SlideShare a Scribd company logo
1 of 6
Neh. 2:17-20, 6:1-8
Wonderlike geskiedenis
Nehemia luister na ander
Wat maak hy met die inligting?
Nehemia het eers met God gepraat
Die vyand gaan jou probeer stop
Die vyand spot met Nehemia en sy mense
Neh 2:19 Maar toe Sanbállat, .... en Tobía, ....en Gesem, ....
dit hoor, het hulle ons bespot en ons verag en gesê: Wat is
dit vir ‘n ding wat julle doen?
Kind van God, moenie fokus verloor nie!
Die gespot word meer direk
Neh 4:1-3 Maar toe Sanbállat hoor dat ons die muur bou,
het hy kwaad geword.... en hy het met die Jode gespot en
voor sy broers en die leër van Samaría gespreek ...Wat maak
die magtelose Jode? Sal ‘n mens hulle laat begaan? Sal hulle
offer? Sal hulle dit vandag nog voltooi? Sal hulle die klippe
uit die grondhope lewendig maak, al is dit deur brand
verniel? En Tobía, .... het langs hom gestaan en gesê: Wat
hulle ook al bou—as ‘n jakkals daarteen opspring, sal hy
hulle klipmuur omgooi!
Die vyand verander weer strategie
Neh 6:2 .... Kom laat ons bymekaarkom in een van die
dorpe, in die laagte van Ono; .....
Neh 6:3 ....”Ek is besig met baie belangrike werk, ek het
nie nou tyd om soontoe te kom nie. In elk geval,
waarom moet ek die werk laat stilstaan om na julle toe
te kom?” (Die Boodskap)
Jy is veilig solank jy besig is met God se projek
Neh 6:5 -7 Daarop stuur Sanbállat ....vir die vyfde keer
sy dienaar na my met ‘n ope brief .... Daarin was
geskrywe: Die gerug gaan rond onder die volke, .... Jy en
die Jode is van plan om te rebelleer; daarom bou jy die
muur, en jy sal hulle koning word—dergelike dinge. Ook
het jy profete aangestel om van jou in Jerusalem uit te
roep en te sê: Koning in Juda! En nou, sulke dinge sal
deur die koning gehoor word; kom dan nou en laat ons
saam beraadslaag!
God se plan vir 2015
Moenie fokus verloor nie!
 Moenie fokus verloor nie!

More Related Content

Viewers also liked

Breek los uit die wurggreep van satan 13
Breek los uit die wurggreep van satan 13Breek los uit die wurggreep van satan 13
Breek los uit die wurggreep van satan 13Susanna De Waal
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!Susanna De Waal
 
Goedheid uit ’n onverwagse rigting
Goedheid uit ’n onverwagse rigtingGoedheid uit ’n onverwagse rigting
Goedheid uit ’n onverwagse rigtingSusanna De Waal
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! Susanna De Waal
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet Susanna De Waal
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!Susanna De Waal
 
4 okt 2015 (gebedes van moses, hiskia, en jesus)
 4 okt 2015 (gebedes van moses, hiskia, en jesus) 4 okt 2015 (gebedes van moses, hiskia, en jesus)
4 okt 2015 (gebedes van moses, hiskia, en jesus)Susanna De Waal
 
8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë grafSusanna De Waal
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding Susanna De Waal
 
Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2Susanna De Waal
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouselfSusanna De Waal
 
6 des 2015 - In ons plek
6 des 2015 - In ons plek6 des 2015 - In ons plek
6 des 2015 - In ons plekSusanna De Waal
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreekSusanna De Waal
 
Daar is krag in sy woord
Daar is krag in sy woordDaar is krag in sy woord
Daar is krag in sy woordSusanna De Waal
 
25 okt 2015, Breek los uit die wurggreep van satan 16
25 okt 2015, Breek los uit die wurggreep van satan 1625 okt 2015, Breek los uit die wurggreep van satan 16
25 okt 2015, Breek los uit die wurggreep van satan 16Susanna De Waal
 

Viewers also liked (16)

Breek los uit die wurggreep van satan 13
Breek los uit die wurggreep van satan 13Breek los uit die wurggreep van satan 13
Breek los uit die wurggreep van satan 13
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
 
Goedheid uit ’n onverwagse rigting
Goedheid uit ’n onverwagse rigtingGoedheid uit ’n onverwagse rigting
Goedheid uit ’n onverwagse rigting
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!
 
