1. 1
Die Kleiner Germaanse Tale
Die Germaanse taalfamilie wat rondom 500vC in Nedersakse vorm aangeneem het, beskik
vandag oor sowat 520 miljoen moedertaalsprekers. Wes-Germaans bestaan uit Afrikaans,
Alemannies, Engels, Fries, Duits, Luxemburgs, Nederduits, Nederlands, Skots, Vlaams en Yiddish.
Die Noord-Germaanse tale is Deens, Faroëes, Noorweegs, Sweeds en Yslands. Die Oos-
Germaanse tale het uitgesterf.
2. 2
By ‘kleiner Germaanse tale’ word bedoel dié tale met minder as een miljoen
moedertaalsprekers, te wete Faroëes, Fries, Hoogste Alemannies, Luxemburgs en
Yslands. Hiervan is Faroëes en Yslands lede van Noord-Germaans, terwyl Fries,
Alemannies en Limburgs deel van Wes-Germaans is. Elkeen van hierdie kleiner tale,
behalwe Hoogste Alemannies, geniet amptelike erkenning in die gebied waar dit gepraat
word.
Fries
Fries bestaan uit drie verskillende tale wat nie onderling verstaanbaar is nie, en wat oor Nederland en
Duitsland versprei is. In die vroeë Middeleeue is die taal vanaf die streek rondom Bruges in België tot
by die Weserrivier in Duitsland gepraat, al langs die suide van die Noordseekus, in ‘n kusgebied wat
as Groter Frisia bekend gestaan het.
Die grootste van die drie tale is Frysk of Wes-Fries, ‘n amptelike taal van die Nederlandse provinsie
Fryslân (Friesland), waar dit op die vasteland en op die eilande Terschelling en Schiermonnikoog
gepraat word, sowel as op vier dorpies in die Westerkwartier van die Groningenprovinsie. Die getal
moedertaalsprekers is sowat 400,000.
3. 3
Sedert 1960 begin Nederlands die oorhand oor Wes-Fries in Fryslân te kry weens immigrasie uit
ander dele van Nederland. Dis asof die provinsie self nou ‘n belangrike deel van die Wes-Fries
identiteit word eerder as die taal. Dis veral die skriftelike vorm van Frysk wat nie byhou nie, met slegs
30% van die bevolking wat dit skryf.
Al die Fries-tale en -dialekte vorm deel van die Anglo-Frisiese groep. Die Fries-tale is die naaste
verwante van die Angliese tale Engels en Skots.
Die hoofstad van Friesland is Liouwert (Leeuwarden). Die provinsie het twee dialekte, Stellingwerf in
die suidooste en Bilts in die noordweste. Die Fries Nasionale Party het verteenwoordiging in die
provinsiale wetgewer van Friesland en in die Nederlandse senaat.
4. 4
Nordfriisk (Noord-Fries) word in die Duitse distrik Nordfriesland in Schleswig-Holstein gepraat, en op
die eilande Heligoland, Sylt, Föhr, Amrum, en die Halligs in die Noordsee. Sowat 10,000 mense praat
tien dialekte van Friisk, Fresk, Freesk, Frasch, Fräisch en Freesch, wat almal ‘n Deense substratum
het. Die fonologiese stelsel van Noord-Fries word sterk deur standaard-Duits beïnvloed, en die taal
verloor sprekers.
5. 5
Die meerderheidstaal in Oos-Friesland in die Duitse streek Neder-Sakse is “Oos-Fries-Laer-Saksies”
wat nie ‘n Fries-taal is nie, maar ‘n variant van Laer-Saksies. Saterland Fries (Fräisk) word deur ‘n
klein minderheid van sowat 2,200 mense in drie dorpies in distrik Cloppenburg gepraat. Die drie
dialekte is Roomelse in Ramsloh, Schäddel in Scharrel en Strukelje in Strücklingen. Roomelse het
spesiale status omdat dit oor ‘n grammatika en woordelys beskik.
6. 6
In die vroeë Middeleeue is die taal vanaf die streek rondom Bruges in België tot by die Weserrivier in
Duitsland gepraat, al langs die Noordseekus, in ‘n gebied wat as Groter Frisia bekend gestaan het.
