SlideShare a Scribd company logo
1 of 10
Download to read offline
1
Die Versmade Bruidskat
Wat gebeur werklik agter die hoë mure van die Waterkloofrifse homoseksuele
elite? Lees oor die vertrekke vol Carrol Boyes en die biere wat die een na die
ander gedrink word om die leegheid te vul. Leer meer oor die wellus na
welvaart, die erotiek van rykdom en die bloedbande van belegging.
Die aspirerende homoseksueel van die jare 80 en 90 was meer haute bourgeoisie as die
hauteste onder yuppie heteroseksuele. Veral indien hy vry was van die yin-yang wat soveel
van sy portuurgroep gefolter het. Dié yin-yang gespletenheid was kenmerkend van ‘n
aansienlike persentasie aspirerende homoseksuele. Dit was niks anders as ‘n felle psigiese
stryd tussen die Snob en die Slet nie.
2
Die yin-yanger is voortdurend verskeur deur twee magnete. Aan die yin kant die belofte aan
rykdom, aan opwaartse sosiale mobiliteit en ‘n hunkering na lidmaatskap van die elite. Aan
die yang kant het die skadu ‘n ewe sterk trekkrag uitgeoefen – die primordiale smagting na
sedeloosheid, seks, dwelms, drank en volkome hedonistiese vryheid.
Dié uiterstes het gesorg dat vele individue tussen ekstreme sou wipplank ry – tussen
voorbeeldige bourgeois normatiwiteit en episodes van uitspattige indulgensie wanneer alle
norme oorboord gegooi is vir die opwindende kitsgratifikasie van losbandige vergrype.
Hoewel die wipplankryery vir vriende steurend kon wees, het dit ook ‘n sonderlinge kyk in
die psige gebied, in die dualiteit van bestaan, en in besonder die rol van die Skadukant in die
individuele psige. Ongeag die stres en lyding wat dit veroorsaak het, was dit nie nét nadelig
nie. Daardie tipe tweespalt vuur ook kreatiwiteit aan.
Die minderheid wat nie deur die yang gekniehalter is nie, se pad na bo was egter oop. Elke
sportjie op die leer is met entoesiasme betree. Dis juis die homoseksualiteit van hierdie
aspirerende homo wat ook sy dryfkrag was. Hy moes harder probeer, meer insit, om bo die
hetero van sy tyd uit te styg.
So is talle suksesverhale gekenmerk deur ‘n sprong van Sunnyside na Waterkloof. Soms via
Berea Towers. Bitter min verhoudings kon egter die toets van die tyd deurstaan want die
eienskappe van die suksesresep beskik self oor skadukante en die stres van die strewe het
meermale die drankduiwel as susmiddel vereis.
3
Dís die verhaal van Christo en Craig. Laasgenoemde was byna patologies positief,
geldbewus, en die dryfveer van die verhouding, terwyl Christo gematigd en sinies was. Hoe
dit ook al sy, binne ‘n dekade het die twee hul droomhuis in Waterkloofrif betree. En nie
sonder oorsese reise in die strewenstyd nie.
Die oorsese reis was altyd een van die aspirerende homoseksueel se mees gesogte
statussimbole. In ‘n drie-eenheid waar woning en motor ewe gewigtig is, beklee die oorsese
reis die posisie van heilige gees. Of anders gestel, vaste eiendom was die anker, motor die
tuig en oorsese reis die kulturele kruin van sy strewe.
Nie dat handelsmerke en verbruikersgoedere nie tel nie. Kunswerke en handelsname soos
Carrol Boyes speel inderdaad ‘n belangrike rol. Wat by nabetragting duidelik geword het, is
dat die kunswaardering in die 1980s besonder era-gebonde was, te wete die skilderye van
Vader Claerhout. Hier en daar het ‘n “Bettie” (Cilliers-Barnard) ook kop uitgesteek.
Altyd verskyn daar egter ‘n slang in die paradys en dié gly voort uit presies dieselfde
eienskappe as sukses. In hierdie geval die dissipline wat ambisie, vasberadenheid,
deursettingsvermoë en aanpasbaarheid so skerp soos dolke slyp. Sulke dissipline maak jou
onbuigsaam in vele opsigte, en dit wat nie buig nie, breek.
