SlideShare a Scribd company logo
1 of 18
Download to read offline
1
Taal
Eurasiaties
2
Eurasiaties
Indo-Europees, Transeurasies en Uralo-Siberies
Altaïes, Chukoto-Kamchadal, Japonies,
Inuit-Yupik, Nivkh, Joekaghier
3
Inhoudsopgawe
Inleiding 4
Taksonomie 5
Transeurasiaties 5
Turkies 6
Mongolies 6
Uralo-Siberies 6
Kalmikië 7
Kamchatka 7
Nivkh 7
Volga-republieke 9
Oeralies 10
Joekaghier 10
Aard van Proto-Eurasiaties 11
Grammatiese vorme 12
Vergelykende Mitologie 13
Argeologie 13
Grafies-Analitiese Metode 14
Tuisland van Eurasiaties 13
Bibliografie 16
4
Inleiding
Afrikaans en Engels is dogtertale van Germaans, wat op sy beurt ‘n lid van die
Indo-Europese taalfamilie is op dieselfde vlak as die prototale Kelties, Italies
(Romaans), Indo-Iraans, en Balto-Slawies.
Die Deense linguïs Holger Pedersen (1867 – 1953) het in 1903 die taalfamilie
Nostraties identifiseer as die oorsprong van onder meer Indo-Europees, Afro-
Asiaties (Semitiese tale, Berber, Egipties en ander), Altaïes (bv Turkies,
Mongolies, Toengoes), Oeralies (Fins, Estnies, Hongaars), Kartveels (Georgies et
al) en Elamo-Drawidies (Tamil, Telugu et al).
Die Nostratiese hipotese is tydens die jare 60 deur linguïste soos Vladislav Illich-
Svitych en Aharon Dolgopolsky van die Moskou-Skool uitgebrei, en geniet
hernieude aandag sedert die 1990s. Intussen het dit duidelik geword dat Afro-
Asiaties ‘n besonder ou groepering is, wat op ‘n dieper vlak as die ander
bovermelde families aan Indo-Europees verwant is.
Kartveels en Elamo-Drawidies blyk ook om meer verlangse verwante van dié
taalgroep te wees, wat bestaan uit ‘n hegte verwantskap tussen Indo-Europees,
Altaïes, Oeralies en sekere kleiner groepe van Siberië en Oos-Asië. Nostraties
wat Afro-Asiaties, Elamo-Drawidies en Kartveels insluit, sou dus ‘n taksonomiese
entiteit op ‘n hoër en ouer vlak wees.
Die hegter groep binne Nostraties word Eurasiaties genoem, en oor die omvang
daarvan bestaan daar nie absolute eensgesindheid nie. Volgens Professor
Joseph Greenberg sluit Eurasiaties die volgende groepe in, te wete Chukchi-
Kamchadaal, Eskimo-Aleoet, Indo-Europees, Oeraals, Turkies, Mongolies,
Toengoes, Nivkh (Gilyak), Joekaghir en “Koreaans- Japanees-Ainu.”
Die Eurasiatiese familie word onderskei deur /m/ in die eerstepersoon- en /t/ in
die tweedepersoon-voornaamwoord, byvoorbeeld Engels /me/ en /thee/,
Spaans /me/ en /te/, Fins /minӓ/ en /te/, sowel as ‘n meervoud wat met die
suffiks /-t/ aan die naamwoordstam gevorm word, en ‘n dualis gevorm deur die
suffiks /-k/. Hierdie patrone word nie in tale buite Eurasiaties gevind nie.
5
Die lede van Eurasiaties:
I Indo-Europees is die wêreld se prominentste familie met tale soos Hindi, Gujarati, Bengali, Marathi,
Spaans, Engels, Frans, Portugees, Duits, Italiaans, Pools, Sweeds en meer. Indo-Europees en sy proto-
vorm word hier en hier in meer besonderhede behandel.
II Trans-Eurasies bestaan uit Japonies (Japans, Koreaans, Ryukyu en Ainu) + Altaïes (Mongolies, Turkies
en Toengoes).
III Uralo-Siberies bestaan uit Oeraals, Chukchi–Kamchadal, Inuit-Yupik-Unangan, Joekaghier en Nivkh
(Gilyak).
6
Minstens 35 Turkiese tale word in die sentrale en noordelike dele van Asië gepraat, vanaf
Suidoos-Europa tot by die grense van China. Met sowat 175 miljoen moedertaalsprekers is
lede van Turkies die amptelike tale van Azerbaijan, Turkmenistan, Kazakhstan, Uzbekistan en
Kirgizstan. Die Mongoliese tale word deur ongeveer sewe miljoen mense in Mongolië, in
China se Binne-Mongolië en in die Russiese Federasie gepraat, hoofsaaklik in Burjatië en
Kalmikië. Die twaalf Toengoestale met sowat 80,000 sprekers is oor China, Mongolië en die
Sakha Republiek van die Russiese Federasie versprei.
