KANSA raai mense aan om ’n aktiewe, gebalanseerde leefstyl te lei en sê dat sekere leefstylveranderinge kankerrisiko kan verlaag.* Verder beveel ons aan dat mense sekere leefstylfaktore uitsny wat hulle in gevaar stel vir kanker, veral kolorektale kanker wat een van die top drie kankers** onder mans en vroue in Suid-Afrika is. Slegte leefstylkeuses kan ’n belangrike rol speel wanneer dit by verhoogte risiko vir hierdie tipe kanker kom.
#CANSAColorectalCancer #ColorectalCancerAwareness #ActiveBalancedLifestyle
Lees meer:
https://cansa.org.za/is-jou-kolon-gesond/
Is jou kolon gesond? KANSA Kolorektale Kankerbewusmaking 2022
1. IS JOU KOLON GESOND?
Verlaag Risiko vir Kolorektale Kanker
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
072 197 9305
071 867 3530
English, Afrikaans
Xhosa, Zulu,
Sotho, Siswati
In vennootskap met
2. IS JOU KOLON GESOND?
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• KANSA raai mense aan om ’n aktiewe, gebalanseerde leefstyl
te lei en dat sekere leefstylveranderinge kankerrisiko kan verlaag
• Kolorektale- of kolonkanker is onder die top drie kankers vir
beide mans en vroue in Suid-Afrika met kanse van 1 in 77 mans
en 1 in 132 vroue wat gediagnoseer kan word*
• Daar is ook bewyse van al hoe meer jonger persone wat met kolorektale kanker
gediagnoseer word
• KANSA het in vennootskap met Medtronic ’n kolorektale bewusmakingsvideo vrygestel
met ‘Sizwe en Crystal’ in die hoofrolle
* Nasionale Kankerregister 2019
In vennootskap met
Video: https://youtu.be/zq8xHbvFR4E
3. Colin die Kolon Tonnel
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Uniek aan die veldtog is ’n groot ‘Colin die Kolon Tonnel’, ’n opblaas-
tonnel van 2x3m lank waardeur die publiek kan loop
• ‘Colin’ word gebruik by KANSA aanbiedinge/geleenthede en kan
deur skole / werksplekke / lewenstyl aanbiedinge bespreek word
• KANSA personeel en vrywilligers is teenwoordig en naby die tonnel
om mense se liggaamsmassa indeks (‘BMI’ – lengte en gewig) asook
die mate van die middellyf te meet en te bepaal. Ons bied ook ’n
KANSA Lewenstyl Risiko Assessering wat kan help met die
identifisering van gesondheidrisiko’s
• Colin kan van binne en buite by verskeie KANSA-geleenthede
aanskou word en kan selfs by welweesgeleenthede vir werknemers
ten toon gestel word. Stuur ’n e-pos aan info@cansa.org.za
In vennootskap met
4. Wat is Kolorektale Kanker?
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Kolorektale kanker kom voor in die kolon
en rektum. Soms staan dit bekend as
kolonkanker
• Die kolon staan ook bekend as die
dikderm of grootderm
• Die rektum is die gedeelte wat die kolon
met die anus verbind
In vennootskap met
5. Wat is Kolorektale Kanker?
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
Dis belangrik dat pasiënte sifting, diagnose en behandeling ondergaan terwyl die
kanker nog in die vroeë stadiums is.
In vennootskap met
’n Poliep is ’n vlesige groeisel of gewas
in die voering van die kolon. ’n Poliep word
deur middel van ’n kolonoskopie opgespoor
en is gewoonlik nie kankeragtig nie, maar
as dit nie behandel word nie, kan dit
tot kolonkanker lei.
