SlideShare a Scribd company logo
1 of 7
Jesaja 25:6-9 Paas Sondag 12 April 2009 Verwelkoming Maranata – Hy het waarlik opgestaan. Votum en Seëngroet Lofliedere 409 414 423 Doop Lied 290:1 voor die doop Lied 290:4 na die doop Skriflesing Soos ek reeds verlede Sondag gesê het, beslaan die boek Jesaja eintlik 3 dele wat met die voor-ballingskap tyd (hfst. 1-39), die tyd in die ballingskap (hfst. 40-55) en die tyd na die ballingskap (hfst.. 56-66) van die 6de eeu v.C. verbind kan word. Jesaja 25 is deel van Eerste Jesaja (hoofstukke 1-39).  In die tydperk gaan dit aanvanklik op ekonomiese gebied nog goed met die volk.  Die samelewing was egter inherent siek deurdat die mense volgens Jesaja uiterlik baie godsdienstig was, maar innerlik verrot.  Hy het vervolgens veral die uitbuiting van armes, oneerlikheid en eiebelang aan die kaak gestel en aangekondig dat God sy volk gaan straf.  Uiteindelik sou die volk in ballingskap weggevoer word, die eerste keer in die 8ste eeu v.C. veral die 10 stamme van Israel en in die 6de eeu v. C. die 2 stamme van Juda.  Die klem val baie sterk in Jes. 1-39 op die oordeel oor Juda en Jerusalem (1-12), die nasies (13-23), die wêreld (24-27) en uiteindelik ook die verbondsvolk (28-35).  In elk van die onderafdelings is daar egter ook ondertone van hoop, soos met dié gedeelte in hfst. 25.   Woordverkondiging ’n Mens word nogal honger as jy die evangelies lees, dis die een ete na die ander ... Jesus was lief vir eet ... om te “kuier-eet” saam met mense en so die lewe én God se goedheid te vier.  Ek dink Jesus sou vandag die restaurante geniet het.  Geen wonder dat een van die sakramente wat Hy ingestel het rondom eet was nie – die Nagmaal. Dis die beste uiteet-geleentheid wat daar is! Hier in Jesaja 25 word ook gepraat van ’n uiteet-geleentheid ... en dis vol van vreugde-gevulde woorde. Dit lyk asof die teks ’n kronings banket beskryf, waar God as die Heerser gekroon word, in NT terme, waar Jesus se opstanding gevier sal word. Dit is ’n gelukkige, vreugdevolle geleentheid. Ek kan in my geestesoog sien hoe kreun die tafels onder die wonderlike oorvloed wat God vir ons en die wêreld opdis! God hou ‘n feesmaal Feeste en die gode is natuurlik eintlik half sinoniem.  In al die mitologieë lees 'n mens van groot en uitspattige feeste wat die gode gehou het.  Dit is waar van Egipte, Griekeland, Assirië en Babilonië. Jesaja se visie op die eindtyd, dat dit 'n feesmaal sal wees, is dus heeltemal in lyn met wat in ander godsdienste ook die geval is.  Daar is 'n hele paar ooreenkomste.  Maar wat Jesaja uniek maak, is dat die gaste nie ander gode is nie, maar mense.  In al die mitologieë nooi die gode ander gode uit om saam met hulle fees te vier – baie keer met die mense wat dit moes ontgeld. Mense is God se gaste Wanneer God 'n feesmaal hou, hou Hy dit met mense, mense soos jy en ek. Om die waarheid te sê, omring soos Hy is in die hemel met die vier lewende wesens, met die 24 ouderlinge, met die skare engele, is sy gaste mense, mense uit elke deel van die wêreld, mense wat Hy verlos het, mense van wie Hy die kleed van skuld verwyder het, letterlik staan daar, Hy het dit opgeëet en ingesluk, mense van wie Hy die trane afvee. God gee sy beste En Hy gee die beste wyn, verouderde wyn, kan seker net rooiwyn wees, ander wyn verouder nie so goed nie.  Hy gee die beste kos, en dit in oorvloed.  En Hy verwyder die skande wat oor sy volk gekom het vanweë hulle ongehoorsaamheid, en laat hulle in ere herstel weer saam aansit saam met al die ander volke oor wie Sy Naam uitgeroep is.  Soos Dawid ook in Psalm 23 ervaar – U laat my by 'n feesmaal aansit, al was daar donker dieptes op die pad daarheen. Sulke oorvloed moet ’n mens met vreugde vier!  Paastyd is mos die tyd wat oorloop van vreugde omdat Paastyd vir ons sê:  “Ek het die toekoms gesien en dis wonderlik!”  Jesaja 25 roep ons ook tot vreugde:  “Laat ons bly wees en juig omdat God ons gered het.” Dis die Paasboodskap in ’n neutedop.   Jesus se lyding van Goeie Vrydag word omgesit in die vreugde van die verlossing op Paas Sondag. God sluk die dood in En die wonderlikste van alles, God sluk die dood in.  Soos Goeie Vrydag die begrafnis van sy Seun was, is hierdie Feesmaal die begrafnis van die Dood. Interessant, van die ander gode se feesmaaltye het baie keer een of ander helde daad ingesluit.  Marduk bv., die hoof Babiloniese god, in die Enuma Elish (Babiloniese skeppingsverhaal), een van die stories wat die Bybelskrywers moes geken het, het by een só 'n feesmaal 'n kledingstuk laat verdwyn en weer laat verskyn. Maar Jesaja teken God as die een wat nie maar net sommer 'n towerkunsie doen nie.  