7
Oeraals, met sowat 26 miljoen sprekers van 38 tale wat Fins, Estnies, Hongaars, Karelies,
Mordvin, Mari, Oedmoert, Komi, Khanty, Mansi, Saami en Samojedies insluit. Joekaghier mag
saam met Oeralies dalk ‘n Oeralies-Joekaghir-familie vorm. Vandag woon die handjievol
Joekaghirs in die Russiese Federasie se Sakha Republiek. Chukotko-Kamchatkaans of
Chukchi–Kamchatkaans van Noordoos-Siberië, waarvan Chukchi die enigste lewenskragtige
taal is. Inuit-Yupik-Unangan (Eskimo-Aleoet) van Alaska, Kanada en Groenland. Nivkh of
Gilyak wat uit drie tale bestaan, in Mantsjoerye langs die Amurrivier en in die noorde van
Sakhalin Eiland. Die 2010 sensus gee net 198 sprekers aan.
Kalmikië
Die Oirat-voorouers van die Kalmyks het rondom 1630 die laer-Volga-gebied bereik, op ‘n
reis van die Irtyshrivier in Djoengarye af. Kalmykia het sowat 300,000 inwoners, waarvan
ongeveer 110,000 in die hoofstad, Elst of Elista, woon. Die Kalmyks is die enigste groep in
Europa wat volgelinge van Tibetaanse Buddhisme is. Die stad Elista het ‘n imposante
Buddhistiese tempel, die Burkhan Bakshin Altan Sume (Die Goue Woning van Buddha
Shakyamuni).
8
Uralo-Siberiese tale
9
Die Volga-Republieke
Die Volga-republieke in die Russiese Federasie is Chuvashië, Tatarstan,
Bashkortostan, Mari-El, Mordvinië en Udmurtië.
Bashkortostan en Tatarstan is Turkse republieke, terwyl die mense van
Chuvashië ‘n sonderlinge Turkse taal praat – die enigste afstammeling van
Oghur-Turks – wat ook Bolgar-Turks genoem word.
Die Oeraalse republieke is Mari-El, Mordvinië en Udmurtië, en na die noorde is
Komi.
10
Oeralies, met sowat 26 miljoen sprekers van 38 tale wat Fins, Estnies,
Hongaars, Karelies, Mordvin, Mari, Oedmoert, Komi, Khanty, Mansi, Saami en
Samojedies insluit. Joekaghier mag saam met Oeralies dalk ‘n Oeralies-
Joekaghir-familie vorm. Vandag woon die handjievol Joekaghirs in die Russiese
Federasie se Sakha Republiek.
11
Aard van Proto-Eurasiaties
Proto-Eurasiaties was ‘n aglutinerende taal wat hoofsaaklik agtervoegsels en agtersetsels by
beide die naam- en werkwoord gebruik het. Suffikse is aan ‘n stam of ‘n uitgang geheg om
lekseme uit te brei en funksies aan te vul.
Die voorvermelde /m-/ en /t-/-patroon by die eerste- en tweedepersoon voornaamwoorde
het die bynaam “Mitian” aan Eurasiaties besorg.
Vokaalharmonie word by Oeralies (bv Fins en Hongaars) aangetref en is ook ‘n kern-eienskap
van die Mongoliese en Turkiese tale. Dit beteken gewoonlik dat net voorvokale soos i, ö, ä of
ü, of net agtervokale soos a, o, u, ı in ‘n woord mag verskyn. By tale soos Fins is /e/ en/of /i /
neutraal en dien in beide stelsels, sodat /e/ en/of /i/ saam met albei groepe gebruik kan word.
Vokaalhaarmonie kan ook tongposisie, ronding en ander faktore in ‘n stelsel behels.
Joseph Greenberg beskou vokaalharmonie as die oorsprong van die Proto-Indo-Europese
ablautstelsel, waardeur klinkerwisseling in ‘n stam die betekenis verander, soos Afrikaans:
sing en sang of Engels swim, swam, swum.
Een van die meer as 600 woordstamme wat regdeur Eurasiaties voorkom, is woorde vir
“roep”, “praat” of “tong”: Proto-Indo-Europees *gal /roep/, Proto-Oeralies *keele /tong/,"
Proto-Altaïes *khӓӓlӓ /tong, praat/, Kamchadal kel /gil/ Proto-Eskimo *kələɣ /vertel/.
Meer as 70 grammatiese elemente en die vorme wat hulle in die afstammelinge van
Eurasiaties aanneem, word deur Greenberg bespreek in sy seminale werk, Proto-Indo-
European and its closest relatives: The Eurasiatic Language Family.
