2. 2
Göbekli Tepe
as Rituele Sentrum van Nostraties
Die Nostratiese Spraakgemeenskap in die lig van Çatalhöyük, Nevalı Çori,
Karahan Tepe en Sefer Tepe
Met aantekeninge oor Taalverwantskap,Taalfamilies, Proto-Nostraties, Altaïes,
Eurasiaties, Oeralies, Semities, Kartveelsen Indo-Europees in die Transkaukasus,
rondom Aragats en Ararat te midde vanSevan, Urmia en Van, plus Mitanni, Urartu,
en die riviere Araks, Kuma en Kura.
Pieter Uys
3. 3
Inhoudsopgawe
Göbekli Tepe 3
Taalfamilies 12
Ortografie 13
Die Nostratiese Oertaal 14
Gedig van Illich-Svitych 16
Eurasiaties 17
Simboliek 31
Aard van Nostraties 34
Rekonstruksie 34
Grafies-Analitiese Metode 37
Bibliografie 41
Internetbronne 43
Indeks 44
4. 4
Göbekli Tepe (Naeltjie van die Wêreld), is die Turkse naam van die heuwel waar daar in 1994 ‘n
oerstruktuur uit die Neolitiese tydperk ontdek is. Dis 12 km noordoos van die stad Şanlıurfa
(voorheen Urfa en/of Edessa) op die Urfa-plato van die Germuş bergreeks geleë en beslaan ongeveer
10 hektaar. Twaalfduisend jaar gelede was dit ‘n waterryke streek van grasvelde, amandel-, eike- en
pistachioneutbome. Die wilde einkorn, koring en gars van die streek het wilde skaap-, bok- en
perdsoorte hier laat gedy.
Şanlıurfa is sowat 80 km oos van die Eufraatrivier geleë. Volgens Moslem- en Joodse tradisies,
waaronder die skrywes van Flavius Josephus en Maimonides, was dié noordelike Ur die eintlike Ur
Kasdīm van Vader Abraham. Die gebied het destyds as Aram Naharaim beskend gestaan – Aram van
die Twee Riviere. Die ruïnes van die stad Harran wat ook ‘n verbintenis met Abraham het, lê sowat
44 km suid-oos van Şanlıurfa. Die vroegste rekords van Haran verskyn in die Ebla-tablette, c. 2300
VHE. Die name van Abraham se oupa Naḥor en sy oupagrootjie Serug is die name van stede in die
geweste van Urfa: Naḫur is bekend uit Akkadiese bronne, en Serug, wat steeds bestaan as Suruç, 46
km suidwes van Urfa.
5. 5
Haran (ḥārān; Χαῥῤάν) is waar Terah gaan woon het nadat hy uit Ur van die Chaldeërs getrek het
(Genesis 11:31) en vanwaar Abraham vertrek het op pad na Kanaӓn. (Genesis 12:1 ). Dit was
moontlik "die stad van Nahor" waarheen Abraham se dienaar gegaan het om ‘n vrou vir Isak te kry
(Genesis 24:10). Hierheen het Jakob gekom toe hy van Esau weggevlug het (Genesis 27:43 ).
Haran verskyn die eerste keer in Oud-Babiloniese bronne as ‘n belangrike kruispad in ‘n brief gerig
aan Yasmah-Addu, ‘n Assiriese amptenaar in die stad Mari (c. 1790 VHE). ‘n Ander brief vermeld
Haran as ‘n gebied van die semi-nomadiese “Benjamiete.” Dit waarsku die koning van Mari teen ‘n
alliansie tussen Asdi-Takim, heerser van Haran en die konings van Zalmaqum, sowel as die leiers
van die Benjamiete.
By die dood van Shamshi-Adad I van Assirië (c. 1815–1782 VHE) het die Ou Assiriese ryk
opgebreek, wat Haran onafhanklikheid gegee het. Dit was in daardie tyd dat die mense van Terah
hulle daar gevestig het (Gen. 11:25). Die naam van Terah, pa van Abraham, word met die stad
Turahi op die Balikhrivier suid van Haran in verband gebring.
Rondom 1,500 VHE het die Koninkryk van Mitanni sy hoogtepunt bereik, en Haran was die meeste
van die tyd deel van Mitanni, die koninkryk met ‘n Horitiese bevolking en ‘n Indo-Europese
heersersklas wat goeie betrekkinge met Egipte gehandhaaf het.
6. 6
Meer as 200 gesnede klippilare kenmerk Göbekli Tepe. Die area bevat omtrent 20 ronde vloere wat
uit die rotsbodem gekap is. Elke vloer het twee reuse kalksteenpilare in die middel omring deur ‘n
sirkel van kleiner T-vormige pilare – die gemiddelde deursnee is sowat 10 meter. Die pilare is tot 6
m (20 voet) hoog en weeg tot 10 ton. Volgens koolstoftoetse is die boonste lae van die terrein
sowat 9 000 jaar oud hoewel heelwat argeoloë meen dat die terrein tot 12 000 jaar oud kan wees.
Indien wel, stem dit ooreen met die finale einde van die laaste ystydperk. Negeduisend jaar oud is
‘n millennium ouer as Jerigo wat voorheen as die oudste stad beskou is.
Göbekli Tepe was in gebruik in die vroegste fase van die Neolitiese periode, wat van 9,600 tot
7,000 VHE dateer word. In hierdie tyd het die eerste nedersettings in Wes-Asië ontstaan – dorpies
met hutte van klip of kleistene en gemeenskaplike geboue. Die terrein is dus twee keer ouer as die
Egiptiese en Sumeriese beskawings, ‘n feit wat alles wat ons geweet het oor die voorgeskiedenis,
omverwerp. Volgens die konvensionele geskiedenis was die mens toe nog ‘n jagter-versamelaar
wat nie in staat was om sulke klippilare te kerf, op te rig en versier nie.
Die ou stadsentrum van Urfa is op ‘n neolitiese terrein gebou. Ander terreine op die Haranplein
sluit in Karahan Tepe, Ayanlar Höyük, Şanlıurfa-Yeni Mahalle, Sefer Tepe, Hamzan Tepe,
Harbetsuvan Tepesi, Kurt Tepesi en Taşlı Tepe. Verder is daar klein satellietterreine rondom die
hoof-sentra Karahan Tepe, Sefer Tepe en Ayanlar Höyük. Die meeste van die voorvermelde het
dieselfde T-vormige pilare, ommuurde sirkels en relief-afbeeldings.
7. 7
Bekende feite is dat die gebied die oorsprong van ‘n belangrike koringspesie is en dat bokke heel
eerste hier makgemaak is. Geen teken van wonings, pottebakkery, metaal-implemente, landbou of
veeteelt is in die onmiddelike omgewing gevind nie, wat natuurlik die raaisel verdiep. Hoe kon
jagter-versamelaars so ‘n reuse monument bou?
