SlideShare a Scribd company logo
1 of 14
Download to read offline
1
Magtige Immuunstelsel
Bou joune op vir die voorkoming en genesing
van siektes en om veroudering te vertraag
http://www.news-medical.net/health/Antioxidant-Enzyme-Systems.aspx
Inwendig gegenereerde anti-oksidante soos die ensiemstelsels
Glutatioon Peroksied, Katalase en Superoksied Dismutase word
binne ons liggaamselle vervaardig en oortref die effektiwiteit van
uitwendige anti-oksidante (wat as voedingsaanvullings geneem word) by
verre. Daar word byvoorbeeld geskat dat Superoksied Dismutase 3 500
keer meer kragtig as Vitamien C is in die neutralisering van die
gevaarlike Superoksied radikaal.
2
Anti-oksidante beskerm die selle teen skade wat deur onder meer stres,
gifstowwe, reaktiewe suurstoftipes, bakterieë, virusse, swamme en parasiete in
die liggaam veroorsaak word.
As „n mens dus verantwoordelikheid vir jou gesondheid wil aanvaar, sal jy sorg dat
jy voldoende hoeveelhede van die regte voedingstowwe inneem om jou liggaam in
staat te stel om siektes te voorkom en genees en om veroudering te bestry.
Hoe ouer mens word, hoe minder doeltreffend word die liggaam se
instandhoudingsproses van voorvermelde ensiemstelsels, hoofsaaklik omdat die
liggaam se absorpsievermoë van die boumateriale daarvan gaandeweg afneem.
Hoewel dié kosbare, beskermende ensieme nie direk ingeneem kan word nie, kan
die boustene daarvan wel deur middel van spesifieke kossoorte en ander middele
verkry word.
Die boustene bestaan uit spesifieke aminosure, vitamiene, minerale,
spoorelemente en mikronutriënte (die kleurstowwe in plante).
Vervolgens word die drie ensiemstelsels kortliks in die volgende formaat bespreek:
(a) Eienskappe, funksies en werking in die liggaam
(b) Bronne wat die boustene daarvan voorsien: Die spesifieke groente, vrugte,
orgaanvleis, aanvullings en medisyne wat bydra tot die vervaardiging
daarvan.
Om die rol van die 3 ensiemstelsels tot die uiterste te vereenvoudig:
Superoksied Dismutase kataliseer die omskakeling van die gevaarlike en onstabiele
superoksied-radikaal na suurstof en waterstofperoksied. Dié proses staan as
“dismutering” bekend. Hoewel waterstofperoksied steeds „n oksiderende radikaal
is, kan dit dan maklik deur Katalase en Glutatioon Peroksidase in water en suurstof
verander word.
3
Glutatioon
Die water-oplosbare anti-oksidant Glutatioon word uit die aminosure glisien,
glutamaat en sisteïen gevorm. Die ensiemstelsel waarvan dit die kern vorm, word
Glutatioon Peroksidase genoem. Sy biochemiese funksies is om vetgebonde
waterstofperoksied onskadelik te maak en om vrye waterstofperoksied in water te
verander. Glutatioon Peroksidase is besonder doeltreffend vir die neutralisering
van gifstowwe in die slymvliese en lewer.
Voedselbronne:
Die volgende kossoorte help jou liggaam om meer glutatioon te vervaardig:
Avokadopeer, Blomkool, Broccoli, Brussels Sprouts, Eiers, Knoffel, Kool, Spinasie,
Tamaties en Uie.
4
http://www.revuemag.com/2012/06/avocado/
Aanvullings:
Ongelukkig is dit onmoontlik om voldoende hoeveelhede boustene vir
Glutatioon net uit voedsel te verkry. Jy is verplig om ook aanvullings te
neem om jou liggaam in staat te stel om genoeg daarvan te vervaardig.
N-Asetiel-Sisteïen (NAC) is in Suid-Afrika oor die toonbank beskikbaar
as Almuco200 en ACC200 bruispille, Solmucol sakkies en in kapsulevorm
as N-A-C. Dit word onder meer aangewend as teenmiddel teen Panado
(acetaminophen) oordosis en vir longkwale soos sistiese fibrose,
bronchitis en asma. In die liggaam skakel dit vinnig om in Glutatioon.
