SlideShare a Scribd company logo
1 of 6
Download to read offline
INGESTORTE KATEDRALE
Chantal Delsol se diagnose van die Beskawingskrisis in Europa
deur Pieter Uys
Chantal Delsol, professor in filosofie aan die Universiteit Marne-la-Vallée, ̓is ‘n politieke
filosoof, romansier en direkteur van die Hannah Arendt Instituut vir Etiek & Politiek,
voorheen bekend as die Sentrum vir Europese Studies wat in 1993 deur haar gestig is.
Eloge de la singularité : Essai sur la modernité tardive
Editeur : Editions de La Table Ronde (11 octobre 2007)
Collection : La petite Vermillon
Langue : Français
ISBN-10: 2710330067
ISBN-13: 978-2710330066
1
Chantal Delsol bied ‘n aangrypende blik op die kollektiewe psige van die Weste. Vir haar word
die Europese kultuur tans gekenmerk deur eksistensiële verwonding; sy vergelyk dié toestand
van intellektuele en spirituele uitputting met Ikarus wat sy val oorleef het maar swaar gewond
lê en bloei. Sy gebruik die term ‘laat-moderniteit’ in plaas van ‘post-moderniteit’ ten einde die
ideologiese verbintenisse van laasgenoemde te vermy. Haar woordkeuse impliseer dus nie net
die voltooiing van ‘n siklus of agteruitgang nie maar hou ook die belofte van wedergeboorte in.
Icarus Fallen:
The Search for Meaning in an Uncertain World.
deur Chantal Delsol
Vertaal deur Robin Dick; Voorwoord deur Virgil P. Nemoianu
Uitgewer: ISI Books, 2006
ISBN-10: 193223604X
ISBN-13: 978-1932236040
Sy beskou die laat-modernistiese relativisme as ‘n vorm van nihilistiese ontvlugting uit die
geskiedenis van die vorige eeu waarvan die menseslagtings aan rigiede denke te wyte was. Die
gevaar van die spirituele vakuum waarin die kontinent sigself tans bevind berus egter op ‘n
potensieel dodelike teenstrydigheid. Die oortuiging dat elke individu oor menswaardigheid en
onvervreembare regte beskik, het die barbaarse 20ste eeu oorleef. Maar dit gaan gepaard met
‘n tydsgees gestroop van hoop of betekenis waarin kollektivistiese benaderings - ‘n nalatenskap
van valse verlossings-ideologieë - steeds bewus- of onbewustelik dominant is. Ten einde die
idee van menselewe as hoogste waarde te waarborg, word ‘n nuwe betekenisraamwerk met
doeltreffende toerusting benodig. Die geskiedenis, teologie en konsepte soos natuurregte het
misluk.
2
Etlike gevaartekens wat Delsol identifiseer, is dat
• wanhoop sommige individue immobiliseer in ‘n “ewigdurende teenwoordigetyd” van
oppervlakkige materialisme;
• weersin in en demonisering van die verlede begin om die literatuur en kunste te domineer;
• familiebande ontrafel, met die gevolglike atomisering van die individu
• die uniekheid van die mens ontken word deur menselewens aan die natuur gelyk te stel, selfs
aan anorganiese materie.
Die verlies aan geloof was volgens Delsol die eerste wond in die psige van Europa. Pogings om
die Christelike geloof met sekulêre ideologieë te vervang, het aanleiding gegee tot die
totalitariese tragedies van die 20ste eeu. Utopiese ideologie was ook nie al wat aangewend is
in ‘n poging om die leemte te vul nie. Ander kandidate was die wetenskap, kuns en die rede
self. Alles het gefaal; vandaar die uitputting, verwarring en vetrouensverlies. Delsol vergelyk
die mislukte pogings met ingestorte katedrale.
