SlideShare a Scribd company logo
1 of 56
Cover Page
Deur Avril Schutte
Deel 1 – Inleiding
Deel 2 – Die Wet en die Tabernakel
Deel 3 – Die Plan
Deel 4 – Die Poort
Deel 5 – Die Voorhof
Deel 6 – Die Brandoffer Altaar (Die Koper Altaar)
Deel 7 – Die Verskillende Offergawes
Deel 8 – Die Koperwaskom
Deel 9 – Die Tabernakel
Deel 10 – Die Viervoudige Bedekking
Deel 11 – Die Heiligdom
Deel 12 – Die Reukofferaltaar (Goue Altaar)
Deel 13 – Die Goue Kandelaar
Deel 14 – Die Tafel met die Toonbrode
Deel 15 – Die Voorhangsel
Deel 16 – Die Allerheiligste
Deel 17 – Die Verbondsark
Deel 18 – Die Versoendeksel of Genadetroon
Deel 19 – Die Inhoud van die Ark
Deel 20 – Die Hoëpriester
Deel 21 – Die Orde van die Laer – in die kamp en op trek
Deel 22 – Die Wolkkolom
Deel 23 – Die Groot Versoeningsdag
Punte van bespreking
Deel 1 – Inleiding
Die studie van die Tabernakel is ‘n vereiste vir ‘n gesonde, vrugbare
geestelike lewe. Omtrent vyftig hoofstukke beskryf die Tabernakel
en die offers wat daarby behoort in Eksodus, Levitikus, Numeri,
Deuteronomium en Hebreërs.
• YHWH Elohim ‫ים‬ ִ
‫ֹלה‬ֱ‫א‬ ‫יהוה‬ (God) het self die ontwerp en
instruksies aan Moses op die berg Sinai gegee.
• Die opdrag vir die Tabernakel het van
YHWH Elohim ‫ים‬ ִ
‫ֹלה‬ֱ‫א‬ ‫יהוה‬ (God) gekom omdat HY in Sy volk
se midde wou kom woon.
Julle sal my volk wees, en Ek sal julle God wees. (Jeremia 30 :22
Afr 1933 / 53 vertaling)
• Ons gaan ook kyk hoe die Tabernakel direk verwys na
Yeshua HaMashiach ‫י‬
‫המשיח‬ ‫שוע‬ en dan ook na ons eie DNA
soos dit in die Tabernakel voorkom.
Deel 2 – Die Wet en die Tabernakel
Eksodus 20: 1 – 17
Die Wet word aan die volk gegee. Na ‘n reis van drie maande
kom hulle in die woestyn van Sinai. Die tyd het nou aangebreek
dat die Here vir hulle die Wet moes gee – omdat hulle geestelik
dood is!! (1 Tim.1:5-10) moes die Wet aan hulle gegee word om
elke fase van hulle lewens te regeer (Ex.19:1-8).
Die Wet was in drie afdelings verdeel
1. Die Gebooie wat die Heilige Wil van God verklaar (Ex. 20:-
27.)
2. Die Oordele wat die samelewe van die volk reguleer (Ex.
21:1-24.)
3. Die Verordeninge wat die godsdienstige lewe van Israel
reguleer (Ex 22:12-31.)
1. Die Wet was eerstens mondeliks aan Israel gegee (Ex. 20:1-
17.)
2. God het Moses op die berg geroep om die Tafels van Klip te
ontvang (Ex.24:12-18). Moses het ook die bevele omtrent
die Tabernakel, Priesters en die Offeranders op die berg
van God ontvang (Ex. 25:31). Intussen het die volk,
onderleiding van Aäron, die Eerste gebond verbreek (Ex.
32). Toe Moses van die berg afkom en die afgode
aanbidding sien, het hy die twee Kliptafels, waarop God
met Sy eie vinger die Tien Gebooie geskrywe het, stukkend
gegooi (Ex. 31:18; 32:6-9).
3. Derdens is die twee Kliptafels deur Moses gemaak en die
Wet is deur die Here se hand, daarop geskrywe (Ex.34:1;
28-29; 1 Joh. 1:6-10; Matt. 5:17-43).
Die wet word op drie verskillende
Maniere aan die volk gegee.
Deel 3 – Die Plan
Die Tabernakel is ‘n tipe van Christus en Sy Versoeningswerk wat
Hy vir die mens teweeg sou bring, daarom moes elke
besonderheid presies wees volgens wat die patroon is wat God
aan Moses gewys het.
• Die Vrywillige offers (25: 1 – 9)
• Die Voorhof (37: 9 – 21)
• Die Brandofferaltaar (27: 1 – 8)
• Die Koperwaskom (30: 17 – 21)
• Die Tafel Met Toonbrode (25: 23 – 30)
• Die Gouekandelaar (25: 31 – 40)
• Die Reukoffertafel (30: 22 – 38)
• Die Verbondsark (25: 10 – 22)
• Die KOPER WASKOM (30: 17 – 21)
• Die HEILIGE SALFOLIE en die REUKWERK (30: 22 – 38)
• Die VERDELING VAN DIE WERK (31: 1 – 11)
• Die HEILIGHEID van die SABBAT (31: 12 – 18)
• Die OFFERGAWES (gifte)
• Die WERKERS (35: 30 – 35)
• Samestelling van die TABERNAKEL (36: 8 – 38)
• Samestelling van die DIE TAFEL, DIE KANDELAAR en die
REUKOFFERALTAAR (37: 1 – 29)
• Die samestelling van die BRANDOFFERALTAAR, die KOPER
WASKOM, en die VOORHOF. (38: 1 – 20)
• Hoeveel METAAL daar gebruik is. (38: 21 – 31)
• Hoe die heilige klere GEMAAK IS. (39: 1 – 43)
• Moses rig die TABERNAKEL op. (die reels en volgorde wat
gevolg moes word. (40: 1 – 38)
Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê: Sê aan
die kinders van Israel dat hulle aan My ‘n offergawe moet
bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle
my offergawe bring. En dit is die offergawe wat julle van
hulle kant moet bring: goud en silwer en koper; en pers
en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en
bokhaar; en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en
akasiahout; olie vir die kandelaar, speserye vir die
salfolie en vir die reukwerk van speserye; oniksstene en
stene om in te lê vir die skouerkleed en die borstas. Ook
moet hulle vir My ‘n heiligdom maak, dat Ek in hulle
midde kan woon. Volgens alles wat Ek jou laat sien—die
voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles
wat daarby behoort—so moet julle dit maak. (Exodus
25:1-9 Afrikaans OV)
Die VRYWILLIGE OFFERS
Eksodus 25: 1 – 9
Die Voorhof
Eksodus 37: 9 – 21
Die voorhof was die eerste konstruksie.
Die omheining van die Voorhof het uit 60 pilare bestaan waarvan 4
pilare die Poort uitgemaak het. Hierdie muur was 2 meter hoog.
Die plan word deur ‘n Hoofwerksman uitgevoer.
Sy naam was Besaleël (Ex. 31:1-6). Besaleël beteken “in die
skaduwee van God”. Dit wys op die Here Jesus, die Eniggeborene,
wat in die boesem van die Vader is. Soos Besaleël vervul was met
die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en
bekwaamheid, om die plan van die Tabernakel uit te voer, so het
ons ook die Gees van die Here, die Gees van wysheid en verstand,
die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees
van die Here (Jes.11:2) nodig, om die geestelike tempel in hierdie
dispensasie te voltooi.
God is nie net besig om Sy Gemeente uit die nasies voor te berei
nie, maar ook elke indiwidu.
En laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis
1 Petr.2:5
Met heilige jaloesie vir sy Naam het God ‘n heining van waarheid en
heiligheid rondom sy heilige voorwerpe gespan. Onteenseglik is
daar ‘n skeidsmuur tussen ‘n heilige God en ‘n sondige mens..
Die Voorhof is die plek waar die sondaar versoening ontvang.
Daar word sy sonde onder die Bloed van Christus bedek. In die
Voorhof was die Brandofferaltaar (Koper Altaar) waar die
offerandes gebrand word en tussen die Koper Altaar en die
Tabernakel is die Waskom wat van koper spieëls gemaak is.
Elkeen van hierdie voorwerpe het ‘n geestlike betekenis wat na
Jesus verwys
Die vraag nou is, waarom het God hierdie heilige plek tussen Sy
volk, in drie afdelings laat skep: naamlik die Voorhof, die
Heiligdom en die Allerheiligste?
Die Antwoord: Die Tabernakel as simbool van die wedergebore
mens
Die kind van God bestaan uit drie komponente: liggaam, siel en
gees (1 Thes 5:23) wat op sy beurt korrespondeer met die
tabernakel se voorhof (liggaam), die Heiligdom (siel: emosies,
wil en denke) en Allerheiligste (gees: die woonplek van God).
DIE BRANDOFFERALTAAR HET BESTAAN UIT :
• 5.1 Die Horings
• 5.2 Vier Ringe
• 5.3 Die Rooster
• 5.4 Die As
• 5.5 Die Bloed
• 5.7 Die Offers
Die Brandoffer Altaar
(die koper altaar)
Eksodus 27: 1 – 8; 38: 1 - 7
5.1 Die Horings
Die altaar het vier horings gehad, een op elke hoek. Horings is die
simbool van “Krag en Sterkte”. Hulle het na alle rigtings gewys en
spreek van voldoende krag om die hele wêreld te red. Die
offerdiere was altyd aan die horings vasgemaak voordat hulle
geslag is. Wat het Jesus aan die kruishout vasgehou? Dit was nie
die spykers nie, maar bande van liefde vir verlore siele. Adonia het
vir sy lewe na die altaar gevlug en aan die horings vasgehou vir
veiligheid, totdat koning Salomo hom die versekering gegee het,
dat hy hom nie sal doodmaak nie (1 Kon. 1:50:53).
5.2 Vier Ringe
Daar was ook vier koper-ringe aan elke hoek en twee draaghoute
wat met koper oorgetrek is, waarmee die altaar van plek tot plek
gedra is. Jesus het belowe Hy sal met ons wees tot aan die einde
van die eeue, maar dan moet ons hierdie Evangelie aan al die volke,
tot aan die einde van die aarde, verkondig.
Die Brandoffer Altaar
(die koper altaar)
Eksodus 27: 1 – 8; 38: 1 - 7
5.3 Die Rooster
Die Rooster van koper, was waar die offerande en die hout
gelê en verbrand word. Die As val dan deur in die panne.
5.4 Die As
Die As kon nie maar net weggegooi word om deur die wind
orals verstrooi te word nie. Nee! Dit was heilig. Dit spreek
van ‘n offer wat gemaak en deur God aangeneem is. Die as
is ‘n bewys dat dit voldaan is. Dit moes in ‘n skoon plek
gehou word, om die onreine te besprinkel, vernaamlik in
die geval van melaatse.
Daarom moes Jesus se liggaan in ‘n nuwe graf gelê word
(Luk.23:53). Sy versoeningsdood en opstanding is die
middel wat onreiniges en geestelike melaatse reinig
(Lev.6:9-11; Num.19:9).
Die Brandoffer Altaar
(die koper altaar)
Eksodus 27: 1 – 8; 38: 1 - 7
5.5 Die Bloed
Die bloed van die offerdier moes by die voet
van die altaar uitgegiet word. Die bloed was vir
God en die as was vir die mens. Die bloed
tipeer die Bloed van Jesus van ons reiging van
alle sondes.
5.6 Die Vuur
Die Vuur op die Altaar moes gedurigdeur aan
die brand gehou word. Die vuur mag nie
doodgegaan het nie (Lev.6:13).
Waar het hierdie Vuur vandaan gekom?
En die heerlikheid van die Here het aan die
hele volk verskyn – vuur het van die aangesig
van die Here uitgegaan en op die altaar die
brandoffer en die stukke vet verteer. – Lev.9:24
Die Brandoffer Altaar
(die koper altaar)
Eksodus 27: 1 – 8; 38: 1 - 7
5.6 Die Vuur vervolg….
• Die Vuur uit die hemel tipeer die uitstorting van
die Heilige Gees op pinksterdag. Daarom mag die
vuur van die Heilige Gees nooit uitgeblus word nie!
• Vuur is God se Heiligheid – suiwer of verteer
(heiligmaking/oordeel)
• Jesus se Dood het die Vuur van die Offeraltaar
geblus.
• Die Prys was betaal!
• Die Vuur was die simbool van God se
teenwoordigheid en Sy heiligheid. Die vuur moes
altyd aan die brand gehou word as bewys dat God
altyd gereed is om te vergewe as ‘n offerhande op
die altaar gelê word.
Die Brandoffer Altaar
(die koper altaar)
Eksodus 27: 1 – 8; 38: 1 - 7
5.7 Die Offers
Die besonderhede oor offers word in die boek Levitikus beskryf. Die
betekenis van die offers is:
 Offers word altyd aan God self gebring. Deur te offer het die mens
iets wat aan homself behoort, vir God opsygesit.
 ‘n Offer is ‘n manier om tot God te nader. God het die offerreëls
neergelê sodat die mens met God vrede kon maak.
 Offers is vir almal. In die meeste ander godsdienste is sulke rituele
die priester se geheim, en hierdeur verkry die priesters ‘n spesiale
posisie. In Israel is die meeste offers deur die aanbidder gebring en
nie deur die priester nie.
 Die offer het beperkte waarde. Die offer kon net vergoed vir
onwillekeurige of onwetende sondes. Vir opsetlike
ongehoorsaamheid kon ‘n offer net berou uitdruk. As ‘n sondaar
vergewe wil word, moet hy direk vergifnis by God soek. Die Nuwe
Testament stel dit ook duidelik dat die bloed van stiere en bokke
nie die sonde weggeneem het nie, maar slegs bedek het.
Die Brandoffer Altaar
(die koper altaar)
Eksodus 27: 1 – 8; 38: 1 - 7
5.7 Die Offers vervolg ….
‘n Offer is ‘n plaasvervanger. Die dood van die
offerdier is as plaasvervangend vir die sonde van
die persoon wat die offer gebring het. Vir sonde
wat die doodstraf verdien het, kon nie met ‘n
offerboete voorsien word nie; maar iemand wat sy
sonde bely het en deur God vergewe is, het
dikwels ‘n offer gebring as teken van sy berou. In
die Nuwe Testament het die offerdood van Jesus
wel die plek van die sondaar ingeneem
(Gen.4;8:20;15;Lev.1-7;16-7;4:2;Hebr.10:4:9:11-
12;10:12).
Die Brandoffer Altaar
(die koper altaar)
Die Koperwaskom
Eksodus 30: 17 - 21
1. Die posisie van die Koperwaskom
2. Die doel van die Waskom
3. Noodsaaklike lesse uit die Waskom
4. Die twee bestanddele van die Waskom
a) Die Materiaal
b) Die Water
5. Wie was diegene wat gereinig moes word by die
Waskom?
Die Koperwaskom
Eksodus 30: 17 - 21
1. Die posisie van die Koperwaskom
Die Koperwaskom het reg voor die Ingang
gestaan. Dit vertel vir ons dat die eerste
noodsaaklikheid vir die mens om tot God te
nader, is die erkenning en beleidenis van
sonde. Die eerste seën wat die Here aan die
mens wil skenk is die vergifnis van sy sonde.
Om voor God te verskyn sonder bloed is
gewisse dood, daarom moet hy eers by die
altaar uitgekom het.
Die Koper Waskom het tussen die Altaar en die
Tabernakel gestaan. Dit was die tweede heilige
voorwerp wat ons sien na ons by die poort
ingekom het. Dit was gemaak van koperspieëls
van die vroue wat by die ingang diens gedoen
het (Ex. 38:8). Daar moes altyd water in die
waskom wees.
2. Die doel van die Waskom
Die doel daarvan was om nie alleen aan die priester die
vlekke en onreinheid aan hulle vlees en klere te toon nie,
maar om hulle te voorsien van die middel om hulle
gedurig te reinig, elke keer as hulle in die heiligdom
ingaan of na die Koper Altaar gaan, om te gaan offer.
Daar is drie dinge wat in vergelyking met die ander
voorwerpe kenmerkend is omtrent die Koper Waskom:
 Daar was geen mate gegee waarvolgens die Waskom
gemaak moes word nie, terwyl dit die geval was met
al die ander voorwerpe.
 Terwyl al die ander voorwerpe bedek moes word
voordat hulle begin trek het, was daar geen instruksies
van so ‘n aard vir die Waskom nie.
 Daar was ook geen voorsiening aan die Waskom vir
draagbare nie, soos dit wel die geval was met al die
ander voorwerpe.
Die Koperwaskom
Eksodus 30: 17 - 21
Noodsaaklike lesse uit die Waskom
Daar is ‘n paar lesse wat ons deur kontras met die Koper Altaar van
die Waskom wil leer. Die Waskom spreek van die Woord van God en
die Heilige Gees (1 Pet.1:22; Joh.15:3: 17:17; Ef.5:26).
 By die Altaar sien ons God se volbragte voorsiening vir die
sondaar en by die Waskom sien ons die Here se onbeperkte
voorsiening vir die verlostes.
 By die Altaar sien ons Jesus sterf om ons van ons sonde te
reinig en by die Waskom sien ons Hy leef om ons van sonde
rein te hou.
 By die Altaar sien ons geskrywe:
“Sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie” – Heb.
9:22
En by die Waskom hoor ons die woorde:
“Sonder heiligmaking sal niemand die Here sien nie” – Heb. 12:14.
 Die Altaar spreek van die volmaakte werk van Christus wat
volbrag is. (Dit was net so groot gebou as wat God op die berg
vir Moses gewys het.) Die Waskom spreek van die werk van
Christus wat nog voortduur in die lewe van die Christen.
Die twee bestanddele van die Waskom
Die waskom was van koper spieëls gemaak en met water gevul.
a) Die Materiaal
‘n Spieël wys jou nie hoe ander lyk nie, maar hoe jy vir ander
lyk! Die waskom was van ‘n gladde en blink gepoleerde koper
gemaak, sodat die priesters hulleself daarin kon sien. Nie hoe
mooi hulle was nie, maar die merke en vlekke op hulle gesigte,
hande en voete en ook op hulle klere.
In die Nuwe Testament word drie keer na spieël verwys:
En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die
heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante
verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as
deur die Here wat die Gees is. – 2 Kor. 3:18
Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van
aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek
ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. – 1 Kor. 13:12
Want as iemand ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n dader nie,
