SlideShare a Scribd company logo
1 of 20
Die Tabernakel
Deel 7 – Die Heilige Plek
Die Heilige Plek bestaan uit die volgende:
• Die ingang – Die gordyn
• Die vyf pilare
• Die Minora
• Die tafel met toonbrode
• Reuk offer altaar
Die gordyn:
Skriflesing:
Eksodus 26:36 Jy moet ook vir die ingang van die tent ‘n bedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn
dubbeldraad-linne, veelkleurige werk.
:37 En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en
jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.
Die veelkleurige bedekking van die tabernakel het bestaan uit die volgende kleure:
Wit: Rynheid – Sondevry en vlekkeloos - Jesaja 1:18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos
skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
Pers: Blou en rooi saam vorm pers – Blou – heelende krag van God – Rooi – kleur van die mens en verlossing van sonde – So pers
simboliseer die helende krag van God en die verlossing van sonde wat beskikbaar is vir die mens as ons in Sy teenwoordigheid
bly.
Purperrooi: Koningskap van Jesus Christus
Bloedrooi: Kleur van die mens – verlossing van sonde, versoeningswerk aan die kruis van Golgota.
Die vyf pilare:
Akasia hout - Die akasiahout se betekenis is tweeledig van aard. Dit wys op die mens se vergaanbare
vleeslike natuur as ook na Jesus Christus se mens wording.
Goud – Goddelike natuur
Koper – Oordeel van God
5 – Verteenwoordig God se Skeppingskrag – Hebreeus - Hey
Psa 33:6 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele
leër.
Twee plus drie is ook vyf -
Die Seun van God – 2 – Hebreeus –Bet / Vet
Die Gees van God – 3 – Hebreeus – Gimmel (ghee-mel)
So, soos in die begin met die skepping was Vader, Seun en Heilige Gees aktief betrokke in die skeppings
proses. Wanneer God in Sy heerlikheid in ‘n persoon se lewe betrokke raak verander daardie persoon se
hele natuur en kan die oordeel van sonde mee gedeel word. Ons kan as voorbeeld hier na Abram en Sara
se lewens kyk. Voordat hulle God ontmoet het, het hulle afgode aanbid en deur Abram se geloof het God
hulle name verander na Abraham en Sarah. Vader God het op die toneel verskyn en hulle hele menswees
verander. Ons moet ook toelaat dat Vader God, Jesus Christus en Heilige Gees van ons besit neem en ons
‘n nuwe skepsel maak.
2Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou
dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
5:18 En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus
Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,
5:19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het
deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die
versoening aan ons toe te vertrou.
5:20 Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons
vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.
5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons
gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
2Pet 2:22 Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die
hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die
modder te rol.
Die Goue Kandelaar – Verteenwoordig die Woord Van God – Lig vir die Wêreld
Goud – Goddelike Natuur.
Eksodus 25:31 Maak ook ‘n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en
sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees.
25:32 En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en
drie arms van die kandelaar uit die ander kant.
25:33 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ‘n knop en ‘n blom, en drie kelkies soos
amandelblomme aan die ander arm, ‘n knop en ‘n blom—so moet dit wees aan die ses arms wat uit die
kandelaar uitgaan.
25:34 Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en
blomme:
25:35 daar moet ‘n knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en
‘n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en ‘n knop onder die
derde paar arms wat daaruit uitgaan—vir die ses arms wat uit die kandelaar
uitgaan.
25:36 Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees—alles
saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.
25:37 Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe opsteek en
die lig daarteenoor laat val aan die voorkant.
25:38 Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees.
25:39 Van ‘n talent suiwer goud moet hulle dit maak—al hierdie voorwerpe.
25:40 En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg
getoon is.
Die kandelaar was gevorm uit een stuk goud. Dink net wat se intense
konsentrasie nodig was met die maak van die kandelaar. Ek glo dat dit
nie net binne een dag of een uur gemaak was nie.
Waarde van die kandelaar – 1 talent = 33 kg – Prys van goud -
$48,441.53 = $1598570.49 = R 2403713,13
Waarom juis amandelbloeisels?
Die amandelboom is die eerste boom in Israel wat uit winterslaap uit
wakker word en wat eerste begin bloei. Daarom is die wit bloeisel
simbolies van reinheid en nuwe lewe.
Die getalle en dimensies van die kandelaar word weerspieël in die konstruksie van die Woord van God:
Die tafel met toonbrode:
Eksodus 25:23 Maak ook ‘n tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en ‘n el sy breedte, anderhalf el sy hoogte
wees.
25:24 En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor ‘n goue krans rondom.
25:25 Maak daarvoor ook ‘n lys van ‘n handbreed rondom; en maak ‘n goue krans vir die lys rondom.
25:26 En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote.
25:27 Naby die lys moet die ringe wees as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.
25:28 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word.
25:29 Maak ook sy skottels en sy rookpanne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud
moet jy dit maak.
25:30 En op die tafel moet jy altyddeur toonbrood voor my aangesig neersit.
God die Vader voorsien ons van ons daaglikse brood.
Johannes 6:26 Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie
omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword
het.
:27 Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe,
wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.
:28 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?
:29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur
het.
:30 En hulle sê vir Hom: Watter teken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo? Wat werk U?
:31 Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die
hemel aan hulle gegee om te eet.
:32 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit
die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.
:33 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.
:34 Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood.
:35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry
nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
Toe Jesus versoek was in die woestyn ter voorbereiding vir sy bediening op aarde het satan
ook Jesus verlei met brood:
Mat 4:1 Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die
duiwel.
Mat 4:2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger
geword.