Die skadukant manifesteer as heerssug en hits ook reeds bestaande jaloesie en besitlikheid
tot patologiese hoogtes aan. Die beminde word ‘n besitting soos al die ander statussimbole.
4
In die afwesigheid van ‘n sinvolle spirituele raamwerk vervul alkohol graag daardie rol.
Voorvermelde eienskappe vermeng met die spiritus van drank bring giftige vrugte voort,
onder andere geweld. In die tydperk net voor die skisme, het Christo dikwels uit die
slaapkamer gehoor hoe Craig die een na die ander bier in die sitkamer voor die TV wegslaan.
Pop! Pop! Pop! het die doppies geklink.
Synde die dryfveer in die verhouding en die een wat met vurige ywer en onuitputlike drif die
reis na die boonste sport sowel as die oorsese reise beplan en gereël het, was Craig toe
reeds de facto baas van die landgoed. Christo was ‘n trofee.
Daarom moes hy op alle terreine aan Craig se gewoontes en gebruike konformeer, soos
byvoorbeeld om Sondagaande kerk toe te gaan. Christo se gebrek aan entoesiasme is as
rebelsheid beskou en met allerlei wapens bestry, soos afkeurende lyftaal en ‘n geneul.
Die sjarmantste manipuleringstegniek was ‘n tipe dansie, of mimiek, gepaard met sinsnedes
in ‘n stemtoon waarmee ‘n mens ‘n kind of ‘n troeteldier probeer oorreed om hulle kossies
te eet:
“Come on now, Lovie, we’re gonna be late” en dan meer gebiedend: “Christo! We must go
to church!”
Die baasspelery het mettertyd Christo se lewensvreugde begin smoor. Craig het streng
porsiebeheer toegepas en daar was selfs jaloesie waar dit Christo se familie aangaan. Die
dreigement van geweld in reaksie op ontrouheid het ‘n besonder benouende uitwerking
gehad.
5
Aan die jaloesie was daar egter geen perke nie en Christo mag byvoorbeeld nie eens gekyk
het nie; daar’s selfs op die voorgeskiedenis gefrons. Vrolike staaltjies oor die verlede (BC –
Before Craig) was ongewens. Selfs net die ‘verkeerde’ trek in Christo se oë het
onderdrukkende teenmaatreëls by Craig uitgelok.
‘n Bytwond op die rug – bloot op grond van jaloesie en in reaksie op vae lyftaal – het
trouens van rooi na blou na groen verkleur voordat dit eindelik verdwyn het. Craig self was
verhewe bo sy eie reëls. Tydens Christo se dienspligkampe het Craig met minstens Thys van
Witbank en die “Nambi-Pambi Queen” gemeenskap gehad.
Die verhouding was gedoem. Besitlike mense besef nie dat dit juis hul heerssug en jaloesie is
wat die ander persoon se vryheidsdrang aanspoor nie. Hulle is blind vir sulke insigte omdat
die heerssug integraal deel van hulle psige word – te naby om raak te sien.
Die verbrokkeling was uitgerek en pynlik. Die katalis was Werner wat in Christo se lewe
verskyn het en weer die vonkel in sy oë teruggeplaas het. Craig het hom vanselfsprekend as
‘n dief en boef beskou en vele dreigemente gemaak. Was Christo dan nie Craig se eiendom
nie?
6
Daar was ook tye van oënskynlike versoening maar Craig se waaksaamheid het nooit vir ‘n
oomblik verslap nie. ‘n Mens kan nie anders as om sy eersterangse intelligensievaardighede
te bewonder nie. Arme Christo sou eers heelwat later daarvan uitvind, toe hy met bewyse
deur ‘n toornige Craig gekonfronteer word.
Dié spioenasievermoëns is natuurlik gefasiliteer deurdat hulle dieselfde werkgewer gehad
het. Craig het Christo se e-pos verstel sodat hy onbelemmerde toegang tot Christo se
boodskappe verkry het. Gevolglik kon hy deurentyd die situasie dophou en ook uitvind of
Christo se bedoelinge in tye van versoening suiwer was.