5
Melkdistel (Silymarin) is „n kragtige anti-oksidant wat die lewer beskerm deur
glutatioonvlakke hoog te hou.
http://www.diyhealth.com/7-best-home-remedies-prevent-spreading-hepatitis.html
Alfa Lipoïensuur is „n anti-oksidant wat die intrasellulêre vlakke van glutatioon
verhoog en in stand hou.
Selenium is „n spoorelement en onderdeel van dié ensiemstelsel wat benodig word
vir die optimale funksionering daarvan.
6
Selenium
Borrie (Curcumin / Turmeric) verbeter die werking van glutatioon S-transferase in
die brein en beskerm neurone teen oksidasiestres.
Lees verder: http://www.amazing-glutathione.com/what-foods-have-glutathione.html#ixzz2HIROOUSV
7
Katalase
Katalase is „n besonder snelle en effektiewe anti-oksidant ensiemstelsel wat die
omskakeling van waterstofperoksied in suurstof en water kataliseer. Een katalase
molekule kan 40 miljoen molekules waterstofperoksied in net een sekonde in water
en suurstof verander.
Katalase span waterstofperoksied ook in om gifstowwe soos etanol, metanol,
formaldehied en nitrate met suurstof te neutraliseer.
Katalase help om skade aan DNA te verhinder en veroudering te vertraag.
Voedselbronne:
Aartappels, Appelkose, Beeslewer, Brussels Sprouts, Kersies, Komkommers,
Koringspruite, Patats, Perskes, Pynappels, Radyse, Rooikool, Spinasie, Uie,
Wortels.
8
http://www.yogaearth.com/ayurvedic-beauty/orange-beauty/
Aanvullings:
Aanvullings wat uit natuurlike plantmateriaal vervaardig word en koper, mangaan,
selenium en sink bevat, kan boustene aan die liggaam verskaf om katalase te
vervaardig.
Medisyne:
Selegiline (Deprenyl) word in Suid-Afrika gebruik as „n voorskrifmedisyne teen
Parkinson se siekte. „n Bekende handelsmerk is Aspen se Skedule 4 Parkilyne.
Selegiline is „n selektiewe MAO Inhibeerder antidepressant – dit inhibeer alleenlik
Mono-amien Oksidase B – en verhoog vlakke van Superoksied Dismutase en Katalase
in die liggaam. Aangesien dit „n geskeduleerde medisyne is, kan Parkilyne natuurlik
net deur „n mediese praktisyn verkry word en moet onder streng mediese toesig
gebruik word.
www.amazon.com/Deprenyl-Anti-Aging-Drug-Alastair-Dow/dp/087319036X
www.lef.org/magazine/mag96/sept96_versy5.html?source=search&key=deprenyl%20catalase
9
Lees verder: Vegetable & Fruit Sources of Catalase | eHow.com
www.ehow.com/info_8552996_vegetable-fruit-sources-catalase.html#ixzz2HIQkJzO3
Lees meer: www.livestrong.com/article/536883-what-foods-contain-the-catalase-enzyme/#ixzz2HIQXgBZY
10
Superoksied Dismutase
Superoksied Dismutase is „n ensiemgroep wat die angel van die dodelike
superoksied radikaal trek. Superoksiede is anione – atome met „n negatiewe lading
– wat ontstaan wanneer „n suurstofmolekule „n addisionele elektron verkry.
Superoksied Dismutase kataliseer die omskakeling van superoksied na suurstof en
waterstofperoksied. Dié omskakeling staan as “dismutering” bekend. Hoewel
waterstofperoksied steeds oksiderend is, word dit maklik deur Katalase en
Glutatioon Peroksidase in water en suurstof verander.
Superoksied Dismutase beskik oor kragtige anti-inflammatoriese eienskappe.
11
http://elixirultineretii.wordpress.com/2012/07/05/bountiful-broccoli/
Voedselbronne:
Blomkool, Broccoli, Brussels Sprouts, Garsgras, Kweekgras en Spanspek.
Medisyne:
12
Selegiline (Deprenyl) word in Suid-Afrika gebruik as „n voorskrifmedisyne teen
Parkinson se siekte. „n Bekende handelsmerk is Aspen se Skedule 4 Parkilyne.
