SlideShare a Scribd company logo
1 of 25
GESONDE KOLON – GELUKKIGE LIGGAAM
Verlaag Risiko vir Kolorektale Kanker
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
072 197 9305
071 867 3530
English, Afrikaans
Xhosa, Zulu,
Sotho, Siswati
In vennootskap met
GESONDE KOLON – GELUKKIGE LIGGAAM
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• KANSA en Medtronic verhoog bewusmaking oor kolorektale kanker
• Ons is passievol en oortuig daarvan dat vroeë diagnose en
behandeling ’n beter uitkoms aan ’n pasiënt bied
• Kolorektale kanker is die tweede mees algemene kanker onder mans (mees algemene is prostaat-
kanker) en die derde mees algemene kanker onder vroue (twee mees algemene is bors- en servikale
kanker)
• Na raming is 6 927 nuwe gevalle van kolorektale kanker in 2018 in Suid-Afrika gediagnoseer (1)
• Meer mans (7.3% van alle kankers) as vroue (5.7% van alle kankers) is in dieselfde jaar met
kolorektale kanker gediagnoseer
1 IARC. South Africa Fact Sheet. 2018; Available: gco.iarc.fr/today/data/factsheets/populations/710-south-africa-fact-sheets.pdf
In vennootskap met
Colin die Kolon Tonnel
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Uniek aan die veldtog is ’n groot ‘Colin die Kolon Tonnel’, ’n opblaas-
tonnel van 2x3m lank waardeur die publiek kan loop
• ‘Colin’ word gebruik by KANSA aanbiedinge/geleenthede en kan
deur skole / werksplekke / lewenstyl aanbiedinge bespreek word
• ’n Handleiding en animasie video verskaf inligting en raad oor
vermindering van risiko van kolorektale kanker en bewusmaking en
aansporing dat siftingstoetse en vroeë opsporing van kanker van die
allergrootste belang is
• KANSA personeel en vrywilligers is teenwoordig en naby die tonnel
om mense se liggaamsmassa indeks (‘BMI’ – lengte en gewig) asook
die mate van die middellyf te meet en te bepaal. Ons bied ook ’n
KANSA Lewenstyl Risiko Assessering wat kan help met die
identifisering van gesondheidrisiko’s
In vennootskap met
Wat is Kolorektale Kanker?
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Kolorektale kanker kom voor in die kolon
en rektum. Soms staan dit bekend as
kolonkanker
• Die kolon staan ook bekend as die
dikderm of grootderm
• Die rektum is die gedeelte wat die kolon
met die anus verbind
In vennootskap met
Wat is Kolorektale Kanker?
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
Dis belangrik dat pasiënte sifting, diagnose en behandeling ondergaan terwyl die
kanker nog in die vroeë stadiums is.
In vennootskap met
’n Poliep is ’n vlesige groeisel of gewas
in die voering van die kolon. ’n Poliep word
deur middel van ’n kolonoskopie opgespoor
en is gewoonlik nie kankeragtig nie, maar
as dit nie behandel word nie, kan dit
tot kolonkanker lei.
Tekens en Simptome
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
Verandering in stoelgang wat
bv. so dun soos ’n potlood is,
hardlywigheid of diarree wat
vir langer as ’n week voortduur
Rektale bloeding of
bloeding in die stoelgang
Voortslepende ongemak in die buik
soos krampe, gas, abdominale (maag)
pyn of die gevoel dat die derm nie
heeltemal leeg is na ontlasting nie
In vennootskap met
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
Swakheid of moegheid
Kolorektale kanker kan dikwels in die
spysverteringskanaal bloei. Soms kan
die bloed in die stoelgang gesien word
of dit kan die kleur van die stoelgang
donkerder maak, maar dikwels lyk die
stoelgang heeltemal normaal
Onverklaarbare gewigsverlies
Nota: Baie mense met kolorektale kanker ervaar geen simptome gedurende
die vroeë fase van die siekte nie. Wanneer simptome voorkom kan dit heel
moontlik wissel
Tekens en Simptome
In vennootskap met
Hoe behoort my stoelgang te lyk?
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Die tipe stoelgang of ontlasting hang af van hoe lank dit in die kolon
vertoef. Die stoelgang wat jy in die toilet sien na ontlasting is basies
die resultaat van jou dieet, vloeistowwe en medikasie wat jy inneem
asook jou leefstyl. Jy kan die Bristol Gids oor Stoelgang gebruik om te
sien wat jou stoelgang vir jou vertel
• Dit dui op sewe kategorieë van stoelgang. Elke persoon het
verskillende dermgewoontes, maar die belangrikste is dat jou
stoelgang sag moet wees en dat jou ontlasting maklik moet wees –
soos tipes 3 en 4
• Baie van hierdie simptome kan veroorsaak word deur ander kondisies
wat nie verbind kan word met kolorektale kanker nie. Hierdie
kondisies kan simptome wees van Infeksie, aambeie of prikkelbare
derm-sindroom. Dit is egter belangrik om ’n dokter te besoek as jy
enige van hierdie probleme ondervind sodat die oorsaak ondersoek
kan word en jy behandeling kan ontvang indien nodig Source: https://bmjopen.bmj.com/content/bmjopen/7/3/e014620/F1.large.jpg
In vennootskap met
Aparte harde klonte soos
neute (moeilike ontlasting)
Bristol Stoelgang Gids
Tipe 1
Tipe 2
Tipe 3
Tipe 4
Tipe 5
Tipe 6
Tipe 7
Soos ’n wors, maar
klonterig
Soos ’n wors, maar met
krake in die oppervlakte
Soos ’n wors of ’n slang,
glad en sag
Sagte bolle met duidelike gesnyde
rande (maklike ontlasting)
Donserige stukke met rowwe
rande, pap stoelgang
Waterig, geen soliede stukke,
heeltemal vloeibaar
Toetsing en Sifting
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Mense met ’n familiegeskiedenis wat gepaard gaan met hoë risikofaktore vir
kolorektale kanker word aangeraai om moontlik vroeër (voor die ouderdom
van 50) getoets te word en om meer gereeld getoets te word. Genetiese
toetse van gevalle met ’n familiegeskiedenis kan kandidate vir sekondêre
voorkoming identifiseer
• Siftingstoetse vir hoë risiko individue sal heel waarskynlik gedoen word met
behulp van ’n kolonoskopie
• Toetsing vir okkultiese bloed (nie noodwendig sigbaar nie) in die stoelgang
(ontlasting)
• Wanneer ’n gesondheidverskaffer siftingstoetse vir die teenwoordigheid van
okkultiese bloed doen, word daar noukeurig gelet op die teenwoordigheid van
mikroskopiese okkultiese bloed in die stoelgang. Dit mag ‘n teken wees van ‘n
groeisel of gewas, inflammasie of bloeding in die spysverteringstelsel
Koop ’n fekale okkultiese
tuis-toetspakket by KANSA
SorgSentrums (vanaf Maart 2020)
In vennootskap met
