SlideShare a Scribd company logo
1 of 5
Download to read offline
Lofliedere in die Hoerhuis
Poësie-voorlesing by Love & Revolution, Sewende Straat, Melville
op 15 Oktober 2011. ‘n Narratief deur Pieter Uys.
“In die begin was die woord” ~ Johannes.
ove & Revolution is ‘n klein kapel van die vorige eeu se mees prominente godsdiens.
Hier in Melville, regoor Xai-Xai, kan die besoeker sy ete en drinke versadig langs ‘n
boekrak wat die lof van onder meer Ché Guevara – die man van die duisend T-hemde
– besing. ‘n Plek van Piëteit. Aan vroomheid gaan dit nie mank nie – ‘n reuse plakkaat
waarsku dat daar geen “agists, bigots, classists, racists, fascists, homophobes…” noem
maar op, geen sondaars van enige aard – verwelkom word nie. Die Tien Oortredinge
word duidelik omskryf. Op ‘n tafeltjie lê daar selfs ‘n Engelse koerantjie uit Kuba.
L
L
Nêrens te vinde was die uitgawe van Forbes waar Castro - een van die wêreld se rykste
miljardêrs - se bates uiteengesit word. In die venster is daar ‘n roerende persoonlike
advertensie van iemand wat na ‘n “progressiewe” lewensmaat hunker.
1
Love & Revolution is die tuiste van die bittereinder, van Eric Hoffer se True Believer, of
dan, ‘n klein hoerhuis waar die Middelklas se Revolusiedrome ywerig gemasturbeer
word. Waar die Opiaat van die Intellektuele nog mildelik toegedien word.
Hier het daar Saterdag 15 Oktober ‘n gedigtelesing plaasgevind deur René Bohnen,
Johannes van Jerusalem, Cornel Judels, Johann Marais, Loftus Marais, Heidi
Papadopoulos en Karlien van der Merwe, onder beheer van Hans Pienaar, bewonderaar
van pre-2003 Irak en mens vermoed – in jou wantroueriger momente - ook van Saddam
Hussein. Het Hans die Tien Oortredinge noukeurig bestudeer, wonder mens. Aan die
ander kant is die Woord lankal reeds so ondermyn dat die fascistiese diktator die
bevryder geword het – met dien verstande dat hy ‘n vyand van die VSA moet wees.
Boonop was die T-hemp Ché nog altyd ‘n sosiale konstruk. Die ware Guevara – die
sadistiese kindermoordenaar en rassis (Sy ongesensorde Congo Diaries is deurtrek van
woorde wat oorle Eugene Terreblanche sou laat bloos) pas nie by die “narratief” nie.
Ook nie die lafaard wat met die Boliviese weermag gepleit het:
“Ek is Ché! Ek’s vir julle meer werd lewend as dood!”
Helaas! Die geleentheid het sigself gou openbaar as ‘n bevestiging van die Opiaat van die
Gepeupel waartydens die lewenskrag van die Christendom en Islam vir Marx die vinger
gewys het. Oh proles, up yours!
at my bybly van René Bohnen se werk is die verwysingskrag en die soepele klank-
en woordspel, veral haar observasies oor die stadslewe.
W
2
Haar knap beelde ry op ritmes wat meesleur, ingekleur deur alliterasie & assonansie wat
resoneer. Bohnen is ‘m “aha-digter” – sy trek al by die derde versreël dan roep dié van
die eerste nog stringe assosiasies by die luisteraar op. Mens wil haar vra: “stadig oor die
klippertjies; kos moet behoorlik gekou word.”
ohann Marais se voordrag het die atmosfeer van Ou Afrika opgeroep; die ooskus
veral, sodat dobberonde dhows deur my geestesoog geseil het, sowel as ou
moskees, sierlike manuskripte, harems vol wulpse Venusse en die speserye van
Zanzibar. Dit was ‘n vergange era, toe Jihad nog ‘n obskure teologiese term was en die
Godsdiens van Vrede nog waarlik vreedsaam gesluimer het, toe handelaars deur die Rooi
See verby Djibouti, Yemen, Aden en Sokotra na die Ooste en terug gevaar het. Johann se
hulde aan dié vreedsame tye roep die klanke van Swahili, see, Sarandib, seile en slawe
op, en die werke van geskiedskrywers soos Ibn Battuta en Ibn Khaldun. ‘n Mens wil jou