8. 8
Luxemburgs of Letseburgies is ‘n Moselle-Frankoniese (Moselfränkische) taal wat tot die Wes-
Sentrale groep van die Hoogduitse tale behoort. Dis een van Luxemburg se drie administratiewe tale,
en word ook in die Arelerlandstreek van België gepraat en in dele van Lotharine/Lorraine in Frankryk.
Sowat 51% van Luxemburgse burgers praat die taal.
Moselfränkisch is die dialek van die suidelike Rhynland, Siegerland van Noord-Rhyn-Wesfale en die
westelike Rhynland-Palatinaat. Moselle-Frankoniese dialekte word ook in oostelike België en in
Siebenbürgen, Roemenië gepraat.
Limburgse dialekte sluit in Areler (in Arlon), Eechternoacher (Echternach), Kliärrwer (Clervaux),
Miseler (Moselle), Stater (Luxembourg), Veiner (Vianden), Minetter (Suide van Luxemburg) en
Weelzer (Wiltz). Limburgs word met moeite deur sprekers van Standaard-Duits verstaan.
Die Luxemburger Wörterbuch in vyf volumes is tussen 1950 en 1977 publiseer en dien as bron vir die
standaard ortografie wat in 1975 amptelik geword het.
Nuusblaaie soos Tageblatt en Lëtzebuerger Journal gebruik Duits, en Le Quotidien Frans. Die
koerant van rekord is die hoofsaaklik Duitse maar dikwels drietalige Luxemburger Wort waar artikels
soms ook in Frans en Luxemburgs verkyn. Op TV en radio word ‘n tipe Luxemburgs gebruik wat sterk
deur Standaard-Duits beïnvloed word. In die reklamebedryf verskyn druk-advertensies gewoonlik in
Frans. Om dit ‘n plaaslike kleur te gee, word ‘n deel van die kopie in Luxemburgs geskryf. TV-
advertensies op RTL verskyn in Frans vir produkte soos motors, en in Luxemburgs met Franse
onderskrifte vir plaaslike produkte of dienste .
10. 10
Hoogste Alemannies
Alemannies is ‘n groep Duitse dialekte wat na die antieke Duitse stamkonfederasie die Alemanni
vernoem is. Die gebied waar hulle hul gevestig het, stem ooreen met die area waar Alemanniese
dialekte vandag gepraat word. Dit strek van Beiere en Württemberg in Duitsland deur Switzerland na
Oostenryk en die verre noorde van Italië.
Die Alemanniese dialekte beskik gewoonlik oor vokale wat dit meer na Nederlands of Afrikaans as
Duits laat klink, soos die Afrikaanse “ou” en “ei” in plaas van die Duitse “au” [aw] en “ei” [ai]. In baie
gevalle word die /ch/ in “ich” soos die Afrikaanse /g/ in “dag” uitgespreek.
11. 11
Die oudste tekste in Alemannies is ‘Elder Futhark’ inskripsies wat uit die sesde eeu dateer. ‘n
Weergawe van die Onse Vader uit die agtste eeu lui as volg:
Fater unser, thu bist in himile
uuihi namu dinan
qhueme rihhi diin
uuerde uuillo diin,
so in himile, sosa in erdu
prooth unseer emezzihic kip uns hiutu
oblaz uns sculdi unsero
so uuir oblazem uns skuldikem
enti ni unsih firleit in khorunka
uzzer losi unsih fona ubile
Alemannies word in drie hoofdialekgroepe verdeel:
12. 12
In die noorde is die Swabies van Württemberg en Beierse Swabië, Lae-Alemannies soos Rhynse
Alemannies in Suidwes-Baden, Alsaties in Frankryk, en Baselse Duits; en die oorgangsdialek
Bodensee Alemannies.
Hoog-Alemannies, (wat nie met Switzerse Duits, die Switzerse variant van Standaard-Duits verwar
moet word nie) word tradisioneel in ‘n Oosterse en Westerse groep verdeel deur die Brünig-Napf-
Reuss-lyn deur kantons Aargau en Luzern. Oostelike Hoog-Alemannies sluit Zürich-Duits, Luzern-
Duits, en die dialekte van oostelike Switzerland in. Westelike Hoog-Alemannies sluit Bernese Duits,
die Duitse dialekte van Solothurn en Fribourg in, sowel as die meeste dialekte van Aargau en die
noordelike dele van Luzern.