Toetsing en Sifting
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
Diagnose van Kolorektale Kanker mag die volgende insluit:
• ’n Fisiese ondersoek
• ’n Digitale rektale ondersoek
• ’n Pasiënt kan verwys word vir verdere ondersoeke – dit is as daar onsekerheid is oor die
diagnose of as simptome op kolorektale kanker dui. Twee toetse kan ook gebruik word om ’n
diagnose van kolonkanker te bevestig:
• Sigmoïdoskopie - ’n apparaat genaamd ’n sigmoïdoskopie word gebruik. Dit bestaan uit ’n dun,
buigbare buis wat gekoppel is aan ’n klein kamera en liggie. ’n Sigmoïdoskopie is gewoonlik nie
pynlik nie, maar dit kan ongemak veroorsaak. Die meeste mense gaan huis toe na afloop van
die ondersoek
• Kolonoskopie - dit is soortgelyk aan ’n sigmoïdoskopie, maar bestaan uit ’n langer buis, wat ’n
kolonoskopie genoem word. Dit word gebruik word om die hele dikderm te ondersoek
In vennootskap met
Risiko Faktore
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Gevorderde ouderdom – nasionale en internasionale data dui daarop dat die
risiko vir die ontwikkeling van kolorektale kanker toeneem soos die pasiënt ouer
word. Die meeste gevalle kom voor by mense van 50 jaar en ouer
• ’n Familiegeskiedenis of oorgeërfde kolorektale sindrome van kanker, soos
familiële adenomatous polyposis (FAP) of oorerflike nie-polyposis kolorektale
kanker (HNPCC of Lynch sindroom)
• ’n Sterk familiegeskiedenis van kolorektale kanker of poliepe. Dit is gewoonlik
eerstegraadse familielede (ouer, suster, broer of kind) wat hierdie kondisie ontwikkel
voor hul 60ste verjaarsdag
• ’n Persoonlike geskiedenis van kolorektale kanker of poliepe
• ’n Persoonlike geskiedenis van kroniese inflammatoriese dermsiekte (soos bv. ulseratiewe kolitis / Crohn se siekte)
• Vorige bestralingsterapie vir servikale kanker
In vennootskap met
Risiko faktore wat gewysig kan word
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Om oorgewig te wees en obesiteit
• Gebrek aan gereeld fisiese aktiwiteit
• ’n Dieet arm aan vesel and hoog in vet
• ’n Dieet wat te min vrugte en groente
insluit
• Hoë inname van rooivleis en
geprosesseerde vleis
• Gereelde en oormatige inname van soet
versnaperinge en alkohol
• Ongesonde gaarmaakmetodes
• Onvoldoende inname van vloeistowwe
• Die gebruik van tabakprodukte
In vennootskap met
Handhaaf ’n gesonde gewig
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Stap 1 – Meet jou gewig en lengte
• Stap 2 – Werk jou Liggaammassa Indeks (LMI) uit – dis ’n skatting
van jou totale hoeveelheid liggaamsvet en is afhanklik van die
verhouding van lengte tot gewig.
• Volwassenes (20 jaar en ouer) moet daarna streef om êrens in die gesonde LMI
omvang van 20 – 25 te wees
• LMI kan gebruik word as ’n aanduiding om te bepaal of jy oorgewig, vetsugtig,
ondergewig of normaal is
• Die formule vir LMI is jou gewig in kilogram gedeel deur die kwadraat van jou
hoogte in meters (kg/m2)
• Stap 3 – Meet die omtrek van jou middellyf - daar bestaan nou ‘n
sterk vermoede dat die omtrek van die middellyf ‘n baie beter en meer
akkurate maatstaf is om toekomstige gesondheidrisiko’s te bepaal as die
uitsluitlike gebruik van LMI. As jy te veel vet rondom die middellyf met
jou saamdra, kan dit geassosieer word met verhoogde risiko vir siektes
Omtrek van
middellyf wat
verhoogde risiko
aandui:
Vroue: meer as 80 cm
Mans: meer as 94 cm
In vennootskap met
) .) .
Obesiteit
derde
graad
Obesiteit
tweede
graad
Obesiteit
eerste
graad
Oor-
gewig
Normaal Onder-
gewig
Baie
onder-
gewig
Wees en bly fisies aktief
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Fisiese aktiwiteit hoef nie duur
of moeilik te wees nie. Jy kan
om die blok of in jou plaaslike
park loop. Jy kan fiets ry of
saam met jou vriende in jou
eie sitkamer dans
• Kies aktiwiteite wat jy geniet.
Dit sal jou aanspoor om dit
meer gereeld te doen en nie
op te hou nie
• Die belangrikste is dat die
aktiwiteit jou hart vinniger
moet laat klop en jou longe
dwing om dieper asem te haal
Oefen gereeld.
Stel ’n doel om
elke dag vir ten
minste 30 minute
matige tot strawwe
oefening te doen
Wees soos
Sizwe
Wees soos
Crystal
In vennootskap met
Maak slim besluite oor kos
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Beskermende faktore wat verband hou met ’n vermindering van die voorkoms
van kolorektale kanker sluit ’n dieet in wat uit baie vrugte en groente, vesel,
vis en knoffel bestaan. Maak seker jou dieet sorg vir genoegsame inname van
folaat (vitamien B9), kalsium, suiwel-produkte, vitamien D, vitamien B6 en
magnesium
• Balans is die sleutel. Ons moet ons liggame voorsien van die energie en
voedingstowwe wat ons nodig het om goed te funksioneer en om goed te voel
• Dit beteken dat ons ‘n groot verskeidenheid kossoorte in die regte verhouding
moet eet sodat ons met die verloop van tyd al die voedingstowwe inneem wat
ons nodig het om gesond te lewe
• Al die kos wat ons eet kan in vyf groepe verdeel word. ‘n Gesonde dieet
beteken dat jy kos uit al hierdie groepe in die korrekte balans moet eet
In vennootskap met
Styselryke voedsel – gesonder opsies sluit in:
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Volgraan brood
• Volgraan pasta (durumkoring)
• Volgraan beskuitjies
• Lang graan rys (Basmati, wit
en bruin)
• Aartappels en patats
• Pampoen, botterskorsie,
ertjies
• Hawer en semels
• Mielies
• Mieliemeel
• Volgraan produkte en Boontjies:
lensies, boontjies, quinoa, hawer,
swart rys, gars, farro, wilde rys,
ens. is veselryk en kan jou
beskerm teen kolorektale kanker
• Dit bevat ook baie ander stowwe
wat verbind word met die
vermindering van kankerrisiko. Dit
is die rede waarom kenners
voorstel dat die inname van vesel
verhoog moet word uit natuurlike
bronne eerder as met aanvullings
In vennootskap met
BALANSEER JOU
LEWENSTYL
Vrugte en Groente
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Vyf porsies uit ’n groot verskeidenheid vars of gevriesde vrugte en groente (verkieslik van
plaaslike oorsprong en binne-seisoen) behoort elke dag geëet te word
• Probeer om verskillende kleure groente elke week te eet. Groente soos spinasie, broccoli,
