SlideShare a Scribd company logo
1 of 15
Download to read offline
1
Die Oeral-Altaïese Konvergensiesone
Trans-Eurasies & Uralo-Siberies
Oeral-Altaïes is tot die 1960s
as ‘n taalfamilie beskou,
maar staan deesdae
as ‘n konvergensie-sone bekend,
waarin strukturele ooreenkomste
oor vreemde taalgrense versprei.
Taalkontak lei tot Streekslinguïstiek,
waar tale uit verskillende families
mekaar onderling beïnvloed, en
soortgelyke eienskappe opbou.
2
Die Oeral-Altaïese
Konvergensiesone
Trans-Eurasies & Uralo-Siberies
Pieter Uys, Orchards, 2021
3
Inhoudsopgawe
Oeral-Altaïes herverbeel 4
Trans-Eurasies 4
Oeralo-Siberies 4
Oeraals 5
Turkies 6
Mongolies 6
Sakha, Kabardino-Balkaria en Karachay-Cherkessia 7
Tipologie 8
Vokaalharmonie 8
Geronde Voorvokale 9
Klankkorrespondensie 10
Idel-Ural 12
Bibliografie 15
4
Oeral-Altaïes herverbeel
Oeral-Altaïes is tot die 1960s as ‘n taalfamilie beskou, maar staan deesdae as ‘n konvergensiesone bekend,
‘n area waar strukturele ooreenkomste in verskeie tale uit verskillende taalfamilies ontwikkel.
Die werk van Martine Robbeets en Lars Johanson bewys dat Altaïes, nou Trans-Eurasies genoem, uit
Mongools, Turks, Toengoes, Koreaans en Japonies bestaan, wat wel almal geneties verwant is en ‘n
gesamentlike voorouer het.
Selfs Altaïes as familie is op ‘n stadium in twyfel getrek, maar dié opvatting moes verander sedert
navorsing oor prototale soos Eurasiaties en Nostraties die verbeelding gaande maak.
Die Oeral-Altaïese konvergensie-sone verwys nou na ‘n linguïstiese streeksfenomeen waaraan die Oeralo-
Siberiese en Trans-Eurasiese tale deelneem, tesame met ander tale van Oos-Siberiё.
Die term “Ural-Altaïes” word deesdae gebruik vir ‘n
tipologiese, grammatiese en leksiese
konvergensiesone wat van Noord-Europa deur
Noordwes-, Sentraal- en Oos-Asiё tot by die Stille
Osean strek.
Die linguïs Juha Janhunen beweer dat daar geen
streeks- of tipologiese kenmerke is wat spesifiek aan
Altaïes sonder Oeralies is nie. ("The Role of
Paradigmatic Morphology in Historical, Areal and
Genealogical Linguistics: Thoughts and Observations in
the Margin of Paradigm Change in The Transeurasian
languages and Beyond (Robbeets and Bisang, eds.)."
Journal of Language Contact, volume 10, issue 2, p.)
Michael Fortescue se boek Language Relations Across
the Bering Strait (1998) stel ‘n saak vir Oeralo-Siberies
wat Oeraals, Yukaghir en Eskimo-Aleut insluit, met
meer verlangse verbintenisse aan Nivkh (Gilyak),
Chukoto-Kamchadaals en miskien Ainu.
Tesame met Indo-Europees, vorm Uralo-Siberies en
Trans-Eurasies ‘n makrofamilie. Starostin se uitleg van
die Boriese superfilum bevat onder meer Oeralo-
Siberies en Trans-Kaukasies as dogters van ‘n taal van 9,000 jaar gelede (7,000 vC) wat uit Eurasiaties,
vroeёr uit Nostraties, en eindelik uit Bories spruit.
5
Oeraals, met sowat 26 miljoen sprekers
van 38 tale wat Fins, Estnies, Hongaars,
Karelies, Mordvin, Mari, Oedmoert,
Komi, Khanty, Mansi, Saami en
Samojedies insluit. Die Siberiese tale
wat die naaste aan Oeraals verwant is,
is Joekaghier wat saam met Oeraals
dalk ‘n Oeraals-Joekaghir-familie vorm.
