SlideShare a Scribd company logo
1 of 10
Download to read offline
'n Vrou op die Kop
Afrikaanse vertaling van Una donna sulla testa deur Alberto Moravia
UIT: Nuovi Racconti Romani. Milaan: Bompiani, 1959.
©Bompiani. Die kopiereg op hierdie teks berus by die uitgewery Bompiani. Geen
gedeelte van hierdie verhaal mag sonder die toestemming van die uitgewer
gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese medium
weergegee word nie.
http://bompiani.rcslibri.corriere.it/
Desperaat vir werk, het ek eindelik ‘n pos as bode in diens van
‘n meneer Crostarosa aanvaar wat die eienaar van ‘n reis- en
toerisme-agentskap in Via Veneto was. Crostarosa was
aantreklik met sy rooi wange, silwergrys hare en donkerbruin
oë onder steenkoolswart wenkbroue. Hy het my die indruk
gegee dat hy al heelwat in sy lewe ervaar het; die agentskap
was maar net sy nuutste onderneming. Dit het byvoorbeeld
mettertyd aan die lig gekom dat hy verskeie tale perfek magtig
was: Frans, Engels, Duits, Spaans en tot my verbasing, toe ‘n
man met ‘n blas vel, lang gewaad en kopdoek op ‘n dag die
agentskap besoek het, selfs Arabies.
Crostarosa het nooit oor homself gepraat nie, maar soos ek vermeld
het, moes hy al wye draaie gegooi het. Elke nou en dan het dit
toevallig uitgekom dat hy al in Indië of Brasilië, Engeland of Australië
was. Maar altyd op ‘n terloopse manier, so asof ek sou sê: “ek was in
Ladispoli*” of “ek was in Frascati.*” Hy was ook nie meer jonk nie,
hoewel hy altyd netjies aangetrek het, gewoonlik ligte pakke met
blokkiespatrone en altyd met ‘n das en ‘n helderkleurige sakdoek.
Hy was so gaaf; so gaaf mens kon dit byna nie glo nie. Hy het nooit
ongeduldig geword nie, nooit sy humeur verloor nie, nooit enige
oorbodige woord in enige taal gesê nie en sy stemtoon – vaderlik,
vriendelik, behulpsaam en innemend, het nooit verander nie. Vir almal
het hy ‘n vriendelike woord gehad: vir die stugge, pedantiese Duitser
wat alles op skrif uiteengesit wou hê, vir die veeleisende Amerikaner
wat agterdogtig oor elke dollar was, vir die hovaardige en wêreldwyse
Fransman, vir die hardkoppige Skandinawiër van min woorde.
Op die toonbank was daar drie telefone en Crostarosa was heeltyd
besig om een van hulle te beantwoord terwyl hy die gehoorstuk met sy
skouer teen sy oor druk en notas neem. Die grootste gros oproepe het
oor reise gehandel: navrae waarop hy inligting verskaf het. Maar
minstens vier of vyf maal per dag kon ek ‘n ander soort oproep
onderskei, waartydens Crostarosa pen en papier weggeskuif,
aandagtig geluister en ernstig geantwoord het. Dan het die agentskap
en kliënte minder saak gemaak.
Dié gesprekke het lank geduur en mens kon opmerk dat hy kriewelrig
word hoewel sy stem niks verklap het nie en steeds die aangename
2
toon behou het. Hy het niks gesê om die oproepe kort te knip of te
beëindig nie, geduldig geluister, nou en dan ‘n paar woorde laat val
terwyl hy na die ingang kyk en as daar ‘n kliënt of twee sou inkom, het
hy verskonend geglimlag. Eindelik het die persoon aan die ander kant
dan klaar gepraat waarna Crostarosa die gehoorstuk neergeplaas het
nadat hy dit ‘n half moedelose kyk gegee en gesug het – nie op ‘n
gemene manier nie maar selfbeheersd en innemend soos sy
geaardheid was.