blomkool, kool, murgpampoentjies, slaaiblare, tamaties, uie, eiervrug en wortels verskaf ’n
verskeidenheid van kleure
• Alle tipes groente kan die kankerrisiko verlaag
• Navorsing toon aan dat knoffel help om kolorektale kanker te
voorkom, so maak seker om knoffel daagliks in jou kos te gebruik
• Heel vrugte bied jou die meeste voordele
• Gedroogde vrugte (enige, maar beperk hoeveelhede)
• Vars vrugtesap (100% suiwer/onversoet en beperk tot 1 glas per dag
en verdun 50:50)
In vennootskap met
Vleis, hoender, vis, eiers en soya (ryk in proteïne)
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Proteïne behoort ingesluit te word in kleiner hoeveelhede
as stysel, vrugte en groente
• ’n Porsie is gewoonlik so groot soos die palm van jou hand
en dieselfde dikte van jou handpalm
• Probeer om twee keer per week olierige vis en om meer
vegetariese proteïne by jou dieet in te sluit
• Vermy geprosesseerde vleis
• Probeer om ten minste een of
twee keer per week peulgewasse
en/of soja in disse te gebruik
• Dit het ’n lae vetinhoud, is
veselryk, is ’n bron van plant-
proteïne en is nie duur nie
• Olierige vissoorte (bv. salm,
forel, sardientjies of snoek)
• Eiers
• Hoenderborsies sonder vel
• Maer beesvleis (soos
byvoorbeeld stroganoff,
maalvleis, biefstuk of
schnitzel sonder sigbare vet)
• Volstruisvleis
In vennootskap met
Suiwel
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Melk (lae vet of vetvrye variëteite)
• Joghurt (2%, lae vet of vetvrye variëteite)
• Kaas, verkieslik ongeprosesseerde lae en
medium vet; sagte en harde kase soos
maaskaas, ricotta, feta,
mozzarella en edam
Versnaperinge
• Voedsel soos suiker (tafelsuiker - wit, bruin
of geel), lekkers (ook jellie en suigstokkies),
koek, beskuit, gebak, nagereg, gaskoeldrank
met suiker en stroop bevat baie suiker en
moet spaarsamig gebruik word. Jou kostrollie
behoort baie min van hierdie voedselsoorte
en drinkgoed te bevat
• Alkohol verander in verbindings in die
liggaam wat kanker kan veroorsaak. Hierdie
verbindings kan ook die selvoerings van die
kolon beskadig. Vermy alkohol soveel as
moontlik
In vennootskap met
Vette en Olies
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Vette behoort spaarsamig gebruik te word. Kies sagte margarien met ’n lae of medium
vetinhoud en wat hoër is in onversadigde vette (poli-onversadigde en mono-onversagdigde)
• Om die grootste voordeel te trek, koop ekstra suiwer olyfolie en gebruik dit spaarsamig as
slaaisous in plaas daarvan om daarmee te kook. As jy kos vinnig wil roerbraai, gebruik olie
wat jy in pan kan spuit of canola olie. Belê in ’n goeie kleefvrye pan
• Let op die hoeveelheid vet in byvoorbeeld souse wat jy koop vir pasta- en
ander geregte. Roomsouse kan byvoorbeeld hoë vlakke van vet bevat, so
kies eerder souse wat hoofsaaklik uit tamaties bestaan
• Goeie vette en olies om in te sluit:
• Olies afkomstig van groente bv.
ekstra suiwer olyfolie, olie gemaak
uit canola-, druiwe- en sonneblomsade
• Gemengde neute en sade
• Botter gemaak van neute
• Avokado
In vennootskap met
Gaarmaakmetodes
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
Die beste gaarmaakmetodes is dit wat die minste hoeveelheid olie/vet
nodig het en wat die behoud van voedingstowwe verseker deur nie die kos
te veel of te lank te kook nie. Die volgende gaarmaakmetodes is die
gesonder opsies:
• Stoom / Kook
• Roerbraai (gebruik baie min olie)
• Rooster / Bak
• Mikrogolf
• Droogbraai (gebruik klein hoeveelheid olie wat gespuit word indien nodig.)
• Gebruik ’n drukkoker
In vennootskap met
Kies en eet jy elke dag kos van elke voedselgroep?
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• ’n Gebalanseerde dieet sal jou help om dit te doen en
dit word makliker hoe meer gereeld jy dit volhou. Om
jou te help om ‘n gebalanseerde dieet te volg, kyk na die
bord kos hieronder en let op dat die kos op die bord ‘n
balans is van kos uit die vyf voedselgroepe. Hoe vaar jy?
• Goeie voeding is nie net die keuse om die “regte” kos te
eet nie. Dit is ook belangrik om hierdie kos op die regte
manier voor te berei om optimale voedingswaarde
daaruit te kry.
• Probeer om gereeld gedurende die dag kleiner posies
kos te eet vir volgehoue energievlakke
In vennootskap met
Hoe KANSA Kolorektale Kanker Beveg
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• KANSA lewenstyl risiko assessering
• Fekale okkultiese tuis-toetspakkette te koop by
KANSA SorgSentrums
• Stoma ondersteuningsdienste
• Sluit aan by jou naaste KANSA ondersteunings-
groep: www.cansa.org.za/cancer-counselling/
• Sluit aan by ons Facebook gemeenskap van
oorwinnaars en versorgers:
• @CANSA Survivors - Champions of Hope
• @CANSA Caring for the Caregivers
• iSurvivor epos-gebasseerde
ondersteuningsprogram
(isurvivor.org.za)
• Benodig hulp om op te hou rook?
eKick Butt program (ekickbutt.org.za)
• Hulpmiddels en lening van mediese toerusting
• Sifting om kankerrisiko te verlaag
• 11 KANSA Sorgtuistes
• Ander siftingsdienste
• Opvoedkundige veldtogte
• Inligtingsdiens (Maan-Vry, 08:00-16:30):
• Tolvry van landlynfone - 0800 22 66 22
• Epos: info@cansa.org.za
• WhatsApp: 072 197 9305 (English, Afrikaans)
• WhatsApp: 071 867 3530 (Xhosa, Zulu, Sotho, Siswati)
In vennootskap met
Wat kan jy doen om te help?
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
Om KANSA te help om ons kankersiftings- en opvoedkundige
programme uit te brei, oorweeg dit asseblief om 'n skenking
by enige van ons KANSA Sorg sentra landswyd te maak
of Aanlyn by
http://www.cansa.org.za/personal-donation-options/
of maak ’n donasie deur die
SnapScan of Zapper apps
op jou slimfoon:
In vennootskap met
Vrywaring
Terwyl die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) elke voorsorgmaatreël getref het met die samestelling
van hierdie aanbieding, kan dit of enige bydraer(s) tot hierdie aanbieding nie verantwoordelik gehou word vir
enige optrede (of die gebrek daaraan) wat deur enige persoon of organisasie waarookal hulle gebaseer is, as 'n
gevolg, direk of andersins, van inligting vervat in, of bekom is deur middel van hierdie aanbieding.
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
In vennootskap met