Mat 4:3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat
hierdie klippe brode word.
Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe
nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Die Onse Vader Gebed:
Mat 6:9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
Mat 6:10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
Mat 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
Die reukoffer altaar:
Eksodus 30:1 Jy moet ook ‘n altaar maak om reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak.
30:2 ‘n El moet sy lengte wees en ‘n el sy breedte—vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings
moet, daarmee saam, uit een stuk wees.
30:3 En jy moet dit met suiwer goud oortrek: die plaat en die sykante rondom en die horings. En maak daarvoor ‘n
goue krans rondom.
30:4 Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die krans aan weerskante; jy moet dié aan die twee sykante
maak. En hulle moet dien as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.
30:5 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.
30:6 Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor die
versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom.
30:7 En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre
as hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek.
30:8 En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand
steek as ‘n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle
geslagte.
30:9 Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring
nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie.
30:10 En Aäron moet een maal in die jaar aan die horings daarvan versoening
doen; met die bloed van die sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar
daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan die HERE.
Die doel van die reukoffer altaar was om ‘n reukoffer daagliks te brand wat slegs
deur die Hoë Priester instand gehou is soggens en saans. Hy moes kole van die
brandoffer neem om die wierook te brand. Daar was ook spesifieke instruksies
gegee oor die wierook wat gebrand moet word. Ons lees daarvan in
Eksodus 30:34 Verder het die HERE vir Moses gesê: Neem vir jou speserye:
storaksgom en naeltjies en gálbanum—speserye en ook suiwer wierook; alles in
gelyke hoeveelhede,
:35 en maak daar reukwerk van, ‘n mengsel soos die salfmenger dit maak, met
sout gemeng, suiwer, heilig.
:36 En vrywe ‘n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ‘n deel daarvan neer voor
die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig
moet dit vir julle wees.
:37 En die reukwerk wat jy moet maak—na dieselfde voorskrif mag julle vir julle
nie maak nie; as iets heiligs aan die HERE moet dit vir jou wees.
:38 Elkeen wat so iets maak om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei
word.
Dit is simbolies tweeledig van aard:
• Menslike gebede wat opgaan na die Vader
• Jesus Christus wat vir ons intree by die Vader.
Ons gebede wat daagliks na die Vader gaan is soos soet reukwerk wat opgaan na Sy
Troon. Ons moet seker maak dat ons nie sonde in ons lewens het wat kan
verhinder dat die reukoffer nie aangeneem gaan word deur Vader God nie. Sonde
is soos rubber wat by die wierook ingemeng word en wat dan nie baie aangenaam
is wanneer dit aan die brand gesteek word nie.
Romeine 12:1 en 2
Rom 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel
as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.
:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van
julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Psalm 141:2 Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande
soos die aandoffer.
Handelinge 6:3 Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die
Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;
6:4 maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.
Heb 13:15 Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe
wat sy Naam bely.
1Tim 2:1 In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge
gedoen moet word vir alle mense;
2:2 vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle
godsvrug en waardigheid.
Jesus Christus wat vir ons intree by die Vader:
Johannes 17
Heb 7:23 En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood
verhinder is om aan te bly;
:24 maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie.
:25 Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir
hulle in te tree.
:26 Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van
die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het;
:27 wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en
dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.
:28 Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die
eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is.
Daar is ook ‘n waarskuwing van toepassing met betrekking tot die reukoffer altaar:
Eksodus 30:37 En die reukwerk wat jy moet maak—na dieselfde voorskrif mag
julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan die HERE moet dit vir jou wees.
:38 Elkeen wat so iets maak om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei
word.
Die reukwerk was slegs bedoel vir die dienswerk aan God. Daar is ‘n voorbeeld van
twee manne wat die reukwerk op ‘n onregmatige wyse gebrand het. Kom ons kyk
wat het met hulle gebeur:
Lev 10:1 En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem
en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die
aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.
Lev 10:2 Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle
verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.
Lev 10:3 Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In
die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele
volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.
Samevatting:
Stap 1 – Ons moet Jesus aanneem as Verlosser en Saligmaker – Die ingang – Joh 14:6
Stap 1 – Ons moet geloof hê in Christus se versoeningsoffer aan die kruis van Golgota wat
voorgestel word in die brand offer altaar.
Stap 2 – Ons moet ons wil, emosies en menslike ambisies aflê. Ons is nie meer in die wêreld nie
daarom moet ons die dinge van die wêreld aflê. Ons is nou nuut gebore skoon gewas van sonde
en oordeel – die koper waskom
Stap 3 – Ons is die lig van die wêreld omdat Christus Jesus se lig deur ons skyn. Ons moet nie
daardie lig weg steek nie, nee ons moet ons lig laat skyn in hierdie donker wêreld.
Stap 4 – Ons moet daagliks gevoed word met die Woord van God – die brood wat ons gees mens
aan die lewe hou. Onthou dat hierdie brode ongesuurde brode is wat beteken dat ons moet
ontslae raak van sonde – suurdeeg in ons lewens sodat ons die onvervalste boodskap van
verlossing kan deel hê aan en om daardie boodskap nie net vir onsself te hou nie maar aan
hierdie verlore gaande wêreld te verkondig.
Stap 5 – Ons moet daagliks in gebed na die Troon van die Vader gaan. Ons gebede is ‘n offergawe
wat aanneemlik is vir die Vader, dit is ‘n soet reuk wat opgaan in die teenwoordigheid van ons
Vader.

