SlideShare a Scribd company logo
1 of 5
IS SY BETER, BETER?
1 Kon 21:1-6

Wanneer sal jy iets verruil vir iets anders?
Party fokus daarop om ons in te doen
Nabot se wingerd
- Is Agab se beter regtig beter
- Teen die wet
Agab gooi ’n tantrum
1Ki 21:4 “Toe kom Agab in sy huis, verbitterd en toornig
oor die woord wat Nabot, ..... En hy het op sy bed gaan
lê en sy gesig omgedraai en geen brood geëet nie.”
Die vyand is daagliks besig om vir ons “beter” aan te
bied
Kom ek gee jou n beter wingerd
Die vyand se aanbiedinge is meeste van die tyd op die
oog af baie aanloklik
Hy weet wat die kind van God het is beter as wat hy het
Jak 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van
bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen
verandering of skaduwee van omkering is nie.
Ampl “Every good gift and every perfect (free, large,
full) gift is from above; it comes down from the Father
of all (that gives) light, ..... “
Moenie tevrede wees met tweede beste nie!
Ons is nie uitgelewer aan die genade van die vyand nie
Wat as hy reeds jou mooi gevat het?
Jes. 61:1-3 (NAV)

Sy beter is nie beter nie
Dit wat God vir jou het, is die beste!!!
Hy en Hy alleen is die gewer van alle goeie gawes!!!
Is Sy beter, beter 1 Des

More Related Content

Viewers also liked

19 jan 2014 n weermag uit die begrafplaas
19 jan 2014 n weermag uit die begrafplaas19 jan 2014 n weermag uit die begrafplaas
19 jan 2014 n weermag uit die begrafplaasErnest Potgieter
 
6 april 2014 jou lojaliteit verklap jou prioriteit
6 april 2014 jou lojaliteit verklap jou prioriteit6 april 2014 jou lojaliteit verklap jou prioriteit
6 april 2014 jou lojaliteit verklap jou prioriteitErnest Potgieter
 
13 apr 2014 n akkurate navorsingstuk (909)
13 apr 2014 n akkurate navorsingstuk (909)13 apr 2014 n akkurate navorsingstuk (909)
13 apr 2014 n akkurate navorsingstuk (909)Ernest Potgieter
 
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)Ernest Potgieter
 
19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir homErnest Potgieter
 
23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself
23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself
23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouselfErnest Potgieter
 
19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)
19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)
19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)Ernest Potgieter
 

Viewers also liked (13)

Weegskaal
WeegskaalWeegskaal
Weegskaal
 
18 jan 15 hy het jou lief
18 jan 15 hy het jou lief18 jan 15 hy het jou lief
18 jan 15 hy het jou lief
 
Hoe gaan jou storie klink
Hoe gaan jou storie klinkHoe gaan jou storie klink
Hoe gaan jou storie klink
 
19 jan 2014 n weermag uit die begrafplaas
19 jan 2014 n weermag uit die begrafplaas19 jan 2014 n weermag uit die begrafplaas
19 jan 2014 n weermag uit die begrafplaas
 
Teen alle waarskynlikheid
Teen alle waarskynlikheidTeen alle waarskynlikheid
Teen alle waarskynlikheid
 
Waarvoor werk jy 15 Des
Waarvoor werk jy 15 DesWaarvoor werk jy 15 Des
Waarvoor werk jy 15 Des
 
6 april 2014 jou lojaliteit verklap jou prioriteit
6 april 2014 jou lojaliteit verklap jou prioriteit6 april 2014 jou lojaliteit verklap jou prioriteit
6 april 2014 jou lojaliteit verklap jou prioriteit
 
13 apr 2014 n akkurate navorsingstuk (909)
13 apr 2014 n akkurate navorsingstuk (909)13 apr 2014 n akkurate navorsingstuk (909)
13 apr 2014 n akkurate navorsingstuk (909)
 
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)
8 febr 2015 nou dat ons afgedraai het (1)
 
19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom19 april 2015 liefde vir hom
19 april 2015 liefde vir hom
 
13 april 2014 liefde
13 april 2014 liefde13 april 2014 liefde
13 april 2014 liefde
 
23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself
23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself
23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself
 
19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)
19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)
19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)
 

More from Ernest Potgieter

Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2Ernest Potgieter
 
3 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 23 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 2Ernest Potgieter
 