die is soos ‘n man wat sy natuurlike gesig in ‘n spieël sien; want
hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk
het. – Jak 1:23-24
Dit is in die Woord van God wat ons ons eie toestand aanskou.
Die Koperwaskom
Eksodus 30: 17 – 21; 38:8
b) Die Water
“Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig
as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle
is rein, maar nie almal nie.” – Joh.13:10
Die Woord van God is nie alleen ‘n spieël om die gelowige
sy foute en gebreke uit te wys nie, maar ‘n fontein om te
reinig. Die water staan vir die Heilige Gees wat deur die
Woord werk. Die letter is dood maar die Gees maak
lewend. Soos die priesters gedurig na die waskom moes
gaan vir reininging, so moet elke kind van die Here getrou
die Woord van God lees en bid om rein te bly.
Wat ‘n troos om te weet dat die water afgekom het tot by
die priesters. Hulle het nie nodige gehad om op te klim na
die water toe nie. Deur slegs die kraan oop te draai, kon
hulle die water op hulle vuil klere laat val om dit skoon te
maak. (Rom.10:6-8) Christus se reiniging is vir klein en
groot.
Wie was diegene wat gereinig moes word by die Waskom?
“As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ‘n voorwerp tot
eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke
goeie werk.” – 2 Tim. 2:21
Ons sien dus dat die doel van die koperwaskom is dat priesters
geskik gemaak sal word tot gemeenskap en diens in die
heiligdom. Dit was nie die gewone mense daar buite nie, maar
hulle wat in ‘n noue en intieme verhouding met die Here moes
dien.
Die Tafel Met Toonbrode
Eksodus 25: 23 – 30; 37: 10 - 16
Maak ook ‘n tafel van akasiahout 2 el (L) x 1 el (B) x 1 ½ el (H)
(92 cm x 46cm x 69 cm). En trek dit oor met suiwer goud, en maak
daarvoor ‘n goue krans rondom. Maak daarvoor ook ‘n lys van ‘n
handbreed rondom; en maak ‘n goue krans vir die lys rondom. En
maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier
hoeke van die vier pote. Naby die lys moet die ringe wees as plekke
vir die draaghoute om die tafel te dra. En maak die draaghoute van
akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel
gedra word. Maak ook sy skottels en sy rookpanne en sy kanne en sy
bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit
maak. En op die tafel moet jy altyddeur toonbrood voor my aangesig
neersit. (Exodus 25:23-30 Afrikaans OV)
a) Die twaalf Brode
Die brode was twaalf in getal. Dit verteenwoordig die twaalf stamme
van Israel. Daar mag groot verskille buitekant die kamp gewees het,
maar binne in die heiligdom op die tafel, was hulle almal een voor
die aangesig van die Here. Die brode was in twee stapels verdeel –
genoeg vir Jode sowel as Heidene.
Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman
nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in
Christus Jesus. Gal.3:28
Die Tafel Met Toonbrode
Eksodus 25: 23 – 30; 37: 10 - 16
b) Die bestanddele van die Brode
Die brood is van fyn meel gemaak en gebak. Meel is ‘n produk van
die aarde en ‘n noodsaaklikheid vir die mens. Meel wat nie deur die
gaarmakings proses gegaan het nie, is rou en onsmaaklik. So moes
Jesus Christus, die vuuroond van die kruisiging deurgaan en vir ons
die vloek word, alvorens Hy die Brood van die Lewe kon wees. Die
vuuroonde van beproewinge maak ons smaakliker en meer bruikbaar
voor die aangesig van die Een met wie ons in die “Brood”
gemeenskap het. Ons lewens sal van min belang wees indien dit nie
die toetsvure van God deurgegaan het nie.
b) 1 Die misterie van die Skoubrood.
Die twaalf brode wat altyd warm was. Die brode is Vrydag gebak, op
die Tafel op die Shabbat geplaas en die volgende Shabbat deur die
priesters geëet. Wonder bo wonder het hulle die hele week vars
gebly. (Menachot 96b)
c) Die goue krans
Die goue krans was rondom die brode en het dit in hulle plek gehou
en gekeer dat dit nie afval nie. Dit is net wanneer die Here Jesus in
ons lewens gekroon is, dat ons bewaar kan bly. Kroon Hom en jou
gemeenskap met Hom sal soveel soeter wees.
Die Goue Kandelaar
Eksodus 25: 31 – 40; 37: 17 – 27; Efe 1: 4
Omdat daar geen vensters in die Tabernakel was nie, was alle
natuurlike lig uit die Heiligdom uitgesluit. Die Kandelaar was
die enigste lig in die Heiligdom. Sonder sy lig sou dit stikdonker
gewees het.
Die Kandelaar is ‘n staander met ‘n lamp bo-op en ses arms
aan die kante. Hierdie staander was van suiwer goud en het
soos al die ander instrumente, ‘n tweevoudige karakter gehad,
nl. die staander en die arms. Die kandelaar was uit een soliede
stuk goud gemaak en was tot die verlangde vorm gebring deur
dryfwerk, m.a.w. die goud was geslaan tot die bestaande vorm.
Die goue kandelaar is ook ‘n simbool van Christus en sy kerk.
Christus en Sy Gemeente is Een, voor die grondlegging van die
wêreld. (Efe.1:4). Dit was deur die lyding en sterwing van
Christus wat Sy gemeente ontstaan het.
Dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom
krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n
nakroos sien. Jes.53:10
Die goue kandelaar is ook ‘n simbool van Christus en sy
kerk. Christus en Sy Gemeente is Een, voor die grondlegging
van die wêreld. (Efe.1:4). Dit was deur die lyding en
sterwing van Christus wat Sy gemeente ontstaan het. Dit
het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom
krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy
‘n nakroos sien. Jes.53:10
Die goud was buitekant die Heiligdom uitgehamer, daarom
moes Christus buitekant die stad gekruisig word.
Die Goue Kandelaar
Eksodus 25: 31 – 40; 37: 17 – 27; Efe 1: 4
a) Die Lig van die Kandelaar
Alles moes in die Lig van Sy teenwoordigheid gedoen word. Die
Priester moes die Wierook offer, vars Brode op die tafel sit, die
Lampe skoonmaak en met vars olie vul. Jesus het self gesê:
Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die
duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê. Joh.8:12
 Die lig mag nooit uitgeblus word nie. God is van ewigheid tot
ewigheid.
 Die lig skyn op die Tafel van die Toonbrode. As Christus deur
ons skyn sien die wêreld in Hom die Brood van die Lewe.
 Die lig het op die Reukofferaltaar geskyn. Deur ‘n lewe van
gebed en gemeenskap met God by die Altaar, kry ons krag om
Christus in heerlikheid aan die wêreld voor te stel.
 Sy Lig het ook op homself geval.
Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan
sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. Matt.5:16
Die Goue Kandelaar
Eksodus 25: 31 – 40; 37: 17 – 27; Efe 1: 4
b) Die olie van die Kandelaar
Twee dinge was nodig vir die Lamp om Lig te gee. ‘n Pit en Olie. Die
Heilige Gees op die dag van Pinkster was die Olie uit die hemel op
dorre Lamppitte. Toe het hulle vlamme vuur op hulle hoofde gesien.
 Olie tipeer die Heilige Gees van God (Liefde)
 Die Pit – jou hart
 Die Vlam – Die krag van die Heilige Gees
Die olie was deur die Priester self in die lampe gegooi. So is dit ook
die Here wat Doop met die Heilige Gees.
c) Die Snuiter van die Kandelaar
Daar was Snuiters en Rakkies vir die Lampe, maar geen Uitblussers
nie. Die Snuiters was om die pitte skoon te maak en die as en
aanpaksels te verwyder, sodat hulle helderder kon brand. Die Snuiter
is ‘n tipe van die werking van die Heilige Gees in die lewe van die
Christen. Hierdie snuiter was van suiwer goud gemaak en dit blus
nooit die lig van die kandelaar uit nie, maar maak net skoon en reinig
net altyd. Toe Petrus Jesus verloën, het Hy hom nie uitgewis nie,
maar hom in smarte, deur genade skoon gemaak en geheilig.
Die Priester het self met die Snuiter gewerk: Hy sal die rokende
lamppit nie uitblus nie, en die gekraakte riet nie verbreek nie.
Die Reukofferaltaar
Eksodus 30: 1 – 10; 37: 25 - 29
Die Reukofferaltaar se posisie is in ‘n reguit lyn met die Ingang, die
Brandofferaltaar, die Waskom en agter die Voorhangsel – die Ark van
die verbond met sy Versoendeksel. Die beskrywing van die
Reukofferaltaar word nà die ander voorwerpe in die Bybel beskryf.
Daar is ‘n spesiale rede hiervoor. Die Brandofferaltaar spreek van
Christus aan die kruis hier op aarde, terwyl die Reukofferaltaar Jesus
Christus voorstel.
Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak,
‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die
aangesig van God vir ons te verskyn;. Heb.9:24
Christus kon nie ‘n Priester wees, alvorens Hy nie eers uit die dode
opgestaan het nie. Daarom was daar geen melding gemaak van die
Reukofferaltaar voordat daar nie eers in Ex. 28 & 29 die Priester
ingestel was nie. Op aarde kon Christus nie ‘n Priester gewees het nie
(Heb .8:4). Die Priesters moes uit die stam van Levi en die geslag van
Aäron wees (Ex. 28:1). Christus was uit die stam van Juda en van
hierdie stam het Moses omtrent die Priesterskap niks gesê nie
(Heb.7:14). Christus was dus Priester van ‘n Nuwe Orde – die Orde
van Melgisedek (Heb.5:6; 7:3).
a) Sy Doel
Albei die altare word heilig genoem in die woord van die Here
(Ex.29:37 en 30:10). Een keer per jaar, met die groot Dag van
Versoening, moes die Hoëpriester die vier horings van albei altare met
bloed smeer met die offer van versoening. Op die Reukofferaltaar
moes geen offerande geoffer word nie. Alleen Reukwerk moes daarop
gebrand word, nadat die altaar met bloed besprinkel is. Dit spreek van
die waarde van Christus se versoeningsdood en Sy gestorte bloed
waardeur die weg vir ons geopen is tot die Genadetroon waar ons
alles kan verkry in die Naam van Jesus.
Die Reukofferaltaar
Eksodus 30: 1 – 10; 37: 25 - 29
b) Sy Materiaal
Dit was van akasiahout met goud oortrek. Die akasiahout verwys na
Christus se menslikheid en die goud na Sy Godheid en koningskap.
Die menslike natuur van Christus beklee met glorie en heerlikheid in
die hemel.
c) Sy Posisie
Dit het net voor die Voorhangsel gestaan. Daar kon geen aanbidding
in die hemel wees voordat die Voorhangsel – die vlees van Christus –
nie geskeur het nie. Die Versoendeksel is die Troon van God en die
Reukofferaltaar staan onmiddellik daarvoor. Net die Voorhangsel was
tussen hulle. Dit is ook die posisie van die Goue Reukofferaltaar in
Open. 8:3-5
d) Sy Draaghoute
Die draaghoute mag nooit verwyder geword het nie. Die
Reukofferaltaar was altyd gereed vir die trek, altyd tot diens. Jesus is
altyd besig om vir ons in te tree. Die Verlosser van Israel sluimer of
slaap nooit.
e) Sy Horings
Daar was vier horings, net soos die Brandofferraltaar. Dit spreek weer
van die toevlug en sterkte vir die swakste gelowige wat na Christus
kom vir hulp (Heb. 7:25). Deur die horings vas te gryp, word die krag
van God ontketen en kan ons as gelowiges die koninklike septer van
voorbidding hanteer (Mark.11:23).
Die Reukofferaltaar
Eksodus 30: 1 – 10; 37: 25 - 29
f) Die Krans rondom die Reukofferaltaar
Die krans het gekeer dat die kole nie afgeval het nie. Dit was ‘n
troosvolle gedagte vir die reisende Israeliete, om te weet dat
God voorsiening gemaak het dat die kole nooit sal afval nie, al
sou hulle dalk struikel. Al het Petrus gestruikel en geval – die kole
van Christus se gebed het nie afgeval nie. Jesus het gesê :
Ek het vir jou gebid. Luk.22:23
g) Die Reukwerk
Aäron het elke more en aand die reukwerk van speserye op die
altaar aan die brand gesteek, as ‘n voortdurende reukwerk voor
die aangesig van die Here. Hierin lê die waarde van die
Reukofferaltaar, soos die Versoeningsdood van Christus ‘n ewige
en onbegryplike waarde het. Dit was ‘n mengsel van drie
speserye (Ex. 30:34-38). Dit moes op warm kole gegooi word om
‘n aangename reuk af te gee (Ex. 30:6-9).
h) Die gebruik van die Reukofferaltaar
Hierdie altaar het naby die samekomsplek van God en die
hoëpriester gestaan. Dit is in ons gebedslewe, diens en
heiligmakende lewe dat ons gemeenskap met God het en ‘n
aangename geur vir Hom is.
Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die
opheffing van my hande soos die aandoffer. Open.5:8 en toe
Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier-en-
twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en
goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is.
Ps.141:2
Gebed bring ons in God se teenwoordigheid deur Sy Heilige
Gees wat in ons woon. Hand.4:31, Efe.6:18. Die reukwerk
moes voortdurend voor die aangesig van die Here wees. Ons
heiligmaking, diens en gebede mag nooit onderbreek word
nie.
Bid sonder ophou. 1 Thes.5:17
Die Verbondsark
Eksodus 25: 10 – 22; 37: 1 - 9
Hulle moet dan ‘n ark van akasiahout maak. 2 ½ el (L) x 1 ½ el (B)
x 1 ½ el (H), . En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en
van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan ‘n goue krans
maak rondom. En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy
vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe
aan die ander kant is. En maak draaghoute van akasiahout, en trek
dit oor met goud. En steek die draaghoute in die ringe aan
weerskante van die ark om die ark daarmee te dra. Die draaghoute
moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit
weggeneem word nie. Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit
wat Ek aan jou sal gee. Maak ook ‘n versoendeksel van suiwer
goud 2 ½ el (L) 1 ½ el (B). Maak ook twee gérubs van goud. Van
dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die
versoendeksel. En maak een gérub aan die een ent en een gérub
aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet
julle die gérubs maak, aan die twee ente. En die gérubs moet die
vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die
versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe
wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig
wees. En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet
jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee.
En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af,
tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is,
sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.
(Exodus 25:10-22 Afrikaans OV)
Die Verbondsark
Eksodus 25: 10 – 22; 37: 1 - 9
In Ex. 25:10-22 vind ons die beskrywing van die Verbondsark –
Versoendeksel en die Gèrubs. Dit was die enigste voorwerp wat uit
twee dele bestaan het:
 Die Ark
 Die Versoendeksel
Dit was van akasiahout gemaak en stel sy menslikheid voor. Dit was
die enigste meubelment wat spesiaal genoem word en is van binne
en buite met goud oorgetrek. Dit was bedek met ‘n goue krans of
kroon waarop die gèrubs gegraveer was. Ons lees van die ark van
die verbond in Num. 10:33. Dit het die tafels van die wet bevat.
Die ark stel die Here Jesus in die vlees voor. In Ex. 25:22 lees ons
dat dit ook die ark van Getuienis genoem word, wat ‘n beeld van
God se deklarasie was dat Hy die offer van Jesus aangeneem het.
Dit was ook die ark van God omdat dit die sigbare troon van God
was (Ps.132:8). Dit word ook die ark van Gods sterkte genoem.
Staan op na u rusplek, HERE, U en die ark van U sterkte!. Ps.132:8
Dit vertel vir ons van die wonders wat deur die ark se
teenwoordigheid gedoen is. Die Saligheidsplan begin by God. Die
leer wat Jakob in sy droom gesien het, het uit die hemel
gekom. Die Verbondsark se draaghoute mag nie uitgetrek geword
het nie.
Die Verbondsark van die HERE het voor hulle uitgetrek om vir hulle
‘n rusplek uit te soek… Num.10:33
Terwyl die volk van Israel aan die trek was, het die Ark
altyd tussen en voor hulle uitgegaan en was die
draaghoute nooit uitgetrek nie. Nadat die volk in die
