SlideShare a Scribd company logo
1 of 15
Download to read offline
Die Sielkunde van Christen Anti-Semitisme
deur Pieter Uys
“There are individuals whose consciences are sensitive to evil and
whose affinity with truth compels them to criticize even traditions they
personally hold dear. These can be addressed, even by a history as
critical as this. They can be challenged to do more than has yet been
done to undo the damage of centuries. The weapon of truth can be
leveled against the demons of hate. Some who have not yet learned of
this shameful history can hear it and respond.” ~ William Nicholls.
1
Godsdiens kan die edelste in ‘n mens na vore bring maar ook die
slegste wanneer dit jou vasklem in vrees en veroordeling. Watter beter
bewys is daar as ware naasteliefde, sublieme kuns, literatuur en
musiek aan die een kant, teenoor die religieuse/ideologiese konflik wat
regdeur die geskiedenis soveel lyding en doodslag gesaai het?
Ons leef in ‘n post-Christelike tydvak wat as postmoderniteit of laat
moderniteit bekend staan. In sy Europese bakermat het die
Christendom sedert die Verligting stelselmatig sy krag verloor sodat
daar vandag ‘n minderheid self-verklaarde Christene in die kontinent
oorbly, hoewel dit in dele van Afrika en Asië sterk groei toon en tans
nog stewig staan in Noord Amerika.
Daar word algemeen aanvaar dat die godsdiens ‘n toonaangewende rol
gespeel het in die opbloei van die Westerse beskawing, deur middel
van die morele kode wat dit uit die Hebreeuse geskrifte ontvang en
deel van sy doktrine gemaak het. Wat ons vandag as vanselfsprekend
aanvaar, soos die heiligheid van menselewe, die oppergesag van die
reg, menseregte en die beskerming van weerloses kan via die
Christengeloof na die Hebreeuse geskrifte herlei word.
Dis alombekend dat die kerk nie altyd aan hierdie moraliteit voldoen
het nie en ook verskriklike vergrype gepleeg het; dink maar aan
Europa se godsdiensoorloë en die Inkwisisie. Tog het die koms van die
Christendom ‘n einde gemaak aan barbaarse praktyke van die Grieks-
Romeinse Romeinse beskawing, soos die gebruik om pasgebore babas
weg te gooi om te sterf, wat baie algemeen voorgekom het.
2
Benewens voorvermelde vergrype van die kerk wat in ons tydvak wyd
bekend is, bestaan daar egter nog ‘n ander ontstellende sy van die
geskiedenis van die Christendom wat byna geheel en al verbloem is.
Net ‘n woord van waarskuwing: indien jy vas glo dat die Nuwe
Testament soos dit bestaan, die perfekte “Woord van God” is, en
indien bewyse van ernstige teenstrydighede in die teks jou sal ontstel,
moet liefs nie verder lees nie. Dis nie my bedoeling om enigeen se
geloof se ondermyn of om mense van hul sekerhede te ontneem in ‘n
dikwels harde en ongenaakbare wêreld nie.
Allermins wil ek die huidige spul oppervlakkige materialiste (soos
Richard Dawkins) sterk in hul kwaad, of die wanhoop van nihilisme of
hedonisme aanmoedig. Elkeen van hulle is destruktief en die mens nie
werd nie.
Myns insiens is die menslike bewussyn meer as genoeg rede om te glo
in die bestaan van ‘n liefdevolle Opperwese wat deernis het met die
smarte van ons bestaan en wat eindelik alles sal herstel en wat oor die
mag beskik om die bewussyn van elke individu wat ooit geleef het, te
genees.
Maar dit het dringend noodsaaklik geword om vooropgestelde idees,
aannames, mites (in beide sin van die woord word bedoel, nie net die
een wat “”verdigsels” beteken nie) en simboliek te ondersoek.
Daardeur kan mens insig in jou persoonlike gemoed verkry en die
angste in jou onderbewuste ter ruste gelê word. Jy kan ook bevry word
van baie van die kwellinge wat uit die kollektiewe, die westerse en die
volks-onderbewuste spruit.
3
Ja, helaas, daar skuil beide gesonde en ongesonde dinge in die
onderbewussyn, en in ons geval waar ons spesifiek as Westerling,
Christen en Afrikaner grootgeword het. Sommige van die negatiewe
kan tereg met die demoniese vergelyk word en daarom is dit so
belangrik dat mense daarvan bewus word.
4
Die Verswygde Geskiedenis
Die Joodse volk is reeds in die voor-Christelike era as “anders” beskou.
Omring deur politeïsme, het hulle aan een God en een wet vasgehou.
Midde-Oosterse politeïsme was van die vroegste tye op
vrugbaarheidskultusse gebaseer waarin seks en menslike offerande ‘n
groot rol gespeel het. Daarby is die staatshoof as ‘n god aanbid – dink
maar aan Egipte en die Romeinse Ryk – wat ‘n noue verbintenis tussen
die politiese en religieuse daargestel het.
