SlideShare a Scribd company logo
1 of 28
Deel 9 – Dag van Versoening
Skriflesing
Levitikus 16:1 – 34
Lev 16:1 En die HERE het met Moses gespreek ná die dood van die twee seuns van
Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het;
Lev 16:2 en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie
te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die
versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die
wolk op die versoendeksel.
Lev 16:3 Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan: met ‘n jong bul as
sondoffer en ‘n ram as brandoffer.
Lev 16:4 Hy moet ‘n heilige linnerok aantrek en ‘n linnebroek moet oor sy vlees
wees en met ‘n linnegordel moet hy hom gord en ‘n linnetulband moet op sy hoof
wees. Dit is heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.
Lev 16:5 En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee
bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem.
Lev 16:6 Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is,
aanbring en vir hom en sy huis versoening doen.
Lev 16:7 Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die
HERE stel by die ingang van die tent van samekoms.
Lev 16:8 En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE en
een lot vir Asásel.
Lev 16:9 Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het
en hom as sondoffer berei;
Lev 16:10 maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor
die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur
hom vir Asásel in die woestyn te stuur.
Lev 16:11 Aäron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en
vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom
bedoel is,
Lev 16:12 en die vuurpan vol gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE
wegneem; daarby twee handevol fyngestampte reukwerk van speserye en dit binnekant die
voorhangsel bring.
Lev 16:13 En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk
van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.
Lev 16:14 En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel
aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die
bloed sprinkel.
Lev 16:15 Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant
die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy
moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.
Lev 16:16 So moet hy dan vir die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die
kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy
dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede woon.
Lev 16:17 En niemand mag in die tent van samekoms wees as hy ingaan om in die
heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir
hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel.
Lev 16:18 Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van die HERE is
en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed
van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk
Lev 16:19 en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy
dit dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.
Lev 16:20 En as hy die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en
die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok laat aankom;
Lev 16:21 en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en
oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al
hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop
van die bok lê en hom deur ‘n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.
Lev 16:22 So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na ‘n
woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los.
Lev 16:23 Dan moet Aäron in die tent van samekoms ingaan en die
linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan
het, en dit daar neerlê.
Lev 16:24 En hy moet sy liggaam op ‘n heilige plek in die water bad en sy
klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van
die volk berei, om vir hom en vir die volk versoening te doen.
Lev 16:25 Ook moet hy die vet van die sondoffer op die altaar aan die
brand steek.
Lev 16:26 En hy wat die bok vir Asásel weggedrywe het, moet sy klere was
en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.
Lev 16:27 Maar die sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed
ingebring is om versoening te doen in die heiligdom, moet hulle buitekant
die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur
verbrand word.
Lev 16:28 En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water
bad; en daarna mag hy in die laer kom.
Lev 16:29 En dit moet vir julle ‘n ewige insetting wees: in die sewende maand, op
die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en géén werk doen nie die
kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.
Lev 16:30 Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig;
van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.
Lev 16:31 ‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul
verootmoedig. Dit is ‘n ewige insetting.
Lev 16:32 En die priester wat gesalf en aangestel sal word om in die plek van sy
vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die
linneklere, die heilige klere, aantrek
Lev 16:33 en versoening doen vir die Allerheiligste; ook moet hy vir die tent van
samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en die hele volk van
die vergadering moet hy versoening doen.
Lev 16:34 En dit moet vir julle ‘n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel
weens al hulle sondes een maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen
soos die HERE Moses beveel het.
Die diere wat ge-offer is:
Die Dag van Versoeninging is ingestel net nadat Aaron se twee seuns Nadab en
Abihu dood gemaak is vir hul ongehoorsaamheid soo opgeskrywe is in Levitikus
10:
