SlideShare a Scribd company logo
1 of 5
Op die troon of op die altaar? 
Hand 2:38, Kol 1:13, Rom 12:1,
Twee items 
Hand 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat 
elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus 
Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe 
van die Heilige Gees ontvang. 
Kol 1:13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die 
duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die 
Seun van sy liefde, 
Elke koninkryk het n koning
Rom 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die 
ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n 
lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle 
redelike godsdiens. 
Die oomblik wat ’n persoon die offer op die altaar plaas 
het hy eienaarskap verloor. 
Mark 8:35 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit 
verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om 
die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red. 
Elkeen bevind homself vanoggend op een van die 2 
plekke
Kies die altaar!! 
Luk 14:11 Want elkeen wat homself verhoog, sal 
verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog 
word. 
Op die troon of op die altaar? 
Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig 
nie, maar word verander deur die vernuwing van julle 
gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en 
welgevallige en volmaakte wil van God is.
9 nov 2014 op die troon of op die altaar

More Related Content

Viewers also liked

20 julie 2014 hoe lyk dit onder die grond
20 julie 2014 hoe lyk dit onder die grond20 julie 2014 hoe lyk dit onder die grond
20 julie 2014 hoe lyk dit onder die grondErnest Potgieter
 
26 jan 2014 ogg jy bid nie alleen nie!
26 jan 2014 ogg jy bid nie alleen  nie!26 jan 2014 ogg jy bid nie alleen  nie!
26 jan 2014 ogg jy bid nie alleen nie!Ernest Potgieter
 
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014Ernest Potgieter
 
Hoe kan ek god beter leer ken
Hoe kan ek god beter leer kenHoe kan ek god beter leer ken
Hoe kan ek god beter leer kenErnest Potgieter
 
9 nov 2014 jy het ’n troefkaart
9 nov 2014 jy het ’n troefkaart9 nov 2014 jy het ’n troefkaart
9 nov 2014 jy het ’n troefkaartErnest Potgieter
 
Jesus is lief vir jou, maar hoe voel jy oor hom
Jesus is lief vir jou, maar hoe voel jy oor homJesus is lief vir jou, maar hoe voel jy oor hom
Jesus is lief vir jou, maar hoe voel jy oor homErnest Potgieter
 

Viewers also liked (10)

Past allen depressie
Past allen depressiePast allen depressie
Past allen depressie
 
20 julie 2014 hoe lyk dit onder die grond
20 julie 2014 hoe lyk dit onder die grond20 julie 2014 hoe lyk dit onder die grond
20 julie 2014 hoe lyk dit onder die grond
 
26 jan 2014 ogg jy bid nie alleen nie!
26 jan 2014 ogg jy bid nie alleen  nie!26 jan 2014 ogg jy bid nie alleen  nie!
26 jan 2014 ogg jy bid nie alleen nie!
 
Breek die siklus
Breek die siklusBreek die siklus
Breek die siklus
 
Desperaatheid
DesperaatheidDesperaatheid
Desperaatheid
 
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
 
Hoe kan ek god beter leer ken
Hoe kan ek god beter leer kenHoe kan ek god beter leer ken
Hoe kan ek god beter leer ken
 
Past allen 7 des
Past allen 7 desPast allen 7 des
Past allen 7 des
 
9 nov 2014 jy het ’n troefkaart
9 nov 2014 jy het ’n troefkaart9 nov 2014 jy het ’n troefkaart
9 nov 2014 jy het ’n troefkaart
 
Jesus is lief vir jou, maar hoe voel jy oor hom
Jesus is lief vir jou, maar hoe voel jy oor homJesus is lief vir jou, maar hoe voel jy oor hom
Jesus is lief vir jou, maar hoe voel jy oor hom
 

More from Ernest Potgieter

Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2Ernest Potgieter
 
3 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 23 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 2Ernest Potgieter
 
Leer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vaderLeer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vaderErnest Potgieter
 
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (Ernest Potgieter
 
Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Ernest Potgieter
 
5 julie 2015 a strong man’s gospel
5 julie 2015 a strong man’s gospel5 julie 2015 a strong man’s gospel
5 julie 2015 a strong man’s gospelErnest Potgieter
 
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 97914 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979Ernest Potgieter
 
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .Ernest Potgieter
 
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)Ernest Potgieter
 
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)Ernest Potgieter
 
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)Ernest Potgieter
 
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%20310%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203Ernest Potgieter
 
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%2110%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21Ernest Potgieter
 
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%2023%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202Ernest Potgieter
 

More from Ernest Potgieter (20)

Teen alle waarskynlikheid
Teen alle waarskynlikheidTeen alle waarskynlikheid
Teen alle waarskynlikheid
 
Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2
 
Draers van die evangelie
Draers van die evangelieDraers van die evangelie
Draers van die evangelie
 
3 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 23 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 2
 
Verwyder die ou suurdeeg!
Verwyder die ou suurdeeg!Verwyder die ou suurdeeg!
Verwyder die ou suurdeeg!
 
