SlideShare a Scribd company logo
1 of 5
HY HET GESÊ (2)...!
Joh. 10:1-11 (10)
Verlede week
Ons hou aan dieselfde vraag vra omdat ons nie van die
antwoord hou nie
Die gelykenis van die goeie Herder
Die Ps. 23 skape
Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te
verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan
hê.
Die gelykenis van die goeie herder
Wat doen die Herder?
Joh 10:11 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy
lewe af vir die skape.
Joh 10:9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal
hy gered word,
Wat doen die skape?
Joh 10:27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle,
en hulle volg My
Ek kan nie maak wat ek wil nie!
Joh 10:1 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by
die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander
kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower.
Hy het gesê: .......
Daar is nie n ander pad nie
15 November 2015 Hy het gesê (2)

More Related Content

Viewers also liked

Viewers also liked (6)

Parecer restrição de veículos
Parecer restrição de veículosParecer restrição de veículos
Parecer restrição de veículos
 
Diseño general mep del areopuerto chinchero
Diseño general mep del areopuerto chincheroDiseño general mep del areopuerto chinchero
Diseño general mep del areopuerto chinchero
 
Diagnosing
DiagnosingDiagnosing
Diagnosing
 
2010_JCED
2010_JCED2010_JCED
2010_JCED
 
Les arts plàstiques
Les arts plàstiquesLes arts plàstiques
Les arts plàstiques
 
Привет друзья! Открою вам секрет!
Привет друзья! Открою вам секрет!Привет друзья! Открою вам секрет!
Привет друзья! Открою вам секрет!
 

More from Susanna De Waal

8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë grafSusanna De Waal
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!Susanna De Waal
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!Susanna De Waal
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droomSusanna De Waal
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!Susanna De Waal
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! Susanna De Waal
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouselfSusanna De Waal
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekteSusanna De Waal
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nieSusanna De Waal
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nieSusanna De Waal
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter asSusanna De Waal
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal SkoonmaakSusanna De Waal
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet Susanna De Waal
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreekSusanna De Waal
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding Susanna De Waal
 

More from Susanna De Waal (20)

8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!
 
10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself
 
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
 
31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding
 

15 November 2015 Hy het gesê (2)

  • 1. HY HET GESÊ (2)...! Joh. 10:1-11 (10)
  • 2. Verlede week Ons hou aan dieselfde vraag vra omdat ons nie van die antwoord hou nie Die gelykenis van die goeie Herder Die Ps. 23 skape Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
  • 3. Die gelykenis van die goeie herder Wat doen die Herder? Joh 10:11 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Joh 10:9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, Wat doen die skape? Joh 10:27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My
  • 4. Ek kan nie maak wat ek wil nie! Joh 10:1 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower. Hy het gesê: ....... Daar is nie n ander pad nie