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (Ernest Potgieter
 
Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Ernest Potgieter
 
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 97914 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979Ernest Potgieter
 
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .Ernest Potgieter
 
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)Ernest Potgieter
 
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)Ernest Potgieter
 
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)Ernest Potgieter
 
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%20310%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203Ernest Potgieter
 
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%2110%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21Ernest Potgieter
 
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%2023%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202Ernest Potgieter
 
15 februarie 2015 wat verwag jy
15 februarie 2015 wat verwag jy15 februarie 2015 wat verwag jy
15 februarie 2015 wat verwag jyErnest Potgieter
 
15 februarie 2015 wie loop voor
15 februarie 2015 wie loop voor15 februarie 2015 wie loop voor
15 februarie 2015 wie loop voorErnest Potgieter
 
8 febr 2015 net god alleen
8 febr 2015 net god alleen8 febr 2015 net god alleen
8 febr 2015 net god alleenErnest Potgieter
 

More from Ernest Potgieter (20)

Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2
 
Draers van die evangelie
Draers van die evangelieDraers van die evangelie
Draers van die evangelie
 
3 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 23 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 2
 
Verwyder die ou suurdeeg!
Verwyder die ou suurdeeg!Verwyder die ou suurdeeg!
Verwyder die ou suurdeeg!
 
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
 
Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!
 
Bou weer die huis!
Bou weer die huis!Bou weer die huis!
Bou weer die huis!
 
Pastoor allen 12 julie
Pastoor allen 12 juliePastoor allen 12 julie
Pastoor allen 12 julie
 
Al die lof en aanbidding
Al die lof en aanbiddingAl die lof en aanbidding
Al die lof en aanbidding
 
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 97914 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
 
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
 
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
 
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
 
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
 
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%20310%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
 
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%2110%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
 
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%2023%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
 
15 februarie 2015 wat verwag jy
15 februarie 2015 wat verwag jy15 februarie 2015 wat verwag jy
15 februarie 2015 wat verwag jy
 
15 februarie 2015 wie loop voor
15 februarie 2015 wie loop voor15 februarie 2015 wie loop voor
15 februarie 2015 wie loop voor
 
8 febr 2015 net god alleen
8 febr 2015 net god alleen8 febr 2015 net god alleen
8 febr 2015 net god alleen
 

Is Sy beter, beter 1 Des

  • 1. IS SY BETER, BETER? 1 Kon 21:1-6 Wanneer sal jy iets verruil vir iets anders? Party fokus daarop om ons in te doen Nabot se wingerd - Is Agab se beter regtig beter - Teen die wet Agab gooi ’n tantrum
  • 2. 1Ki 21:4 “Toe kom Agab in sy huis, verbitterd en toornig oor die woord wat Nabot, ..... En hy het op sy bed gaan lê en sy gesig omgedraai en geen brood geëet nie.” Die vyand is daagliks besig om vir ons “beter” aan te bied Kom ek gee jou n beter wingerd Die vyand se aanbiedinge is meeste van die tyd op die oog af baie aanloklik Hy weet wat die kind van God het is beter as wat hy het
  • 3. Jak 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie. Ampl “Every good gift and every perfect (free, large, full) gift is from above; it comes down from the Father of all (that gives) light, ..... “ Moenie tevrede wees met tweede beste nie! Ons is nie uitgelewer aan die genade van die vyand nie Wat as hy reeds jou mooi gevat het?
  • 4. Jes. 61:1-3 (NAV) Sy beter is nie beter nie Dit wat God vir jou het, is die beste!!! Hy en Hy alleen is die gewer van alle goeie gawes!!!