Intense insidente het die huis in Waterkloofrif geteister, waaronder saakbeskadiging. Die
verbrokkeling van die verhouding het tot ‘n tipe psigiese disintegrasie in Craig gelei waar sy
skadukant meermale tussen die krake deurgegluur het. Sy wrokkigheid het niks en niemand
ontsien nie. Vriende is voor keuses gestel en vriendskappe het in die slag gebly.
Eindelik het Craig sy troefkaart uitgehaal, ‘n aanbod wat Christo se gemoed in wroeging
gedompel het, en wat selfs sommige vriende en betrokke partye diep beïndruk het.
Soos ‘n enorme erekte penis, polsend met beloftes van vrugbaarheid, oorvloed en
bevrediging, het Craig sy troefkaart voor Christo se neus rondgeswaai.
7
Die aangebode bruidskat was ‘n reis deur Noord-Amerika op Craig se onkoste plus 50%
eienaarskap van ‘n eiendom aan die noordkus van KwaZulu-Natal – ‘n strandwoonstel by
Umdloti. Op voorwaarde dat Werner uit Christo se lewe verdwyn. Christo se landheer sou
na die geestelike en vleeslike omsien en in ruil daarvoor sou hy aan sekere feodale
verpligtinge onderhewig wees. Tot in lengte van dae . . .
So ‘n luisterryke lobola het ‘n breë spektrum reaksies op vele vlakke en by talryke individue
uitgelok. Dit het die sigbare ontrafeling van die verhouding vir ‘n wyle vertraag maar nie die
disintegrasie-momentum nie.
Nie almal kon die gedoente verstaan nie. Sommige is gewalg deur die feit dat iemand so
blatant liefde probeer koop. Ander het die “ruimhartige” aanbod teësinnig bewonder. Die
besonderhede van die ruiltransaksie het ander amuseer.
Ná ‘n onstuimige periode van bestek-opname het Christo die aanbod van die hand gewys.
Dit was ‘n bittere besluit vir vryheid, moontlik geneem onder die besef dat aanvaarding tot
nóg twaalf jaar van wrede onderdrukking sou lei.
Christo se besluit het onstuimige optrede by Craig ontketen. Daar was dramatiese
selfmoordpogings en opnames in psigiatriese hospitale. Die passasiersdeur van ‘n duur
Duitse motor is ingeskop. Craig het onverwags sy opwagting op daardie jaar se Gay Pride
dansvloer gemaak, met traumatiese gevolge.
8
So het die ontrafeling homself dan uitgewoed. Elke individuele verhaal ontvou egter verder,
en latere episodes verhelder motiewe wat aanvanklik verwarrend voorgekom het. Tydens
Craig se eenmalige besoek aan Christo en Werner se woonstel in Kensington het hy by die
instap items uitgewys met die kommentaar: “That’s mine and that’s mine and that’s mine.”
Dit het Craig nie lank geneem om Christo te vervang nie. Na ‘n paar maande was hy die
trotse eienaar van ‘n passer-en-draaier – by ‘n Pretoriase gay klub opgetel. ‘n Boerseun soos
Christo, maar helaas ‘n rowwe diamant wat nooit geslyp sou word nie. Gelukkig kniel beide
by die altaar van die bottel. Ironies genoeg het alkohol die brandstof geword vir die passer-
en-draaier se gewelddadige onderdrukking van Craig wat onderdanig geword het.
Tyd het begrip gebring vir die dinamika van Craig en Christo se verhouding. Dit werk so:
Wanneer twee mense nie meer in mekaar belangstel op fisiese of gemoedsvlak nie, dien die
akkumulering van geld as ‘n erotiese hegmiddel. In sommige gevalle mag dit van die begin af
as sulks dien, in die afwesigheid van liefde of fisiese attraksie. Ook uiters interessant in dié
verband is dat ‘n gesamentlike belegging in byvoorbeeld eiendom, as suksesvolle substituut
vir seks dien.