4 okt 2015 (gebedes van moses, hiskia, en jesus)
 4 okt 2015 (gebedes van moses, hiskia, en jesus) 4 okt 2015 (gebedes van moses, hiskia, en jesus)
4 okt 2015 (gebedes van moses, hiskia, en jesus)
 
8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding
 
Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2
 
Verbly jou in die here
Verbly jou in die hereVerbly jou in die here
Verbly jou in die here
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself
 
6 des 2015 - In ons plek
6 des 2015 - In ons plek6 des 2015 - In ons plek
6 des 2015 - In ons plek
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
 
Daar is krag in sy woord
Daar is krag in sy woordDaar is krag in sy woord
Daar is krag in sy woord
 
25 okt 2015, Breek los uit die wurggreep van satan 16
25 okt 2015, Breek los uit die wurggreep van satan 1625 okt 2015, Breek los uit die wurggreep van satan 16
25 okt 2015, Breek los uit die wurggreep van satan 16
 

More from Susanna De Waal

3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!Susanna De Waal
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droomSusanna De Waal
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekteSusanna De Waal
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nieSusanna De Waal
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nieSusanna De Waal
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter asSusanna De Waal
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal SkoonmaakSusanna De Waal
 
24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oëSusanna De Waal
 
Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!Susanna De Waal
 
Lewe die droom! – deel 1
Lewe die droom! – deel 1Lewe die droom! – deel 1
Lewe die droom! – deel 1Susanna De Waal
 
20 des 2015 Kan hy regtig?
20 des 2015 Kan hy regtig?20 des 2015 Kan hy regtig?
20 des 2015 Kan hy regtig?Susanna De Waal
 
15 November 2015 Hy het gesê (2)
15 November 2015 Hy het gesê (2)15 November 2015 Hy het gesê (2)
15 November 2015 Hy het gesê (2)Susanna De Waal
 

More from Susanna De Waal (19)

3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!
 
10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom
 
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
 
31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)
 
24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë
 
Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!
 
Lewe die droom! – deel 1
Lewe die droom! – deel 1Lewe die droom! – deel 1
Lewe die droom! – deel 1
 
Ons kan op god vertrou
Ons kan op god vertrouOns kan op god vertrou
Ons kan op god vertrou
 
20 des 2015 Kan hy regtig?
20 des 2015 Kan hy regtig?20 des 2015 Kan hy regtig?
20 des 2015 Kan hy regtig?
 
God is in beheer!
God is in beheer!God is in beheer!
God is in beheer!
 
15 November 2015 Hy het gesê (2)
15 November 2015 Hy het gesê (2)15 November 2015 Hy het gesê (2)
15 November 2015 Hy het gesê (2)
 

Moenie fokus verloor nie!

  • 2. Wonderlike geskiedenis Nehemia luister na ander Wat maak hy met die inligting? Nehemia het eers met God gepraat Die vyand gaan jou probeer stop Die vyand spot met Nehemia en sy mense
  • 3. Neh 2:19 Maar toe Sanbállat, .... en Tobía, ....en Gesem, .... dit hoor, het hulle ons bespot en ons verag en gesê: Wat is dit vir ‘n ding wat julle doen? Kind van God, moenie fokus verloor nie! Die gespot word meer direk Neh 4:1-3 Maar toe Sanbállat hoor dat ons die muur bou, het hy kwaad geword.... en hy het met die Jode gespot en voor sy broers en die leër van Samaría gespreek ...Wat maak die magtelose Jode? Sal ‘n mens hulle laat begaan? Sal hulle offer? Sal hulle dit vandag nog voltooi? Sal hulle die klippe uit die grondhope lewendig maak, al is dit deur brand verniel? En Tobía, .... het langs hom gestaan en gesê: Wat hulle ook al bou—as ‘n jakkals daarteen opspring, sal hy hulle klipmuur omgooi!
  • 4. Die vyand verander weer strategie Neh 6:2 .... Kom laat ons bymekaarkom in een van die dorpe, in die laagte van Ono; ..... Neh 6:3 ....”Ek is besig met baie belangrike werk, ek het nie nou tyd om soontoe te kom nie. In elk geval, waarom moet ek die werk laat stilstaan om na julle toe te kom?” (Die Boodskap) Jy is veilig solank jy besig is met God se projek
  • 5. Neh 6:5 -7 Daarop stuur Sanbállat ....vir die vyfde keer sy dienaar na my met ‘n ope brief .... Daarin was geskrywe: Die gerug gaan rond onder die volke, .... Jy en die Jode is van plan om te rebelleer; daarom bou jy die muur, en jy sal hulle koning word—dergelike dinge. Ook het jy profete aangestel om van jou in Jerusalem uit te roep en te sê: Koning in Juda! En nou, sulke dinge sal deur die koning gehoor word; kom dan nou en laat ons saam beraadslaag! God se plan vir 2015 Moenie fokus verloor nie!