Die verwantskap van Japonies, Koreaans, Mongolies, Toengoes en Turks in ‘n
“Transeurasiese” familie is deur Martine Robbeets bewys, terwyl Michael Fortescue die Uralo-
Siberiese familie van Oeraals, Joekaghir, Chukotko-Kamchatkan, Eskimo-Aleut en Nivkh
(Gilyak) uiteengesit het.
12
Etlike grammatiese vorme wat deur die Eurasiatiese tale gedeel word, met inbegrip van
Japonies, Joekaghir, Chukoto-Kamchatkaans, Eskimo en Nivkh (Gilyak).
eerste persoon m
tweede persoon t
persoons- n
verkleining k
nominalizer i, m
partisipium nt, l
verbale naamwoord s
konatief sk
refleksief u/w
kousatief s, k
negatief n
passief r
interrogatief k
besittings l-
aanwysend i/e, t, s
dualis ki
meervoud t, i, re
akkusatief m
genitief n
datief ka
lokatief ru, n
ablatief t
toekomstig s
13
Leenwoorde in Eurasiaties kom merendeels uit Proto-Semities, Proto-Kartveels en Noordwes- en
Noordoos-Kaukasies. Een raming van Eurasiaties se verspreiding oor sentrale- en noordelike
Asië is 9,000 VHE, ‘n datum wat met die laaste fase van die Göbekli Tepe-terrein ooreenstem.
Eskimo-Aleoet (Inuit-Yupik-Inangan) is Eurasiaties se langafstand-kampioen wat deur Alaska en
Kanada tot in Groenland versprei het. Voor dié indrukwekkende prestasie was daar egter ander
tale wat die Amerikas uit Asië betree het.
Volgens die linguïs en antropoloog Merritt Ruhlen was die oerfamilie Dené–Sino-Kaukasies reeds
in Noord-Amerika toe Eskimo sy reis deur Alaska begin het. DSK is die ouer makrotaalfamilie, en
is in Eurasië deur Eurasiaties verplaas sodat net geïsoleerde kolle DSK oorgebly het, soos Baskies
in die weste, Burushaski in die ooste en Kaukasies in die middel.
Die heel eerste taalfamilie in die Amerikas was Amerindies, Eurasiaties se naasverwante
sustertaal wat waarskynlik so vroeg as 16,000 jaar gelede die leë kontinente binnegetrek het. In
Noord-Amerika het intense vermenging tussen Amerindies en die Dené-tale van Dené–Sino-
Kaukasies oor sowat vyfduisend jaar plaasgevind.
Vergelykende mitologie
Die mitetema van die waghond wat die Nadoodse bewaak, word in Amerika onder sprekers van
Sioux, Algonquian en Iroquian gevind, en in Eurasië onder die Indo-Europeërs (Cerberus), terwyl
groepe soos die Chukchi en Toengoes die Melkweg as die weg van die siele beskryf, waar ‘n
gidshond wag.
Die hond word ook met genesing in verband gebring, soos by die Sumeriese godin Baba (Gula,
Nintinugga) en haar helende honde wat teen siektes en bonatuurlike gevare beskerm. Aan die
skadukant is daar die weerwolf wat ook aan beide kante van die Stille Oseaan te vinde is, soos
onder die Mohawk en die Navajo.
14
Argeologie
Die Mesolitiese kultuur se oorsprong lê in die vrugbare sekelmaan suid van die Kaukasus en in
die Zagrosberge. Eurasiaties strek waarskynlik terug van 12 000 tot 9 000 VHE, met ander
woorde 14 000 tot 11 000 jaar gelede. Dié groter tuislandgebied sluit Suid- en Oos-Anatolië,
Noord-Sirië, Noord-Irak en die Transkaukasus in.
Meer as 100,000 rotstekeninge is in Armenië opgeteken, waarvan die meeste uit die 12de eeu vC
dateer. Twee van die heel oudstes is ‘n afbeelding van ‘n olifant en ‘n afbeelding van wilde
buffels wat intussen in Armenië uitgestef het. Geometriese figure, plante, hemelliggame en
mitologiese karakters verskyn ook daarin. Op die rotse van Ukhtasar word byna die volledige
reeks fauna van die Armeense Hoogland uitgebeeld. Die Jivakheti-, Gegham- en Vardeni-berge
bevat van die mees indrukwekkende rotskuns.
Stetsyuk
Miskien verdien Valentyn Stetsyuk se grafies-analitiese metode meer aandag. Daarvolgens was
die Nostratiese tuisland ‘n wiggebied tussen die suidoostelike Kaspiese See en die drie mere van
die Armeense Hoogland, te wete Sevan, Wan en Urmia. Dis die enigste manier om die Proto-
Indo-Europese kontak met Kartveels, Semities, Oeralies, Altaïes en die kleiner Eurasiatiese
groepe te verklaar.
