SlideShare a Scribd company logo
1 of 6
Jeremia 31 Somerstrand 27 Maart 2009 Kindertyd Kom ons staan hier (by die doopvont). ,[object Object]
Wat gebeur hier?
God sê: Hy is ons God en ons is sy kinders.
Kom ons sê dit: Hy is my God en ek is sy kind.
God die Vader sê: Hy is my God en ek is sy kind – en Hy belowe dat Hy vir my sal sorg.
God die Seun sê: Hy is my God en ek is sy kind – en Jesus belowe dat Hy my sondes vergewe.

More Related Content

What's hot (16)

Leef in god se teenwoordigheid6
Leef in god se teenwoordigheid6Leef in god se teenwoordigheid6
Leef in god se teenwoordigheid6
 
Tema: Ontdek Moses - jou lewensdoel
Tema: Ontdek Moses -  jou lewensdoelTema: Ontdek Moses -  jou lewensdoel
Tema: Ontdek Moses - jou lewensdoel
 
Hebreërs 4.docx
Hebreërs 4.docxHebreërs 4.docx
Hebreërs 4.docx
 
6 oktober villa rivera die here kom
6 oktober villa rivera die here kom6 oktober villa rivera die here kom
6 oktober villa rivera die here kom
 
Tema - Kry die Melodie van Hoop in Jou Lewe
Tema - Kry die Melodie van Hoop in Jou LeweTema - Kry die Melodie van Hoop in Jou Lewe
Tema - Kry die Melodie van Hoop in Jou Lewe
 
9 deel 4 die dinamietkrag van ware lewe
9 deel 4 die dinamietkrag van ware lewe9 deel 4 die dinamietkrag van ware lewe
9 deel 4 die dinamietkrag van ware lewe
 
Tema: Maak Transformasie jou eie
Tema: Maak Transformasie jou eieTema: Maak Transformasie jou eie
Tema: Maak Transformasie jou eie
 
Tema: Toonleer
Tema: ToonleerTema: Toonleer
Tema: Toonleer
 
Die wonder van Tale spraak
Die wonder van Tale spraakDie wonder van Tale spraak
Die wonder van Tale spraak
 
Jesaja 50.docx
Jesaja 50.docxJesaja 50.docx
Jesaja 50.docx
 
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe GebedEen En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
 
16 Okt Hoor en doen
16 Okt Hoor en doen 16 Okt Hoor en doen
16 Okt Hoor en doen
 
16 Okt Is ons reg of maak ons reg
16 Okt Is ons reg of maak ons reg16 Okt Is ons reg of maak ons reg
16 Okt Is ons reg of maak ons reg
 
Aanbid my
Aanbid myAanbid my
Aanbid my
 
Tema: #Mekaar Deel 2
Tema: #Mekaar Deel 2Tema: #Mekaar Deel 2
Tema: #Mekaar Deel 2
 
Tema:Transformasie in Verhoudings
Tema:Transformasie in VerhoudingsTema:Transformasie in Verhoudings
Tema:Transformasie in Verhoudings
 

Viewers also liked

Viewers also liked (9)

Nuestro Amor
Nuestro AmorNuestro Amor
Nuestro Amor
 
Capitalism & monopolies
Capitalism & monopoliesCapitalism & monopolies
Capitalism & monopolies
 
AGGLOMERATION AND INTERREGIONAL MOBILITY OF LABOR IN PORTUGAL
AGGLOMERATION AND INTERREGIONAL MOBILITY OF LABOR IN PORTUGALAGGLOMERATION AND INTERREGIONAL MOBILITY OF LABOR IN PORTUGAL
AGGLOMERATION AND INTERREGIONAL MOBILITY OF LABOR IN PORTUGAL
 
Bdip5
Bdip5Bdip5
Bdip5
 
E portafolio
E portafolioE portafolio
E portafolio
 
Goodness 2
Goodness 2Goodness 2
Goodness 2
 
Bp3
Bp3Bp3
Bp3
 
EC4024 Lectures14 and15 Options and Derivatives
EC4024 Lectures14 and15 Options and DerivativesEC4024 Lectures14 and15 Options and Derivatives
EC4024 Lectures14 and15 Options and Derivatives
 
Catalogo funi
Catalogo funiCatalogo funi
Catalogo funi
 

Similar to Jeremia 31.docx (16)

Is Television Affecting Your Life?
Is Television Affecting Your Life?Is Television Affecting Your Life?
Is Television Affecting Your Life?
 