Vandag woon die handjievol Joekaghirs
in die Russiese Federasie se Sakha
Republiek. Nog ‘n lid is Nivkh of Gilyak
wat uit drie tale bestaan, in
Mantsjoerye langs die Amurrivier en in
die noorde van Sakhalin Eiland. Die 2010
sensus gee net 198 sprekers aan. Plus Chukotko-Kamchatkaans of Chukchi–Kamchatkaans van Noordoos-
Siberië, waarvan Chukchi die enigste lewenskragtige taal is. En ten slottte Inuit-Yupik-Unangan (Eskimo-
Aleoet) van Alaska, Kanada en Groenland.
6
Minstens 35 Turkiese tale word in die sentrale en noordelike dele van Asië gepraat, vanaf Suidoos-Europa
tot by die grense van China. Met sowat 175 miljoen moedertaalsprekers beklee Turkse tale amptelike
status in Azerbaijan, Turkmenistan, Kazakhstan, Uzbekistan en Kirgizstan en die Sakha Republiek van die
Russiese Federasie. Chuvash is die enigste oorblywende lid van wat vroeёr as Volga Bulgaars bekend
gestaan het. Turkse tale vorm ook deel van die Noord-Kaukasus se kleurvolle linguïstieke mosaiek.
Die Mongoliese tale word deur ongeveer sewe miljoen mense in Mongolië, in China se Binne-Mongolië en
in die Russiese Federasie gepraat, hoofsaaklik in Burjatië en Kalmikië. Die twaalf Toengoestale met sowat
80,000 sprekers is oor China, Mongolië versprei.
7
Turkies in Siberiё (Yakutia/Sakha) en in die
Kaukasus waar Kumyk, Nogai en Karachay-
Balkar gepraat word.
Kabardino-Balkaria, sprekers van Kabardin
(Sirkassies), ‘n Noordwes-Kaukasiese taal. Die
hoofstad is Nalchik, en hierdie republiek het
die hoogste piek in Europa, Elbrus (5642m).
Albei hierdie Kaukasiese republieke is waterryk
met volop riviere en mere.
Karachay-Cherkessia, ‘n streek wat sprekers van
Karachay met sprekers van Cherkess deel. Die
bergagtige republiek het vyf amptelike tale:
Abaza, Russies, Cherkess, Karachay-Balkar en
Nogai.
8
Tipologie
Oeral-Altaïese tale is agglutinerend in woordstruktuur, en gebruik byna eksklusief suffikse. Meervoudige
suffikse kan by die stam gevoeg word wat soms lang polisillabiese en polimorfemiese woorde vorm. Elke
morfeem het net een betekenis of grammatiese funksie, en die fonologiese identiteit van elke morfeem
bly stabiel met min modifisering van een woord-element op ‘n ander.
Die meeste Oeral-Altaïese tale bevat geronde voorvokale soos [ü] en [ö] sowel as vokaalharmonie, wat die
volgende soorte insluit:
a Palataal: al die klinkers in ‘n woord is voor- of agtervokale en sommige het ook neutrale vokale wat saam
met enige van die twee stelle kan verskyn. Palatale harmonie het verweer of verlore gegaan in tale soos
Uzbek, Moksha Mordvin, sekere Mari-dialekte en die meeste Udmurt- en Komidialekte.
b Erzya Mordvin het ‘n kombinasie van konsonant-vokaal- en hoogteharmonie, terwyl etlike Turkse en
Mongoliese tale
c liprondingsharmonie het wat gewoonlik net die oop vokale /e, o, a, ɔ/ affekteer .
d Tongwortelharmonie behels die vokale /a, ʊ, ɔ/ versus /u, e, o/ en kom dikwels saam met
rondingsharmonie voor.
Oeral-Altaïes het geen grammatiese geslag nie (teenoor Hetities lewend/nie-lewend en Proto-Indo-
Europees manlik-vroulik-onsydig).
Hoof-finale sintagma met Onderwerp-Voorwerp-Werkwoord (SOV) woordorde.
Geen konsonant-opeenvolging aan die begin van woorde nie (teen PIE se *h₂ŕ̥tḱos 'bier' > Hetiet ḫartaggas
/ḫartkas/, maar Latyn ursus, Antieke Grieks árktos, Sanskrit ṛ́kṣas.