Ons was drie in die kantoor, ‘n nou, langwerpige ruimte wat meer soos
‘n roomys-winkel as ‘n reisagentskap gelyk het. Daar was ‘n
middeljarige vrou met ‘n suur gesig, skerp neus, bril en gekleurde hare
wat tikwerk gedoen het, Crostarosa wat al die ander pligte hanteer het,
en ek, die bode. Die vroumens, mejufrou Peverelli, het klaarklyklik baie
goed geweet wie die vreemde lang oproepe gemaak het want elke
keer as so ‘n gesprek begin, het sy ophou tik en die spektakel van
Crostarosa se ongemak met ‘n mengsel van leedvermaak en simpatie
gadegeslaan wat op sigself ‘n spektakel was om te aanskou.
readafuckingbook.com/authors/moravia.html
3
Miskien was mejuffrou Peverelli verlief op Crostarosa. Sy het beslis
baie van hom gehou en elke keer wanneer hy die foon neersit, het sy
gesug en haar kop op ‘n sekere manier geskud, so asof sy sê: “Arme
ding. Ek het begrip… maar hy oordryf die geduld… as ek sou antwoord,
sal dit ‘n ander storie wees.” Sekere gesigte kan mos praat en baie
dinge oordra – mej. Peverelli het oor een van daardie beskik.
Ek was salig onbewus van wat aangaan totdat alles op ‘n dag opeens
vir my duidelik geword het. Crostarosa moes kaartjies by ‘n lugredery
gaan afhaal en mej. Peverelli was nog uit met ete. Ek het maar half in
‘n dwaal daar agter die toonbank sit en kyk na die paar mense wat
buite verby drentel. Toe lui die foon en ek tel op. ‘n Lieflike,
gemoduleerde stem, soos dié van ‘n engel, vra: “Is meneer Crostarosa
daar?” waarop ek antwoord soos ek geleer is: “Hy’s tans uit maar sal
binnekort terug wees.”
“En met wie praat ek?”
“Met Louis, die bode. Verskoon my, wie is u?” Mnr Crostarosa het my
opdrag gegee om almal wat skakel, se name te neem.
“Dis mevrou Crostarosa… Louis, is jy verveeld?”
My mond het oopgehang. Ek stamel: “Uh, wel, nie juis nie mevrou.”
Waarop sy reageer: “Louis, ek’s verveeld. Dit wurg my. Ek kan dit nie
langer verduur nie. Wanneer meneer Crostarosa terugkom, sê vir hom
hy hoef nie te bel nie want ek gaan myself by die venster uitsmyt.”
Kliek.
Ek was siek van die skok. Sy gaan by die venster uitspring en daar’s
niks wat ek daaraan kon doen nie, ek kon haar nie terugbel nie want ek
het nie hul nommer gehad nie, kon my nie soontoe haas nie, want ek
4
het nie die adres geken nie!
‘n Halfuur later toe Crostarosa instap, hyg ek: “Gou meneer
Crostarosa, gou – u vrou het gebel – sy gaan by die venster uitspring!”
Hy’t my ‘n kalm gerusstellende kyk gegee, die koevert in sy hand
rustig neergesit en daarna ewe kalm die nommer geskakel. Sy’t
dadelik opgetel en na ‘n rukkie vra hy haar: “Liefling, waarom het jy so
‘n lelike ding vir Louis gese? Jy’t hom vreeslik ontstel.” ‘n Pouse, en
toe: “Nee my engel, nee, jy kan nie so iets doen as jy my liefhet soos jy
sê nie, en die kindjie, dink jy nie aan haar nie? Waarom gaan drink jy
nie liewer ‘n koppie tee in ‘n restaurant nie? Waarom bel jy nie vir Alice
om oor te kom vir ‘n potjie Canasta nie?” Nog ‘n pouse. “Nee, nee, ek
smeek jou, moenie dit doen nie, jy sal my laat sterf van verdriet… dink
aan ons dogtertjie… hier’s ‘n idee: Waarom gaan kyk jy nie daardie
mooi fliek waaroor ons gesels het nie, die teater het lugversorging, jy
sal dit mos geniet.” Weer ‘n pouse. “Nee, nee, nee, moet asseblief nie
sulke dinge sê nie, moenie eers daaraan dink nie… daar’s ek wat jou
liefhet, daar’s ons kindjie… wil jy ons alleen agterlaat?” En so aan op
hierdie trant.
Later, na vele sulke oproepe, het ek agtergekom wat haar antwoord
was op hierdie dierbare man van haar se pleidooie en voorstelle: “Ek
gaan spring, ja, ek gaan spring, ek gaan spring.” Dit was ‘n obsessie,
dié springery. En hy, geduldig, met selfbeheersing, het deurentyd by
haar gepleit om nie te spring nie en haar tot bedaring gebring sodat sy
op die einde darem nie gespring het nie.