Lev 10:1 En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan
geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor
die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.
Lev 10:2 Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en
hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.
Lev 10:3 Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te
sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van
die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.
Psa 103:1 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige
Naam!
Psa 103:2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!
Psa 103:3 Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,
Psa 103:4 wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en
barmhartighede,
Psa 103:5 wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n
arend.
Psa 103:6 Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.
Psa 103:7 Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.
Psa 103:8 Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.
Psa 103:9 Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.
Psa 103:10 Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.
Psa 103:11 Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor
die wat Hom vrees.
Psa 103:12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge
van ons.
Wat is ons plig in die proses van Versoening?
Dit is ons plig om daagliks ons sonde te bely. Hoe kan ons Jesus se liefdesdaad
aan die kruis so goedkoop maak deur aan te hou sondig? Nee ons moet ons
sonde bely en dit laat staan dan sal ons gered word.
Pro 28:13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy
wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.
Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God
Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
God die Vader wil met elkeen van ons versoen en ‘n verhouding hê maar sonde
plaas ‘n wig tussen die mens en God. Dit is net Jesus se plaasvervanger offer
wat veroorsaak dat ons enige tyd van die dag na die Vader kan gaan.
Jesus het in Johannes 17 die volgende vir ons gebid:
Joh 17:20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal
glo—
Joh 17:21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een
mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
Joh 17:22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees,
net soos Ons een is.
Joh 17:23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet
dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.
Joh 17:24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees,
sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die
grondlegging van die wêreld.
Joh 17:25 Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier
het erken dat U My gestuur het.
Joh 17:26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde
waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
1. Hy het gebad
2. Homself geklee in sy wit klere
3. Hy bring ‘n jong bul by die deur van die Tabernakel as ‘n sonde offer vir hom en
sy hele huis
4. Hy bring twee bokke na dieselfde plek toe wat dien as die sonde offer vir die
Israeliete
5. Hy bepaal met die behulp van ‘n lotery watter een van die twee bokke geslag
gaan word en watter een die wildernis ingestuur gaan word.
6. Hy offer die jong bul op die offer altaar
7. Hy beweeg van die voorhof deur die Heilige Plek deur die voorhangsel na die
Allerheilgste met ‘n wierook bak met reukwerk in en die Allerheiligste word
gevul met die reukwerk rook sodat die Verbondsark totaal en al bedek is met
die rook.
Die kronologie van die Hoë Priester se werk op die
Dag van Versoening:
8. Hy beweeg terug na die voorhof waar by van die bloed van die bul neem en dan
terug gaan na die Allerheiligste en dan die bloed een maal aan die Ooste kant van
die Versoendeksel sprinkel en 7 keer voor die Versoendeksel.
9. Hy gaan weer uit die Allerheilgste en maak die bok dood waarop die lot geval het
om dood gemaak te word
10. Hy gaan vir die derde keer die Allerheilgste binne en volg dieselfde stappe as
wat gevolg is met die bul
11. Hy reinig nou die Heilige Plek net soos hy die Allerheiligste gereinig het deur die
bloed van die versoening te sprinkel en om ook daarvan op die horings van die
reukoffer altaar te plaas.
12. Hy beweeg terug in die voorhof en neem dan bloed van die bul en die bok en
plaas dit op die horings van die offer altaar. Hy besprinkel dit ook sewe keer.
13. Hy offer die oorblywende bok aan God deur sy hande op hom te lê
en die sonde van die volk te bely en die sonde op die bok se kop te lê.
14. Die bok word aan die aangewese man gegee wat die bok uit die
kamp moet lei die wildernis in waar dit vrygelaat word.
15. Aaron moet nou weer bad en hy trek dan weer sy gewone Hoë
Priester gewaad aan
16. Hy offer nou na mekaar die twee ramme as brandoffers vir homself
en vir die volk
17. Hy brand daarna die vet as sondoffer op die altaar.
18. Hy verseker dat die res van die sondoffer buite die kamp
uitgebrand word.
Wat moes die Israeliete doen om versoening te
verseker?
Die seremonies: Die Hoë Priester
• Bad.
• Geklee in wit linne klere.
• Die sondoffers.
• In gaan in die Allerheigste
• Besprinkeling van die bloed van die sondoffers op en voor die Verbondsark
• Die sondebok.
Die seremonies: Die Israeliet
• Son onder tot son onder vas
• Geen werk mag gedoen word nie
Ons sal sien deur Jesus se werk aan die kruis verlos Hy ons nie net van sonde nie,
HY reinig ons ook. Deur al die offers wat gebring was is die vergadering se sondes
vergewe maar vir die vergadering om gereinig te word moes die Hoë Priester
names die hele vergadering die tabernakel reinig. Daarteenoor moes die individu
self verloëning toepas deur te vas en geen arbeid te verrig nie. Lev 16:29-30
