Este documento describe los cambios estructurales que ocurren en el desarrollo humano, incluido el crecimiento y desarrollo, y la importancia de medir el peso y la talla de los niños. También explica la importancia de la higiene dental para prevenir caries.
Este documento resume los diferentes tipos de narrativa como el microrelato, cuento breve y relato breve. Explica que George Orwell identificó cuatro motivos principales para escribir: egoísmo, entusiasmo estético, impulso histórico y propósito político. Finalmente, cita frases de escritores famosos sobre la noble función de dar testimonio de la época y la idea de que los temas eligen al escritor y no al revés.
Este documento describe los cambios estructurales que ocurren en el desarrollo humano, incluido el crecimiento y desarrollo, y la importancia de medir el peso y la talla de los niños. También explica la importancia de la higiene dental para prevenir caries.
Este documento resume los diferentes tipos de narrativa como el microrelato, cuento breve y relato breve. Explica que George Orwell identificó cuatro motivos principales para escribir: egoísmo, entusiasmo estético, impulso histórico y propósito político. Finalmente, cita frases de escritores famosos sobre la noble función de dar testimonio de la época y la idea de que los temas eligen al escritor y no al revés.
The document provides some softer training methods to make training more enjoyable and help trainees retain information, such as making learning fun, using humor, ensuring attractive packaging, encouraging participation, and building self-esteem. It recommends varying training methods and pace to engage trainees, using self-deprecating humor, and spending 80% of time on group participation to promote learning. The goal is to lift employees' spirits and help them become better while also making money for the company.
Este documento proporciona información sobre Microsoft Word. Explica que Word es un programa de ofimática que permite crear documentos de texto formateados. Describe cómo configurar los márgenes, tamaño de papel, vistas y otras opciones de formato de página. También explica cómo editar texto mediante la selección, copia, corte y pegado de contenido, y aplicar formatos como bordes, sombreados y columnas.
This document summarizes a research study that used Response Surface Methodology (RSM) to analyze CO2 arc welding parameters and their impact on depth of penetration when welding AISI 1022 steel plates. The study used a central composite design to test four welding parameters (current, voltage, wire feed rate, gas pressure) across five levels and measure their effect on depth of penetration. A regression analysis found that voltage, wire feed rate, and gas pressure significantly affected depth, while current did not. Quadratic models were developed to predict depth of penetration with up to 96.3% accuracy based on the experimental data. The models can be used to optimize welding parameters to maximize penetration.
La homosexualidad es un tema delicado que puede causar problemas emocionales y discriminación social. Se origina por una fuerte atracción que puede confundirse con admiración y, aunque es preocupante, nunca es tarde para abordarlo y buscar comprensión.
Este documento describe las representaciones iniciales del autor sobre la narrativa para enseñar historia. El autor ve la narrativa como una forma de interpretar y dar sentido a experiencias vividas. También incluye la imaginación e interpretación de hechos históricos donde los estudiantes pueden narrar sucesos pasados. El autor luego narra su experiencia viviendo el terremoto de México de 1985 usando detalles descriptivos. Finalmente, concluye que la narrativa permite a los estudiantes comprender la historia de una manera más personal e incluir sentimientos.
Alaska's capital and largest city is Juneau, with a population of over 626,000 people. Alaska became the 49th state on January 3, 1959. Alaska has an abundance of waterways, with more than 12,000 rivers and thousands more streams and creeks flowing throughout the state.
This document is a resume for Basheer Sabih Salman Al-Ebadi. It summarizes his professional experience, including currently serving as Section Head at the Local Content and Investment Development Center since 2010. Previous experience includes roles as a Systems Analyst and Software Developer. He holds an MBA and bachelor's degree in Computer Engineering. Key areas of expertise include Siebel CRM, ASP, SQL, and project management. The resume also outlines training and languages skills.
This very short document consists of three lines that simply repeat the phrase "I > Y CHANGE!". It advocates for changing the letter "I" to the letter "Y" without providing any additional context or explanation for the change being suggested.
El documento instruye a Jessica Casigna a capturar pantallas de Google Earth que muestren: 1) la instalación de Google Earth, 2) su domicilio marcado, 3) las 7 Maravillas del Mundo, 4) el Canal de Panamá con embarcaciones, 5) Hiroshima con viviendas y aeropuerto, y 6) las Islas Galápagos con fotos de una isla.
This is a website for a company called Brothers in Sales located in the Netherlands. The website address is www.brothersinsales.nl, indicating it is a Dutch company focused on sales. The short one sentence document does not provide any other details about the company or its services.