Dit moet weer beklemtoon word: ‘n gesamentlike belegging is ‘n erotiese voorwerp. Dis
selfs beter as seks! Soos ‘n mens weet, is fisiese seks maar 'n kom- en gaan-affêre... en dan
gewoonlik net tussen twee mense wat hulself, mekaar of dele van mekaar eroties vind.
MAAR...as julle saam iets gesog en waardevol besit dan is daar ‘n menige wat julle en jul
besitting bewonder (dis mos liefde). En die besitting verdwyn nie na 'n orgasme nie.
9
Die mees gesogte handelsmerke onder nie-roerende goedere kan ook herhaalde orgasmes
veroorsaak. In later jare sou die gewigtigheid van Craig se Carrol Boyes-versameling so
toeneem, dat een van die sitkamers in Waterkloofrif eksklusief daarvoor opsy gesit is, ‘n
tempel beskerm deur ‘n spesiale sekuriteitshek. Dié versameling sou ‘n blywende bron van
erotiese stimulasie vir Craig word, een waarmee gaste tot virtuele groepswoeps opgesweep
word.
Gas, tydens ‘n geselligheid in Waterkloofrif: “Ek sien toe die pragtige Carrol Boyes vrugtebak
en ek kon dit nie weerstaan nie… ek moes dit hê… (gesigsuitdrukking van moedeloosheid)
maar toe ek die prys sien, moes ek maar weer my kredietkaart terugsit… ek kon dit nét nie
bekostig nie.”
Craig spring woordeloos op, trippel na die Carrol Boyes-heiligdom, en keer triomfantelik
terug met ‘n groter weergawe van daardie einste vrugtebak in sy hande, soos ‘n
triomfantelike priester met ‘n obsene vrugbaarheids-ikoon.
“O! Oe! Ah!” snak die gastekoor in coitus spiritualis.
Narratief deur Pieter Uys, met dank aan Gerhard Richter vir inspirasie, redigering en woorde en aan
Deon Botha vir herinneringe, uitleg-advies en woorde. ©2014
10

More Related Content

More from PieterUys7

Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels PieterUys7
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesPieterUys7
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse TaalPieterUys7
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianPieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundPieterUys7
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalPieterUys7
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokalePieterUys7
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamiliePieterUys7
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkPieterUys7
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)PieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse talePieterUys7
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamiliePieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasPieterUys7
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan PieterUys7
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong PieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TalePieterUys7
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaPieterUys7
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies PieterUys7
 

More from PieterUys7 (20)

Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 

Die Versmade Bruidskat

  • 1. 1 Die Versmade Bruidskat Wat gebeur werklik agter die hoë mure van die Waterkloofrifse homoseksuele elite? Lees oor die vertrekke vol Carrol Boyes en die biere wat die een na die ander gedrink word om die leegheid te vul. Leer meer oor die wellus na welvaart, die erotiek van rykdom en die bloedbande van belegging. Die aspirerende homoseksueel van die jare 80 en 90 was meer haute bourgeoisie as die hauteste onder yuppie heteroseksuele. Veral indien hy vry was van die yin-yang wat soveel van sy portuurgroep gefolter het. Dié yin-yang gespletenheid was kenmerkend van ‘n aansienlike persentasie aspirerende homoseksuele. Dit was niks anders as ‘n felle psigiese stryd tussen die Snob en die Slet nie.
