Popular Kala Jadu, Black magic specialist in Sialkot and Kala ilam specialist...
Editor's Notes
#Die kerk van Jesus is “amazing”
Dit was vir my wonderlik toe ek Maandag, die 1ste dag van ons tydperk van vas n gebed vir meer van God se Gees, my Bybel oopmaak en sien dat ek by Handelinge 1 is. Handelinge, die boek wat die bedrywighede van die 1ste nuwe Testamentiese gemeente beskryf. Handelinge, die boek waarin ons so duidelik die werk van die HG sien. Soos wat ek deur die week die 1ste paar hoofstukke gelees het was ek opnuut verstom deur die kerk van Jesus Christus. Daar is niks wat kan vergelyk met God wat in en deur Sy kerk ‘n verlore, sondige wereld red en verander nie. Manne wie net n paar weke tevore bang was om te erken dat hulle hoegenaamd Jesus ken, preek nou onverskrokke die woord. Hulle skroom ook nie om hulle wie verantwoordelik was vir Sy dood te konfronteer nie.
#Die bestaan en groei van die kerk is bo-natuurlik
Wat God deur Sy kinders gedoen het is dood eenvoudig bo-natuurlik. Hy gebruik dood gewone mense vir buitengewone dade. ‘n Eens lafaard preek en 3000 mense kom tot bekering. Twee van Sy kinders is oppad tempel toe. By die tempel kry hulle n verlamde man en in Jesus Naam word hierdie man in n oomblik genees. Mense neem nou dieselfde Jesus aan wie hulle n paar weke tevore gekruisig het.
#Die apostels se eerste teenkanting
Die Joodse leiers wie verantwoordelik was vir Jesus se dood was uit die aard van die saak nie baie opgewonde oor wat besig was om te gebeur nie. Hierdie volgelinge van Jesus laat hulle nie baie goed lyk nie. Wonderwerke was dinge waarvan hulle net in die Pentateug gelees het. Nou doen hierdie volgelinge van Jesus wonderwerke in Sy Naam. Hulle moet ’n stokkie voor hierdie besigheid steek voor dit hand uitruk. Hulle neem hulle gevange en gooi hulle in die tronk. Terwyl hulle hul die volgende dag ondervra, is hierdie deel van hulle respons: ...
#Hand 4: 12 ..
Wow! Wat ’n uitspraak! Wat ’n demonstrasie van geloof en onverskrokkenheid! Niemand het gewonder oor wat hierdie manne glo nie. Niemand het gewonder teenoor wie hulle lojaal was nie. Hulle hele lewe was aan Jesus uitverkoop.
#Dit was sigbaar!
Dit was vir almal hoorbaar en sigbaar in wie hulle glo en vir wie hulle leef. Nie eers in, tot op daardie stadium vir hulle, die moeilikste omstandighede het hulle terug gediens nie.
#Hoekom het die leiers hulle nie meer hardhandig hanteer nie?
Die gedeelte gee vir ons ’n paar moontlike redes. Hulle het hulle dalk nog nie regtig as so ’n groot bedreiging gesien nie, dalk was hulle versigtig vir wat die mense sou sê en doen. Hulle wou nie hulle gewildheid skade berokken nie. Ek glo die ware rede kry ons in die laaste del van v 13 ...
#Hand 4:13 ....
#NIV ...
Uit die woorde en optrede van hierdie manne was dit vir die joodse leiers duidelik dat hierdie manne by en met Jesus was. Dit was duidelik sigbaar vir almal met wie hulle te doen gekry het. En dit het niks te doen gehad met wie hulle was of die posisie of kwalifikasies wat hulle gehad het nie. Hulle was ook nie ryk nie. So wat was dit wat gemaak het dat hierdie mense hulle kon herken as manne wat by Jesus was?
#Hand 4:8 .....
Onthou, hierdie is dieselfde Petrus wat net ’n paar weke vantevore weggehardloop en Jesus verloën het. Dit is manne met geen posisie of sê nie. Die x-faktor was die HG.