More Related Content

What's hot

El fin del tiempo de gracia parte i
El fin del tiempo de gracia parte iEl fin del tiempo de gracia parte i
El fin del tiempo de gracia parte iElmer DaSilva
 
130 la ira de aman hacia mardoqueo
130 la ira de aman  hacia mardoqueo130 la ira de aman  hacia mardoqueo
130 la ira de aman hacia mardoqueoreligioncras
 
II domingo de pascua .15 abril
II domingo de pascua .15 abrilII domingo de pascua .15 abril
II domingo de pascua .15 abrilTania Hernández
 
DERROCANDO EL SISTEMA BABILONICO
DERROCANDO EL SISTEMA BABILONICODERROCANDO EL SISTEMA BABILONICO
DERROCANDO EL SISTEMA BABILONICORaquel Bertañan
 
El Origen del Nacimiento es Amar a Jesús
El Origen del Nacimiento es Amar a JesúsEl Origen del Nacimiento es Amar a Jesús
El Origen del Nacimiento es Amar a Jesúsglarios
 

What's hot (6)

El fin del tiempo de gracia parte i
El fin del tiempo de gracia parte iEl fin del tiempo de gracia parte i
El fin del tiempo de gracia parte i
 
130 la ira de aman hacia mardoqueo
130 la ira de aman  hacia mardoqueo130 la ira de aman  hacia mardoqueo
130 la ira de aman hacia mardoqueo
 