Editor's Notes

  1. #1 Kon 21:1-6#Wanneer sal jy iets verruil vir iets anders?Ons sal dit net doen as ons glo die ding wat ek gaan kry is van meer waarde, meer nodig, of wil ek meer hê as dit wat ek het. Sodra jy onder die indruk is dat wat jy kry nie ten minste van gelyke waarde is as dit wat jy prysgee nie, sal jy nie die transaksie aangaan nie. So, wanneer ons klere gaan koop is die klere vir ons van meer waarde of ons wil eerder die klere hê as die geld in ons sak.Ons is tans in die kers seisoen. Oral gaan boodskappe uit wat o.a. sê dat ek en jy eerder sekere produkte en toestelle wil hê as die geld in die bank. Advertensies stel dit natuurlik nie so nie, maar dit is wat hulle feitlik/in werklikheid se. Of dit nou ’n huis, motor, TV, PC of wat ook al is, meeste mense sal jou wil oortuig dat dit wat hulle het om te bied beter is as die ander persoon of besigheid. Die vraag is dan altyd, watter beter is regtig die beter? #Party fokus daarop om ons in te doenHierdie mense of besighede is gewoonlik dan ook berug. As jy lank genoeg in ’n bepaalde omgewing bly sal jy agterkom wie hierdie mense of besighede is. Persone of besighede wat daarop uit is om ander in te doen. Ander sal dan ook min simpatie toon as ek of jy kies om met die persoon of instansie besigheid te doen en dan ingeloop word. Jy weet mos die ou is skelm #Nabot se wingerdOns ken die storie. Nabot wat ’n wingerd gehad het wat aan Agab se paleis gegrens het. Vanwee sy ligging wil Agab nou die wingerd hê. Nabot weier Agab se aanbod vir ’n ander beter wingerd of geld. Dalk het jy ook al gewonder hoekom sou Nabot nie sy wingerd wou verkoop nie? Daar kan verskeie redes vir sy optrede wees waarvan meeste dalk persoonlik kon wees. Ek wil vanoggend net 2 noem waarvan een skrif is en die ander sommer my eie. Die 1ste is:#Is Agab se beter regtig beterWat weet die koning wat ek nie weet oor my grond nie. Hoekom sal hy vir my ’n ander wingerd, sg beter wingerd gee. Hoekom sal hy nie die beter wingerd vir homself wil vat nie. Die feit dat sy wingerd langs Agab se paleis was, moes beteken dat hy ’n goeie mark op sy voorstoep gehad het. Die koning en almal wat by hom kom of by hom gewerk het moes weet van sy wingerd en heel waarskynlik van sy produkte gekoop het. Die tipe mense wat daar beweeg het moes moontlik verder beteken het dat hy ’n beter prys sou kry vir sy produk as op ander plekke. Dit moes veiliger wees langs Agab se paleis as meeste ander plekke. Verseker sou soldate die paleis gepatroleer het en baie daar beweeg het. Die skelms sou veel eerder op ander plekke probeer steel en plunder as waar daar soldate was. Miskien nog ander redes. Nabot het heel moontlik die vraag gevra, is die koning se beter regtig beter? #Teen die wetU kan dit gaan lees in Lev. 25:23-25. die intensie van die Agab was om die grond permanent van Nabot te vervreem. Met die toedeling van grond aan die verskillende stamme en gesinne het God gese dat niemand sy grond op permanente basis aan iemand anders mag verkoop nie. Dit mag slegs gebeur sou die persoon bankrot wees en daar dus geen ander uitweg vir hom beskikbaar was nie. Dit was nie die geval et Nabot nie.#Agab gooi ’n tantrum
  2. #1Ki 21:4 ....Baie volwasse nie waar nie? Sies tog, die arme koning kan nou nie hierdie wingerd kry nie. Vroulief kry hom vreeslik jammer en sy neem nou sake in eie hande. As Nabot dan hardekwas wil wees sal ek hom wys wie ons is. My man is die koning en iemand weier hom nie. Sy laat Nabot doodmaak. Wat beteken dit vir ons?#Die vyand is daagliks besig om vir ons “beter” aan te biedHy is voortdurend daarop uit om die mensdom te teister met sy leuens. Hy is aldag, heeldag besig om vir jou en my te probeer oortuig dat dit wat hy ons kan bied is beter as wat ons het. Hy gaan selfs so vêr as om te sê dat wat hy kan bied beter is as wat God vir ons kan bied.