• Lev 16:29 En dit moet vir julle ‘n ewige insetting wees: in die sewende maand,
op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en géén werk doen
nie die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.
• Lev 16:30 Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te
reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.
• Lev 16:31 ‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul
verootmoedig. Dit is ‘n ewige insetting.
Die betekenis en toepassing: Alles is ‘n tipe van Jesus
Christus
1. Skoon gewas deur Sy bloed en die water van die doop
2. Geklee met Sy geregtigheid
3. Christus die sondoffer op die kruis
4. Christus se hemelvaart (Heb 9:1-28; 10:1-39)
5. Christus se lewensbloed wat Hy geoffer het op die kruis en wat Hy hemel toe
geneem het na Sy opstanding
6. Christus die Draer en Verwyderaar van sonde vir ewig.
Versoening tussen God en mens is bewerkstellig:
Efesiërs 2:11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en
onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met
hande verrig word,
2:12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en
vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God
in die wêreld.
2:13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed
van Christus.
2:14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding
afgebreek het
2:15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van
gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot
een nuwe mens kon skep
2:16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy
daaraan die vyandskap doodgemaak het.
2:17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan
die wat naby was;
2:18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.
2:19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers
van die heiliges en huisgenote van God,
2:20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus
self die hoeksteen is,
2:21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die
Here,
2:22 in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.
Versoening tussen God en mens is bewerkstellig:
Heb 10:9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy
neem die eerste weg om die tweede te stel.
Heb 10:10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam
van Jesus Christus, net een maal.
Heb 10:11 En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te
neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes
kan wegneem nie;
Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring
het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God
Heb 10:13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank
van sy voete.
Versoening tussen God en mens is bewerkstellig:
Heb 10:14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig
word.
Heb 10:15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis;
Heb 10:16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met
hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in
hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,
Heb 10:17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit
meer dink nie.
Heb 10:18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen
offer meer vir die sonde nie.
Versoening tussen God en mens is bewerkstellig:
Eph 1:12 sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds
tevore op Christus gehoop het,
Eph 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die
evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook
geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,
Eph 1:14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos
tot lof van sy heerlikheid.
Die twee stappe van versoening vir sonde is soos volg:
• Vergifnis deur individuele offers dwarsdeur die jaar. Lev 4:26
• Reiniging deur die reiniging van die tabernakel tydens die Dag van Versoening.
Lev 16:30
Stap 1 – Versoening van sonde is vergifnis
Stap 2 – Reiniging.
Die twee stappe stem oor een met die belofte in die Nuwe Testament nl.
1Johannes 1:9 –
1Jn 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te
vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1Jn 1:10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar
en is sy woord nie in ons nie.
Versoening – definisie
Die werk wat Jesus in Sy lewe en dood verrig het om ons verlossing te verseker
Jesus het aarde toe gekom agv God se liefde en geregtigheid
Johannes 3:16 –
3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat
elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie,
maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
3:18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds
veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
3:19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die
duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
3:20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie
bestraf mag word nie.
3:21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word,
dat hulle in God gedoen is.
Slotsom:
God die Vader het ons as mens so lief gehad dat Hy Sy seun Jesus Christus aarde
toe gestuur het om vir ons sondes te sterf en sodoende het Jesus se werk aan die
kruis veroorsaak dat ons nou geregverdig kan wees in Christus. Jesus het die weg
gebaan dat ons as verlore seuns en dogters terug kan gaan na die Vader se huis en
ons geklee kan word met nuwe klere, skoene en ‘n ring. Die gelykenis van die
verlore seun is ‘n voorbeeld van ‘n Vader wat smag om met sy verlore kinders te
versoen.
Lukas 15 – Vader God wil met ons versoen. Hy kon ons gelos het soos ons is maar
Sy liefde het Hom gedring om Sy Seun Jesus Christus in ons plek te laat sterf.
Wat doen jy vandag met die geskenk van Versoening?
Die tabernakel deel 9 die dag van versoening

