
ān
(rivier) waaruit riviere soos die Don,
Donau, Dniepr en Dniester hulle name
gekry het. Naamwoorde soos *wr
̥ stā
(reën), *wed (nat), *wodor (water),
*mor/*mar (see, meer, moeras), *oru
(meer) is volop in die taal. Verder ook
*wend (golf), *lindh
(dam), *selo (vleiland), *palo (klei, modder), *pan (vlei), *aperos
(oewer, rivierbank), *dh
ūn (kus), *sol (eiland), *almos (fontein), bhoglā (rivier/beek soos
in Liesbeeck) en *pont (brug)
Wolk (*nebh
os), donder (*tontrom), storm (*m
̥ bh
ros), sneeu (*sneigs), ys en koue (*eis
/*is) en wind (*wentos) was algemene verskynsels, terwyl die as- (*Hos), beuke-
(*bh
aHk), berke- (*bh
erHk) en denneboom (*phith) alombekend was, net soos appels
(*samlu), kersies (*kh
rno), moerbeie (*moro) en die roos (wr
̥ t).
10. 10
Fauna in hierdie streek sluit in die wolf (*wl̥kwos), jakkals (*wolpis), luiperd (*ph
ars),
leeu (*lewos), wildekat (*leukh
), olifant (*lebh
onth
), en voëls soos die gans (*gh
ans), en
die kraai (*korniks). Huisdiere is die hond (*kwōn, kwonos), en kat (*kattā), en
plaasdiere sluit skape (*owis) en beeste (*peku) in.
Die bovermelde versameling natuur-, botaniese en soölogiese terme spreek van ‘n
boomryke berglandskap waar leeus en olifante bekend is, wat die steppe en Europa
uitsluit.
Mesopotamiese Substratum
‘n Oer-oue substratum van plekname en beroepsterme in Mesopotamië is ouer as
die Sumeriese taal. Nie een van die antieke stede – Urim, Uruk, Larsa, Adab, Lagas,
Bad Tibira en Zimbir – het ‘n Sumeriese naam nie, en die woorde vir ploegman
(engar), herder (sipad), smid (simug), bouer (shidim) en metaalwerker (tibira) is nie
Sumeries of Semities nie.
11. 11
Gordon Whittaker het ‘n substratumtaal identifiseer, wat Proto-Eufraties genoem
word en waarskynlik Indo-Europees is. Dis die taal van die mense wat landbou na
suidelike Mesopotamië gebring het tydens die Vroeë Oebaid-era (5300 tot 4700 vC).
Dit sou die vroegste bewys van ‘n Indo-Europese taal wees wat nog gevind is.
Die naam van die landstreek, Kalama, mag betrekking hê op die PIE woord *kolHm
(riete). Nippur, die stad van Enlil (Heer van die Wind), dui moontlik op PIE *nebh
ro
(wolk, newel), en die stad Lagash op PIE *legh
os (stoorkamer). Die Sumeriese woord
vir ‘n bewerkte land, ugur, mag uit PIE *hegro spruit, terwyl die titel patesi, ‘n
goewerneur of burgemeester, baie op PIE *potis (leier) trek.
‘n Hele woordfamilie in Sumeries mag op die PIE stam *ner (man) / *neros
(krygsman) gebaseer wees. Dit sluit in die Sumeriese stam ner/nir wat vir prins, held,
heerser of owerheid gebruik word.
Vergelyk ook Sumeries giru 'geliefde' met PIE *kāra/u- 'beminde, geliefde', Sum.
gud/gu ‘bul, os, bees’ met PIE *gu/gwou- ‘koei’, Sum. pala ‘kleed, met PIE werkwoord
*pal- 'toedraai, bedek', en Sum. tur (erf, kraal) met PIE *dh
wors (deur).
12. 12
Semities
Die leksikale stratum van PIE wat by Proto-Semities geleen is, bestaan hoofsaaklik uit
woorde vir plaasdiere, gekultiveerde plante en implemente. Proto-Semities vir graan
*burr-/*barr word *bh
ar(s) (graan, koring) in PIE. PSem *p-l-k (byl) word *ph
elekh
u in
PIE. PSem vir skip, *'unw-(at-), ‘unutu’ in Akkadies, ‘oniyyii’ in Hebreeus, word in PIE
*nāwis. Die PSem wortel *q-r-n (horing) kom waarskynlik uit PIE *ker (top, kop).