9
59%- 21 van die 37 tale met geronde
voorvokale uit WALS se monster van 562
tale, behoort tot Eurasiaties.
20% - 6 uit die 37 tale met geronde
voorvokale uit WALS se monster van 562
tale, behoort tot die Dene-Sino-Kaukasiese
makrofamilie.
5%- 2 uit die 37 tale met geronde
voorvokale uit WALS se monster van 562
10
Oeral-Altaïese tale is ryk aan naamvalle, met ‘n gemiddeld van 15 per taal, en gebruik ook agtersetsels wat
‘n frase met die voorafgaande naamwoord vorm. Geen merker vir die nominatief nie (anders as Proto-
Indo-Europees wat so ‘n nominatief-uitgang het).
Oeral-Altaïёs het werkwoordverbuiging en verbale naamwoorde of partesipia (gerunds) wat as
naamwoorde, byvoeglike naamwoorde of bywoorde optree, plus imperatiewe vorme. ‘n Stel stamme
bestaan vir teenwoordige, toekomstige, aoris-, voorwaardelike, subjunktiewe, en twee verledetydsvorme,
wat almal ook partesipia, gerunds en verbale naamwoorde kan vorm.
Klankkorrespondensie
Woord-inisiёle bilabiale sluitsklank: Oeralies *p- = Altaies *p- (> Turkies en Mongolies *h-)
Sibilante: Oeraals *s, *š, *ś = Altaies *s
Nasale: Oeraals *n, *ń, *ŋ = Altaies *n, *ń, *ŋ
Resonante: Oeralies *-l-, *-r- = Altaies *-l-, *r-
11
Tabel 1 Turks Fins Mongools Hongaars
ek is ben olurum minä olen bi bol én vagyok
jy is sen olursun sinä olet chi bol te vagy
hy/sy is o olur hän on ter boldog ő van
ons is biz oluruz me olemme bid boldog mi vagyunk
julle is siz olursunuz te olette ta bolno ti vagytok
hulle is onlar olurlar he ovat ted bolox ők vannak
12
Idel-Ural
Idel-Ural is die gesamentlike naam van die vyf republieke van die Volga-kom: Tatarstan, Bashkortostan,
Mari-El, Mordvinia en Chuvashia. Die Mari en Mordvin is Oeraals, Tatar en Bashkir is Kipcha-Turk, en
Chuvash is die enigste oorlewende van die Oghur-Turkse tale.
Sprekers van Finno-Oegriese tale soos Udmurt, Mari en Mordvin word as die oudste bewoners van die
Volga-kom beskou. Die Volga–Oka Sprachbund kon dalk in die eerste millennium selfs die uitgestorwe
oostelike Baltiese tale ingesluit het, sowel as Oegriese en Permiese dialekte, Mordvin, Mari en die
verdwene Muroma, Meshchera en Merya.
Die Permiese groep, waaronder Udmurt en Komi, het die middelgrond beklee op beide linguïstiese en
geografiese terrein, en vroeё kontakte het met Indo-Iraanse tale plaasgevind. Van die 12de eeu het
Slaviese invloed uit die weste begin toeneem.
Die Bolgar-Turke het die area in die 8ste eeu binnegekom en ‘n teenwoordigheid op beide banke van die
Volga gehandhaaf. Die Mongoolse inval in die dekade van die 1230s het die Bolgar-staat met die Goue
Horde vervang. Die Goue Horde het nie lank gehou nie toe word dit in 1438 met die Khazan Khanaat
vervang, waarin die Kipchas ‘n hoofrol gespeel het.
Bashkir beskik oor die dentale frikatiewe /θ/ en /ð/ in plaas van die ander Turkse /s/ en /z/. Bashkir /θ/ en /ð/
is onafhanklike foneme, apart van /s/ en /z/, terwyl Turkmen [θ] en [ð] die Turkiese /s/ en /z/
verteenwoordig. Bashkir het beide /s/ en /z/ en /θ/ en /ð/.