La biblioteca virtual permite acceder a recursos informativos de forma ubicua a través de Internet. Puede definirse como una colección digital de documentos e información accesible desde cualquier lugar. Las características clave son que los documentos están disponibles en línea las 24 horas y que el usuario puede encontrar la información que necesita de manera asincrónica e hipermedial. El ordenador es el medio fundamental para acceder a los contenidos de la biblioteca virtual.
El documento discute la insostenibilidad del consumo y explotación actuales del agua dulce en el planeta. Señala que el consumo mundial de agua se duplica cada 20 años, mientras que las reservas de agua subterránea se agotan más rápido de lo que se renuevan debido a la explotación abusiva. También analiza cómo mejorar la eficiencia del ciclo del agua a través de una mejor gestión del territorio y del agua en las ciudades.
Este documento presenta varios ejercicios sobre números binarios y su conversión entre bases decimales y binarias. Los ejercicios incluyen convertir números entre bases, aproximar números reales usando punto flotante binario, y generalizar el sistema binario a otras bases como la base 3.
2. Imuun teen inhoud?
Buitengewoon en bonatuurlik!!
Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy
sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom
glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan
hê.
God het bewys hoe lief Hy die wêreld het. Hy het Sy
unieke Seun na die wêreld toe gestuur sodat elkeen wat
in hierdie Seun glo, nie verlore sal gaan nie, maar vir
altyd saam met God kan leef. (DB)
3. Joh 4:7 Daar kom ‘n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus
sê vir haar: Gee vir My water om te drink—
Luk 19:2 -3,5 En daar was ‘n man met die naam van Saggéüs,
‘n hoof van die tollenaars en ‘n ryk man. En hy het probeer
om Jesus te sien, ... En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op
en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af,
want Ek moet vandag in jou huis bly.
Mark 6:41-44 Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, ...
Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan
hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal
verdeel. En almal het geëet en versadig geword; en hulle het
van die brokstukke twaalf mandjies vol opgetel, en van die
visse. En die wat van die brood geëet het, was omtrent vyf
duisend manne.
4. Mat 9:20,22 En daar het ‘n vrou wat twaalf jaar lank aan
bloedvloeiing gely het, van agter gekom en die soom van
sy kleed aangeraak. En Jesus het omgedraai en haar
gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het
jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie
uur af.
Mark 11:14 En Jesus spreek en sê vir hom: Laat niemand
ooit in der ewigheid van jou ‘n vrug eet nie!
V20 En toe hulle vroeg in die môre verbygaan, sien hulle
die vyeboom, verdroog van die wortels af.
5. Mat 17:27 Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee
nie, gaan na die see toe, gooi ‘n hoek uit en neem die
eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n
stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.
Ons God is dié buitengewone en bonatuurlike God!!!
- Buitengewoon = wat Hy doen
- Bonatuurlik = hoe Hy dit doen
Die buitengewone, bonatuurlike God is in jou!
1Kor 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is
van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het,
en dat julle nie aan julself behoort nie?
6. Hoekom buitengewoon en bonatuurlik ?
Hoekom soek ons die buitengewone en bonatuurlike?
Jesus wil ons bring na die meer en hoër
Fil 2:4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien
nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
God wil deur jou die buitengewone en bonatuurlike
begin doen
Editor's Notes
#Imuun teen inhoud?
Dit lyk soms vir my ons het imuun geraak teen die Woord en die inhoud daarvan. Ons raak nie meer opgewonde as ons dit lees nie. Dit is asof die iets daar vêr is. Dit is mooi en goed maar geen invloed op ons lewens nie. Dit is iets wat ons dalk sal lees as ons iets soek om ons op te beur of iets wat ons bietjie beter sal laat voel wanneer ek drooggemaak het. Ons lees dit bloot vir ’n kort termyn “laat beter voel”. Ons het nie regtig enige intensie om alles in die Woord te lees en nog minder daarvolgens te leef. My gebed is dat HG vanoggend opnuut die Woord vir elkeen lewendig sal maak, jou lewe sal verander soos wat Hy met my gemaak het. Ons God is .....
#Buitengewoon en bonatuurlik!!