God as Skepper.docx
God as Skepper.docxGod as Skepper.docx
God as Skepper.docx
 
Stop Walking Through Text
Stop Walking Through TextStop Walking Through Text
Stop Walking Through Text
 
Tema - Kyk nie Terug nie, Vorentoe
Tema - Kyk nie Terug nie, VorentoeTema - Kyk nie Terug nie, Vorentoe
Tema - Kyk nie Terug nie, Vorentoe
 
Tema - Hoe om god se stem te hoor, Preek 3
Tema - Hoe om god se stem te hoor, Preek 3Tema - Hoe om god se stem te hoor, Preek 3
Tema - Hoe om god se stem te hoor, Preek 3
 
Tema - Hoe om god se stem te hoor
Tema - Hoe om god se stem te hoor Tema - Hoe om god se stem te hoor
Tema - Hoe om god se stem te hoor
 
Jeremia 31.pptx
Jeremia 31.pptxJeremia 31.pptx
Jeremia 31.pptx
 
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptxMatteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
 
Tema: Pak jou tasse- Berei voor vir later.
Tema: Pak jou tasse- Berei voor vir later.Tema: Pak jou tasse- Berei voor vir later.
Tema: Pak jou tasse- Berei voor vir later.
 
26 jan
26 jan26 jan
26 jan
 
Gebed.pps
Gebed.ppsGebed.pps
Gebed.pps
 
1. Pak jou tasse berei voor vir later
1. Pak jou tasse  berei voor vir later1. Pak jou tasse  berei voor vir later
1. Pak jou tasse berei voor vir later
 
Sonder my kan julle niks doen nie
Sonder my kan julle niks doen nie Sonder my kan julle niks doen nie
Sonder my kan julle niks doen nie
 
Handelinge 4.docx
Handelinge 4.docxHandelinge 4.docx
Handelinge 4.docx
 
Goeie advies.pps
Goeie advies.ppsGoeie advies.pps
Goeie advies.pps
 
Leef in god se teenwoordigheid2
Leef in god se teenwoordigheid2Leef in god se teenwoordigheid2
Leef in god se teenwoordigheid2
 

More from Chris van Wyk

Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagChris van Wyk
 
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagChris van Wyk
 
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptxMatteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptxChris van Wyk
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docxChris van Wyk
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptxChris van Wyk
 
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docxMatteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docxChris van Wyk
 
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptxMatteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptxChris van Wyk
 
Hebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptxHebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptxChris van Wyk
 
Handelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptxHandelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptxChris van Wyk
 
Handelinge 4:5-12.docx
Handelinge 4:5-12.docxHandelinge 4:5-12.docx
Handelinge 4:5-12.docxChris van Wyk
 
Handelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptxHandelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptxChris van Wyk
 

More from Chris van Wyk (20)

Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47
 
Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47
 
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
 
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
 
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptxMatteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
 
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docxMatteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docx
 
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptxMatteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
 
1 Sam 3.docx
1 Sam 3.docx1 Sam 3.docx
1 Sam 3.docx
 
1 Samuel 3.pptx
1 Samuel 3.pptx1 Samuel 3.pptx
1 Samuel 3.pptx
 
Hebreërs 4.pptx
Hebreërs 4.pptxHebreërs 4.pptx
Hebreërs 4.pptx
 
Jesaja 50.pptx
Jesaja 50.pptxJesaja 50.pptx
Jesaja 50.pptx
 
Hebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptxHebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptx
 
Jesaja 25.docx
Jesaja 25.docxJesaja 25.docx
Jesaja 25.docx
 
Jesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptxJesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptx
 
Hand 4.pptx
Hand 4.pptxHand 4.pptx
Hand 4.pptx
 
Handelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptxHandelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptx
 
Handelinge 4:5-12.docx
Handelinge 4:5-12.docxHandelinge 4:5-12.docx
Handelinge 4:5-12.docx
 
Handelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptxHandelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptx
 