The Unlearned Lessons of Twentieth Century:
An Essay on Late Modernity
deur Chantal Delsol
Vertaal deur Robin Dick
Uitgewer: ISI Books, 2003
ISBN-10: 1932236473
ISBN-13: 978-1932236477
Europeërs verwerp nou alle vertolkingsraamwerke en het gevolglik die wil tot betekenis
verloor. Vrees vir die absolute kraai koning oor ‘n nihilistiese dorsland. Inderdaad het engheid
van gees, fanatisme en onverdraagsaamheid die oorloë, onderdrukking, Holocaust/Shoah en
Gulag veroorsaak, gee Delsol toe. Maar sonder rigting-gewende betekenis reik die mensdom na
die sinnelose en oppervlakkige wat in banale en geykte diskoers manifesteer. Sy noem dit die
“klandestiene” ideologie van ons tydvak wat die verbode overte ideologie verdring het. Hierdie
3
swartmark-substituut is sieklik soetsappig, moreel arbitrêr en onverdraagsaam nieteenstaande
heftige ontkenning. Dit funksioneer as kodetaal vir die Europese welsynstaat waarvan die
burgers regresseer tot adolessente wat regte met begeertes verwar. Delsol doop dié proses
waarin vryhede in eise omskep word as die “sakralisering” van regte.
Verdraagsaamheid word eweneens verdraai. Waar dit aanvanklik gedui het op die bereidwillig
om afkeure ter syde te stel, beteken dit nou die aanmoediging en aktiewe legitimisering van
idees en gedrag deur die staat. Emosie triomfeer oor waarheid wanneer die volgende kardinale
onderskeid verontagsaam word: Verdraagsaamheid teenoor mense is ‘n deug, terwyl die
toleransie van klaarblyklike misdaad lafhartigheid en aandadigheid daaraan is. ‘n Sprekende
voorbeeld is gebrekkige wetstoepassing in immigrante-gebiede; Europese owerhede kyk
byvoorbeeld anderpad as dit kom by vroue-besnyding onder immigrante-gemeenskappe. Dié
sadistiese praktyk word deur voorstanders van multikulturalisme verskoon met die vrome
verklaring dat “alle kulture gelyk is.”
Delsol beweer dat Europa lippehulde aan gelykheid en inklusiwiteit bring en die werklikheid
van twee afsondelike samelewings ontken: aan die een kant inheemse Europeërs en
ingeburgerde immigrante, aan die ander vervreemde immigrante-gemeenskappe in
woongebiede waar daar geen polisiëring of wetstoepassing plaasvind nie. Die werkloosheidsyfer
onder hierdie groepe is aansienlik hoër as die gemiddelde, misdaad vier hoogty,
ongeletterdheid is die norm, vroue word mishandel en selfs derde-generasie afstammelinge van
immigrante wat hulle in die 1960s op die kontinent gevestig het, is nie die taal van die gasheer-
land magtig nie.
4
Relativisme kan nie basiese oortuigings ontwortel nie; mense onderskei steeds goed van kwaad
en waar van vals. Delsol waarsku dat die konsep van die individu se unieke waarde uiters broos
is. Dit is geloof en tradisie - nie die wetenskap nie - wat hierdie allerbelangrike idee
onderskraag deur middel van die gewete, verantwoordelikheidsin, moraliteit en ‘n duidelike
onderskeid tussen die mens en die res.
Die konsep van die individu se eiewaarde stam uit ‘n kultureel-spirituele erfenis wat tot ‘n
mate ‘n remmende uitwerking op ontmenslikende ideologieë het. Helaas kon tradisionele
godsdiens nie in die hart van die Christen-kontinent die grootste menseslagtings verhinder nie.
Ander faktore soos volkspsige speel natuurlik ook ‘n rol in die sukses al dan nie van
magsvergrype. Dis egter teen hierdie tyd duidelik dat dogmatiese relativisme en godsdiens nie
opgewasse is vir die taak nie. Die vraag ontstaan dus: watter vorm van kultuur sal so ‘n
beginsel van respek koester en bevorder?
Delsol verwerp ‘n fasiele repudiasie van die moderniteit sowel as blinde regressie na
premoderne betekenisvorme. Die voordele moet behou word terwyl buitensporighede en
misbruik teengestaan behoort te word. Sy beklemtoon die dwaasheid van ‘n simplistiese
benadering, van volkome verwerping van die moderniteit of ‘n omhelsing van a priori
sekerhede of godsdienstige fundamentalisme wat maar net nóg ‘n vorm van utopiese misleiding
is. Hoewel sy van mening is dat ‘n terugkeer tot die Christendom remediërend sou wees, glo sy
nie dat dit meer moontlik is nie.