Beloofde Land gekom het en die Tempel van Salomo
gebou is, is die draaghoute verwyder. Die volk het toe in
hulle rus ingegaan.
Die Versondeksel of Genadetroon
Eksodus 25: 10 – 22; 37: 1 - 9
Die Versoendeksel
was ‘n soliede blad van suiwer goud. Dit het die hele Ark
bedek. Hoe vreeslik sou dit wees om ‘n Ark te hê sonder ‘n
Genadetroon. Die enigste sitplek was deur God self
ingeneem. Die ope vereistes van die Wet op die kliptafels in
die Ark is ‘n stille getuie teen ons – as ons nie die
Versoendeksel het wat dit alles oordek nie. Christus is ‘n
volkome versoening vir ons sondes. Soos die Versoendeksel
die hele Ark oordek het, so het Jesus al die vereistes van die
Wet vervul.
Die Genade Troon
By daardie Troon is daar genade. Genade – daar waar die
gebreekte weg bedek word. By hierdie Genade Troon is daar
hulp vir elkeen wie dit soek langs die weg van die gestorte
bloed van Christus (Heb. 4:14-16). Die doel van die Genade
Troon is die plek waar God en mens mekaar ontmoet (Ex.
25:22). God is op Sy Troon en wag om die mens te ontvang.
Daarom moet elke mens seker maak dat hy God vandag
ontmoet solank Hy op die Troon van Genade sit, anders gaan
die mens Hom eendag op die Troon van Oordeel ontmoet.
Die Gèrubs wat bo-oor die Versoendeksel troon
Lees Ex. 25:17-22. Die gèrubs het ‘n essensiële deel van die
Versoendeksel gevorm. Op beide ente van die Versoendeksel
was ‘n gèrub met uitgestrekte vleuels, hulle gesigte op die
Versoendeksel gerig. Die gèrubs kon nie van die Versoendeksel
verwyder word nie. Om die twee te skei sou wees om die
Versoendeksel te vernietig. Engele is begerig om die dinge in te
sien wat aan ons verkondig word (1 Pet.1:12). Die Gèrubs
verteenwoordig oppermagtigheid oor alle natuurlike magte. Dit
simboliseer almag wat die Genadetroon oorskadu. So besit die
Here Jesus almag; want alle mag in die Hemel en op die aarde
behoort aan Hom (Matt. 28:18). Wie dus na die Troon van
Genade gaan, vind krag en genade wat triomfeer oor alle
natuurlike magte en outoriteit. Leviticus 16:2
En die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou
broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in
die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor
die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie
sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die
versoendeksel.
Die Inhoud Van Die Ark
Die Inhoud van die wet het Moses op die berg ontvang toe hy die
tweede maal opgegaan het (Heb. 9:4). Die Wet van God was in die Ark.
Dit was aan die kant van die Ark gehou (Deut. 31:24-26). Dit herinner
aan God se onveranderlikheid. Dit skyn of sy bestaan heeltemal vergete
was, totdat die Priester Hilkia dit weer daar gekry het, 800 jaar later (2
Kron.34:14-22).
Dit stel die heilige en regverdig vereistes voor van ‘n regverdige en
heilige God. Die Wet is die Kennis van Sonde en nie die vergifnis
daarvan nie. Die Here het Moses beveel om die Wet toe te maak onder
die Versoendeksel. Jesus Christus het die Wet van God in Sy hart gehad
(Ps 40:6-8). Christus het die Weg gebaan, sodat Hy Sy bekwaamheid
om die Wil van God te doen, kon demonstreer. Jesus het herhaaldelik
gesê dat Hy gekom het om die wil van Sy Vader te doen (Joh.5:30; Joh.
8:29; Joh.4:34).
Die Goue Kruik met Manna
Lees Heb.9:4. Manna was die simbool van God se voorsiening. Die
Brood van die hemel waarmee die Here Sy kinders gevoed het in die
woestyn vir 40 jaar van omswerwinge (Ex. 16:32-36). Dit was vir die
volk ‘n voortdurende herinnering van God se getroue voorsiening.
Ander manna het bederf as dit langer as ‘n dag gehou was, maar die
manna in die goue kruik het altyd vars gebly.
Die goue kruik met manna bewys dat Jesus beide God en mens
was, God wie in Homself die Brood van die lewe gehad het.
Jesus is die Brood wat uit die hemel neergedaal het. As God nie
vlees aangeneem het en na die wêreld gekom het as die Brood
van die lewe nie, sou die hele mensdom in hulle sonde gesterf
het.
Die Inhoud Van Die Ark
Hebreërs 9:4
Die Goue Wierook-bak
Die Goue Wierook-bak sowel as die Ark van die Verbond was in
die Allerheiligste (Heb.9:4).
DIE ARK WAS DIE ENIGSTE VAN DIE VOORWERPE IN DIE
TABERNAKEL WAT LATER IN DIE TEMPEL VAN SALOMO
OORGEGAAN HET.
Die tweede en derde Tempels het geen ark gehad nie. Tradisie
beweer dat Jeremia, wie in Jerusalem was met die beleëring van
die stad deur die Galdeers, die ark weggesteek het. Daar is
sederdien geen bewys daarvan gevind nie.
Die Staf van Aäron wat gebot het
Die staf van Aäron het bewys dat die priesterskap van Israel,
aan die stam van Levi behoort het (Num.17:1-10). So het
Christus vir Homself die versekering ontvang dat Hy ‘n
Priesterskap ontvang het wat nooit op ‘n ander oorgaan nie.
Die priesterlike werk wat Hy gedoen het, het volkome
gemaak, almal wat daardeur geheilig word (Heb.10:10-14).
Die staf bewys nie net Jesus se Priesterskap nie, maar ook Sy
opstanding (Num.17:8). Een wat dood was, maar lewe en
vrugte dra. In die Ark was die staf wat gebloei het. In Christus
is lewe uit die dood. Die staf het gebot, bloeisels gegee en
vrug gedra terwyl dit in die teenwoordigheid van God gestaan
het.
Ons behoort ook die vrug van die Gees te dra, naamlik liefde,
blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid,
getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing (Gal.5:22).
En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome,
wat sy vrug gee op sy tyd en waarvan die blare nie verdroog
nie. Ps.1:3
Die Hoëpriester
Eksodus 28: 1 - 43
Die priesterlike roeping
Die Priestersamp is tot stand gebring as gevolg van Israel se afvalligheid
en sondigheid. So is die Hoëpriestersskap van Christus nodig geag as
gevolg van die mens se sondigheid en afvalligheid (Heb.7:21-28).
Aäron was die eerste hoëpriester onder die Livitiese Priesterskap.
Aäron se seuns was priesters saam met hom. Hulle was nie
hoëpriesters nie, maar as gevolg van hulle verhouding teenoor Aäron
was hulle priesters en het dus saam met hom diens gedoen en die volk
geleer (Lev.10:11-12).
 Soos Aäron deur God as hoëpriester aangewys is, so is Jesus
Christus ook as ons hoëpriester aangewys.
 Aäron was bekleed met ‘n spesiale gewaad (Lev.8:1-9). ‘n Rok, ‘n
Mantel en ‘n Skouerkleed, maar ons hoëpriester is omhul met ‘n
gewaad van glorie en heerlikheid.
 Aäron was ook bekroon met ‘n tulband of heilige kroon op sy hoof.
Sy priesterkleed was nie voltooi sonder hierdie kroon op sy hoof
nie. Net die Hoëpriester en die Koning kon krone dra. Die verlostes
is ‘n koninklike priesterdom wat eendag krone sal ontvang.
 Aäron was met olie gesalf, voordat hy met sy werk kon begin. So
was Jesus ook met die Heilige Gees gesalf met Sy doop in die
Jordaan.
Die Hoëpriester
Eksodus 28: 1 - 43
Die Priesterkleed
Die Priesterkleed was deur God self bestel. Dit was in drie stukke:
a) Die Rok van fyn wit linne om gedra te word en met ‘n gordel
omgord te word.
b) Die Mantel van pers stof, wat op die wit linnerok gedra moes
word. Dit was geweef sonder ‘n soom (Ex.28:28). Aan die soom
van die mantel was daar “Granaatjies en goueklokkies”. Hulle
geluid moes gehoor word as die hoëpriester in die Allerheiligste
diens doen, as bewys dat die hoëpreister nog lewe. Die goue
klokkies se gelui tipeer die stem van die Heilige Gees in ons
lewens.
c) Die Skouerkleed, gemaak van goud, pers, purperrooi,
bloedrooi stowwe en fyn linne.
d) Die Borstas was 22,5 sentimeter vierkantig en gemaak
van dieselfde stowwe as die Skouerkleed. Dit moes nooit
los van die skouerkleed wees nie. Daar was 12 edelstene –
4 rye van 3 stene elk aan die Borstas. Op elke steen was die
naam van een van die twaalf stamme. Dus het die
hoëpriester altyd die volk van God op sy bors gedra, hulle
was in Sy hart geskryf. Hierdie stene het elkeen ‘n
afsonderlike kleur gehad. So het elke kind van die Here ‘n
afsondelike karaktertrek en verskillende gawes, maar Hy
dra ons almal op Sy bors.
e) Die twee skouerstukke het elkeen ‘n Oniksteen daarop
gehad waarin daar op elk 6 name van elk van die twaalf
stamme gegraveer was. Dus was die kinders van die Here
altyd in gedagtenis gehou: beide op Sy hart – die plek van
Liefde, en op Sy Skouers – die plek van Krag.
f) Die Tulband was die “Heilige Kroon” van die Priester. Dit
was van spierwit linne gemaak met ‘n goue plaat daarvoor,
met die woorde daarin gegraveer: HEILIG AAN DIE HERE.
Ex.28:36-38
Die Hoëpriester
Eksodus 28: 1 - 43
g) Die Urim en Tummim (Ex.28:30). Hierdie was twee edelgesteentes wat in
die Borstas gehou moes word. Hulle beteken “Ligte” en “Volmaakhede”.
Hulle was gebruik wanneer die Here vir iets spesiaals geraadpleeg word, om
‘n beslissing te gee. Dit skyn dat die Here Sy gedagte en wil meestal deur
middel van hierdie twee stene aan die Hoëpriester bekend gemaak het.
Moontlik het Sy Goddelike glans op hulle helderder of dowwer geword: die
“JA” en “NEE” van die Here. Vandag moet ons die “Woord” en die “Heilige
Gees” raadpleeg om die wil van die Here te kry vir elke beslissing wat ons
moet maak.
Die Hoëpriester se werk
• Die Hoëpriester moes homself voor God stel en moes dus rein van sonde
wees.
• Hy moes Versoening vir die sonde van die volk doen.
• Hy moes die Vate met bloed besprinkel, om dit vir diens te reinig.
• Hy moes Gawes offer. Buiten die brandoffers moes hy gawes van
welriekende reukoffer op die goue altaar brand. Die voorbidding van
Jesus gemeng met die gebede van die verlostes (Open.5:8)
• Hy moes die lampe altyd voorsien van vars olie en hulle skoonmaak. So
belowe die Here ons altyd die Heilige Gees om ons in staat te stel om vir
Hom te skyn.
• Hy moes ook verklaar wat rein en wat onrein is. Dit is nie
wat ons dink nie, maar wat Jesus dink.
• Hy moes ‘n Voorspraak wees. Hy moes altyd intree vir die
behoefte van die volk. Die Hoëpriester het nooit gaan sit as
hy in die Heiligdom ingegaan het nie, want sy werk was nooit
klaar nie. Maar Jesus het wel alles volbring aan die kruis.
Die Orde Van Die Laer
In Die Kamp En Op Trek
Numeri 1 en 2
Wie kon dink dat ‘n aantal slawe wat uit Egipteland as ‘n
wanordelike ongedisiplineerde volk, in so ‘n kort tydjie, sulke orde
in hulle kamp sowel as op trek kon openbaar. Toe die volk uit
Egipte weggetrek het, was hulle ongeveer 600 000 man, buiten die
vroue en kinders. Daar moes hulle deur swepe gedrywe word,
maar in God se skool het hulle geleer dat die Orde die eerste Wet
van die hemel is.
Die Orde in die Kamp
In die Oostekant by die deur van die Tabernakel was die tente
van Moses en Aäron. Aan die ander kant, naaste aan die
Tabernakel, was die tente van die Leviete (Num.1:53).
Die Gersoniete was in die Westekant (Num3:25-26). Hulle werk
was om die Tabernakel se bedekkings en voorhangsels met die
lyne te versorg en te vervoer. Om hulle te help met die vervoer
van hierdie vrag deur die woestyn, was daar aan hulle twee
waens en vier beeste toegeken. Die Gersoniete was die geslag
van Gerson en van die drie seuns van Levi. Die name van die
ander twee seuns was Merari en Kohat. Aan elkeen van hierdie
drie seuns en hulle geslagte was ‘n spesiale verantwoordelikheid
in verband met die Tabernakel toevertrou.
Die Kohatiete en hulle families was aan die Suidekant
(Num.3:29). Hulle werk was die versorging en vervoer van die
Ark, die Tafel, die Reukofferaltaar (goue) en die Brandofferaltaar
(koper), die Kandelaar en al die panne en voorwerpe wat in die
Heiligdom gebruik was, sowel as die Voorhangsel. (Num. 3:31).
Aan hulle was geen waens toegeken nie, want die voorwerpe van
die Heiligdom moet op hulle skouers gedra word (Num.7:9).
Die Orde Van Die Laer
In Die Kamp En Op Trek
Numeri 1 en 2
Die Merariete en hulle families se tente was aan die
Noordekant. Aan hulle was toevertrou die versorging van
die style, die dwarshoute, sy voetstukke en al die
gereedskap wat daarby hoort (Num.3:36-37). Aan die
Merariete was 4 waens en 8 beeste toegeken om te help
met die vervoer daarvan (Num.7:8).
Die Leviete was nie saam met die ander stamme gereken
nie. Hulle was aan die Here toegewy as ‘n beweegoffer,
vir Sy diens (Num.8:11). Hulle diensjare was die 20 beste
jare van hulle lewe: van 30 tot 50 jaarige ouderdom
(Num.4:3; 23; 30).
 Aan die Oostekant : Juda, Isaskar en Sebulon
 Aan die Suidekant : Ruben, Simeon en Gad
 Aan die Westekant : Efraim, Manasse en Benjamin
 Aan die Noordekant : Dan, Aser en Naftali
Elke groep van drie stamme het hulle eie vaandel gehad.
Vraag
Kan die lewende wesens in Ezekiel 1 en Openbaring 4: 6 – 9,
die groepering van die stamme verteenwoordig?
Die Kohatiete en hulle families was aan die Suidekant
(Num.3:29). Hulle werk was die versorging en vervoer
van die Ark, die Tafel, die Reukofferaltaar (goue) en die
Brandofferaltaar (koper), die Kandelaar en al die panne
en voorwerpe wat in die Heiligdom gebruik was, sowel as
die Voorhangsel. (Num. 3:31). Aan hulle was geen waens
toegeken nie, want die voorwerpe van die Heiligdom
moet op hulle skouers gedra word (Num.7:9).
Die Orde Van Die Laer
In Die Kamp En Op Trek
Numeri 1 en 2
Hoe wonderlik is God se Orde as ons hom getrou wil
volg!
Die Plek van die Ark
Die Ark was altyd in die Middel van die laer op die
skouers van die Liviete, behalwe in die volgende gevalle
• Toe Moses sy swaer, Hobab, gevra het om as gids op
te tree. Die Here was hieroor ontevrede en het
dadelik beveel dat die Ark vooruit gaan, as ‘n bewys
dat Hy Self lei en hulle Gids is. (Num.10:31-33).
• Toe Israel deur die Jordaan getrek het (Jos.3:3-4)
• By die berge Gerisim em Ebal. Die Ark was tussen die
twee berge en 6 stamme op elke berg (Deut.11:26-
32)
• By Jerigo. Hier was dit wel in die middel, maar op die
skouers van die Priesters (Kohatiete) en nie op die
skouers van die Liviete nie.
Die Orde Van Die Laer
In Die Kamp En Op Trek
Numeri 1 en 2
Wanneer die laer verskuif moes word, het dit op die geklank
van twee trompette geskied. Niemand mag beweeg het
voordat Aäron en sy seuns die Heilige Voorwerpe bedek het
nie.
Niemand mag ingekom het om die voorwerpe te sien nie,
anders moes hulle sterwe (Num.4:5-20).
Nadat al die Heilige Voorwerpe toegemaak is, het die laer in
die volgende orde beweeg (Num.10:14-16):
 Juda, Isaskar en sebulon. Dan het die Gersoniete met die
twee waens gevolg, daarna die Merariete met die vier
waens.
 Tweedens trek die stamme van Ruben, Simeon en Gad.
Agter hulle kom die Kohatiete en dra die Heilige
Voorwerpe op hulle skouers. Wanneer hulle by die
volgende staanplek kom, is die Tabernakel weer
opgeslaan en gereed gemaak om die Heilige Voorwerpe
weer op hulle plek te sit.
 Derdens volg Efraim, Manassa en Benjamin en na hulle
 Die stamme van Dan, Aser en Naftali.
Die Wolkkolom
Eksodus 13: 21 - 22
Die wolkkolom tipeer (wees kenmerkend of
verteenwoordigend van voorbeeld) hoofsaaklik die
vleeswording van God. God was in die Wolkkolom. God was in
Christus. Vir diegene wie die wolk van buite gesien het, was dit
net ‘n rook of wolkkolom, maar diegene wie deur die bloed
van die paaslam uit slawerny verlos is, het geweet dat dit die
sigbare teenwoordigheid van die onsienlike God was.
Vir diegene wie nog nie in die Heiligdom was nie, is Christus
maar net die Seun van God, die Middellaar, die Lam, maar vir
die wat in Een God glo, is Christus die sigbare Openbaring van
die onsienlike God.
Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn –
dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring
van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van
