SlideShare a Scribd company logo
1 of 5
HOEVEEL VRUG IS DAAR?
Joh. 15:1-9

Verskillende wingerdstokke
Sekere verwagtings
Jesus se vergelyking
- Wingerdstok
- Lote
Die wingerdstok voed die lote
Joh 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly,
en Ek in hom, hy dra veel vrug; .........
Hy is die volmaakte wingerdstok
Joh 15:2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy
weg; .....
Jesus soek vrug, baie vrug!
Joh 15:2 ..... en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy
skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
Hoeveel vrug is daar???
Die probleem: die afwesigheid van vrug
Die vrug is nie vanweë die moeite van die loot nie
Langsaan is nie goed genoeg nie
Baie vrug verheerlik God
Joh 15:8 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel
vrug dra; en julle sal my dissipels wees.

Hoe lyk hierdie vrug?
Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap,
vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid,
getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

Snoei vir meer en beter vrug
As ek nie met vrugteloosheid deel nie, sal God daarmee
deel
16 febr 2014 ogg hoeveel vrug is daar

More Related Content

More from Ernest Potgieter

Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2Ernest Potgieter
 
3 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 23 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 2Ernest Potgieter
 
Leer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vaderLeer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vaderErnest Potgieter
 
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (Ernest Potgieter
 
Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Ernest Potgieter
 
5 julie 2015 a strong man’s gospel
5 julie 2015 a strong man’s gospel5 julie 2015 a strong man’s gospel
5 julie 2015 a strong man’s gospelErnest Potgieter
 
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 97914 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979Ernest Potgieter
 
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .Ernest Potgieter
 
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)Ernest Potgieter
 
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)Ernest Potgieter
 
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%20310%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203Ernest Potgieter
 
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%2110%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21Ernest Potgieter
 
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%2023%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202Ernest Potgieter
 
19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)
19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)
19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)Ernest Potgieter
 

More from Ernest Potgieter (20)

Teen alle waarskynlikheid
Teen alle waarskynlikheidTeen alle waarskynlikheid
Teen alle waarskynlikheid
 
Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2
 
Draers van die evangelie
Draers van die evangelieDraers van die evangelie
Draers van die evangelie
 
3 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 23 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 2
 
Verwyder die ou suurdeeg!
Verwyder die ou suurdeeg!Verwyder die ou suurdeeg!
Verwyder die ou suurdeeg!
 
Leer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vaderLeer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vader
 
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
 
Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!
 
Bou weer die huis!
Bou weer die huis!Bou weer die huis!
Bou weer die huis!
 
Pastoor allen 12 julie
Pastoor allen 12 juliePastoor allen 12 julie
Pastoor allen 12 julie
 
5 julie 2015 a strong man’s gospel
5 julie 2015 a strong man’s gospel5 julie 2015 a strong man’s gospel
5 julie 2015 a strong man’s gospel
 
Al die lof en aanbidding
Al die lof en aanbiddingAl die lof en aanbidding
Al die lof en aanbidding
 
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 97914 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
 
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
 
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
 
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
 
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%20310%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
 
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%2110%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
 
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%2023%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
 
19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)
19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)
19 april 2015 breek los uit satan se greep (1)
 

16 febr 2014 ogg hoeveel vrug is daar

  • 1. HOEVEEL VRUG IS DAAR? Joh. 15:1-9 Verskillende wingerdstokke Sekere verwagtings Jesus se vergelyking - Wingerdstok - Lote Die wingerdstok voed die lote
  • 2. Joh 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; ......... Hy is die volmaakte wingerdstok Joh 15:2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; ..... Jesus soek vrug, baie vrug! Joh 15:2 ..... en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. Hoeveel vrug is daar???
  • 3. Die probleem: die afwesigheid van vrug Die vrug is nie vanweë die moeite van die loot nie Langsaan is nie goed genoeg nie Baie vrug verheerlik God Joh 15:8 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees. Hoe lyk hierdie vrug?
  • 4. Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Snoei vir meer en beter vrug As ek nie met vrugteloosheid deel nie, sal God daarmee deel