Hy sluk die skuld van mense in, en Hy sluk die dood (hamôt) in, en wis die oordeel en die straf van sy mense uit. Die doek waarvan hier gepraat word, is die doek van onkunde, die doek van verydeling, die doek wat soos 'n skaduwee oor die nasies gelê het en alles wat hulle doen, beïnvloed het. Anders as die Satan, wat in die NT geteken word as die een wat mense soek om te verslind (1 Pet 5:8) om hulle lewens te vernietig,  soos sy voorganger die Leviatan, eet God die dinge op wat skeiding bring tussen Hom en die mens, sodat hulle die lewe kan hê.  Hy eet die vloek van die sonde op, Hy sluk dit in, en Hy eet die gevolge van die sonde ook op, die dood. Jesus het immers gekom dat ons lewe sal hê en dit in oorvloed (Joh. 10). God gee ons hoop En die wonder van hierdie feesmaal is dat dit vir ewig is.  Die dood word nie net vernietig vir 'n tyd nie, so half soos in die sikliese verstaan van die Hindoeïsme nie, waar lewe en dood mekaar afwissel nie.  Nee, die dood word as entiteit vernietig.  Daarom word daar van DIE DOOD hier gepraat.  Dit is DIE DOOD wat vernietig word. Net so terloops – dit is dan ook die probleem van die hele idee van reïnkarnasie – daar is nooit 'n einde aan nie.  Jy kan opgaan in die hiërargie, maar jy kan ook daal – daar is geen versekering dat jy ooit genoeg karma gaan hê om geluksaligheid te bereik nie. God werk nie so nie.  Hy deurbreek die effek wat die dood en die skuld en die sonde kan hê, en wis dit uit, sluk dit in, sodat ons die lewe en dit vir ewig kan hê. Eugene O'Neill het 'n toneelstuk geskryf: “Lazarus Laughed” (1925).  Dit handel oor wat gebeur het nadat Jesus vir Lasarus uit die dood opgewek het.  Die toneelstuk wys, hoe vanaf die eerste oomblik wat Lasarus se vriende hom weer sien nadat hy uit die dood opgewek is, sy lewe gevul is met vreugde en blydskap.  
What did you see on the other side of death?
 vra hulle hom. En Lasarus antwoord, 
There is no death! There is no death! There is only life!
 En dan bars hy uit van die lag – O'Neill beskryf hierdie lag as, “full of acceptance of life and a profound joy.” En die toneelstuk gaan aan om Lasarus te skets as 'n prediker met net een boodskap: dat die lewende Christus mense kan bevry van die vrees wat die dood bring.  Aan die einde kom daar dan ‘n groot konfrontasie met die wrede Caligula, opvolger van die Romeinse troon. Caligula dreig Lasarus met marteling en teregstelling oor sy boodskap. Maar Lasarus kyk hom in die oë en lag saggies, 
Death is dead, Caligula, Death is dead!
 O’Neill sê dus met dié toneelstuk, die grootste verandering in Lasarus se lewe, nadat hy die nuwe lewe in Christus ontdek het, is dat hy nie meer bang was nie. Hy kon lewe met hoop. Lasarus kon op 'n ander manier as tevore leef en lag. Hy sou wéér moes sterf omdat sy opstanding uit die dood nog nie die uiteindelike opstanding uit die dood in die voetspore van die Opgestane Christus was nie. Maar hy het die dood nie meer gevrees nie. Vir hom was Die Dood, dood! Nou kon hy leef sonder die vrees vir die dood! Soos John Donne skryf in “Death be not Proud” in die eerste twee reëls: DEATH be not proud, though some have called thee Mighty and dreadfull, for, thou art not so, En dan sluit hy af met die laaste reël: And death shall be no more; death, thou shalt die. Ons kan hoop Nou wat is die effek op ons?  Watter hoop lê in hierdie Feesmaal, hierdie Paasmaaltyd vir ons? ’n Paar jaar gelede was daar ’n ondersoek waarin gevra is: “Watter sin sou jy baie graag wou hoor iemand opreg vir jou sê?” Kan jy raai wat die eerste ding was wat mense graag wou hoor? ,[object Object]
Die tweede een was “Jy is vergewe.”
Die derde een was eintlik ’n verrassing:  “Ete is reg!”  (D.w.s. Kom eet!)En dít is wat hierdie Feesmaal, waarvan die nagmaal natuurlik 'n voorloper is, vir ons sê: Eerstens: Dit sê vir ons God is lief vir ons. Die liefde wat God vir sy Seun het, bly my hart roer.  Want dit is eintlik net in God die Vader se liefde vir sy Seun, Jesus, wat ek sy liefde vir my kan raaksien en daarop kan vertrou.  Die wonder van hierdie Paas Sondag is dat die offer wat Jesus op Goeie Vrydag gemaak het, deur God die Vader met die opstanding van Paas Sondag begroet is. ,[object Object]
en op Goeie Vrydag gevra het,  Waarom het U my verlaat en nogtans uiteindelik in gehoorsaamheid sy Gees aan God die Vader teruggegee het ...