13. 13
Hoogste Alemannies word in die suide van Switzerland, in die hoogste Alpe, dele van Liechtenstein
en die Oostenrykste provinsie Vorarlberg gepraat, sowel as in Kantons Fribourg en Valais, in die
Bernese Oberland en in die verspreide Walser gebiede van byvoorbeeld Kanton Graubünden en dele
van Italië.
Hoogste Alemannies word as die mees konserwatiewe dialekte van Duits beskou, en word nie maklik
deur sprekers van Standaard-Duits verstaan nie. Die Hoogste Alemanniese dialekte het verskillende
werkwoorduitgange in die meervoud (byna al die ander Duitse dialekte het dieselfde vorm vir ‘ons’ en
‘hulle’).
wir singen 'ons sing',
ir singet ‘julle sing',
si singent ‘hulle sing'
14. 14
In Walliser word die agtervokale /o/ en /u/ van Switzerse Duits na vore gebring en gerond tot /ö/ en
/ü/. Switzerse Duits se Huus, Boum, Muot, Uussicht, guet, Puur, (Haus, Baum, Mut, Aussicht, gut,
Bauer) word dus Hüüs, Böüm, Müet, Üssicht, güet, Püür. Switzerse Duits se /ü, ö, öi, öü, üe/ word
dikwels /i, e, ei en ie/, dus word Füür, Föön, müed, Fröit, Schüür, Dörfli, Füess (mv), (Feuer, Föhn,
müde, Freude, Scheune, Dorf, Füsse) die volgende in Walliser: Für, Feenno, mied, Freit, Schür,
Deerfji, Fiess.
15. 15
In Hoogste Alemannies word die SD /nk/ met /ch/ vervang, en die kort vokaal word lank. Dus
verander /trinken, tränken, schenken, danken, Bank/ na /triichu, treichu, scheichu, däichu, Bäich/. Die
klanke “rg”, “rn” of “rm” word “ra” en die vokale wat op ‘n “r” volg, word verdubbel, byvoorbeeld
/moora, gäära, tuura, hoora./
Die verkleinvorm is /ji/ in plaas van /i/ of /lein/, SD woorde Maitli, Büebli, Hüüsli, Bärgli, verander in
Meitji, Büebji, Hiischi, Bäärgji, vir Standaard-Duits se Mädchen, Bübchen, Häuschen, Berglein). Die
meervoudsvorm is ‘n /-ini/-suffiks, dus word Männer > Mannjini, en Häuser word Hiischini.
Die voornaamwoord /du/ word in die ooste as düü/ uitgespreek en in die weste as kort en nasale /dũ/.
Die woord Schmetterling (vlinder) is Pfiiffoltra in Hoogste Alemannies.
Alemannies kan op YouTube gehoor word, byvoorbeeld die trefferliedjie Zwöi Rehbruni Ouge deur
die Switzerse groep Oesch’s die Dritten. Hier is nog ‘n gewilde liedjie, in ‘n dialek van Liechtenstein:
Do Khör I Hi - Der Liechtenstein-Song.
Bjōrk
16. 16
Yslands
Yslands is ‘n Wes-Skandinawiese taal van die Noord-Germaanse groep wat hoofsaaklik op Ysland
deur sowat 360,000 mense as moedertaal gebruik word. Sprekers noem dit íslenska ['iːs(t)lɛnska] en
dis Ysland se amptelike taal sedert 1944. Yslands is naby aan Oud-Noors, en sprekers daarvan kan
die Oud-Noorse sagas met min moeite verstaan. Die naaste hedendaagse taal aan Yslands is Faroëes;
die skriftelike vorms is baie soortgelyk, maar die gesproke tale is nie onderling verstaanbaar nie.
Yslands het baie argaïese kenmerke van oer-Germaanse tale behou. Selfstandige en byvoeglike
naamwoorde en voornaamwoorde het vier naamvalle (nominatief, akkusatief, datief en genitief),
terwyl werkwoorde vir tyd, modaliteit, persoon, getal en stem verbuig word. Daar bestaan tien
tydsaanduidings, hoewel die meeste met behulp van hulpwerkwoorde uitgedruk word.
17. 17
Ysland word sedert 870 nC bewoon, deur Vikings van Denemarke wat Oud-Noors gepraat het. Die
eerste tekste dateer uit 1100 AD. Die bekendste daarvan is die Sagas wat geskiedenis en gedigte
insluit. Die eiland se isolasie het bygedra om die Yslandse taal suiwer te hou, en om taalverandering
te rem.