More Related Content

What's hot

What's hot (13)

2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker
2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker
2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker
 
KANSA Vier 85 Jaar se Stryd om ‘n Wêreld Sonder Kanker te Skep
KANSA Vier 85 Jaar se Stryd om ‘n Wêreld Sonder Kanker te SkepKANSA Vier 85 Jaar se Stryd om ‘n Wêreld Sonder Kanker te Skep
KANSA Vier 85 Jaar se Stryd om ‘n Wêreld Sonder Kanker te Skep
 
KANSA Vrouegesondheid Die Groot 5 kankers Suid-Afrika 2017
KANSA Vrouegesondheid Die Groot 5 kankers Suid-Afrika 2017KANSA Vrouegesondheid Die Groot 5 kankers Suid-Afrika 2017
KANSA Vrouegesondheid Die Groot 5 kankers Suid-Afrika 2017
 
KANSA Mansgesondheid slideshow 2021 Afrikaans
KANSA Mansgesondheid slideshow 2021 AfrikaansKANSA Mansgesondheid slideshow 2021 Afrikaans
KANSA Mansgesondheid slideshow 2021 Afrikaans
 
KANSA Mansgesondheid slideshow 2019 Afrikaans
KANSA Mansgesondheid slideshow 2019 AfrikaansKANSA Mansgesondheid slideshow 2019 Afrikaans
KANSA Mansgesondheid slideshow 2019 Afrikaans
 
CANSA Wenke vir 'n gebalanseerde leefstyl 2017 Afrikaans
CANSA Wenke vir 'n gebalanseerde leefstyl 2017 AfrikaansCANSA Wenke vir 'n gebalanseerde leefstyl 2017 Afrikaans
CANSA Wenke vir 'n gebalanseerde leefstyl 2017 Afrikaans
 
CANSA Mansgesondheid 2016 Afrikaans
CANSA Mansgesondheid 2016 AfrikaansCANSA Mansgesondheid 2016 Afrikaans
CANSA Mansgesondheid 2016 Afrikaans
 
CANSA Mansgesondheid - Testikulêre Kanker - 2014 Afrikaans
CANSA Mansgesondheid - Testikulêre Kanker - 2014 AfrikaansCANSA Mansgesondheid - Testikulêre Kanker - 2014 Afrikaans
CANSA Mansgesondheid - Testikulêre Kanker - 2014 Afrikaans
 
KANSA Mansgesondheid Slideshow 2020 Afrikaans
KANSA Mansgesondheid Slideshow 2020 AfrikaansKANSA Mansgesondheid Slideshow 2020 Afrikaans
KANSA Mansgesondheid Slideshow 2020 Afrikaans
 
CANSA Vrouegesondheid - Borskanker
CANSA Vrouegesondheid - BorskankerCANSA Vrouegesondheid - Borskanker
CANSA Vrouegesondheid - Borskanker
 
KANSA Gebalanseerde Leefstyl 2019 Slim Eet en Drinkgewoontes
KANSA Gebalanseerde Leefstyl 2019 Slim Eet en DrinkgewoontesKANSA Gebalanseerde Leefstyl 2019 Slim Eet en Drinkgewoontes
KANSA Gebalanseerde Leefstyl 2019 Slim Eet en Drinkgewoontes
 
CANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2016 Afrikaans
CANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2016 AfrikaansCANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2016 Afrikaans
CANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2016 Afrikaans
 
CANSA Vrouegesondheid Borskanker 2014
CANSA Vrouegesondheid Borskanker 2014CANSA Vrouegesondheid Borskanker 2014
CANSA Vrouegesondheid Borskanker 2014
 

Similar to KANSA Kolorektale Kankerbewusmaking 2020 met Medtronic

Similar to KANSA Kolorektale Kankerbewusmaking 2020 met Medtronic (17)

Is jou kolon gesond? KANSA Kolorektale Kankerbewusmaking 2022
Is jou kolon gesond? KANSA Kolorektale Kankerbewusmaking 2022Is jou kolon gesond? KANSA Kolorektale Kankerbewusmaking 2022
Is jou kolon gesond? KANSA Kolorektale Kankerbewusmaking 2022
 
CANSA - Impak van Borskanker op Geestesgesondheid Vrouegesondheid slidedeck O...
CANSA - Impak van Borskanker op Geestesgesondheid Vrouegesondheid slidedeck O...CANSA - Impak van Borskanker op Geestesgesondheid Vrouegesondheid slidedeck O...
CANSA - Impak van Borskanker op Geestesgesondheid Vrouegesondheid slidedeck O...
 
CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans
CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 AfrikaansCANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans
CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans
 
KANSA Slideshow Vroue Fertiliteit en Kanker Aug 2023.pptx
KANSA Slideshow Vroue Fertiliteit en Kanker Aug 2023.pptxKANSA Slideshow Vroue Fertiliteit en Kanker Aug 2023.pptx
KANSA Slideshow Vroue Fertiliteit en Kanker Aug 2023.pptx
 
CANSA Mansgesondheid 2015 Afrikaans
CANSA Mansgesondheid 2015 AfrikaansCANSA Mansgesondheid 2015 Afrikaans
CANSA Mansgesondheid 2015 Afrikaans
 
CANSA Wenke - hoe om jou maatjie met kanker te ondersteun 2017 Afrikaans
CANSA Wenke - hoe om jou maatjie met kanker te ondersteun 2017 AfrikaansCANSA Wenke - hoe om jou maatjie met kanker te ondersteun 2017 Afrikaans
CANSA Wenke - hoe om jou maatjie met kanker te ondersteun 2017 Afrikaans
 
KANSA Wêreld Kankerdag 2018 slideshow
KANSA Wêreld Kankerdag 2018 slideshowKANSA Wêreld Kankerdag 2018 slideshow
KANSA Wêreld Kankerdag 2018 slideshow
 
KANSA Die Verborge Tol van Alkohol slideshow 2019
KANSA Die Verborge Tol van Alkohol slideshow 2019KANSA Die Verborge Tol van Alkohol slideshow 2019
KANSA Die Verborge Tol van Alkohol slideshow 2019
 
CANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2015
CANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2015CANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2015
CANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2015
 
CANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2014
CANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2014CANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2014
CANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2014
 
KANSA Geen Tabak Mei 2019 slideshow Afrikaans
KANSA Geen Tabak Mei 2019 slideshow AfrikaansKANSA Geen Tabak Mei 2019 slideshow Afrikaans
KANSA Geen Tabak Mei 2019 slideshow Afrikaans
 
KANSA - Kies om te beweeg April 2019
KANSA - Kies om te beweeg April 2019 KANSA - Kies om te beweeg April 2019
KANSA - Kies om te beweeg April 2019
 
KANSA Sorgmaand Aug 2023 Coping with Cancer.pptx
KANSA Sorgmaand Aug 2023 Coping with Cancer.pptxKANSA Sorgmaand Aug 2023 Coping with Cancer.pptx
KANSA Sorgmaand Aug 2023 Coping with Cancer.pptx
 
Kinderkanker Bewustheid - CANSA 2017
Kinderkanker Bewustheid - CANSA 2017Kinderkanker Bewustheid - CANSA 2017
Kinderkanker Bewustheid - CANSA 2017
 
CANSA Sorgsentra in Suid Afrika
CANSA Sorgsentra in Suid AfrikaCANSA Sorgsentra in Suid Afrika
CANSA Sorgsentra in Suid Afrika
 
KANSA Sorgmaand 2018 - Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA Sorgmaand 2018 - Hantering van kankerbehandeling newe-effekteKANSA Sorgmaand 2018 - Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA Sorgmaand 2018 - Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
 
KANSA sê Kies Rookvrye Lewenswyses 2022
KANSA sê Kies Rookvrye Lewenswyses 2022KANSA sê Kies Rookvrye Lewenswyses 2022
KANSA sê Kies Rookvrye Lewenswyses 2022
 

More from CANSA The Cancer Association of South Africa

More from CANSA The Cancer Association of South Africa (20)

Coping with Childhood Cancer - How Does it Hurt Today
Coping with Childhood Cancer - How Does it Hurt TodayCoping with Childhood Cancer - How Does it Hurt Today
Coping with Childhood Cancer - How Does it Hurt Today
 
'Feeling Sad' book - a young boy's challenge after his mother dies from cancer
'Feeling Sad' book - a young boy's challenge after his mother dies from cancer'Feeling Sad' book - a young boy's challenge after his mother dies from cancer
'Feeling Sad' book - a young boy's challenge after his mother dies from cancer
 
CANSA Mens Health slideshow Nov 2023.pptx
CANSA Mens Health slideshow Nov 2023.pptxCANSA Mens Health slideshow Nov 2023.pptx
CANSA Mens Health slideshow Nov 2023.pptx
 
CANSA Care Month Aug 2023 Coping with Cancer.pptx
CANSA Care Month Aug 2023 Coping with Cancer.pptxCANSA Care Month Aug 2023 Coping with Cancer.pptx
CANSA Care Month Aug 2023 Coping with Cancer.pptx
 
CANSA Fertility Discussions for Female Cancer Patients.pptx
CANSA Fertility Discussions for Female Cancer Patients.pptxCANSA Fertility Discussions for Female Cancer Patients.pptx
CANSA Fertility Discussions for Female Cancer Patients.pptx
 
CANSA No Tobacco May 2023 Slideshow.pptx
CANSA No Tobacco May 2023 Slideshow.pptxCANSA No Tobacco May 2023 Slideshow.pptx
CANSA No Tobacco May 2023 Slideshow.pptx
 
CANSA HPV and CERVICAL CANCER 2023
CANSA HPV and CERVICAL CANCER 2023CANSA HPV and CERVICAL CANCER 2023
CANSA HPV and CERVICAL CANCER 2023
 
CANSA says Choose Smoke-free Lives - May 2022
CANSA says Choose Smoke-free Lives - May 2022CANSA says Choose Smoke-free Lives - May 2022
CANSA says Choose Smoke-free Lives - May 2022
 
CANSA asks 'Is your colon healthy'? 2022
CANSA asks 'Is your colon healthy'? 2022CANSA asks 'Is your colon healthy'? 2022
CANSA asks 'Is your colon healthy'? 2022
 
CANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Zainab Mohamed
CANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Zainab MohamedCANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Zainab Mohamed
CANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Zainab Mohamed
 
CANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Ria David
CANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Ria DavidCANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Ria David
CANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Ria David
 
CANSA Relay For Life Launch 2021: Relay Song
CANSA Relay For Life Launch 2021: Relay SongCANSA Relay For Life Launch 2021: Relay Song
CANSA Relay For Life Launch 2021: Relay Song
 
CANSA Relay For Life Launch 2021 - Relay Advisory Team
CANSA Relay For Life Launch 2021 - Relay Advisory TeamCANSA Relay For Life Launch 2021 - Relay Advisory Team
CANSA Relay For Life Launch 2021 - Relay Advisory Team
 
CANSA Relay For Life Launch 2021: 90 Years of Service
CANSA Relay For Life Launch 2021: 90 Years of ServiceCANSA Relay For Life Launch 2021: 90 Years of Service
CANSA Relay For Life Launch 2021: 90 Years of Service
 
CANSA Relay For Life Launch 2021: Global Heroes of Hope
CANSA Relay For Life Launch 2021: Global Heroes of HopeCANSA Relay For Life Launch 2021: Global Heroes of Hope
CANSA Relay For Life Launch 2021: Global Heroes of Hope
 
CANSA Relay For Life Launch 2021
CANSA Relay For Life Launch 2021CANSA Relay For Life Launch 2021
CANSA Relay For Life Launch 2021
 
CANSA Men's health slideshow 2020 English
CANSA Men's health slideshow 2020 EnglishCANSA Men's health slideshow 2020 English
CANSA Men's health slideshow 2020 English
 
CANSA Women's Health slideshow 2020
CANSA Women's Health slideshow 2020CANSA Women's Health slideshow 2020
CANSA Women's Health slideshow 2020
 
CANSA colorectal cancer awareness 2020 with medtronic
CANSA colorectal cancer awareness 2020 with medtronicCANSA colorectal cancer awareness 2020 with medtronic
CANSA colorectal cancer awareness 2020 with medtronic
 
CANSA HIV and Cancer 2019 slideshow
CANSA HIV and Cancer 2019 slideshowCANSA HIV and Cancer 2019 slideshow
CANSA HIV and Cancer 2019 slideshow
 