Sou mens die Eurasiatiese tuisland dan in meer besonderhede wou identifiseer, was dit die
gebied rondom die Sevanmeer teen die suidelike hange van die Kleiner Kaukasusberge, rondom
die Kurarivier wat die Aridag- en Zangezurbergreekse insluit. Vanaf Artsakh (Nagorno-Karabakh)
sou die area al langs die Araksrivier tot by die kus van die Kaspiese See in die ooste, en in die
suide tot by Urmiameer gestrek het.
15
Hiervolgens sou Eskimo-Aleut, Kamchadaals, Nivkh, Oeralies en Joekaghier vroeg reeds die lang
pad na die noordooste aangepak het terwyl die Indo-Europeërs met die Semitiese en Kartveelse
families in kontak was. Die Kartveelse familie bewoon steeds die suide van die Kleiner
Kaukasusgebergte en ‘n deel van die Armeense hoogland in die Chorokh- en Bo-Kuravallei.
Die sprekers van PIE het langer vertoef, maar sommige van hulle het soos die voorafgaande ook
deur die Derbent-pas na die noorde getrek.
16
Bibliografie
Bomhard, Allan R. 2006. Nostratic, Eurasiatic, and Indo-European, in: Brian D. Joseph and Joseph C.
Salmons (eds.). 1998. Nostratic: Sifting the Evidence, pp. 17—49. Amsterdam and Philadelphia, PA: John
Benjamins.
Fleming, H C (2002). Afrasian and Its Closest Relatives: the Borean Hypothesis. Global Perspectives on Human
Language (http://greenberg-conference.stanford.edu/Fleming_Abstract.htm)
Fleming, Harold C, Stephen L. Zegura, James B. Harrod, John D. Bengtson, Shomarka O.Y. Keita. The Early
Dispersions of Homo sapiens sapiens and proto-Human from Africa, in: Journal of the Association for the
Study of Language in Prehistory • Issue XVIII • 2013.
Fleming, H C. A New Taxonomic Hypothesis: Borean or Boralean', Mother Tongue 14 (1991).
Gell-Man, Murray, Testing the "Borean" Hypothesis, by Ilia Peiros, Santa Fe Institute, George
Starostin,Russian State University for the Humanities.
The Global Lexicostatistical Database https://starling.rinet.ru/new100/GLD.htm
Greenberg, Joseph. 2000. Indo-European and Its Closest Relatives: The Eurasiatic Language Family. Stanford,
CA: Stanford University Press.
Janhunen, Juha. Proto-Uralic—what, where, and when?
Kortlandt, Frederik 2020. The dissolution of the Eurasiatic macrofamily
https://www.academia.edu/44755526/The_dissolution_of_the_Eurasiatic_macrofamily
Kortlandt, Frederik. Indo-Uralic and Altaic https://www.kortlandt.nl/publications/art216e.pdf
Robbeets, Martine. 2020. The classification of the Transeurasian languages
DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0004
In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.31-39)
Robbeets, Martine. 2020. The homelands of the individual Transeurasian proto-languages
DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0044
In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.753-771)
Robbeets, Martine. 2020. The Transeurasian homeland: where, what, and when?
DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0045
In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.772-783)
17
Robbeets, Martine. 2020. The typological heritage of the Transeurasian languages
DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0011
In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.127-144)
Meitei, Ningombam Bupenda. Age of proto-human. Department of Philosophy,University of Delhi
Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: studies in linguistic taxonomy. Stanford Univ Press.
Stetsyuk, Valentyn, Historical Macrolinguistics.
Sergei Starostin, 1953 – 2005. https://pantheon.world/profile/person/Sergei_Starostin/
Tavakoli, Leila. A New Integrating Overview in the History of Long-Range Linguistics.
Tokhatyan, K. S. Rock Carvings of Armenia.
Uys, Pieter. 2021. Armenië, Ararat en Urartu.
Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n brug oor die stroom van tyd.
https://en.calameo.com/books/0066897910bd05997cedc
Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n drif deur die spruit van tyd. https://www.edocr.com/v/yko3n0by/Pietertoypom/taal-is-
n-drif-deur-die-spruit-van-tyd
Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n poort deur die muur van tyd. https://www.slideshare.net/PieterUys7/amerindies-taal-
is-n-poort-deur-die-muur-van-tyd
Uys, Pieter. 2021. Taalfamilies in die Oertyd.