In Juliemaand het Crostarosa ‘n groot opoffering gemaak want só ryk
was hy ook nie; hy het haar, die kind en die goewernante na Cortina
d’Ampezzo gestuur, na een van die beste hotelle. Jy dink, nè? Selfs van
5
daar af het sy aanhou bel en die oproepe was natuurlik duurder van
Cortina af as van Caroncinistraat in Rome. Die arme man het gesweet
en gekriewel maar steeds by haar gepleit om nie te spring nie sonder
om ‘n sweem van ongeduld te laat deurskemer. Van Cortina af is hulle
na die Lido in Venisië en wraggies het sy van daar af ook aanhou bel
want sy was steeds verveeld en die vensters hoog, soos sy per
langafstand gedreig het. Crostarosa het maar voortgegaan om haar af
te raai en te smeek dat sy aan hom en die kind moes dink.
http://bompiani.rcslibri.corriere.it/libro/5969_cinque_racconti_romani_moravia.html
Teen die einde van die somer was hulle terug in Rome en dit was
dieselfde storie maar miskien nou erger want ek het opgemerk dat
Crostarosa kwaai stres – hy’t nie meer vir die kliënte wat inkom,
geglimlag nie. Eendag toe hy besig was om ‘n skedule saam met ‘n
kliënt uit te werk wat na Iran op pad was, bel sy weer. Hy tel toe die
gehoorstuk op en sê: “Jammer my engel, ek het nie nou tyd nie… ek
stuur Louis na jou met ‘n brief,” haal die reeds geskrewe brief uit ‘n
laai en gee dit vir my tesame met die adres en die opdrag om dit aan
sy vrou te gaan aflewer.
6
Dit was ‘n imponerende moderne gebou. Ek is met die hyser op na die
tweede vloer en bevind my toe in ‘n ingansportaal so luuks en
smaakvol dat ek my verwonder: “Ek sou mos nooit by ‘n venster wou
uitspring as ek so ‘n plek gehad het nie.” ‘n Mooi jong huishoudster
met ‘n voorskoot, uniform en kepsie het my in ‘n ruim woonkamer
ingelei. Op die tapyt het daar ‘n blonde dogtertjie van so vier jaar met
haar pop en teddiebeer sit en speel; haar rooi wangetjies en blou ogies
het my aan blomme laat dink. In ‘n gemakstoel langs die oop venster
het mevrou Crostarosa gesit.
Om eerlik te wees, het ek haar - nieteenstaande die lieflike stem - heel
anders voorgestel… ‘n wilderige tipe, ‘n feeks. In plaas daarvan sien ek
voor my ‘n jong dame van so by die middel-twintigs met ‘n delikate
gesig, ‘n pragtige mond soos ‘n rooi roos en groot, amandelvormige
donker oë… waaruit daar egter ‘n tipe angstigheid gestraal het. Toe ek
inkom, staan sy op en ek merk dat sy lank, slank en grasieus was. Aan
die vinger van een van haar lang sierlike hande het ‘n diamantring
geskitter.
http://bompiani.rcslibri.corriere.it/libro/6069_impegno_controvoglia_moravia.html
“Jy’s Louis, nie waar nie… ek het so gedink.” Toe neem sy die brief,
gaan sit in die gemakstoel en beduie dat ek moes wag; sy wou eers die
brief lees. Terwyl sy lees, skiet daar ‘n rilling teen my ruggraat af toe
7
ek merk hoe haar pupille onder half-oop ooglede op ‘n vinnige,
rukkerige manier heen en weer oor die brief gaan; iets spookagtigs het
in daardie pupille geskyn. Klaar gelees, het sy ‘n tipe aanval gehad, die
brief opgeskeur en op die vloer gesmyt waarna sy haar kop in haar
hande neem, begin snik en mompel. Alles sonder om haar aan my te
steur wat vir haar kyk of aan die kindjie – wat seker al daaraan
gewoond was – wat ewe stil en soet voortgaan om met haar pop en
beertjie te speel. Eindelik begin sy toe herhaal wat sy altyd oor die
foon sê: “Ek is verveeld, ek KAN nie meer nie, ek gaan my by die
venster uitsmyt, ja, ek gaan spring, ek gaan spring.”
Half hulpeloos gaan sit ek toe op ‘n stoeltjie langs hare en sê: “Mevrou,
moenie dit sê nie, u hoef nie te spring nie.”
“En waarom nie, Louis?” vra sy terwyl sy haar hande van haar kop af
laat sak en my direk met daardie manjifieke oë aanstaar.