Editor's Notes

  1. #Verlede week Ons het verlede week gekyk na v23-31 en dan spesifiek waar die joodse leiers by Jesus wou hoor of Hy werklik die Christus is en Jesus wat dan antwoord dat hy dit al by meer as een geleentheid vir hulle gesê het. Ek het vir u genoem dat in aanloop tot Hfstk 10 ek sommer gou 13 kere gevind waar Jesus baie duidelik gesê het dat Hy die Christus is. So hoekom het hierdie mense dan die vraag aanhou vra? Hulle het nie van die antwoord gehou nie. Ons doen vandag dieselfde ..... #Ons hou aan dieselfde vraag vra omdat ons nie van die antwoord hou nie Ons het toe gekyk na verskillende antwoorde wat die Woord vir ons gee op ons alledaagse omstandighede. Ons het gekyk na wat is die Bybelse antwoord vir bitterheid, finansieele probleme, gelukkige huwelik, vrede in die huis en dan ook vir die droogtetoestand waarin ons land huidiglik is. Ons kan maar ons eie oplossings vir hierdie sake probeer kry. Dit wat ons in die Woord kry is gewaarborg deur die Koning van die konings, die Skepper van die hemel en aarde. LOOF SY NAAM! Net soos dit wat ons verlede week gelees het, is ook vanaad se teksvers binne n bepaalde konteks. Wat is die konteks? #Die gelykenis van die goeie Herder Ons ken die gelykenis. Wat n mooi voorstelling is dit nie wat Jesus hier maak nie. Wanneer n mens die gedeelte lees vat dit jou sommer dadelik ook terug na Ps 23 wat ook gaan oor die goeie Herder. Is Hy nie n goeie herder nie. Die herder wat Sy lewe neerle vir Sy skape. Nie net in beeldspraak nie maar letterlik, op die mees grusaamste manier, neergele het vir Sy skape. #Die Ps. 23 skape Wat ons in Ps 23 vind is die beskrywing van n skaap wat luister na die stem van Sy herder. Kan ek u so bietjie herinner aan wat met so n skaap gebeur. Se sommer bietjie saam met my Ps 23 op .... Hou u van die Ps 23 prentjie? Wonderlik nie waar nie? Ek sien Johannes 10 is die NT se Ps 23. Joh 10 het ook, net soos Ps 23, gedeeltes in wat veral vir ons kosbaar is. Een van hulle is #Joh 10:10 ... Dit is veral die 2de gedeelte waaroor ons mal is. Jesus het gekom sodat ons lewe en oorvloed kan he. Dan sien ons ook dat hierdie oorvloed kom van die griekse woord perissos wat ook vertaal kan word met voordelig, meer voorspoedig en onmeetbaar voorspoedig. Wonderlik. Jesus doen dit wat nodig is sodat ons kan kry wat meer as nodig is. Ons kom dan in situasies waar dinge verkeerd loop en dan voel dit vir ons die Bybel praat nie die waarheid nie. Dinge klop nie, Joh 10:10 praat van die oorvloed van lewe en hier sit ek met moeilikheid. So wat gaan aan. Wat aangaan is dat ons vergeet van die konteks van hierdie vers. Wat is die konteks?
  2. #Die gelykenis van die goeie herder Hierdie gelykenis het 2 baie duidelike komponente: dit wat die Herder doen en dit wat die skape doen. Dalk moet ek sê die skape wat aan die betrokke herder behoort. #Wat doen die Herder? Ons kry die antwoord in v11 ... #Joh 10:11 ... Uit genade doen Hy wat niemand ooit self kon doen of self kon verdien nie. Hy betaal die skuld en dra die straf vir sondaars soos ons. Vir hierdie rede kan Jesus dit onomwonde stel: # Joh. 10:9 ... Daar is geen ander manier om die ewige lewe te be-erwe as deur Jesus nie. Sou u en ek dus die pad / deur soek na die ewige lewe het die Woord vir ons die antwoord. Die woord wat sê: ek het gese Ek is die weg, waarheid en lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My. Daar is nie ’n ander manier nie (x2). Daar is ’n al hoe groter wordende deel van ons samelewing wat nie van hierdie woord hou nie en dit daarom nie glo nie. Hulle gaan soek ander maniere. Daar is nie ’n ander manier nie. Nie goeie werke nie, nie kerklidmaatskap of ’n mooi lewe nie. Jesus en Hy alleen is die deur na die ewige lewe. Hy en Hy alleen is ook die deur na wat Joh. 10:10 praat (x2). Hier lees ons dan van meer as ’n eenmalige handeling. Dit bring ons dan by ..... #Wat doen die skape? #Joh 10:27 ... Sien u die 2 werkwoorde? Luister en volg. Net vir duidelikheid. Ons kan nie die hemel verdien nie soos bo genoem. Jesus het dit vir my gedoen. So wanneer ek in geloof my sonde bely en my lewe vir Hom gee word ek Sy kind en gaan ek hemel toe. Jesus het egter vir ons meer as om bloot net hemel toe te gaan. Die hemel is die erfporsie vir elke kind van God. Hy wil hê dat ons ook loon sal ontvang vir hoe ek leef. Die sleutel to hierdie oorvloed en meer is dan juis hierdie NB konsep van volg waar Hy lei. Ek kan net volg as ek na Hom Luister. Ek weet nie hoe sien u dit nie maar vir my is een ding baie duidelik
  3. #Ek kan nie maak wat ek wil nie! Ek moet by Hom gaan hoor en dan doen wat Hy sê. Hy het gesê en ons moet gehoorsaam. Hoe sê Hy? Primêr deur Sy woord en dan sekondêr deur Sy HG wat altyd in lyn is met Sy woord. Jesus begin die Hfstk met die woorde ..... #Joh 10:1 ... Wie dink hy of sy kan op God se guns en genade aanspraak maak op grond van hulle eie terme en voorwaardes maak ’n baie groot fout. Jesus stel dit baie sterk. Hy sê hulle is diewe en rowers. Nou moet ek iets baie hartseer se. Daar is vandag baie diewe en rowers selfs in die kerk. Ons dink ons kan op ons eie manier kom vat wat gereserveer is slegs vir die skape. Name it, claim it, frame it. Dit is nie sommer vir enige een nie. Dit is vir hulle wie die Herder ken en luister na Sy stem. Dit is vir hulle wie doen wat die herder se. #Hy het gesë: ....... Ek is die goeie Herder, Ek is die deur van die skape, as iemand deur my ingaan, sal hy gered word en Hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Ek ken my eie en word deur hulle geken. So kom ons kon terug na die teksvers, Joh. 10:10 ..... Die vers wat staan in die middel van Jesus se hele gesprek oor die goeie Herder en Sy skape. Hy het gesê: .... # Daar is nie n ander pad nie As ek wil staan op hierdie belofte moet ek leef wat hier staan. Dit is baie goed om Joh. 10:10 gereeld oor jouself te verklaar. Mag elke verklaring van die vers ons egter herinner aan die konteks. Mag die ons elke keer weer opnuut inspireer om te gaan hoor wat sê die goeie herder en om te doen wat Hy sê.