Selegiline is „n selektiewe MAO Inhibeerder antidepressant – dit inhibeer alleenlik
Mono-amien Oksidase B – en verhoog vlakke van Superoksied Dismutase en Katalase
in die liggaam. Aangesien dit „n geskeduleerde medisyne is, kan Parkilyne natuurlik
net deur „n mediese praktisyn verkry word en moet onder streng mediese toesig
gebruik word.
www.amazon.com/Deprenyl-Anti-Aging-Drug-Alastair-Dow/dp/087319036X
Aanvullings:
Aanvullings van plant mikronutriënte soos sulforaphane, soja isoflavone en
broccolipoeier is die beste. Die Solgar handelsmerk het „n Sulphur Antioxidant
Complex op die mark. Verder moet jou daaglikse multivitamien- en
mineraalaanvulling oor voldoende Vitamien C en koper beskik.
Lees verder: http://www.livestrong.com/article/535782-food-sources-of-superoxide-
dismutase/#ixzz2HISLT1HW
http://www.vitalitycircle.com/food/articles/health-benefits-of-wheatgrass-juice/attachment/fresh-wheatgrass-juice-2
13
Bibliografie
Blaylock, Russell L. Health and Nutrition Secrets. www.amazon.com/Health-Nutrition-Secrets-
Russell-Blaylock/dp/0929173481/ref=sr_1_11?s=books&ie=UTF8&qid=1357582058&sr=1-
11&keywords=superoxide+dismutase
Colman, John. Life Span-Increasing Effects of Super Oxide Dismutase (SOD).
www.lef.org/magazine/mag2005/dec2005_supp_sod_01.htm?source=search&key=catalase
Dow, Alastair. Deprenyl: The Anti-Aging Drug. www.amazon.com/Deprenyl-Anti-Aging-Drug-
Alastair-Dow/dp/087319036X
Goepp, Julius. The Overlooked Compound That Saves Lives.
www.lef.org/magazine/mag2010/may2010_N-Acetyl-Cysteine_01.htm?source=search&key=NAC
Kiefer, Dale. Superoxide Dismutase: Boosting the Body’s Primary Antioxidant
Defense.www.lef.org/magazine/mag2006/jun2006_report_sod_01.htm?source=search&key=superoxide%20di
smutase
Mandal, Dr Ananya. Antioxidant Enzyme Systems. www.news-medical.net/health/Antioxidant-
Enzyme-Systems.aspx
Pressman, Alan H. Glutathione: The Ultimate Antioxidant. www.amazon.com/Glutathione-
Ultimate-Antioxidant-Alan-Pressman/dp/0312964323/ref=sr_1_3?s=books&ie=UTF8&qid=1357582981&sr=1-
3&keywords=glutathione
Ron Rothenberg. Forever Ageless. www.amazon.com/Forever-Ageless-Advanced-Ron-
Rothenberg/dp/1604028343/ref=sr_1_1?s=books&ie=UTF8&qid=1357584516&sr=1-
1&keywords=forever+ageless+ron+rothenberg
Smith, Timothy J. Renewal. www.amazon.com/Renewal-Anti-Aging-Revolution-Timothy-
Smith/dp/0312972091/ref=sr_1_1?s=books&ie=UTF8&qid=1357583378&sr=1-
1&keywords=renewal+timothy+j+smith
Sosin, Allan H. Alpha Lipoic Acid: Nature’s Ultimate Antioxidant. www.amazon.com/Alpha-
Lipoic-Acid-Ultimate Antioxidant/dp/157566366X/ref=sr_1_1?s=books&ie=UTF8&qid=1357583434&sr=1-
1&keywords=sosin+allan+alpha
14
Uys, Pieter. Gesondheidsgeheime van Plante.
www.scribd.com/doc/95679899/Gesondheidsgeheime-van-Plante
Uys, Pieter. Hou Jouself Jonk en Gesond met Natuurlike Hormone.