“Omdat die lewe mooi is, mevrou… vat nou maar vir my… ek slaap in
‘n buitekamertjie, ek eet slegte kos, dra stukkende skoene.. maar ek’s
nie verveeld nie en dink nie daaraan om by ‘n venster uit te spring
nie,” verduidelik ek.
“Maar julle is anders, julle gewone mense… julle het ten minste jul
miserabelheid om aan te dink… ek het niks, niks, niks.”
“Maar mevrou, u het ‘n kindjie, ‘n man wat u op die hande dra, ‘n
pragtige huis, u reis, u kan uself geniet… waarom wil u by die venster
uitspring?” en terwyl ek praat, neem ek onbewustelik haar hand in
myne en skielik word ek baie skaam want sy was so mooi en tot op
daardie stadium het ek nog net op die silwerdoek sulke glansvroue
gesien. Ek het egter met oortuiging voortgegaan: “Mevrou, u sê die
armes het darem hul miserabelheid om aan te dink… maar weet u wat
armoede is? Weet u byvoorbeeld hoe dit voel om werkloos te wees?”
waarop sy onmiddellik uitroep: “Maar wie is meer werkloos as ek? Ek
8
doen die heel dag lank niks nie, ek weet nie meer wat om met myself
aan te vang nie, ek weet nie waarheen om my te wend nie, ek kan dit
nie langer uithou nie, ek gaan my by die venster uitsmyt.”
“Miskien moet u ook probeer werk, mevrou, dan sal u nie so verveeld
wees nie.”
Nog ‘n gil: “Werk! Maar ek HET probeer werk… by my man in sy
kantoor… ek het getik in die plek van daardie haatlike mejuffrou
Peverelli… maar steeds het ek rasend geword van verveling… ek kon
die spul idiote wat reis-inligting kom soek het, vermoor… en ek het dit
ook vir my man gesê: kry vir jou ‘n ander sekretaresse, anders word ek
gek en een van die dae gaan ek met die trappe op na die boonste
verdieping en spring by die venster uit.”
Genugtig, het ek gedink, oral is daar vensters. Toe vra ek haar,
“Mevrou, wat van die liefde, ‘n romanse?”
Plaas dat ek liewer my mond gehou het. Na ‘n gil wat glas kon laat
bars, antwoord sy: “Om hemelsnaam, die liefde! Dit vul my met
weersin, die liefde… al daardie mans wat agter vroue aanloop en almal
dieselfde dinge sê… dis om van MAL te word… dan werk ek eerder vir
my man… moenie met my oor die liefde praat nie, Louis.”
Dank die Vader dat die foon toe gelui het, sy dit optel en antwoord: “O
dis jy Gaetano,” want toe sien ek ‘n kans om te ontsnap. Ek’s by die
deur uit en neem toe sommer die trappe net om so gou moontlik
daaruit te kom. Terwyl ek daar afstap, hoor ek ‘n deurborende gil en
die volgende oomblik tref iets my van bo af, ek sak inmekaar en dis al
wat ek onthou.
Ek het in die hospitaal bygekom, in ‘n saal tussen baie ander pasiënte.
9
My hele lyf was in verbande gewikkel en ek het goor gevoel. Die liewe
verpleegster langs my bed het my vertel wat gebeur het. Sy het weer
dieselfde dreigement gemaak maar Crostarosa se geduld was eindelik
op en hy’t gesê: “Nou spring dan.” Sy het eenvouding die gehoorbuis
teruggeplaas, na die venster gestap en gespring. Juis toe ek op die
trappe reg onder die vervloekte venster was.
Gevolglik het ek met drie gebreekte ribbes daar gelê en sy’t niks
oorgekom nie behalwe ‘n senuwee-instorting omdat ek as haar kussing
gedien het.
Na ‘n rukkie het die dokter en sy gevolg van assistente en
verpleegsters daar verbygekom. Toe hy my sien, se hy “Ons herstel
goed, mannetjie… jy’s gelukkig… julle jonges het mos heeltyd net
vroue op die brein.” Iemand fluister toe vir hom dat hy ‘n fout maak –
die selfmoordgeval oor ‘n liefdesteleurstelling was daar oorkant.
En ek: “Dokter moenie sê: ‘vroue op die brein nie, sê eerder: ‘n vrou op
die kop’.”
*Ladispoli & Frascati: Twee klein dorpies net buite Rome.
Una donna sulla testa deur Alberto Moravia in Afrikaans vertaal deur
Pieter Uys.