PIE *septm
̥ ‘sewe’ word beskou as ‘n leenwoord van PSemities *šabʕatum, terwyl die
woord vir “wyn” soortgelyk klink in Kartveels (*ɣwino-), Semities (*wayn) en Indo-
Europees (*woynom). ‘n Woord vir mens in PSem en PIE toon beide ‘n verbintenis
met die grond. PSem *adamah rooi grond en *adam (man), en PIE *dh
egh
om "aarde"
en *homo man wat “aardling” beteken.
13. 13
Kartveels
Die Kartveelse taalfamilie word in Georgië in die Kaukasus gepraat, en bestaan uit
Georgies, Megrelies, Laz en Svan.
Proto-Indo-Europees, Proto-Semities en Proto-Kartveels beskik oor ‘n uitsonderlkike
isomorfiese medeklinker-struktuur van drie reekse sluitklanke. Die fonemiese
bestanddele van morfeme en hulle reëls van sintagmatiese kombinasie is dieselfde
in PK en PIE. Proto-Kartveels se ablautpatroon (klinkerwisseling) in die woordstam
stem ooreen met dié van PIE, en PK se groot aantal leenwoorde uit PIE kan die
resultaat van ‘n langdurige periode van geografiese interaksie wees.
ქართველური ენები
14. 14
Perde en Waens
Die verskyning van gewielde voertuie word tot die vierde millennium gedateer, en
die middelpunt van die verspreiding daarvan is die streek tussen die Transkaukasus
en Bo-Mesopotamië.
Van daar af het dit na die Volga-Oeral-area, die gebied noord van die Swart See, die
Balkan en sentraal Europa versprei. Dis dieselfde gebied waar die perd makgemaak
is, of vanwaar die mak perd versprei het.
PIE beskik oor ‘n uitgebreide terminologie vir perde en waens en verwante
bergrippe. Dit sluit in *aksis as, *kh
wekh
lom- wiel, wa, *roth
ā- wiel, *wer- draai, * dh
ur-
harnas, *yugóm juk, *wegh
- (om op ‘n voertuig te ry), en *wogh
nos (wa).
15. 15
Aratta, Ararat, Urartu en Armenië
Aratta was ‘n geheimsinnige plek wat wyd in die Sumeriese literatuur voorgekom
het, as ‘n bergagtige streek na die noorde wat ryk was aan goud, silwer, lapis lazuli,
en ander minerale en edelstene.
Sumeriese narratiewe wat na Aratta verwys, sluit in die Enuma Elish, ‘n Babiloniese
skeppingsmite, sowel as die verhale Enmerkar en die Heerser van Aratta, en
Enmerkar en Ensuhkkishdana. Die beeld van Aratta is oor die algemeen positief, ten
spyte van Enmerkar se vyandigheid jeens die land in bovermelde werke. Aratta word
ook besing in Lugalbanda en die Anzugvoël, Bilgamesh en Huwawa, Die Himne aan
Nisaba, Weeklag oor Ur en in ‘n lofgedig van Koning Shulgi.
Sommige navorsers reken dat die Enmerkar-narratiewe na ‘n tydperk rondom 3100 vC en 2900 vC
verwys, terwyl Enmerkar ook
gekoppel word aan die eerste
dinasie van Sumer (3500 – 2750
vC). In Farao Thutmoses III van
Egipte se verwysing na die mense
van "Ermenen", (in die jaar 1446
vC), beweer hy dat die “hemel op
vier pilare steun” in die land
Urartu.
Koning Sargon van Akkad verwys
in die 23ste eeu vC na die land
Armani, waarna Urartu op die
toneel verskyn. Die koninkryk is ook Biainili of Die Koningkryk van Van genoem, omdat dit by die
Van-meer ontstaan het.
Die koninkryk het sy bloeitydperk tussen die 9de en 8ste eeue vC bereik, veral onder Koning Argishti
I, (785 – 760), maar het later weens Assiriese aggressie agteruitgegaan. In die 6de eeu is die staat
deur die Meders verower.