Daar is niemand soos Hy nie!!! Miskien klink dit al soos ’n holrug geryde uitdrukking. Dit verander niks aan die krag en invloed van hierdie feit nie. Ons dien ’n buitengewone en bonatuurlike God!!! Hy is Groot!!!!(x3) Sy Naam is Jesus en ek bemin Hom so. Hoekom, op grond van wat maak ek die stelling dat Jesus is buitengewoon en bonatuurlik? Daar is ’n 1000 redes, ek gaan net enkeles noem. God is buitengewoon want .....
#Joh 3:16 ....
As dit nie buitengewoon is nie, dan weet ek nie wat is nie. God stuur Sy Seun, Jesus stem in om te kom. Hy kom nie vir ’n vakansie of ander bederf nie. Hy kom om die sonde van die hele wereld vir alle tye op Hom te kom neem. Met al die sonde van almal oor al die eeue op Hom gepak kom vat Hy die straf vir al hierdie sonde. Dis is buitengewoon. Hoeveel mense is bereid om hulself te na te kom sodat ander daardeur bevoordeel kan word. Van ons mag dalk bereid wees daarom op baie klein skaal te doen. Definitief nie op die skaal wat Jesus bereid was om dit te doen nie. God haat sonde. Kan u dink die straf wat Jesus moes deurgaan vir die sonde van die wereld? Dit is buitengewone straf. Hoekom sou Hy dit doen? Want Hy is ’n buitengewone God!!! Ons lees in Joh. 4:7 ...
#Joh 4:7 ....
Vir ons mag dit dalk na die normaalste ding op aarde klink om te doen. Vir Jesus was dit nie. Dit was taboe vir jode om met samaritane te praat. Dan praat ons nie eers van met ’n samaritaanse vrou nie. Vanwee wie en wat Jesus is, kon Hy nie stilsit en toekyk hoe iemand verlore gaan sonder dat Hy iets daaraan doen nie. Daarom doen Hy die buitengewone. Hy doen dit wat niemand van Hom verwag nie. Hy doen wat nie toegelaat was om te doen nie. U sien, Hy is nie gewoon nie. Hy is buitengewoon!! Wat van hierdie vb. ...
#Luk 19:2 -3,5 ...
Wat maak hierdie so buitengewoon. Saggeus was ’n tollenaar, hoof van die tollenaars. Die tollenaars was die mees korrupte mense in die samelewing. Hulle het hulle eie mense (jode) uitgebuit tot hulle voordeel. Die bevolking het hulle gehaat. In stede van hierdie man uittrap en verwyt oor sy sonde gaan Jesus by Hom eet. Dit was iets totaal onverwags en vir baie onaanvaarbaar. Hulle was baie ontverede met Jesus se optrede. Luister mooi, Jesus Christus is buitengewoon. Dan is Hy ook bonatuurlik.
#Mark 6:41-44 ....
Maak nie saak hoe groot die brode en vissies kon wees nie. Jy gee nie 5000 mans plus vroue en kinders kos met 5 brode en 2 visse nie. Dit is bonatuurlik. Dit gebeur nie. Dit kan net gebeur wanneer hierdie brood en visse in aanraking gekom het met die Bonatuurlike en hulle het. Hulle is deur die hande van Jesus. Soms voorsien God presies wat ons nodig het en ander kere besluit Hy om Sy bonatuurlike voorsiening oorvloedig te maak soos in hierdie geval. Nadat almal ge-eet het, was daar 12 mandjies vol oorskiet. Hy is El-Shaddai, die bonatuurlike God van oorvloed!!!
#Mat 9:20,22 ....
Wie is daar nog aan wie ons kan raak wanneer ons siek is en onmiddellik gesond word. Niemand anders as Jesus nie. Hierdie vrou was al desperaat, vir 12jr lank het sy al wat ’n dokter is gesien en al wat ’n raad is gevolg sonder enige resultate. Die oomblik toe sy Jesus in geloof aanraak, was sy onmiddellik genees. Dit lyk vir my na ’n vb. Van bonatuurlike ingrype??? In Markus lees ons van die insident waar Jesus by die vyeboom gekom het in die hoop om kos by hom te vind. Die boom was egter vol mooi blare maar sonder vrugte. Jesus reageer toe so
#Mark 11:14 .....
#V20 .....
Is daar iemand in hierdie gebou wat dit kan doen? ’n Boom laat vrek deur blood met hom te praat? Dit is die werk van die bonatuurlike God. ’n Laaste vb.
#
#Mat 17:27 ....