KANSA Kolorektale Kankerbewusmaking 2020 met Medtronic

  • 1. GESONDE KOLON – GELUKKIGE LIGGAAM Verlaag Risiko vir Kolorektale Kanker www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 072 197 9305 071 867 3530 English, Afrikaans Xhosa, Zulu, Sotho, Siswati In vennootskap met
  • 2. GESONDE KOLON – GELUKKIGE LIGGAAM www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • KANSA en Medtronic verhoog bewusmaking oor kolorektale kanker • Ons is passievol en oortuig daarvan dat vroeë diagnose en behandeling ’n beter uitkoms aan ’n pasiënt bied • Kolorektale kanker is die tweede mees algemene kanker onder mans (mees algemene is prostaat- kanker) en die derde mees algemene kanker onder vroue (twee mees algemene is bors- en servikale kanker) • Na raming is 6 927 nuwe gevalle van kolorektale kanker in 2018 in Suid-Afrika gediagnoseer (1) • Meer mans (7.3% van alle kankers) as vroue (5.7% van alle kankers) is in dieselfde jaar met kolorektale kanker gediagnoseer 1 IARC. South Africa Fact Sheet. 2018; Available: gco.iarc.fr/today/data/factsheets/populations/710-south-africa-fact-sheets.pdf In vennootskap met
  • 3. Colin die Kolon Tonnel www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Uniek aan die veldtog is ’n groot ‘Colin die Kolon Tonnel’, ’n opblaas- tonnel van 2x3m lank waardeur die publiek kan loop • ‘Colin’ word gebruik by KANSA aanbiedinge/geleenthede en kan deur skole / werksplekke / lewenstyl aanbiedinge bespreek word • ’n Handleiding en animasie video verskaf inligting en raad oor vermindering van risiko van kolorektale kanker en bewusmaking en aansporing dat siftingstoetse en vroeë opsporing van kanker van die allergrootste belang is • KANSA personeel en vrywilligers is teenwoordig en naby die tonnel om mense se liggaamsmassa indeks (‘BMI’ – lengte en gewig) asook die mate van die middellyf te meet en te bepaal. Ons bied ook ’n KANSA Lewenstyl Risiko Assessering wat kan help met die identifisering van gesondheidrisiko’s In vennootskap met
  • 4. Wat is Kolorektale Kanker? www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Kolorektale kanker kom voor in die kolon en rektum. Soms staan dit bekend as kolonkanker • Die kolon staan ook bekend as die dikderm of grootderm • Die rektum is die gedeelte wat die kolon met die anus verbind In vennootskap met
  • 5. Wat is Kolorektale Kanker? www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 Dis belangrik dat pasiënte sifting, diagnose en behandeling ondergaan terwyl die kanker nog in die vroeë stadiums is. In vennootskap met ’n Poliep is ’n vlesige groeisel of gewas in die voering van die kolon. ’n Poliep word deur middel van ’n kolonoskopie opgespoor en is gewoonlik nie kankeragtig nie, maar as dit nie behandel word nie, kan dit tot kolonkanker lei.
  • 6. Tekens en Simptome www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 Verandering in stoelgang wat bv. so dun soos ’n potlood is, hardlywigheid of diarree wat vir langer as ’n week voortduur Rektale bloeding of bloeding in die stoelgang Voortslepende ongemak in die buik soos krampe, gas, abdominale (maag) pyn of die gevoel dat die derm nie heeltemal leeg is na ontlasting nie In vennootskap met
  • 7. www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 Swakheid of moegheid Kolorektale kanker kan dikwels in die spysverteringskanaal bloei. Soms kan die bloed in die stoelgang gesien word of dit kan die kleur van die stoelgang donkerder maak, maar dikwels lyk die stoelgang heeltemal normaal Onverklaarbare gewigsverlies Nota: Baie mense met kolorektale kanker ervaar geen simptome gedurende die vroeë fase van die siekte nie. Wanneer simptome voorkom kan dit heel moontlik wissel Tekens en Simptome In vennootskap met
  • 8. Hoe behoort my stoelgang te lyk? www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Die tipe stoelgang of ontlasting hang af van hoe lank dit in die kolon vertoef. Die stoelgang wat jy in die toilet sien na ontlasting is basies die resultaat van jou dieet, vloeistowwe en medikasie wat jy inneem asook jou leefstyl. Jy kan die Bristol Gids oor Stoelgang gebruik om te sien wat jou stoelgang vir jou vertel • Dit dui op sewe kategorieë van stoelgang. Elke persoon het verskillende dermgewoontes, maar die belangrikste is dat jou stoelgang sag moet wees en dat jou ontlasting maklik moet wees – soos tipes 3 en 4 • Baie van hierdie simptome kan veroorsaak word deur ander kondisies wat nie verbind kan word met kolorektale kanker nie. Hierdie kondisies kan simptome wees van Infeksie, aambeie of prikkelbare derm-sindroom. Dit is egter belangrik om ’n dokter te besoek as jy enige van hierdie probleme ondervind sodat die oorsaak ondersoek kan word en jy behandeling kan ontvang indien nodig Source: https://bmjopen.bmj.com/content/bmjopen/7/3/e014620/F1.large.jpg In vennootskap met Aparte harde klonte soos neute (moeilike ontlasting) Bristol Stoelgang Gids Tipe 1 Tipe 2 Tipe 3 Tipe 4 Tipe 5 Tipe 6 Tipe 7 Soos ’n wors, maar klonterig Soos ’n wors, maar met krake in die oppervlakte Soos ’n wors of ’n slang, glad en sag Sagte bolle met duidelike gesnyde rande (maklike ontlasting) Donserige stukke met rowwe rande, pap stoelgang Waterig, geen soliede stukke, heeltemal vloeibaar
  • 9. Toetsing en Sifting www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Mense met ’n familiegeskiedenis wat gepaard gaan met hoë risikofaktore vir kolorektale kanker word aangeraai om moontlik vroeër (voor die ouderdom van 50) getoets te word en om meer gereeld getoets te word. Genetiese toetse van gevalle met ’n familiegeskiedenis kan kandidate vir sekondêre voorkoming identifiseer • Siftingstoetse vir hoë risiko individue sal heel waarskynlik gedoen word met behulp van ’n kolonoskopie • Toetsing vir okkultiese bloed (nie noodwendig sigbaar nie) in die stoelgang (ontlasting) • Wanneer ’n gesondheidverskaffer siftingstoetse vir die teenwoordigheid van okkultiese bloed doen, word daar noukeurig gelet op die teenwoordigheid van mikroskopiese okkultiese bloed in die stoelgang. Dit mag ‘n teken wees van ‘n groeisel of gewas, inflammasie of bloeding in die spysverteringstelsel Koop ’n fekale okkultiese tuis-toetspakket by KANSA SorgSentrums (vanaf Maart 2020) In vennootskap met