#Heilige Gees verander lafaards in helde
Die HG maak dat mense Jesus in my en jou kan identifiseer. HG maak dat ek en jy so optree dat God oor ons sal glimlag ongeag die gevolge wat dit dalk vir ons mag hê. HG gee gewig aan ons woorde. Hy maak dat mense nie net jou en my woorde van die tafel kan afvee nie. Hulle mag voorgee asof hulle dit doen, maar soos in die geval van hierdie manne sal ons woorde iets los wat hulle nie sal kan ignoreer of vergeet nie.
#Heilige Gees gee wysheid aan ongeletterdes
Wysheid tot die mate dat hulle wonder of hulle hierdie manne reg identifiseer. Wysheid wat jy in geen boek kan leer nie, wysheid direk uit die troonkamer van God gebring deur Sy HG. Dit is wat die lewens van hierdie lidmate van die 1ste nuwe testamentiese kerk van Jesus gedemonstreer het. Ander kon sien, hulle was by Jesus. Die toepassing is dit ...
#Is dit sigbaar.......?
Kan ander ook Jesus in jou en my sien en hoor? Is daar ook hierdie X-faktor teenwoordig in ons lewens. Iets wat nie sigbaar of meetbaar is nie maar net so ’n realiteit is soos wat die son daar buite skyn. Die persoon wat gewone mense gebruik om buitengewone lewens te leef. Om God se Woord te kan leef in ’n tyd wat meeste dit nie doen nie. Kan ons soos Petrus beleef, hier is iets hier binne-in ons wat my in staat stel tot dinge wat ek in die verlede nie self kon regkry nie. Mense, dit is waar ....
#Aksie 21:8:3
Sy geboorte gekry het. Vanuit hierdie besef dat ek het baie meer van die HG in my lewe nodig. Die besef dat wanneer ek die Bybel lees, dan sien ek sekere goed raak wat afwesig is in my lewe. 1 Kor. 4:21 sê die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie maar in krag. Daar is ’n gebrek aan hierdie krag in my lewe. Hierdie krag is die HG! Hand 1:8. Dit is hierdie Gees wat gewone manne so laat optree dat ander van Jesus kennis geneem het. Dit is die krag van hierdie gees wat dowes laat hoor, blindes laat sien, kreupeles laat loop, wat maak dat 3000 mense tot bekering kom nadat die woord verkondig is.
#Sigbaar tot voordeel van Sy koninkryk
Wanneer ons praat oor die sigbare werking van God in en deur ons deur Sy HG, dan gaan dit nie om die sigbaarheid van Hom vir eie gewin nie. Dit gaan oor Hom! Onthou die 120 in die bovertrek het bloot gewag op die krag aandoening. Hulle het nie op tale per sy gewag nie, hulle het gewag vir die belofte van krag. Krag om ’n rede, krag sodat ons kan gaan getuig. Krag sodat ons ’n verskil kan maak, nie krag om goed te lyk nie. Nie krag ter wille van ’n vertoon of om te manupileer nie. Dit is nie ’n sigbaarheid om my eie koninkryk en beeld te bou en goed te lyk nie. Dit is ’n sigbaarheid sodat Sy Naam verheerlik kan word en Sy koninkryk uitgebrei kan word. Dit is NB dat ons sal verstaan dit gaan oor Hom, want .....
#Sigbaarheid kos ’n prys
Dit kos ’n prys in die sin van hulle moes daarvoor bid en wag. Die feit dat hierdie manne iets gehad het wat ander nie het nie het hulle ook onder skoot gebring. Hulle het moeilikheid gekry. Hulle moes voor die Joodse Raad verskyn. Hulle is later weer in die tronk gegooi nadat hulle geslaan is. So as ek dink dat dit net vir my roem en eer gaan bring maak ek ’n fout. As ek daarna soek vir selfsugtige redes gaan ek teleurgestel wees.
#Sigbaarheid bring loon
U sien, die loon is nie in die hier en nou nie. Ja, verseker is dit wonderlik om te sien en ervaar hoe God mense se lewens en omstandighede deur jou verander. Dit is geweldig bevredigend. Die grootste bevrediging sal egter wees die dag wanneer ons Jesus weer ontmoet en ons loon vir hierdie sigbaarheid ontvang. As ek vanoggend my lewe moet evalueer, sal ander my as ’n metgessel van Jesus kan identifiseer. Sal hulle van my kan sê wat hulle van Petrus en Johannes gesê het?
#They took note that these men had been with Jesus