Editor's Notes

  1. #Joh. 15:1-9Ek dink een van die wingerdboere sou dalk baie beter oor hierdie gedeelte kan praat as ek. Hulle is kenners van druiwe en druiwestokke. Ek gaan egter deel soos HG met my gepraat het. #Verskillende wingerdstokkeDie tydjie wat ek hier is, het ek geleer jy kry verskillende soorte wingerdstokke. Elkeen het unieke eienskappe wat hom meer geskik maak vir sekere aanwendings as ander. Hulle reageer ook verskillend op verskillende weerpatrone. Na gelang van die produk wat die boer verwag en dinge soos weer en grondtipe kies die boer dan die tipe wingerdstok wat hy gaan plant. #sekere verwagtingsHy het dan sekere verwagtings van die wingerdstok. Die wingerd behoort ’n sekere opbrengs van ’n sekere gehalte binne ’n bepaalde tydperk op te lewer. As die wingerdstok dan nie volgens verwagting presteer nie word die rede gesoek en die probleem behandel. Geen wingerdboer plant ’n wingerd vir sy estetiese waarde nie. Hy plant vir ’n oes. Geen gesonde wingerdstok sal sonder druiwe wees nie.#Jesus se vergelyking#WingerdstokJesus vergelyk homself nou met ’n wingerdstok. As daar ooit ’n volmaakte wingerdstok kon wees is Jesus verseker daardie een. Hy geskik vir enige klimaat en omstandighede. Hy is droogtebestand, reenbestand, rypbestand, siektebestand,tydsbestand, insekbestand, brandbestand, waterbestand, noem dit maar. Daar is geen ander wingerdstok soos Hy nie.#LoteHy sê ons is die lote. Hy praat hier met Sy dissipels, so die “ons” is Sy kinders. Ons is die lote wat uit die wingerdstok uitloop. Ons weet die lote dra die druiwe. #Die wingerdstok voed die loteDit is onmoontlik vir ’n loot om druiwe te dra sonder die nodige voeding van die wingerdstok. Sonder die wingerdstok sal die loot doodgaan. Jesus sê: ....
  2. #Joh 15:5 ....Het gese dit is onmoontlik vir ’n loot om vrugte te dra sonder die wingerdstok. Nou kom Jesus en Hy sê dit is net so onmoontlik vir ’n loot om nie vrug te dra as hy wel in die wingerdstok ingeplant of uit die wingerdstok uitgegroei het nie. Dit kan nie gebeur nie. Hoekom nie?#Hy is die volmaakte wingerdstokOnthou het gese; Hy is siekte-, droogte-, water-, ens. bestand. Daar is niks wat kan verhoed dat die lote nie druiwe sal dra nie. Sy lote sal druiwe aanhe. Wie in my bly en Ek in hom, hy dra vrug, veel vrug. Hierdie wingerdstok kan nie vrugtelose lote oplewer nie. Sou daar wel ’n vrugtelose loot wees, is die probleem by die loot, nie die wingerdstok nie. Daar word ook volgens ’n bepaalde manier met hierdie lote gewerk.#Joh 15:2 ...Daar is nie plek vir druiwelose/vrugtelose lote nie. #Jesus soek vrug, baie vrug!Ons kon dit sien in Jesus se stelling van v5. ons sien dit ook in die stelling van v2 #Joh 15:2 ..... Vrug is dus nie ’n opsionele ekstra nie. Die wat in Hom is dra vrug. Hy help ons om nog meer vrug te dra. Al hierdie goed is niks nuwe nuus nie. Ons ken dit baie goed. Dit is alles in ons koppe. Wonderlike!! Die vraag is: IS DIT IN ONS HARTE? Het dit al afgesak uit ons verstand uit tot in ons harte? Lewe ons dit? Anders gestel ......# Hoeveel vrug is daar???Is daar hoegenaamd vrug? Jesus gee hier vir ons ’n indirekte manier om te bepaal of ek al in die wingerdstok ingeplant is of nie. Jesus sê as ek in die wingerdstok ingeplant is sal daar vrug wees. Ek en jy sal anders wees. Jesus werk saam met ons sodat daar baie vrug sal wees. Ons sal baie ander as die wereld wees. Daar is mos ’n verskil tussen ’n loot met druiwe en een daarsonder. Hoe meer druiwe daar is hoe groter die verskil tussen die loot en die een sonder druiwe. Hoeveel vrug dra jy??