II domingo de pascua .15 abril
II domingo de pascua .15 abrilII domingo de pascua .15 abril
II domingo de pascua .15 abril
 
DERROCANDO EL SISTEMA BABILONICO
DERROCANDO EL SISTEMA BABILONICODERROCANDO EL SISTEMA BABILONICO
DERROCANDO EL SISTEMA BABILONICO
 
MISA DE NIÑOS
MISA DE NIÑOSMISA DE NIÑOS
MISA DE NIÑOS
 
El Origen del Nacimiento es Amar a Jesús
El Origen del Nacimiento es Amar a JesúsEl Origen del Nacimiento es Amar a Jesús
El Origen del Nacimiento es Amar a Jesús
 

Similar to Die tabernakel deel 7 die heilige plek (13)

God in jou midde
God in jou middeGod in jou midde
God in jou midde
 
Die tabernakel deel 6 die tabernakel struktuur
Die tabernakel deel 6 die tabernakel struktuurDie tabernakel deel 6 die tabernakel struktuur
Die tabernakel deel 6 die tabernakel struktuur
 
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptxDie Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
 
Afrikaans - Prayer of Azariah.pdf
Afrikaans - Prayer of Azariah.pdfAfrikaans - Prayer of Azariah.pdf
Afrikaans - Prayer of Azariah.pdf
 
Die tabernakel deel 9 die dag van versoening
Die tabernakel deel 9 die dag van versoeningDie tabernakel deel 9 die dag van versoening
Die tabernakel deel 9 die dag van versoening
 
Sabbat slide show.pptx
Sabbat slide show.pptxSabbat slide show.pptx
Sabbat slide show.pptx
 
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptxMatteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
 
Afrikaans - 2nd Maccabees.pdf
Afrikaans - 2nd Maccabees.pdfAfrikaans - 2nd Maccabees.pdf
Afrikaans - 2nd Maccabees.pdf
 
Afrikaans - First Esdras.pdf
Afrikaans - First Esdras.pdfAfrikaans - First Esdras.pdf
Afrikaans - First Esdras.pdf
 
Afrikaans - The Apocrypha.pdf
Afrikaans - The Apocrypha.pdfAfrikaans - The Apocrypha.pdf
Afrikaans - The Apocrypha.pdf
 
Afrikaans - The First Gospel of the Infancy of Jesus Christ.pdf
Afrikaans - The First Gospel of the Infancy of Jesus Christ.pdfAfrikaans - The First Gospel of the Infancy of Jesus Christ.pdf
Afrikaans - The First Gospel of the Infancy of Jesus Christ.pdf
 
Afrikaans - Book of Baruch.pdf
Afrikaans - Book of Baruch.pdfAfrikaans - Book of Baruch.pdf
Afrikaans - Book of Baruch.pdf
 