Boonop wil dit voorkom asof die hele terrein teen sowat 8 000VHE opsetlik begrawe is, maar dat
die grootste sirkels reeds in die vroeë 9de millennium met grond bedek is. Die vreemdste van alles
is dat die strukture in die oudste, onderste lae meer gesofistikeerd as in die boonste, jonger lae is.
Die simboliek is ook enigmaties; die pilaargravures bestaan hoofsaaklik uit abstrakte simbole en
roofdiere sowel as giftige insekte. Geen ooreenkoms bestaan met die ouer en pragtige paleolitiese
rotstekeninge van bv. aurochs, bisons, wollerige renoster of mammoete wat in Europese grotte
soos Altamira of Lascaux voorkom nie.
Göbekli Tepe moes ‘n plek van pelgrimstog gewees het, ‘n katedraal aan die hart van ‘n oer-oue
godsdiens. ‘n Klippilaar van 1.92 m wat soos ‘n totempaal lyk, is in 2010 gevind. Drie figure verskyn
daarop, ‘n beer, ‘n mens en ‘n derde wat weens skade nie uitgeken kan word nie. Fragmente van ‘n
soortgelyke paal is voorheen op die nabygeleë terrein van Nevalı Çori gevind. Pilaar nommer 43,
die Aasvoëlsteen, bevat ietwat ontstellende afbeeldings van ‘n aasvoël wat ‘n bal in sy uitgestrekte
vlerk hou, sowel as van ‘n skerpioen en ‘n koplose man.
8. 8
Şanlıurfa op die Karakoyunrivier is die hoofstad van Şanlıurfaprovinsie. Oos van die stad lê die
Harranplein, en aan die noorde is die 15 km lange Germişbergreeks wat oos-wes strek en die
noordelike grens van die Harranplein vorm. In die suidweste van die stad is Balıklıgöl (Die Poel van
Abraham), en die Aynzelihameer.
Die terrein van Karahan Tepe in die Tektekberge tussen die Tigris- and Eufraatrivier is sowat 36 km
noordoos van die ou stad Harran, 37 km oos-suidoos van Göbekli Tepe en 46 km oos-suidoos van
Şanlıurfa. Dit dek ‘n gebied van ongeveer 13.23 hektaar (33 acres).
9. 9
Boncuklu Tarla in die Dargeçit distrik van Mardinprovinsie, 300 km oos van Göbekli Tepe, is ‘n
terrein van huise en tempels wat as een duisend jaar ouer as Göbekli Tepe beskou word.
10. 10
Die Neolitiese en Chalcolitiese nedersetting Çatalhöyük lê 562 km wes van Şanlıurfa naby die
Turkse stad Konya. By Çatalhöyük, wat van ongeveer 7100 VHE tot 5700 VHE in gebruik was, was
daar reeds ‘n landbou- en veeteeltbedryf; die mense het skape aangehou, koring en ertjies verbou
en amandels en pistachioneute by bome in die omgewing geoes. Jag was egter steeds ‘n
belangrike bron van voedsel vir die gemeenskap. Çatalhöyük het tot sowat 9,000 inwoners gehad
in sy bloeitydperk en dit val op dat kuns ‘n sentrale rol in die lewe van die stad gespeel het, in die
vorm van muurskilderye en beelde.
11. 11
Taalfamilies
Wat beteken taalverwantskap of taalfamilie? Tale is verwant wanneer hulle ‘n gemeenskaplike
oorsprong het, byvoorbeeld Engels, Duits, Afrikaans, Deens, Nederlands en Yslands. In die eerste
plek moet verwante tale oor ‘n beduidende aantal verwante stam(woorde) beskik.
Die stamwoorde van een taal word met die stamwoorde van ‘n ander taal vergelyk vir
klankkorrespondensie en betekenis. So kan mens sien dat die Afrikaanse /d/ met die Engelse /d/
en die Duitse /t/ korrespondeer: Afr /deur/, Eng /door/, Duits / Tür/ ~ Afr /diep/, Eng /deep/, Duits
/tief/ ~ Afr /doen/, Eng /do/, Duits /tun/.
Proto-Germaans, wat van die 5de eeu voor tot die 5de eeu van, die huidige era in drie takke
ontwikkel het (Wes-, Oos- en Noord-Germaans) is die prototaal van Afrikaans, Deens, Duits,
Engels, Faroëes, Nederlands-Vlaams, Noorweegs, Sweeds en Yslands. ‘n Gesproke vorm van laat-
Latyn, Proto-Romaans, is die prototaal van Frans, Galisies, Italiaans, Katalaans, Portugees en
Roemeens.
Klankkorrespondensies tussen verwante tale ontstaan weens klankreëls en elke taal het sy eie
klankreëls in elke fase van sy geskiedenis. Tale moet dus op die korrekte manier vergelyk word, nie
net volgens klanke nie maar ook ooreenkomstig historiese fonetiese verandering.
Fonetiese korrespondensie in woordstamme is nie voldoende om verwantskap te bewys nie. Daar
moet bewys word dat stamme nie aan lenings tussen tale toegeskryf kan word nie. Taalkundiges
weet watter tipe woorde gewoonlik geleen word, en watter nie. Materiële en spirituele
kultuurwoorde, soos vir kledingstukke, modes en toestelle word maklik geleen. Wat gewoonlik
nooit geleen word nie, is die persoonlike voornaamwoorde soos /ek/, /jy/, /hy/, woorde vir
liggaamsdele soos /oor/, /tand/, /hand/, vir natuurverskynsels soos /water/, /wind/ en werkwoorde
soos /eet/ en /gaan/. Waar hierdie woorde korrespondensie toon, is die tale verwant.
12. 12
‘n Swadeshlys is ‘n klassieke versameling van basiese konsepte vir die doeleindes van historiese-
komparatiewe analise. Vertalings van die Swadeshlys in ‘n stel tale stel navorsers in staat om die
onderlinge verwantskappe van daardie tale te kwantifiseer. Die lys, wat na die taalkundige Morris
Swadesh vernoem is, word in leksikostatistiek en glottochronologie gebruik. Swadeshlyste
verteenwoordig die mees stabiele woorde in ‘n taal, wat die minste kans staan om vervang te
word. Soortgelyke lyste is deur Dolgopolsky, Lionel Bender, Winfred P. Lehmann, Don Ringe,
Sergei Starostin en B. Kessler opgestel.