Jesus Christus. 2 Kor.4:6
En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand
gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die
Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige
God en die ewige lewe. 1 Joh.5:20
En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is
groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die
Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die
heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.
1 Tim.3:16
Die Groot Versoeningsdag
Levitikus 16
In Lev.16 lees ons die beskrywing van die Groot
Versoeningsdag. Die Groot Versoeningsdag is ‘n tipe van
Christus in Sy Plaasvervanging. (Bokke en stiere)
Die Hoëpriester se ingang in die Allerheiligste was een van
die mees uitstaande gebeure op die Groot Versoeningsdag.
a) ‘n Jong bul word geslag as ‘n Sondoffer.
Die Hoëpriester neem ‘n kom met bloed so ver as die
Waskom. Daar bad hy sy liggaam en trek die wit linnekleed
aan. Dan neem hy weer die kom met bloed en dra dit tot in
die Heiligdom. Daar neem hy die Wierookbak en vul dit met
gloeiende kole en gooi ‘n hand vol fyngestampte reukwerk
daarop. Die rook van die brandende reukwerk vul die
Allerheiligste.
Nou stoot hy die Voorhangsel opsy en die rookwolk van die
reukwerk gaan in die Allerheiligste en hy kom in die rookwolk
binne en sprinkel die bloed op die Versoendeksel van die Ark.
Die Woord versoen beteken om te bedek. Die Hoëpriester
bly onder die bedekking van die rook van die reukwerk, tot
hy ‘n versoening met die bloed kon maak. Hierdie offerande
was maar een maal per jaar gemaak om die geestlike dooie
Israel te bedek.
Die Groot Versoeningsdag
Levitikus 16
b) Die Sondofferbok.
Wanneer die Hoëpriester uit die Allerheiligste kom, gaan hy na die
Sondofferbok, Asasel -”Scape goat”, wat deur ‘n jongman in die
gereedheid gehou word. Aäron lê dan albei sy hande op die kop
van die lewendige bok en bely al die misdade van die kinders van
Israel.
Hy plaas al die sondes en oortredings op die kop van die bok.
Daarna word die bok in die woestyn ingelei om deur die wilde
diere gedood te word. Later was die bok na ‘n hoë krans, sowat
22,5 km buite Jerusalem geneem en daar afgestoot. So het Jesus
ons sonde in Sy liggaam aan die kruishout vasgenael.
Soos die Hoëpriester een maal per jaar in die Allerheiligste
ingegaan het, so het Jesus een maal in die Hemelse Heiligdom
ingegaan en ‘n ewige versoening bewerkstellig.
Die Tabernakel is ‘n tipe van Christus en Sy Versoeningswerk wat
Hy vir die mens teweeg sou bring
Die Tabernakel wys na Yeshua HaMashiach ‫המשיח‬ ‫ישוע‬
Die Woord het vlees geword.
DNA, Die Tabernakel, & Simatiek
Die Woord wat vlees geword het, Johannes 1:1
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die
Woord was God. Johannes 1:14
En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon, en ons
het sy heerlikheid aanskou, die heerlikheid van die Eniggeborene
van die Vader, vol van genade en waarheid.
Die Woord het vlees geword en het die Tabernakel geword. Op
die molekulêre skaal het die woord Adenien, (‫אדנין‬ ),
Sitosien, ( ‫)ציטוזין‬, Guanien,(‫גואנין‬ ), Timien-DNS,
(DNA-‫תימין‬ )geword. DNS vorm ons tempels, wat ons liggame is.
Tabernakels en tempels in die Skrif verteenwoordig menslike
liggame. Wanneer ons die beskrywings bestudeer wat aan Moses
gegee is oor hoe om die Tabernakel in die woestyn te bou, vind
ons dat dit werklik 'n Liggaam beskryf. Maar nie die soort liggaam
wat aanvanklik by jou opkom nie. Die Skrif is 'n boek van
Geheimenisse wat geopenbaar is. Die soort Liggaamsskrif wat
aan ons geopenbaar is, is net die grootte van 'n Biologiese Sel.
1 Korinthiërs 6:19
Wat?
Weet julle nie dat julle liggaam die tempel is van
die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God
het, en dat julle nie aan julleself behoort nie?
'n Eukariote is enige organisme wie se selle 'n
kern en ander organelle bevat wat binne
membrane ingesluit is. 'n Eukariote sel is
waarmee ons mense begin as, na die oomblik van
bevrugting. Hierdie eerste sel word 'n Zygote
("gebind" of "gejuk") genoem wat gevorm word
deur 'n bevrugtingsgebeurtenis tussen twee
gamete. Die Zygote verdeel en vermenigvuldig
uiteindelik om spesifieke tipes selle te vorm.
Maar die woord van God het gegroei en
vermeerder. Handelinge 12:24
Die Tabernakel vs Sel Organelle
Die Woord het vlees geword.
DNA, Die Tabernakel, & Simatiek
Die Woord wat vlees geword het, Johannes 1:1
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die
Woord was God. Johannes 1:14
En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon, en ons
het sy heerlikheid aanskou, die heerlikheid van die Eniggeborene
van die Vader, vol van genade en waarheid.
Die Woord het vlees geword en het die Tabernakel geword. Op
die molekulêre skaal het die woord Adenien, (‫אדנין‬ ),
Sitosien, ( ‫)ציטוזין‬, Guanien,(‫גואנין‬ ), Timien-DNS,
(DNA-‫תימין‬ )geword. DNS vorm ons tempels, wat ons liggame is.
Tabernakels en tempels in die Skrif verteenwoordig menslike
liggame. Wanneer ons die beskrywings bestudeer wat aan Moses
gegee is oor hoe om die Tabernakel in die woestyn te bou, vind
ons dat dit werklik 'n Liggaam beskryf. Maar nie die soort liggaam
wat aanvanklik by jou opkom nie. Die Skrif is 'n boek van
Geheimenisse wat geopenbaar is. Die soort Liggaamsskrif wat
aan ons geopenbaar is, is net die grootte van 'n Biologiese Sel.
Die Tabernakel vs Sel Organelle
• Die Ark van die Verbond verteenwoordig die Nukleolus.
Dit is waar die verhaal van DNA begin.
• Die Allerheiligste verteenwoordig die Kern en
Chromatien, waar die Chromosome is.
• Die bedekking van 23 velle verteenwoordig die growwe
endoplasmiese retikulum.
• Die Sluier wat die Heilige Plek van die Allerheiligste skei
verteenwoordig die Kern Membraan.
• Die Gerubs wat op die Sluier vasgewerk is
verteenwoordig Chromatien en Chromosome.
• Die skeiding van die sluier verteenwoordig kernporieë.
• Die besprenkeling van bloed verteenwoordig ribosome.
Die Menslike DNA (sel)
• Die gladde endoplasmiese retikulum verteenwoordig die
koperaltaar.
• Die Mitochondrion verteenwoordig die Kandelaar, soms
genoem die Menorah.
• Die Tabel van toonbrood verteenwoordig die Golgi-
apparaat.
• Die Wierookaltaar verteenwoordig Vesikels.
• Die Koper Waskom verteenwoordig Sitoplasma.
• Die Twin Corner Pillars (op Wesmuur) verteenwoordig
Sentrosome.
• Die Verskeie Rame, Stawe, Toue, ens. verteenwoordig die
Sitoskelet.
• Die Kosaanbiedings verteenwoordig Vacuoles.
• Die panne, grawe, afval, ens. verteenwoordig lisosome.
• Die binnehofheining verteenwoordig die buitenste
selmembraan.
Vroue dienars in die Tabernakel
Toe die nasie van Israel uit Babilon teruggekeer het, het hulle diegene wat teruggekeer het
en hul afkoms opgeteken om te bewys dat hulle werklik Jode was. Onder die lys van
tempelknegte word daar genoem diensknegte en sangeresse.
Die tempeldienaars: die nageslag van Siha, die nageslag van Hasufa, die nageslag van
Tabbaot, die nageslag van Keros, die nageslag van Sia, die nageslag van Padon, die nageslag
van Libana, die nageslag van Hagabah, die nageslag van Shalmai, nageslag van Hanan, die
nageslag van Giddel, die nageslag van Gahar, die nageslag van Reaja, die nageslag van
Resin, die nageslag van Nekoda, die nageslag van Gassam, die nageslag van Ussa, die
nageslag van Pasea, die nageslag van die nageslag van Meunim, die nageslag van Nefussim,
die nageslag van Bakbuk, die nageslag van Hakupha, die nageslag van Harhur, die nageslag
van Bazluth, die nageslag van Mehida, die nageslag van Harsa, die nageslag van die
nageslag van Barkos, die nageslag, die nageslag van Tema, die nageslag van Nesia, die
nageslag van Hatifa. Die nageslag van die dienaars van Salomo: die nageslag van Sotai, die
nageslag van Soferet, die nageslag van Perida, die nageslag van Jaala, die nageslag van
Darkon, die nageslag van Giddel, die nageslag van Sefatja, die nageslag van Hattil, die
nageslag, van Pokeret-Hassebaim en die nageslag van Amon.
Al die tempeldienaars en die afstammelinge van die dienaars van Salomo
Dit is hulle wat uit Tel Mela, Tel Harsha, Kerub, Addon en Immer opgekom het (alhoewel
hulle nie hul familieverwantskap of hul afkoms kon bevestig nie, soos of hulle werklik uit
Israel was): die nageslag van Delaja, die nageslag van Tobía en die nageslag van Nekoda.
En onder die priesters: die nageslag van Hobaja, die nageslag van Hakkos en die nageslag
van Barsillai (wat met 'n vrou uit die dogters van Barsillai, die Gileadiet, getrou en met
daardie naam genoem). Hulle het na hul rekords in die genealogiese materiaal gesoek,
maar niks is gevind nie. Hulle was dus uitgesluit van die priesterskap. Die goewerneur het
hulle opdrag gegee om nie enige van die heilige voedsel te eet voordat daar 'n priester was
wat die Urim en Tummim kon raadpleeg nie. Die hele groep het 42 360 getel, hul 7 337
manlike en vroulike bediendes nie ingesluit nie. Hulle het ook 245 manlike en vroulike
sangers gehad. (Nehemia 7:46–67)
Inleiding
In twee verse in die Hebreeuse Bybel word daar kortliks melding gemaak van vroue wat
by die ingang van die tent van samekoms gedien het. Die fokus van hierdie twee verse is
nie die vroue nie, maar die vroue se spieëls, in Eksodus 38:8, en die veragtelike gedrag
van die priesters Hofni en Pinehas, in 1 Samuel 2:22.
[Besaleël] het die koperkom en sy voetstuk gemaak van die koperspieëls van die vroue
wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het (Eksodus 38:8).
… [Eli] het gehoor van alles wat sy seuns aan die hele Israel gedoen het en hoe hulle met
die vroue geslaap het wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het (1 Sam.
2:22).
Wat kan ons van hierdie vroue weet? Het hulle diens godsdienstige rituele behels? Wat is
die betekenis van hul spieëls? En wat weet ons van die ruimte waarna verwys word as
“die ingang van die tent van samekoms”?
Twee Tente van Ontmoeting
Twee strukture word in die Hebreeuse Bybel "die tent van ontmoeting" genoem. Die
eerste was 'n tent wat Moses in die woestyn buite die Israelitiese kamp opgerig het (Eks.
33:7-11). In hierdie tent het Moses (en Josua) God ontmoet. Die tweede was 'n groter,
meer weelderige, tent bekend as die Tabernakel. Hierdie tent was in die middel van die
Israelitiese kamp geleë tydens hulle woestynomswerwinge. Rondom die tyd van gebeure
wat aan die begin van 1 Samuel opgeteken is, was die Tabernakel by Silo geleë (1 Sam.
1:3; 2:14). Die Israeliete het na hierdie Tabernakel gekom om geloftes af te lê, om offers
te bring, en om ander redes.
Die vroue wat in Eksodus 38:8 en 1 Samuel 2:22 genoem word, het blykbaar by die
ingang van albei tente gedien. Dit blyk dat 'n vroeëre groep vroue afgesonder is vir
diens by Moses se tent van samekoms in die Sinai-woestyn en 'n latere groep het by
die Tabernakel gedien toe dit in Silo geleë was. Boonop was daar waarskynlik 'n
opeenvolging van vroue wat in die tussenliggende honderde jare by die Tabernakel
gedien het, vroue wat nie in die Bybel genoem word nie.
Die Vrouediens
Baie het probeer om die diens van hierdie vroue tot die minimum te beperk.
Sommige het selfs beweer dat die vroue wat in 1 Samuel 2:22 genoem word,
prostitute was. Dit is ten spyte van die feit dat daar niks in die Bybelse teks is wat
aandui dat die vroue enigsins skuldig was vir die skandalige gedrag van Hofni en
Pinehas nie. Boonop het Eli sy seuns se optrede as sonde teen die HERE beskou (1
Sam. 2:25). Dit kan daarop dui dat die vroue aan die HERE toegewy was.
Die bywoning van hierdie vroue by die ingang van die tent van samekoms blyk 'n
gegewe te wees en hulle rolle word nie uitgebrei nie, maar die Hebreeuse
werkwoord tsaba wat in beide Eksodus 38:8 en 1 Samuel 2:22 gebruik word, dui aan
dat hierdie vroue was betrokke by een of ander soort bediening wat vergelykbaar
was met dié van sommige Leviete; tsaba word gebruik vir Leviete en hulle diens in
Numeri 4:23 en 8:24.[1]
Hierdie werkwoord tsaba is nie 'n algemene woord in die Hebreeuse Bybel nie.
Alhoewel dit soms in die konteks van priesterlike pligte gebruik word, word dit meer
dikwels in die konteks van oorlogvoering gebruik. Susan Ackerman skryf dat “die
herhaalde gebruik van die wortel ṣ-b-' [tsaba] van die vroue wat by die ingang
gestasioneer is, gegewe die militêre resonansies daarvan, maklik voogdyskap kan
voorstel.”[2] Ackerman stel verder voor dat “deur die vroue te assosieer met die
twee seuns van Eli, kan dit dui op 'n paar ṣōbĕ'ôt [deelwoord van tsaba] vroue wat
die ingang na die tent van samekoms flankeer.”[3]
Wat ook al die geval is, tsaba is nie 'n woord wat na gewone of alledaagse aktiwiteite
verwys nie. Daar moet egter daarop gewys word dat priesterlike diens kan wissel van
verhewe dade van aanbidding tot alledaagse take van onderhoud, skoonmaak en dra.
Wie was hierdie dienende vroue?
Gesonde mans uit die stam van Levi was veral toegewy aan priesterlike diens, en die
dienende vroue was moontlik familie van hierdie mans, maar ons weet dat nie-
Leviete ook in die Tabernakel kon dien. Volgens 1 Samuel 1:1 was Samuel van die
stam van Efraim, tog het hy in die hart van die Tabernakel gedien en selfs naby die
Verbondsark geslaap (1 Sam. 3:3). Dit lyk asof hy eerder as 'n Nasireër as 'n Leviet
gedien het (1 Sam. 1:11). Miskien is die dienende vroue deur hul ouers vir die
bediening toegewy op dieselfde manier as wat Hanna haar seun Samuel toegewy het
(1 Sam. 1:28; 2:11, 18).
Jefta se dogter was dalk aan sulke diens toegewy. Terwyl die meeste geleerdes glo
dat Jefta sy gelofte nagekom het deur sy dogter dood te maak, is 'n ander scenario
dat hy sy gelofte nagekom het deur haar aan God se diens toe te wy (Rigt. 11:30-31).
Hierdie tweede scenario het geloofwaardigheid terwyl die meisie twee maande lank
treur omdat sy altyd 'n maagd sal wees; sy huil nie omdat haar pa haar gaan
doodmaak nie (Rigt. 11:37-39).
As Jefta se dogter ’n voorbeeld is van ’n jong vrou wat aan die HERE toegewy is, kan
haar storie aandui dat die vroue wat by die tente gedien het maagde was … of sou
gewees het as nie vir Eli se goddelose seuns nie. In ander dele van die Hebreeuse
Bybel leer ons dat vroue sangers en musikante kan wees wat by tempeldiens
betrokke is (bv. Esra 2:65: Neh. 7:67; vgl. 2 Kron.
This incense - It's a one of a kind! Exodus 30:34-38
Then the LORD said to Moses,
"Take fragrant spices - gum resin, onycha and galbanum—
and pure frankincense, all in equal amounts, and make a
fragrant blend of incense, the work of a perfumer. It is to
be salted and pure and sacred. Grind some of it to powder
and place it in front of the Testimony in the Tent of
Meeting, where I will meet with you.
It shall be most holy to you.
Myrrh essential oil
24 drops of myrrh oil
Cinnamon essential oil
12 drops of cinnamon oil
You can substitute the oil for actual cinnamon sticks that
will be left in the oil mixture.
Fragrant cane/ Calamus oil
12 drops
This is not easy to find
Can be substituted with the following: frankincense
oil, lemongrass, CBD, or clove essential oil.
Cassia essential oil
24 drops of cassia essential oil
Not to be confused with cinnamon oil
Olive oil
240 ml
Use organic cold-pressed extra virgin!
This will be your carrier oil
You will also need a glass jar, vile, or bottle with a top to keep
your anointing oil recipe in.
These ingredients come from Exodus 30:22-24. A
recipe given to Moses straight from God.

