1. ʹEK SKAAM MY VIR EUROPAʹ
Oriana Fallaci oor Antisemitisme
Panorama Italiano
18 April 2002
In Afrikaans vertaal deur Pieter Uys
http://www3.pictures.gi.zimbio.com/Tribute+Italian+Journalist+Oriana+Fallaci+-OLX15fqAC2l.jpg
2. http://www.repubblica.it/online/mondo/terricinquantaquattro/fallaci/fallaci.html
http://www.oriana-fallaci.com/18-aprile-2002/articolo.html
http://www.virusilgiornaleonline.com/antisemitismo.htm
Ek vind dit skandelik dat daar in Italië optogte plaasvind waar mense
soos selfmoord-bomaanvallers aantrek en Israel belaster, foto’s
omhoog hou van Israeli leiers op wie se voorkoppe hulle swastikas
geteken het en ander opsweep om Jode te haat. Mense wat hul eie
moeders aan ‘n harem sal verkoop net om weer die Jode in die
uitwissingskampe, in die gaskamers, en in die oonde van Dachau en
Mauthausen en Buchenwald en Bergen-Belsen te sien.
Ek vind dit skandelik dat die Katolieke Kerk ‘n biskop toelaat, nogal
een wat in die Vatikaanstad woon, wat in die jare sewentig in
Jerusalem gearresteer is met ‘n arsenaal wapens en plofstof
versteek in geheime kompartemente in sy heilige Mercedes, om aan
2
3. daardie optog deel te neem en in die mikrofoon in die naam van God
die selfmoord-bomaanvallers wat Jode in pizzerias en
supermarkte vermoor, te loof en prys. Om hulle te noem:
“martelare wat na hul dood toe gaan soos mens na ‘n partytjie
gaan.”
Ek vind dit skandelik dat in Frankryk, die Frankryk van Vryheid-
Gelykheid-Broederskap, sinagoges aan die brand gesteek word, Jode
terroriseer word en hul begraafplase vandaliseer word. Ek vind dit
skandelik dat die jeug van Holland, Duitsland en Denemarke met die
kaffiah rondparadeer net soos Mussolini se avant garde met die
knuppel en die fascistiese kenteken gespog het.
Ek vind dit skandelik dat aan byna al Europe se universiteite
Palestynse studente anti-semitisme ondersteun en aanhits.
Dat daar in Swede gevra is dat Shimon Peres se 1994 Nobel
Vredesprys teruggeneem en aan die duif met die olyftak in sy bek.
Arafat - toegeken word. Ek vind dit skandelik dat die vername lede
van die Komitee, ‘n komitee wat (soos dit voorkom) politieke
ooruiging eerder as meriete beloon, dié versoek oorweeg en selfs
daarop reageer het. Die Nobelprys sal die een wat dit nie verdien
3
4. nie, in die hel vereer.
Ek vind dit skandelik (ons is terug in Italië), dat staatsbeheerde TV-
stasies tot die herlewing van anti-semitisme bydra deur net
Palestynse ongevalle te betreur en die dood van Israelis ignoreer, of
onwillig daaroor verslag doen.
Ek vind dit skandelik dat in hul debatte met die skurke wat ‘n turban
of kaffiah dra, hulle dit met soveel eerbetoon doen, met die
uitvaagsels wat gister nog lofliedere gesing het oor die 9/11 New
York slagting en vandag die moorde in Jerusalem, Haifa, Netanya en
Tel Aviv aanprys.
Ek vind dit skandelik dat die pers dieselfde doen, dat die koerante
verontwaardig is omdat Israeli tenks die Geboortekerk in Bethlehem
omsingel maar nie verontwaardig is dat binne daardie selfde kerk
twee honderd Palestynse terroriste gewapen met masjiengewere en
plofstof (waaronder leiers van Hamas en El-Aksa) nie onwelkome
gaste van die monikke is nie (wat bottels mineraalwater en heuning
van die soldate in daardie tenks aanvaar).
Ek vind dit skandelik dat, in die lig van die aantal Israelis wat sedert
die begin van die Tweede Intifada vermoor is (vierhonderd en
4
5. twaalf), ‘n prominente dagblad dit toepaslik vind om in ‘n
hoofopskrif aan te kondig dat meer mense in verkeersongelukke
omkom (seshonderd per jaar).