More Related Content

Similar to Die tabernakel deel 9 die dag van versoening

Afrikaans - Die kosbare bloed van Jesus Christus - The Precious Blood of Jesu...
Afrikaans - Die kosbare bloed van Jesus Christus - The Precious Blood of Jesu...Afrikaans - Die kosbare bloed van Jesus Christus - The Precious Blood of Jesu...
Afrikaans - Die kosbare bloed van Jesus Christus - The Precious Blood of Jesu...Filipino Tracts and Literature Society Inc.
 
Die tabernakel deel 7 die heilige plek
Die tabernakel deel 7 die heilige plekDie tabernakel deel 7 die heilige plek
Die tabernakel deel 7 die heilige plekJossvanderLinde
 
Efesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjieEfesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjieLou-Maré Denton
 
Lees en hou vas aan die woord!
Lees en hou vas aan die woord!Lees en hou vas aan die woord!
Lees en hou vas aan die woord!Ernest Potgieter
 
GRUWELS, PLAAG EN VERDRUKKING - GOD SE TOORN WORD OP AARDE UITGEGIET
GRUWELS, PLAAG EN VERDRUKKING - GOD SE TOORN WORD OP AARDE UITGEGIETGRUWELS, PLAAG EN VERDRUKKING - GOD SE TOORN WORD OP AARDE UITGEGIET
GRUWELS, PLAAG EN VERDRUKKING - GOD SE TOORN WORD OP AARDE UITGEGIETFiangonan'Andriamanitra Miray
 
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptxDie Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptxAvril501490
 

Similar to Die tabernakel deel 9 die dag van versoening (20)

Afrikaans - Testament of Benjamin.pdf
Afrikaans - Testament of Benjamin.pdfAfrikaans - Testament of Benjamin.pdf
Afrikaans - Testament of Benjamin.pdf
 
Afrikaans - Die kosbare bloed van Jesus Christus - The Precious Blood of Jesu...
Afrikaans - Die kosbare bloed van Jesus Christus - The Precious Blood of Jesu...Afrikaans - Die kosbare bloed van Jesus Christus - The Precious Blood of Jesu...
Afrikaans - Die kosbare bloed van Jesus Christus - The Precious Blood of Jesu...
 
Afrikaans - Book of Baruch.pdf
Afrikaans - Book of Baruch.pdfAfrikaans - Book of Baruch.pdf
Afrikaans - Book of Baruch.pdf
 
Afrikaans - Prayer of Azariah.pdf
Afrikaans - Prayer of Azariah.pdfAfrikaans - Prayer of Azariah.pdf
Afrikaans - Prayer of Azariah.pdf
 
Tema Heroes 2 - Overcommers
Tema Heroes 2 - OvercommersTema Heroes 2 - Overcommers
Tema Heroes 2 - Overcommers
 
Afrikaans - The Protevangelion.pdf
Afrikaans - The Protevangelion.pdfAfrikaans - The Protevangelion.pdf
Afrikaans - The Protevangelion.pdf
 
The Book of Prophet Zephaniah - Afrikaans.pdf
The Book of Prophet Zephaniah - Afrikaans.pdfThe Book of Prophet Zephaniah - Afrikaans.pdf
The Book of Prophet Zephaniah - Afrikaans.pdf
 
Die tabernakel deel 7 die heilige plek
Die tabernakel deel 7 die heilige plekDie tabernakel deel 7 die heilige plek
Die tabernakel deel 7 die heilige plek
 
Afrikaans - First Esdras.pdf
Afrikaans - First Esdras.pdfAfrikaans - First Esdras.pdf
Afrikaans - First Esdras.pdf
 
Afrikaans - The Apocrypha.pdf
Afrikaans - The Apocrypha.pdfAfrikaans - The Apocrypha.pdf
Afrikaans - The Apocrypha.pdf
 
7 maal gestort vir ons kerk 2
7 maal gestort vir ons kerk 27 maal gestort vir ons kerk 2
7 maal gestort vir ons kerk 2
 
Efesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjieEfesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjie
 
Lees en hou vas aan die woord!
Lees en hou vas aan die woord!Lees en hou vas aan die woord!
Lees en hou vas aan die woord!
 