More Related Content

Featured

2024 State of Marketing Report – by Hubspot
2024 State of Marketing Report – by Hubspot2024 State of Marketing Report – by Hubspot
2024 State of Marketing Report – by HubspotMarius Sescu
 
Everything You Need To Know About ChatGPT
Everything You Need To Know About ChatGPTEverything You Need To Know About ChatGPT
Everything You Need To Know About ChatGPTExpeed Software
 
Product Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage EngineeringsProduct Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage EngineeringsPixeldarts
 
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental HealthHow Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental HealthThinkNow
 
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfAI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfmarketingartwork
 
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024Neil Kimberley
 
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)contently
 
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024Albert Qian
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsKurio // The Social Media Age(ncy)
 
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Search Engine Journal
 
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summarySpeakerHub
 
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd Clark Boyd
 
Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Tessa Mero
 
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentGoogle's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentLily Ray
 
Time Management & Productivity - Best Practices
Time Management & Productivity -  Best PracticesTime Management & Productivity -  Best Practices
Time Management & Productivity - Best PracticesVit Horky
 
The six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementThe six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementMindGenius
 
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...RachelPearson36
 

Featured (20)

2024 State of Marketing Report – by Hubspot
2024 State of Marketing Report – by Hubspot2024 State of Marketing Report – by Hubspot
2024 State of Marketing Report – by Hubspot
 
Everything You Need To Know About ChatGPT
Everything You Need To Know About ChatGPTEverything You Need To Know About ChatGPT
Everything You Need To Know About ChatGPT
 
Product Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage EngineeringsProduct Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
 
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental HealthHow Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
 
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfAI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
 
Skeleton Culture Code
Skeleton Culture CodeSkeleton Culture Code
Skeleton Culture Code
 
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
 
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
 
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
 
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
 
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
 
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
 
Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next
 
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentGoogle's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
 
How to have difficult conversations
How to have difficult conversations How to have difficult conversations
How to have difficult conversations
 
Introduction to Data Science
Introduction to Data ScienceIntroduction to Data Science
Introduction to Data Science
 
Time Management & Productivity - Best Practices
Time Management & Productivity -  Best PracticesTime Management & Productivity -  Best Practices
Time Management & Productivity - Best Practices
 
The six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementThe six step guide to practical project management
The six step guide to practical project management
 