Al bovermelde praktyke is deur Judaïsme verwerp, wat Jode dus
spiritueel, seksueel en polities “anders” gemaak het, mense buite die
norme van die samelewing. Totaal belaglike, verkleinerende
eienskappe is ook aan Jode toegeskryf deur byvoorbeeld die Egiptiese
historikus Manetho en die Griek Apion.
Met die koms van die Romeine is daar op die verwronge beeld wat
deur Egiptenare en Grieke geskep is, voortborduur deur onder andere
Horatius, Martialus, Cicero en Petronius. Teen die tyd van Jesus het
daar dus reeds ‘n onvleiende bloudruk bestaan wat Jode as aanhangers
van ‘n vreemde metafisika, as ‘n laer ras en asosiaal voorgestel het.
Die titel “Verswygde Geskiedenis” verwys na ‘n aspek van die verlede
waarvan bitter min Afrikaners kennis dra. Christen Antisemitisme is ‘n
onderwerp wat ‘n hele ensiklopedie in beslag kan neem en nie hier in
besonderhede bespreek kan word nie. Die leser word na die
bibliografie verwys vir breedvoerige behandeling daarvan.
5
Die finale breuk tussen Christen en Jood het in 394 van ons era
plaasgevind toe een spesifieke stroming van die Christen-godsdiens
die Romeinse Ryk se amptelike geloof geword het. Alle ander vorme
van dié godsdiens en ander godsdienste is suksesvol onderdruk en
uitgeskakel maar die Judaïsme het oorleef.
Die Jood het egter die mindere geword, die ongelowige, die vervloekte.
Deur dogma, doktrine, kerklike leer, tradisie, kuns en literatuur is Jode
in die agent van die duiwel verander, die “moordenaar van God.”
Wat nou volg, gaan vir sommige lesers pynlik wees, maar elkeen wat
hom-/haarself ‘n Christen noem, is dit aan jouself verskuldig om
ondersoek in te stel na die historiese gegewe, die vraag of
weersprekinge in die teks versoen kan word. Ten slotte moet daar
besin word oor die moontlikheid dat oorspronklike tekste verander is
deur groepe of organisasies met ‘n agenda van hul eie, te wete die
verplasing van skuld vir die moord op Jesus van die Romeine op die
Joodse volk.
6
Die demonisering van Jode kom op beide openlike en verskuilde
maniere in die Nuwe Testament voor.
1 Openlike Demonisering
Al vier die Evangelies beskulding “die Jode” vir die dood van Jesus,
maar twee van hulle gaan selfs verder met die klaarblyklik bedoeling
om haat aan te blaas. Die Evangelie van Johannes identifiseer Jode met
Satan:
Johannes 8:44. “Julle het die duiwel as vader…”
… terwyl Mattheus hul kollektief beskuldig van godsmoord en hul straf
vooraf regverdig: “Laat sy bloed op ons en ons kinders rus.”
Nou, enigiemand met meer as twee breinselle wat hierdie Evangelies
uit ‘n rasionele oogpunt bestudeer, kan die teenstrydighede ‘n
kilometer ver raaksien. Het duisende mense dan nie kort tevore Jesus
se intrede in Jerusalem verwelkom met “Hosanna vir die seun van
Dawid!” nie… en ‘n paar dae later wil hulle (almal!) hom laat
kruisig!????
Nog ‘n vraag is: Waarom sou vrome Joodse manne in hul geskrifte na
“die Jode” verwys? Sou die dissipels van Jesus nie eerder die woorde
“ons mense” of “ons volk” of “die priesters” gebruik het nie?
Hierdie Evangelies is dekades na die dood van Jesus in Grieks
neergepen en daar bestaan geen twyfel nie dat daar heelwat met die
tekste gepeuter is. Teks-analise sowel as die bestaan van
7
betekenisvolle verskille tussen die teks van dieselfde boek in ‘n
verskeidenheid manuskripte bied oorweldigende getuienis hiervoor.
Dan kom die vermiste konteks by. In die tyd van Jesus was daar reeds
‘n Diaspora. ‘n Groot persentasie van die Joodse volk was reeds
versprei onder die nasies: daar was Joodse gemeenskappe in
Mesopotamië, Persië, Arabië, Anatolië (Klein Asië), Egipte, Ciprus,
Griekeland, Italië, Noord-Afrika en ander gebiede.
Boonop is dit hoogs te betwyfel dat die meeste inwoners van Judea en
Galilea hoegenaamd van Jesus se bestaan bewus was. Daar is byna
geen historiese rekord nie en die twee sinne wat wel bestaan in die
werk van Flavius Josefus, is sterk onder verdenking as ‘n latere
toevoeging.
Selfs al sou dit waar wees dat ‘n groep Joodse manne uitgeroep het:
“Laat sy bloed op ons en ons kinders wees” dan is dit steeds
verregaande dat hulle vir die hele Joodse volk durf spreek het! Begin jy
nou te sien, liewe leser, hoe maklik mens deur “narratiewe” om die bos
gelei kan word?
Wie ook al die skrywer van die boek Mattheus was – of wie ook al later
daardie dodelike stukkie propaganda daar ingevoeg het – is skuldig
aan valse getuienis en aanhitsing tot moord.