10

More Related Content

More from PieterUys7

Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languagesPieterUys7
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels PieterUys7
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesPieterUys7
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse TaalPieterUys7
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianPieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundPieterUys7
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalPieterUys7
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokalePieterUys7
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamiliePieterUys7
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkPieterUys7
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)PieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse talePieterUys7
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamiliePieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasPieterUys7
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan PieterUys7
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong PieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TalePieterUys7
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaPieterUys7
 

More from PieterUys7 (20)

Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 

'n Vrou op die Kop

  • 1. 'n Vrou op die Kop Afrikaanse vertaling van Una donna sulla testa deur Alberto Moravia UIT: Nuovi Racconti Romani. Milaan: Bompiani, 1959. ©Bompiani. Die kopiereg op hierdie teks berus by die uitgewery Bompiani. Geen gedeelte van hierdie verhaal mag sonder die toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese medium weergegee word nie. http://bompiani.rcslibri.corriere.it/ Desperaat vir werk, het ek eindelik ‘n pos as bode in diens van ‘n meneer Crostarosa aanvaar wat die eienaar van ‘n reis- en toerisme-agentskap in Via Veneto was. Crostarosa was aantreklik met sy rooi wange, silwergrys hare en donkerbruin oë onder steenkoolswart wenkbroue. Hy het my die indruk gegee dat hy al heelwat in sy lewe ervaar het; die agentskap was maar net sy nuutste onderneming. Dit het byvoorbeeld mettertyd aan die lig gekom dat hy verskeie tale perfek magtig was: Frans, Engels, Duits, Spaans en tot my verbasing, toe ‘n man met ‘n blas vel, lang gewaad en kopdoek op ‘n dag die agentskap besoek het, selfs Arabies.
  • 2. Crostarosa het nooit oor homself gepraat nie, maar soos ek vermeld het, moes hy al wye draaie gegooi het. Elke nou en dan het dit toevallig uitgekom dat hy al in Indië of Brasilië, Engeland of Australië was. Maar altyd op ‘n terloopse manier, so asof ek sou sê: “ek was in Ladispoli*” of “ek was in Frascati.*” Hy was ook nie meer jonk nie, hoewel hy altyd netjies aangetrek het, gewoonlik ligte pakke met blokkiespatrone en altyd met ‘n das en ‘n helderkleurige sakdoek. Hy was so gaaf; so gaaf mens kon dit byna nie glo nie. Hy het nooit ongeduldig geword nie, nooit sy humeur verloor nie, nooit enige oorbodige woord in enige taal gesê nie en sy stemtoon – vaderlik, vriendelik, behulpsaam en innemend, het nooit verander nie. Vir almal het hy ‘n vriendelike woord gehad: vir die stugge, pedantiese Duitser wat alles op skrif uiteengesit wou hê, vir die veeleisende Amerikaner wat agterdogtig oor elke dollar was, vir die hovaardige en wêreldwyse Fransman, vir die hardkoppige Skandinawiër van min woorde. Op die toonbank was daar drie telefone en Crostarosa was heeltyd besig om een van hulle te beantwoord terwyl hy die gehoorstuk met sy skouer teen sy oor druk en notas neem. Die grootste gros oproepe het oor reise gehandel: navrae waarop hy inligting verskaf het. Maar minstens vier of vyf maal per dag kon ek ‘n ander soort oproep onderskei, waartydens Crostarosa pen en papier weggeskuif, aandagtig geluister en ernstig geantwoord het. Dan het die agentskap en kliënte minder saak gemaak. Dié gesprekke het lank geduur en mens kon opmerk dat hy kriewelrig word hoewel sy stem niks verklap het nie en steeds die aangename 2