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
 

Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx

  • 2. Deel 1 – Inleiding Deel 2 – Die Wet en die Tabernakel Deel 3 – Die Plan Deel 4 – Die Poort Deel 5 – Die Voorhof Deel 6 – Die Brandoffer Altaar (Die Koper Altaar) Deel 7 – Die Verskillende Offergawes Deel 8 – Die Koperwaskom Deel 9 – Die Tabernakel Deel 10 – Die Viervoudige Bedekking Deel 11 – Die Heiligdom Deel 12 – Die Reukofferaltaar (Goue Altaar) Deel 13 – Die Goue Kandelaar Deel 14 – Die Tafel met die Toonbrode Deel 15 – Die Voorhangsel Deel 16 – Die Allerheiligste Deel 17 – Die Verbondsark Deel 18 – Die Versoendeksel of Genadetroon Deel 19 – Die Inhoud van die Ark Deel 20 – Die Hoëpriester Deel 21 – Die Orde van die Laer – in die kamp en op trek Deel 22 – Die Wolkkolom Deel 23 – Die Groot Versoeningsdag Punte van bespreking
  • 3. Deel 1 – Inleiding Die studie van die Tabernakel is ‘n vereiste vir ‘n gesonde, vrugbare geestelike lewe. Omtrent vyftig hoofstukke beskryf die Tabernakel en die offers wat daarby behoort in Eksodus, Levitikus, Numeri, Deuteronomium en Hebreërs. • YHWH Elohim ‫ים‬ ִ ‫ֹלה‬ֱ‫א‬ ‫יהוה‬ (God) het self die ontwerp en instruksies aan Moses op die berg Sinai gegee. • Die opdrag vir die Tabernakel het van YHWH Elohim ‫ים‬ ִ ‫ֹלה‬ֱ‫א‬ ‫יהוה‬ (God) gekom omdat HY in Sy volk se midde wou kom woon. Julle sal my volk wees, en Ek sal julle God wees. (Jeremia 30 :22 Afr 1933 / 53 vertaling) • Ons gaan ook kyk hoe die Tabernakel direk verwys na Yeshua HaMashiach ‫י‬ ‫המשיח‬ ‫שוע‬ en dan ook na ons eie DNA soos dit in die Tabernakel voorkom.
  • 4. Deel 2 – Die Wet en die Tabernakel Eksodus 20: 1 – 17 Die Wet word aan die volk gegee. Na ‘n reis van drie maande kom hulle in die woestyn van Sinai. Die tyd het nou aangebreek dat die Here vir hulle die Wet moes gee – omdat hulle geestelik dood is!! (1 Tim.1:5-10) moes die Wet aan hulle gegee word om elke fase van hulle lewens te regeer (Ex.19:1-8). Die Wet was in drie afdelings verdeel 1. Die Gebooie wat die Heilige Wil van God verklaar (Ex. 20:- 27.) 2. Die Oordele wat die samelewe van die volk reguleer (Ex. 21:1-24.) 3. Die Verordeninge wat die godsdienstige lewe van Israel reguleer (Ex 22:12-31.)
  • 5. 1. Die Wet was eerstens mondeliks aan Israel gegee (Ex. 20:1- 17.) 2. God het Moses op die berg geroep om die Tafels van Klip te ontvang (Ex.24:12-18). Moses het ook die bevele omtrent die Tabernakel, Priesters en die Offeranders op die berg van God ontvang (Ex. 25:31). Intussen het die volk, onderleiding van Aäron, die Eerste gebond verbreek (Ex. 32). Toe Moses van die berg afkom en die afgode aanbidding sien, het hy die twee Kliptafels, waarop God met Sy eie vinger die Tien Gebooie geskrywe het, stukkend gegooi (Ex. 31:18; 32:6-9). 3. Derdens is die twee Kliptafels deur Moses gemaak en die Wet is deur die Here se hand, daarop geskrywe (Ex.34:1; 28-29; 1 Joh. 1:6-10; Matt. 5:17-43). Die wet word op drie verskillende Maniere aan die volk gegee.
  • 6. Deel 3 – Die Plan Die Tabernakel is ‘n tipe van Christus en Sy Versoeningswerk wat Hy vir die mens teweeg sou bring, daarom moes elke besonderheid presies wees volgens wat die patroon is wat God aan Moses gewys het. • Die Vrywillige offers (25: 1 – 9) • Die Voorhof (37: 9 – 21) • Die Brandofferaltaar (27: 1 – 8) • Die Koperwaskom (30: 17 – 21) • Die Tafel Met Toonbrode (25: 23 – 30) • Die Gouekandelaar (25: 31 – 40) • Die Reukoffertafel (30: 22 – 38) • Die Verbondsark (25: 10 – 22) • Die KOPER WASKOM (30: 17 – 21) • Die HEILIGE SALFOLIE en die REUKWERK (30: 22 – 38) • Die VERDELING VAN DIE WERK (31: 1 – 11) • Die HEILIGHEID van die SABBAT (31: 12 – 18) • Die OFFERGAWES (gifte) • Die WERKERS (35: 30 – 35) • Samestelling van die TABERNAKEL (36: 8 – 38) • Samestelling van die DIE TAFEL, DIE KANDELAAR en die REUKOFFERALTAAR (37: 1 – 29) • Die samestelling van die BRANDOFFERALTAAR, die KOPER WASKOM, en die VOORHOF. (38: 1 – 20) • Hoeveel METAAL daar gebruik is. (38: 21 – 31) • Hoe die heilige klere GEMAAK IS. (39: 1 – 43) • Moses rig die TABERNAKEL op. (die reels en volgorde wat gevolg moes word. (40: 1 – 38)
  • 7. Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê: Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My ‘n offergawe moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle my offergawe bring. En dit is die offergawe wat julle van hulle kant moet bring: goud en silwer en koper; en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar; en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout; olie vir die kandelaar, speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye; oniksstene en stene om in te lê vir die skouerkleed en die borstas. Ook moet hulle vir My ‘n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon. Volgens alles wat Ek jou laat sien—die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort—so moet julle dit maak. (Exodus 25:1-9 Afrikaans OV) Die VRYWILLIGE OFFERS Eksodus 25: 1 – 9
  • 8. Die Voorhof Eksodus 37: 9 – 21 Die voorhof was die eerste konstruksie. Die omheining van die Voorhof het uit 60 pilare bestaan waarvan 4 pilare die Poort uitgemaak het. Hierdie muur was 2 meter hoog. Die plan word deur ‘n Hoofwerksman uitgevoer. Sy naam was Besaleël (Ex. 31:1-6). Besaleël beteken “in die skaduwee van God”. Dit wys op die Here Jesus, die Eniggeborene, wat in die boesem van die Vader is. Soos Besaleël vervul was met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid, om die plan van die Tabernakel uit te voer, so het ons ook die Gees van die Here, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here (Jes.11:2) nodig, om die geestelike tempel in hierdie dispensasie te voltooi. God is nie net besig om Sy Gemeente uit die nasies voor te berei nie, maar ook elke indiwidu. En laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis 1 Petr.2:5 Met heilige jaloesie vir sy Naam het God ‘n heining van waarheid en heiligheid rondom sy heilige voorwerpe gespan. Onteenseglik is daar ‘n skeidsmuur tussen ‘n heilige God en ‘n sondige mens.. Die Voorhof is die plek waar die sondaar versoening ontvang. Daar word sy sonde onder die Bloed van Christus bedek. In die Voorhof was die Brandofferaltaar (Koper Altaar) waar die offerandes gebrand word en tussen die Koper Altaar en die Tabernakel is die Waskom wat van koper spieëls gemaak is. Elkeen van hierdie voorwerpe het ‘n geestlike betekenis wat na Jesus verwys
  • 9. Die vraag nou is, waarom het God hierdie heilige plek tussen Sy volk, in drie afdelings laat skep: naamlik die Voorhof, die Heiligdom en die Allerheiligste? Die Antwoord: Die Tabernakel as simbool van die wedergebore mens Die kind van God bestaan uit drie komponente: liggaam, siel en gees (1 Thes 5:23) wat op sy beurt korrespondeer met die tabernakel se voorhof (liggaam), die Heiligdom (siel: emosies, wil en denke) en Allerheiligste (gees: die woonplek van God). DIE BRANDOFFERALTAAR HET BESTAAN UIT : • 5.1 Die Horings • 5.2 Vier Ringe • 5.3 Die Rooster • 5.4 Die As • 5.5 Die Bloed • 5.7 Die Offers Die Brandoffer Altaar (die koper altaar) Eksodus 27: 1 – 8; 38: 1 - 7
  • 10. 5.1 Die Horings Die altaar het vier horings gehad, een op elke hoek. Horings is die simbool van “Krag en Sterkte”. Hulle het na alle rigtings gewys en spreek van voldoende krag om die hele wêreld te red. Die offerdiere was altyd aan die horings vasgemaak voordat hulle geslag is. Wat het Jesus aan die kruishout vasgehou? Dit was nie die spykers nie, maar bande van liefde vir verlore siele. Adonia het vir sy lewe na die altaar gevlug en aan die horings vasgehou vir veiligheid, totdat koning Salomo hom die versekering gegee het, dat hy hom nie sal doodmaak nie (1 Kon. 1:50:53). 5.2 Vier Ringe Daar was ook vier koper-ringe aan elke hoek en twee draaghoute wat met koper oorgetrek is, waarmee die altaar van plek tot plek gedra is. Jesus het belowe Hy sal met ons wees tot aan die einde van die eeue, maar dan moet ons hierdie Evangelie aan al die volke, tot aan die einde van die aarde, verkondig. Die Brandoffer Altaar (die koper altaar) Eksodus 27: 1 – 8; 38: 1 - 7
  • 11. 5.3 Die Rooster Die Rooster van koper, was waar die offerande en die hout gelê en verbrand word. Die As val dan deur in die panne. 5.4 Die As Die As kon nie maar net weggegooi word om deur die wind orals verstrooi te word nie. Nee! Dit was heilig. Dit spreek van ‘n offer wat gemaak en deur God aangeneem is. Die as is ‘n bewys dat dit voldaan is. Dit moes in ‘n skoon plek gehou word, om die onreine te besprinkel, vernaamlik in die geval van melaatse. Daarom moes Jesus se liggaan in ‘n nuwe graf gelê word (Luk.23:53). Sy versoeningsdood en opstanding is die middel wat onreiniges en geestelike melaatse reinig (Lev.6:9-11; Num.19:9). Die Brandoffer Altaar (die koper altaar) Eksodus 27: 1 – 8; 38: 1 - 7
  • 12. 5.5 Die Bloed Die bloed van die offerdier moes by die voet van die altaar uitgegiet word. Die bloed was vir God en die as was vir die mens. Die bloed tipeer die Bloed van Jesus van ons reiging van alle sondes. 5.6 Die Vuur Die Vuur op die Altaar moes gedurigdeur aan die brand gehou word. Die vuur mag nie doodgegaan het nie (Lev.6:13). Waar het hierdie Vuur vandaan gekom? En die heerlikheid van die Here het aan die hele volk verskyn – vuur het van die aangesig van die Here uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. – Lev.9:24 Die Brandoffer Altaar (die koper altaar) Eksodus 27: 1 – 8; 38: 1 - 7
  • 13. 5.6 Die Vuur vervolg…. • Die Vuur uit die hemel tipeer die uitstorting van die Heilige Gees op pinksterdag. Daarom mag die vuur van die Heilige Gees nooit uitgeblus word nie! • Vuur is God se Heiligheid – suiwer of verteer (heiligmaking/oordeel) • Jesus se Dood het die Vuur van die Offeraltaar geblus. • Die Prys was betaal! • Die Vuur was die simbool van God se teenwoordigheid en Sy heiligheid. Die vuur moes altyd aan die brand gehou word as bewys dat God altyd gereed is om te vergewe as ‘n offerhande op die altaar gelê word. Die Brandoffer Altaar (die koper altaar) Eksodus 27: 1 – 8; 38: 1 - 7
  • 14. 5.7 Die Offers Die besonderhede oor offers word in die boek Levitikus beskryf. Die betekenis van die offers is:  Offers word altyd aan God self gebring. Deur te offer het die mens iets wat aan homself behoort, vir God opsygesit.  ‘n Offer is ‘n manier om tot God te nader. God het die offerreëls neergelê sodat die mens met God vrede kon maak.  Offers is vir almal. In die meeste ander godsdienste is sulke rituele die priester se geheim, en hierdeur verkry die priesters ‘n spesiale posisie. In Israel is die meeste offers deur die aanbidder gebring en nie deur die priester nie.  Die offer het beperkte waarde. Die offer kon net vergoed vir onwillekeurige of onwetende sondes. Vir opsetlike ongehoorsaamheid kon ‘n offer net berou uitdruk. As ‘n sondaar vergewe wil word, moet hy direk vergifnis by God soek. Die Nuwe Testament stel dit ook duidelik dat die bloed van stiere en bokke nie die sonde weggeneem het nie, maar slegs bedek het. Die Brandoffer Altaar (die koper altaar) Eksodus 27: 1 – 8; 38: 1 - 7
  • 15. 5.7 Die Offers vervolg …. ‘n Offer is ‘n plaasvervanger. Die dood van die offerdier is as plaasvervangend vir die sonde van die persoon wat die offer gebring het. Vir sonde wat die doodstraf verdien het, kon nie met ‘n offerboete voorsien word nie; maar iemand wat sy sonde bely het en deur God vergewe is, het dikwels ‘n offer gebring as teken van sy berou. In die Nuwe Testament het die offerdood van Jesus wel die plek van die sondaar ingeneem (Gen.4;8:20;15;Lev.1-7;16-7;4:2;Hebr.10:4:9:11- 12;10:12). Die Brandoffer Altaar (die koper altaar)
  • 16. Die Koperwaskom Eksodus 30: 17 - 21 1. Die posisie van die Koperwaskom 2. Die doel van die Waskom 3. Noodsaaklike lesse uit die Waskom 4. Die twee bestanddele van die Waskom a) Die Materiaal b) Die Water 5. Wie was diegene wat gereinig moes word by die Waskom?
  • 17. Die Koperwaskom Eksodus 30: 17 - 21 1. Die posisie van die Koperwaskom Die Koperwaskom het reg voor die Ingang gestaan. Dit vertel vir ons dat die eerste noodsaaklikheid vir die mens om tot God te nader, is die erkenning en beleidenis van sonde. Die eerste seën wat die Here aan die mens wil skenk is die vergifnis van sy sonde. Om voor God te verskyn sonder bloed is gewisse dood, daarom moet hy eers by die altaar uitgekom het. Die Koper Waskom het tussen die Altaar en die Tabernakel gestaan. Dit was die tweede heilige voorwerp wat ons sien na ons by die poort ingekom het. Dit was gemaak van koperspieëls van die vroue wat by die ingang diens gedoen het (Ex. 38:8). Daar moes altyd water in die waskom wees. 2. Die doel van die Waskom Die doel daarvan was om nie alleen aan die priester die vlekke en onreinheid aan hulle vlees en klere te toon nie, maar om hulle te voorsien van die middel om hulle gedurig te reinig, elke keer as hulle in die heiligdom ingaan of na die Koper Altaar gaan, om te gaan offer. Daar is drie dinge wat in vergelyking met die ander voorwerpe kenmerkend is omtrent die Koper Waskom:  Daar was geen mate gegee waarvolgens die Waskom gemaak moes word nie, terwyl dit die geval was met al die ander voorwerpe.  Terwyl al die ander voorwerpe bedek moes word voordat hulle begin trek het, was daar geen instruksies van so ‘n aard vir die Waskom nie.  Daar was ook geen voorsiening aan die Waskom vir draagbare nie, soos dit wel die geval was met al die ander voorwerpe.
  • 18. Die Koperwaskom Eksodus 30: 17 - 21 Noodsaaklike lesse uit die Waskom Daar is ‘n paar lesse wat ons deur kontras met die Koper Altaar van die Waskom wil leer. Die Waskom spreek van die Woord van God en die Heilige Gees (1 Pet.1:22; Joh.15:3: 17:17; Ef.5:26).  By die Altaar sien ons God se volbragte voorsiening vir die sondaar en by die Waskom sien ons die Here se onbeperkte voorsiening vir die verlostes.  By die Altaar sien ons Jesus sterf om ons van ons sonde te reinig en by die Waskom sien ons Hy leef om ons van sonde rein te hou.  By die Altaar sien ons geskrywe: “Sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie” – Heb. 9:22 En by die Waskom hoor ons die woorde: “Sonder heiligmaking sal niemand die Here sien nie” – Heb. 12:14.  Die Altaar spreek van die volmaakte werk van Christus wat volbrag is. (Dit was net so groot gebou as wat God op die berg vir Moses gewys het.) Die Waskom spreek van die werk van Christus wat nog voortduur in die lewe van die Christen. Die twee bestanddele van die Waskom Die waskom was van koper spieëls gemaak en met water gevul. a) Die Materiaal ‘n Spieël wys jou nie hoe ander lyk nie, maar hoe jy vir ander lyk! Die waskom was van ‘n gladde en blink gepoleerde koper gemaak, sodat die priesters hulleself daarin kon sien. Nie hoe mooi hulle was nie, maar die merke en vlekke op hulle gesigte, hande en voete en ook op hulle klere. In die Nuwe Testament word drie keer na spieël verwys: En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. – 2 Kor. 3:18 Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. – 1 Kor. 13:12 Want as iemand ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n dader nie, die is soos ‘n man wat sy natuurlike gesig in ‘n spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. – Jak 1:23-24 Dit is in die Woord van God wat ons ons eie toestand aanskou.
  • 19. Die Koperwaskom Eksodus 30: 17 – 21; 38:8 b) Die Water “Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.” – Joh.13:10 Die Woord van God is nie alleen ‘n spieël om die gelowige sy foute en gebreke uit te wys nie, maar ‘n fontein om te reinig. Die water staan vir die Heilige Gees wat deur die Woord werk. Die letter is dood maar die Gees maak lewend. Soos die priesters gedurig na die waskom moes gaan vir reininging, so moet elke kind van die Here getrou die Woord van God lees en bid om rein te bly. Wat ‘n troos om te weet dat die water afgekom het tot by die priesters. Hulle het nie nodige gehad om op te klim na die water toe nie. Deur slegs die kraan oop te draai, kon hulle die water op hulle vuil klere laat val om dit skoon te maak. (Rom.10:6-8) Christus se reiniging is vir klein en groot. Wie was diegene wat gereinig moes word by die Waskom? “As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.” – 2 Tim. 2:21 Ons sien dus dat die doel van die koperwaskom is dat priesters geskik gemaak sal word tot gemeenskap en diens in die heiligdom. Dit was nie die gewone mense daar buite nie, maar hulle wat in ‘n noue en intieme verhouding met die Here moes dien.
  • 20. Die Tafel Met Toonbrode Eksodus 25: 23 – 30; 37: 10 - 16 Maak ook ‘n tafel van akasiahout 2 el (L) x 1 el (B) x 1 ½ el (H) (92 cm x 46cm x 69 cm). En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor ‘n goue krans rondom. Maak daarvoor ook ‘n lys van ‘n handbreed rondom; en maak ‘n goue krans vir die lys rondom. En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote. Naby die lys moet die ringe wees as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra. En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word. Maak ook sy skottels en sy rookpanne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak. En op die tafel moet jy altyddeur toonbrood voor my aangesig neersit. (Exodus 25:23-30 Afrikaans OV) a) Die twaalf Brode Die brode was twaalf in getal. Dit verteenwoordig die twaalf stamme van Israel. Daar mag groot verskille buitekant die kamp gewees het, maar binne in die heiligdom op die tafel, was hulle almal een voor die aangesig van die Here. Die brode was in twee stapels verdeel – genoeg vir Jode sowel as Heidene. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. Gal.3:28
  • 21. Die Tafel Met Toonbrode Eksodus 25: 23 – 30; 37: 10 - 16 b) Die bestanddele van die Brode Die brood is van fyn meel gemaak en gebak. Meel is ‘n produk van die aarde en ‘n noodsaaklikheid vir die mens. Meel wat nie deur die gaarmakings proses gegaan het nie, is rou en onsmaaklik. So moes Jesus Christus, die vuuroond van die kruisiging deurgaan en vir ons die vloek word, alvorens Hy die Brood van die Lewe kon wees. Die vuuroonde van beproewinge maak ons smaakliker en meer bruikbaar voor die aangesig van die Een met wie ons in die “Brood” gemeenskap het. Ons lewens sal van min belang wees indien dit nie die toetsvure van God deurgegaan het nie. b) 1 Die misterie van die Skoubrood. Die twaalf brode wat altyd warm was. Die brode is Vrydag gebak, op die Tafel op die Shabbat geplaas en die volgende Shabbat deur die priesters geëet. Wonder bo wonder het hulle die hele week vars gebly. (Menachot 96b) c) Die goue krans Die goue krans was rondom die brode en het dit in hulle plek gehou en gekeer dat dit nie afval nie. Dit is net wanneer die Here Jesus in ons lewens gekroon is, dat ons bewaar kan bly. Kroon Hom en jou gemeenskap met Hom sal soveel soeter wees.
  • 22. Die Goue Kandelaar Eksodus 25: 31 – 40; 37: 17 – 27; Efe 1: 4 Omdat daar geen vensters in die Tabernakel was nie, was alle natuurlike lig uit die Heiligdom uitgesluit. Die Kandelaar was die enigste lig in die Heiligdom. Sonder sy lig sou dit stikdonker gewees het. Die Kandelaar is ‘n staander met ‘n lamp bo-op en ses arms aan die kante. Hierdie staander was van suiwer goud en het soos al die ander instrumente, ‘n tweevoudige karakter gehad, nl. die staander en die arms. Die kandelaar was uit een soliede stuk goud gemaak en was tot die verlangde vorm gebring deur dryfwerk, m.a.w. die goud was geslaan tot die bestaande vorm. Die goue kandelaar is ook ‘n simbool van Christus en sy kerk. Christus en Sy Gemeente is Een, voor die grondlegging van die wêreld. (Efe.1:4). Dit was deur die lyding en sterwing van Christus wat Sy gemeente ontstaan het. Dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien. Jes.53:10 Die goue kandelaar is ook ‘n simbool van Christus en sy kerk. Christus en Sy Gemeente is Een, voor die grondlegging van die wêreld. (Efe.1:4). Dit was deur die lyding en sterwing van Christus wat Sy gemeente ontstaan het. Dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien. Jes.53:10 Die goud was buitekant die Heiligdom uitgehamer, daarom moes Christus buitekant die stad gekruisig word.