2 Implisering & Onderbewustelike Programmering
Regdeur die Evangelies word die Jode aan die duiwel gekoppel,
byvoorbeeld Jesus se stryd teen die duiwel en teen die Fariseërs, sy
uitdrywing van demone en van geldwisselaars uit die tempel.
8
Juda was een van die twaalf stamvaders van Israel wie se naam
eindelik deur die hele volk oorgeneem is. Die skurk in die verhaal dra
die naam Judas, wat die Hebreeuse Juda is met ‘n Griekse S. Toevallig?
Dis sterk te betwyfel.
Nog meer rede om die name van Judas en Mattheus te bevraagteken,
word deur die geskiedenis voorsien. Judas Makkabeus (“hamer”) was
die Joodse leier wat die volk bevry het van die wrede Seleusiede
Koning Antiochus Epiphanes. Die vader van Judas Maccabeus wat die
opstand teen Antiochus Epiphanes begin het, was ‘n priester met die
naam Mattheus (Matityahu).
Vir ‘n onthulling van onderbewustelike programmering, sien asb
http://www.scribd.com/doc/31896004/MONSTERS-MADONNAS-Resensie
Monsters & Madonnas deur Judith Taylor Gold.
Die Kerkvaders van die 2de tot 7de eeu wat die basiese doktrines van
die kerk geslyp het, het voortgeborduur op die Jood = Duiwel konsep
uit die Evangelies. Melito van Sardis, Tertullianus, Irenaius, Augustinus
van Hippo, Gregorius van Nissa, Hieronimus (St Jerome), Johannes
Chrysostom, Hippolitus, Eusebius, Origenes, Ambrosius, Cyril van
Alexandrië…
Hul woorde laat ‘n mens se hare orent staan wanneer dit jou nie laat
lag oor hul verspotte idees nie. Dis werklik moeilik om hierdie spul
hansworse as spiritueel ontwikkelde individue te beskou wanneer
mens met hul boosaardige uitsprake teen andersdenkende Christene
en Jode konfronteer word, en selfs met hul denke oor ‘n verskeidenheid
ander onderwerpe.
9
Hoewel die doktrine van Supersessionisme (Verplasingsteologie
/Vervangingsteologie) formeel aan Augustinus van Hippo toegeskryf
word, bestaan dit reeds in die geskrifte van Saulus / Paulus van Tarsus.
Hierdie is die valse bewering dat Israel verwerp is ten gunste van die
kerk, met ander woorde die Christendom het die Joodse volk vervang
as uitverkorene van God.
Vele vraagtekens hang oor Paulus van Tarsus se identiteit,
persoonlikheid en motivering. Daar bestaan ‘n sterk vermoede dat hy
‘n lid van die uitgebreide Herodiese familie was. Herodus was ‘n
Edomiet wat tot Judaïsme bekeer is, dus geen Jood nie, en ‘n hegte
vriend van die Romeinse Ryk.
Paulus beweer dat hy ‘n Fariseër was maar sy onsamehangende en
verwarrende skryfsels toon geen teken van die gesofistikeerde
redenasievermoë van die Fariseërs nie – ‘n groep wat erg onder
wanvoorstelling en belastering deurloop in die Nuwe Testament,
behalwe die roemryke Gamaliël vir wie daar darem ‘n goeie woordjie
is.
Die kinderlike Kerkvaders is op verskillende tye deur ‘n groot aantal
(nie alle) Pouse ondersteun in hul demonisering van die Joodse volk.
Die teologiese verbintenis Jood = Duiwel het in Middeleeuse kuns ‘n
nare hoogtepunt bereik. In die argitektuur en versierings van kerke en
katedrale, op monumente en regeringsgeboue, in geïllustreerde Bybels
en gebedeboeke, selfs in huishoudelike items is die Jood met horings,
10
gesplete hoewe, ‘n stert en ‘n bokbaard voorgestel, dikwels met ‘n
punthoed en klere met afbeeldings van skerpioene – die duiwel se
simbool.
Middeleeuse volksverhale, die teater en literatuur het ook hierdie beeld
gepropageer. Jode is as towenaars voorgehou, kinders van die
duisternis, agente van die duiwel, die boosheid vanself. Passiespele
wat die lyding en dood van Jesus beklemtoon het, het van soortgelyke
voorstellings gebruik gemaak. Dis moeilik om die emosionele impak
van byvoorbeeld Oberammergau se passiespele te onderskat.
Martin Luther het die demonisering een stap verder gevat. By hom het
“Vervangingsteologie” die teologie van uitwissing geword. Een kykie
na wat hy in On The Jews and their Lies (1543) kwytraak, behoort enige
redelike mens te genees van die wanindruk dat Luther enigsins ‘n
“heilige” of selfs geestesgesonde individu was. Hy het ewe haatlike
uitsprake oor katolieke gemaak.
Nie eens die Verligting kon ‘n einde bring aan die eeuelange
demonisering nie. Inteendeel …
Wat in die Evangelies voortgebring is, deur die Kerkvaders en Pouse
gevoed is en in die Middeleeue alledaags geword het, het via Martin
Luther in die Duitse psige nesgeskop en vandaar oorgespring na
sekulêre godsdienste soos Nasionalisme, Sosialisme, Fascisme en
Marxisme. En tot die Holocaust gelei.