  • 2. 2 Die yin-yanger is voortdurend verskeur deur twee magnete. Aan die yin kant die belofte aan rykdom, aan opwaartse sosiale mobiliteit en ‘n hunkering na lidmaatskap van die elite. Aan die yang kant het die skadu ‘n ewe sterk trekkrag uitgeoefen – die primordiale smagting na sedeloosheid, seks, dwelms, drank en volkome hedonistiese vryheid. Dié uiterstes het gesorg dat vele individue tussen ekstreme sou wipplank ry – tussen voorbeeldige bourgeois normatiwiteit en episodes van uitspattige indulgensie wanneer alle norme oorboord gegooi is vir die opwindende kitsgratifikasie van losbandige vergrype. Hoewel die wipplankryery vir vriende steurend kon wees, het dit ook ‘n sonderlinge kyk in die psige gebied, in die dualiteit van bestaan, en in besonder die rol van die Skadukant in die individuele psige. Ongeag die stres en lyding wat dit veroorsaak het, was dit nie nét nadelig nie. Daardie tipe tweespalt vuur ook kreatiwiteit aan. Die minderheid wat nie deur die yang gekniehalter is nie, se pad na bo was egter oop. Elke sportjie op die leer is met entoesiasme betree. Dis juis die homoseksualiteit van hierdie aspirerende homo wat ook sy dryfkrag was. Hy moes harder probeer, meer insit, om bo die hetero van sy tyd uit te styg. So is talle suksesverhale gekenmerk deur ‘n sprong van Sunnyside na Waterkloof. Soms via Berea Towers. Bitter min verhoudings kon egter die toets van die tyd deurstaan want die eienskappe van die suksesresep beskik self oor skadukante en die stres van die strewe het meermale die drankduiwel as susmiddel vereis.
  • 3. 3 Dís die verhaal van Christo en Craig. Laasgenoemde was byna patologies positief, geldbewus, en die dryfveer van die verhouding, terwyl Christo gematigd en sinies was. Hoe dit ook al sy, binne ‘n dekade het die twee hul droomhuis in Waterkloofrif betree. En nie sonder oorsese reise in die strewenstyd nie. Die oorsese reis was altyd een van die aspirerende homoseksueel se mees gesogte statussimbole. In ‘n drie-eenheid waar woning en motor ewe gewigtig is, beklee die oorsese reis die posisie van heilige gees. Of anders gestel, vaste eiendom was die anker, motor die tuig en oorsese reis die kulturele kruin van sy strewe. Nie dat handelsmerke en verbruikersgoedere nie tel nie. Kunswerke en handelsname soos Carrol Boyes speel inderdaad ‘n belangrike rol. Wat by nabetragting duidelik geword het, is dat die kunswaardering in die 1980s besonder era-gebonde was, te wete die skilderye van Vader Claerhout. Hier en daar het ‘n “Bettie” (Cilliers-Barnard) ook kop uitgesteek. Altyd verskyn daar egter ‘n slang in die paradys en dié gly voort uit presies dieselfde eienskappe as sukses. In hierdie geval die dissipline wat ambisie, vasberadenheid, deursettingsvermoë en aanpasbaarheid so skerp soos dolke slyp. Sulke dissipline maak jou onbuigsaam in vele opsigte, en dit wat nie buig nie, breek. Die skadukant manifesteer as heerssug en hits ook reeds bestaande jaloesie en besitlikheid tot patologiese hoogtes aan. Die beminde word ‘n besitting soos al die ander statussimbole.
  • 4. 4 In die afwesigheid van ‘n sinvolle spirituele raamwerk vervul alkohol graag daardie rol. Voorvermelde eienskappe vermeng met die spiritus van drank bring giftige vrugte voort, onder andere geweld. In die tydperk net voor die skisme, het Christo dikwels uit die slaapkamer gehoor hoe Craig die een na die ander bier in die sitkamer voor die TV wegslaan. Pop! Pop! Pop! het die doppies geklink. Synde die dryfveer in die verhouding en die een wat met vurige ywer en onuitputlike drif die reis na die boonste sport sowel as die oorsese reise beplan en gereël het, was Craig toe reeds de facto baas van die landgoed. Christo was ‘n trofee. Daarom moes hy op alle terreine aan Craig se gewoontes en gebruike konformeer, soos byvoorbeeld om Sondagaande kerk toe te gaan. Christo se gebrek aan entoesiasme is as rebelsheid beskou en met allerlei wapens bestry, soos afkeurende lyftaal en ‘n geneul. Die sjarmantste manipuleringstegniek was ‘n tipe dansie, of mimiek, gepaard met sinsnedes in ‘n stemtoon waarmee ‘n mens ‘n kind of ‘n troeteldier probeer oorreed om hulle kossies te eet: “Come on now, Lovie, we’re gonna be late” en dan meer gebiedend: “Christo! We must go to church!” Die baasspelery het mettertyd Christo se lewensvreugde begin smoor. Craig het streng porsiebeheer toegepas en daar was selfs jaloesie waar dit Christo se familie aangaan. Die dreigement van geweld in reaksie op ontrouheid het ‘n besonder benouende uitwerking gehad.