Dit gaan hier oor die betaal van tempel belasting. Aan die einde van die gesprek se Jesus vir Petrus dit wat ons gelees het. Wat hier gebeur is die bonatuurlike voorsiening van die bonatuurlike God!!! Ons God het ’n bank in die see. Hy stuur ’n vis om vir jou ’n onttrekking te gaan maak. Ek wens ek kon Petrus se gesig sien toe hy gaan doen het wat Jesus se. Hier trek hy die vis uit, maak sy bek oop en kry die geld in die vis se mond. Hierdie vis is nie geleer om nie met ’n vol mond nog te probeer hap nie.
#Ons God is dié buitengewone en bonatuurlike God!!!
Het jy al jou lewe vir Hom gegee? Dien jy Hom met alles wat in jou is? Vertrou jy Hom met die uitdagings wat jy tans in die gesig staar? Al lyk dit dalk vir jou hoe onwaarskynlik dat hulp of uitkoms ooit jou padlangs sal kom, moenie vergeet nie, ons aanbid die buitengewone God. Net ter verduidelikking. Die verskil tussen buitengewone en bonatuurlike is dit:
#Buitengewoon = wat Hy doen
Hy praat met mense wie ander nie verwag het Hy mee sal praat nie, Hy bewys liefde aan mense wat dit glad nie verdien nie
#Bonatuurlik = hoe Hy dit doen
Vat paar visse en brood en gee skare kos, muntstuk in vis se bek. So nie net gryp Jesus in mense se omstandighede in wat dit nie verdien het nie, Hy doen dit op maniere wat niemand verwag het of eers weet bestaan nie. Glo jy dit? Tree dan op asof jy dit glo. Hierdie is wonderlike nuus nie waar nie? Dit is evangelie. Daar is egter nog meer en beter nuus as dit. Hierdie buitengewone en bonatuurlike God is nie net vir jou, aan jou kant nie, ....
#Die buitengewone, bonatuurlike God is in jou
Hy kom woon in ons die oomblik wat ek my sonde bely en Hom die Koning van my lewe kom maak. Hoe doen Hy dit? Deur Sy HG.
#1 Kor 6:19 .....
Wat is die implikasie hiervan? As die buitengewone bonatuurlike God in my woon, is ek ook by magte om buitengewoon en bonatuurlik op te tree. Namate ek Hom toelaat om beheer van my lewe oor te neem sal ek dinge (wat) begin doen wat ek voorheen nie kon doen nie. Nie omdat dit te moeilik is om te doen nie maar omdat dit volgens my of ander nie die aanvaarbare manier van doen is nie. So sal God my ook instaat stel om die hoe te verander. Ander metodes en tegnieke, ongekend of ongewild wat die mees wonderlike resultate oplewer.
#Hoekom buitengewoon en bonatuurlik ?
Was dit bloot ’n vertoon, was dit tot Sy eie voordeel, was dit om ’n punt te bewys? Daar mag miskien in sekere gevalle van hierdie elemente teenwoordig wees. Jesus het egter primêr buitengewoon en bonatuurlik opgetree sodat ander dáárby sou baat. Die buitengewone en bonatuurlike optrede was tot voordeel van ander.
#Hoekom soek ons die buitengewone en bonatuurlike?
As dit is om onsself te bevoordeel en dinge vir ons gemakliker te maak is ons motiewe verkeerd. Dan is hierdie begeerte na die buitengewone en bonatuurlike nie van God nie. Wanneer die motief egter is dat ander daardeur bevoordeel kan word, dan is ons motief inlyn met God se motiewe.
#Jesus wil ons bring na die meer en hoër
U sien as reël sou ons hierdie boodskap eindig by die vorige slide. Die buitengewone en bonatuurlike wat beskikbaar is bloot vir eie voordeel. Dit is egter die 2de beste. Die beste is wanneer ek ervaar hoe God deur my, my in staat stel tot die buitengewone en bonatuurlike sodat ander Hom kan sien en leer ken. Hierdie is ’n totaal ander manier van dink. Dit is totale verandering.
#Fil 2:4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
Dit was presies wat Jesus gedoen. By Hom was dit so dat niks wat Hy gedoen het om eie belang gegaan het nie. Alles wat Hy gedoen het, was tot ons voordeel.
#God wil deur jou die buitengewone en bonatuurlike begin doen
Is jy bereid om oor te gee en saam met Hom te stap. Is jy bereid om te begin doen wat jy dalk vantevore nog nooit gedoen het nie. Dit wat dalk deur die gemeenskap as vreemd beskou sou word. Is jy bereid om vis te gaan vang met die doel om ’n munstuk in sy bek te kry?