so antwoord God die Vader uiteindelik met die opstanding uit die dode en met die verheerliking van Hom as mens bo alle ander op die aarde, voor Hom en na Hom.En in hierdie liefde vir Sy Seun, lê daar vir my die hoop dat Hy ook vir my liefhet.  Dat Hy ook aan my getrou sal bly.  Dat ek ook hierdie feesmaal aan die einde van die tyd sal kan bywoon.  En elke keer by die nagmaal, soos ook weer by Goeie Vrydag, versterk word in my hoop. Tweedens: Dit sê vir ons, ons skuld is vergewe: In ’n droom het Martin Luther beleef hy word deur die duiwel aangeval. Die duiwel het ’n lang boekrol, wat ’n lys van Luther se sondes opgehad het, vir hom gelees. Nadat hy klaar gelees het, het Luther vir hom gevra: “Is dit al?” “Nee” het die antwoord gekom en ’n tweede boekrol is oopgemaak met nog sondes. Na dit was daar ’n derde lys, maar toe was die duiwel klaar.  “Jy het iets vergeet!” het Luther uitgeroep.  “Skryf gou vinnig op elkeen van hulle – die bloed van Christus, God se seun, was al ons sondes weg!” Dit is die wonder van hierdie Paas Sondag – die sonde en die skuld en die straf vir die sonde, die dood, is vernietig, dit is ingesluk, dit is opgeëet.  Ons is vry mense wat met vrymoedigheid (parresia – Hebreërs 4) met God kan praat en met Hom gemeenskap kan hê. Derdens: En die boodskap sê vir ons – in die taal van Jesaja 25 –  “ete is reg”. Ek lees die verhaal van ’n Ier wat, soos baie ander in die 1820’s, met sy familie na Amerika toe wou verhuis. Hy het gespaar, geleen, hard gewerk totdat hy die kaartjies vir die bootreis kon koop. Hulle het die reis aangepak met die klere wat hulle aangehad het en paar muntstukke wat die pa in sy sak gehad het. Hulle sou in Amerika ’n nuwe, vars begin maak. Vriende en familie het vir hulle op die kaai kom totsiens sê. Daar het hulle vir hulle sakke vol brood, kaas en aartappels gegee.  Die familie was maar te dankbaar vir al die geskenke, want dit sou die honger weghou van hulle af. Aan boord het hulle op die onderste dek ’n slaapplek gekry: ouma, ma, pa en 6 kinders. Die pa het sy reëls uitgespel: wees versigtig, bly naby aan mekaar en moenie verlore raak. Hierdie goed was veral bedoel vir die ore van die familie se 6-jarige woelwater.  Dié was ’n ontdekker uit die boonste rakke!  Soos die boot verder gevaar het, het die kos opgeraak, behalwe vir ’n paar gemufte aartappels. Hulle was honger en moedeloos. Die woelwater het gepleit vir iets vars om te eet.  Die ma het na die pa gedraai en gesê:  “Laat hy vir ons ’n paar vars lemoene gaan koop met die geld wat jy oor het, dan kan ons dit onder mekaar verdeel en vier dat daar nog net ’n paar dae oor is voor ons voet aan wal sit.” Die seuntjie is toe opgestuur.  Na ’n halfuur was daar nog geen teken van die woelwater nie.  Almal was bekommerd, veral die ouma en ma.  Die pa het op die groot boot begin rondsoek.  Einde ten laaste kry hy hom in die eetsaal van alle plekke!  Hy was besig om alles te eet wat hy kon sien!  Die pa het hom aan sy arm gegryp en sê:  “Hoe kon jy?  Ons het geen geld om vir al hierdie kos te betaal nie!  Jy sal ons vernietig nog voor ons by Amerika uitkom” Met sy mond vol kos het die seuntjie sukkel-sukkel die volgende woorde uitgekry:  “Pappa! Pappa!  Jy verstaan nie.  Die kos is verniet.  Die kos is ons s’n. Dit is ingesluit in die prys van die kaartjie!” Die pa was verstom.  Hy het in die kelner wat naby gestaan het se gesig gekyk en dié het dit bevestig.  Al wat die pa kon uitkry was:  “Goeie genade!”  Hy het die seuntjie gestuur om die res van die familie te roep. Terwyl hulle dankbaar in stilte die wonderlike kos geniet het, het die woorde in hulle kop rondgemaal: “Die kos is verniet.  Die kos is verniet. Dit is ingesluit in die prys.” Slot Ek sluit af met 'n gebed van Ds Stefan Louw wat hy twee jaar voor sy dood in September, 2006 as deel van 'n meditasie geskryf het.  “Here, laat die dood die sin wees waaruit ek my broosheid put, laat dit die hals wees wat my lewe versier met nederigheid, met vrede, met diensbaarheid, met hoop. Laat dit die laaste woord wees wat elke dag die lewe nuut opbreek, laat my weerloosheid terugval in U Vaderhand, laat die stort oor die rand slegs die vryval wees en dan die sprei van die vlerke, die vlug, die oorgee aan U my Vader van wie my Gees kom en na terugkeer. U die lewensGees, die bron van alle Goeie dinge. Ek wil Hom nie vrees nie Heer, ek wil Hom verstaan en op die regte tyd ontmoet soos iemand by ‘n deur staan en klop, nie as iemand nie, maar juis as niks, as bloot ‘n oomblik van nietigheid, as bloot ‘n ingang, ‘n donker ingang met U stem wat anderkant klink. Amen.” Gebed Dankoffer Slotlied 421 Seën Amen 313
Jesaja 25.docx
Jesaja 25.docx