Pogings om die Christelike geloof met sekulêre ideologieë te vervang,
het aanleiding gegee tot die totalitariese tragedies van die 20ste eeu.
Onder intellektuele in die Weste, en tot ‘n mate in die populêre kultuur,
is die postmodernisme besig om ‘n posisie van dominansie in te neem.
11
Die huidige kinders van Hegel – die links-liberale aanhangers van
postmodernisme, multikulturalisme en morele relativisme, het veel
meer van die ouer Christen-houding jeens Jode oorgeneem as wat hulle
graag sou erken.
Die mees uitgesproke Christenvyande van die Joodse volk vandag is
die Wêreldraad van Kerke asook liberale Protestantse denominasies
met hul disinvesterings-veldtogte teen Israel. ‘n Groot dryfveer is die
Anglikaanse Sabeel Ecumenical Liberation Theology Center in
Jerusalem.
Hulle is egter nie die enigste nie. Onder streng tradisionalistiese
Rooms-Katolieke en in sekere Oosterse Ortodokse geledere sluimer die
haat net onder die oppervlak. Nou en dan kom dit na vore in ‘n
uitbarsting deur ‘n Mel Gibson of ‘n Roomse Biskop waaroor daar in die
media berig word.
Die gruwel van die Holocaust het vir sowat vyftig jaar ‘n demper
geplaas op hierdie eeue-oue haat maar dit wil voorkom asof dit met
mening terugkeer, hierdie keer hoofsaaklik in die vorm van anti-
Sionisme, te wete die demonisering van die staat Israel.
Miskien is daar nie veel wat gedoen kan word nie. Miskien moet die
geskiedenis sy verloop neem. Ek verwerp egter determinisme en
fatalisme. Mense kan verander en hulle kan positiewe verandering in
die samelewing aanbring.
12
En daardie verandering begin by jouself, deur introspeksie,
identifisering en daarna, deprogrammering om ontslae te raak van die
gemoedsparasiete wat jy moontlik van kindsbeen af geabsorbeer het.
Maar waarom sou jy? Waarom vir die Jode omgee. Omdat die
geskiedenis bewys dat die verskrikking altyd eerste teen Jode losgelaat
word, maar eindelik miljoene mense se lyding en dood veroorsaak.
Daarom sou dit wys wees om jou psige te immuniseer.
“From Inquisition to Holocaust, “good,” “sane” men
and women acting in the name of “God” — have
merely done what they have been programmed to
do: kill. Kill the monster. By tens, hundreds,
thousands. By Six Millions.” ~ Judith Taylor Gold, Monsters &
Madonnas.
13
BIBLIOGRAFIE
Bronner, Stephen Eric. A Rumor about the Jews. New York, St Martin’s
Press, 2000.
Carroll, James. Constantine’s Sword. Boston: Houghton Mifflin, 2002,
©2001.
Cohen, Nick. What’s Left? How Liberals Lost their Way. London, Fourth
Estate, 2007.
Cohn, Norman. Warrant for Genocide. London, Serif, 1996.
Ehrman, Bart D. Lost Christianities: The Battles for Scripture and the Faiths
We Never Knew. New York, Oxford University Press, 2003.
Eisenman, Robert H. James the Brother of Jesus: The Key to Unlocking the
Secrets of Early Christianity and the Dead Sea Scrolls.
http://www.scribd.com/doc/31796654/Jakobus-die-broer-van-Jesus
Flannery, Edward H. The Anguish of the Jews: 23 Centuries of Antisemitism.
New York, Paulist Press, 1985.
Gerstenfeld, Manfred (editor). Behind the Humanitarian Mask: The Nordic
Countries, Israel, and the Jews. Jerusalem, Jerusalem Center for Public Affairs,
2008.
Gold, Judith Taylor. Monsters & Madonnas: The Roots of Christian Anti-
Semitism. New York, Syracuse University Press, 1999.
Harrison, Bernard. The Resurgence of Anti-Semitism: Jews, Israel, and
Liberal Opinion. Lanham, Rowman & Littlefield, ©2006.
Hoeller, Stephan A. Freedom: Alchemy for a Voluntary Society. Wheaton,
Quest Books, 1992.
Little, Franklin Hamlin. The Crucifixion of the Jews. Macon: Mercer
University Press, 1986.
14
Maccoby, Hyam. The Myth Maker: Paul and the Invention of Christianity.
London, Weidenfeld and Nicholson, 1985.
Merkley, Paul Charles. Christian Attitudes towards the State of Israel.
Montreal; Ithaca, McGill-Queen's University Press, ©2001.
Nicholls, William. Christian Antisemitism: a History of Hate. Northvale,
Jason Aronson, 1995.
Prager, Dennis & Joseph Telushkin. Why the Jews? The Reason for
Atisemitism. New York, Simon & Schuster, 2003.
Taguieff, Pierre-André. Rising from the Muck: The New Anti-Semitism in
Europe. Chicago,Ivan R. Dee, 2004.
Vermes, Geza. The Authentic Gospel of Jesus. London; New York, Penguin
Books, 2004.