onwillekeurig retrospektiewelik vererg vir die ou Vrystaatse Republiek wat so
moedswillig die “Mohammedaan en die Turk” verbied het om hul voete oor die Vaal en
Oranje te sit.
J
Dan word die luisteraar summier uit sy sluimering van Afrika na Suid-Amerika
weggevoer.
ohannes van Jerusalem is deur die Gees besete. Wel, eintlik deur twee Sjeeste:
die Gees van Gemeenskap en die Gees van Geloof en dan veral ook daar waar die
twee ontmoet en deur geslagsomgang ‘n eenheid word. Sy geestige optrede het ‘n
frisson, ‘n rilling van jouissance, deur die klein marxistiese kapel gestuur, veral wanneer
hy sy ervaringe met Maria in die gryse Lima met ons deel. Dis hier waar glossolalia en
coitus-krete mekaar omhels, ter stigting en ter besieling. Voorwaar, voorwaar, Maria het
‘n vlam in Johannes ontketen wat geen afstand of tyd kan blus nie. Geseënd is jy onder
die vroue, Maria van Lima! Jou hartstogtelike uitroepe – soos deur Johannes verwoord -
weerklink wellustiglik deur Afrika.
J
3
oftus Marais is ‘n klein ottertjie wat die kuns van optrede verstaan en ook, onder
meer, deur gemeenskap begeester word. Sy loflied aan die ontologie was slim en
vermaaklik – ‘n viering van die isse (is! is! is!) terwyl vele ander versies oor
tersluikse verwysings na voorvalle van gemeenskap beskik, oorgedra in Algemeen
Beskaafde Kamp (ABK). ‘n Fotograaf het verwoed gekliek-kliek-kliek terwyl Loftus ons
vermaak, wat mens laat dink dat hy ‘n tipe “ster” is wat sy bewonderaarsbasis
deurentyd aanvul met sy spitsvondige segswyses en bronstige bewoordings.
L
ie ander digteresse het ons siele gevoed met gedigte oor historiese figure,
tuinmaak, purper irisse, selfmoord-bomaanvallers en die rustige, landelike
KwaZulu-Natal, laasgenoemde met trombegeleiding. Iets wat my verbeelding
aangegryp het, was ‘n stukkie tussen-vers-prosa oor Jesus - ‘n Nuwe Jesus. Ek was vies
toe Kommissar Hans Pienaar dit op eg-links-outoritêre wyse kortgeknip het.
D
Hierdie was nie die hulpelose Jesus van die kruis of pietá nie, ook nie die Lam ter
Slagting nóg die onoorwinlike Sol Invictus nóg die liefdevolle Rabbi nóg die strydlustige
Jesus van die Apokalips. Hierdie is Jesus Indignatus van die Nuwe Openbaring. Volgens
die digter – ‘n selfverklaarde toegewyde Rooms-Katoliek – is Jesus afgepis omdat die
Bybel tans onvolledig is. Daar is iets weg … ‘n boek … wat te doen het met Bel-Sjazzar,
Sjadrag, Mesag en Abed-Nego (indien ek reg onthou). Daniël II sou seker ‘n gepaste titel
vir dié geheimsinnige boek wees? Maar nou sal ek nooit weet of die werk in sy geheel op
die Internet beskikbaar is nie omdat Pienaar die mededeling (of prekie) so ongeskik
kortgeknip het.
Hulle wil nie luister nie.
at ek wel verneem het, is dat die Goeie Suster wat die Goeie Nuus oor die Verlore
Boek bekend maak, oral waar sy gaan deur priesters en predikante uit kerke en
W
4
katedrale verwilder word! Dink ‘n oomblik aan die Suster se onbenydenswaardige
posisie: aan die een kant ‘n beswaarde, veeleisende Jesus en aan die ander, hardekwas
geestelikes met harte van klip wat haar nie in hul witgepleisterde graftombes wil toelaat
nie. Gelukkig vir die Suster gaan Suid-Afrika nog nie onder die Godsdiens van Vrede se
Sjaria-wette gebuk nie … anders was sy lank reeds ‘n martelaar. Vra maar die Kopte in
Egipte.
aar watter luisterryke belydenis was dit nie – hierdie gedigtelesing in die klein
marxistiese kapel in Melville. Die Woord in die hoerhuis van die mislukte
revolusie.Wat bewys, die een geloof se dood is die ander se brood… en, moet
nooit opstandings-gelowe onderskat nie. Hulle beleef altyd weer ‘n Renaissance.
M
5