Vuosaly, Hellas,. The Untaught: Latest Horizon in Long-Range Historical Comparative Linguistics. New York:
International Committee of Koinoetymology and Post-Metaphysical Thinking, ICKPT, 2017. Pp. 132
18
©Pieter Uys 2021

More Related Content

More from PieterUys7

Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyPieterUys7
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesPieterUys7
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesPieterUys7
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedPieterUys7
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languagesPieterUys7
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels PieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse TaalPieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundPieterUys7
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokalePieterUys7
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamiliePieterUys7
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkPieterUys7
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)PieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse talePieterUys7
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamiliePieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasPieterUys7
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan PieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TalePieterUys7
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaPieterUys7
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies PieterUys7
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale PieterUys7
 

More from PieterUys7 (20)

Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ Amerindies
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale
 

Eurasiaties

  • 2. 2 Eurasiaties Indo-Europees, Transeurasies en Uralo-Siberies Altaïes, Chukoto-Kamchadal, Japonies, Inuit-Yupik, Nivkh, Joekaghier
  • 3. 3 Inhoudsopgawe Inleiding 4 Taksonomie 5 Transeurasiaties 5 Turkies 6 Mongolies 6 Uralo-Siberies 6 Kalmikië 7 Kamchatka 7 Nivkh 7 Volga-republieke 9 Oeralies 10 Joekaghier 10 Aard van Proto-Eurasiaties 11 Grammatiese vorme 12 Vergelykende Mitologie 13 Argeologie 13 Grafies-Analitiese Metode 14 Tuisland van Eurasiaties 13 Bibliografie 16
  • 4. 4 Inleiding Afrikaans en Engels is dogtertale van Germaans, wat op sy beurt ‘n lid van die Indo-Europese taalfamilie is op dieselfde vlak as die prototale Kelties, Italies (Romaans), Indo-Iraans, en Balto-Slawies. Die Deense linguïs Holger Pedersen (1867 – 1953) het in 1903 die taalfamilie Nostraties identifiseer as die oorsprong van onder meer Indo-Europees, Afro- Asiaties (Semitiese tale, Berber, Egipties en ander), Altaïes (bv Turkies, Mongolies, Toengoes), Oeralies (Fins, Estnies, Hongaars), Kartveels (Georgies et al) en Elamo-Drawidies (Tamil, Telugu et al). Die Nostratiese hipotese is tydens die jare 60 deur linguïste soos Vladislav Illich- Svitych en Aharon Dolgopolsky van die Moskou-Skool uitgebrei, en geniet hernieude aandag sedert die 1990s. Intussen het dit duidelik geword dat Afro- Asiaties ‘n besonder ou groepering is, wat op ‘n dieper vlak as die ander bovermelde families aan Indo-Europees verwant is. Kartveels en Elamo-Drawidies blyk ook om meer verlangse verwante van dié taalgroep te wees, wat bestaan uit ‘n hegte verwantskap tussen Indo-Europees, Altaïes, Oeralies en sekere kleiner groepe van Siberië en Oos-Asië. Nostraties wat Afro-Asiaties, Elamo-Drawidies en Kartveels insluit, sou dus ‘n taksonomiese entiteit op ‘n hoër en ouer vlak wees. Die hegter groep binne Nostraties word Eurasiaties genoem, en oor die omvang daarvan bestaan daar nie absolute eensgesindheid nie. Volgens Professor Joseph Greenberg sluit Eurasiaties die volgende groepe in, te wete Chukchi- Kamchadaal, Eskimo-Aleoet, Indo-Europees, Oeraals, Turkies, Mongolies, Toengoes, Nivkh (Gilyak), Joekaghir en “Koreaans- Japanees-Ainu.” Die Eurasiatiese familie word onderskei deur /m/ in die eerstepersoon- en /t/ in die tweedepersoon-voornaamwoord, byvoorbeeld Engels /me/ en /thee/, Spaans /me/ en /te/, Fins /minӓ/ en /te/, sowel as ‘n meervoud wat met die suffiks /-t/ aan die naamwoordstam gevorm word, en ‘n dualis gevorm deur die suffiks /-k/. Hierdie patrone word nie in tale buite Eurasiaties gevind nie.
  • 5. 5 Die lede van Eurasiaties: I Indo-Europees is die wêreld se prominentste familie met tale soos Hindi, Gujarati, Bengali, Marathi, Spaans, Engels, Frans, Portugees, Duits, Italiaans, Pools, Sweeds en meer. Indo-Europees en sy proto- vorm word hier en hier in meer besonderhede behandel. II Trans-Eurasies bestaan uit Japonies (Japans, Koreaans, Ryukyu en Ainu) + Altaïes (Mongolies, Turkies en Toengoes). III Uralo-Siberies bestaan uit Oeraals, Chukchi–Kamchadal, Inuit-Yupik-Unangan, Joekaghier en Nivkh (Gilyak).