Wilensky, Gabriel. Six Million Crucifixions: How Christian Teachings About
Jews Paved the Road to the Holocaust. San Diego, Qwerty Publishers, 2010.
15

More Related Content

More from PieterUys7

More from PieterUys7 (20)

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ Amerindies
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaal
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misterie
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
 

Die sielkunde-van-christen-anti-semitisme

  • 1. Die Sielkunde van Christen Anti-Semitisme deur Pieter Uys “There are individuals whose consciences are sensitive to evil and whose affinity with truth compels them to criticize even traditions they personally hold dear. These can be addressed, even by a history as critical as this. They can be challenged to do more than has yet been done to undo the damage of centuries. The weapon of truth can be leveled against the demons of hate. Some who have not yet learned of this shameful history can hear it and respond.” ~ William Nicholls. 1
  • 2. Godsdiens kan die edelste in ‘n mens na vore bring maar ook die slegste wanneer dit jou vasklem in vrees en veroordeling. Watter beter bewys is daar as ware naasteliefde, sublieme kuns, literatuur en musiek aan die een kant, teenoor die religieuse/ideologiese konflik wat regdeur die geskiedenis soveel lyding en doodslag gesaai het? Ons leef in ‘n post-Christelike tydvak wat as postmoderniteit of laat moderniteit bekend staan. In sy Europese bakermat het die Christendom sedert die Verligting stelselmatig sy krag verloor sodat daar vandag ‘n minderheid self-verklaarde Christene in die kontinent oorbly, hoewel dit in dele van Afrika en Asië sterk groei toon en tans nog stewig staan in Noord Amerika. Daar word algemeen aanvaar dat die godsdiens ‘n toonaangewende rol gespeel het in die opbloei van die Westerse beskawing, deur middel van die morele kode wat dit uit die Hebreeuse geskrifte ontvang en deel van sy doktrine gemaak het. Wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar, soos die heiligheid van menselewe, die oppergesag van die reg, menseregte en die beskerming van weerloses kan via die Christengeloof na die Hebreeuse geskrifte herlei word. Dis alombekend dat die kerk nie altyd aan hierdie moraliteit voldoen het nie en ook verskriklike vergrype gepleeg het; dink maar aan Europa se godsdiensoorloë en die Inkwisisie. Tog het die koms van die Christendom ‘n einde gemaak aan barbaarse praktyke van die Grieks- Romeinse Romeinse beskawing, soos die gebruik om pasgebore babas weg te gooi om te sterf, wat baie algemeen voorgekom het. 2
  • 3. Benewens voorvermelde vergrype van die kerk wat in ons tydvak wyd bekend is, bestaan daar egter nog ‘n ander ontstellende sy van die geskiedenis van die Christendom wat byna geheel en al verbloem is. Net ‘n woord van waarskuwing: indien jy vas glo dat die Nuwe Testament soos dit bestaan, die perfekte “Woord van God” is, en indien bewyse van ernstige teenstrydighede in die teks jou sal ontstel, moet liefs nie verder lees nie. Dis nie my bedoeling om enigeen se geloof se ondermyn of om mense van hul sekerhede te ontneem in ‘n dikwels harde en ongenaakbare wêreld nie. Allermins wil ek die huidige spul oppervlakkige materialiste (soos Richard Dawkins) sterk in hul kwaad, of die wanhoop van nihilisme of hedonisme aanmoedig. Elkeen van hulle is destruktief en die mens nie werd nie. Myns insiens is die menslike bewussyn meer as genoeg rede om te glo in die bestaan van ‘n liefdevolle Opperwese wat deernis het met die smarte van ons bestaan en wat eindelik alles sal herstel en wat oor die mag beskik om die bewussyn van elke individu wat ooit geleef het, te genees. Maar dit het dringend noodsaaklik geword om vooropgestelde idees, aannames, mites (in beide sin van die woord word bedoel, nie net die een wat “”verdigsels” beteken nie) en simboliek te ondersoek. Daardeur kan mens insig in jou persoonlike gemoed verkry en die angste in jou onderbewuste ter ruste gelê word. Jy kan ook bevry word van baie van die kwellinge wat uit die kollektiewe, die westerse en die volks-onderbewuste spruit. 3
  • 4. Ja, helaas, daar skuil beide gesonde en ongesonde dinge in die onderbewussyn, en in ons geval waar ons spesifiek as Westerling, Christen en Afrikaner grootgeword het. Sommige van die negatiewe kan tereg met die demoniese vergelyk word en daarom is dit so belangrik dat mense daarvan bewus word. 4