More Related Content

More from PieterUys7

Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels PieterUys7
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesPieterUys7
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse TaalPieterUys7
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianPieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundPieterUys7
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalPieterUys7
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokalePieterUys7
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamiliePieterUys7
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkPieterUys7
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)PieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse talePieterUys7
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamiliePieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasPieterUys7
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan PieterUys7
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong PieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TalePieterUys7
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaPieterUys7
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies PieterUys7
 

More from PieterUys7 (20)

Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 

Lofliedere in die Hoerhuis

  • 1. Lofliedere in die Hoerhuis Poësie-voorlesing by Love & Revolution, Sewende Straat, Melville op 15 Oktober 2011. ‘n Narratief deur Pieter Uys. “In die begin was die woord” ~ Johannes. ove & Revolution is ‘n klein kapel van die vorige eeu se mees prominente godsdiens. Hier in Melville, regoor Xai-Xai, kan die besoeker sy ete en drinke versadig langs ‘n boekrak wat die lof van onder meer Ché Guevara – die man van die duisend T-hemde – besing. ‘n Plek van Piëteit. Aan vroomheid gaan dit nie mank nie – ‘n reuse plakkaat waarsku dat daar geen “agists, bigots, classists, racists, fascists, homophobes…” noem maar op, geen sondaars van enige aard – verwelkom word nie. Die Tien Oortredinge word duidelik omskryf. Op ‘n tafeltjie lê daar selfs ‘n Engelse koerantjie uit Kuba. L L Nêrens te vinde was die uitgawe van Forbes waar Castro - een van die wêreld se rykste miljardêrs - se bates uiteengesit word. In die venster is daar ‘n roerende persoonlike advertensie van iemand wat na ‘n “progressiewe” lewensmaat hunker. 1
  • 2. Love & Revolution is die tuiste van die bittereinder, van Eric Hoffer se True Believer, of dan, ‘n klein hoerhuis waar die Middelklas se Revolusiedrome ywerig gemasturbeer word. Waar die Opiaat van die Intellektuele nog mildelik toegedien word. Hier het daar Saterdag 15 Oktober ‘n gedigtelesing plaasgevind deur René Bohnen, Johannes van Jerusalem, Cornel Judels, Johann Marais, Loftus Marais, Heidi Papadopoulos en Karlien van der Merwe, onder beheer van Hans Pienaar, bewonderaar van pre-2003 Irak en mens vermoed – in jou wantroueriger momente - ook van Saddam Hussein. Het Hans die Tien Oortredinge noukeurig bestudeer, wonder mens. Aan die ander kant is die Woord lankal reeds so ondermyn dat die fascistiese diktator die bevryder geword het – met dien verstande dat hy ‘n vyand van die VSA moet wees. Boonop was die T-hemp Ché nog altyd ‘n sosiale konstruk. Die ware Guevara – die sadistiese kindermoordenaar en rassis (Sy ongesensorde Congo Diaries is deurtrek van woorde wat oorle Eugene Terreblanche sou laat bloos) pas nie by die “narratief” nie. Ook nie die lafaard wat met die Boliviese weermag gepleit het: “Ek is Ché! Ek’s vir julle meer werd lewend as dood!” Helaas! Die geleentheid het sigself gou openbaar as ‘n bevestiging van die Opiaat van die Gepeupel waartydens die lewenskrag van die Christendom en Islam vir Marx die vinger gewys het. Oh proles, up yours! at my bybly van René Bohnen se werk is die verwysingskrag en die soepele klank- en woordspel, veral haar observasies oor die stadslewe. W 2