Delsol pleit dus om verskerpte waaksaamheid, bevordering van die verantwoordelikheidsin en
‘n meer openhartige omgang met die broosheid en teenstrydighede van die lewe. Ten einde sin
en betekenis daarin te vind, is ‘n verbintenis met eksterne verwysings nodig wat groter as die
individu en onverganklik is. Hierdie gevolgtrekking van haar eggo dié van Michael Polanyi wat
reeds in 1946 opmerk dat welsyn nie die primêre doel van ‘n gemeenskap is nie maar
ondergeskik daaraan is om doelwitte op die spirituele terrein te vervul.*
Polanyi waarsku reeds destyds dat die samelewing wat die rug op transendentale ideale keer,
daardeur kies om aan slawerny onderwerp te word. Die skeptiese empirisisme wat die boeie
van die middeleeuse kerk losgesny het, kan in die gedaante van onverdraagsaamheid terugkeer
om die oppergesag van die gewete te vernietig. Volgens Polanyi vloei ons beskawingskrisis uit
die vergissings dat vryheid onversoenbaar is met ‘n omskrywing van die beperkinge daarvan, en
dat dit geen verantwoordelikheid of obligasies inhou nie. Hiervolgens sou vrye denke dan
beteken dat alle tradisionele oortuigings - selfs daardie begrippe waarin vryheid self gewortel
is - oorboord gegooi mag word.
5
Die behoud van en respek vir tydlose oortuigings maak dit moontlik vir elke generasie om met
hul bydraes die samelewing se geestelike erfenis te verryk. Daarom mag ons die aanname maak
dat die bron van sodanige inspirasie dieselfde is as dít wat aanvanklik aan die mensdom sy
kennis van gemeenskapvorming gegee het. Die vervulling van die verpligtinge wat ons gewete
as gids op ons lê, sal uiteindelik die werklikheid van die Ewige in die mens en samelewing te
voorskyn bring.
* POLANYI, Michael. Science, Faith and Society. Chicago: Chicago University Press 1964. ISBN-10:
0226672905; ISBN-13: 978-0226672908. © 1946 deur Michael Polanyi. Uitgegee in 1946 deur Geoffrey
Cumberlege, Oxford University Press, Londen.
6

More Related Content

More from PieterUys7

More from PieterUys7 (20)

Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 

Ingestorte katedrale

  • 1. INGESTORTE KATEDRALE Chantal Delsol se diagnose van die Beskawingskrisis in Europa deur Pieter Uys Chantal Delsol, professor in filosofie aan die Universiteit Marne-la-Vallée, ̓is ‘n politieke filosoof, romansier en direkteur van die Hannah Arendt Instituut vir Etiek & Politiek, voorheen bekend as die Sentrum vir Europese Studies wat in 1993 deur haar gestig is. Eloge de la singularité : Essai sur la modernité tardive Editeur : Editions de La Table Ronde (11 octobre 2007) Collection : La petite Vermillon Langue : Français ISBN-10: 2710330067 ISBN-13: 978-2710330066 1
  • 2. Chantal Delsol bied ‘n aangrypende blik op die kollektiewe psige van die Weste. Vir haar word die Europese kultuur tans gekenmerk deur eksistensiële verwonding; sy vergelyk dié toestand van intellektuele en spirituele uitputting met Ikarus wat sy val oorleef het maar swaar gewond lê en bloei. Sy gebruik die term ‘laat-moderniteit’ in plaas van ‘post-moderniteit’ ten einde die ideologiese verbintenisse van laasgenoemde te vermy. Haar woordkeuse impliseer dus nie net die voltooiing van ‘n siklus of agteruitgang nie maar hou ook die belofte van wedergeboorte in. Icarus Fallen: The Search for Meaning in an Uncertain World. deur Chantal Delsol Vertaal deur Robin Dick; Voorwoord deur Virgil P. Nemoianu Uitgewer: ISI Books, 2006 ISBN-10: 193223604X ISBN-13: 978-1932236040 Sy beskou die laat-modernistiese relativisme as ‘n vorm van nihilistiese ontvlugting uit die geskiedenis van die vorige eeu waarvan die menseslagtings aan rigiede denke te wyte was. Die gevaar van die spirituele vakuum waarin die kontinent sigself tans bevind berus egter op ‘n potensieel dodelike teenstrydigheid. Die oortuiging dat elke individu oor menswaardigheid en onvervreembare regte beskik, het die barbaarse 20ste eeu oorleef. Maar dit gaan gepaard met ‘n tydsgees gestroop van hoop of betekenis waarin kollektivistiese benaderings - ‘n nalatenskap van valse verlossings-ideologieë - steeds bewus- of onbewustelik dominant is. Ten einde die idee van menselewe as hoogste waarde te waarborg, word ‘n nuwe betekenisraamwerk met doeltreffende toerusting benodig. Die geskiedenis, teologie en konsepte soos natuurregte het misluk. 2