1. Konings 1
1. Konings 11. Konings 1
1. Konings 1
 

Die tabernakel deel 7 die heilige plek

  • 1. Die Tabernakel Deel 7 – Die Heilige Plek
  • 2. Die Heilige Plek bestaan uit die volgende: • Die ingang – Die gordyn • Die vyf pilare • Die Minora • Die tafel met toonbrode • Reuk offer altaar Die gordyn: Skriflesing: Eksodus 26:36 Jy moet ook vir die ingang van die tent ‘n bedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk. :37 En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet. Die veelkleurige bedekking van die tabernakel het bestaan uit die volgende kleure: Wit: Rynheid – Sondevry en vlekkeloos - Jesaja 1:18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. Pers: Blou en rooi saam vorm pers – Blou – heelende krag van God – Rooi – kleur van die mens en verlossing van sonde – So pers simboliseer die helende krag van God en die verlossing van sonde wat beskikbaar is vir die mens as ons in Sy teenwoordigheid bly. Purperrooi: Koningskap van Jesus Christus Bloedrooi: Kleur van die mens – verlossing van sonde, versoeningswerk aan die kruis van Golgota.
  • 3. Die vyf pilare: Akasia hout - Die akasiahout se betekenis is tweeledig van aard. Dit wys op die mens se vergaanbare vleeslike natuur as ook na Jesus Christus se mens wording. Goud – Goddelike natuur Koper – Oordeel van God 5 – Verteenwoordig God se Skeppingskrag – Hebreeus - Hey Psa 33:6 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër. Twee plus drie is ook vyf - Die Seun van God – 2 – Hebreeus –Bet / Vet Die Gees van God – 3 – Hebreeus – Gimmel (ghee-mel) So, soos in die begin met die skepping was Vader, Seun en Heilige Gees aktief betrokke in die skeppings proses. Wanneer God in Sy heerlikheid in ‘n persoon se lewe betrokke raak verander daardie persoon se hele natuur en kan die oordeel van sonde mee gedeel word. Ons kan as voorbeeld hier na Abram en Sara se lewens kyk. Voordat hulle God ontmoet het, het hulle afgode aanbid en deur Abram se geloof het God hulle name verander na Abraham en Sarah. Vader God het op die toneel verskyn en hulle hele menswees verander. Ons moet ook toelaat dat Vader God, Jesus Christus en Heilige Gees van ons besit neem en ons ‘n nuwe skepsel maak.
  • 4. 2Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 5:18 En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, 5:19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. 5:20 Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. 2Pet 2:22 Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.
  • 5. Die Goue Kandelaar – Verteenwoordig die Woord Van God – Lig vir die Wêreld Goud – Goddelike Natuur. Eksodus 25:31 Maak ook ‘n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees. 25:32 En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant. 25:33 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ‘n knop en ‘n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ‘n knop en ‘n blom—so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. 25:34 Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme:
  • 6. 25:35 daar moet ‘n knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ‘n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en ‘n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan—vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. 25:36 Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees—alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud. 25:37 Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe opsteek en die lig daarteenoor laat val aan die voorkant. 25:38 Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees. 25:39 Van ‘n talent suiwer goud moet hulle dit maak—al hierdie voorwerpe. 25:40 En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.
  • 7. Die kandelaar was gevorm uit een stuk goud. Dink net wat se intense konsentrasie nodig was met die maak van die kandelaar. Ek glo dat dit nie net binne een dag of een uur gemaak was nie. Waarde van die kandelaar – 1 talent = 33 kg – Prys van goud - $48,441.53 = $1598570.49 = R 2403713,13 Waarom juis amandelbloeisels? Die amandelboom is die eerste boom in Israel wat uit winterslaap uit wakker word en wat eerste begin bloei. Daarom is die wit bloeisel simbolies van reinheid en nuwe lewe.
  • 8.
  • 9. Die getalle en dimensies van die kandelaar word weerspieël in die konstruksie van die Woord van God:
  • 10. Die tafel met toonbrode: Eksodus 25:23 Maak ook ‘n tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en ‘n el sy breedte, anderhalf el sy hoogte wees. 25:24 En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor ‘n goue krans rondom. 25:25 Maak daarvoor ook ‘n lys van ‘n handbreed rondom; en maak ‘n goue krans vir die lys rondom. 25:26 En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote. 25:27 Naby die lys moet die ringe wees as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra. 25:28 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word. 25:29 Maak ook sy skottels en sy rookpanne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak. 25:30 En op die tafel moet jy altyddeur toonbrood voor my aangesig neersit.
  • 11. God die Vader voorsien ons van ons daaglikse brood. Johannes 6:26 Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het. :27 Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël. :28 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring? :29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het. :30 En hulle sê vir Hom: Watter teken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo? Wat werk U? :31 Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet. :32 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel. :33 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee. :34 Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood. :35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