6. Tekens en Simptome
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
Verandering in stoelgang wat
bv. so dun soos ’n potlood is,
hardlywigheid of diarree wat
vir langer as ’n week voortduur
Rektale bloeding of
bloeding in die stoelgang
Voortslepende ongemak in die buik
soos krampe, gas, abdominale (maag)
pyn of die gevoel dat die derm nie
heeltemal leeg is na ontlasting nie
In vennootskap met
7. www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
Swakheid of moegheid
Kolorektale kanker kan dikwels in die
spysverteringskanaal bloei. Soms kan
die bloed in die stoelgang gesien word
of dit kan die kleur van die stoelgang
donkerder maak, maar dikwels lyk die
stoelgang heeltemal normaal
Onverklaarbare gewigsverlies
Nota: Baie mense met kolorektale kanker ervaar geen simptome gedurende
die vroeë fase van die siekte nie. Wanneer simptome voorkom kan dit heel
moontlik wissel
Tekens en Simptome
In vennootskap met
8. Risiko faktore wat gewysig kan word
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Gebrek aan gereeld fisiese aktiwiteit
• ’n Dieet wat te min vrugte en
groente insluit
• ’n Dieet arm aan vesel and hoog in
vet
• Om oorgewig te wees en obesiteit
• Misbruik van alkohol
• Tabakgebruik
• slegte mondhigiëne
In vennootskap met
• Lack of regular exercise
• Low fruit / vegetable intake
• Low fibre and high fat diet
• Obesity
• Alcohol abuse
• Tobacco use
• Poor oral hygiene
9. Risiko Faktore
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
Geneties:
• Oorerflike syndrome
• ’n Persoonlike geval of familiegeskiedenis van poliepe
(groeisels) of kolorektale kanker
Ander:
• Inflammatoriese dermkanaalsiekte
• Tipe 2-diabetes
• Bejaardheid
In vennootskap met
10. Toetsing en Sifting
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Mense met ’n familiegeskiedenis wat gepaard gaan met hoë risikofaktore vir
kolorektale kanker word aangeraai om moontlik vroeër (voor die ouderdom
van 50) getoets te word en om meer gereeld getoets te word. Genetiese
toetse van gevalle met ’n familiegeskiedenis kan kandidate vir sekondêre
voorkoming identifiseer
• Siftingstoetse vir hoë risiko individue sal heel waarskynlik gedoen word met
behulp van ’n kolonoskopie
• Toetsing vir okkultiese bloed (nie noodwendig sigbaar nie) in die stoelgang
(ontlasting)
• Wanneer ’n gesondheidverskaffer siftingstoetse vir die teenwoordigheid van
okkultiese bloed doen, word daar noukeurig gelet op die teenwoordigheid van
mikroskopiese okkultiese bloed in die stoelgang. Dit mag ‘n teken wees van ‘n
groeisel of gewas, inflammasie of bloeding in die spysverteringstelsel
Koop ’n fekale okkultiese
tuis-toetspakket by meeste
KANSA SorgSentrums
In vennootskap met
11. Toetsing en Sifting
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
Diagnose van Kolorektale Kanker mag die volgende insluit:
• ’n Fisiese ondersoek
• ’n Digitale rektale ondersoek
• ’n Pasiënt kan verwys word vir verdere ondersoeke – dit is as daar onsekerheid is oor die
diagnose of as simptome op kolorektale kanker dui. Twee toetse kan ook gebruik word om ’n
diagnose van kolonkanker te bevestig:
• Sigmoïdoskopie - ’n apparaat genaamd ’n sigmoïdoskopie word gebruik. Dit bestaan uit ’n dun,
buigbare buis wat gekoppel is aan ’n klein kamera en liggie. ’n Sigmoïdoskopie is gewoonlik nie
pynlik nie, maar dit kan ongemak veroorsaak. Die meeste mense gaan huis toe na afloop van
die ondersoek
• Kolonoskopie - dit is soortgelyk aan ’n sigmoïdoskopie, maar bestaan uit ’n langer buis, wat ’n
kolonoskopie genoem word. Dit word gebruik word om die hele dikderm te ondersoek
In vennootskap met
12. Handhaaf ’n gesonde gewig
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Stap 1 – Meet jou gewig en lengte
• Stap 2 – Werk jou Liggaammassa Indeks (LMI) uit – dis ’n skatting
van jou totale hoeveelheid liggaamsvet en is afhanklik van die
verhouding van lengte tot gewig.