  • 5. 5 Aan die jaloesie was daar egter geen perke nie en Christo mag byvoorbeeld nie eens gekyk het nie; daar’s selfs op die voorgeskiedenis gefrons. Vrolike staaltjies oor die verlede (BC – Before Craig) was ongewens. Selfs net die ‘verkeerde’ trek in Christo se oë het onderdrukkende teenmaatreëls by Craig uitgelok. ‘n Bytwond op die rug – bloot op grond van jaloesie en in reaksie op vae lyftaal – het trouens van rooi na blou na groen verkleur voordat dit eindelik verdwyn het. Craig self was verhewe bo sy eie reëls. Tydens Christo se dienspligkampe het Craig met minstens Thys van Witbank en die “Nambi-Pambi Queen” gemeenskap gehad. Die verhouding was gedoem. Besitlike mense besef nie dat dit juis hul heerssug en jaloesie is wat die ander persoon se vryheidsdrang aanspoor nie. Hulle is blind vir sulke insigte omdat die heerssug integraal deel van hulle psige word – te naby om raak te sien. Die verbrokkeling was uitgerek en pynlik. Die katalis was Werner wat in Christo se lewe verskyn het en weer die vonkel in sy oë teruggeplaas het. Craig het hom vanselfsprekend as ‘n dief en boef beskou en vele dreigemente gemaak. Was Christo dan nie Craig se eiendom nie?
  • 6. 6 Daar was ook tye van oënskynlike versoening maar Craig se waaksaamheid het nooit vir ‘n oomblik verslap nie. ‘n Mens kan nie anders as om sy eersterangse intelligensievaardighede te bewonder nie. Arme Christo sou eers heelwat later daarvan uitvind, toe hy met bewyse deur ‘n toornige Craig gekonfronteer word. Dié spioenasievermoëns is natuurlik gefasiliteer deurdat hulle dieselfde werkgewer gehad het. Craig het Christo se e-pos verstel sodat hy onbelemmerde toegang tot Christo se boodskappe verkry het. Gevolglik kon hy deurentyd die situasie dophou en ook uitvind of Christo se bedoelinge in tye van versoening suiwer was. Intense insidente het die huis in Waterkloofrif geteister, waaronder saakbeskadiging. Die verbrokkeling van die verhouding het tot ‘n tipe psigiese disintegrasie in Craig gelei waar sy skadukant meermale tussen die krake deurgegluur het. Sy wrokkigheid het niks en niemand ontsien nie. Vriende is voor keuses gestel en vriendskappe het in die slag gebly. Eindelik het Craig sy troefkaart uitgehaal, ‘n aanbod wat Christo se gemoed in wroeging gedompel het, en wat selfs sommige vriende en betrokke partye diep beïndruk het. Soos ‘n enorme erekte penis, polsend met beloftes van vrugbaarheid, oorvloed en bevrediging, het Craig sy troefkaart voor Christo se neus rondgeswaai.
  • 7. 7 Die aangebode bruidskat was ‘n reis deur Noord-Amerika op Craig se onkoste plus 50% eienaarskap van ‘n eiendom aan die noordkus van KwaZulu-Natal – ‘n strandwoonstel by Umdloti. Op voorwaarde dat Werner uit Christo se lewe verdwyn. Christo se landheer sou na die geestelike en vleeslike omsien en in ruil daarvoor sou hy aan sekere feodale verpligtinge onderhewig wees. Tot in lengte van dae . . . So ‘n luisterryke lobola het ‘n breë spektrum reaksies op vele vlakke en by talryke individue uitgelok. Dit het die sigbare ontrafeling van die verhouding vir ‘n wyle vertraag maar nie die disintegrasie-momentum nie. Nie almal kon die gedoente verstaan nie. Sommige is gewalg deur die feit dat iemand so blatant liefde probeer koop. Ander het die “ruimhartige” aanbod teësinnig bewonder. Die besonderhede van die ruiltransaksie het ander amuseer. Ná ‘n onstuimige periode van bestek-opname het Christo die aanbod van die hand gewys. Dit was ‘n bittere besluit vir vryheid, moontlik geneem onder die besef dat aanvaarding tot nóg twaalf jaar van wrede onderdrukking sou lei. Christo se besluit het onstuimige optrede by Craig ontketen. Daar was dramatiese selfmoordpogings en opnames in psigiatriese hospitale. Die passasiersdeur van ‘n duur Duitse motor is ingeskop. Craig het onverwags sy opwagting op daardie jaar se Gay Pride dansvloer gemaak, met traumatiese gevolge.