  • 3. Haar knap beelde ry op ritmes wat meesleur, ingekleur deur alliterasie & assonansie wat resoneer. Bohnen is ‘m “aha-digter” – sy trek al by die derde versreël dan roep dié van die eerste nog stringe assosiasies by die luisteraar op. Mens wil haar vra: “stadig oor die klippertjies; kos moet behoorlik gekou word.” ohann Marais se voordrag het die atmosfeer van Ou Afrika opgeroep; die ooskus veral, sodat dobberonde dhows deur my geestesoog geseil het, sowel as ou moskees, sierlike manuskripte, harems vol wulpse Venusse en die speserye van Zanzibar. Dit was ‘n vergange era, toe Jihad nog ‘n obskure teologiese term was en die Godsdiens van Vrede nog waarlik vreedsaam gesluimer het, toe handelaars deur die Rooi See verby Djibouti, Yemen, Aden en Sokotra na die Ooste en terug gevaar het. Johann se hulde aan dié vreedsame tye roep die klanke van Swahili, see, Sarandib, seile en slawe op, en die werke van geskiedskrywers soos Ibn Battuta en Ibn Khaldun. ‘n Mens wil jou onwillekeurig retrospektiewelik vererg vir die ou Vrystaatse Republiek wat so moedswillig die “Mohammedaan en die Turk” verbied het om hul voete oor die Vaal en Oranje te sit. J Dan word die luisteraar summier uit sy sluimering van Afrika na Suid-Amerika weggevoer. ohannes van Jerusalem is deur die Gees besete. Wel, eintlik deur twee Sjeeste: die Gees van Gemeenskap en die Gees van Geloof en dan veral ook daar waar die twee ontmoet en deur geslagsomgang ‘n eenheid word. Sy geestige optrede het ‘n frisson, ‘n rilling van jouissance, deur die klein marxistiese kapel gestuur, veral wanneer hy sy ervaringe met Maria in die gryse Lima met ons deel. Dis hier waar glossolalia en coitus-krete mekaar omhels, ter stigting en ter besieling. Voorwaar, voorwaar, Maria het ‘n vlam in Johannes ontketen wat geen afstand of tyd kan blus nie. Geseënd is jy onder die vroue, Maria van Lima! Jou hartstogtelike uitroepe – soos deur Johannes verwoord - weerklink wellustiglik deur Afrika. J 3
  • 4. oftus Marais is ‘n klein ottertjie wat die kuns van optrede verstaan en ook, onder meer, deur gemeenskap begeester word. Sy loflied aan die ontologie was slim en vermaaklik – ‘n viering van die isse (is! is! is!) terwyl vele ander versies oor tersluikse verwysings na voorvalle van gemeenskap beskik, oorgedra in Algemeen Beskaafde Kamp (ABK). ‘n Fotograaf het verwoed gekliek-kliek-kliek terwyl Loftus ons vermaak, wat mens laat dink dat hy ‘n tipe “ster” is wat sy bewonderaarsbasis deurentyd aanvul met sy spitsvondige segswyses en bronstige bewoordings. L ie ander digteresse het ons siele gevoed met gedigte oor historiese figure, tuinmaak, purper irisse, selfmoord-bomaanvallers en die rustige, landelike KwaZulu-Natal, laasgenoemde met trombegeleiding. Iets wat my verbeelding aangegryp het, was ‘n stukkie tussen-vers-prosa oor Jesus - ‘n Nuwe Jesus. Ek was vies toe Kommissar Hans Pienaar dit op eg-links-outoritêre wyse kortgeknip het. D Hierdie was nie die hulpelose Jesus van die kruis of pietá nie, ook nie die Lam ter Slagting nóg die onoorwinlike Sol Invictus nóg die liefdevolle Rabbi nóg die strydlustige Jesus van die Apokalips. Hierdie is Jesus Indignatus van die Nuwe Openbaring. Volgens die digter – ‘n selfverklaarde toegewyde Rooms-Katoliek – is Jesus afgepis omdat die Bybel tans onvolledig is. Daar is iets weg … ‘n boek … wat te doen het met Bel-Sjazzar, Sjadrag, Mesag en Abed-Nego (indien ek reg onthou). Daniël II sou seker ‘n gepaste titel vir dié geheimsinnige boek wees? Maar nou sal ek nooit weet of die werk in sy geheel op die Internet beskikbaar is nie omdat Pienaar die mededeling (of prekie) so ongeskik kortgeknip het. Hulle wil nie luister nie. at ek wel verneem het, is dat die Goeie Suster wat die Goeie Nuus oor die Verlore Boek bekend maak, oral waar sy gaan deur priesters en predikante uit kerke en W 4
  • 5. katedrale verwilder word! Dink ‘n oomblik aan die Suster se onbenydenswaardige posisie: aan die een kant ‘n beswaarde, veeleisende Jesus en aan die ander, hardekwas geestelikes met harte van klip wat haar nie in hul witgepleisterde graftombes wil toelaat nie. Gelukkig vir die Suster gaan Suid-Afrika nog nie onder die Godsdiens van Vrede se Sjaria-wette gebuk nie … anders was sy lank reeds ‘n martelaar. Vra maar die Kopte in Egipte. aar watter luisterryke belydenis was dit nie – hierdie gedigtelesing in die klein marxistiese kapel in Melville. Die Woord in die hoerhuis van die mislukte revolusie.Wat bewys, die een geloof se dood is die ander se brood… en, moet nooit opstandings-gelowe onderskat nie. Hulle beleef altyd weer ‘n Renaissance. M 5