  • 3. Etlike gevaartekens wat Delsol identifiseer, is dat • wanhoop sommige individue immobiliseer in ‘n “ewigdurende teenwoordigetyd” van oppervlakkige materialisme; • weersin in en demonisering van die verlede begin om die literatuur en kunste te domineer; • familiebande ontrafel, met die gevolglike atomisering van die individu • die uniekheid van die mens ontken word deur menselewens aan die natuur gelyk te stel, selfs aan anorganiese materie. Die verlies aan geloof was volgens Delsol die eerste wond in die psige van Europa. Pogings om die Christelike geloof met sekulêre ideologieë te vervang, het aanleiding gegee tot die totalitariese tragedies van die 20ste eeu. Utopiese ideologie was ook nie al wat aangewend is in ‘n poging om die leemte te vul nie. Ander kandidate was die wetenskap, kuns en die rede self. Alles het gefaal; vandaar die uitputting, verwarring en vetrouensverlies. Delsol vergelyk die mislukte pogings met ingestorte katedrale. The Unlearned Lessons of Twentieth Century: An Essay on Late Modernity deur Chantal Delsol Vertaal deur Robin Dick Uitgewer: ISI Books, 2003 ISBN-10: 1932236473 ISBN-13: 978-1932236477 Europeërs verwerp nou alle vertolkingsraamwerke en het gevolglik die wil tot betekenis verloor. Vrees vir die absolute kraai koning oor ‘n nihilistiese dorsland. Inderdaad het engheid van gees, fanatisme en onverdraagsaamheid die oorloë, onderdrukking, Holocaust/Shoah en Gulag veroorsaak, gee Delsol toe. Maar sonder rigting-gewende betekenis reik die mensdom na die sinnelose en oppervlakkige wat in banale en geykte diskoers manifesteer. Sy noem dit die “klandestiene” ideologie van ons tydvak wat die verbode overte ideologie verdring het. Hierdie 3
  • 4. swartmark-substituut is sieklik soetsappig, moreel arbitrêr en onverdraagsaam nieteenstaande heftige ontkenning. Dit funksioneer as kodetaal vir die Europese welsynstaat waarvan die burgers regresseer tot adolessente wat regte met begeertes verwar. Delsol doop dié proses waarin vryhede in eise omskep word as die “sakralisering” van regte. Verdraagsaamheid word eweneens verdraai. Waar dit aanvanklik gedui het op die bereidwillig om afkeure ter syde te stel, beteken dit nou die aanmoediging en aktiewe legitimisering van idees en gedrag deur die staat. Emosie triomfeer oor waarheid wanneer die volgende kardinale onderskeid verontagsaam word: Verdraagsaamheid teenoor mense is ‘n deug, terwyl die toleransie van klaarblyklike misdaad lafhartigheid en aandadigheid daaraan is. ‘n Sprekende voorbeeld is gebrekkige wetstoepassing in immigrante-gebiede; Europese owerhede kyk byvoorbeeld anderpad as dit kom by vroue-besnyding onder immigrante-gemeenskappe. Dié sadistiese praktyk word deur voorstanders van multikulturalisme verskoon met die vrome verklaring dat “alle kulture gelyk is.” Delsol beweer dat Europa lippehulde aan gelykheid en inklusiwiteit bring en die werklikheid van twee afsondelike samelewings ontken: aan die een kant inheemse Europeërs en ingeburgerde immigrante, aan die ander vervreemde immigrante-gemeenskappe in woongebiede waar daar geen polisiëring of wetstoepassing plaasvind nie. Die werkloosheidsyfer onder hierdie groepe is aansienlik hoër as die gemiddelde, misdaad vier hoogty, ongeletterdheid is die norm, vroue word mishandel en selfs derde-generasie afstammelinge van immigrante wat hulle in die 1960s op die kontinent gevestig het, is nie die taal van die gasheer- land magtig nie. 4