Deesdae word die taal deur die Yslandse Taalinstituut beskerm teen leenwoorde. In plaas van om ‘n
woord te leen, word ‘n nuwe woord geskep uit bestaande Yslandse foneme. Die woord vir rekenaar,
18. 18
tölva, is byvoorbeeld ‘n samevoeging van tala (nommer) en völva (profetes). Dialektiese verskille is
ook onbeduidend.
Yslands het 16 vokale, 11 diftonge en 16 konsonante vir ‘n totaal van 38 foneme.
Yslanders staan bekend as lesers en literatuurliefhebbers van formaat. Die eiland het twee dagblaaie
en vier semi-weeklikse koerante, drie populere tydskrifte, vyftien radiostasies en verskeie
televisiekanale.
Yslanders staan bekend vir hulle gebrek aan inhibisie, sodat naaktheid in die openbaar nie
uitsonderlik is nie. Hulle geniet dit glo om kaal in die see of swembad te spring. Soos ander
Skandinawiërs, spreek Yslanders sekere woorde met inaseming (by die inasem) uit, soos ‘Já’ (ja) en
‘Jæja,' (goed). Dis bloot ‘n praatgewoonte en moenie as ‘n geskokte asemteug beskou word nie.
Die lied Viking King deur Valratus word in Yslands gesing, en hier sing Bjōrk in Yslands.
20. 20
Faroëes
Die Faroëreilande, ‘n argipel van 18 eilande en meer as 700 klein eilandjies sowat 320 km noordwes
van Skotland, en halfpad tussen Noorweë en Ysland, is ‘n outonome gebied binne die Koningkryk
van Denemarke. Die woord “Faroër” is Oud-Noors vir Skaap-eilande.
Dis ‘n selfgerende nasie binne die Koninkryk van Denemarke, met eksklusiewe magte oor
natuurbewaring, mariene bronne, handel, belasting, energie, vervoer, kultuur, kommunikasie,
navorsing en opvoeding.
21. 21
Die totale area beslaan 1,400 vierkante km (540 vk myl). Tórshavn met ‘n bevolking van 21,000 op
die eiland Streymoy is die hoofstad. Van 1035 tot 1814 was die eilande deel van die Koningkryk van
Noorweë, en van 1814 af deel van Denemarke.
Faroëes (føroyskt [ˈføːɹɪst]) word deur sowat 50,000 sprekers op die Faroëreilande (Føroyar) en
sowat 22,000 in Denemarke gepraat. Die taal is naby verwant aan Yslands, maar die spreektale van
die twee is nie onderling verstaanbaar nie.
Luister hoe Eivør Pálsdóttirin in Faroëes sing: Trøllabundin en Mín Móðir.
22. 22
Streymoy is 47 kilometer (29 myl) lank en gemiddeld 10 km (6 myl) breed. Die eiland is bergagtig; die
hoogste piek is Kopsenni in die noordweste (789 metres (2,589 ft)). In die suidooste is die twee fjords
Kollafjørður en Kaldbaksfjørður.
Faroëes het in 1948 die nasionale taal van die Faroëreilande geword, maar word eers sedert die
1980s in die media en reklamewese gebruik. Dit is ‘n bekermde minderheidstaal in Denemarke.
Deens en Faroëes is beide nasionale tale en die Faroëese is ten volle tweetalig.
23. 23
Faroëes is tussen Yslands en Deens; die morfologie is konserwatief maar bevat heelwat Deense
leenwoorde. Anders as Yslands, bestaan daar dialektiese variasie in Faroëes.
Die eilande het ‘n lewendige musiekbedryf, en die G! Festival trek internasionale musikante uit
verskeie genres aan, soos jazz, folk, rap, techno en Viking metal.
29. 29
Bibliografie
Arnason, Kristjan. 2011 The Phonology of Icelandic and Faroese, Oxford
Bayldon, George. 2008. An Elementary Grammar of the Old Norse or Icelandic Language.
Harbert, Wayne. 2006. The Germanic Languages, Cambridge
Johnson, Sally & Natalie Braber. 2008. Exploring the Germanic Languages.
Newson, Gerald. 1996. Luxembourg and Lëtzebuergesch: Language and Communication at the
Crossroads of Europe, Clarendon Press.
Nielsen, Hans Frede. 1989. The Germanic Languages. University Alabama Press.