Die Swadesh–Yakhontov-lys is ’n lys van 35 woorde binne die Swadeshlys wat as besonder stabiel
beskou word:
ek
jy
hierdie
wie
wat
een
twee
vis
hond
luis
bloed
been
eier
horing
begin
oor
oog
neus
tand
tong
hand
weet
sterf
gee
son
maan
water
sout
klip
wind
vuur
jaar
vol
nuut
naam
Deur tale te vergelyk om fonetiese korrespondensie onder hulle te identifiseer – met inagneming
van fonetiese reëls wat die stamme verander – kan linguïste die eienskappe van die taal van
oorsprong rekonstrueer: sy foneme, sinskonstruksie, lettergreepstruktuur, klem, ensovoorts.
By verlangse verwantskap waar min stamwoorde gedeel word, kan bewys van verwantskap in
grammatiese elemente soos voor- en agtervoegsels gevind word, en op grond van alleenlik
naamvalsuffikse, voornaamwoorde en werkwoord-morfologie bewys word.
Vandat die Indo-Europese tale se moedertaal gerekonstrueer is as Proto-Indo-Europees, word die
proses makliker want nou kan PIE met ander prototale soos Proto-Semities en Proto-Oeralies
vergelyk word. Hoe ouer die tale, hoe nader is hulle aan mekaar.
Fonetiese korrespondensies is al in honderde stamme onder tientalle tale identifiseer wat op die
Nostratiese verwantskap dui. Die Nostratiese stam vir /twee/ word as *toɁa gerekonstrueer.
Volgens die formule van verandering tussen Nostraties en PIE gee dit *dwehw vir Vroeë PIE en
*dwō vir Laat PIE. Van PIE *dwō na Latyn /duo/, Klassieke Grieks /düо/, Sanskrit /dva/, Proto-
Germaans *twō.
13. 13
Sleutel tot Ortografie
In hierdie dokument word die omvattende Megafamilies met ‘n diepte van duisende
jare in vetdruk met onderstreping aangedui:
Amerind, Nostraties en Dené-Sino-Kaukasies.
Die name van die Makrofamilies verskyn in vetdruk, bv die lede van Nostraties:
Afro-Asiaties, Eurasiaties, Kartveels, en Elamo-Drawidies.
Die komponente van die bovermelde Makrofamilies verskyn in kursief, bv:
Berber, Egipties, Kusities, Omoties, Semities & Tsjadies; Altaïes, Chukchi-Kamchatkan,
Proto-Indo-Europees, Oeralies-Joekaghier, Nivkh (Gilyak) & Inuit-Yupik-Inangan;
Georgies, Laz, Megrelies & Svan; Elamities & Proto-Drawidies.
Die lede van die bovermelde komponente word onderstreep,
byvoorbeeld die dogterfamilies van Altaïes en Proto-Indo-Europees:
Proto-Turks, Proto-Mongools & Proto-Mantsjoe-Toengoes;
Proto-Germaans, Proto-Anatolies, Proto-Indo-Iraans, Proto-Armeens, Proto-Italies,
Proto-Kelties, Proto-Balto-Slawies, Proto-Togaries, ensovoorts.
14. 14
Die Nostratiese Oertaal
Die Nostratiese Hipotese is reeds in 1903 deur die Deense linguïs Holger Pedersen
geopper. Die term “Nostraties” is afgelei uit Latyn nostrates “ons s’n”, en Pedersen
het dit gebruik in verband met die ooreenkomste wat hy tussen Indo-Europese,
Turkse en Fins-Oegriese tale waargeneem het.
Daar is ‘n verbintenis tussen die ouderdom van Göbekli Tepe en die bevindinge van
die historiese linguïstiek, veral waar dit die prototaal Nostraties aangaan. In sy werk
Indo-European and the Nostratic Hypothesis bespreek Allan R Bomhard die
moontlike tuisland van die sprekers van Nostraties.
Hy evalueer onder andere die verskillende teorieë oor die tuislande van Afro-
Asiaties, Elamo-Drawidies, Kartvelies, Altaïes, Proto-Indo-Europees, Oeralies-
Joekaghier. Daarna kyk hy na die teorieë van Aaron Dolgopolsky, John Kerns en
Henrik Birnbaum oor die struktuur en datering van Nostraties.
15. 15
Nostraties is gerekonstrueer deur die vergelyking van woorde uit ‘n groot getal tale
wat uit al die dogtertaalfamilies kom. Die rekonstruksies van Allan Bomhard en
Aharon Dolgopolsky en die gedeeltelike rekonstruksie van Vladislav Illič-Svityč is nie
presies dieselfde nie, maar naby genoeg.
Ongeveer 15 000 jaar gelede – 13 000VHE – het die yslae begin krimp, die klimaat
warmer geword en seevlakke dramaties gestyg. Gebiede wat voorheen
onbewoonbaar was, het toeganklik geword vir menslike habitasie. Bevolkingsgetalle
het toegeneem en mense het in alle rigtings versprei. Permanente dorpe het ontstaan
en daar is geleidelik van jag en versamel na landbou en veeteelt oorgeskakel. Die
disintegrasie van die Nostratiese moedertaal het met dié ontwikkelinge gepaard
gegaan soos mense al verder weg van die tuisland af beweeg het.
16. 16
‘n Gedig in gekonstrueerde Proto-Nostraties
geskryf deur die groot Nostratikus
Vladislav Markovich Illich-Svitych:
Language is a ford through the river of time
It leads us to the dwelling of those gone ahead
But he does not arrive there
Who is afraid of deep water
Illich-Svitych's spelling:
K̥elHä wet̥ei ʕaK̥un kähla
k̥aλai palhʌ-k̥ʌ na wetä
śa da ʔa-k̥ʌ ʔeja ʔälä
ja-k̥o pele t̥uba wete
International Phonetic Alphabet
/KʼelHæ wetʼei ʕaKʼun kæhla/
/kʼat͡ɬai palhVkʼV na wetæ/
/ɕa da ʔakʼV ʔeja ʔælæ/
/jakʼo pele tʼuba wete/
Tongue time-of water-of path/ford
gone-of dwelling-to us lead(s)
he but there-to come(s) no(t)
which-who fear(s) deep water
17. 17
Allan Bomhard stem saam met John C Kerns dat die Mesolitiese kultuur sy oorsprong
in die vrugbare sekelmaan in die Midde-Ooste net suid van die Kaukasus moes gehad
het, en dateer die taal op tussen 15 000 en 12 000 VHE, met ander woorde 17 000 tot
14 000 jaar gelede. Dié groter tuislandgebied sluit Suid- en Oos-Anatolië, Noord-Sirië,
Noord-Irak en die Transkaukasus in.