16. 16
Herodotus verwys na die Alarodiërs (Alarodioi), wat deel was van die 18de provinsie van die Persiese
Ryk. In 521 of 520 vC word Koning Darius die Grote se Behistun-inskripsie opgerig, waarin daar na
Arminiya in die Ou Persiese taal en Harminuia in die Elamitiese taal verwys word.
Verder terug, na 6000 vC, is daar die Aknashen, Aratashen en Mestamor argeologiese terreine, en
die Shulaveri-Shomu-kultuur wat tussen 6000 en 4000 vC aktief was. Dit is opgevolg deur die
Bronstydperk se Kura-Araxes-kultuur wat van rondom 3400 - 2000 BC aktief was. Van sowat 2200
vC tot 1600 vC, floreer die Trialeti-Vanadzor-kultuur in die gebied van die huidige Armenië, suidelike
Georgië, en noordoostelike Turkye.
Een van die oudste strukture in Armenië is die Karahunj Sterrewag en Tempel van die Son wat uit
8,000 vC dateer. Naby Metsamor in die Armavir provinsie is ‘n kasteel van sowat 5,000 jaar oud, met
enorme klipstelae wat die son en leeus uitbeeld, en idiogramme wat die proses van koper- en
ystersmelting illustreer.
Al die ou hoofstede van Armenië is in die Araksvallei geleë, ‘n streek wat sedert die oertyd as ‘n
spilpunt van landbou en veeteelt beskou word. Die teenswoordige hoofstad, Yerevan op die
Hrazdanrivier, is in 782 vC deur Koning Argishti I van Urartu as die fort Erebuni gestig.
Meer as 100,000 rotstekeninge is in Armenië opgeteken, waarvan die oudstes uit die 12de
millennium vC dateer. Twee van die heel oudstes is ‘n afbeelding van ‘n olifant en ‘n afbeelding van
wilde buffels wat intussen in Armenië uitgestef het. Geometriese figure, plante, hemelliggame en
mitologiese karakters verskyn ook daarin. Op die rotse van Ukhtasar word byna die volledige reeks
fauna van die Armeense Hoogland uitgebeeld. Die Jivakheti-, Gegham- en Vardeni-berge bevat van
die mees indrukwekkende rotskuns.
17. 17
Oor die millennia het mense van buite onder verskillende name na Armenië verwys. Vir die Sumeriërs
van die 3de millennium vC was dit Aratta, vir die latere Akkadiërs was dit Armani en vir die Indo-
Europeërs van Anatolië was dit Hayasa. Die Elamiete het Harminuya gebruik, en die Assiriërs van die
eerste millennium, Urartu. Al die name het saam met die nasies verdwyn, maar vandag is die
Armeniërs steeds daar.
18. 18
Aanhangsel
Kort skets van die klankstelsel van “Klassieke Proto-Indo-Europees” soos
dit ontwikkel het nadat die Anatoliese familie weggetrek het.
Let wel, die Proto-Indo-Europees wat in die teks van hierdie dokument gebruik word, is Laat-Fase
Proto-Indo-Europees. Die Anatoliese familie het reeds 1,000 jaar gelede weggebreek na die weste,
na Anatolië, waar hulle koninkryke soos Lidië, Karië en die Hetitiese Ryk gestig het. Die sprekers
van Togaries het ook lank reeds na die ooste vertrek, waar hulle tale in obskuriteit sou verval, en
eers van die vierde eeu tot die negende eeu nC op skrif gestel sou word.
Tydens hierdie laaste fase van Proto-Indo-Europees, bestaan daar al dialekte maar die
hoofliggaam van die toekomstige Italiese, Keltiese, Germaanse, Griekse, Armeense, Baltiese, Indo-
Iranse en Slawiese tale was nog ‘n organiese eenheid.
Ter wille van volledigheid word die klankstelsel van Klassieke PIE hieronder aangegee.
Medeklinkers
• Drie reekse plofklanke (stemloos *p *t *ḱ *k *kʷ, stemhebbend *b *d *ǵ *g *gʷ en
stemhebbend geaspireer *bʰ *dʰ *ǵʰ *gʰ *gʷʰ).