  • 23. Die Goue Kandelaar Eksodus 25: 31 – 40; 37: 17 – 27; Efe 1: 4 a) Die Lig van die Kandelaar Alles moes in die Lig van Sy teenwoordigheid gedoen word. Die Priester moes die Wierook offer, vars Brode op die tafel sit, die Lampe skoonmaak en met vars olie vul. Jesus het self gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê. Joh.8:12  Die lig mag nooit uitgeblus word nie. God is van ewigheid tot ewigheid.  Die lig skyn op die Tafel van die Toonbrode. As Christus deur ons skyn sien die wêreld in Hom die Brood van die Lewe.  Die lig het op die Reukofferaltaar geskyn. Deur ‘n lewe van gebed en gemeenskap met God by die Altaar, kry ons krag om Christus in heerlikheid aan die wêreld voor te stel.  Sy Lig het ook op homself geval. Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. Matt.5:16
  • 24. Die Goue Kandelaar Eksodus 25: 31 – 40; 37: 17 – 27; Efe 1: 4 b) Die olie van die Kandelaar Twee dinge was nodig vir die Lamp om Lig te gee. ‘n Pit en Olie. Die Heilige Gees op die dag van Pinkster was die Olie uit die hemel op dorre Lamppitte. Toe het hulle vlamme vuur op hulle hoofde gesien.  Olie tipeer die Heilige Gees van God (Liefde)  Die Pit – jou hart  Die Vlam – Die krag van die Heilige Gees Die olie was deur die Priester self in die lampe gegooi. So is dit ook die Here wat Doop met die Heilige Gees. c) Die Snuiter van die Kandelaar Daar was Snuiters en Rakkies vir die Lampe, maar geen Uitblussers nie. Die Snuiters was om die pitte skoon te maak en die as en aanpaksels te verwyder, sodat hulle helderder kon brand. Die Snuiter is ‘n tipe van die werking van die Heilige Gees in die lewe van die Christen. Hierdie snuiter was van suiwer goud gemaak en dit blus nooit die lig van die kandelaar uit nie, maar maak net skoon en reinig net altyd. Toe Petrus Jesus verloën, het Hy hom nie uitgewis nie, maar hom in smarte, deur genade skoon gemaak en geheilig. Die Priester het self met die Snuiter gewerk: Hy sal die rokende lamppit nie uitblus nie, en die gekraakte riet nie verbreek nie.
  • 25. Die Reukofferaltaar Eksodus 30: 1 – 10; 37: 25 - 29 Die Reukofferaltaar se posisie is in ‘n reguit lyn met die Ingang, die Brandofferaltaar, die Waskom en agter die Voorhangsel – die Ark van die verbond met sy Versoendeksel. Die beskrywing van die Reukofferaltaar word nà die ander voorwerpe in die Bybel beskryf. Daar is ‘n spesiale rede hiervoor. Die Brandofferaltaar spreek van Christus aan die kruis hier op aarde, terwyl die Reukofferaltaar Jesus Christus voorstel. Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn;. Heb.9:24 Christus kon nie ‘n Priester wees, alvorens Hy nie eers uit die dode opgestaan het nie. Daarom was daar geen melding gemaak van die Reukofferaltaar voordat daar nie eers in Ex. 28 & 29 die Priester ingestel was nie. Op aarde kon Christus nie ‘n Priester gewees het nie (Heb .8:4). Die Priesters moes uit die stam van Levi en die geslag van Aäron wees (Ex. 28:1). Christus was uit die stam van Juda en van hierdie stam het Moses omtrent die Priesterskap niks gesê nie (Heb.7:14). Christus was dus Priester van ‘n Nuwe Orde – die Orde van Melgisedek (Heb.5:6; 7:3). a) Sy Doel Albei die altare word heilig genoem in die woord van die Here (Ex.29:37 en 30:10). Een keer per jaar, met die groot Dag van Versoening, moes die Hoëpriester die vier horings van albei altare met bloed smeer met die offer van versoening. Op die Reukofferaltaar moes geen offerande geoffer word nie. Alleen Reukwerk moes daarop gebrand word, nadat die altaar met bloed besprinkel is. Dit spreek van die waarde van Christus se versoeningsdood en Sy gestorte bloed waardeur die weg vir ons geopen is tot die Genadetroon waar ons alles kan verkry in die Naam van Jesus.
  • 26. Die Reukofferaltaar Eksodus 30: 1 – 10; 37: 25 - 29 b) Sy Materiaal Dit was van akasiahout met goud oortrek. Die akasiahout verwys na Christus se menslikheid en die goud na Sy Godheid en koningskap. Die menslike natuur van Christus beklee met glorie en heerlikheid in die hemel. c) Sy Posisie Dit het net voor die Voorhangsel gestaan. Daar kon geen aanbidding in die hemel wees voordat die Voorhangsel – die vlees van Christus – nie geskeur het nie. Die Versoendeksel is die Troon van God en die Reukofferaltaar staan onmiddellik daarvoor. Net die Voorhangsel was tussen hulle. Dit is ook die posisie van die Goue Reukofferaltaar in Open. 8:3-5 d) Sy Draaghoute Die draaghoute mag nooit verwyder geword het nie. Die Reukofferaltaar was altyd gereed vir die trek, altyd tot diens. Jesus is altyd besig om vir ons in te tree. Die Verlosser van Israel sluimer of slaap nooit. e) Sy Horings Daar was vier horings, net soos die Brandofferraltaar. Dit spreek weer van die toevlug en sterkte vir die swakste gelowige wat na Christus kom vir hulp (Heb. 7:25). Deur die horings vas te gryp, word die krag van God ontketen en kan ons as gelowiges die koninklike septer van voorbidding hanteer (Mark.11:23).
  • 27. Die Reukofferaltaar Eksodus 30: 1 – 10; 37: 25 - 29 f) Die Krans rondom die Reukofferaltaar Die krans het gekeer dat die kole nie afgeval het nie. Dit was ‘n troosvolle gedagte vir die reisende Israeliete, om te weet dat God voorsiening gemaak het dat die kole nooit sal afval nie, al sou hulle dalk struikel. Al het Petrus gestruikel en geval – die kole van Christus se gebed het nie afgeval nie. Jesus het gesê : Ek het vir jou gebid. Luk.22:23 g) Die Reukwerk Aäron het elke more en aand die reukwerk van speserye op die altaar aan die brand gesteek, as ‘n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die Here. Hierin lê die waarde van die Reukofferaltaar, soos die Versoeningsdood van Christus ‘n ewige en onbegryplike waarde het. Dit was ‘n mengsel van drie speserye (Ex. 30:34-38). Dit moes op warm kole gegooi word om ‘n aangename reuk af te gee (Ex. 30:6-9). h) Die gebruik van die Reukofferaltaar Hierdie altaar het naby die samekomsplek van God en die hoëpriester gestaan. Dit is in ons gebedslewe, diens en heiligmakende lewe dat ons gemeenskap met God het en ‘n aangename geur vir Hom is. Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer. Open.5:8 en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier-en- twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is. Ps.141:2 Gebed bring ons in God se teenwoordigheid deur Sy Heilige Gees wat in ons woon. Hand.4:31, Efe.6:18. Die reukwerk moes voortdurend voor die aangesig van die Here wees. Ons heiligmaking, diens en gebede mag nooit onderbreek word nie. Bid sonder ophou. 1 Thes.5:17
  • 28. Die Verbondsark Eksodus 25: 10 – 22; 37: 1 - 9 Hulle moet dan ‘n ark van akasiahout maak. 2 ½ el (L) x 1 ½ el (B) x 1 ½ el (H), . En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan ‘n goue krans maak rondom. En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is. En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud. En steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die ark om die ark daarmee te dra. Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie. Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee. Maak ook ‘n versoendeksel van suiwer goud 2 ½ el (L) 1 ½ el (B). Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel. En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente. En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees. En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee. En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel. (Exodus 25:10-22 Afrikaans OV)
  • 29. Die Verbondsark Eksodus 25: 10 – 22; 37: 1 - 9 In Ex. 25:10-22 vind ons die beskrywing van die Verbondsark – Versoendeksel en die Gèrubs. Dit was die enigste voorwerp wat uit twee dele bestaan het:  Die Ark  Die Versoendeksel Dit was van akasiahout gemaak en stel sy menslikheid voor. Dit was die enigste meubelment wat spesiaal genoem word en is van binne en buite met goud oorgetrek. Dit was bedek met ‘n goue krans of kroon waarop die gèrubs gegraveer was. Ons lees van die ark van die verbond in Num. 10:33. Dit het die tafels van die wet bevat. Die ark stel die Here Jesus in die vlees voor. In Ex. 25:22 lees ons dat dit ook die ark van Getuienis genoem word, wat ‘n beeld van God se deklarasie was dat Hy die offer van Jesus aangeneem het. Dit was ook die ark van God omdat dit die sigbare troon van God was (Ps.132:8). Dit word ook die ark van Gods sterkte genoem. Staan op na u rusplek, HERE, U en die ark van U sterkte!. Ps.132:8 Dit vertel vir ons van die wonders wat deur die ark se teenwoordigheid gedoen is. Die Saligheidsplan begin by God. Die leer wat Jakob in sy droom gesien het, het uit die hemel gekom. Die Verbondsark se draaghoute mag nie uitgetrek geword het nie. Die Verbondsark van die HERE het voor hulle uitgetrek om vir hulle ‘n rusplek uit te soek… Num.10:33 Terwyl die volk van Israel aan die trek was, het die Ark altyd tussen en voor hulle uitgegaan en was die draaghoute nooit uitgetrek nie. Nadat die volk in die Beloofde Land gekom het en die Tempel van Salomo gebou is, is die draaghoute verwyder. Die volk het toe in hulle rus ingegaan.
  • 30. Die Versondeksel of Genadetroon Eksodus 25: 10 – 22; 37: 1 - 9 Die Versoendeksel was ‘n soliede blad van suiwer goud. Dit het die hele Ark bedek. Hoe vreeslik sou dit wees om ‘n Ark te hê sonder ‘n Genadetroon. Die enigste sitplek was deur God self ingeneem. Die ope vereistes van die Wet op die kliptafels in die Ark is ‘n stille getuie teen ons – as ons nie die Versoendeksel het wat dit alles oordek nie. Christus is ‘n volkome versoening vir ons sondes. Soos die Versoendeksel die hele Ark oordek het, so het Jesus al die vereistes van die Wet vervul. Die Genade Troon By daardie Troon is daar genade. Genade – daar waar die gebreekte weg bedek word. By hierdie Genade Troon is daar hulp vir elkeen wie dit soek langs die weg van die gestorte bloed van Christus (Heb. 4:14-16). Die doel van die Genade Troon is die plek waar God en mens mekaar ontmoet (Ex. 25:22). God is op Sy Troon en wag om die mens te ontvang. Daarom moet elke mens seker maak dat hy God vandag ontmoet solank Hy op die Troon van Genade sit, anders gaan die mens Hom eendag op die Troon van Oordeel ontmoet. Die Gèrubs wat bo-oor die Versoendeksel troon Lees Ex. 25:17-22. Die gèrubs het ‘n essensiële deel van die Versoendeksel gevorm. Op beide ente van die Versoendeksel was ‘n gèrub met uitgestrekte vleuels, hulle gesigte op die Versoendeksel gerig. Die gèrubs kon nie van die Versoendeksel verwyder word nie. Om die twee te skei sou wees om die Versoendeksel te vernietig. Engele is begerig om die dinge in te sien wat aan ons verkondig word (1 Pet.1:12). Die Gèrubs verteenwoordig oppermagtigheid oor alle natuurlike magte. Dit simboliseer almag wat die Genadetroon oorskadu. So besit die Here Jesus almag; want alle mag in die Hemel en op die aarde behoort aan Hom (Matt. 28:18). Wie dus na die Troon van Genade gaan, vind krag en genade wat triomfeer oor alle natuurlike magte en outoriteit. Leviticus 16:2 En die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.
  • 31. Die Inhoud Van Die Ark Die Inhoud van die wet het Moses op die berg ontvang toe hy die tweede maal opgegaan het (Heb. 9:4). Die Wet van God was in die Ark. Dit was aan die kant van die Ark gehou (Deut. 31:24-26). Dit herinner aan God se onveranderlikheid. Dit skyn of sy bestaan heeltemal vergete was, totdat die Priester Hilkia dit weer daar gekry het, 800 jaar later (2 Kron.34:14-22). Dit stel die heilige en regverdig vereistes voor van ‘n regverdige en heilige God. Die Wet is die Kennis van Sonde en nie die vergifnis daarvan nie. Die Here het Moses beveel om die Wet toe te maak onder die Versoendeksel. Jesus Christus het die Wet van God in Sy hart gehad (Ps 40:6-8). Christus het die Weg gebaan, sodat Hy Sy bekwaamheid om die Wil van God te doen, kon demonstreer. Jesus het herhaaldelik gesê dat Hy gekom het om die wil van Sy Vader te doen (Joh.5:30; Joh. 8:29; Joh.4:34). Die Goue Kruik met Manna Lees Heb.9:4. Manna was die simbool van God se voorsiening. Die Brood van die hemel waarmee die Here Sy kinders gevoed het in die woestyn vir 40 jaar van omswerwinge (Ex. 16:32-36). Dit was vir die volk ‘n voortdurende herinnering van God se getroue voorsiening. Ander manna het bederf as dit langer as ‘n dag gehou was, maar die manna in die goue kruik het altyd vars gebly. Die goue kruik met manna bewys dat Jesus beide God en mens was, God wie in Homself die Brood van die lewe gehad het. Jesus is die Brood wat uit die hemel neergedaal het. As God nie vlees aangeneem het en na die wêreld gekom het as die Brood van die lewe nie, sou die hele mensdom in hulle sonde gesterf het.
  • 32. Die Inhoud Van Die Ark Hebreërs 9:4 Die Goue Wierook-bak Die Goue Wierook-bak sowel as die Ark van die Verbond was in die Allerheiligste (Heb.9:4). DIE ARK WAS DIE ENIGSTE VAN DIE VOORWERPE IN DIE TABERNAKEL WAT LATER IN DIE TEMPEL VAN SALOMO OORGEGAAN HET. Die tweede en derde Tempels het geen ark gehad nie. Tradisie beweer dat Jeremia, wie in Jerusalem was met die beleëring van die stad deur die Galdeers, die ark weggesteek het. Daar is sederdien geen bewys daarvan gevind nie. Die Staf van Aäron wat gebot het Die staf van Aäron het bewys dat die priesterskap van Israel, aan die stam van Levi behoort het (Num.17:1-10). So het Christus vir Homself die versekering ontvang dat Hy ‘n Priesterskap ontvang het wat nooit op ‘n ander oorgaan nie. Die priesterlike werk wat Hy gedoen het, het volkome gemaak, almal wat daardeur geheilig word (Heb.10:10-14). Die staf bewys nie net Jesus se Priesterskap nie, maar ook Sy opstanding (Num.17:8). Een wat dood was, maar lewe en vrugte dra. In die Ark was die staf wat gebloei het. In Christus is lewe uit die dood. Die staf het gebot, bloeisels gegee en vrug gedra terwyl dit in die teenwoordigheid van God gestaan het. Ons behoort ook die vrug van die Gees te dra, naamlik liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing (Gal.5:22). En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrug gee op sy tyd en waarvan die blare nie verdroog nie. Ps.1:3
  • 33. Die Hoëpriester Eksodus 28: 1 - 43 Die priesterlike roeping Die Priestersamp is tot stand gebring as gevolg van Israel se afvalligheid en sondigheid. So is die Hoëpriestersskap van Christus nodig geag as gevolg van die mens se sondigheid en afvalligheid (Heb.7:21-28). Aäron was die eerste hoëpriester onder die Livitiese Priesterskap. Aäron se seuns was priesters saam met hom. Hulle was nie hoëpriesters nie, maar as gevolg van hulle verhouding teenoor Aäron was hulle priesters en het dus saam met hom diens gedoen en die volk geleer (Lev.10:11-12).  Soos Aäron deur God as hoëpriester aangewys is, so is Jesus Christus ook as ons hoëpriester aangewys.  Aäron was bekleed met ‘n spesiale gewaad (Lev.8:1-9). ‘n Rok, ‘n Mantel en ‘n Skouerkleed, maar ons hoëpriester is omhul met ‘n gewaad van glorie en heerlikheid.  Aäron was ook bekroon met ‘n tulband of heilige kroon op sy hoof. Sy priesterkleed was nie voltooi sonder hierdie kroon op sy hoof nie. Net die Hoëpriester en die Koning kon krone dra. Die verlostes is ‘n koninklike priesterdom wat eendag krone sal ontvang.  Aäron was met olie gesalf, voordat hy met sy werk kon begin. So was Jesus ook met die Heilige Gees gesalf met Sy doop in die Jordaan.
  • 34. Die Hoëpriester Eksodus 28: 1 - 43 Die Priesterkleed Die Priesterkleed was deur God self bestel. Dit was in drie stukke: a) Die Rok van fyn wit linne om gedra te word en met ‘n gordel omgord te word. b) Die Mantel van pers stof, wat op die wit linnerok gedra moes word. Dit was geweef sonder ‘n soom (Ex.28:28). Aan die soom van die mantel was daar “Granaatjies en goueklokkies”. Hulle geluid moes gehoor word as die hoëpriester in die Allerheiligste diens doen, as bewys dat die hoëpreister nog lewe. Die goue klokkies se gelui tipeer die stem van die Heilige Gees in ons lewens. c) Die Skouerkleed, gemaak van goud, pers, purperrooi, bloedrooi stowwe en fyn linne. d) Die Borstas was 22,5 sentimeter vierkantig en gemaak van dieselfde stowwe as die Skouerkleed. Dit moes nooit los van die skouerkleed wees nie. Daar was 12 edelstene – 4 rye van 3 stene elk aan die Borstas. Op elke steen was die naam van een van die twaalf stamme. Dus het die hoëpriester altyd die volk van God op sy bors gedra, hulle was in Sy hart geskryf. Hierdie stene het elkeen ‘n afsonderlike kleur gehad. So het elke kind van die Here ‘n afsondelike karaktertrek en verskillende gawes, maar Hy dra ons almal op Sy bors. e) Die twee skouerstukke het elkeen ‘n Oniksteen daarop gehad waarin daar op elk 6 name van elk van die twaalf stamme gegraveer was. Dus was die kinders van die Here altyd in gedagtenis gehou: beide op Sy hart – die plek van Liefde, en op Sy Skouers – die plek van Krag. f) Die Tulband was die “Heilige Kroon” van die Priester. Dit was van spierwit linne gemaak met ‘n goue plaat daarvoor, met die woorde daarin gegraveer: HEILIG AAN DIE HERE. Ex.28:36-38
  • 35. Die Hoëpriester Eksodus 28: 1 - 43 g) Die Urim en Tummim (Ex.28:30). Hierdie was twee edelgesteentes wat in die Borstas gehou moes word. Hulle beteken “Ligte” en “Volmaakhede”. Hulle was gebruik wanneer die Here vir iets spesiaals geraadpleeg word, om ‘n beslissing te gee. Dit skyn dat die Here Sy gedagte en wil meestal deur middel van hierdie twee stene aan die Hoëpriester bekend gemaak het. Moontlik het Sy Goddelike glans op hulle helderder of dowwer geword: die “JA” en “NEE” van die Here. Vandag moet ons die “Woord” en die “Heilige Gees” raadpleeg om die wil van die Here te kry vir elke beslissing wat ons moet maak. Die Hoëpriester se werk • Die Hoëpriester moes homself voor God stel en moes dus rein van sonde wees. • Hy moes Versoening vir die sonde van die volk doen. • Hy moes die Vate met bloed besprinkel, om dit vir diens te reinig. • Hy moes Gawes offer. Buiten die brandoffers moes hy gawes van welriekende reukoffer op die goue altaar brand. Die voorbidding van Jesus gemeng met die gebede van die verlostes (Open.5:8) • Hy moes die lampe altyd voorsien van vars olie en hulle skoonmaak. So belowe die Here ons altyd die Heilige Gees om ons in staat te stel om vir Hom te skyn. • Hy moes ook verklaar wat rein en wat onrein is. Dit is nie wat ons dink nie, maar wat Jesus dink. • Hy moes ‘n Voorspraak wees. Hy moes altyd intree vir die behoefte van die volk. Die Hoëpriester het nooit gaan sit as hy in die Heiligdom ingegaan het nie, want sy werk was nooit klaar nie. Maar Jesus het wel alles volbring aan die kruis.
  • 36. Die Orde Van Die Laer In Die Kamp En Op Trek Numeri 1 en 2 Wie kon dink dat ‘n aantal slawe wat uit Egipteland as ‘n wanordelike ongedisiplineerde volk, in so ‘n kort tydjie, sulke orde in hulle kamp sowel as op trek kon openbaar. Toe die volk uit Egipte weggetrek het, was hulle ongeveer 600 000 man, buiten die vroue en kinders. Daar moes hulle deur swepe gedrywe word, maar in God se skool het hulle geleer dat die Orde die eerste Wet van die hemel is. Die Orde in die Kamp In die Oostekant by die deur van die Tabernakel was die tente van Moses en Aäron. Aan die ander kant, naaste aan die Tabernakel, was die tente van die Leviete (Num.1:53). Die Gersoniete was in die Westekant (Num3:25-26). Hulle werk was om die Tabernakel se bedekkings en voorhangsels met die lyne te versorg en te vervoer. Om hulle te help met die vervoer van hierdie vrag deur die woestyn, was daar aan hulle twee waens en vier beeste toegeken. Die Gersoniete was die geslag van Gerson en van die drie seuns van Levi. Die name van die ander twee seuns was Merari en Kohat. Aan elkeen van hierdie drie seuns en hulle geslagte was ‘n spesiale verantwoordelikheid in verband met die Tabernakel toevertrou. Die Kohatiete en hulle families was aan die Suidekant (Num.3:29). Hulle werk was die versorging en vervoer van die Ark, die Tafel, die Reukofferaltaar (goue) en die Brandofferaltaar (koper), die Kandelaar en al die panne en voorwerpe wat in die Heiligdom gebruik was, sowel as die Voorhangsel. (Num. 3:31). Aan hulle was geen waens toegeken nie, want die voorwerpe van die Heiligdom moet op hulle skouers gedra word (Num.7:9).