Editor's Notes

  1. #Wonderlike geskiedenis God roep ’n man vanuit die land van ballingskap waar hy was om Jerusalem en sy mure te gaan herbou. Behalwe dat die heidense leier Nehemia toelaat om te gaan, gee hy hom nog beskerming om tot in Jerusalem te kom en van die materiaal wat nodig was om die werk te doen. Ek dink nie Nehemia of enige iemand anders het in hulle grootste drome gedink dat hulle ooit toestemming sou kry vir so ’n projek nie. Dit was dan juis die voorgeslag van hierdie einste koning wat Jerusalem en sy mure afgebreek en sy mense weggevoer het. God vermag wat ons nie eers dink sal kan gebeur nie. Hoe het hierdie wonderwerk begin? #Nehemia luister na ander In hoofstuk 1 lees ons dat Nehemia het van die Jode van Jerusalem verneem hoe sleg dit met die jode daar gaan. Hulle terugvoer was vir hom hartverskeurend. Dit was vir hom vreeslik om te dink dat sy mense en die stad Jerusalem in hierdie toestand is. Nehemia moes geen idee gehad het van hoe dit daar lyk nie. Dit het met hom relatief goed gegaan. Hy het ’n redelike goeie werk in die koning se paleis gehad. Hy was veilig en versorg. Dit was nie vir hom nodig om te vra nie, maar hy het. Wat hy gehoor het, was nie goeie nuus nie. #Wat maak hy met die inligting? Hy kon vir n rukkie daaroor sleg gevoel het en maar met sy lewe aangegaan het. Hy is egter so ontstel oor die nuus die koning kom dit agter. Dit insigself was n geweldige risiko. Onderdane was nie toegelaat om hartseer te wees in die teenwoordigheid van die koning nie. Hulle kon daarvoor doodgemaak word. In plaas van doodmaak vra die koning hom uit oor die rede vir sy af gemoed. Soos gesien doen die koning iets buiten gewoon; hy adresseer sy situasie en help hom om dinge te verander. Daar is n rede vir hierdie optrede van die koning. #Nehemia het eers met God gepraat In Neh 1:5-11 lees ons Nehemia se hele gebed. God hoor en wanneer God werk kan niemand dit keer nie. Terwyl Nehemia met God praat, begin God reeds in die koning se hart werk met die gevolg dat toe die koning sy probleem hoor belsuit hy daar en dan om hom te help. Soos ons gelees het deel hy hierdie nuus met sy mense en daar groot opgewondenheid. Hulle gaan iets aan die situasie doen. Daar is egter mense wie nie so opgeownde is nie, hulle is Sanballat, Tobia en Segem #Die vyand gaan jou probeer stop Hy gaan nie dikmond en ongelukkig stilsit en toekyk hoe God deur jou werk nie. In hoofstuk 1 sien ons hulle was aanvanklik net kwaad dat die koning vir hierdie mense toestemming en hulp gee om die werk te doen. Dit stop nie daar nie. Kort hierna kom fase 2 van die aanslag. #Die vyand spot met Nehemia en sy mense Kom ons lees dit ...
  2. #Neh 2:19 .... Die vyand se 1ste strategie is baie keer daar om wat jy by God gehoor het uit te lag. Dit buite jou bereik te wil plaas. Luister man, jy sal dit nooit regkry nie. Wie dink jy nou in elk geval is jy? Jy is te klein, swak, arm en dom. Die werk is te groot en omvangryk en daar is in elk geval nie geld nie. Die mense sal nie saam met jou werk nie. Kom ons leer by Nehemia ..... # Kind van God, moenie fokus verloor nie! Moenie fokus verloor nie (x2). Moenie dat enige iemand se op- of aanmerkings jou van stryk bring nie. Doen dit wat God jou wys om te doen, maak nie saak wat nie. So wat doen Nehemia in die omstandighede, hy hou sy oë op die saak op hande. Ons moet die muur bou. Daar is dinge wat God vir jou het om in 2015 te doen. Dalk weet jy wat dit is, dalk nog nie. Praat met God en hoor wat Hy vir jou wil sê. Baie keer is dit ook met ons die geval