✓ Die labiovelêre reeks *kʷ, *gʷ, *gʷʰ wat met lipronding uitgespreek word, verskyn
ook as *ku
̯
, *gu
̯
, *gu
̯ h
✓ Die palatovelêre reeks *ḱ, *ǵ, *ǵʰ wat soos die Afrikaanse “tjie” in kleintjie
uitgespreek word, verskyn ook as *k̑ , *g
̑ , *g
̑ ʰ
• Sonorante as klinkers *r
̥ , *l̥,*m
̥ , *n
̥ , *i, *u en as medeklinkers *r, *l, *m, *n, y (Afrikaanse J) en
w (Engelse W)
• Een sisklank *s wat onder sekere omstandighede as die stemhebbende allofoon *z voorkom
(bv in *nizdos = nes)
• Drie keelklanke *h1, *h2, *h3 waaroor min konsensus bestaan, en wat die stembandklapper,
die Franse r, die Afrikaanse g, h en die gebreide g mag insluit; heelwat spesialiste meen
egter *h1 = h, , *h2 = x [Afr g] en *h3 = die gerolde Franse ʁ
19. 19
Klinkers
Oor die klinkers bestaan ook nie konsensus nie. Wanneer die sonorante *r, *l, *m, *n tussen
medeklinkers verskyn, funksioneer hulle as klinkers en word as *r
̥ , * l̥ ,*m
̥ , *n
̥ , geskryf. Die klinkers *i
en *u funksioneer as medeklinkers in die vorm *y (Afrikaanse j) en *w (die Engelse w).
Die kleinste klinker-inventaris – vir die vroegste PIE – word as kort e en lang ē + kort o en lang ō
aangegee, terwyl die maksimum as volg aangedui word: kort i en lang ī, kort e en lang ē, kort u en
lang ū, kort o en lang ō, kort a en lang ā. In sekere onbeklemtoonde kontekste het die neutrale
klinker /ə/ verskyn, soos in *septəm en in *yuwəngkos.
Die Proto-Indo-Europese diftonge is /ei/, /oi/, /ai/, /ou/ en /au/ maar dit moet verkieslik as /ey/,
/oy/, /ay/, /ow/ en /aw/ gespel word.
Klem
Klem val gewoonlik op die tweede laaste lettergreep, waar dit nie aangedui word nie. Dit word ook
nie gemerk in een-lettergreep-woorde nie; in alle ander gevalle verskyn ‘n akuut op die
klemdraende klinker, bv *rudh
rós.
Waar die klem op ‘n lang klinker val, word dit met ‘n diakritiese teken plus die akuut gemerk, soos
patḗr (vader).
Klem op kort klinkers: *é *ó *á *í *ú
Klem op lang klinkers: *ḗ *ṓ *ā
́ *ī
́ *ū
́
Klem op sillabiese sonorante: *í *ú *ŕ
̥ *ĺ̥ *ḿ
̥ *ń
̥
Sonoriteit
PIE het drie grade van sonoriteit:
1. *l, *r, *y, *n, kollektief as *R aangedui.
2. *w, *m, kollektief as *M aangedui.
3. Stopklanke wat kollektief as *C aangedui word, en uit drie subgroepe bestaan
o Plofklanke: Stemloos *p *t *ḱ *k *kʷ, Stemhebbend *b *d *ǵ *g *gʷ, Geaspireerde
stemhebbendes *bʰ *dʰ *ǵʰ *gʰ *gʷʰ
o Sibilant *s
o Keelklanke *h₁ *h₂ *h₃, kollektief as *H aangedui
20. 20
4. PIE het streng reëls oor die kombinasie van sluitklanke in die stam. Voorbeelde van reëls:
• Hoe hoër die sonoriteit, hoe nader aan die klinker, vir die aanloopformule CMR en vir die
afloopformule RMC, wat CMRVRMC as die stamformule gee.
• Net een lid van elke sonoriteitsgraad mag in die aanloop en die afloop verskyn.
• Die sisklank *s word deur stemlose stopklanke gevolg.
• ‘n Wortel mag nie twee stemhebbende plofklanke sonder aspirasie bevat nie (**ged-).