Ek vind dit skandelik dat L’Osservatore Romano, die Pous se koerant
– ‘n Pous wat nie lank terug in die Klaagmuur ‘n brief van berou vir
die Jode geplaas het – die mense wat in hul miljoene deur Europese
Christene uitgemoor is, van massamoord beskuldig. Ek vind dit
skandelik dat dié koerant die reg op reaksie, op selfverdediging van
hierdie mense (oorlewendes wat steeds tattoëeermerke op hul arms
dra), hul die reg ontneem om nie weer uitgemoor te word nie.
Ek vind dit skandelik dat in die naam van Jesus Christus (‘n Jood
waarsonder hulle almal werkloos sou wees) die priesters van ons
gemeenskappe flankeer met die sluipmoordenaars van mense in
Jerusalem wat nie ‘n pizza kan gaan eet of eiers gaan koop sonder
die gevaar om opgeblaas te word nie.
Ek vind dit skandelik dat hulle kant kies vir diegene wat met
internasionale terrorisme begin het, wat ons mense in vliegtuie, by
lughawens en by die Olimpiese Spele doodgemaak het en wat hulself
deesdae vermaak deur westerse joernaliste te vermoor.
5
6. Deur hulle te ontvoer, te skiet, keelaf te sny of te onthoof. (Daar’s
iemand in Italië wat sedert die publikasie van my boek Die Woede
en die Trots (La Rabbia e l’orgoglio) dieselfde aan my wil doen.
Deur verse uit die Koran op te sê, moedig hy sy “broers” in die
moskees en die Moslemgemeenskap aan om my te straf in die naam
van Allah. Om my te vermoor. Of om saam met my te sterf.
Aangesien hy Engels so goed magtig is, reageer ek graag op Engels:
“Fuck you.”
Ek vind dit skandelik dat byna die hele linkse spektrum, die linkses
wat twintig jaar gelede toegelaat het dat een van hul vakbondlede
‘n doodskis (as ‘n Mafia-waarskuwing) voor die sinagoge van Rome
neersit, die bydrae van die Jode in die stryd teen fascisme vergeet
het. Byvorbeeld die bydraes van Carlo en Nello, van Leone Ginzburg,
Umberto Terracini, Leo Valiani, Emilio Sereni, van vroue soos my
vriendin Anna Maria Enriques Agnoletti wat op 12 June 1944 in
Florence doodgeskiet is, die bydrae van vyf-en-sewentig van die
driehonderd vyf en dertig mense wat in die Fosse Ardeatine
doodgeskiet is, deur die vele ander wat deur marteling of in die
frontlinies of voor vuurpelotonne gesterf het. (Die metgeselle, die
onderwysers, van my kinsbeen en my jeug.)
6
7. Ek vind dit skandelik dat gedeeltelik te wyte aan die linkses – of
eerder, hoofsaaklik te wyte aan die linkses (dink aan die linkses wat
hul kongresse open met luide toejuiging vir die PLO se
verteenwoordiger in Italië), Jode in Italiaanse stede al weer bevrees
is. En in Franse stede en Hollandse stede en Duitse stede is dit
dieselfde storie.
Ek vind dit skandelik dat Jode intimideer word deur die betogings
van die vuilgoed wat soos selfmoord-bomaanvallers aantrek net soos
hulle geïntimideer is tydens die geweld van Kristalnag.
Ek vind dit skandelik dat ooreenkomstig die dwase, oneerlike,
walglike en vir hulle uiters lonende mode van Politieke Korrektheid
dieselfde spul opportuniste – of eerder dieselde klomp parasiete –
die woord “vrede” uitbuit.
Dat in die naam van Vrede – nou al meer misbruik as die woorde
Liefde en Mensdom – hulle net die een kant van hul haat en
dierlikheid kwytskeld. Dat in die naam van pasifisme (lees
konformisme), hierdie hansworse met hul skril sonbesiestemme wat
voorheen Pol Pot se voete gesoen het, mense aanhits wat verward of
oningelig of bang is. Dat hulle diesulkes mislei, bedrieg en teruglei
na die era van die geel ster op die bors. Hierdie bedrieërs wat in
7
8. werklikheid net so min vir die Palestyne omgee as wat ek vir die
bedrieërs omgee. Ek vind dit skandelik dat baie Italianers en
Europeërs die heer (dis seker goeie maniere om die woord te
gebruik) Arafat as hul vaandeldraer aanvaar het. Dié nikswerd wat te
danke aan die Saoedi koninklike familie se geld die argetipe
Mussolini speel en in sy grootheidswaan dink dat hy geskiedenis sal
maak as die George Washington van Palestina.
