2. Ons dien ’n groot God!
Hy maak nie onderskeid nie
Hand 10:34 En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek
sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is
nie,
God is gebind aan Sy Woord
1 Sam 15:29 En ook lieg die Roem van Israel nie, en Hy
ken geen berou nie; want Hy is geen mens, dat Hy berou
sou hê nie.
God en Sy Woord is een
3. Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by
God, en die Woord was God.
Gen 1:3 En God het gesê: ......
Heb 1:13-14 En aan watter een van die engele het Hy
ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande
gemaak het ‘n voetbank van u voete? Is hulle nie almal
dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille
van die wat die saligheid sal beërwe nie?
Wat van die troefkaart?
4. Ps 103:20 Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy
woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy
woord!
God se engele doen wat Sy woord sê!!!
Die engele gee nie uitvoering aan wat ons sê nie
Psa 91:10-11 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby
jou tent kom nie; want Hy sal sy engele aangaande jou
bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
God se engele kom in beweging wanneer ek en jy Sy
Woord praat
5. Belangrikheid om God se Woord te ken
Kennis van God se Woord jou toegang tot die troefkaart
Editor's Notes
#Ons dien ’n groot God!
Sommer gereeld word ek gekonfronteer deur hierdie feit. Soms is dit uit Sy Woord, ander kere is dit uit die natuur. Ander kere is dit in wat Hy is, wat Hy vir my of vir ander doen. Hierdie feit staan egter vir my vas: Ons dien ’n groot God, Hy is goed .........
#Hy maak nie onderskeid nie
#Hand 10:34 ....
Dit duiwel doen wat hy kan om ons te probeer oortuig dat God wel witbroodjies het, dat Hy party liewer het as vir ander. Dat party mense al Sy seën ontvang en ander net al die moeilikheid. Dat jy nie kwalifiseer dat God ook jou gebede sal antwoord nie. Jy is gemaak om te sukkel en ander is gemaak om te floreer. Dit is ’n leuen. God het ’n te duur prys vir jou betaal en het jou te lief om afsydig te staan en kyk hoe jy swaar trek en niks daaraan te doen nie.
#God word gebind aan Sy Woord
Hy kan en sal niks doen wat nie in lyn is met Sy woord nie. Aan die ander kant is Hy getrou aan Sy Woord. Hy sal nie iets sê en dit nie doen nie.
#1 Sam 15:29 ....
#God en Sy Woord is een
Waar die een beweeg, beweeg die ander en wat die een doen, doen die ander.
#Joh 1:1 .....
Van wie praat Johannes? Hierdie vers praat van Jesus. Wanneer God praat gebeur dit wat Hy sê.
#Gen 1:3 .....
Wanneer God praat, gebeur dinge. God het nie nodig om iets meer te doen as om te praat ten einde dinge laat gebeur nie. Ons sê, praatjies kry nie die werk gedoen nie. God kry die werk gedoen deur net te praat. Hoe werk dit, wat is die wetenskaplike verklaring vir dit alles? Ons weet nie presies nie. Ons sal ook nie die kant van die graf al die antwoorde kry nie. Ons weet dat die natuur nie anders kan as om aan God gehoorsaam te wees nie. So wanneer Hy met ’n leeu, donkie, swerm muskiete, hael, wind, plante, visse voëls ens. praat dan reageer hulle dadelik in gehoorsaamheid aan Sy Woord. Die Bybel gee wel hier en daar ook ander leidrade van hoe dit kan werk. Waar dit by hierdie saak kom sê die Bybel o.a. die volgende:
#Hebr 1:13-14 .....
So hier sien ons duidelik dat die engele uitvoering gee aan dit wat God sê. Die engele kan nie anders as om uitvoering te gee aan die Woord van God nie.
Dalk dink u nou maar goed, dit is alles goed en wel maar,
#Wat van die troefkaart?
Ons is op pad soontoe en ek glo, soos die engelsman se, “it will blow your mind”. Ons ken die versie Spr18:21 “ lewe en dood ........ Dit is ’n groot en belangrike versie en maan ons om te Let op wat ons praat. Ek dink een van die versies wat ons gelees het, is nog meer asemrowend
#Ps 103:20 ....
Sien u wat hier staan. Dit bevestig wat ons gelees het in Hebr. 1:13. Die engele kan nie anders as om uitvoering te gee aan die Woord van God nie. Hier is jou troefkaart
#God se engele doen wat Sy woord sê!!!
Kom ek stel dit anders, wanneer ek en jy sê wat God sê, gaan die engele seker maak dat dit wat gesê is tot uitvoering kom. Nie omdat ons dit gesê het nie maar omdat God dit gesê het. Hier is iets NB wat ons moet verstaan
#Die engele gee nie uitvoering aan wat ons sê nie
Hulle gee uitvoering aan wat God sê. Ons is in ’n posisie om die engele in beweging te kry. Hulle gaan egter net uitvoering daaraan gee as dit inlyn is met God se Woord. Ek het al gehoor dat mense bid en in hulle gebed die engele opdrag gee om hulle te beskerm n.a.v. Ps. 91. Die Ps. sê nie dat hulle ons sal beskerm op grond van ons opdrag nie. Hulle doen dit in gehoorsaamheid aan Sy opdrag
#Ps 91:10-11
Die engele reageer net op die stem van God, hulle gehoorsaam sy stem. So wat is die troefkaart?
#God se engele kom in beweging wanneer ek en jy Sy Woord praat
Herhaal bg. Ons voel soms alleen wanneer dinge verkeerd loop. Ps 103:20 se dat wanneer ek en jy God se woord bid kom die engele in beweging. Daar is geen beter vennote as God en Sy engele nie.
#Belangrikheid om God se Woord te ken
Hoe kan ek dit bid as ek dit nie ken nie. Hoe sal ek dit ken as ek dit nooit lees nie. Toe die Here my hierdie vers vir die 1ste keer regtig laat raaksien het iets in my gees gebeur. Daar het ’n beter begrip gekom vir Spr. 18:21 en veral die lewe kant van die vers. Getuienis van Past Ronnie.
#Kennis van God se Woord jou toegang tot die troefkaart
Dit is wanneer en soos wat ek tyd met die Woord spandeer en hierdie Woord begin leef en praat wanneer God se guns al hoe meer sigbaar raak in ons lewens. In die lig van Ps. 103 raak ek sommer opnuut opgewonde oor van my ander gunsteling teksverse nl. Hebr. 4:12 ......... Jes. 55:11. ....... Prys die Here vir die Woord van God!!!!