  • 37. Die Orde Van Die Laer In Die Kamp En Op Trek Numeri 1 en 2 Die Merariete en hulle families se tente was aan die Noordekant. Aan hulle was toevertrou die versorging van die style, die dwarshoute, sy voetstukke en al die gereedskap wat daarby hoort (Num.3:36-37). Aan die Merariete was 4 waens en 8 beeste toegeken om te help met die vervoer daarvan (Num.7:8). Die Leviete was nie saam met die ander stamme gereken nie. Hulle was aan die Here toegewy as ‘n beweegoffer, vir Sy diens (Num.8:11). Hulle diensjare was die 20 beste jare van hulle lewe: van 30 tot 50 jaarige ouderdom (Num.4:3; 23; 30).  Aan die Oostekant : Juda, Isaskar en Sebulon  Aan die Suidekant : Ruben, Simeon en Gad  Aan die Westekant : Efraim, Manasse en Benjamin  Aan die Noordekant : Dan, Aser en Naftali Elke groep van drie stamme het hulle eie vaandel gehad. Vraag Kan die lewende wesens in Ezekiel 1 en Openbaring 4: 6 – 9, die groepering van die stamme verteenwoordig? Die Kohatiete en hulle families was aan die Suidekant (Num.3:29). Hulle werk was die versorging en vervoer van die Ark, die Tafel, die Reukofferaltaar (goue) en die Brandofferaltaar (koper), die Kandelaar en al die panne en voorwerpe wat in die Heiligdom gebruik was, sowel as die Voorhangsel. (Num. 3:31). Aan hulle was geen waens toegeken nie, want die voorwerpe van die Heiligdom moet op hulle skouers gedra word (Num.7:9).
  • 38. Die Orde Van Die Laer In Die Kamp En Op Trek Numeri 1 en 2 Hoe wonderlik is God se Orde as ons hom getrou wil volg! Die Plek van die Ark Die Ark was altyd in die Middel van die laer op die skouers van die Liviete, behalwe in die volgende gevalle • Toe Moses sy swaer, Hobab, gevra het om as gids op te tree. Die Here was hieroor ontevrede en het dadelik beveel dat die Ark vooruit gaan, as ‘n bewys dat Hy Self lei en hulle Gids is. (Num.10:31-33). • Toe Israel deur die Jordaan getrek het (Jos.3:3-4) • By die berge Gerisim em Ebal. Die Ark was tussen die twee berge en 6 stamme op elke berg (Deut.11:26- 32) • By Jerigo. Hier was dit wel in die middel, maar op die skouers van die Priesters (Kohatiete) en nie op die skouers van die Liviete nie.
  • 39. Die Orde Van Die Laer In Die Kamp En Op Trek Numeri 1 en 2 Wanneer die laer verskuif moes word, het dit op die geklank van twee trompette geskied. Niemand mag beweeg het voordat Aäron en sy seuns die Heilige Voorwerpe bedek het nie. Niemand mag ingekom het om die voorwerpe te sien nie, anders moes hulle sterwe (Num.4:5-20). Nadat al die Heilige Voorwerpe toegemaak is, het die laer in die volgende orde beweeg (Num.10:14-16):  Juda, Isaskar en sebulon. Dan het die Gersoniete met die twee waens gevolg, daarna die Merariete met die vier waens.  Tweedens trek die stamme van Ruben, Simeon en Gad. Agter hulle kom die Kohatiete en dra die Heilige Voorwerpe op hulle skouers. Wanneer hulle by die volgende staanplek kom, is die Tabernakel weer opgeslaan en gereed gemaak om die Heilige Voorwerpe weer op hulle plek te sit.  Derdens volg Efraim, Manassa en Benjamin en na hulle  Die stamme van Dan, Aser en Naftali.
  • 40. Die Wolkkolom Eksodus 13: 21 - 22 Die wolkkolom tipeer (wees kenmerkend of verteenwoordigend van voorbeeld) hoofsaaklik die vleeswording van God. God was in die Wolkkolom. God was in Christus. Vir diegene wie die wolk van buite gesien het, was dit net ‘n rook of wolkkolom, maar diegene wie deur die bloed van die paaslam uit slawerny verlos is, het geweet dat dit die sigbare teenwoordigheid van die onsienlike God was. Vir diegene wie nog nie in die Heiligdom was nie, is Christus maar net die Seun van God, die Middellaar, die Lam, maar vir die wat in Een God glo, is Christus die sigbare Openbaring van die onsienlike God. Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn – dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus. 2 Kor.4:6 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe. 1 Joh.5:20 En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid. 1 Tim.3:16
  • 41. Die Groot Versoeningsdag Levitikus 16 In Lev.16 lees ons die beskrywing van die Groot Versoeningsdag. Die Groot Versoeningsdag is ‘n tipe van Christus in Sy Plaasvervanging. (Bokke en stiere) Die Hoëpriester se ingang in die Allerheiligste was een van die mees uitstaande gebeure op die Groot Versoeningsdag. a) ‘n Jong bul word geslag as ‘n Sondoffer. Die Hoëpriester neem ‘n kom met bloed so ver as die Waskom. Daar bad hy sy liggaam en trek die wit linnekleed aan. Dan neem hy weer die kom met bloed en dra dit tot in die Heiligdom. Daar neem hy die Wierookbak en vul dit met gloeiende kole en gooi ‘n hand vol fyngestampte reukwerk daarop. Die rook van die brandende reukwerk vul die Allerheiligste. Nou stoot hy die Voorhangsel opsy en die rookwolk van die reukwerk gaan in die Allerheiligste en hy kom in die rookwolk binne en sprinkel die bloed op die Versoendeksel van die Ark. Die Woord versoen beteken om te bedek. Die Hoëpriester bly onder die bedekking van die rook van die reukwerk, tot hy ‘n versoening met die bloed kon maak. Hierdie offerande was maar een maal per jaar gemaak om die geestlike dooie Israel te bedek.
  • 42. Die Groot Versoeningsdag Levitikus 16 b) Die Sondofferbok. Wanneer die Hoëpriester uit die Allerheiligste kom, gaan hy na die Sondofferbok, Asasel -”Scape goat”, wat deur ‘n jongman in die gereedheid gehou word. Aäron lê dan albei sy hande op die kop van die lewendige bok en bely al die misdade van die kinders van Israel. Hy plaas al die sondes en oortredings op die kop van die bok. Daarna word die bok in die woestyn ingelei om deur die wilde diere gedood te word. Later was die bok na ‘n hoë krans, sowat 22,5 km buite Jerusalem geneem en daar afgestoot. So het Jesus ons sonde in Sy liggaam aan die kruishout vasgenael. Soos die Hoëpriester een maal per jaar in die Allerheiligste ingegaan het, so het Jesus een maal in die Hemelse Heiligdom ingegaan en ‘n ewige versoening bewerkstellig. Die Tabernakel is ‘n tipe van Christus en Sy Versoeningswerk wat Hy vir die mens teweeg sou bring
  • 43. Die Tabernakel wys na Yeshua HaMashiach ‫המשיח‬ ‫ישוע‬
  • 44. Die Woord het vlees geword. DNA, Die Tabernakel, & Simatiek Die Woord wat vlees geword het, Johannes 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Johannes 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon, en ons het sy heerlikheid aanskou, die heerlikheid van die Eniggeborene van die Vader, vol van genade en waarheid. Die Woord het vlees geword en het die Tabernakel geword. Op die molekulêre skaal het die woord Adenien, (‫אדנין‬ ), Sitosien, ( ‫)ציטוזין‬, Guanien,(‫גואנין‬ ), Timien-DNS, (DNA-‫תימין‬ )geword. DNS vorm ons tempels, wat ons liggame is. Tabernakels en tempels in die Skrif verteenwoordig menslike liggame. Wanneer ons die beskrywings bestudeer wat aan Moses gegee is oor hoe om die Tabernakel in die woestyn te bou, vind ons dat dit werklik 'n Liggaam beskryf. Maar nie die soort liggaam wat aanvanklik by jou opkom nie. Die Skrif is 'n boek van Geheimenisse wat geopenbaar is. Die soort Liggaamsskrif wat aan ons geopenbaar is, is net die grootte van 'n Biologiese Sel. 1 Korinthiërs 6:19 Wat? Weet julle nie dat julle liggaam die tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julleself behoort nie? 'n Eukariote is enige organisme wie se selle 'n kern en ander organelle bevat wat binne membrane ingesluit is. 'n Eukariote sel is waarmee ons mense begin as, na die oomblik van bevrugting. Hierdie eerste sel word 'n Zygote ("gebind" of "gejuk") genoem wat gevorm word deur 'n bevrugtingsgebeurtenis tussen twee gamete. Die Zygote verdeel en vermenigvuldig uiteindelik om spesifieke tipes selle te vorm. Maar die woord van God het gegroei en vermeerder. Handelinge 12:24 Die Tabernakel vs Sel Organelle
  • 45. Die Woord het vlees geword. DNA, Die Tabernakel, & Simatiek Die Woord wat vlees geword het, Johannes 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Johannes 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon, en ons het sy heerlikheid aanskou, die heerlikheid van die Eniggeborene van die Vader, vol van genade en waarheid. Die Woord het vlees geword en het die Tabernakel geword. Op die molekulêre skaal het die woord Adenien, (‫אדנין‬ ), Sitosien, ( ‫)ציטוזין‬, Guanien,(‫גואנין‬ ), Timien-DNS, (DNA-‫תימין‬ )geword. DNS vorm ons tempels, wat ons liggame is. Tabernakels en tempels in die Skrif verteenwoordig menslike liggame. Wanneer ons die beskrywings bestudeer wat aan Moses gegee is oor hoe om die Tabernakel in die woestyn te bou, vind ons dat dit werklik 'n Liggaam beskryf. Maar nie die soort liggaam wat aanvanklik by jou opkom nie. Die Skrif is 'n boek van Geheimenisse wat geopenbaar is. Die soort Liggaamsskrif wat aan ons geopenbaar is, is net die grootte van 'n Biologiese Sel. Die Tabernakel vs Sel Organelle
  • 46. • Die Ark van die Verbond verteenwoordig die Nukleolus. Dit is waar die verhaal van DNA begin. • Die Allerheiligste verteenwoordig die Kern en Chromatien, waar die Chromosome is. • Die bedekking van 23 velle verteenwoordig die growwe endoplasmiese retikulum. • Die Sluier wat die Heilige Plek van die Allerheiligste skei verteenwoordig die Kern Membraan. • Die Gerubs wat op die Sluier vasgewerk is verteenwoordig Chromatien en Chromosome. • Die skeiding van die sluier verteenwoordig kernporieë. • Die besprenkeling van bloed verteenwoordig ribosome. Die Menslike DNA (sel)
  • 47. • Die gladde endoplasmiese retikulum verteenwoordig die koperaltaar. • Die Mitochondrion verteenwoordig die Kandelaar, soms genoem die Menorah. • Die Tabel van toonbrood verteenwoordig die Golgi- apparaat. • Die Wierookaltaar verteenwoordig Vesikels. • Die Koper Waskom verteenwoordig Sitoplasma. • Die Twin Corner Pillars (op Wesmuur) verteenwoordig Sentrosome. • Die Verskeie Rame, Stawe, Toue, ens. verteenwoordig die Sitoskelet. • Die Kosaanbiedings verteenwoordig Vacuoles. • Die panne, grawe, afval, ens. verteenwoordig lisosome. • Die binnehofheining verteenwoordig die buitenste selmembraan.
  • 48.
  • 49.
  • 50.
  • 51.
  • 52.
  • 53.
  • 54. Vroue dienars in die Tabernakel Toe die nasie van Israel uit Babilon teruggekeer het, het hulle diegene wat teruggekeer het en hul afkoms opgeteken om te bewys dat hulle werklik Jode was. Onder die lys van tempelknegte word daar genoem diensknegte en sangeresse. Die tempeldienaars: die nageslag van Siha, die nageslag van Hasufa, die nageslag van Tabbaot, die nageslag van Keros, die nageslag van Sia, die nageslag van Padon, die nageslag van Libana, die nageslag van Hagabah, die nageslag van Shalmai, nageslag van Hanan, die nageslag van Giddel, die nageslag van Gahar, die nageslag van Reaja, die nageslag van Resin, die nageslag van Nekoda, die nageslag van Gassam, die nageslag van Ussa, die nageslag van Pasea, die nageslag van die nageslag van Meunim, die nageslag van Nefussim, die nageslag van Bakbuk, die nageslag van Hakupha, die nageslag van Harhur, die nageslag van Bazluth, die nageslag van Mehida, die nageslag van Harsa, die nageslag van die nageslag van Barkos, die nageslag, die nageslag van Tema, die nageslag van Nesia, die nageslag van Hatifa. Die nageslag van die dienaars van Salomo: die nageslag van Sotai, die nageslag van Soferet, die nageslag van Perida, die nageslag van Jaala, die nageslag van Darkon, die nageslag van Giddel, die nageslag van Sefatja, die nageslag van Hattil, die nageslag, van Pokeret-Hassebaim en die nageslag van Amon. Al die tempeldienaars en die afstammelinge van die dienaars van Salomo Dit is hulle wat uit Tel Mela, Tel Harsha, Kerub, Addon en Immer opgekom het (alhoewel hulle nie hul familieverwantskap of hul afkoms kon bevestig nie, soos of hulle werklik uit Israel was): die nageslag van Delaja, die nageslag van Tobía en die nageslag van Nekoda. En onder die priesters: die nageslag van Hobaja, die nageslag van Hakkos en die nageslag van Barsillai (wat met 'n vrou uit die dogters van Barsillai, die Gileadiet, getrou en met daardie naam genoem). Hulle het na hul rekords in die genealogiese materiaal gesoek, maar niks is gevind nie. Hulle was dus uitgesluit van die priesterskap. Die goewerneur het hulle opdrag gegee om nie enige van die heilige voedsel te eet voordat daar 'n priester was wat die Urim en Tummim kon raadpleeg nie. Die hele groep het 42 360 getel, hul 7 337 manlike en vroulike bediendes nie ingesluit nie. Hulle het ook 245 manlike en vroulike sangers gehad. (Nehemia 7:46–67) Inleiding In twee verse in die Hebreeuse Bybel word daar kortliks melding gemaak van vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het. Die fokus van hierdie twee verse is nie die vroue nie, maar die vroue se spieëls, in Eksodus 38:8, en die veragtelike gedrag van die priesters Hofni en Pinehas, in 1 Samuel 2:22. [Besaleël] het die koperkom en sy voetstuk gemaak van die koperspieëls van die vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het (Eksodus 38:8). … [Eli] het gehoor van alles wat sy seuns aan die hele Israel gedoen het en hoe hulle met die vroue geslaap het wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het (1 Sam. 2:22). Wat kan ons van hierdie vroue weet? Het hulle diens godsdienstige rituele behels? Wat is die betekenis van hul spieëls? En wat weet ons van die ruimte waarna verwys word as “die ingang van die tent van samekoms”? Twee Tente van Ontmoeting Twee strukture word in die Hebreeuse Bybel "die tent van ontmoeting" genoem. Die eerste was 'n tent wat Moses in die woestyn buite die Israelitiese kamp opgerig het (Eks. 33:7-11). In hierdie tent het Moses (en Josua) God ontmoet. Die tweede was 'n groter, meer weelderige, tent bekend as die Tabernakel. Hierdie tent was in die middel van die Israelitiese kamp geleë tydens hulle woestynomswerwinge. Rondom die tyd van gebeure wat aan die begin van 1 Samuel opgeteken is, was die Tabernakel by Silo geleë (1 Sam. 1:3; 2:14). Die Israeliete het na hierdie Tabernakel gekom om geloftes af te lê, om offers te bring, en om ander redes.
  • 55. Die vroue wat in Eksodus 38:8 en 1 Samuel 2:22 genoem word, het blykbaar by die ingang van albei tente gedien. Dit blyk dat 'n vroeëre groep vroue afgesonder is vir diens by Moses se tent van samekoms in die Sinai-woestyn en 'n latere groep het by die Tabernakel gedien toe dit in Silo geleë was. Boonop was daar waarskynlik 'n opeenvolging van vroue wat in die tussenliggende honderde jare by die Tabernakel gedien het, vroue wat nie in die Bybel genoem word nie. Die Vrouediens Baie het probeer om die diens van hierdie vroue tot die minimum te beperk. Sommige het selfs beweer dat die vroue wat in 1 Samuel 2:22 genoem word, prostitute was. Dit is ten spyte van die feit dat daar niks in die Bybelse teks is wat aandui dat die vroue enigsins skuldig was vir die skandalige gedrag van Hofni en Pinehas nie. Boonop het Eli sy seuns se optrede as sonde teen die HERE beskou (1 Sam. 2:25). Dit kan daarop dui dat die vroue aan die HERE toegewy was. Die bywoning van hierdie vroue by die ingang van die tent van samekoms blyk 'n gegewe te wees en hulle rolle word nie uitgebrei nie, maar die Hebreeuse werkwoord tsaba wat in beide Eksodus 38:8 en 1 Samuel 2:22 gebruik word, dui aan dat hierdie vroue was betrokke by een of ander soort bediening wat vergelykbaar was met dié van sommige Leviete; tsaba word gebruik vir Leviete en hulle diens in Numeri 4:23 en 8:24.[1] Hierdie werkwoord tsaba is nie 'n algemene woord in die Hebreeuse Bybel nie. Alhoewel dit soms in die konteks van priesterlike pligte gebruik word, word dit meer dikwels in die konteks van oorlogvoering gebruik. Susan Ackerman skryf dat “die herhaalde gebruik van die wortel ṣ-b-' [tsaba] van die vroue wat by die ingang gestasioneer is, gegewe die militêre resonansies daarvan, maklik voogdyskap kan voorstel.”[2] Ackerman stel verder voor dat “deur die vroue te assosieer met die twee seuns van Eli, kan dit dui op 'n paar ṣōbĕ'ôt [deelwoord van tsaba] vroue wat die ingang na die tent van samekoms flankeer.”[3] Wat ook al die geval is, tsaba is nie 'n woord wat na gewone of alledaagse aktiwiteite verwys nie. Daar moet egter daarop gewys word dat priesterlike diens kan wissel van verhewe dade van aanbidding tot alledaagse take van onderhoud, skoonmaak en dra. Wie was hierdie dienende vroue? Gesonde mans uit die stam van Levi was veral toegewy aan priesterlike diens, en die dienende vroue was moontlik familie van hierdie mans, maar ons weet dat nie- Leviete ook in die Tabernakel kon dien. Volgens 1 Samuel 1:1 was Samuel van die stam van Efraim, tog het hy in die hart van die Tabernakel gedien en selfs naby die Verbondsark geslaap (1 Sam. 3:3). Dit lyk asof hy eerder as 'n Nasireër as 'n Leviet gedien het (1 Sam. 1:11). Miskien is die dienende vroue deur hul ouers vir die bediening toegewy op dieselfde manier as wat Hanna haar seun Samuel toegewy het (1 Sam. 1:28; 2:11, 18). Jefta se dogter was dalk aan sulke diens toegewy. Terwyl die meeste geleerdes glo dat Jefta sy gelofte nagekom het deur sy dogter dood te maak, is 'n ander scenario dat hy sy gelofte nagekom het deur haar aan God se diens toe te wy (Rigt. 11:30-31). Hierdie tweede scenario het geloofwaardigheid terwyl die meisie twee maande lank treur omdat sy altyd 'n maagd sal wees; sy huil nie omdat haar pa haar gaan doodmaak nie (Rigt. 11:37-39). As Jefta se dogter ’n voorbeeld is van ’n jong vrou wat aan die HERE toegewy is, kan haar storie aandui dat die vroue wat by die tente gedien het maagde was … of sou gewees het as nie vir Eli se goddelose seuns nie. In ander dele van die Hebreeuse Bybel leer ons dat vroue sangers en musikante kan wees wat by tempeldiens betrokke is (bv. Esra 2:65: Neh. 7:67; vgl. 2 Kron.
  • 56. This incense - It's a one of a kind! Exodus 30:34-38 Then the LORD said to Moses, "Take fragrant spices - gum resin, onycha and galbanum— and pure frankincense, all in equal amounts, and make a fragrant blend of incense, the work of a perfumer. It is to be salted and pure and sacred. Grind some of it to powder and place it in front of the Testimony in the Tent of Meeting, where I will meet with you. It shall be most holy to you. Myrrh essential oil 24 drops of myrrh oil Cinnamon essential oil 12 drops of cinnamon oil You can substitute the oil for actual cinnamon sticks that will be left in the oil mixture. Fragrant cane/ Calamus oil 12 drops This is not easy to find Can be substituted with the following: frankincense oil, lemongrass, CBD, or clove essential oil. Cassia essential oil 24 drops of cassia essential oil Not to be confused with cinnamon oil Olive oil 240 ml Use organic cold-pressed extra virgin! This will be your carrier oil You will also need a glass jar, vile, or bottle with a top to keep your anointing oil recipe in. These ingredients come from Exodus 30:22-24. A recipe given to Moses straight from God.

Editor's Notes

  1. Dit is die plan wat Moses op die berg Sinai van Yahweh Elohim (God) gekry het.
  2. Besáleël en Ohóliab is deur die ruach ha-kodesh vervul om die taak van die vervaardiging en die bou van die Tempel te kon behartig.