  • 3. toon behou het. Hy het niks gesê om die oproepe kort te knip of te beëindig nie, geduldig geluister, nou en dan ‘n paar woorde laat val terwyl hy na die ingang kyk en as daar ‘n kliënt of twee sou inkom, het hy verskonend geglimlag. Eindelik het die persoon aan die ander kant dan klaar gepraat waarna Crostarosa die gehoorstuk neergeplaas het nadat hy dit ‘n half moedelose kyk gegee en gesug het – nie op ‘n gemene manier nie maar selfbeheersd en innemend soos sy geaardheid was. Ons was drie in die kantoor, ‘n nou, langwerpige ruimte wat meer soos ‘n roomys-winkel as ‘n reisagentskap gelyk het. Daar was ‘n middeljarige vrou met ‘n suur gesig, skerp neus, bril en gekleurde hare wat tikwerk gedoen het, Crostarosa wat al die ander pligte hanteer het, en ek, die bode. Die vroumens, mejufrou Peverelli, het klaarklyklik baie goed geweet wie die vreemde lang oproepe gemaak het want elke keer as so ‘n gesprek begin, het sy ophou tik en die spektakel van Crostarosa se ongemak met ‘n mengsel van leedvermaak en simpatie gadegeslaan wat op sigself ‘n spektakel was om te aanskou. readafuckingbook.com/authors/moravia.html 3
  • 4. Miskien was mejuffrou Peverelli verlief op Crostarosa. Sy het beslis baie van hom gehou en elke keer wanneer hy die foon neersit, het sy gesug en haar kop op ‘n sekere manier geskud, so asof sy sê: “Arme ding. Ek het begrip… maar hy oordryf die geduld… as ek sou antwoord, sal dit ‘n ander storie wees.” Sekere gesigte kan mos praat en baie dinge oordra – mej. Peverelli het oor een van daardie beskik. Ek was salig onbewus van wat aangaan totdat alles op ‘n dag opeens vir my duidelik geword het. Crostarosa moes kaartjies by ‘n lugredery gaan afhaal en mej. Peverelli was nog uit met ete. Ek het maar half in ‘n dwaal daar agter die toonbank sit en kyk na die paar mense wat buite verby drentel. Toe lui die foon en ek tel op. ‘n Lieflike, gemoduleerde stem, soos dié van ‘n engel, vra: “Is meneer Crostarosa daar?” waarop ek antwoord soos ek geleer is: “Hy’s tans uit maar sal binnekort terug wees.” “En met wie praat ek?” “Met Louis, die bode. Verskoon my, wie is u?” Mnr Crostarosa het my opdrag gegee om almal wat skakel, se name te neem. “Dis mevrou Crostarosa… Louis, is jy verveeld?” My mond het oopgehang. Ek stamel: “Uh, wel, nie juis nie mevrou.” Waarop sy reageer: “Louis, ek’s verveeld. Dit wurg my. Ek kan dit nie langer verduur nie. Wanneer meneer Crostarosa terugkom, sê vir hom hy hoef nie te bel nie want ek gaan myself by die venster uitsmyt.” Kliek. Ek was siek van die skok. Sy gaan by die venster uitspring en daar’s niks wat ek daaraan kon doen nie, ek kon haar nie terugbel nie want ek het nie hul nommer gehad nie, kon my nie soontoe haas nie, want ek 4
  • 5. het nie die adres geken nie! ‘n Halfuur later toe Crostarosa instap, hyg ek: “Gou meneer Crostarosa, gou – u vrou het gebel – sy gaan by die venster uitspring!” Hy’t my ‘n kalm gerusstellende kyk gegee, die koevert in sy hand rustig neergesit en daarna ewe kalm die nommer geskakel. Sy’t dadelik opgetel en na ‘n rukkie vra hy haar: “Liefling, waarom het jy so ‘n lelike ding vir Louis gese? Jy’t hom vreeslik ontstel.” ‘n Pouse, en toe: “Nee my engel, nee, jy kan nie so iets doen as jy my liefhet soos jy sê nie, en die kindjie, dink jy nie aan haar nie? Waarom gaan drink jy nie liewer ‘n koppie tee in ‘n restaurant nie? Waarom bel jy nie vir Alice om oor te kom vir ‘n potjie Canasta nie?” Nog ‘n pouse. “Nee, nee, ek smeek jou, moenie dit doen nie, jy sal my laat sterf van verdriet… dink aan ons dogtertjie… hier’s ‘n idee: Waarom gaan kyk jy nie daardie mooi fliek waaroor ons gesels het nie, die teater het lugversorging, jy sal dit mos geniet.” Weer ‘n pouse. “Nee, nee, nee, moet asseblief nie sulke dinge sê nie, moenie eers daaraan dink nie… daar’s