Volgens Allan Bomhard is die taalfamilies wat van Nostraties afstam: Eurasiaties
(Indo-Europees, Oeralies-Joekaghier, Altaïes, Chukchi-Kamchatkan, Nivkh (Gilyak),
Inuit-Yupik-Inangan), Kartveels (tale van Georgië), Afro-Asiaties en Elamo-
Drawidies (Elamities het uitgesterf en Drawidies sluit Tamil en Telugu in), en die taal
Etruskies.
Volgens Bomhard en Greenberg, sluit Nostraties die volgende families in: Afro-
Asiaties, Eurasiaties, Kartveels en Elamo-Drawidies. Afro-Asiaties is ‘n besonder ou
en onafhanklike groep, en die eerste om van die Nostratiese spraakgemeenskap weg
te breek. ‘n Oorsig van die woordeskat, voornaamwoorde en morfologiese stelsels van
die Eurasiatiese tale blyk dat hulle hegter aan mekaar verwant is as wat enigeen van
hulle aan Afro-Asiaties, Kartveels en ElamoDrawidies verwant is.
In die voornaamwoordstelsel vind Kartveels aansluiting by Eurasiaties, maar sy gebruik
van voorvoegsels plaas hom nader aan Afro-Asiaties. Elamo-Drawidies se
naamwoordverbuiging en werkwoordvervoeging stem ook baie met dié van
Eurasiaties ooreen.
18. 18
Die Eurasiatiese familie word gekenmerk deur ‘n soortgelyke eerste- en
tweedepersoon-voornaamwoordstelsel. Die eerste is op M gebaseer, en die tweede
op T. Byvoorbeeld Engels /me/ en /thee/, Spaans /me/ en /te/, Fins /minӓ/ en /te/.
Een van die stamme wat regdeur Eurasiaties bestaan, is woorde vir “roep”, “praat” of
“tong”: Proto-Indo-Europees *gal /roep/, Proto-Oeralies *keele /tong/," Proto-Altaïes
*kh
ӓӓlӓ /tong, praat/, Kamchadal kel /gil/ Proto-Eskimo *kələɣ /vertel/.
19. 19
Die feit dat Göbekli Tepe in sowat 8,000 VHE verlaat en met grond en gruis bedek is,
moet ‘n rol speel in die gevolglike verspreiding van die dogtertale. Lank voor daardie
datum het ‘n deel van die Afro-Asiatiese dialekgroep (later Semities, Berber, Kusities,
Tsjadies en Omoties) weggebreek.
Die Semitiese tale soos Akkadies en Eblaïeties het in die vrugbare sekelmaan
ontwikkel, Arabies in die Arabiese Skiereiland, terwyl die taal Ge’ez in Ethiopië vorm
aangeneem het. Ou Suid-Arabies word steeds in suidelike dele van die Skiereiland en
op die eiland Sokotra gepraat. Berber en Egipties het Afrika waarskynlik deur die Sinaï
Skiereiland betree, terwyl Kusities, Omoties en Tsjadies waarskynlik oor die Bab el-
Mandeb-straat die Horing van Afrika binnegegaan het.
Tsjadies sluit 150 tale van Nigerië, Niger, Tsjaad, Sentraal Afrikaanse Republiek en
Kameroen in, waarvan Hausa die grootste is. Die vier groepe Omotiese tale (Ta-Ne,
Dizoid, Mao en Aroid) word in suidwestelike Ethiopië gepraat. Die grootste Kusitiese
tale is Oromo, Somali, Beja, Afar, Saho en Sidamo, en tale van die familie word in
Djibouti, Eritrea, Ethiopië, Somalia, Somaliland, Kenya en Tanzanië gepraat.
20. 20
Volgens ‘n Bayesiese filogenetiese berekening, het Proto-Semities rondom 6,000 jaar
gelede in Sirië ontstaan, terwyl Ethio-semities rondom 3000 jaar gelede in ‘n enkele
migrasie uit die Arabiese Skiereiland oor die Rooi See sy beslag gekry het.
Eurasiaties (Proto-Indo-Europees, Inuit-Yupik-Inangan, Chukotko-Kamchatkan,
Oeralies–Joekaghier, Altaïes (Turks, Mongolies, Toengoesies, Koreaans en Japanees)
en Nivkh (Gilyak)) het Sentraal-Asië teen ongeveer 9,000 VHE bereik. Dié datum loop
die einde van Göbekli Tepe met sowat een millennium vooruit. Inuit-Yupik-Inangan
het eindelik oor die noorde van Noord-Amerika versprei en Groenland gehaal.
21. 21
Oeralies het na die weste (Fins, Estnies) en noorde uitgebrei (Oedmoert, Komi,
Mordvin, Mari), terwyl Hongaars, Khanty en Mansi die sentrale gebiede bewoon het,
en Hongaars in historiese tye van die Volga-kom na Europa verskuif het. Die familie
bestaan uit 38 tale wat deur sowat 26 miljoen mense gepraat word en as volg
onderverdeel word:
Samoyed
Oegries: Hongaars (Magjar), Ob-Oegries: Khanty en Mansi
Finno-Permies: Udmurt, Komi
Finno-Volga: Mari, Mordvin (Erzya en Moksha)
Finno-Saami: Fins, Estnies, Karelies, Livonies, Saami (Lapp).
22. 22
Altaïes bestaan uit sowat 70 tale wat van oostelike Europa tot by die Arktiese see en
die Stille Oseaan gepraat word. Dit sluit in:
Japanees
Koreaans
Mongools
Turks
Toengoes
Strukturele ooreenkomste tusen Altaïes en Oeralies is die uitsluitlike gebruik van suffikse,
die afwesigheid van geslags-aanduiding en vokaalharmonie. Vokaalharmonie beteken dat
die klinker/s in die suffiks/e aan dieselfde klas behoort as die klinkers in die woordstam.
Dus beskik alle suffikse oor twee vorme. Dikwels is daar ook neutrale klinkers wat in beide
gevalle gebruik kan word.
23. 23
Proto-Indo-Europees en Etruskies het nie die Eurasiatiese trek na die noorde meegemaak nie.
Dis nie duidelik waar Etruskies vertoef het in die jare voordat die taal sy verskyning rondom
die 7de eeu VHE in Italië gemaak het nie. Proto-Indo-Europees het as eenheid op die
Armeense Hoogland vertoef, totdat Proto-Anatolies rondom 3,500 VHE die geskiedenis
betree het in die vorm van Hetieties (Nesili), Lidies, Luwies, Karies en Palaïes. Daarna het die
Proto-Togariese groep na die Ooste vertrek en hulle in die Tarim-kom van Xinjiang gevestig.