#Kom ek gee jou n beter wingerdUit die aard van die saak sê hy nie wingerd nie. Hy gebruik ander woorde in die plek van wingerd. Hy kom en hy maak asof hy vir ons ’n baie beter proposisie het.Daar is ’n baie beter en vinniger manier om geld te maak. Daar is ’n beter manier om bevorder te word. Jou huwelik is darem baie vervelig, ek het ’n beter manier van lewe. Wat wil jy so eng lewe, wie sal nou regtig jou vriende wil wees as jy nie al die lekker dinge doen nie, kom ek wys jou wat die lewe regtig is. Ens., ens., ens. Kom ek gee jou ’n beter lewe.#Die vyand se aanbiedinge is meeste van die tyd op die oog af baie aanloklikHy is ’n baie goeie bemarker. Hy gebruik die beste geskenkpapier en verpakking. Hy is ’n meester wanneer dit kom by oë verblindery. Dit was gister nog lekker, mooi en goed was, is nou ewe skielik vaal en nie meer goed genoeg nie. # Hy weet wat die kind van God het is beter as wat hy hetDit is hoekom hy dit wil steel. As sy goed regtig beter was as wat ons het, hoekom sou hy soveel moeite gedoen het om dit wat God vir ons het van ons af weg te vat. God alleen is die gewer van goeie gawes.
  3. #Jak 1:17 #Ampl#Moenie tevrede wees met tweede beste nie!Dit wat die vyand kan bied is hoogstens 2de beste. Hy wil nie regtig hê dat dit met jou moet goed gaan nie. Hy het ook niks goed om te bied nie. Hy is sleg en kan net bied wat sleg is. Soos gelees is God daarenteen goed en kan niks sleg uit of van Hom kom nie. Kinders/jongmense, dien die Here!! Moenie in sonde verval nie. Moenie die duiwel glo wat vir jou wil vertel die lewe is drank, dwelms, seks en goedkoop vuil praatjies nie. Hy lieg. Soos Agab met Nabot gemaak het, wil satan ook vir jou sê ek het beter. Hy het nie. Hy sê vir jou jy moet “in wees”. Wees in waar dit kom by God en Sy dinge. Moenie jou waardes en norme verlaag sodat jy by die wereld kan in wees nie. Dit is nie beter nie.Kind van God. Die feestyd verleen hom veral tot baie leuens van die vyand. As jy nou regtig die tyd wil geniet moet jy ........................ Die werkspartytjie of die funksie vir die kliente is die geleentheid om so bietjie uit te haak sodat jy die guns van die mense kan wen. Deur dit te doen gaan hulle van jou hou en dan is jou kop deur. #Ons is nie uitgelewer aan die genade van die vyand nieAnders as Nabot wat homself moeilik sou kon verdedig teen die koning is Jesus baie groter, sterker, slimmer en rykker as wat die duiwel ooit kan wees. Die bietjie wat hy het, kan God in ’n oomblik van hom af wegneem. Hoekom sal die vyand dit wat jy het, wil verruil. Net vir een rede en dit is omdat wat jy het beter is as wat hy jou ooit kan gee. Hy is jaloers op jou.Hy wil soos ’n jaloerse kind jou mooi goed van jou af wegvat sodat hy dit kan breek en wanneer dit gebreek is gee hy dit terug. Dan sê hy kyk wat kan jy nou daarmee maak. #Wat as hy reeds jou mooi gevat het?Dalk sit jy reeds hier en al wat jy oor het, is stukkende speelgoed. Jy het die leuens van die vyand geglo. Vandag weet jy jy het ’n fout gemaak. Sy woord se :
  4. #Jes. 61:1-3 (NAV)Sluit af deur saam te vat.#Sy beter is nie beter nieDie duiwel kan nooit met God kompeteer nie. Hy kan nooit bied wat God kan bied nie. Al die goed waarmee hy ons daagliks wil verlei en sê dit is die beter manier is leuens. Oneerlike besigheid bring jou vinnige voorspoed, dit is leuens. As jy nie die hele tyd loop en vloek en skel nie sal jy niks uitgerig kry nie. Dit is ’n leuen. Flirtasies by die werk, pornografiese materiaal is goed vir jouself en vir jou huwelik. Dis ’n leuen. Gee net genoeg geld vir die kerk en die Here sal ander kant toe kyk vir jou sonde, dit is ’n leuen.#Dit wat God vir jou het, is die besteNabot het verstaan hy mag nie sy grond aan Agab verkoop nie. Hy het geweet dat omdat God die grond vir hom gegee het, sal God toesien dat die grond sal voorsien in sy behoeftes. Jy mag nie die lewe wat God vir jou het verruil vir die leuen van die vyand nie. Die vyand het nie die vermoë om goed na jou te kyk nie. Vertrou God. Stap sy pad. #Hy en Hy alleen is die gewer van alle goeie gawes!!!