  • 5. Die Verswygde Geskiedenis Die Joodse volk is reeds in die voor-Christelike era as “anders” beskou. Omring deur politeïsme, het hulle aan een God en een wet vasgehou. Midde-Oosterse politeïsme was van die vroegste tye op vrugbaarheidskultusse gebaseer waarin seks en menslike offerande ‘n groot rol gespeel het. Daarby is die staatshoof as ‘n god aanbid – dink maar aan Egipte en die Romeinse Ryk – wat ‘n noue verbintenis tussen die politiese en religieuse daargestel het. Al bovermelde praktyke is deur Judaïsme verwerp, wat Jode dus spiritueel, seksueel en polities “anders” gemaak het, mense buite die norme van die samelewing. Totaal belaglike, verkleinerende eienskappe is ook aan Jode toegeskryf deur byvoorbeeld die Egiptiese historikus Manetho en die Griek Apion. Met die koms van die Romeine is daar op die verwronge beeld wat deur Egiptenare en Grieke geskep is, voortborduur deur onder andere Horatius, Martialus, Cicero en Petronius. Teen die tyd van Jesus het daar dus reeds ‘n onvleiende bloudruk bestaan wat Jode as aanhangers van ‘n vreemde metafisika, as ‘n laer ras en asosiaal voorgestel het. Die titel “Verswygde Geskiedenis” verwys na ‘n aspek van die verlede waarvan bitter min Afrikaners kennis dra. Christen Antisemitisme is ‘n onderwerp wat ‘n hele ensiklopedie in beslag kan neem en nie hier in besonderhede bespreek kan word nie. Die leser word na die bibliografie verwys vir breedvoerige behandeling daarvan. 5
  • 6. Die finale breuk tussen Christen en Jood het in 394 van ons era plaasgevind toe een spesifieke stroming van die Christen-godsdiens die Romeinse Ryk se amptelike geloof geword het. Alle ander vorme van dié godsdiens en ander godsdienste is suksesvol onderdruk en uitgeskakel maar die Judaïsme het oorleef. Die Jood het egter die mindere geword, die ongelowige, die vervloekte. Deur dogma, doktrine, kerklike leer, tradisie, kuns en literatuur is Jode in die agent van die duiwel verander, die “moordenaar van God.” Wat nou volg, gaan vir sommige lesers pynlik wees, maar elkeen wat hom-/haarself ‘n Christen noem, is dit aan jouself verskuldig om ondersoek in te stel na die historiese gegewe, die vraag of weersprekinge in die teks versoen kan word. Ten slotte moet daar besin word oor die moontlikheid dat oorspronklike tekste verander is deur groepe of organisasies met ‘n agenda van hul eie, te wete die verplasing van skuld vir die moord op Jesus van die Romeine op die Joodse volk. 6
  • 7. Die demonisering van Jode kom op beide openlike en verskuilde maniere in die Nuwe Testament voor. 1 Openlike Demonisering Al vier die Evangelies beskulding “die Jode” vir die dood van Jesus, maar twee van hulle gaan selfs verder met die klaarblyklik bedoeling om haat aan te blaas. Die Evangelie van Johannes identifiseer Jode met Satan: Johannes 8:44. “Julle het die duiwel as vader…” … terwyl Mattheus hul kollektief beskuldig van godsmoord en hul straf vooraf regverdig: “Laat sy bloed op ons en ons kinders rus.” Nou, enigiemand met meer as twee breinselle wat hierdie Evangelies uit ‘n rasionele oogpunt bestudeer, kan die teenstrydighede ‘n kilometer ver raaksien. Het duisende mense dan nie kort tevore Jesus se intrede in Jerusalem verwelkom met “Hosanna vir die seun van Dawid!” nie… en ‘n paar dae later wil hulle (almal!) hom laat kruisig!???? Nog ‘n vraag is: Waarom sou vrome Joodse manne in hul geskrifte na “die Jode” verwys? Sou die dissipels van Jesus nie eerder die woorde “ons mense” of “ons volk” of “die priesters” gebruik het nie? Hierdie Evangelies is dekades na die dood van Jesus in Grieks neergepen en daar bestaan geen twyfel nie dat daar heelwat met die tekste gepeuter is. Teks-analise sowel as die bestaan van 7
  • 8. betekenisvolle verskille tussen die teks van dieselfde boek in ‘n verskeidenheid manuskripte bied oorweldigende getuienis hiervoor. Dan kom die vermiste konteks by. In die tyd van Jesus was daar reeds ‘n Diaspora. ‘n Groot persentasie van die Joodse volk was reeds versprei onder die nasies: daar was Joodse gemeenskappe in Mesopotamië, Persië, Arabië, Anatolië (Klein Asië), Egipte, Ciprus, Griekeland, Italië, Noord-Afrika en ander gebiede. Boonop is dit hoogs te betwyfel dat die meeste inwoners van Judea en Galilea hoegenaamd van Jesus se bestaan bewus was. Daar is byna geen historiese rekord nie en die twee sinne wat wel bestaan in die werk van Flavius Josefus, is sterk onder verdenking as ‘n latere toevoeging. Selfs al sou dit waar wees dat ‘n groep Joodse manne uitgeroep het: “Laat sy bloed op ons en ons kinders wees” dan is dit steeds verregaande dat hulle vir die hele Joodse volk durf spreek het! Begin jy nou te sien, liewe leser, hoe maklik mens deur “narratiewe” om die bos gelei kan word? Wie ook al die skrywer van die boek Mattheus was – of wie ook al later daardie dodelike stukkie propaganda daar ingevoeg het – is skuldig aan valse getuienis en aanhitsing tot moord. 2 Implisering & Onderbewustelike Programmering Regdeur die Evangelies word die Jode aan die duiwel gekoppel, byvoorbeeld Jesus se stryd teen die duiwel en teen die Fariseërs, sy uitdrywing van demone en van geldwisselaars uit die tempel. 8