Bomhard se deeglike analise los ‘n geheim op – die feit dat Proto-Indo-Europees in
fonologie en woordeskat met Afro-Asiaties (veral Semities) ooreenstem, maar met
die tale van die koue noorde (Oeralies-Joekaghir tot Inuit-Yupik-Inangan) in sintaks
en morfologie. Dis presies wat ‘n mens sou verwag indien die sprekers van Proto-
Indo-Europees op die Armeense Hoogland gebly het, terwyl Afro-Asiaties begin
verbrokkel het maar die sprekers van die Semitiese subgroep in noordelike
Mesopotamië agtergebly het.
24. 24
Dit verklaar die gedeelde woordeskat onder Proto-Semities, PIE en Proto-Karvelies ,
bv die woorde vir wyn, landerye, gewasse, skape, beeste en bokke. Die gedeelde
woorde vir “ster” en “sewe” dui moontlik op ‘n eenvormige ideologie of religie.
Intussen het die noordelike Eurasiatiese groep in ‘n radikaal anderse omgewing
ontwikkel, waar jag en versamel die leefwyse was. Eurasiaties se gedeelde
woordeskat met Indo-Europees dateer terug na ‘n pre-landbou-veeteelt periode.
ქართველური ენები
Die sprekers van Proto-Kartveels het nie ver gereis nie, en hulle in die
teenswoordige Georgië gevestig (Georgies, Megrelies, Svan en Laz). Hierdie groep
was vir ‘n lang tydperk in kontak met Proto-Semities en Proto-Indo-Europees, wat
waarneembaar is in die fonologie en die leenwoorde tussen die drie families.
25. 25
Die datum vir die ontstaan van Elamo-Drawidies word op 7,000 tot 8,000 VHE
geskat. Die Elamiete het ‘n magtige koninkryk in suid-oos Iran gevorm, met stede
soos Ahwaz en Susa, en ‘n belangrike rol in Mesopotamië gespeel (Bybelse
verwysing in Genesis 14). Elamities is tot sowat 300 VHE gepraat. Die Drawidiese
groep het hulle eindelik in die Indiese subkontinent gevestig (vandag is Brahui in
Pakistan te vinde, en Tamil, Telugu, Kannada en ander in die suidelike dele van die
Indiese subkontinent).
Heelwat later is die Elamo-Drawidiese roete na die ooste deur ‘n Indo-Europese
groep, die Indo-Iraanse familie, gevolg, wat ook na Sentraal-Asië en Afghanistan
uitgebrei het. Iraanse tale het voorheen wyd verspreid vanaf die Oekraïene tot by die
grense van China voorgekom, maar is in historiese tye deur Turkse tale verdring,
behalwe in Afghanistan en Tajikistan.
26. 26
Die Persiese taal het Elamities in Iran teen nagenoeg 300 VHE vervang. Koerdies van
suid-oostelike Turkye, noordelike Irak en die noord-westelike dele van Iran is ook ‘n
Iraanse taal, sowel as die Ossetiese tale Iron en Digoron waarvan die sprekers in
historiese tye ‘n plek in die noordelike Kaukasus beklee het voor en tydens die
bestaan van die Alaniese Ryk (9de tot 12de eeu nC).
Die vroegste verskyning van die Indo-Ariese groep was in die Koninkryk van Mitanni
(Hanigalbat) van c 1600 tot 1260 VHE, waar Indo-Ariese name en perderuiter-
tegnologie aan die lig gekom het. Dit veronderstel dat ‘n Indo-Ariese elite oor die
Horitiese bevolking van Mitanni geheers het. In ‘n verdrag tussen die Konings
Suppiluliumas van Hatti (Hetiete) en Shattiwaza van Mitanni, (c. 1380 VHE), word na
die Hindoe-gode Mitra, Varuna, Indra, en die Nasatyas verwys.
27. 27
Vediese Sanskrit is die taal van die Rig-Veda wat van die tweede millennium VHE af deur
mondelinge oordrag bewaar is. Vediese Sanskrit het in Klassieke Sanskrit ontwikkel, en ‘n enorme
literatuur opgelewer waaronder Hindoe, Boedhhistiese en Jain-geskrifte.
Pāṇini (Devanagari: पाणिनि ) was 'n Sanskrit filoloog en grammatikus in Indië tussen die 6de en 4de
eeu VHE. Sedert die ontdekking en publikasie van sy werk deur Europese geleerdes in die 19de
eeu, word Pāṇini as die ‘eerste beskrywende linguïs’ en die’ vader van linguïstiek’ beskou.
Pāṇini se beroemde Aṣṭādhyāyī is 'n verhandeling oor Sanskrit grammatika wat uit 3,959 verse of
reels oor taalkunde, sintaks en semantiek bestaan. Sy aforistiese teks het tot verskeie kommentare
gelei waarvan Patanjali se Mahābhāṣya die beroemdste is. Die dogtertale soos Bengali, Assamees,
Kashmiri, Rajasthani, Sindhi, Panjabi, Gujarati, Marathi, Oerdoe, Sinhalees en Odia het honderde
miljoene sprekers in Indië, Pakistan, Sri Lanka en Bangla-Desh.
Die Altaïese makrofamilie (Mongools, Turks, Toengoes, Koreaans, Japanees, Ainoe) moes ook op ‘n
vroeë stadium na Oos-Asië en die Verre-Ooste beweeg het, maar die Mongoliese en Turkse
families het eers laat in historiese tye hulle verskyning gemaak, toe die Turkse tale die Iraanse tale
in die teenswoordige Azerbaijan, Kazakhstan, Turkmenistan en Uzbekistan verplaas het.
Die meerderheid van die Oeraliese sprekers van Oeralies-Joekaghier het hulle wes van die
Oeralgebergte gevestig: Saami (Lapp), Fins, Estnies, Livonies, Komi, Mordvin, Mari, Udmurt, Magyar
(Hongaars) terwyl Samoyed aan beide kante van die Oerals gepraat word, en Joekaghir in die verre
noordooste van Siberië.
28. 28
Nostraties was natuurlik nie die enigste oertaal wat in die Groter Kaukasus en
Midde-Ooste gepraat is ten tye van die oorgang van ‘n jagter-versamelaar- na ‘n
landbou- en veeteelt-ekonomie nie; daar was ook die sprekers van Dené-Sino-
Kaukasiese tale wat deel van die Neolitiese Revolusie uitgemaak het deur die
verspreiding van landbou en veeteelt.
Dié taalfamilie het voor enige van die Nostratiese afstammelinge oor Europa
versprei en is eers duisende jare later deur Indo-Europese en Oeraliese tale verdring
sodat nog net Baskies in Wes-Europa oorbly. Die Noordwes- en Noordoos-
Kaukasiërs bewoon al vir millennia die Kaukasiese gebergtes, in die verre noorde van
Pakistan woon die sprekers van Burushaski, en al wat oorbly van die Jenisei-tale is
Ket (Imbak) met sowat 100 sprekers in Siberië.