ek wat jou liefhet, daar’s ons kindjie… wil jy ons alleen agterlaat?” En so aan op hierdie trant. Later, na vele sulke oproepe, het ek agtergekom wat haar antwoord was op hierdie dierbare man van haar se pleidooie en voorstelle: “Ek gaan spring, ja, ek gaan spring, ek gaan spring.” Dit was ‘n obsessie, dié springery. En hy, geduldig, met selfbeheersing, het deurentyd by haar gepleit om nie te spring nie en haar tot bedaring gebring sodat sy op die einde darem nie gespring het nie. In Juliemaand het Crostarosa ‘n groot opoffering gemaak want só ryk was hy ook nie; hy het haar, die kind en die goewernante na Cortina d’Ampezzo gestuur, na een van die beste hotelle. Jy dink, nè? Selfs van 5
  • 6. daar af het sy aanhou bel en die oproepe was natuurlik duurder van Cortina af as van Caroncinistraat in Rome. Die arme man het gesweet en gekriewel maar steeds by haar gepleit om nie te spring nie sonder om ‘n sweem van ongeduld te laat deurskemer. Van Cortina af is hulle na die Lido in Venisië en wraggies het sy van daar af ook aanhou bel want sy was steeds verveeld en die vensters hoog, soos sy per langafstand gedreig het. Crostarosa het maar voortgegaan om haar af te raai en te smeek dat sy aan hom en die kind moes dink. http://bompiani.rcslibri.corriere.it/libro/5969_cinque_racconti_romani_moravia.html Teen die einde van die somer was hulle terug in Rome en dit was dieselfde storie maar miskien nou erger want ek het opgemerk dat Crostarosa kwaai stres – hy’t nie meer vir die kliënte wat inkom, geglimlag nie. Eendag toe hy besig was om ‘n skedule saam met ‘n kliënt uit te werk wat na Iran op pad was, bel sy weer. Hy tel toe die gehoorstuk op en sê: “Jammer my engel, ek het nie nou tyd nie… ek stuur Louis na jou met ‘n brief,” haal die reeds geskrewe brief uit ‘n laai en gee dit vir my tesame met die adres en die opdrag om dit aan sy vrou te gaan aflewer. 6
  • 7. Dit was ‘n imponerende moderne gebou. Ek is met die hyser op na die tweede vloer en bevind my toe in ‘n ingansportaal so luuks en smaakvol dat ek my verwonder: “Ek sou mos nooit by ‘n venster wou uitspring as ek so ‘n plek gehad het nie.” ‘n Mooi jong huishoudster met ‘n voorskoot, uniform en kepsie het my in ‘n ruim woonkamer ingelei. Op die tapyt het daar ‘n blonde dogtertjie van so vier jaar met haar pop en teddiebeer sit en speel; haar rooi wangetjies en blou ogies het my aan blomme laat dink. In ‘n gemakstoel langs die oop venster het mevrou Crostarosa gesit. Om eerlik te wees, het ek haar - nieteenstaande die lieflike stem - heel anders voorgestel… ‘n wilderige tipe, ‘n feeks. In plaas daarvan sien ek voor my ‘n jong dame van so by die middel-twintigs met ‘n delikate gesig, ‘n pragtige mond soos ‘n rooi roos en groot, amandelvormige donker oë… waaruit daar egter ‘n tipe angstigheid gestraal het. Toe ek inkom, staan sy op en ek merk dat sy lank, slank en grasieus was. Aan die vinger van een van haar lang sierlike hande het ‘n diamantring geskitter. http://bompiani.rcslibri.corriere.it/libro/6069_impegno_controvoglia_moravia.html “Jy’s Louis, nie waar nie… ek het so gedink.” Toe neem sy die brief, gaan sit in die gemakstoel en beduie dat ek moes wag; sy wou eers die brief lees. Terwyl sy lees, skiet daar ‘n rilling teen my ruggraat af toe 7
  • 8. ek merk hoe haar pupille onder half-oop ooglede op ‘n vinnige, rukkerige manier heen en weer oor die brief gaan; iets spookagtigs het in daardie pupille geskyn. Klaar gelees, het sy ‘n tipe aanval gehad, die brief opgeskeur en op die vloer gesmyt waarna sy haar kop in haar hande neem, begin snik en mompel. Alles sonder om haar aan my te steur wat vir haar kyk of aan die kindjie – wat seker al daaraan gewoond was – wat ewe stil en soet voortgaan om met haar pop en beertjie te speel. Eindelik begin sy toe herhaal wat sy altyd oor die foon sê: “Ek is verveeld, ek KAN nie meer nie, ek gaan my by die venster uitsmyt, ja, ek gaan