  • 9. Juda was een van die twaalf stamvaders van Israel wie se naam eindelik deur die hele volk oorgeneem is. Die skurk in die verhaal dra die naam Judas, wat die Hebreeuse Juda is met ‘n Griekse S. Toevallig? Dis sterk te betwyfel. Nog meer rede om die name van Judas en Mattheus te bevraagteken, word deur die geskiedenis voorsien. Judas Makkabeus (“hamer”) was die Joodse leier wat die volk bevry het van die wrede Seleusiede Koning Antiochus Epiphanes. Die vader van Judas Maccabeus wat die opstand teen Antiochus Epiphanes begin het, was ‘n priester met die naam Mattheus (Matityahu). Vir ‘n onthulling van onderbewustelike programmering, sien asb http://www.scribd.com/doc/31896004/MONSTERS-MADONNAS-Resensie Monsters & Madonnas deur Judith Taylor Gold. Die Kerkvaders van die 2de tot 7de eeu wat die basiese doktrines van die kerk geslyp het, het voortgeborduur op die Jood = Duiwel konsep uit die Evangelies. Melito van Sardis, Tertullianus, Irenaius, Augustinus van Hippo, Gregorius van Nissa, Hieronimus (St Jerome), Johannes Chrysostom, Hippolitus, Eusebius, Origenes, Ambrosius, Cyril van Alexandrië… Hul woorde laat ‘n mens se hare orent staan wanneer dit jou nie laat lag oor hul verspotte idees nie. Dis werklik moeilik om hierdie spul hansworse as spiritueel ontwikkelde individue te beskou wanneer mens met hul boosaardige uitsprake teen andersdenkende Christene en Jode konfronteer word, en selfs met hul denke oor ‘n verskeidenheid ander onderwerpe. 9
  • 10. Hoewel die doktrine van Supersessionisme (Verplasingsteologie /Vervangingsteologie) formeel aan Augustinus van Hippo toegeskryf word, bestaan dit reeds in die geskrifte van Saulus / Paulus van Tarsus. Hierdie is die valse bewering dat Israel verwerp is ten gunste van die kerk, met ander woorde die Christendom het die Joodse volk vervang as uitverkorene van God. Vele vraagtekens hang oor Paulus van Tarsus se identiteit, persoonlikheid en motivering. Daar bestaan ‘n sterk vermoede dat hy ‘n lid van die uitgebreide Herodiese familie was. Herodus was ‘n Edomiet wat tot Judaïsme bekeer is, dus geen Jood nie, en ‘n hegte vriend van die Romeinse Ryk. Paulus beweer dat hy ‘n Fariseër was maar sy onsamehangende en verwarrende skryfsels toon geen teken van die gesofistikeerde redenasievermoë van die Fariseërs nie – ‘n groep wat erg onder wanvoorstelling en belastering deurloop in die Nuwe Testament, behalwe die roemryke Gamaliël vir wie daar darem ‘n goeie woordjie is. Die kinderlike Kerkvaders is op verskillende tye deur ‘n groot aantal (nie alle) Pouse ondersteun in hul demonisering van die Joodse volk. Die teologiese verbintenis Jood = Duiwel het in Middeleeuse kuns ‘n nare hoogtepunt bereik. In die argitektuur en versierings van kerke en katedrale, op monumente en regeringsgeboue, in geïllustreerde Bybels en gebedeboeke, selfs in huishoudelike items is die Jood met horings, 10
  • 11. gesplete hoewe, ‘n stert en ‘n bokbaard voorgestel, dikwels met ‘n punthoed en klere met afbeeldings van skerpioene – die duiwel se simbool. Middeleeuse volksverhale, die teater en literatuur het ook hierdie beeld gepropageer. Jode is as towenaars voorgehou, kinders van die duisternis, agente van die duiwel, die boosheid vanself. Passiespele wat die lyding en dood van Jesus beklemtoon het, het van soortgelyke voorstellings gebruik gemaak. Dis moeilik om die emosionele impak van byvoorbeeld Oberammergau se passiespele te onderskat. Martin Luther het die demonisering een stap verder gevat. By hom het “Vervangingsteologie” die teologie van uitwissing geword. Een kykie na wat hy in On The Jews and their Lies (1543) kwytraak, behoort enige redelike mens te genees van die wanindruk dat Luther enigsins ‘n “heilige” of selfs geestesgesonde individu was. Hy het ewe haatlike uitsprake oor katolieke gemaak. Nie eens die Verligting kon ‘n einde bring aan die eeuelange demonisering nie. Inteendeel … Wat in die Evangelies voortgebring is, deur die Kerkvaders en Pouse gevoed is en in die Middeleeue alledaags geword het, het via Martin Luther in die Duitse psige nesgeskop en vandaar oorgespring na sekulêre godsdienste soos Nasionalisme, Sosialisme, Fascisme en Marxisme. En tot die Holocaust gelei. Pogings om die Christelike geloof met sekulêre ideologieë te vervang, het aanleiding gegee tot die totalitariese tragedies van die 20ste eeu. Onder intellektuele in die Weste, en tot ‘n mate in die populêre kultuur, is die postmodernisme besig om ‘n posisie van dominansie in te neem. 11