29. 29
Vandag word die oorgrote meerderheid van die afstammelinge van Dené-Sino-Kaukasies
in Tibet, China, Burma en Bhoetan aangetref, terwyl kleiner groepe in Alaska en dele van
Kanada (Athabascan) en die VSA (Navajo) woon. Die Dené-Sino-Kaukasiese tale was die
tweede groep wat die Amerikas betree het. Eerste was Amerind en duisende jare later het
die derde groep, die Nostratiese Inuit-Yupik-Inangan gevolg.
Die Amerindiese moedertaal wat van Tierra del Fuego aan die suidpunt van Suid-Amerika
tot in Kanada strek, toon opmerklike raakpunte met Greenberg se bovermelde Nostratiese
subgroep Eurasiaties (Indo-Europees + Uralies-Joekaghier, Altaïes, Inuit-Yupik-Inangan
ens). Dit beteken dat Amerindies heel waarskynlik ‘n sustertaal van Nostraties is.
30. 30
Volgens Andrew Kitchen se filogenetiese analise was daar ‘n ekspansie uit Siberië oor die
Beringstraat en regdeur die Amerikas sowat 16,000 jaar gelede, van ‘n stigtersbevolking wat uit
sowat 5,000 individue bestaan het. In die Altai-gebied van Sentraal-Siberië is daar in 2010/11 ‘n
genetiese spoor ontdek van die Amerindiese trek vanaf die Midde-Ooste na Beringia.
Volgens die linguïs Vaclav Blažek is die waarskynlikste scenario vir die verbrokkeling van Proto-
Afro-Asiaties as volg: die Kusitiese en Omotiese groepe het rondom 12,000 jaar gelede (10,000
VHE) na die Arabiese Skiereiland migreer; Berber, Egipties en Tsjadies het ‘n duisend jaar later
weggebreek, na die Nyldelta en -vallei getrek waar Egipties gevestig is, terwyl Tsjadies en Berber
hulle reis na die weste voortgesit het.
Die “Natufian” argeologiese kultuur in die Levant dateer uit die tydperk 12,500 tot 9,500 jaar
gelede. Die bevolking het ‘n semi-sedentêre leefstyl gevolg selfs nog voor die begin van landbou.
Hulle het van wilde graan, neute en vrugte geleef en wildsbokke gejag in ‘n omgewing wat natter
en groener was as vandag. Die linguïs Vitaly Shevoroshkin glo dat die bevolking ‘n Afro-Asiatiese
taal gepraat het, en Colin Renfrew glo dat die Natufiërs moontlik die sprekers van Proto-Afro-
Asiaties was.
31. 31
Simboliek
Terug na Göbekli Tepe. Nóg ‘n misterie is die stilswye van die mitologie, tensy niemand nog die
narratief herken het nie. Vergelykende mitologie het ‘n aantal gedeelde elemente in die mites van
mense op al die kontinente aan die lig gebring. Herhalende temas en storielyne kenmerk mites oor
die ontstaan van die heelal, die skepping van die mens uit klei, die aanvanklike paradys op aarde,
kommunikasie tussen mens en dier, en ‘n kataklismiese wêreldvloed.
Sedert 1996 is baie boeke geskryf wat vertolkings van Göbekli Tepe aanbied. Konsensus bestaan
dat dit ‘n heilige plek of tempel was, en ander beweer dat dit ook ‘n sterrewag was waar die
hemele bestudeer is. Die klippe is versier met afbeeldings van totemdiere soos leeus, luiperds,
bokke, arende, aasvoëls, akkedisse, skerpioene, spinnekoppe en slange. Dis moontlik dat die leeu,
skerpioen en bul na die konstellasies Leo, Scorpio en Taurus verwys.
32. 32
Pilare 2, 33 en 43 bevat heelwat dierebeelde, wat astronomiese betekenis mag inhou, soos die
aasvoël/arend wat ‘n voorloper van die latere Egiptiese Horus (valk) kan wees. Die wolf / hond mag
met Anubis, die latere Egiptiese god van die onderwêreld ooreenstem. Die jakkalssimbool kan dalk
‘n voorloper van die Egiptiese Set wees, en die slange moontlike voorlopers van Egipte se Uraeus-
simbool op die kroon van die Farao.
Omdat Göbekli Tepe ‘n spirituele terrein was, moes daar rituele plaasgevind het wat met die dood
en hiernamaals verband hou. Die prominensie van die aasvoël veronderstel ‘n assosiasie met die
dood. Een van die teorieë is dat lyke daarheen gebring is vir die aasvoëls om te verorber, en dat
die geraamtes dan op ander plekke begrawe is.
Pilaar 18 bevat prominente son- en maansimbole. Die diamantvormige, en die C-, H- en I-simbole
van Göbekli Tepe het abstrakte betekenis, en kom ook by sommige ander oerstrukture voor. Daar
word vermoed dat die H-simbool na ‘n ster of na ‘n poort of hek verwys.
33. 33
Aanhangsel A
Die Aard van Proto-Nostraties
Nostraties het oor ‘n uitgebreide reeks sluit- en skuurklanke beskik in stemlose, stemdraende en
geglottaliseerde vorme, drie reekse affrikate en sibilante, sowel as laterale obstruente, laringeale,
faringeale, en uvulare medeklinkers.
Die klinkers was *a, *e, *i, *o, en *u. Enige klinker kon in die eerste lettergreep van ’n woord
verskyn, maar slegs *a, *i, en *u het in nie-inisiële lettergrepe voorgekom. Woorde het met een
medeklinker begin; klinker-inisiële woorde was onbekend. Die twee basiese stamformasies was:
Medeklinker + Klinker = CV en Medeklinker + Klinker + Medeklinker = CVC.
Volgens linguïstiese tipologie was Proto-Nostraties ‘n analitiese taal met ‘n morfeem tot woord-
verhouding van 1:1. Met ander woorde, ‘n taal soos Afrikaans of Engels waarin vervoeging en
verbuiging nie ‘n groot rol speel nie.
Die funksie van naamwoord-verbuigings is deur agtervoegsels vervul, wat naamvalle soos
akkusatief, genitief, instrumentaal, latief, ablatief en essief aangedui het. Die rigiede sinskonstruksie
van Nostraties was SOV sodat die werkwoord aan die einde van die sin verskyn.
