Christianity was designed by God to create strong men who are bold, pure, and good, not weaklings. It is called a strong man's gospel. The passage encourages perseverance and endurance in serving God and doing his will in order to receive what was promised, rather than giving up. Remaining steadfast through patience is necessary to fully accomplish God's will.
2. Christianity was never designed by God to make a lot of
weaklings. It was designed to bring forth a race of men
who are bold and strong and pure and good. Christianity
is a strong man’s gospel. (John G Lake)
Om die Here te dien vra moed!
Hebr. 10:36 Volharding is wat julle nodig het om die wil
van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het. (NV)
Alles in die wêreld wil ons stop om God te dien
Om die Here te dien is meer as ’n eenmalige besluit
3. Patience and endurance (Ampl)
A strong man’s gospel
Beloning vir hulle wat sterk staan
“... te ontvang wat Hy beloof het.” (V36)
Moenie opgee nie!!
Hebr. 10:36 For you have need of steadfast patience and
endurance, so that you may perform and fully
accomplish the will of God, and thus receive and carry
away, (and enjoy to the full) what is promised (Ampl)
Editor's Notes
#Christianity was never designed by God to make a lot of weaklings. It was designed to bring forth a race of men Who are bold and strong and pure and good. Christianity is a strong man’s gospel
In verlede week lees ek die aanhaling van die stigter van die AGS en sedertdien kry ek dit nie uit my kop uit nie. Vir my was dit opnuut ’n oproep tot dapperheid en volharding. Opnuut ’n bevestiging dat om die Here te dien, nie vir sussies is nie. Dit is nie vir hulle wat die “go with the flow” tipe van lewe verkies nie. Dit is nie vir hulle wat nie wil uitstaan nie
#Om die Here te dien vra moed!
Die wereld beskryf soms kinders van die Here as ’n klomp swakelinge wat nie op hulle eie voete kan staan en self die lewe laat gebeur nie. Mense wat krukke nodig het. Ek stel dit aan u, dink u dit is ’n swakkeling wat vir dinge “nee” sê wanneer die hele wereld daarvoor “ja” se? Dink u dit is ’n swakkeling wat vasstaan wanneer die hele wereld ingee? Ek wil u verseker, om die Here te dien is nie die maklike uitweg vir ’n swakkeling nie. Om die Here te dien verg moed. Om die Here te dien vra jou alles. Om die Here te dien bied egter ook alles. Om die Here te dien is nie ’n wedloop (100m) nie, dit is ’n ultra marathon wat net die voltooi wat weet hoe om te volhard, die wat weet hoe om aan te hou al voel dit asof die einde nie wil kom nie, asof die bulte net te hoog en te lank is.
#Hebr. 10:36 .....
U sien mense wil verhouding met die Here, om die Here te dien afmaak as iets vir hulle sonder murg in die pype. Ek wil u verseker dit is presies die teenoorgestelde. As dit so maklik was, sou almal dit mos gedoen het. As dit vanself gebeur het, sou dit onnodig wees om te moes volhard op hierdie pad. Dit sou dan die natuurlikste ding denkbaar gewees het. Die skrywe van Hebr. sê baie duidelik dat ons “volharding” nodig het om die wil van God te doen.
#Alles in die wereld wil ons stop om God te dien
Meer as ooit is alles in die wereld daarop uit om ons te stop om te leef soos God van ons verwag om te doen. Ons word aangemoedig om self te besluit wat reg en verkeerd is. “Reg” is iets vaag en vloeibaar. Wat ander dink en voel, omstandighede is bepalend. God en Sy woord is bloot net nog ’n opinie.
# Om die Here te dien is meer as ’n eenmalige besluit
Dit is n elke dag, elke oomblik van die dag besluit. Dit begin om n keuse te maak vir God, maar vra n volgehoue keuse vir Hom. Kies ons Hom nog elke dag, elke omblik van die dag of kies ek om maar saam te doen en saam te praat met dit wat ek dink in die oomblik by mense vir my voordeel sal gee. Hebr 10 se baie duidelik dat VOLHARDING is wat julle nodig het .... Die amplified se:
#Patience and endurance (Ampl)
Ek weet nie van u nie maar geduld en deursettingsvermoee is nie goed wat vir my vanself kom nie. Dit is ’n wilsbesluit en vra iets van my. Wanneer ek geduld in hierdie konteks sien dan sien ek iemand wat nie nou moeg word om oor en oor gehoorsaam te bly aan die woord van God al voel dit dit bring geen voordeel vir jou nie. Dit is soos ’n vakleerling wat aanhou om ’n sekere vaardigheid te oefen al kry hy dit in die begin nie reg nie. Al is die resultate in die begin swak hou hy aan om te doen wat en soos wat die ambagsman hom wys omdat dit die beproefde manier is van dinge doen. (Vb. toe ek leer tik het)
Deursettingsvermoee sê ek hou aan al skree alles stop. Dit is om aan te hardloop wanneer jou bene jelly is en jou bors voel asof hy aan die brand gaan slaan. Mense, om die Here te dien .....
#A strong man’s gospel
Dit is vir die rede dat daar ’n hele hoofstuk in die Bybel gebruik word om so ’n paar van hierdie sterk manne en vroue en herinnering te roep. 39 verse net om vir jou en my aan te moedig om vas te hou, om te volhard. Om geduld en deursettingsvermoee aan die dag te lê. Ek glo hierdie woord is dan spesifiek ook vir u wat meeste van die tyd die aanddienste bywoon. U wat vir ’n 2de keer op ’n Sondag die tyd uitkoop om teenwoordig te wees by die onderlinge byeenkoms. U wat sê ek gaan ook hierdie geleentheid bywoon terwyl meeste binne die kerk, vir watter redes ook al kies om nie hier te wees nie. Hierdie woord is vir u. Moenie dat die vyand jou moedeloos maak nie. Moenie dat hy jou oortuig om ook maar ander goed op ’n Sondagaand te doen nie. Mense gee soms die mooiste verskonings vir hulle nie-bywoning. Die feit is dit: hierdie is deel van die onderlinge byeenkomste en die opdrag is om dit nie na te laat nie.
#Beloning vir hulle wat sterk staan
Daar is beloning vir hulle wie kies om te doen en aan te hou doen wat God sê. Wat is hierdie beloning?
#“... Te ontvang wat Hy beloof het.” (V36)
Die vers sê dit is hulle, net hulle wat volhard, wat sal ontvang wat Hy beloof het. Die oomblik wat ons dit hoor wil die vyand dadelik hierdie beloning stel as iets vaag eendag vêr. Die ewige lewe is verseker deel van die beloning. Dit is die klimaks van alles. Dit is egter nie net die ewige lewe nie. Daar is ook beloning in die hier en nou. Hierdie beloning sluit in om te beleef wat Dawid beleef het (Ps. 23), dit is die beloning van Joh. 10:10, Fil. 4:13. Dit is die beloning van Mat 28:19 ... En so kan ons aangaan en aangaan. Kind van God, vanaand wil ek jou kom aanmoedig ....
#Moenie opgee nie!!
Volhard! Patience and endurance
Hebr. 10:36 (Ampl)
Moenie verslap nie, span jou meer en meer in vir Hom. Hierdie evangelie is a strong man’s gospel