Die Oeraalse taal Mari is tipologies soortgelyk aan Turkies, veral met die mildelike gebruik van partesipia,
gerunds en hulpwerkwoorde wat uit Tatar en Chuvash kom. Mari en Chuvash is al as ‘simbiotiese’ tale
beskryf.
Chuvash het ‘n Mari-substraat en heelwat Finno-Oegriese leenwoorde. Die sterkste invloed is egter van
Tatar op Laer Chuvash en van Mari op Hoёr Chuvash.
Die Oeraalse taal Mordvin het konstruksies wat met Hongaars ooreenkom, en voorts is daar tekens van
Alaanse/Ossettiese invloede.
13
Die Uralo-Siberiese tak van Eurasiaties wat ekwivalent aan die Trans-Eurasiese tak is.
Individuele tale is Fins, Karelies, Estnies, Hongaars / Magjaars, Komi, Udmurt, Moksha Mordvin,
Erzya Mordvin, Hill Mari, Meadow Mari, Sami, Samoyed, Khanty, Mansi, Nenets.
Die tale Nivkh, Chukoto-Kanchadal en Joekagir is waarskynlik ook lede van Uralo-Siberies.
14
Bibliografie
Agyagási, Klára. Language contact in the Volga-Kama Area.
Babaev, Kirill. Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages. An article from the Journal
of Language Relationship_2009_001
Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in
Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins.
Bengtson, John D. The Languages of Northern Eurasia: Inference to the Best Explanation
Fortescue, Michael. 2018. Language Relations Across the Bering Strait.
Gell-Mann, Murray et al. (2009) Distant Language Relationship: The Current Perspective, Journal of Language
Relationship·Вопросы языкового родства
Greenberg, Joseph H. (2000). Indo-European and its Closest Relatives: The Eurasiatic Language Family, Vol. 1:
Grammar . Stanford: Stanford University Press. 2000
Haase, Fee-Alexandra. 2019. “Chaining". Studies of the conceptualization of genuine concepts of linguistic
communication in the roots of the proto-language-thesaurus and reflexes across language families. Dialectologia
2019 no. 3.
Haase, Fee-Alexandra. 2014. Protolanguages vs. Linguistic Networks across language branches’. A basic inventory
for relations of concepts in prehistoric states of linguistic communication. In: Speech and Context I (VI) 2014.
Janhunen, Juha. Proto-Uralic—what, where, and when?
Janhunen, Juha. The homelands of the individual Transeurasian proto-languages, by Juha Janhunen, Martine
Robbeets, Alexander Savelyev, Evgeniya Korovina.
Ko, Seongyeon. (2011). Vowel Contrast and Vowel Harmony Shift in the Mongolic Languages. Language Research
47.1, 23-43. ournal of Phonetics (1990) 18, 93-122.
15
Kortlandt, Frederik. Indo-Uralic and Altaic.
Luobbal Sámmol Sámmol Ánte (Ante Aikio): Proto-Uralic, in: Marianne Bakró-Nagy, Johanna Laakso & Elena
Skribnik (eds.), The Oxford Guide to the Uralic Languages. Oxford University Press.
Maddieson, Ian. 2013. Front Rounded Vowels. In: Dryer, Matthew S. & Haspelmath, Martin (eds.) The World Atlas
of Language Structures Online. Leipzig: Max Planck Institute for Evolutionary Anthropology. (Available online at
http://wals.info/chapter/11, Accessed on 2021-08-01.)
Robbeets, Martine. 2020. The typological heritage of the Transeurasian languages
Robbeets, Martine. Basic vocabulary in the Transeurasian languages
Robbeets, M. 2018; Bouckaert, R.: Baye Structure of Transeurasian language family revealed by computational
linguistic methods.
Uys, Pieter. 2021. Ek, Jy en Ons in die Steentydperk.
Uys, Pieter. 2021. Eurasiaties
Uys, Pieter. 2021. Proto-tale van Afrika en Eurasiё.