  3. #Die probleem: die afwesigheid van vrugBaie mense in hierdie land (meer as 80%)se vandag dat hulle kinders van God is. Lyk dit vir jou asof 80% an die mense wat saam met jou werk kinders van God is? Lyk dit vir jou asof 80% van die kinders by jou skoolkind van God is? Ons antwoorde gaan wees: Nee,!!! Hoekom nie? Daar is nie vrug nie. Jy sien ’n wingerd dra druiwe, nie vye of aarbeie of boontjies nie. Die mense wat sê dat hulle kinders van God is, is moeilik uitkenbaar want daar is nie vrug nie. Die wereld kan ons nie uitken nie vanwee die afwesigheid van vrug, druiwe. Nie perskes of appels nie. Hoe meer druiwe daar is hoe makliker is dit om te bepaal met wat se plant het jy te doen.#Die vrug is nie vanweë die moeite van die loot nieDalk sê jy dit is moeilik om die regte vrugte te dra. Ek probeer my bes. Dis wonderlik. Die waarheid is die vrug is nie die resultaat van die moeite van die loot nie. Die vrug is die resultaat van die verbintenis tussen die loot en die wingerdstok. Die loot is bloot die kanaal waardeur die water en voedingstowwe van die wingerdstok vloei. As die loot by homself kon druiwe dra sou die wingerdstok oorbodig wees. Ons weet die loot vrek apart van die wingerdstok#Langsaan is nie goed genoeg nieDit loot kan nie bloot net langs die wingerdstok lê nie. Hy moet in die wingerdstok inge-ent wees. Dit verduidelik die verskil tussen godsdiens en verhouding met God. Godsdiens is om langs God te wees. Ek weet van Hom, ek mag Hom dalk selfs bewonder. Dalk wil ek baie graag vrug dra. Hoe harder ek probeer hoe minder is ek suksesvol. Hoekom? ’n Aparte loot kan nie vrug dra nie.Verhouding met God is God wat deur my vrug dra. Ek laat toe dat Hy deur my leef. Ek begin doen wat Hy wil omdat ek oorgegee is. Ek begin leef soos Hy wil omdat ek Hom liefhet. In die kerk, tussen ander mense wat die Here dien mag jou dalk vir ’n tydjie help. Sonder persoonlike ontmoeting met Hom is dit net ’n kwessie van tyd voor jy gaan sterf. #Baie vrug verheerlik God#Joh 15:8 ......Deur jou en my baie vrug sien die wereld wie en wat God regtig is. Deur jou en my vrug maak God die wereld n beter plek. Deur jou en my vrug word mense na God toe getrek. Vice versa#Hoe lyk hierdie vrug?Dalk sê jy maar jy hou aan van die vrug praat, maar hoe lyk die vrug waarvan jy praat. Gal 5:22
  4. #Gal 5:22 ..Hierdie vers help ons om so bietjie ’n idee te kry waarna Jesus verwys. Ek glo egter dit is baie meer as dit. Die druiwe wat die loot dra demonstreer wat die wingerdstok is. Daarom glo ek die vrug wat Jesus van praat is verseker die vrug van die Gees. Dit bly nie hier nie. Die vrug is Jesus self. Ek word meer en meer soos Hy. Dit wat Hom nie demonstreer nie kom knip Hy af.#Snoei vir meer en beter vrugDit is van die insidente in ons lewens wat nie altyd so lekker is nie. Daardie dele van my lewe wat nie druiwe oplewer nie. Daar is of niks of dalk selfs ander vrug. Vb. van rasistiese boer, wat gese het, is kind van God, in Vrystaat wat vir swart man moes gaan werk. #As ek nie met vrugteloosheid deel nie, sal God daarmee deelIndien die vrug te min of van swak gehalte is, gaan die loot gesnoei word. Sou daar geen vrugte wees nie, word die loot afgebreek en verbrand