  • 6. 6 Minstens 35 Turkiese tale word in die sentrale en noordelike dele van Asië gepraat, vanaf Suidoos-Europa tot by die grense van China. Met sowat 175 miljoen moedertaalsprekers is lede van Turkies die amptelike tale van Azerbaijan, Turkmenistan, Kazakhstan, Uzbekistan en Kirgizstan. Die Mongoliese tale word deur ongeveer sewe miljoen mense in Mongolië, in China se Binne-Mongolië en in die Russiese Federasie gepraat, hoofsaaklik in Burjatië en Kalmikië. Die twaalf Toengoestale met sowat 80,000 sprekers is oor China, Mongolië en die Sakha Republiek van die Russiese Federasie versprei.
  • 7. 7 Oeraals, met sowat 26 miljoen sprekers van 38 tale wat Fins, Estnies, Hongaars, Karelies, Mordvin, Mari, Oedmoert, Komi, Khanty, Mansi, Saami en Samojedies insluit. Joekaghier mag saam met Oeralies dalk ‘n Oeralies-Joekaghir-familie vorm. Vandag woon die handjievol Joekaghirs in die Russiese Federasie se Sakha Republiek. Chukotko-Kamchatkaans of Chukchi–Kamchatkaans van Noordoos-Siberië, waarvan Chukchi die enigste lewenskragtige taal is. Inuit-Yupik-Unangan (Eskimo-Aleoet) van Alaska, Kanada en Groenland. Nivkh of Gilyak wat uit drie tale bestaan, in Mantsjoerye langs die Amurrivier en in die noorde van Sakhalin Eiland. Die 2010 sensus gee net 198 sprekers aan. Kalmikië Die Oirat-voorouers van die Kalmyks het rondom 1630 die laer-Volga-gebied bereik, op ‘n reis van die Irtyshrivier in Djoengarye af. Kalmykia het sowat 300,000 inwoners, waarvan ongeveer 110,000 in die hoofstad, Elst of Elista, woon. Die Kalmyks is die enigste groep in Europa wat volgelinge van Tibetaanse Buddhisme is. Die stad Elista het ‘n imposante Buddhistiese tempel, die Burkhan Bakshin Altan Sume (Die Goue Woning van Buddha Shakyamuni).
  • 9. 9 Die Volga-Republieke Die Volga-republieke in die Russiese Federasie is Chuvashië, Tatarstan, Bashkortostan, Mari-El, Mordvinië en Udmurtië. Bashkortostan en Tatarstan is Turkse republieke, terwyl die mense van Chuvashië ‘n sonderlinge Turkse taal praat – die enigste afstammeling van Oghur-Turks – wat ook Bolgar-Turks genoem word. Die Oeraalse republieke is Mari-El, Mordvinië en Udmurtië, en na die noorde is Komi.
  • 10. 10 Oeralies, met sowat 26 miljoen sprekers van 38 tale wat Fins, Estnies, Hongaars, Karelies, Mordvin, Mari, Oedmoert, Komi, Khanty, Mansi, Saami en Samojedies insluit. Joekaghier mag saam met Oeralies dalk ‘n Oeralies- Joekaghir-familie vorm. Vandag woon die handjievol Joekaghirs in die Russiese Federasie se Sakha Republiek.
  • 11. 11 Aard van Proto-Eurasiaties Proto-Eurasiaties was ‘n aglutinerende taal wat hoofsaaklik agtervoegsels en agtersetsels by beide die naam- en werkwoord gebruik het. Suffikse is aan ‘n stam of ‘n uitgang geheg om lekseme uit te brei en funksies aan te vul. Die voorvermelde /m-/ en /t-/-patroon by die eerste- en tweedepersoon voornaamwoorde het die bynaam “Mitian” aan Eurasiaties besorg. Vokaalharmonie word by Oeralies (bv Fins en Hongaars) aangetref en is ook ‘n kern-eienskap van die Mongoliese en Turkiese tale. Dit beteken gewoonlik dat net voorvokale soos i, ö, ä of ü, of net agtervokale soos a, o, u, ı in ‘n woord mag verskyn. By tale soos Fins is /e/ en/of /i / neutraal en dien in beide stelsels, sodat /e/ en/of /i/ saam met albei groepe gebruik kan word. Vokaalhaarmonie kan ook tongposisie, ronding en ander faktore in ‘n stelsel behels. Joseph Greenberg beskou vokaalharmonie as die oorsprong van die Proto-Indo-Europese ablautstelsel, waardeur klinkerwisseling in ‘n stam die betekenis verander, soos Afrikaans: sing en sang of Engels swim, swam, swum. Een van die meer as 600 woordstamme wat regdeur Eurasiaties voorkom, is woorde vir “roep”, “praat” of “tong”: Proto-Indo-Europees *gal /roep/, Proto-Oeralies *keele /tong/," Proto-Altaïes *khӓӓlӓ /tong, praat/, Kamchadal kel /gil/ Proto-Eskimo *kələɣ /vertel/. Meer as 70 grammatiese elemente en die vorme wat hulle in die afstammelinge van Eurasiaties aanneem, word deur Greenberg bespreek in sy seminale werk, Proto-Indo- European and its closest relatives: The Eurasiatic Language Family. Die verwantskap van Japonies, Koreaans, Mongolies, Toengoes en Turks in ‘n “Transeurasiese” familie is deur Martine Robbeets bewys, terwyl Michael Fortescue die Uralo- Siberiese familie van Oeraals, Joekaghir, Chukotko-Kamchatkan, Eskimo-Aleut en Nivkh (Gilyak) uiteengesit het.