Vaux, Bert. 2004. [atr] and [back] harmony in the Altaic languages. University of Wisconsin-Milwaukee
historical linguistics genetic linguistics protolanguages language contact areal linguistics substrate superstrate
adstrate phonemes SOV right-branching left-branching vowel harmony conjugation declension

More Related Content

More from PieterUys7

Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyPieterUys7
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesPieterUys7
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesPieterUys7
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedPieterUys7
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languagesPieterUys7
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels PieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse TaalPieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundPieterUys7
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokalePieterUys7
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamiliePieterUys7
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkPieterUys7
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)PieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse talePieterUys7
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamiliePieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasPieterUys7
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan PieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TalePieterUys7
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaPieterUys7
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies PieterUys7
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale PieterUys7
 

More from PieterUys7 (20)

Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ Amerindies
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale
 

Ural-Altaic et Oeral-Altaies

  • 1. 1 Die Oeral-Altaïese Konvergensiesone Trans-Eurasies & Uralo-Siberies Oeral-Altaïes is tot die 1960s as ‘n taalfamilie beskou, maar staan deesdae as ‘n konvergensie-sone bekend, waarin strukturele ooreenkomste oor vreemde taalgrense versprei. Taalkontak lei tot Streekslinguïstiek, waar tale uit verskillende families mekaar onderling beïnvloed, en soortgelyke eienskappe opbou.
  • 2. 2 Die Oeral-Altaïese Konvergensiesone Trans-Eurasies & Uralo-Siberies Pieter Uys, Orchards, 2021
  • 3. 3 Inhoudsopgawe Oeral-Altaïes herverbeel 4 Trans-Eurasies 4 Oeralo-Siberies 4 Oeraals 5 Turkies 6 Mongolies 6 Sakha, Kabardino-Balkaria en Karachay-Cherkessia 7 Tipologie 8 Vokaalharmonie 8 Geronde Voorvokale 9 Klankkorrespondensie 10 Idel-Ural 12 Bibliografie 15
  • 4. 4 Oeral-Altaïes herverbeel Oeral-Altaïes is tot die 1960s as ‘n taalfamilie beskou, maar staan deesdae as ‘n konvergensiesone bekend, ‘n area waar strukturele ooreenkomste in verskeie tale uit verskillende taalfamilies ontwikkel. Die werk van Martine Robbeets en Lars Johanson bewys dat Altaïes, nou Trans-Eurasies genoem, uit Mongools, Turks, Toengoes, Koreaans en Japonies bestaan, wat wel almal geneties verwant is en ‘n gesamentlike voorouer het. Selfs Altaïes as familie is op ‘n stadium in twyfel getrek, maar dié opvatting moes verander sedert navorsing oor prototale soos Eurasiaties en Nostraties die verbeelding gaande maak. Die Oeral-Altaïese konvergensie-sone verwys nou na ‘n linguïstiese streeksfenomeen waaraan die Oeralo- Siberiese en Trans-Eurasiese tale deelneem, tesame met ander tale van Oos-Siberiё. Die term “Ural-Altaïes” word deesdae gebruik vir ‘n tipologiese, grammatiese en leksiese konvergensiesone wat van Noord-Europa deur Noordwes-, Sentraal- en Oos-Asiё tot by die Stille Osean strek. Die linguïs Juha Janhunen beweer dat daar geen streeks- of tipologiese kenmerke is wat spesifiek aan Altaïes sonder Oeralies is nie. ("The Role of Paradigmatic Morphology in Historical, Areal and Genealogical Linguistics: Thoughts and Observations in the Margin of Paradigm Change in The Transeurasian languages and Beyond (Robbeets and Bisang, eds.)." Journal of Language Contact, volume 10, issue 2, p.) Michael Fortescue se boek Language Relations Across the Bering Strait (1998) stel ‘n saak vir Oeralo-Siberies wat Oeraals, Yukaghir en Eskimo-Aleut insluit, met meer verlangse verbintenisse aan Nivkh (Gilyak), Chukoto-Kamchadaals en miskien Ainu. Tesame met Indo-Europees, vorm Uralo-Siberies en Trans-Eurasies ‘n makrofamilie. Starostin se uitleg van die Boriese superfilum bevat onder meer Oeralo- Siberies en Trans-Kaukasies as dogters van ‘n taal van 9,000 jaar gelede (7,000 vC) wat uit Eurasiaties, vroeёr uit Nostraties, en eindelik uit Bories spruit.