Leer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vaderLeer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vader
 
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
 
Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!
 
Bou weer die huis!
Bou weer die huis!Bou weer die huis!
Bou weer die huis!
 
Pastoor allen 12 julie
Pastoor allen 12 juliePastoor allen 12 julie
Pastoor allen 12 julie
 
5 julie 2015 a strong man’s gospel
5 julie 2015 a strong man’s gospel5 julie 2015 a strong man’s gospel
5 julie 2015 a strong man’s gospel
 
Al die lof en aanbidding
Al die lof en aanbiddingAl die lof en aanbidding
Al die lof en aanbidding
 
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 97914 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
 
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
 
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
 
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
 
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
 
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%20310%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
 
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%2110%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
 
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%2023%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
 

9 nov 2014 op die troon of op die altaar

  • 1. Op die troon of op die altaar? Hand 2:38, Kol 1:13, Rom 12:1,
  • 2. Twee items Hand 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Kol 1:13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, Elke koninkryk het n koning
  • 3. Rom 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. Die oomblik wat ’n persoon die offer op die altaar plaas het hy eienaarskap verloor. Mark 8:35 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red. Elkeen bevind homself vanoggend op een van die 2 plekke
  • 4. Kies die altaar!! Luk 14:11 Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word. Op die troon of op die altaar? Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Editor's Notes