• Volwassenes (20 jaar en ouer) moet daarna streef om êrens in die gesonde LMI
omvang van 20 – 25 te wees
• LMI kan gebruik word as ’n aanduiding om te bepaal of jy oorgewig, vetsugtig,
ondergewig of normaal is
• Die formule vir LMI is jou gewig in kilogram gedeel deur die kwadraat van jou
hoogte in meters (kg/m2)
• Stap 3 – Meet die omtrek van jou middellyf - daar bestaan nou ‘n
sterk vermoede dat die omtrek van die middellyf ‘n baie beter en meer
akkurate maatstaf is om toekomstige gesondheidrisiko’s te bepaal as die
uitsluitlike gebruik van LMI. As jy te veel vet rondom die middellyf met
jou saamdra, kan dit geassosieer word met verhoogde risiko vir siektes
Omtrek van
middellyf wat
verhoogde risiko
aandui:
Vroue: meer as 80 cm
Mans: meer as 94 cm
In vennootskap met
) .
) .
Obesiteit
derde
graad
Obesiteit
tweede
graad
Obesiteit
eerste
graad
Oor-
gewig
Normaal Onder-
gewig
Baie
onder-
gewig
13. Wees en bly fisies aktief
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Fisiese aktiwiteit hoef nie duur
of moeilik te wees nie. Jy kan
om die blok of in jou plaaslike
park loop. Jy kan fiets ry of
saam met jou vriende in jou
eie sitkamer dans
• Kies aktiwiteite wat jy geniet.
Dit sal jou aanspoor om dit
meer gereeld te doen en nie
op te hou nie
• Die belangrikste is dat die
aktiwiteit jou hart vinniger
moet laat klop en jou longe
dwing om dieper asem te haal
Oefen gereeld.
Stel ’n doel om
elke dag vir ten
minste 30 minute
matige tot strawwe
oefening te doen
Wees soos
Sizwe
Wees soos
Crystal
In vennootskap met
14. Maak slim besluite oor kos
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Beskermende faktore wat verband hou met ’n vermindering van die voorkoms
van kolorektale kanker sluit ’n dieet in wat uit baie vrugte en groente, vesel,
vis en knoffel bestaan. Maak seker jou dieet sorg vir genoegsame inname van
folaat (vitamien B9), kalsium, suiwel-produkte, vitamien D, vitamien B6 en
magnesium
• Balans is die sleutel. Ons moet ons liggame voorsien van die energie en
voedingstowwe wat ons nodig het om goed te funksioneer en om goed te voel
• Dit beteken dat ons ‘n groot verskeidenheid kossoorte in die regte verhouding
moet eet sodat ons met die verloop van tyd al die voedingstowwe inneem wat
ons nodig het om gesond te lewe
• Al die kos wat ons eet kan in vyf groepe verdeel word. ‘n Gesonde dieet
beteken dat jy kos uit al hierdie groepe in die korrekte balans moet eet
In vennootskap met
15. Styselryke voedsel – gesonder opsies sluit in:
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Volgraan brood
• Volgraan pasta (durumkoring)
• Volgraan beskuitjies
• Lang graan rys (Basmati, wit
en bruin)
• Aartappels en patats
• Pampoen, botterskorsie,
ertjies
• Hawer en semels
• Mielies
• Mieliemeel
• Volgraan produkte en Boontjies:
lensies, boontjies, quinoa, hawer,
swart rys, gars, farro, wilde rys,
ens. is veselryk en kan jou
beskerm teen kolorektale kanker
• Dit bevat ook baie ander stowwe
wat verbind word met die
vermindering van kankerrisiko. Dit
is die rede waarom kenners
voorstel dat die inname van vesel
verhoog moet word uit natuurlike
bronne eerder as met aanvullings
In vennootskap met
BALANSEER JOU
LEWENSTYL
16. Vrugte en Groente