  • 12. 12 Etlike grammatiese vorme wat deur die Eurasiatiese tale gedeel word, met inbegrip van Japonies, Joekaghir, Chukoto-Kamchatkaans, Eskimo en Nivkh (Gilyak). eerste persoon m tweede persoon t persoons- n verkleining k nominalizer i, m partisipium nt, l verbale naamwoord s konatief sk refleksief u/w kousatief s, k negatief n passief r interrogatief k besittings l- aanwysend i/e, t, s dualis ki meervoud t, i, re akkusatief m genitief n datief ka lokatief ru, n ablatief t toekomstig s
  • 13. 13 Leenwoorde in Eurasiaties kom merendeels uit Proto-Semities, Proto-Kartveels en Noordwes- en Noordoos-Kaukasies. Een raming van Eurasiaties se verspreiding oor sentrale- en noordelike Asië is 9,000 VHE, ‘n datum wat met die laaste fase van die Göbekli Tepe-terrein ooreenstem. Eskimo-Aleoet (Inuit-Yupik-Inangan) is Eurasiaties se langafstand-kampioen wat deur Alaska en Kanada tot in Groenland versprei het. Voor dié indrukwekkende prestasie was daar egter ander tale wat die Amerikas uit Asië betree het. Volgens die linguïs en antropoloog Merritt Ruhlen was die oerfamilie Dené–Sino-Kaukasies reeds in Noord-Amerika toe Eskimo sy reis deur Alaska begin het. DSK is die ouer makrotaalfamilie, en is in Eurasië deur Eurasiaties verplaas sodat net geïsoleerde kolle DSK oorgebly het, soos Baskies in die weste, Burushaski in die ooste en Kaukasies in die middel. Die heel eerste taalfamilie in die Amerikas was Amerindies, Eurasiaties se naasverwante sustertaal wat waarskynlik so vroeg as 16,000 jaar gelede die leë kontinente binnegetrek het. In Noord-Amerika het intense vermenging tussen Amerindies en die Dené-tale van Dené–Sino- Kaukasies oor sowat vyfduisend jaar plaasgevind. Vergelykende mitologie Die mitetema van die waghond wat die Nadoodse bewaak, word in Amerika onder sprekers van Sioux, Algonquian en Iroquian gevind, en in Eurasië onder die Indo-Europeërs (Cerberus), terwyl groepe soos die Chukchi en Toengoes die Melkweg as die weg van die siele beskryf, waar ‘n gidshond wag. Die hond word ook met genesing in verband gebring, soos by die Sumeriese godin Baba (Gula, Nintinugga) en haar helende honde wat teen siektes en bonatuurlike gevare beskerm. Aan die skadukant is daar die weerwolf wat ook aan beide kante van die Stille Oseaan te vinde is, soos onder die Mohawk en die Navajo.
  • 14. 14 Argeologie Die Mesolitiese kultuur se oorsprong lê in die vrugbare sekelmaan suid van die Kaukasus en in die Zagrosberge. Eurasiaties strek waarskynlik terug van 12 000 tot 9 000 VHE, met ander woorde 14 000 tot 11 000 jaar gelede. Dié groter tuislandgebied sluit Suid- en Oos-Anatolië, Noord-Sirië, Noord-Irak en die Transkaukasus in. Meer as 100,000 rotstekeninge is in Armenië opgeteken, waarvan die meeste uit die 12de eeu vC dateer. Twee van die heel oudstes is ‘n afbeelding van ‘n olifant en ‘n afbeelding van wilde buffels wat intussen in Armenië uitgestef het. Geometriese figure, plante, hemelliggame en mitologiese karakters verskyn ook daarin. Op die rotse van Ukhtasar word byna die volledige reeks fauna van die Armeense Hoogland uitgebeeld. Die Jivakheti-, Gegham- en Vardeni-berge bevat van die mees indrukwekkende rotskuns. Stetsyuk Miskien verdien Valentyn Stetsyuk se grafies-analitiese metode meer aandag. Daarvolgens was die Nostratiese tuisland ‘n wiggebied tussen die suidoostelike Kaspiese See en die drie mere van die Armeense Hoogland, te wete Sevan, Wan en Urmia. Dis die enigste manier om die Proto- Indo-Europese kontak met Kartveels, Semities, Oeralies, Altaïes en die kleiner Eurasiatiese groepe te verklaar. Sou mens die Eurasiatiese tuisland dan in meer besonderhede wou identifiseer, was dit die gebied rondom die Sevanmeer teen die suidelike hange van die Kleiner Kaukasusberge, rondom die Kurarivier wat die Aridag- en Zangezurbergreekse insluit. Vanaf Artsakh (Nagorno-Karabakh) sou die area al langs die Araksrivier tot by die kus van die Kaspiese See in die ooste, en in die suide tot by Urmiameer gestrek het.