Die jagter-versamelaarsprekers van Proto-Nostraties moes op ‘n relatief primitiewe kultuurvlak
verkeer het. Woorde vir landbou en veeteelt is afwesig in PN se afstammelinge en daar’s nie
woorde vir tegnologie nie. Semantiese kategorieë wat in die dogterfamilies identifiseer is, sluit in
voornaamwoorde, woorde vir liggaamsdele, woorde vir diere soos die bul, beer, koei, leeu, luiperd,
oer-os, skaap, en verskeie spesies wildsbokke. Ook natuurverskynsels en basiese werkwoorde soos
buig, kap, weef, opdeel, gryp, sit, sny, staan en so meer.
Die Mesolitiese era is identifiseer as die era van die Nostratiese spraakgemeenskap deur middel
van die betekenis van algemene Nostratiese stamwoorde. Die visnet, wat uit die Mesolitiese tyd
dateer, se rekonstruksie is *ṭul[γ]a, vanwaar Oeralies *tulko “visnet”; Proto-Kartvelies *txewl- “om
vis met ‘n net te vang”; Proto-Mantsjoe-Toengoes *tölä- “om ‘n visnet te stel”; Proto-Afro-Asiaties
*ṭul‘- “visnet” wat in Egipties eindelik /ӡu/ opgelewer het vir “visvang/”.
Geen Nostratiese stamwoorde vir veeteelt of pottebakkery bestaan nie, maar sommige dogtertale
gebruik die stamwoord *kada om na /bou/ en /potte maak/ te verwys. Die oorspronklike Proto-
Nostratiese betekenis is /weef-bind-vleg/. Pottebakkery is ‘n relatief laat uitvindsel wat in die vroeë
neolitiese era ontwikkel het uit die mesolitiese mandjie wat met klei bedek is.
Die muur en dak van die tipiese proto-neolitiese hut van die 9de millennium VHE is van pale
gebou wat met takke, boombas, riete of strooi deurweef is. Soms is klei of gooipleister ook gebuik,
soos by die argeologiese terreine Çayönü Tepesi naby Diyarbakır en Hallan Çemi naby Batman,
sowat 178 en 275 km oos van Göbekli Tepe.
34. 34
Etlike Proto-Nostratiese rekonstruksies.
‘n Asterisk * dui aan dat dit ‘n rekonstruksie is.
Die simbool V staan vir ‘n klinker wat nie tans bepaal kan word nie.
diere
Aap *man[g]a
Bok *buk’a
Bul *čura
Dier met hoewe *kh
aba
Dier met gesplete hoewe
wat herkou *ʔil-
Gans *gaŋa
Hiëna *tɬiba
Hond *kh
uwon
Muggie *k’uɢna
Oer-os *čoma
Olifant *haliwo
Valk *ħora
Vis *ķola
water
Meer of see *yama
Rivier *ɢala
See of meer *mara
35. 35
voedsel
Eier *ʔuh/xi
Neut *buta
Vleis *ʔomsa
Vrug *ph
ira
mense
Hoofman *ħak’a
Niggie *kh
alu
Vader *ʔidin of *ʕedin
Moeder *ʔema
Tante *ʔay(y) I
praktyke
Kook, bak *ʔaph-
Offerande *ʔ[a]lV
Toordery *ʔarba
Vervloeking *soty
36. 36
Elke moderne grammatika van elke taal bevat elemente uit verskillende tydperke. ‘n Studie van die
historiese klank-ontwikkeling in die Nostratiese tale kan help om lig te werp op ‘n ander terrein
wat nog onbekend is: die vorming van grammatiese kategorieë soos naamvalle, enkelvoud, vs
meervoud, geslags- en tydsaanduiding.
Deur net die Indo-Europese tale met mekaar te vergelyk, kan mens nie by die oorsprong van die
meeste naamvalle of werkwoord-verbuigings uitkom nie. Die uitgange van PIE se werkwoord in die
enkelvoud teenwoordige tyd:
*edmi ek eet
*edsi jy eet
*edti hy eet
spruit uit die Nostratiese voornaamwoorde *mi /ek/, *ti, later *śi /jy/ en *tV /dit/.
37. 37
Aanhangsel B
Die Grafies-Analitiese Metode
Die onafhanklike navorser Valentyn Stetsyuk maak gebruik van die grafies-analitiese metode om
prehistoriese etnogenetiese prosesse te karteer. Sy uiters interessante bevindinge stem ooreen
met dié van navorsers in historiese linguistiek, maar dan gaan hy verder, na plekke wat nog buite
bereik van die metodes en tegnieke van die tradisionele taalwetenskap lê.
Volgens Stetsyuk is die Transkaukasus by uitstek die wig van die mensdom. Transkaukasië omvat
die suidelike deel van die Kaukasusgebergte tussen die Kaspiese en Swart See, op die grens van
Europa en Asië. Abkhazië, Artsakh, Azerbaijan, Armenië, Georgië, die suid-oostelike deel van
Turkye en die noord-westelike deel van Iran vorm deel daarvan.
Die streek sluit die Kleiner Kaukasusgebergte, die Colchis-, Kura-Aras- en Lankaranlaaglande in, die
(Persies: ارسباران Arasbârân) bergland in die suide, die Talishberge en die Armeense Hoogland.
Die Araksrivier (Grieks: Ἀράξης, Armeens: Արաքս, Georgies: რახსი) vloei uit Turkye en vorm die
grens tussen Armenië en Turkye, en later tussen Armenië en Iran, tot in die Kurarivier in Azerbaijan.
Die Kurarivier (Georgies: მტკვარი, Mt’k’vari; Armeens: Կուր, Kur) vloei uit Turkye, en deur Georgië
suid van die Groter Kaukasusgebergte, om in die Kaspiese See in Azerbaijan uit te mond. Die
Rionirivier (Georgies: რიონი, Grieks: Φᾶσις), die grootste rivier in Georgië, dreineer die Wes-
Kaukasus en vloei van die ooste die Swart See.
38. 38
In die noordweste van die Armeense Hoogland is Berg Aragats (Alaghez) omring deur ander
bergpieke, plato’s en riviervalleie. Berg Ararat (Armeens: Մասիս,) ’n dormante vulkaan op die plek
waar die grense van vier lande bymerkaarkom: Armenië, Iran, Turkye en die Nakhchevan-provinsie
van Azerbaijan.
Transkaukasië het drie groot binnelandse mere: Sevan (in Armenië), Urmia (in Iran) en Van [Wan] in
Turkye, waarvan die laaste twee soutwatermere is. Hierdie mere is voorheen die “Seë van Armenië”
genoem. Die oewers en omgewing van Urmia is ryk aan argeologiese terreine wat tot die neolitiese
tydperk dateer, soos Teppe Hasanlu, Yanik Tepe, Hajji Firuz Tepe en Tappeh Sang-e Chakhmaq.