Verbonde
VerbondeVerbonde
Verbonde
 
Afrikaans - 2nd Esdras.pdf
Afrikaans - 2nd Esdras.pdfAfrikaans - 2nd Esdras.pdf
Afrikaans - 2nd Esdras.pdf
 
GRUWELS, PLAAG EN VERDRUKKING - GOD SE TOORN WORD OP AARDE UITGEGIET
GRUWELS, PLAAG EN VERDRUKKING - GOD SE TOORN WORD OP AARDE UITGEGIETGRUWELS, PLAAG EN VERDRUKKING - GOD SE TOORN WORD OP AARDE UITGEGIET
GRUWELS, PLAAG EN VERDRUKKING - GOD SE TOORN WORD OP AARDE UITGEGIET
 
Werkswinkel01-Skyfies
Werkswinkel01-SkyfiesWerkswinkel01-Skyfies
Werkswinkel01-Skyfies
 
AFRIKAANS - The Book of Prophet Nahum.pdf
AFRIKAANS - The Book of Prophet Nahum.pdfAFRIKAANS - The Book of Prophet Nahum.pdf
AFRIKAANS - The Book of Prophet Nahum.pdf
 
Afrikaans - 2nd Maccabees.pdf
Afrikaans - 2nd Maccabees.pdfAfrikaans - 2nd Maccabees.pdf
Afrikaans - 2nd Maccabees.pdf
 
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptxDie Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
 