  1. #Twee items Hier op die verhoog staan 2 items: ’n troon en ’n altaar. Hierdie boodskap is in Sjina gebore terwyl die Here daar met my gewerk het. Watter een van die 2 is die aantreklikste? Hoekom? Waar is ons as kinders van God veronderstel om te wees? Ons het vanoggend 3 teksverse gelees. Die 1ste 2 het gehandel oor die troon en die laaste een oor die altaar. Kom ons kyk weer na hulle #Hand 2:38 ... Wat het dit met ’n troon te doen? Die griekse woord wat gebruik word vir bekeer is metanoeō = to think differently or afterwards, that is, reconsider. Hoe kom ek tot bekering? Hoe begin ek anders te dink? Wanneer vind bekering / metanoeo plaas? Ek begin anders dink die oomblik wat ek na my self kyk soos Christus na my kyk. Wat sien Christus as Hy voor bekering na ons kyk. Hy sien dit wat ons in Rom 3:23 lees met die gevolg van Rom 6:23. Voor ek gekonfronteer word met die woord van die Here sien bitter min mense hulself so. Ons sien onsself as in beheer en as die een wat dinge moet uitsorteer. Ons sien onsself as stewig in die saal, op die troon van my hart. Bekering begin wanneer ek anders begin dink, begin dink soos Jesus dink. Die oomblik wat ek anders dink gaan ek anders begin doen. #Kol 1:13 ..... Die oomblik wat ek begin anders dink begin ek anders te doen. Ek besef nou ek is in die moeilikheid en dat nie ek nie maar net Jesus my kan help om ’n gelukkige lewe te leef. Nou doen ek wat 1 Joh. 1:9 se. Twee dinge gebeur nou. In die 1ste plek vergewe Jesus my sonde en in die 2de plek kom verlos Hy my van sonde. Dit is wat hierdie vers se. Jesus vergewe nie net van sonde nie, Hy kom breek ook die mag wat sonde op jou en my lewe het. Jesus kom red my uit die k/k van duisternis. As jy iemand uit ’n plek red moet jy hom mos nou na ’n ander plek neem. Jesus neem my nou na Sy koninkryk #Elke koninkryk het n koning Dit is dus voor die hand liggend, ’n ander k/k ’n ander koning. Voor bekering dink ek op ’n bepaalde manier. Die hele lewe gaan oor my. My gerief, my gemak, my smaak, my voorkeur, my manier van doen. Ek is die Nbste persoon wat bestaan. Ek is egter ook self verantwoordelik om dinge te laat gebeur. Na bekering is daar nou nuwe Koning. Omdat ek nou deel geword het van God se K/k moet ek weet Hy is hier Koning. Nou gaan dit oor Hom. Ek het nou heerskappy afgegee. Ons is gewoonlik nie so mal om te hoor van die afgee en oorgee gedeelte nie. Ons hou as reël maar baie styf vas aan ons goedjies en veral aan ons sê. Ek wil die sê hê, dinge moet gebeur wat, soos wat en wanneer ek wil hê dit moet gebeur. Ons konsentreer baie keer so op dit wat ek moet afgee ek vergeet dat elke k/k ook voordele bied. Dit is ook nie anders met God se K/k nie. Die grootste voordeel is dat die Koning van die konings nou verantwoordelikheid vir my neem. Hy sê oa Fil. 4:6 ....... As ek dan nou nie meer op die troon is nie, waar is ek nou. Die skrywer van Romeine stel dit so ....
  2. #Rom 12:1 ....... Ons 1ste reaksie is gewoonlik: Ag, nee. Predikers wat net daarop uit is om die gehoor se ore te streel sal moontlik reageer deur te sê: dit is nie goeie nuus nie. Die evangelie is mos goeie nuus. As ons die goed preek maak ons mos nie die K/k van God baie aantreklik nie. Ons kan nie die goed preek nie! U sien ons sal net so reageer wanneer ons nie verstaan wat die K/k van God behels nie. Luister met Hom op die troon van jou lewe is jy nou die verantwoordelikheid van die Koning van die konings, die Skepper van die hemel en aarde, die Een aan wie behoort die vee op ’n duisend berge, al die silwer en al die goud. Die een wat die son kan laat stilstaan. Die wind, see, diere visse, voëls en plante kan nie anders as om uitvoering te gee aan Sy opdragte nie. Hierdie offer van jouself is ’n 2de bevestiging dat jy eienaarskap van jou lewe oorgegee het. In die O/t #Die oomblik wat ’n persoon die offer op die altaar plaas het hy eienaarskap verloor. Hy kan dit nie meer terugneem nie, dit behoort nou aan die Here. God is nou die eienaar van hierdie offer (bul, ram, lam, duif, ens.) Die gedagte aan jouself gee as offer is nie iets aangenaams nie. Weereens, hoe dink u sal die goeie Vader werk met hom of haar wat hulself aan Hom gee? Hy is liefdevol, genadig en goed. Die woord sê mos in elk geval # Mark 8:35 ..... As dit vir jou geen sin maak nie moet jy nie te veel daaroor bekommer nie. God se K/k werk volgens heel ander beginsels as ons. #Elkeen bevind homself vanoggend op een van die 2 plekke Of op die troon, of op die altaar. Rom 12 sê dan ook duidelik dat ons onsself gee as lewende offers. Ek sterf vir myself maar is lewendig en beskikbaar vir Hom om met my te maak soos Hy wil. Ek kan nie op al 2 gelyk wees nie. Ek kan ook nie tussen die 2 beweeg nie. Dit is óf die een óf die ander.
  3. #Kies die altaar!! Dit is so dat ek op die altaar kan wees en soms wil maak soos ek wil maar ek sal gou besef ek kan nie. Ek behoort nie meer aan myself nie. Dit gaan nie meer oor my nie, dit gaan oor Hom (x2). #Luk 14:11 ... As ek aftsand doen van die troon, sal die Koning, die ewige Koning my verhoog. Ek en jy sal nooit self kan kom waar die Koning ons wil plaas nie. Daar is egter net een manier om daar te kom. Staan op van die troon af en gaan sit jouself op die altaar. #Op die troon of op die altaar? Waar bevind jy vanoggend jouself? Toe die Here my met hierdie waarheid gekonfronteer het, het ek besef daar is nog baie areas van my lewe waar ek self koning is. Ek het nog nie gebuig voor die wil, plan, tydsberekening en metodiek van die Koning nie. Ek het ook besef dat ek dink ek kan op die troon en op die altaar wees. Ek kan nie. dit is óf die een óf die ander. Het jy al van gedagte verander (bekeer). Het jy al toegelaat dat God jou wys hoe Hy jou sien. Omdat jy die korrekte prentjie gesien het, het jy van gedagte verander. Hierdie verandering van gedagte SAL tot verandering van lewe lei. Sou jou en my lewe nog nie verander het en daagliks besig is om te verander nie, het bekering nog nie plaasgevind nie. #Rom 12:2 .....