  • 5. 5 Oeraals, met sowat 26 miljoen sprekers van 38 tale wat Fins, Estnies, Hongaars, Karelies, Mordvin, Mari, Oedmoert, Komi, Khanty, Mansi, Saami en Samojedies insluit. Die Siberiese tale wat die naaste aan Oeraals verwant is, is Joekaghier wat saam met Oeraals dalk ‘n Oeraals-Joekaghir-familie vorm. Vandag woon die handjievol Joekaghirs in die Russiese Federasie se Sakha Republiek. Nog ‘n lid is Nivkh of Gilyak wat uit drie tale bestaan, in Mantsjoerye langs die Amurrivier en in die noorde van Sakhalin Eiland. Die 2010 sensus gee net 198 sprekers aan. Plus Chukotko-Kamchatkaans of Chukchi–Kamchatkaans van Noordoos- Siberië, waarvan Chukchi die enigste lewenskragtige taal is. En ten slottte Inuit-Yupik-Unangan (Eskimo- Aleoet) van Alaska, Kanada en Groenland.
  • 6. 6 Minstens 35 Turkiese tale word in die sentrale en noordelike dele van Asië gepraat, vanaf Suidoos-Europa tot by die grense van China. Met sowat 175 miljoen moedertaalsprekers beklee Turkse tale amptelike status in Azerbaijan, Turkmenistan, Kazakhstan, Uzbekistan en Kirgizstan en die Sakha Republiek van die Russiese Federasie. Chuvash is die enigste oorblywende lid van wat vroeёr as Volga Bulgaars bekend gestaan het. Turkse tale vorm ook deel van die Noord-Kaukasus se kleurvolle linguïstieke mosaiek. Die Mongoliese tale word deur ongeveer sewe miljoen mense in Mongolië, in China se Binne-Mongolië en in die Russiese Federasie gepraat, hoofsaaklik in Burjatië en Kalmikië. Die twaalf Toengoestale met sowat 80,000 sprekers is oor China, Mongolië versprei.
  • 7. 7 Turkies in Siberiё (Yakutia/Sakha) en in die Kaukasus waar Kumyk, Nogai en Karachay- Balkar gepraat word. Kabardino-Balkaria, sprekers van Kabardin (Sirkassies), ‘n Noordwes-Kaukasiese taal. Die hoofstad is Nalchik, en hierdie republiek het die hoogste piek in Europa, Elbrus (5642m). Albei hierdie Kaukasiese republieke is waterryk met volop riviere en mere. Karachay-Cherkessia, ‘n streek wat sprekers van Karachay met sprekers van Cherkess deel. Die bergagtige republiek het vyf amptelike tale: Abaza, Russies, Cherkess, Karachay-Balkar en Nogai.
  • 8. 8 Tipologie Oeral-Altaïese tale is agglutinerend in woordstruktuur, en gebruik byna eksklusief suffikse. Meervoudige suffikse kan by die stam gevoeg word wat soms lang polisillabiese en polimorfemiese woorde vorm. Elke morfeem het net een betekenis of grammatiese funksie, en die fonologiese identiteit van elke morfeem bly stabiel met min modifisering van een woord-element op ‘n ander. Die meeste Oeral-Altaïese tale bevat geronde voorvokale soos [ü] en [ö] sowel as vokaalharmonie, wat die volgende soorte insluit: a Palataal: al die klinkers in ‘n woord is voor- of agtervokale en sommige het ook neutrale vokale wat saam met enige van die twee stelle kan verskyn. Palatale harmonie het verweer of verlore gegaan in tale soos Uzbek, Moksha Mordvin, sekere Mari-dialekte en die meeste Udmurt- en Komidialekte. b Erzya Mordvin het ‘n kombinasie van konsonant-vokaal- en hoogteharmonie, terwyl etlike Turkse en Mongoliese tale c liprondingsharmonie het wat gewoonlik net die oop vokale /e, o, a, ɔ/ affekteer . d Tongwortelharmonie behels die vokale /a, ʊ, ɔ/ versus /u, e, o/ en kom dikwels saam met rondingsharmonie voor. Oeral-Altaïes het geen grammatiese geslag nie (teenoor Hetities lewend/nie-lewend en Proto-Indo- Europees manlik-vroulik-onsydig). Hoof-finale sintagma met Onderwerp-Voorwerp-Werkwoord (SOV) woordorde. Geen konsonant-opeenvolging aan die begin van woorde nie (teen PIE se *h₂ŕ̥tḱos 'bier' > Hetiet ḫartaggas /ḫartkas/, maar Latyn ursus, Antieke Grieks árktos, Sanskrit ṛ́kṣas.