Die tabernakel deel 9 die dag van versoening

  • 1. Deel 9 – Dag van Versoening
  • 2. Skriflesing Levitikus 16:1 – 34 Lev 16:1 En die HERE het met Moses gespreek ná die dood van die twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het; Lev 16:2 en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel. Lev 16:3 Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan: met ‘n jong bul as sondoffer en ‘n ram as brandoffer. Lev 16:4 Hy moet ‘n heilige linnerok aantrek en ‘n linnebroek moet oor sy vlees wees en met ‘n linnegordel moet hy hom gord en ‘n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek. Lev 16:5 En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem.
  • 3. Lev 16:6 Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy huis versoening doen. Lev 16:7 Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms. Lev 16:8 En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE en een lot vir Asásel. Lev 16:9 Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei; Lev 16:10 maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur. Lev 16:11 Aäron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom bedoel is,
  • 4. Lev 16:12 en die vuurpan vol gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE wegneem; daarby twee handevol fyngestampte reukwerk van speserye en dit binnekant die voorhangsel bring. Lev 16:13 En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie. Lev 16:14 En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel. Lev 16:15 Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel. Lev 16:16 So moet hy dan vir die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede woon.
  • 5. Lev 16:17 En niemand mag in die tent van samekoms wees as hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel. Lev 16:18 Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van die HERE is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk Lev 16:19 en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel. Lev 16:20 En as hy die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok laat aankom; Lev 16:21 en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ‘n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.
  • 6. Lev 16:22 So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na ‘n woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los. Lev 16:23 Dan moet Aäron in die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan het, en dit daar neerlê. Lev 16:24 En hy moet sy liggaam op ‘n heilige plek in die water bad en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van die volk berei, om vir hom en vir die volk versoening te doen. Lev 16:25 Ook moet hy die vet van die sondoffer op die altaar aan die brand steek. Lev 16:26 En hy wat die bok vir Asásel weggedrywe het, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom. Lev 16:27 Maar die sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen in die heiligdom, moet hulle buitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.
  • 7. Lev 16:28 En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom. Lev 16:29 En dit moet vir julle ‘n ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en géén werk doen nie die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef. Lev 16:30 Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word. Lev 16:31 ‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Dit is ‘n ewige insetting. Lev 16:32 En die priester wat gesalf en aangestel sal word om in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die linneklere, die heilige klere, aantrek
  • 8. Lev 16:33 en versoening doen vir die Allerheiligste; ook moet hy vir die tent van samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en die hele volk van die vergadering moet hy versoening doen. Lev 16:34 En dit moet vir julle ‘n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel weens al hulle sondes een maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
  • 9. Die diere wat ge-offer is:
  • 10. Die Dag van Versoeninging is ingestel net nadat Aaron se twee seuns Nadab en Abihu dood gemaak is vir hul ongehoorsaamheid soo opgeskrywe is in Levitikus 10: Lev 10:1 En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. Lev 10:2 Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE. Lev 10:3 Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.
  • 11. Psa 103:1 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! Psa 103:2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Psa 103:3 Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, Psa 103:4 wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, Psa 103:5 wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend. Psa 103:6 Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word. Psa 103:7 Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade. Psa 103:8 Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. Psa 103:9 Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie. Psa 103:10 Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. Psa 103:11 Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. Psa 103:12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
  • 12. Wat is ons plig in die proses van Versoening? Dit is ons plig om daagliks ons sonde te bely. Hoe kan ons Jesus se liefdesdaad aan die kruis so goedkoop maak deur aan te hou sondig? Nee ons moet ons sonde bely en dit laat staan dan sal ons gered word. Pro 28:13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind. Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; God die Vader wil met elkeen van ons versoen en ‘n verhouding hê maar sonde plaas ‘n wig tussen die mens en God. Dit is net Jesus se plaasvervanger offer wat veroorsaak dat ons enige tyd van die dag na die Vader kan gaan.
  • 13. Jesus het in Johannes 17 die volgende vir ons gebid: Joh 17:20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo— Joh 17:21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. Joh 17:22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Joh 17:23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het. Joh 17:24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld. Joh 17:25 Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het. Joh 17:26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
  • 14. 1. Hy het gebad 2. Homself geklee in sy wit klere 3. Hy bring ‘n jong bul by die deur van die Tabernakel as ‘n sonde offer vir hom en sy hele huis 4. Hy bring twee bokke na dieselfde plek toe wat dien as die sonde offer vir die Israeliete 5. Hy bepaal met die behulp van ‘n lotery watter een van die twee bokke geslag gaan word en watter een die wildernis ingestuur gaan word. 6. Hy offer die jong bul op die offer altaar 7. Hy beweeg van die voorhof deur die Heilige Plek deur die voorhangsel na die Allerheilgste met ‘n wierook bak met reukwerk in en die Allerheiligste word gevul met die reukwerk rook sodat die Verbondsark totaal en al bedek is met die rook. Die kronologie van die Hoë Priester se werk op die Dag van Versoening:
  • 15. 8. Hy beweeg terug na die voorhof waar by van die bloed van die bul neem en dan terug gaan na die Allerheiligste en dan die bloed een maal aan die Ooste kant van die Versoendeksel sprinkel en 7 keer voor die Versoendeksel. 9. Hy gaan weer uit die Allerheilgste en maak die bok dood waarop die lot geval het om dood gemaak te word 10. Hy gaan vir die derde keer die Allerheilgste binne en volg dieselfde stappe as wat gevolg is met die bul 11. Hy reinig nou die Heilige Plek net soos hy die Allerheiligste gereinig het deur die bloed van die versoening te sprinkel en om ook daarvan op die horings van die reukoffer altaar te plaas. 12. Hy beweeg terug in die voorhof en neem dan bloed van die bul en die bok en plaas dit op die horings van die offer altaar. Hy besprinkel dit ook sewe keer.
  • 16. 13. Hy offer die oorblywende bok aan God deur sy hande op hom te lê en die sonde van die volk te bely en die sonde op die bok se kop te lê. 14. Die bok word aan die aangewese man gegee wat die bok uit die kamp moet lei die wildernis in waar dit vrygelaat word. 15. Aaron moet nou weer bad en hy trek dan weer sy gewone Hoë Priester gewaad aan 16. Hy offer nou na mekaar die twee ramme as brandoffers vir homself en vir die volk 17. Hy brand daarna die vet as sondoffer op die altaar. 18. Hy verseker dat die res van die sondoffer buite die kamp uitgebrand word.
  • 17. Wat moes die Israeliete doen om versoening te verseker? Die seremonies: Die Hoë Priester • Bad. • Geklee in wit linne klere. • Die sondoffers. • In gaan in die Allerheigste • Besprinkeling van die bloed van die sondoffers op en voor die Verbondsark • Die sondebok. Die seremonies: Die Israeliet • Son onder tot son onder vas • Geen werk mag gedoen word nie
  • 18. Ons sal sien deur Jesus se werk aan die kruis verlos Hy ons nie net van sonde nie, HY reinig ons ook. Deur al die offers wat gebring was is die vergadering se sondes vergewe maar vir die vergadering om gereinig te word moes die Hoë Priester names die hele vergadering die tabernakel reinig. Daarteenoor moes die individu self verloëning toepas deur te vas en geen arbeid te verrig nie. Lev 16:29-30 • Lev 16:29 En dit moet vir julle ‘n ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en géén werk doen nie die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef. • Lev 16:30 Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word. • Lev 16:31 ‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Dit is ‘n ewige insetting.
  • 19. Die betekenis en toepassing: Alles is ‘n tipe van Jesus Christus 1. Skoon gewas deur Sy bloed en die water van die doop 2. Geklee met Sy geregtigheid 3. Christus die sondoffer op die kruis 4. Christus se hemelvaart (Heb 9:1-28; 10:1-39) 5. Christus se lewensbloed wat Hy geoffer het op die kruis en wat Hy hemel toe geneem het na Sy opstanding 6. Christus die Draer en Verwyderaar van sonde vir ewig.
  • 20. Versoening tussen God en mens is bewerkstellig: Efesiërs 2:11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 2:12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. 2:13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 2:14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 2:15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep
  • 21. 2:16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. 2:17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; 2:18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. 2:19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, 2:20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, 2:21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, 2:22 in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.
  • 22. Versoening tussen God en mens is bewerkstellig: Heb 10:9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel. Heb 10:10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal. Heb 10:11 En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie; Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God Heb 10:13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete.
  • 23. Versoening tussen God en mens is bewerkstellig: Heb 10:14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word. Heb 10:15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; Heb 10:16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, Heb 10:17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie. Heb 10:18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.
  • 24. Versoening tussen God en mens is bewerkstellig: Eph 1:12 sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het, Eph 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, Eph 1:14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.
  • 25. Die twee stappe van versoening vir sonde is soos volg: • Vergifnis deur individuele offers dwarsdeur die jaar. Lev 4:26 • Reiniging deur die reiniging van die tabernakel tydens die Dag van Versoening. Lev 16:30 Stap 1 – Versoening van sonde is vergifnis Stap 2 – Reiniging. Die twee stappe stem oor een met die belofte in die Nuwe Testament nl. 1Johannes 1:9 – 1Jn 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. 1Jn 1:10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
  • 26. Versoening – definisie Die werk wat Jesus in Sy lewe en dood verrig het om ons verlossing te verseker Jesus het aarde toe gekom agv God se liefde en geregtigheid Johannes 3:16 – 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 3:18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. 3:19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. 3:20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. 3:21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
  • 27. Slotsom: God die Vader het ons as mens so lief gehad dat Hy Sy seun Jesus Christus aarde toe gestuur het om vir ons sondes te sterf en sodoende het Jesus se werk aan die kruis veroorsaak dat ons nou geregverdig kan wees in Christus. Jesus het die weg gebaan dat ons as verlore seuns en dogters terug kan gaan na die Vader se huis en ons geklee kan word met nuwe klere, skoene en ‘n ring. Die gelykenis van die verlore seun is ‘n voorbeeld van ‘n Vader wat smag om met sy verlore kinders te versoen. Lukas 15 – Vader God wil met ons versoen. Hy kon ons gelos het soos ons is maar Sy liefde het Hom gedring om Sy Seun Jesus Christus in ons plek te laat sterf. Wat doen jy vandag met die geskenk van Versoening?