  • 8. 8 So het die ontrafeling homself dan uitgewoed. Elke individuele verhaal ontvou egter verder, en latere episodes verhelder motiewe wat aanvanklik verwarrend voorgekom het. Tydens Craig se eenmalige besoek aan Christo en Werner se woonstel in Kensington het hy by die instap items uitgewys met die kommentaar: “That’s mine and that’s mine and that’s mine.” Dit het Craig nie lank geneem om Christo te vervang nie. Na ‘n paar maande was hy die trotse eienaar van ‘n passer-en-draaier – by ‘n Pretoriase gay klub opgetel. ‘n Boerseun soos Christo, maar helaas ‘n rowwe diamant wat nooit geslyp sou word nie. Gelukkig kniel beide by die altaar van die bottel. Ironies genoeg het alkohol die brandstof geword vir die passer- en-draaier se gewelddadige onderdrukking van Craig wat onderdanig geword het. Tyd het begrip gebring vir die dinamika van Craig en Christo se verhouding. Dit werk so: Wanneer twee mense nie meer in mekaar belangstel op fisiese of gemoedsvlak nie, dien die akkumulering van geld as ‘n erotiese hegmiddel. In sommige gevalle mag dit van die begin af as sulks dien, in die afwesigheid van liefde of fisiese attraksie. Ook uiters interessant in dié verband is dat ‘n gesamentlike belegging in byvoorbeeld eiendom, as suksesvolle substituut vir seks dien. Dit moet weer beklemtoon word: ‘n gesamentlike belegging is ‘n erotiese voorwerp. Dis selfs beter as seks! Soos ‘n mens weet, is fisiese seks maar 'n kom- en gaan-affêre... en dan gewoonlik net tussen twee mense wat hulself, mekaar of dele van mekaar eroties vind. MAAR...as julle saam iets gesog en waardevol besit dan is daar ‘n menige wat julle en jul besitting bewonder (dis mos liefde). En die besitting verdwyn nie na 'n orgasme nie.
  • 9. 9 Die mees gesogte handelsmerke onder nie-roerende goedere kan ook herhaalde orgasmes veroorsaak. In later jare sou die gewigtigheid van Craig se Carrol Boyes-versameling so toeneem, dat een van die sitkamers in Waterkloofrif eksklusief daarvoor opsy gesit is, ‘n tempel beskerm deur ‘n spesiale sekuriteitshek. Dié versameling sou ‘n blywende bron van erotiese stimulasie vir Craig word, een waarmee gaste tot virtuele groepswoeps opgesweep word. Gas, tydens ‘n geselligheid in Waterkloofrif: “Ek sien toe die pragtige Carrol Boyes vrugtebak en ek kon dit nie weerstaan nie… ek moes dit hê… (gesigsuitdrukking van moedeloosheid) maar toe ek die prys sien, moes ek maar weer my kredietkaart terugsit… ek kon dit nét nie bekostig nie.” Craig spring woordeloos op, trippel na die Carrol Boyes-heiligdom, en keer triomfantelik terug met ‘n groter weergawe van daardie einste vrugtebak in sy hande, soos ‘n triomfantelike priester met ‘n obsene vrugbaarheids-ikoon. “O! Oe! Ah!” snak die gastekoor in coitus spiritualis. Narratief deur Pieter Uys, met dank aan Gerhard Richter vir inspirasie, redigering en woorde en aan Deon Botha vir herinneringe, uitleg-advies en woorde. ©2014
  • 10. 10