  • 12. Toe Jesus versoek was in die woestyn ter voorbereiding vir sy bediening op aarde het satan ook Jesus verlei met brood: Mat 4:1 Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. Mat 4:2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. Mat 4:3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Die Onse Vader Gebed: Mat 6:9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; Mat 6:10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; Mat 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
  • 13. Die reukoffer altaar: Eksodus 30:1 Jy moet ook ‘n altaar maak om reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak. 30:2 ‘n El moet sy lengte wees en ‘n el sy breedte—vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees. 30:3 En jy moet dit met suiwer goud oortrek: die plaat en die sykante rondom en die horings. En maak daarvoor ‘n goue krans rondom. 30:4 Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die krans aan weerskante; jy moet dié aan die twee sykante maak. En hulle moet dien as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.
  • 14. 30:5 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud. 30:6 Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom. 30:7 En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre as hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek. 30:8 En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as ‘n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte. 30:9 Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie. 30:10 En Aäron moet een maal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloed van die sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan die HERE.
  • 15. Die doel van die reukoffer altaar was om ‘n reukoffer daagliks te brand wat slegs deur die Hoë Priester instand gehou is soggens en saans. Hy moes kole van die brandoffer neem om die wierook te brand. Daar was ook spesifieke instruksies gegee oor die wierook wat gebrand moet word. Ons lees daarvan in Eksodus 30:34 Verder het die HERE vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en gálbanum—speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede, :35 en maak daar reukwerk van, ‘n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig. :36 En vrywe ‘n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ‘n deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees. :37 En die reukwerk wat jy moet maak—na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan die HERE moet dit vir jou wees. :38 Elkeen wat so iets maak om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
  • 16. Dit is simbolies tweeledig van aard: • Menslike gebede wat opgaan na die Vader • Jesus Christus wat vir ons intree by die Vader. Ons gebede wat daagliks na die Vader gaan is soos soet reukwerk wat opgaan na Sy Troon. Ons moet seker maak dat ons nie sonde in ons lewens het wat kan verhinder dat die reukoffer nie aangeneem gaan word deur Vader God nie. Sonde is soos rubber wat by die wierook ingemeng word en wat dan nie baie aangenaam is wanneer dit aan die brand gesteek word nie. Romeine 12:1 en 2 Rom 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. :2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
  • 17. Psalm 141:2 Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer. Handelinge 6:3 Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; 6:4 maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord. Heb 13:15 Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely. 1Tim 2:1 In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; 2:2 vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.
  • 18. Jesus Christus wat vir ons intree by die Vader: Johannes 17 Heb 7:23 En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly; :24 maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. :25 Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. :26 Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; :27 wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het. :28 Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is.
  • 19. Daar is ook ‘n waarskuwing van toepassing met betrekking tot die reukoffer altaar: Eksodus 30:37 En die reukwerk wat jy moet maak—na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan die HERE moet dit vir jou wees. :38 Elkeen wat so iets maak om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word. Die reukwerk was slegs bedoel vir die dienswerk aan God. Daar is ‘n voorbeeld van twee manne wat die reukwerk op ‘n onregmatige wyse gebrand het. Kom ons kyk wat het met hulle gebeur: Lev 10:1 En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. Lev 10:2 Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE. Lev 10:3 Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.
  • 20. Samevatting: Stap 1 – Ons moet Jesus aanneem as Verlosser en Saligmaker – Die ingang – Joh 14:6 Stap 1 – Ons moet geloof hê in Christus se versoeningsoffer aan die kruis van Golgota wat voorgestel word in die brand offer altaar. Stap 2 – Ons moet ons wil, emosies en menslike ambisies aflê. Ons is nie meer in die wêreld nie daarom moet ons die dinge van die wêreld aflê. Ons is nou nuut gebore skoon gewas van sonde en oordeel – die koper waskom Stap 3 – Ons is die lig van die wêreld omdat Christus Jesus se lig deur ons skyn. Ons moet nie daardie lig weg steek nie, nee ons moet ons lig laat skyn in hierdie donker wêreld. Stap 4 – Ons moet daagliks gevoed word met die Woord van God – die brood wat ons gees mens aan die lewe hou. Onthou dat hierdie brode ongesuurde brode is wat beteken dat ons moet ontslae raak van sonde – suurdeeg in ons lewens sodat ons die onvervalste boodskap van verlossing kan deel hê aan en om daardie boodskap nie net vir onsself te hou nie maar aan hierdie verlore gaande wêreld te verkondig. Stap 5 – Ons moet daagliks in gebed na die Troon van die Vader gaan. Ons gebede is ‘n offergawe wat aanneemlik is vir die Vader, dit is ‘n soet reuk wat opgaan in die teenwoordigheid van ons Vader.