spring, ek gaan spring.” Half hulpeloos gaan sit ek toe op ‘n stoeltjie langs hare en sê: “Mevrou, moenie dit sê nie, u hoef nie te spring nie.” “En waarom nie, Louis?” vra sy terwyl sy haar hande van haar kop af laat sak en my direk met daardie manjifieke oë aanstaar. “Omdat die lewe mooi is, mevrou… vat nou maar vir my… ek slaap in ‘n buitekamertjie, ek eet slegte kos, dra stukkende skoene.. maar ek’s nie verveeld nie en dink nie daaraan om by ‘n venster uit te spring nie,” verduidelik ek. “Maar julle is anders, julle gewone mense… julle het ten minste jul miserabelheid om aan te dink… ek het niks, niks, niks.” “Maar mevrou, u het ‘n kindjie, ‘n man wat u op die hande dra, ‘n pragtige huis, u reis, u kan uself geniet… waarom wil u by die venster uitspring?” en terwyl ek praat, neem ek onbewustelik haar hand in myne en skielik word ek baie skaam want sy was so mooi en tot op daardie stadium het ek nog net op die silwerdoek sulke glansvroue gesien. Ek het egter met oortuiging voortgegaan: “Mevrou, u sê die armes het darem hul miserabelheid om aan te dink… maar weet u wat armoede is? Weet u byvoorbeeld hoe dit voel om werkloos te wees?” waarop sy onmiddellik uitroep: “Maar wie is meer werkloos as ek? Ek 8
  • 9. doen die heel dag lank niks nie, ek weet nie meer wat om met myself aan te vang nie, ek weet nie waarheen om my te wend nie, ek kan dit nie langer uithou nie, ek gaan my by die venster uitsmyt.” “Miskien moet u ook probeer werk, mevrou, dan sal u nie so verveeld wees nie.” Nog ‘n gil: “Werk! Maar ek HET probeer werk… by my man in sy kantoor… ek het getik in die plek van daardie haatlike mejuffrou Peverelli… maar steeds het ek rasend geword van verveling… ek kon die spul idiote wat reis-inligting kom soek het, vermoor… en ek het dit ook vir my man gesê: kry vir jou ‘n ander sekretaresse, anders word ek gek en een van die dae gaan ek met die trappe op na die boonste verdieping en spring by die venster uit.” Genugtig, het ek gedink, oral is daar vensters. Toe vra ek haar, “Mevrou, wat van die liefde, ‘n romanse?” Plaas dat ek liewer my mond gehou het. Na ‘n gil wat glas kon laat bars, antwoord sy: “Om hemelsnaam, die liefde! Dit vul my met weersin, die liefde… al daardie mans wat agter vroue aanloop en almal dieselfde dinge sê… dis om van MAL te word… dan werk ek eerder vir my man… moenie met my oor die liefde praat nie, Louis.” Dank die Vader dat die foon toe gelui het, sy dit optel en antwoord: “O dis jy Gaetano,” want toe sien ek ‘n kans om te ontsnap. Ek’s by die deur uit en neem toe sommer die trappe net om so gou moontlik daaruit te kom. Terwyl ek daar afstap, hoor ek ‘n deurborende gil en die volgende oomblik tref iets my van bo af, ek sak inmekaar en dis al wat ek onthou. Ek het in die hospitaal bygekom, in ‘n saal tussen baie ander pasiënte. 9
  • 10. My hele lyf was in verbande gewikkel en ek het goor gevoel. Die liewe verpleegster langs my bed het my vertel wat gebeur het. Sy het weer dieselfde dreigement gemaak maar Crostarosa se geduld was eindelik op en hy’t gesê: “Nou spring dan.” Sy het eenvouding die gehoorbuis teruggeplaas, na die venster gestap en gespring. Juis toe ek op die trappe reg onder die vervloekte venster was. Gevolglik het ek met drie gebreekte ribbes daar gelê en sy’t niks oorgekom nie behalwe ‘n senuwee-instorting omdat ek as haar kussing gedien het. Na ‘n rukkie het die dokter en sy gevolg van assistente en verpleegsters daar verbygekom. Toe hy my sien, se hy “Ons herstel goed, mannetjie… jy’s gelukkig… julle jonges het mos heeltyd net vroue op die brein.” Iemand fluister toe vir hom dat hy ‘n fout maak – die selfmoordgeval oor ‘n liefdesteleurstelling was daar oorkant. En ek: “Dokter moenie sê: ‘vroue op die brein nie, sê eerder: ‘n vrou op die kop’.” *Ladispoli & Frascati: Twee klein dorpies net buite Rome. Una donna sulla testa deur Alberto Moravia in Afrikaans vertaal deur Pieter Uys. 10