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Vyf porsies uit ’n groot verskeidenheid vars of gevriesde vrugte en groente (verkieslik van
plaaslike oorsprong en binne-seisoen) behoort elke dag geëet te word
• Probeer om verskillende kleure groente elke week te eet. Groente soos spinasie, broccoli,
blomkool, kool, murgpampoentjies, slaaiblare, tamaties, uie, eiervrug en wortels verskaf ’n
verskeidenheid van kleure
• Alle tipes groente kan die kankerrisiko verlaag
• Navorsing toon aan dat knoffel help om kolorektale kanker te
voorkom, so maak seker om knoffel daagliks in jou kos te gebruik
• Heel vrugte bied jou die meeste voordele
• Gedroogde vrugte (enige, maar beperk hoeveelhede)
• Vars vrugtesap (100% suiwer/onversoet en beperk tot 1 glas per dag
en verdun 50:50)
In vennootskap met
17. Vleis, hoender, vis, eiers en soya (ryk in proteïne)
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Proteïne behoort ingesluit te word in kleiner hoeveelhede
as stysel, vrugte en groente
• ’n Porsie is gewoonlik so groot soos die palm van jou hand
en dieselfde dikte van jou handpalm
• Probeer om twee keer per week olierige vis en om meer
vegetariese proteïne by jou dieet in te sluit
• Vermy geprosesseerde vleis
• Probeer om ten minste een of
twee keer per week peulgewasse
en/of soja in disse te gebruik
• Dit het ’n lae vetinhoud, is
veselryk, is ’n bron van plant-
proteïne en is nie duur nie
• Olierige vissoorte (bv. salm,
forel, sardientjies of snoek)
• Eiers
• Hoenderborsies sonder vel
• Maer beesvleis (soos
byvoorbeeld stroganoff,
maalvleis, biefstuk of
schnitzel sonder sigbare vet)
• Volstruisvleis
In vennootskap met
18. Suiwel
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Melk (lae vet of vetvrye variëteite)
• Joghurt (2%, lae vet of vetvrye variëteite)
• Kaas, verkieslik ongeprosesseerde lae en
medium vet; sagte en harde kase soos
maaskaas, ricotta, feta,
mozzarella en edam
Versnaperinge
• Voedsel soos suiker (tafelsuiker - wit, bruin
of geel), lekkers (ook jellie en suigstokkies),
koek, beskuit, gebak, nagereg, gaskoeldrank
met suiker en stroop bevat baie suiker en
moet spaarsamig gebruik word. Jou kostrollie
behoort baie min van hierdie voedselsoorte
en drinkgoed te bevat
• Alkohol verander in verbindings in die
liggaam wat kanker kan veroorsaak. Hierdie
verbindings kan ook die selvoerings van die
kolon beskadig. Vermy alkohol soveel as
moontlik
In vennootskap met
19. Vette en Olies
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• Vette behoort spaarsamig gebruik te word. Kies sagte margarien met ’n lae of medium
vetinhoud en wat hoër is in onversadigde vette (poli-onversadigde en mono-onversagdigde)
• Om die grootste voordeel te trek, koop ekstra suiwer olyfolie en gebruik dit spaarsamig as
slaaisous in plaas daarvan om daarmee te kook. As jy kos vinnig wil roerbraai, gebruik olie
wat jy in pan kan spuit of canola olie. Belê in ’n goeie kleefvrye pan
• Let op die hoeveelheid vet in byvoorbeeld souse wat jy koop vir pasta- en
ander geregte. Roomsouse kan byvoorbeeld hoë vlakke van vet bevat, so
kies eerder souse wat hoofsaaklik uit tamaties bestaan
• Goeie vette en olies om in te sluit:
• Olies afkomstig van groente bv.