Stetsyuk identifiseer die heel eerste woongebiede van die
grootste dogter-taalfamilies van Nostraties as volg:
39. 39
Die Altaïese groep rondom Sevanmeer teen die suidelike hange van die Kleiner Kaukasusberge, en
moontlik op die oewer van die Kurarivier tot by Ararat en die Aridagbergreeks.
Indo-Europeërs oos van hulle agter die Zangezurbergreeks, in die area van vandag se Artsakh
(Nagorno-Karabakh) en langs die Araksrivier tot by die moerasse aan die ooste en noorde.
Die Oeraliese voorouers rondom Urmia en die Semitiese by die Van-meer in die weste.
Die Elamo-Drawidiers plaas hy teen die hange van die Khakiari- en Kurdistan-bergkettings, en in
die bolope van die Tigris en die Groot- en Klein Zabriviervalleie.
Die Kartveelse groep, waar hulle steeds woon, aan die suide van die Kleiner Kaukasusgebergte, en
‘n deel van die Armeense hoogland in die Chorokh- en Bo-Kuravallei.
Sy slotsom is gedeeltelik gebaseer op die waarneming dat Altaïes en Oeralies baie ou woorde vir
/vis/ en /visvang/ het, terwyl PIE meer gespesialiseerde terme vir / jag/ het.
Stetsyuk reken dat die eerste groepe om te trek, die Elamo-Drawidiese (na die ooste) was, die
Altaïese (na die noordooste) en Oeralies-Joekaghir (na die noorde). Die sprekers van PIE het langer
vertoef, maar sommige van hulle het soos die voorafgaande ook deur die Derbent-pas na die
noorde getrek. Die Elamo-Drawidiese teenwoordigheid aan die suide veronderstel kontak met die
vroegste Sumeries, miskien selfs buite Mesopotamië, wat heelwat vrae beantwoord.
40. 40
Bibliografie
Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology
- in Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins.
Bengtson, John D. 2010. Linguistic Fossils: Studies in Historical Linguistics and Paleolinguistics. Theophania
Publishing.
Blažek, Václav. 2013. Levant and North Africa: Afroasiatic linguistic history, in: Prehistory Part II: Holocene
migrations. First published 04 February 2013. https://doi.org/10.1002/9781444351071.wbeghm815
Bomhard, Allan R. (1996) Indo-European and the Nostratic Hypothesis. Charleston, South Carolina: Signum.
Bomhard, Allan R. (1998) Nostratic, Eurasiatic and Indo-European. In: Joseph C. Salmons and Brian D.
Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 17-49.
Campbell, Lyle (1998) Nostratic: a personal assessment. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph
(eds.) Nostratic: Sifting the Evidence. Current Issues in Linguistic Theory 142. Amsterdam: John Benjamins.
Pp. 107-152.
Dediu, D. Abstract Profiles of Structural Stability Point to Universal Tendencies, Family-Specific Factors, and
Ancient Connections between Languages, by Dan Deiu and Stephen C. Levinson.
Diakonoff, I., 1990. The earliest Semitic society. Journal of Semitic Studies 43, 209–17.
Dolgopolsky, A.B., 1987. The Indo-European homeland and lexical contact of Proto-Indo-European with
other languages. Mediterranean Archaeological Review 3, 7–31.
Dolgopolsky, A.B., 1993. More about the Indo-European homeland problem. Mediterranean Archaeological
Review 6–7, 251–72.
Dolgopolsky, A., 1998. The Nostratic Macrofamily and Linguistic Palaeontology. (Papers in the Prehistory of
Languages.) Cambridge: McDonald Institute for Archaeological Research.
Dolgopolsky, A., 1999. The Nostratic macrofamily: a short introduction, in Nostratic: Examining a Linguistic
Macrofamily, eds. C. Renfrew & D. Nettle. Cambridge: McDonald Inst for Archaeological Research, 19–46.
Dolgopolsky 1984 Dolgopolsky, A. On personal pronouns in the Nostratic languages // Linguistica et
Philologica: Gedenkschrift für Björn Collinder. Ed. by O.Gschwantler, K. Rédei, H. Reichert. Wien,
Braumüller, 65-112.
Dolgopolsky 1992 Dolgopolsky, A. Nostratic etymologies and the origin of verbal formatives // Nostratic,
Dene-Caucasian, Austric and Amerind. Ed. by V. Shevoroshkin. Bochum, Brockmeyer, 290-7.
Dolgopolsky 1966 Dolgopolsky, A. Which languages are related to the European ones? A popular article on
Nostratic (Borean) hypothesis by Aharon Dolgopolsky. First published in "Znanie - Sila", 1966, 7, p. 26-29.
English translation by M. Borun.
41. 41
Greenberg, Joseph H. 1987. Language in the Americas. Stanford, Stanford University Press.
S. Hansen, Guram Mirtskhulava, Katrin Bastert-Lamprichs, Neolithic settlements of the 6th millennium BC
in the southern Caucasus. In: O. P. Nieuwenhuyse/R. Bernbeck/P.M.M.G. Akkermans/J. Rogasch (Hrsg.)
Interpreting the Late Neolithic of Upper Mesopotamia (Turnhout 2013) 387-396.
Kitchen, Andrew. 2008. Inferences Of Recent And Ancient Human Population History Using Genetic And
Non-Genetic Data. University of Florida.
Oswalt, Robert L. (1998) A Probabilistic Evaluation of North Eurasiatic Nostratic. In: Joseph C. Salmons and
Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 199-216.
Ramer, Alexis Manaster; Peter A. Michalove, Karen S. Baertsch, and Karen L. Adams (1998). Exploring the
Nostratic Hypothesis. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the
evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 61-84.
Ringe, Don (1998) A Probabilistic Evaluation of Indo-Uralic. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph
(eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 153-198.
Ruhlen, Merritt (1991). A Guide to the World’s Languages. Vol 1. Stanford, Stanford University Press.
Salmons, Joseph C. and Brian D. Joseph (1998) Introduction. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph
(eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 1-12.
Stetsyuk, Valentyn, Historical Macrolinguistics.
Stetsyuk, Valentyn. The Urheimat of the Nostratic Languages.
Uys, Pieter. Eurasiaties en Nostraties. www.scribd.com/doc/237047195/Eurasiaties-en-Nostraties
Uys, Pieter. Die Skaap en die Perde. www.scribd.com/doc/236909679/Die-Skaap-en-die-Perde-n-Sprokie-
in-Proto-Indo-Europees-met-Afrikaanse-Duitse-en-Engelse-vertalings
Vine, Brent (1998) Indo-European and Nostratic: Some further comments. In: Joseph C. Salmons and Brian
D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 85-106.
Vovin, Alexander (1998) Nostratic and Altaic. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic.
Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 257-270.