More Related Content

What's hot

What's hot (8)

Noah, Aliens and Disillusionment
Noah, Aliens and DisillusionmentNoah, Aliens and Disillusionment
Noah, Aliens and Disillusionment
 
Die Gawes van die Heilige Gees
Die Gawes van die Heilige GeesDie Gawes van die Heilige Gees
Die Gawes van die Heilige Gees
 
God se genadejaar
God se genadejaarGod se genadejaar
God se genadejaar
 
Omgeruil by die kruis op golgotha
Omgeruil by die kruis op golgothaOmgeruil by die kruis op golgotha
Omgeruil by die kruis op golgotha
 
Vryheid deur die kruis
Vryheid deur die kruisVryheid deur die kruis
Vryheid deur die kruis
 
Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47
 
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docxMatteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docx
 
Die wonder van Tale spraak
Die wonder van Tale spraakDie wonder van Tale spraak
Die wonder van Tale spraak
 

Similar to Jesaja 25.docx

Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagChris van Wyk
 
Die tabernakel deel 8 die allerheiligste
Die tabernakel deel 8 die allerheiligsteDie tabernakel deel 8 die allerheiligste
Die tabernakel deel 8 die allerheiligsteJossvanderLinde
 
Efesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjieEfesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjieLou-Maré Denton
 
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptxDie Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptxAvril501490
 
Laat jesus jou storm stilmaak kerk2
Laat jesus jou storm stilmaak kerk2Laat jesus jou storm stilmaak kerk2
Laat jesus jou storm stilmaak kerk2AGS Lofoord Upington
 