ekstra suiwer olyfolie, olie gemaak
uit canola-, druiwe- en sonneblomsade
• Gemengde neute en sade
• Botter gemaak van neute
• Avokado
In vennootskap met
20. Gaarmaakmetodes
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
Die beste gaarmaakmetodes is dit wat die minste hoeveelheid olie/vet
nodig het en wat die behoud van voedingstowwe verseker deur nie die kos
te veel of te lank te kook nie. Die volgende gaarmaakmetodes is die
gesonder opsies:
• Stoom / Kook
• Roerbraai (gebruik baie min olie)
• Rooster / Bak
• Mikrogolf
• Droogbraai (gebruik klein hoeveelheid olie wat gespuit word indien nodig.)
• Gebruik ’n drukkoker
In vennootskap met
21. Kies en eet jy elke dag kos van elke voedselgroep?
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• ’n Gebalanseerde dieet sal jou help om dit te doen en
dit word makliker hoe meer gereeld jy dit volhou. Om
jou te help om ‘n gebalanseerde dieet te volg, kyk na die
bord kos hieronder en let op dat die kos op die bord ‘n
balans is van kos uit die vyf voedselgroepe. Hoe vaar jy?
• Goeie voeding is nie net die keuse om die “regte” kos te
eet nie. Dit is ook belangrik om hierdie kos op die regte
manier voor te berei om optimale voedingswaarde
daaruit te kry.
• Probeer om gereeld gedurende die dag kleiner posies
kos te eet vir volgehoue energievlakke
In vennootskap met
22. Hoe KANSA Kolorektale Kanker Beveg
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
• KANSA lewenstyl risiko assessering
• Fekale okkult tuis-toetspakkette te koop by
KANSA SorgSentrums
• Stoma ondersteuningsdienste
• Sluit aan by jou naaste KANSA ondersteunings-
groep: www.cansa.org.za/cancer-counselling/
• Sluit aan by ons Facebook gemeenskap van
oorwinnaars en versorgers:
• @CANSA Survivors - Champions of Hope
• @CANSA Caring for the Caregivers
• iSurvivor epos-gebasseerde
ondersteuningsprogram
(isurvivor.org.za)
• Benodig hulp om op te hou rook?
eKick Butt program (ekickbutt.org.za)
• Hulpmiddels en lening van mediese toerusting
• Sifting om kankerrisiko te verlaag
• KANSA Sorgtuistes
• Ander siftingsdienste
• Opvoedkundige veldtogte
• Inligtingsdiens (Maan-Vry, 08:00-16:30):
• Tolvry - 0800 22 66 22
• Epos: info@cansa.org.za
• WhatsApp: 072 197 9305 (English, Afrikaans)
• WhatsApp: 071 867 3530 (Xhosa, Zulu, Sotho, Siswati)
In vennootskap met
23. Wat kan jy doen om te help?
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
Om KANSA te help om ons kankersiftings- en opvoedkundige
programme uit te brei, oorweeg dit asseblief om 'n skenking
by enige van ons KANSA Sorg sentra landswyd te maak
of Aanlyn by
http://www.cansa.org.za/personal-donation-options/
of maak ’n donasie deur die
SnapScan of Zapper apps
op jou slimfoon:
In vennootskap met
24. Vrywaring
Terwyl die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) elke voorsorgmaatreël getref het met die samestelling
van hierdie aanbieding, kan dit of enige bydraer(s) tot hierdie aanbieding nie verantwoordelik gehou word vir
enige optrede (of die gebrek daaraan) wat deur enige persoon of organisasie waarookal hulle gebaseer is, as 'n
gevolg, direk of andersins, van inligting vervat in, of bekom is deur middel van hierdie aanbieding.
www.cansa.org.za | Tolvry 0800 22 66 22
In vennootskap met