www.scribd.com/doc/85516914/Hou-jouself-Jonk-en-Gesond-met-Natuurlike-Hormone

More Related Content

More from PieterUys7

Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels PieterUys7
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesPieterUys7
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse TaalPieterUys7
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianPieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundPieterUys7
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalPieterUys7
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokalePieterUys7
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamiliePieterUys7
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkPieterUys7
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)PieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse talePieterUys7
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamiliePieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasPieterUys7
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan PieterUys7
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong PieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TalePieterUys7
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaPieterUys7
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies PieterUys7
 

More from PieterUys7 (20)

Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 

Magtige Immuunstelsel

  • 1. 1 Magtige Immuunstelsel Bou joune op vir die voorkoming en genesing van siektes en om veroudering te vertraag http://www.news-medical.net/health/Antioxidant-Enzyme-Systems.aspx Inwendig gegenereerde anti-oksidante soos die ensiemstelsels Glutatioon Peroksied, Katalase en Superoksied Dismutase word binne ons liggaamselle vervaardig en oortref die effektiwiteit van uitwendige anti-oksidante (wat as voedingsaanvullings geneem word) by verre. Daar word byvoorbeeld geskat dat Superoksied Dismutase 3 500 keer meer kragtig as Vitamien C is in die neutralisering van die gevaarlike Superoksied radikaal.
  • 2. 2 Anti-oksidante beskerm die selle teen skade wat deur onder meer stres, gifstowwe, reaktiewe suurstoftipes, bakterieë, virusse, swamme en parasiete in die liggaam veroorsaak word. As „n mens dus verantwoordelikheid vir jou gesondheid wil aanvaar, sal jy sorg dat jy voldoende hoeveelhede van die regte voedingstowwe inneem om jou liggaam in staat te stel om siektes te voorkom en genees en om veroudering te bestry. Hoe ouer mens word, hoe minder doeltreffend word die liggaam se instandhoudingsproses van voorvermelde ensiemstelsels, hoofsaaklik omdat die liggaam se absorpsievermoë van die boumateriale daarvan gaandeweg afneem. Hoewel dié kosbare, beskermende ensieme nie direk ingeneem kan word nie, kan die boustene daarvan wel deur middel van spesifieke kossoorte en ander middele verkry word. Die boustene bestaan uit spesifieke aminosure, vitamiene, minerale, spoorelemente en mikronutriënte (die kleurstowwe in plante). Vervolgens word die drie ensiemstelsels kortliks in die volgende formaat bespreek: (a) Eienskappe, funksies en werking in die liggaam (b) Bronne wat die boustene daarvan voorsien: Die spesifieke groente, vrugte, orgaanvleis, aanvullings en medisyne wat bydra tot die vervaardiging daarvan. Om die rol van die 3 ensiemstelsels tot die uiterste te vereenvoudig: Superoksied Dismutase kataliseer die omskakeling van die gevaarlike en onstabiele superoksied-radikaal na suurstof en waterstofperoksied. Dié proses staan as “dismutering” bekend. Hoewel waterstofperoksied steeds „n oksiderende radikaal is, kan dit dan maklik deur Katalase en Glutatioon Peroksidase in water en suurstof verander word.
  • 3. 3 Glutatioon Die water-oplosbare anti-oksidant Glutatioon word uit die aminosure glisien, glutamaat en sisteïen gevorm. Die ensiemstelsel waarvan dit die kern vorm, word Glutatioon Peroksidase genoem. Sy biochemiese funksies is om vetgebonde waterstofperoksied onskadelik te maak en om vrye waterstofperoksied in water te verander. Glutatioon Peroksidase is besonder doeltreffend vir die neutralisering van gifstowwe in die slymvliese en lewer. Voedselbronne: Die volgende kossoorte help jou liggaam om meer glutatioon te vervaardig: Avokadopeer, Blomkool, Broccoli, Brussels Sprouts, Eiers, Knoffel, Kool, Spinasie, Tamaties en Uie.