  • 5. Relativisme kan nie basiese oortuigings ontwortel nie; mense onderskei steeds goed van kwaad en waar van vals. Delsol waarsku dat die konsep van die individu se unieke waarde uiters broos is. Dit is geloof en tradisie - nie die wetenskap nie - wat hierdie allerbelangrike idee onderskraag deur middel van die gewete, verantwoordelikheidsin, moraliteit en ‘n duidelike onderskeid tussen die mens en die res. Die konsep van die individu se eiewaarde stam uit ‘n kultureel-spirituele erfenis wat tot ‘n mate ‘n remmende uitwerking op ontmenslikende ideologieë het. Helaas kon tradisionele godsdiens nie in die hart van die Christen-kontinent die grootste menseslagtings verhinder nie. Ander faktore soos volkspsige speel natuurlik ook ‘n rol in die sukses al dan nie van magsvergrype. Dis egter teen hierdie tyd duidelik dat dogmatiese relativisme en godsdiens nie opgewasse is vir die taak nie. Die vraag ontstaan dus: watter vorm van kultuur sal so ‘n beginsel van respek koester en bevorder? Delsol verwerp ‘n fasiele repudiasie van die moderniteit sowel as blinde regressie na premoderne betekenisvorme. Die voordele moet behou word terwyl buitensporighede en misbruik teengestaan behoort te word. Sy beklemtoon die dwaasheid van ‘n simplistiese benadering, van volkome verwerping van die moderniteit of ‘n omhelsing van a priori sekerhede of godsdienstige fundamentalisme wat maar net nóg ‘n vorm van utopiese misleiding is. Hoewel sy van mening is dat ‘n terugkeer tot die Christendom remediërend sou wees, glo sy nie dat dit meer moontlik is nie. Delsol pleit dus om verskerpte waaksaamheid, bevordering van die verantwoordelikheidsin en ‘n meer openhartige omgang met die broosheid en teenstrydighede van die lewe. Ten einde sin en betekenis daarin te vind, is ‘n verbintenis met eksterne verwysings nodig wat groter as die individu en onverganklik is. Hierdie gevolgtrekking van haar eggo dié van Michael Polanyi wat reeds in 1946 opmerk dat welsyn nie die primêre doel van ‘n gemeenskap is nie maar ondergeskik daaraan is om doelwitte op die spirituele terrein te vervul.* Polanyi waarsku reeds destyds dat die samelewing wat die rug op transendentale ideale keer, daardeur kies om aan slawerny onderwerp te word. Die skeptiese empirisisme wat die boeie van die middeleeuse kerk losgesny het, kan in die gedaante van onverdraagsaamheid terugkeer om die oppergesag van die gewete te vernietig. Volgens Polanyi vloei ons beskawingskrisis uit die vergissings dat vryheid onversoenbaar is met ‘n omskrywing van die beperkinge daarvan, en dat dit geen verantwoordelikheid of obligasies inhou nie. Hiervolgens sou vrye denke dan beteken dat alle tradisionele oortuigings - selfs daardie begrippe waarin vryheid self gewortel is - oorboord gegooi mag word. 5
  • 6. Die behoud van en respek vir tydlose oortuigings maak dit moontlik vir elke generasie om met hul bydraes die samelewing se geestelike erfenis te verryk. Daarom mag ons die aanname maak dat die bron van sodanige inspirasie dieselfde is as dít wat aanvanklik aan die mensdom sy kennis van gemeenskapvorming gegee het. Die vervulling van die verpligtinge wat ons gewete as gids op ons lê, sal uiteindelik die werklikheid van die Ewige in die mens en samelewing te voorskyn bring. * POLANYI, Michael. Science, Faith and Society. Chicago: Chicago University Press 1964. ISBN-10: 0226672905; ISBN-13: 978-0226672908. © 1946 deur Michael Polanyi. Uitgegee in 1946 deur Geoffrey Cumberlege, Oxford University Press, Londen. 6