soos met Nehemia. God bring by ons n ontevredenheid oor bepaalde sake. Dit is nie om dowe neute nie. Hy wil jou gebruik om iets daaraan te doen. So die werk gaan aan tsv die vyand se op en aanmerkings. Die vyand sien toe Nehemia gaan nie deur praatjies afgesit word nie, hulle gaan iets moet doen. Hier is die volgende aanval .... #Die gespot word meer direk Waar die vyand aanvanklik van hulle gepraat en gespot het, spot hy nou met hulle direk. Dit is baie meer intens en op die man af. #Neh 4:1-3 As die vyand jou nie kan keer om die werk te begin nie, gaan hy probeer om dit te verkleineer. Maak asof dit van geen waarde is en geen impak maak nie. Sou hy so te kere gaan as dit werklik die geval was? Nee hy sou nie. Nie eers dit het Nehemia afgesit nie. Hy bly gefokus. Hy maak n paar Nb aanpassings en gaan aan met die werk. Terwyl party mense bou, hou ander wag. Toe dit ook nie werk nie sien ons die volgende ...
  3. #Die vyand verander weer strategie Nou maak hulle asof hulle sy vriendskap of toenadering soek. Op die oog af wil dit lyk asof hulle tou opgegooi het met hulle kwaadwilligheid. #Neh 6:2 .... Nehemia se antwoord is vir my klassiek. #Neh 6:3 .... Ons weet hulle uitnodiging was nie so onskadelik as wat hulle voorgegee het nie. Hulle wou hom doodmaak. Hulle het gesien hulle sal nie by hom kan uitkom waar hulle werk nie. Hy het maatreels in plek gesit wat die mense en die projek beskerm het. So nou wou hulle hom wegkry van waar hy veilig was. #Jy is veilig solank jy besig is met God se projek Moenie fokus verloor nie. Moenie betrokke raak by dinge wat nie positief gaan bydra tot dit waarvoor God jou geroep het nie. Moet tyd op niks anders mors nie. Nehemia het gefokus gebly. Sou u weer die geskiedenis gaan lees sal u sien dat hy dit kon doen omdat hy gedurig met God gekommunikeer het. Elke keer as die vyand dink hy kom met ’n nuwe foefie, het hy met God gepraat en God het hom gewys hoe hy moet reageer. Selfs na lg. Was die vyand nie tevrede nie en hulle begin ’n nuwe leuen.
  4. #Neh 6:5-7 .... Nehemia laat weet hierdie manne dat hulle weet hulle lieg. Nehemia bly gefokus. #God se plan vir 2015 God het vir jou ’n plan vir 2015. dinge wat Hy wil hê jy moet doen, op moet fokus. Ek weet nie wat dit vir elkeen van u is nie, maar ek weet wel daar is vir elkeen iets. Gaan hoor self by die Here. Die vyand gaan alles in sy vermoë doen om jou te probeer ontmoedig. Hy gaan van jou praat, jou in jou gesig probeer beledig en verkleineer. Hy gaan leuens oor jou versprei om jou te probeer diskrediteer. Het u al opgelet hoeveel slegte stories daar oor manne en vroue van God versprei word. Mense wat hulself daarop toespits om te doen wat hulle glo God hulle gesê het om te doen. Weet u, dit is net hulle wie nie self iets NB het om vir God te doen nie wat tyd het om saam te praat. Hulle wie gefokus is, het nie tyd of energie om te mors op die tipe van optrede nie. #Moenie fokus verloor nie! As jy nog nie weet wat om te doen nie. Gaan hoor by God. Praat met Hom in gebed en lees Sy woord. Die wat reeds weet. Moenie dat enige iets jou aandag aftrek nie. Dit wat jy doen, is te NB om tyd op ander goed te mors. Ek glo die Here het ’n NB taak ook vir ons as gemeente vir 2015. Sodra ek en die leierskap eenstemmigheid het oor die wat en die hoe gaan ek dit met u deel. Ek wil u dan vra om my te help dat ons dit doelgerig sal uitvoer. Nie tyd sal mors op enige onbenullighede nie. Dat ons sal vergeet wat ander doen of nie doen nie, hoe hulle dit doen en gefokus uitvoering sal gee aan Sy opdrag vir ons.