Die sielkunde-van-christen-anti-semitisme
Die sielkunde-van-christen-anti-semitismeDie sielkunde-van-christen-anti-semitisme
Die sielkunde-van-christen-anti-semitismePieterUys7
 
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docxMatteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docxChris van Wyk
 

Similar to Jesaja 25.docx (8)

Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
 
Die tabernakel deel 8 die allerheiligste
Die tabernakel deel 8 die allerheiligsteDie tabernakel deel 8 die allerheiligste
Die tabernakel deel 8 die allerheiligste
 
Efesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjieEfesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjie
 
Crossing The Rubicon 1
Crossing The Rubicon 1Crossing The Rubicon 1
Crossing The Rubicon 1
 
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptxDie Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
 
Laat jesus jou storm stilmaak kerk2
Laat jesus jou storm stilmaak kerk2Laat jesus jou storm stilmaak kerk2
Laat jesus jou storm stilmaak kerk2
 
Die sielkunde-van-christen-anti-semitisme
Die sielkunde-van-christen-anti-semitismeDie sielkunde-van-christen-anti-semitisme
Die sielkunde-van-christen-anti-semitisme
 
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docxMatteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
 

More from Chris van Wyk

Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagChris van Wyk
 
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptxMatteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptxChris van Wyk
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptxChris van Wyk
 
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptxMatteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptxChris van Wyk
 
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptxMatteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptxChris van Wyk
 
Hebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptxHebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptxChris van Wyk
 
Handelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptxHandelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptxChris van Wyk
 
Handelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptxHandelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptxChris van Wyk
 

More from Chris van Wyk (20)

Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47
 
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
 
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptxMatteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
 
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptxMatteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
 
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptxMatteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
 
1 Sam 3.docx
1 Sam 3.docx1 Sam 3.docx
1 Sam 3.docx
 
1 Samuel 3.pptx
1 Samuel 3.pptx1 Samuel 3.pptx
1 Samuel 3.pptx
 
Hebreërs 4.pptx
Hebreërs 4.pptxHebreërs 4.pptx
Hebreërs 4.pptx
 
Hebreërs 4.docx
Hebreërs 4.docxHebreërs 4.docx
Hebreërs 4.docx
 
Jeremia 31.docx
Jeremia 31.docxJeremia 31.docx
Jeremia 31.docx
 
Jeremia 31.pptx
Jeremia 31.pptxJeremia 31.pptx
Jeremia 31.pptx
 
Jesaja 50.pptx
Jesaja 50.pptxJesaja 50.pptx
Jesaja 50.pptx
 
Hebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptxHebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptx
 
Jesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptxJesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptx
 
Hand 4.pptx
Hand 4.pptxHand 4.pptx
Hand 4.pptx
 
Handelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptxHandelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptx
 
Handelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptxHandelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptx
 