  • 10. Toetsing en Sifting www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 Diagnose van Kolorektale Kanker mag die volgende insluit: • ’n Fisiese ondersoek • ’n Digitale rektale ondersoek • ’n Pasiënt kan verwys word vir verdere ondersoeke – dit is as daar onsekerheid is oor die diagnose of as simptome op kolorektale kanker dui. Twee toetse kan ook gebruik word om ’n diagnose van kolonkanker te bevestig: • Sigmoïdoskopie - ’n apparaat genaamd ’n sigmoïdoskopie word gebruik. Dit bestaan uit ’n dun, buigbare buis wat gekoppel is aan ’n klein kamera en liggie. ’n Sigmoïdoskopie is gewoonlik nie pynlik nie, maar dit kan ongemak veroorsaak. Die meeste mense gaan huis toe na afloop van die ondersoek • Kolonoskopie - dit is soortgelyk aan ’n sigmoïdoskopie, maar bestaan uit ’n langer buis, wat ’n kolonoskopie genoem word. Dit word gebruik word om die hele dikderm te ondersoek In vennootskap met
  • 11. Risiko Faktore www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Gevorderde ouderdom – nasionale en internasionale data dui daarop dat die risiko vir die ontwikkeling van kolorektale kanker toeneem soos die pasiënt ouer word. Die meeste gevalle kom voor by mense van 50 jaar en ouer • ’n Familiegeskiedenis of oorgeërfde kolorektale sindrome van kanker, soos familiële adenomatous polyposis (FAP) of oorerflike nie-polyposis kolorektale kanker (HNPCC of Lynch sindroom) • ’n Sterk familiegeskiedenis van kolorektale kanker of poliepe. Dit is gewoonlik eerstegraadse familielede (ouer, suster, broer of kind) wat hierdie kondisie ontwikkel voor hul 60ste verjaarsdag • ’n Persoonlike geskiedenis van kolorektale kanker of poliepe • ’n Persoonlike geskiedenis van kroniese inflammatoriese dermsiekte (soos bv. ulseratiewe kolitis / Crohn se siekte) • Vorige bestralingsterapie vir servikale kanker In vennootskap met
  • 12. Risiko faktore wat gewysig kan word www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Om oorgewig te wees en obesiteit • Gebrek aan gereeld fisiese aktiwiteit • ’n Dieet arm aan vesel and hoog in vet • ’n Dieet wat te min vrugte en groente insluit • Hoë inname van rooivleis en geprosesseerde vleis • Gereelde en oormatige inname van soet versnaperinge en alkohol • Ongesonde gaarmaakmetodes • Onvoldoende inname van vloeistowwe • Die gebruik van tabakprodukte In vennootskap met
  • 13. Handhaaf ’n gesonde gewig www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Stap 1 – Meet jou gewig en lengte • Stap 2 – Werk jou Liggaammassa Indeks (LMI) uit – dis ’n skatting van jou totale hoeveelheid liggaamsvet en is afhanklik van die verhouding van lengte tot gewig. • Volwassenes (20 jaar en ouer) moet daarna streef om êrens in die gesonde LMI omvang van 20 – 25 te wees • LMI kan gebruik word as ’n aanduiding om te bepaal of jy oorgewig, vetsugtig, ondergewig of normaal is • Die formule vir LMI is jou gewig in kilogram gedeel deur die kwadraat van jou hoogte in meters (kg/m2) • Stap 3 – Meet die omtrek van jou middellyf - daar bestaan nou ‘n sterk vermoede dat die omtrek van die middellyf ‘n baie beter en meer akkurate maatstaf is om toekomstige gesondheidrisiko’s te bepaal as die uitsluitlike gebruik van LMI. As jy te veel vet rondom die middellyf met jou saamdra, kan dit geassosieer word met verhoogde risiko vir siektes Omtrek van middellyf wat verhoogde risiko aandui: Vroue: meer as 80 cm Mans: meer as 94 cm In vennootskap met ) .) . Obesiteit derde graad Obesiteit tweede graad Obesiteit eerste graad Oor- gewig Normaal Onder- gewig Baie onder- gewig
  • 14. Wees en bly fisies aktief www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Fisiese aktiwiteit hoef nie duur of moeilik te wees nie. Jy kan om die blok of in jou plaaslike park loop. Jy kan fiets ry of saam met jou vriende in jou eie sitkamer dans • Kies aktiwiteite wat jy geniet. Dit sal jou aanspoor om dit meer gereeld te doen en nie op te hou nie • Die belangrikste is dat die aktiwiteit jou hart vinniger moet laat klop en jou longe dwing om dieper asem te haal Oefen gereeld. Stel ’n doel om elke dag vir ten minste 30 minute matige tot strawwe oefening te doen Wees soos Sizwe Wees soos Crystal In vennootskap met
  • 15. Maak slim besluite oor kos www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Beskermende faktore wat verband hou met ’n vermindering van die voorkoms van kolorektale kanker sluit ’n dieet in wat uit baie vrugte en groente, vesel, vis en knoffel bestaan. Maak seker jou dieet sorg vir genoegsame inname van folaat (vitamien B9), kalsium, suiwel-produkte, vitamien D, vitamien B6 en magnesium • Balans is die sleutel. Ons moet ons liggame voorsien van die energie en voedingstowwe wat ons nodig het om goed te funksioneer en om goed te voel • Dit beteken dat ons ‘n groot verskeidenheid kossoorte in die regte verhouding moet eet sodat ons met die verloop van tyd al die voedingstowwe inneem wat ons nodig het om gesond te lewe • Al die kos wat ons eet kan in vyf groepe verdeel word. ‘n Gesonde dieet beteken dat jy kos uit al hierdie groepe in die korrekte balans moet eet In vennootskap met
  • 16. Styselryke voedsel – gesonder opsies sluit in: www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Volgraan brood • Volgraan pasta (durumkoring) • Volgraan beskuitjies • Lang graan rys (Basmati, wit en bruin) • Aartappels en patats • Pampoen, botterskorsie, ertjies • Hawer en semels • Mielies • Mieliemeel • Volgraan produkte en Boontjies: lensies, boontjies, quinoa, hawer, swart rys, gars, farro, wilde rys, ens. is veselryk en kan jou beskerm teen kolorektale kanker • Dit bevat ook baie ander stowwe wat verbind word met die vermindering van kankerrisiko. Dit is die rede waarom kenners voorstel dat die inname van vesel verhoog moet word uit natuurlike bronne eerder as met aanvullings In vennootskap met BALANSEER JOU LEWENSTYL