Dié ellendige stommerik wat toe ek met hom ‘n onderhoud gevoer
het, nie eers in staat was om ‘n sin te voltooi nie, wat nog te sê van
‘n intelligente gesprek voer. Uiteindelik het dit ‘n enorme poging
van my geverg om sin te maak uit sy onsamehangende gebabbel en
om dit te publiseer. My slotsom was dat selfs Ghaddafi soos Leonardo
da Vinci klink vergeleke met Arafat. Dié valse stryder wat altyd in ‘n
uniform paradeer en nooit siviele klere dra nie hoewel hy nog nooit
aan ‘n geveg deelgeneem het nie. Oorlog is iets waarvoor hy altyd
ander stuur om namens hom te voer – die arme drommels wat hom
glo. Dié opgeblase nikswerd wat die rol van Staatshoof speel en
Clinton se Camp David onderhandelinge laat misluk het. Nee-nee-ek-
soek-die-hele-Jerusalem-vir-myself. Hierdie patologiese leuenaar
wat slegs in rare oomblikke van eerlikheid (in privaat-gesprekke)
8
9. Israel se bestaansreg ontken, en wat, soos ek in my boek geskryf
het, homself elke vyf minute weerspreek.
Hy is so skelm dat jy nie ‘n enkele woord van hom kan glo nie. Nooit!
Jy sal altyd deur hom verraai word. Dié terroris wat net weet hoe
om ‘n terroris te wees (maar ‘n veilige afstand van die geweld af
hou) en wat tydens die jare sewentig, toe ek met hom ‘n onderhoud
gevoer het, selfs die Baader-Meinhof terroriste laat oplei het. En
saam met hulle, kinders van tien jaar oud. Arme kinders. (Nou leer
hy hulle om selfmoord-bomaanvallers te word. ‘n Honderd jong
selfmoord-bomaanvallers word tans opgelei: ‘n honderd!).
Dié manteldraaier wat sy vrou in Parys laat woon waar sy soos ‘n
koninging bedien en vereer word, en sy mense in die kak laat
krepeer. Hy tel hulle net uit die kak op om hulle te stuur om te
moor en te sterf, soos die agtienjarige meisies wat gelykheid met
mans moet verdien deur plofstof aan te heg en saam met hul
slagoffers te sterf. Vreemd genoeg hou baie Italianers van hom. Nes
hulle Mussolini bewonder het. En baie ander Europeërs koester
dieselfde gevoelens.
Ek vind dit skandelik en sien daarin die opkoms van ‘n nuwe
fascisme, ‘n nuwe nasionaal-sosialisme. ‘n Fascisme, ‘n Nazi-
9
10. ideologie wat soveel meer afstootlik is omdat dit bevorder en
aangemoedig word deur die tweegesigte wat hulself as kampvegters
vir die onderdruktes voordoen. Onder hulle is progressiewe,
kommuniste, pasifiste, Katolieke of eerder Christene, en hulle het
die vermetelheid om my van strydlustigheid te beskuldig wanneer ek
die waarheid praat. Ek is daarvan bewus, en my reaksie is: Ek het
nooit die tragiese en Shakespeariese karakter Sharon met
handskoene behandel nie. (“Ek weet jy’t gekom om nog ‘n kopvel in
jou halssnoer te ryg,” het hy half hartseer gemompel toe ek opdaag
vir die onderhoud in 1982).
Ek het dikwels meningsverskille met die Israelis gehad, heftiges, en
in die verlede het ek gereeld die Palestyne verdedig. Miskien meer
as wat hulle verdien het. Maar ek staan by die Jode. Ek staan by
hulle net soos toe ek as ‘n jong meisie saam met hulle geveg het,
toe die Anna Marias doodgeskiet is.
Ek verdedig hul bestaansreg, hul reg op selfverdediging, hul reg om
hul nie ‘n tweede keer te laat uitmoor nie. En in my walging vir die
antisemitisme van soveel Italianers, soveel Europeërs, laat ek my
kop in skaamte sak oor hierdie skande wat my land en Europa
besmet.
10
11. Ten beste is dit nie ‘n gemeenskap van nasies nie maar ‘n addernes
van Pontius Pilatusse. En selfs as sou al die inwoners van hierdie
planeet anders oor die saak voel, sal ek getrou bly aan my
oortuiging.
http://www.corriere.it/Media/Foto/2006/09_Settembre/15/orian_140--140x180.jpg
11