  • 15. 15 Hiervolgens sou Eskimo-Aleut, Kamchadaals, Nivkh, Oeralies en Joekaghier vroeg reeds die lang pad na die noordooste aangepak het terwyl die Indo-Europeërs met die Semitiese en Kartveelse families in kontak was. Die Kartveelse familie bewoon steeds die suide van die Kleiner Kaukasusgebergte en ‘n deel van die Armeense hoogland in die Chorokh- en Bo-Kuravallei. Die sprekers van PIE het langer vertoef, maar sommige van hulle het soos die voorafgaande ook deur die Derbent-pas na die noorde getrek.
  • 16. 16 Bibliografie Bomhard, Allan R. 2006. Nostratic, Eurasiatic, and Indo-European, in: Brian D. Joseph and Joseph C. Salmons (eds.). 1998. Nostratic: Sifting the Evidence, pp. 17—49. Amsterdam and Philadelphia, PA: John Benjamins. Fleming, H C (2002). Afrasian and Its Closest Relatives: the Borean Hypothesis. Global Perspectives on Human Language (http://greenberg-conference.stanford.edu/Fleming_Abstract.htm) Fleming, Harold C, Stephen L. Zegura, James B. Harrod, John D. Bengtson, Shomarka O.Y. Keita. The Early Dispersions of Homo sapiens sapiens and proto-Human from Africa, in: Journal of the Association for the Study of Language in Prehistory • Issue XVIII • 2013. Fleming, H C. A New Taxonomic Hypothesis: Borean or Boralean', Mother Tongue 14 (1991). Gell-Man, Murray, Testing the "Borean" Hypothesis, by Ilia Peiros, Santa Fe Institute, George Starostin,Russian State University for the Humanities. The Global Lexicostatistical Database https://starling.rinet.ru/new100/GLD.htm Greenberg, Joseph. 2000. Indo-European and Its Closest Relatives: The Eurasiatic Language Family. Stanford, CA: Stanford University Press. Janhunen, Juha. Proto-Uralic—what, where, and when? Kortlandt, Frederik 2020. The dissolution of the Eurasiatic macrofamily https://www.academia.edu/44755526/The_dissolution_of_the_Eurasiatic_macrofamily Kortlandt, Frederik. Indo-Uralic and Altaic https://www.kortlandt.nl/publications/art216e.pdf Robbeets, Martine. 2020. The classification of the Transeurasian languages DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0004 In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.31-39) Robbeets, Martine. 2020. The homelands of the individual Transeurasian proto-languages DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0044 In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.753-771) Robbeets, Martine. 2020. The Transeurasian homeland: where, what, and when? DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0045 In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.772-783)
  • 17. 17 Robbeets, Martine. 2020. The typological heritage of the Transeurasian languages DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0011 In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.127-144) Meitei, Ningombam Bupenda. Age of proto-human. Department of Philosophy,University of Delhi Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: studies in linguistic taxonomy. Stanford Univ Press. Stetsyuk, Valentyn, Historical Macrolinguistics. Sergei Starostin, 1953 – 2005. https://pantheon.world/profile/person/Sergei_Starostin/ Tavakoli, Leila. A New Integrating Overview in the History of Long-Range Linguistics. Tokhatyan, K. S. Rock Carvings of Armenia. Uys, Pieter. 2021. Armenië, Ararat en Urartu. Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n brug oor die stroom van tyd. https://en.calameo.com/books/0066897910bd05997cedc Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n drif deur die spruit van tyd. https://www.edocr.com/v/yko3n0by/Pietertoypom/taal-is- n-drif-deur-die-spruit-van-tyd Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n poort deur die muur van tyd. https://www.slideshare.net/PieterUys7/amerindies-taal- is-n-poort-deur-die-muur-van-tyd Uys, Pieter. 2021. Taalfamilies in die Oertyd. Vuosaly, Hellas,. The Untaught: Latest Horizon in Long-Range Historical Comparative Linguistics. New York: International Committee of Koinoetymology and Post-Metaphysical Thinking, ICKPT, 2017. Pp. 132