  • 17. Vrugte en Groente www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Vyf porsies uit ’n groot verskeidenheid vars of gevriesde vrugte en groente (verkieslik van plaaslike oorsprong en binne-seisoen) behoort elke dag geëet te word • Probeer om verskillende kleure groente elke week te eet. Groente soos spinasie, broccoli, blomkool, kool, murgpampoentjies, slaaiblare, tamaties, uie, eiervrug en wortels verskaf ’n verskeidenheid van kleure • Alle tipes groente kan die kankerrisiko verlaag • Navorsing toon aan dat knoffel help om kolorektale kanker te voorkom, so maak seker om knoffel daagliks in jou kos te gebruik • Heel vrugte bied jou die meeste voordele • Gedroogde vrugte (enige, maar beperk hoeveelhede) • Vars vrugtesap (100% suiwer/onversoet en beperk tot 1 glas per dag en verdun 50:50) In vennootskap met
  • 18. Vleis, hoender, vis, eiers en soya (ryk in proteïne) www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Proteïne behoort ingesluit te word in kleiner hoeveelhede as stysel, vrugte en groente • ’n Porsie is gewoonlik so groot soos die palm van jou hand en dieselfde dikte van jou handpalm • Probeer om twee keer per week olierige vis en om meer vegetariese proteïne by jou dieet in te sluit • Vermy geprosesseerde vleis • Probeer om ten minste een of twee keer per week peulgewasse en/of soja in disse te gebruik • Dit het ’n lae vetinhoud, is veselryk, is ’n bron van plant- proteïne en is nie duur nie • Olierige vissoorte (bv. salm, forel, sardientjies of snoek) • Eiers • Hoenderborsies sonder vel • Maer beesvleis (soos byvoorbeeld stroganoff, maalvleis, biefstuk of schnitzel sonder sigbare vet) • Volstruisvleis In vennootskap met
  • 19. Suiwel www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Melk (lae vet of vetvrye variëteite) • Joghurt (2%, lae vet of vetvrye variëteite) • Kaas, verkieslik ongeprosesseerde lae en medium vet; sagte en harde kase soos maaskaas, ricotta, feta, mozzarella en edam Versnaperinge • Voedsel soos suiker (tafelsuiker - wit, bruin of geel), lekkers (ook jellie en suigstokkies), koek, beskuit, gebak, nagereg, gaskoeldrank met suiker en stroop bevat baie suiker en moet spaarsamig gebruik word. Jou kostrollie behoort baie min van hierdie voedselsoorte en drinkgoed te bevat • Alkohol verander in verbindings in die liggaam wat kanker kan veroorsaak. Hierdie verbindings kan ook die selvoerings van die kolon beskadig. Vermy alkohol soveel as moontlik In vennootskap met
  • 20. Vette en Olies www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • Vette behoort spaarsamig gebruik te word. Kies sagte margarien met ’n lae of medium vetinhoud en wat hoër is in onversadigde vette (poli-onversadigde en mono-onversagdigde) • Om die grootste voordeel te trek, koop ekstra suiwer olyfolie en gebruik dit spaarsamig as slaaisous in plaas daarvan om daarmee te kook. As jy kos vinnig wil roerbraai, gebruik olie wat jy in pan kan spuit of canola olie. Belê in ’n goeie kleefvrye pan • Let op die hoeveelheid vet in byvoorbeeld souse wat jy koop vir pasta- en ander geregte. Roomsouse kan byvoorbeeld hoë vlakke van vet bevat, so kies eerder souse wat hoofsaaklik uit tamaties bestaan • Goeie vette en olies om in te sluit: • Olies afkomstig van groente bv. ekstra suiwer olyfolie, olie gemaak uit canola-, druiwe- en sonneblomsade • Gemengde neute en sade • Botter gemaak van neute • Avokado In vennootskap met
  • 21. Gaarmaakmetodes www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 Die beste gaarmaakmetodes is dit wat die minste hoeveelheid olie/vet nodig het en wat die behoud van voedingstowwe verseker deur nie die kos te veel of te lank te kook nie. Die volgende gaarmaakmetodes is die gesonder opsies: • Stoom / Kook • Roerbraai (gebruik baie min olie) • Rooster / Bak • Mikrogolf • Droogbraai (gebruik klein hoeveelheid olie wat gespuit word indien nodig.) • Gebruik ’n drukkoker In vennootskap met
  • 22. Kies en eet jy elke dag kos van elke voedselgroep? www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • ’n Gebalanseerde dieet sal jou help om dit te doen en dit word makliker hoe meer gereeld jy dit volhou. Om jou te help om ‘n gebalanseerde dieet te volg, kyk na die bord kos hieronder en let op dat die kos op die bord ‘n balans is van kos uit die vyf voedselgroepe. Hoe vaar jy? • Goeie voeding is nie net die keuse om die “regte” kos te eet nie. Dit is ook belangrik om hierdie kos op die regte manier voor te berei om optimale voedingswaarde daaruit te kry. • Probeer om gereeld gedurende die dag kleiner posies kos te eet vir volgehoue energievlakke In vennootskap met
  • 23. Hoe KANSA Kolorektale Kanker Beveg www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 • KANSA lewenstyl risiko assessering • Fekale okkultiese tuis-toetspakkette te koop by KANSA SorgSentrums • Stoma ondersteuningsdienste • Sluit aan by jou naaste KANSA ondersteunings- groep: www.cansa.org.za/cancer-counselling/ • Sluit aan by ons Facebook gemeenskap van oorwinnaars en versorgers: • @CANSA Survivors - Champions of Hope • @CANSA Caring for the Caregivers • iSurvivor epos-gebasseerde ondersteuningsprogram (isurvivor.org.za) • Benodig hulp om op te hou rook? eKick Butt program (ekickbutt.org.za) • Hulpmiddels en lening van mediese toerusting • Sifting om kankerrisiko te verlaag • 11 KANSA Sorgtuistes • Ander siftingsdienste • Opvoedkundige veldtogte • Inligtingsdiens (Maan-Vry, 08:00-16:30): • Tolvry van landlynfone - 0800 22 66 22 • Epos: info@cansa.org.za • WhatsApp: 072 197 9305 (English, Afrikaans) • WhatsApp: 071 867 3530 (Xhosa, Zulu, Sotho, Siswati) In vennootskap met
  • 24. Wat kan jy doen om te help? www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 Om KANSA te help om ons kankersiftings- en opvoedkundige programme uit te brei, oorweeg dit asseblief om 'n skenking by enige van ons KANSA Sorg sentra landswyd te maak of Aanlyn by http://www.cansa.org.za/personal-donation-options/ of maak ’n donasie deur die SnapScan of Zapper apps op jou slimfoon: In vennootskap met
  • 25. Vrywaring Terwyl die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) elke voorsorgmaatreël getref het met die samestelling van hierdie aanbieding, kan dit of enige bydraer(s) tot hierdie aanbieding nie verantwoordelik gehou word vir enige optrede (of die gebrek daaraan) wat deur enige persoon of organisasie waarookal hulle gebaseer is, as 'n gevolg, direk of andersins, van inligting vervat in, of bekom is deur middel van hierdie aanbieding. www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22 In vennootskap met