  • 9. 9 59%- 21 van die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale, behoort tot Eurasiaties. 20% - 6 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale, behoort tot die Dene-Sino-Kaukasiese makrofamilie. 5%- 2 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562
  • 10. 10 Oeral-Altaïese tale is ryk aan naamvalle, met ‘n gemiddeld van 15 per taal, en gebruik ook agtersetsels wat ‘n frase met die voorafgaande naamwoord vorm. Geen merker vir die nominatief nie (anders as Proto- Indo-Europees wat so ‘n nominatief-uitgang het). Oeral-Altaïёs het werkwoordverbuiging en verbale naamwoorde of partesipia (gerunds) wat as naamwoorde, byvoeglike naamwoorde of bywoorde optree, plus imperatiewe vorme. ‘n Stel stamme bestaan vir teenwoordige, toekomstige, aoris-, voorwaardelike, subjunktiewe, en twee verledetydsvorme, wat almal ook partesipia, gerunds en verbale naamwoorde kan vorm. Klankkorrespondensie Woord-inisiёle bilabiale sluitsklank: Oeralies *p- = Altaies *p- (> Turkies en Mongolies *h-) Sibilante: Oeraals *s, *š, *ś = Altaies *s Nasale: Oeraals *n, *ń, *ŋ = Altaies *n, *ń, *ŋ Resonante: Oeralies *-l-, *-r- = Altaies *-l-, *r-
  • 11. 11 Tabel 1 Turks Fins Mongools Hongaars ek is ben olurum minä olen bi bol én vagyok jy is sen olursun sinä olet chi bol te vagy hy/sy is o olur hän on ter boldog ő van ons is biz oluruz me olemme bid boldog mi vagyunk julle is siz olursunuz te olette ta bolno ti vagytok hulle is onlar olurlar he ovat ted bolox ők vannak
  • 12. 12 Idel-Ural Idel-Ural is die gesamentlike naam van die vyf republieke van die Volga-kom: Tatarstan, Bashkortostan, Mari-El, Mordvinia en Chuvashia. Die Mari en Mordvin is Oeraals, Tatar en Bashkir is Kipcha-Turk, en Chuvash is die enigste oorlewende van die Oghur-Turkse tale. Sprekers van Finno-Oegriese tale soos Udmurt, Mari en Mordvin word as die oudste bewoners van die Volga-kom beskou. Die Volga–Oka Sprachbund kon dalk in die eerste millennium selfs die uitgestorwe oostelike Baltiese tale ingesluit het, sowel as Oegriese en Permiese dialekte, Mordvin, Mari en die verdwene Muroma, Meshchera en Merya. Die Permiese groep, waaronder Udmurt en Komi, het die middelgrond beklee op beide linguïstiese en geografiese terrein, en vroeё kontakte het met Indo-Iraanse tale plaasgevind. Van die 12de eeu het Slaviese invloed uit die weste begin toeneem. Die Bolgar-Turke het die area in die 8ste eeu binnegekom en ‘n teenwoordigheid op beide banke van die Volga gehandhaaf. Die Mongoolse inval in die dekade van die 1230s het die Bolgar-staat met die Goue Horde vervang. Die Goue Horde het nie lank gehou nie toe word dit in 1438 met die Khazan Khanaat vervang, waarin die Kipchas ‘n hoofrol gespeel het. Bashkir beskik oor die dentale frikatiewe /θ/ en /ð/ in plaas van die ander Turkse /s/ en /z/. Bashkir /θ/ en /ð/ is onafhanklike foneme, apart van /s/ en /z/, terwyl Turkmen [θ] en [ð] die Turkiese /s/ en /z/ verteenwoordig. Bashkir het beide /s/ en /z/ en /θ/ en /ð/. Die Oeraalse taal Mari is tipologies soortgelyk aan Turkies, veral met die mildelike gebruik van partesipia, gerunds en hulpwerkwoorde wat uit Tatar en Chuvash kom. Mari en Chuvash is al as ‘simbiotiese’ tale beskryf. Chuvash het ‘n Mari-substraat en heelwat Finno-Oegriese leenwoorde. Die sterkste invloed is egter van Tatar op Laer Chuvash en van Mari op Hoёr Chuvash. Die Oeraalse taal Mordvin het konstruksies wat met Hongaars ooreenkom, en voorts is daar tekens van Alaanse/Ossettiese invloede.