  • 4. 4 http://www.revuemag.com/2012/06/avocado/ Aanvullings: Ongelukkig is dit onmoontlik om voldoende hoeveelhede boustene vir Glutatioon net uit voedsel te verkry. Jy is verplig om ook aanvullings te neem om jou liggaam in staat te stel om genoeg daarvan te vervaardig. N-Asetiel-Sisteïen (NAC) is in Suid-Afrika oor die toonbank beskikbaar as Almuco200 en ACC200 bruispille, Solmucol sakkies en in kapsulevorm as N-A-C. Dit word onder meer aangewend as teenmiddel teen Panado (acetaminophen) oordosis en vir longkwale soos sistiese fibrose, bronchitis en asma. In die liggaam skakel dit vinnig om in Glutatioon.
  • 5. 5 Melkdistel (Silymarin) is „n kragtige anti-oksidant wat die lewer beskerm deur glutatioonvlakke hoog te hou. http://www.diyhealth.com/7-best-home-remedies-prevent-spreading-hepatitis.html Alfa Lipoïensuur is „n anti-oksidant wat die intrasellulêre vlakke van glutatioon verhoog en in stand hou. Selenium is „n spoorelement en onderdeel van dié ensiemstelsel wat benodig word vir die optimale funksionering daarvan.
  • 6. 6 Selenium Borrie (Curcumin / Turmeric) verbeter die werking van glutatioon S-transferase in die brein en beskerm neurone teen oksidasiestres. Lees verder: http://www.amazing-glutathione.com/what-foods-have-glutathione.html#ixzz2HIROOUSV
  • 7. 7 Katalase Katalase is „n besonder snelle en effektiewe anti-oksidant ensiemstelsel wat die omskakeling van waterstofperoksied in suurstof en water kataliseer. Een katalase molekule kan 40 miljoen molekules waterstofperoksied in net een sekonde in water en suurstof verander. Katalase span waterstofperoksied ook in om gifstowwe soos etanol, metanol, formaldehied en nitrate met suurstof te neutraliseer. Katalase help om skade aan DNA te verhinder en veroudering te vertraag. Voedselbronne: Aartappels, Appelkose, Beeslewer, Brussels Sprouts, Kersies, Komkommers, Koringspruite, Patats, Perskes, Pynappels, Radyse, Rooikool, Spinasie, Uie, Wortels.
  • 8. 8 http://www.yogaearth.com/ayurvedic-beauty/orange-beauty/ Aanvullings: Aanvullings wat uit natuurlike plantmateriaal vervaardig word en koper, mangaan, selenium en sink bevat, kan boustene aan die liggaam verskaf om katalase te vervaardig. Medisyne: Selegiline (Deprenyl) word in Suid-Afrika gebruik as „n voorskrifmedisyne teen Parkinson se siekte. „n Bekende handelsmerk is Aspen se Skedule 4 Parkilyne. Selegiline is „n selektiewe MAO Inhibeerder antidepressant – dit inhibeer alleenlik Mono-amien Oksidase B – en verhoog vlakke van Superoksied Dismutase en Katalase in die liggaam. Aangesien dit „n geskeduleerde medisyne is, kan Parkilyne natuurlik net deur „n mediese praktisyn verkry word en moet onder streng mediese toesig gebruik word. www.amazon.com/Deprenyl-Anti-Aging-Drug-Alastair-Dow/dp/087319036X www.lef.org/magazine/mag96/sept96_versy5.html?source=search&key=deprenyl%20catalase
  • 9. 9 Lees verder: Vegetable & Fruit Sources of Catalase | eHow.com www.ehow.com/info_8552996_vegetable-fruit-sources-catalase.html#ixzz2HIQkJzO3 Lees meer: www.livestrong.com/article/536883-what-foods-contain-the-catalase-enzyme/#ixzz2HIQXgBZY
  • 10. 10 Superoksied Dismutase Superoksied Dismutase is „n ensiemgroep wat die angel van die dodelike superoksied radikaal trek. Superoksiede is anione – atome met „n negatiewe lading – wat ontstaan wanneer „n suurstofmolekule „n addisionele elektron verkry. Superoksied Dismutase kataliseer die omskakeling van superoksied na suurstof en waterstofperoksied. Dié omskakeling staan as “dismutering” bekend. Hoewel waterstofperoksied steeds oksiderend is, word dit maklik deur Katalase en Glutatioon Peroksidase in water en suurstof verander. Superoksied Dismutase beskik oor kragtige anti-inflammatoriese eienskappe.