  • 12. Die huidige kinders van Hegel – die links-liberale aanhangers van postmodernisme, multikulturalisme en morele relativisme, het veel meer van die ouer Christen-houding jeens Jode oorgeneem as wat hulle graag sou erken. Die mees uitgesproke Christenvyande van die Joodse volk vandag is die Wêreldraad van Kerke asook liberale Protestantse denominasies met hul disinvesterings-veldtogte teen Israel. ‘n Groot dryfveer is die Anglikaanse Sabeel Ecumenical Liberation Theology Center in Jerusalem. Hulle is egter nie die enigste nie. Onder streng tradisionalistiese Rooms-Katolieke en in sekere Oosterse Ortodokse geledere sluimer die haat net onder die oppervlak. Nou en dan kom dit na vore in ‘n uitbarsting deur ‘n Mel Gibson of ‘n Roomse Biskop waaroor daar in die media berig word. Die gruwel van die Holocaust het vir sowat vyftig jaar ‘n demper geplaas op hierdie eeue-oue haat maar dit wil voorkom asof dit met mening terugkeer, hierdie keer hoofsaaklik in die vorm van anti- Sionisme, te wete die demonisering van die staat Israel. Miskien is daar nie veel wat gedoen kan word nie. Miskien moet die geskiedenis sy verloop neem. Ek verwerp egter determinisme en fatalisme. Mense kan verander en hulle kan positiewe verandering in die samelewing aanbring. 12
  • 13. En daardie verandering begin by jouself, deur introspeksie, identifisering en daarna, deprogrammering om ontslae te raak van die gemoedsparasiete wat jy moontlik van kindsbeen af geabsorbeer het. Maar waarom sou jy? Waarom vir die Jode omgee. Omdat die geskiedenis bewys dat die verskrikking altyd eerste teen Jode losgelaat word, maar eindelik miljoene mense se lyding en dood veroorsaak. Daarom sou dit wys wees om jou psige te immuniseer. “From Inquisition to Holocaust, “good,” “sane” men and women acting in the name of “God” — have merely done what they have been programmed to do: kill. Kill the monster. By tens, hundreds, thousands. By Six Millions.” ~ Judith Taylor Gold, Monsters & Madonnas. 13
  • 14. BIBLIOGRAFIE Bronner, Stephen Eric. A Rumor about the Jews. New York, St Martin’s Press, 2000. Carroll, James. Constantine’s Sword. Boston: Houghton Mifflin, 2002, ©2001. Cohen, Nick. What’s Left? How Liberals Lost their Way. London, Fourth Estate, 2007. Cohn, Norman. Warrant for Genocide. London, Serif, 1996. Ehrman, Bart D. Lost Christianities: The Battles for Scripture and the Faiths We Never Knew. New York, Oxford University Press, 2003. Eisenman, Robert H. James the Brother of Jesus: The Key to Unlocking the Secrets of Early Christianity and the Dead Sea Scrolls. http://www.scribd.com/doc/31796654/Jakobus-die-broer-van-Jesus Flannery, Edward H. The Anguish of the Jews: 23 Centuries of Antisemitism. New York, Paulist Press, 1985. Gerstenfeld, Manfred (editor). Behind the Humanitarian Mask: The Nordic Countries, Israel, and the Jews. Jerusalem, Jerusalem Center for Public Affairs, 2008. Gold, Judith Taylor. Monsters & Madonnas: The Roots of Christian Anti- Semitism. New York, Syracuse University Press, 1999. Harrison, Bernard. The Resurgence of Anti-Semitism: Jews, Israel, and Liberal Opinion. Lanham, Rowman & Littlefield, ©2006. Hoeller, Stephan A. Freedom: Alchemy for a Voluntary Society. Wheaton, Quest Books, 1992. Little, Franklin Hamlin. The Crucifixion of the Jews. Macon: Mercer University Press, 1986. 14
  • 15. Maccoby, Hyam. The Myth Maker: Paul and the Invention of Christianity. London, Weidenfeld and Nicholson, 1985. Merkley, Paul Charles. Christian Attitudes towards the State of Israel. Montreal; Ithaca, McGill-Queen's University Press, ©2001. Nicholls, William. Christian Antisemitism: a History of Hate. Northvale, Jason Aronson, 1995. Prager, Dennis & Joseph Telushkin. Why the Jews? The Reason for Atisemitism. New York, Simon & Schuster, 2003. Taguieff, Pierre-André. Rising from the Muck: The New Anti-Semitism in Europe. Chicago,Ivan R. Dee, 2004. Vermes, Geza. The Authentic Gospel of Jesus. London; New York, Penguin Books, 2004. Wilensky, Gabriel. Six Million Crucifixions: How Christian Teachings About Jews Paved the Road to the Holocaust. San Diego, Qwerty Publishers, 2010. 15