  • 13. 13 Die Uralo-Siberiese tak van Eurasiaties wat ekwivalent aan die Trans-Eurasiese tak is. Individuele tale is Fins, Karelies, Estnies, Hongaars / Magjaars, Komi, Udmurt, Moksha Mordvin, Erzya Mordvin, Hill Mari, Meadow Mari, Sami, Samoyed, Khanty, Mansi, Nenets. Die tale Nivkh, Chukoto-Kanchadal en Joekagir is waarskynlik ook lede van Uralo-Siberies.
  • 14. 14 Bibliografie Agyagási, Klára. Language contact in the Volga-Kama Area. Babaev, Kirill. Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages. An article from the Journal of Language Relationship_2009_001 Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins. Bengtson, John D. The Languages of Northern Eurasia: Inference to the Best Explanation Fortescue, Michael. 2018. Language Relations Across the Bering Strait. Gell-Mann, Murray et al. (2009) Distant Language Relationship: The Current Perspective, Journal of Language Relationship·Вопросы языкового родства Greenberg, Joseph H. (2000). Indo-European and its Closest Relatives: The Eurasiatic Language Family, Vol. 1: Grammar . Stanford: Stanford University Press. 2000 Haase, Fee-Alexandra. 2019. “Chaining". Studies of the conceptualization of genuine concepts of linguistic communication in the roots of the proto-language-thesaurus and reflexes across language families. Dialectologia 2019 no. 3. Haase, Fee-Alexandra. 2014. Protolanguages vs. Linguistic Networks across language branches’. A basic inventory for relations of concepts in prehistoric states of linguistic communication. In: Speech and Context I (VI) 2014. Janhunen, Juha. Proto-Uralic—what, where, and when? Janhunen, Juha. The homelands of the individual Transeurasian proto-languages, by Juha Janhunen, Martine Robbeets, Alexander Savelyev, Evgeniya Korovina. Ko, Seongyeon. (2011). Vowel Contrast and Vowel Harmony Shift in the Mongolic Languages. Language Research 47.1, 23-43. ournal of Phonetics (1990) 18, 93-122.
  • 15. 15 Kortlandt, Frederik. Indo-Uralic and Altaic. Luobbal Sámmol Sámmol Ánte (Ante Aikio): Proto-Uralic, in: Marianne Bakró-Nagy, Johanna Laakso & Elena Skribnik (eds.), The Oxford Guide to the Uralic Languages. Oxford University Press. Maddieson, Ian. 2013. Front Rounded Vowels. In: Dryer, Matthew S. & Haspelmath, Martin (eds.) The World Atlas of Language Structures Online. Leipzig: Max Planck Institute for Evolutionary Anthropology. (Available online at http://wals.info/chapter/11, Accessed on 2021-08-01.) Robbeets, Martine. 2020. The typological heritage of the Transeurasian languages Robbeets, Martine. Basic vocabulary in the Transeurasian languages Robbeets, M. 2018; Bouckaert, R.: Baye Structure of Transeurasian language family revealed by computational linguistic methods. Uys, Pieter. 2021. Ek, Jy en Ons in die Steentydperk. Uys, Pieter. 2021. Eurasiaties Uys, Pieter. 2021. Proto-tale van Afrika en Eurasiё. Vaux, Bert. 2004. [atr] and [back] harmony in the Altaic languages. University of Wisconsin-Milwaukee historical linguistics genetic linguistics protolanguages language contact areal linguistics substrate superstrate adstrate phonemes SOV right-branching left-branching vowel harmony conjugation declension