  • 12. 12 Selegiline (Deprenyl) word in Suid-Afrika gebruik as „n voorskrifmedisyne teen Parkinson se siekte. „n Bekende handelsmerk is Aspen se Skedule 4 Parkilyne. Selegiline is „n selektiewe MAO Inhibeerder antidepressant – dit inhibeer alleenlik Mono-amien Oksidase B – en verhoog vlakke van Superoksied Dismutase en Katalase in die liggaam. Aangesien dit „n geskeduleerde medisyne is, kan Parkilyne natuurlik net deur „n mediese praktisyn verkry word en moet onder streng mediese toesig gebruik word. www.amazon.com/Deprenyl-Anti-Aging-Drug-Alastair-Dow/dp/087319036X Aanvullings: Aanvullings van plant mikronutriënte soos sulforaphane, soja isoflavone en broccolipoeier is die beste. Die Solgar handelsmerk het „n Sulphur Antioxidant Complex op die mark. Verder moet jou daaglikse multivitamien- en mineraalaanvulling oor voldoende Vitamien C en koper beskik. Lees verder: http://www.livestrong.com/article/535782-food-sources-of-superoxide- dismutase/#ixzz2HISLT1HW http://www.vitalitycircle.com/food/articles/health-benefits-of-wheatgrass-juice/attachment/fresh-wheatgrass-juice-2
  • 13. 13 Bibliografie Blaylock, Russell L. Health and Nutrition Secrets. www.amazon.com/Health-Nutrition-Secrets- Russell-Blaylock/dp/0929173481/ref=sr_1_11?s=books&ie=UTF8&qid=1357582058&sr=1- 11&keywords=superoxide+dismutase Colman, John. Life Span-Increasing Effects of Super Oxide Dismutase (SOD). www.lef.org/magazine/mag2005/dec2005_supp_sod_01.htm?source=search&key=catalase Dow, Alastair. Deprenyl: The Anti-Aging Drug. www.amazon.com/Deprenyl-Anti-Aging-Drug- Alastair-Dow/dp/087319036X Goepp, Julius. The Overlooked Compound That Saves Lives. www.lef.org/magazine/mag2010/may2010_N-Acetyl-Cysteine_01.htm?source=search&key=NAC Kiefer, Dale. Superoxide Dismutase: Boosting the Body’s Primary Antioxidant Defense.www.lef.org/magazine/mag2006/jun2006_report_sod_01.htm?source=search&key=superoxide%20di smutase Mandal, Dr Ananya. Antioxidant Enzyme Systems. www.news-medical.net/health/Antioxidant- Enzyme-Systems.aspx Pressman, Alan H. Glutathione: The Ultimate Antioxidant. www.amazon.com/Glutathione- Ultimate-Antioxidant-Alan-Pressman/dp/0312964323/ref=sr_1_3?s=books&ie=UTF8&qid=1357582981&sr=1- 3&keywords=glutathione Ron Rothenberg. Forever Ageless. www.amazon.com/Forever-Ageless-Advanced-Ron- Rothenberg/dp/1604028343/ref=sr_1_1?s=books&ie=UTF8&qid=1357584516&sr=1- 1&keywords=forever+ageless+ron+rothenberg Smith, Timothy J. Renewal. www.amazon.com/Renewal-Anti-Aging-Revolution-Timothy- Smith/dp/0312972091/ref=sr_1_1?s=books&ie=UTF8&qid=1357583378&sr=1- 1&keywords=renewal+timothy+j+smith Sosin, Allan H. Alpha Lipoic Acid: Nature’s Ultimate Antioxidant. www.amazon.com/Alpha- Lipoic-Acid-Ultimate Antioxidant/dp/157566366X/ref=sr_1_1?s=books&ie=UTF8&qid=1357583434&sr=1- 1&keywords=sosin+allan+alpha
  • 14. 14 Uys, Pieter. Gesondheidsgeheime van Plante. www.scribd.com/doc/95679899/Gesondheidsgeheime-van-Plante Uys, Pieter. Hou Jouself Jonk en Gesond met Natuurlike Hormone. www.scribd.com/doc/85516914/Hou-jouself-Jonk-en-Gesond-met-Natuurlike-Hormone