1 Samuel 18.pptx
1 Samuel 18.pptx1 Samuel 18.pptx
1 Samuel 18.pptx
 
1 Samuel 18.docx
1 Samuel 18.docx1 Samuel 18.docx
1 Samuel 18.docx
 

Jesaja 25.docx

  • 1.
  • 2. Die tweede een was “Jy is vergewe.”
  • 3.
  • 4. en op Goeie Vrydag gevra het, Waarom het U my verlaat en nogtans uiteindelik in gehoorsaamheid sy Gees aan God die Vader teruggegee het ...
  • 5. so antwoord God die Vader uiteindelik met die opstanding uit die dode en met die verheerliking van Hom as mens bo alle ander op die aarde, voor Hom en na Hom.En in hierdie liefde vir Sy Seun, lê daar vir my die hoop dat Hy ook vir my liefhet. Dat Hy ook aan my getrou sal bly. Dat ek ook hierdie feesmaal aan die einde van die tyd sal kan bywoon. En elke keer by die nagmaal, soos ook weer by Goeie Vrydag, versterk word in my hoop. Tweedens: Dit sê vir ons, ons skuld is vergewe: In ’n droom het Martin Luther beleef hy word deur die duiwel aangeval. Die duiwel het ’n lang boekrol, wat ’n lys van Luther se sondes opgehad het, vir hom gelees. Nadat hy klaar gelees het, het Luther vir hom gevra: “Is dit al?” “Nee” het die antwoord gekom en ’n tweede boekrol is oopgemaak met nog sondes. Na dit was daar ’n derde lys, maar toe was die duiwel klaar. “Jy het iets vergeet!” het Luther uitgeroep. “Skryf gou vinnig op elkeen van hulle – die bloed van Christus, God se seun, was al ons sondes weg!” Dit is die wonder van hierdie Paas Sondag – die sonde en die skuld en die straf vir die sonde, die dood, is vernietig, dit is ingesluk, dit is opgeëet. Ons is vry mense wat met vrymoedigheid (parresia – Hebreërs 4) met God kan praat en met Hom gemeenskap kan hê. Derdens: En die boodskap sê vir ons – in die taal van Jesaja 25 – “ete is reg”. Ek lees die verhaal van ’n Ier wat, soos baie ander in die 1820’s, met sy familie na Amerika toe wou verhuis. Hy het gespaar, geleen, hard gewerk totdat hy die kaartjies vir die bootreis kon koop. Hulle het die reis aangepak met die klere wat hulle aangehad het en paar muntstukke wat die pa in sy sak gehad het. Hulle sou in Amerika ’n nuwe, vars begin maak. Vriende en familie het vir hulle op die kaai kom totsiens sê. Daar het hulle vir hulle sakke vol brood, kaas en aartappels gegee. Die familie was maar te dankbaar vir al die geskenke, want dit sou die honger weghou van hulle af. Aan boord het hulle op die onderste dek ’n slaapplek gekry: ouma, ma, pa en 6 kinders. Die pa het sy reëls uitgespel: wees versigtig, bly naby aan mekaar en moenie verlore raak. Hierdie goed was veral bedoel vir die ore van die familie se 6-jarige woelwater. Dié was ’n ontdekker uit die boonste rakke! Soos die boot verder gevaar het, het die kos opgeraak, behalwe vir ’n paar gemufte aartappels. Hulle was honger en moedeloos. Die woelwater het gepleit vir iets vars om te eet. Die ma het na die pa gedraai en gesê: “Laat hy vir ons ’n paar vars lemoene gaan koop met die geld wat jy oor het, dan kan ons dit onder mekaar verdeel en vier dat daar nog net ’n paar dae oor is voor ons voet aan wal sit.” Die seuntjie is toe opgestuur. Na ’n halfuur was daar nog geen teken van die woelwater nie. Almal was bekommerd, veral die ouma en ma. Die pa het op die groot boot begin rondsoek. Einde ten laaste kry hy hom in die eetsaal van alle plekke! Hy was besig om alles te eet wat hy kon sien! Die pa het hom aan sy arm gegryp en sê: “Hoe kon jy? Ons het geen geld om vir al hierdie kos te betaal nie! Jy sal ons vernietig nog voor ons by Amerika uitkom” Met sy mond vol kos het die seuntjie sukkel-sukkel die volgende woorde uitgekry: “Pappa! Pappa! Jy verstaan nie. Die kos is verniet. Die kos is ons s’n. Dit is ingesluit in die prys van die kaartjie!” Die pa was verstom. Hy het in die kelner wat naby gestaan het se gesig gekyk en dié het dit bevestig. Al wat die pa kon uitkry was: “Goeie genade!” Hy het die seuntjie gestuur om die res van die familie te roep. Terwyl hulle dankbaar in stilte die wonderlike kos geniet het, het die woorde in hulle kop rondgemaal: “Die kos is verniet. Die kos is verniet. Dit is ingesluit in die prys.” Slot Ek sluit af met 'n gebed van Ds Stefan Louw wat hy twee jaar voor sy dood in September, 2006 as deel van 'n meditasie geskryf het. “Here, laat die dood die sin wees waaruit ek my broosheid put, laat dit die hals wees wat my lewe versier met nederigheid, met vrede, met diensbaarheid, met hoop. Laat dit die laaste woord wees wat elke dag die lewe nuut opbreek, laat my weerloosheid terugval in U Vaderhand, laat die stort oor die rand slegs die vryval wees en dan die sprei van die vlerke, die vlug, die oorgee aan U my Vader van wie my Gees kom en na terugkeer. U die lewensGees, die bron van alle Goeie dinge. Ek wil Hom nie vrees nie Heer, ek wil Hom verstaan en op die regte tyd ontmoet soos iemand by ‘n deur staan en klop, nie as iemand nie, maar juis as niks, as bloot ‘n oomblik van nietigheid, as bloot ‘n ingang, ‘n donker ingang met U stem wat anderkant klink. Amen.” Gebed Dankoffer Slotlied 421 Seën Amen 313