• ‘n Wortel mag nie ‘n stemhebbende geaspireerde plofklank en ‘n stemlose plofklank bevat
nie, bv (**tebʰ-).
Nota
1. Bouckaert, Remco. Mapping the origins and expansion of the Indo-European language family.
OI: 10.1126/science.1219669. Science 337, 957 (2012); Remco Bouckaert et al.
https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC4112997/
21. 21
“There are two competing hypotheses for the origin of the Indo-European language family. The
conventional view places the homeland in the Pontic steppes about 6000 years ago. An alternative
hypothesis claims that the languages spread from Anatolia with the expansion of farming 8000 to
9500 years ago. We used Bayesian phylogeographic approaches, together with basic vocabulary
data from 103 ancient and contemporary Indo-European languages, to explicitly model the
expansion of the family and test these hypotheses. We found decisive support for an Anatolian
origin over a steppe origin. Both the inferred timing and root location of the Indo-European
language trees fit with an agricultural expansion from Anatolia beginning 8000 to 9500 years ago.
These results highlight the critical role that phylogeographic inference can play in resolving
debates about human prehistory.”
23. 23
Gamkrelidze, T. V. Kartvelian and Indo-European: A Typological Comparison of Reconstructed Linguistic
Systems. Bulletin of the Georgian National Academy of Sciences. vol 2, no 2, 2008.
Greenberg, Joseph. 2000. Indo-European and Its Closest Relatives: The Eurasiatic Language Family.
Stanford, CA: Stanford University Press.
Riho Grunthal & Petri Kallio (eds): A linguistic map of prehistoric Northern Europe. Suomalais-Ugrilaisen
Seuran Toimituksia 266. Helsinki: Suomalais- Ugrilainen Seura 2012.
Huld, M. E. 1993: Early Indo-European Weapons Terminology, Word, 44:2, 223-234, DOI:
10.1080/00437956.1993.11435901.
Huld, M. E. 1990: The linguistic typology of Old European substrata in north central Europe. – Journal of
Indo-European Studies 18: 389–417.
Ivanov, Vyacheslav V. The Indo-European Homeland in the Near East: New Evidence. Bulletin Of The
Georgian National Academy Of Sciences, vol. 175, no. 3, 2007.
Kozintsev, Alexander. 2019. Proto-Indo-Europeans: The Prologue. Journal of Indo-European Studies, vol 47.
Kroonen, Guus. 2013. Etymological Dictionary of Proto-Germanic. Leiden/Boston: Brill.
Kroonen, Guus. Non-Indo-European root nouns in Germanic: evidence in support of the Agricultural
Substrate Hypothesis.
Lehmann, W. P. 2002: Pre-Indo-European. Journal of Indo-European monograph series
41. Washington D.C.
Petrosyan, Armen Petrosyan. 2005. Problems Of Armenian Prehistory. Gitutyun Publishing House,
Yerevan.
Peyrot, Michael. Indo-Uralic, Indo-Anatolian, Indo-Tocharian.
Piggott, Stuart. 1983. The Earliest Wheeled Transport. Cornell University Press, Ithaca.
Polomé, Edgar C. 1986. The non-Indo-European component of the Germanic lexicon. o-o-per-ro-si:
Festschrift für Ernst Risch, 661-672. Berlin: Mouton de Gruyter.
Quiles, Carlos, and Fernando López-Menchero. 2017. A Grammar of Modern Indo-European, Third
Edition, Academia Prisca, Badajoz.
Ramón, José Luis García. 2017. Old Indo-Aryan Lexicon in the Ancient Near East:
Proto-Indo-European, Anatolian and Core Indo-European. Atti del Sodalizio Glottologico Milanese. Milan.
Sahala, Aleksi. 2013. Sumero-Indo-European Language Contacts. University of Helsinki.
http://www.ling.helsinki.fi/~asahala/
Schrijver, Peter. 1997. Animal, Vegetable and Mineral: some Western European substratum words. Sound
and Law Analogy, 293-316. Amsterdam/Atlanta: Rodopi.
Schrijver, Peter, 2014. Language Contact and the Origin of the Germanic Language. New York: Routledge.