Jeremia 31.docx

  • 1.
  • 3. God sê: Hy is ons God en ons is sy kinders.
  • 4. Kom ons sê dit: Hy is my God en ek is sy kind.
  • 5. God die Vader sê: Hy is my God en ek is sy kind – en Hy belowe dat Hy vir my sal sorg.
  • 6. God die Seun sê: Hy is my God en ek is sy kind – en Jesus belowe dat Hy my sondes vergewe.
  • 7. God die Heilige Gees sê: Hy is my God en ek is sy kind – en die Gees belowe dat Hy by my sal bly.
  • 8. Kom ons sê dit weer: Hy is my God en ek is sy kind.
  • 9. Dit is wat die doopwater vir my beteken.
  • 10. Kom ons sê vir God dankie.
  • 11.
  • 12. Misdaad – Greenacres onlangs weer mense geskiet met ‘n rooftog,
  • 13. Immoraliteit – saak van Barbie wat voortsleep,
  • 14. Siekte – Japie en Dalene in die hospitaal en ‘n hele paar ander op die lys,
  • 15.
  • 16. En dit help nie jy probeer mense bang maak met die oordeel van God nie – dié week het iemand met my kom gesels om my bang te maak met die idee van die wegraping en dat besighede probleme gaan hê as van die vennote skielik weg is en jy nie by die geld kan uitkom nie! Hello!Die probleem is, dat nie reëls of vrees jou hart gaan regmaak nie. Net God kan dit doen! “Daar kom ’n tyd, sê die Here, dat Ek my woord op julle harte (קֶרֶב – binneste/ingewande) skryf en dit in julle gedagte (לֵב - hart) vaslê. Ek sal julle God wees en julle sal my volk wees. Jy sal nie meer vir jou buurman of vir jou familie hoef te sê: ‘Jy moet die Here dien’ nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal julle oortredings vergewe en nie meer aan julle sondes dink nie.” Jeremia noem dit ‘n nuwe ooreenkoms, ‘n nuwe verbond. En uit die Nuwe Testament weet ons dat die ooreenkoms met die bloed van Jesus Christus verseël is. Toe dit donker geraak het vir Hom aan die kruis, toe Hy ervaar het God self het Hom verlaat, het die lig vir ons begin aanbreek. Wat doen God? Hy vergewe ons die sonde wat op ons harte ingeskryf is, en Hy skryf nuwe woorde daarop, Sy woorde, woorde wat van binne af ons gehoorsaam maak. In ons binneste en in ons gedagtes raak die woorde aktief om vir God en ons naaste lief te hê. Hoe ontvang ons dit? Eenmalig Nou – en dit is belangrik – daar is ‘n eenmaligheid hieraan, ‘n dag wat dít vir ons in vervulling begin gaan het. Ons kan dit die dag of die tydperk noem van ons bekering of ons wedergeboorte of of ons bewussyn van God se teenwoordigheid. Daardie tyd toe ons vir die eerste keer bewus geraak het van die roering van God in ons binneste – die dag wat ons ja gesê het, die dag wat ons fees gevier het oor ons kinders van God is en ons gevoel het, niks kan ooit weer verkeerd gaan nie, niks kan ons uit die hand van God uitruk nie. Alledaags Maar – en dit is nog meer belangrik – daar is ook ‘n alledaagsheid hieraan – die vinger van God wat elke oggend in my lewe sy woorde vir daardie dag skryf, wat regdeur die dag my herinner aan die woorde wat nodig is vir my om van te lewe. As Jesus in die woestyn vir die duiwel sê, dat Hy lewe van elke woord wat uit die mond van God gaan, is dit hierdie alledaagse woord waarvan Hy praat, die woord vir die versoeking van daardie dag. Jesus haal Moses aan in Deuteronomium 8:3 wat vir die volk geleer het: “dat ’n mens nie net van brood leef nie, maar dat jy leef van elke woord wat uit die mond van God kom.” Soos Jesus ook later vir die dissipels sou sê, terwyl die Samaritaanse vrou haar dorpie gaan haal het, “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.” (Joh 4). En dit is iets wat Jesus op ‘n daaglikse basis ontvang het – elke dag, sonder uitsondering. U sien, as ons toelaat dat daar ‘n dag verby gaan dat ons nie die woord van God op ons harte ontvang nie, dan word dit met ander goed beskrywe – dit hoef nie altyd sonde te wees, growwe dinge wat skeiding bring tussen ons en God nie, maar dit is net nie God se woorde nie. En as ons nie ons hartswoorde van Hom ontvang nie, dan is dit baie maklik om ander dinge te ontvang, wat in die plek van God se woorde kom, en wat dan nie noodwendig ons heeltemal weglei van God af nie, nie noodwendig ons slegte goed laat doen nie, maar net nie die dinge is wat God wil hê nie. En dit maak ons moeg, en dit put ons uit, en dit maak ons oneffektief. Jesus sê nie verniet dat dit voedsel is vir Hom om God se woorde, sy wil, te doen nie. Uitdaging en pleidooi U hoor ons die afgelope 6 maande baie spesifiek praat oor geestelike groei. Want ons het oortuig geraak dat daar niks meer belangrik is as dit nie. Dat dit is waarom gemeente-wees gaan, mense wat God se woorde hoor en dit gaan doen in hierdie wêreld. En ons het nou al twee reekse gedoen die afgelope twee kwartale, wat klem lê op hoe geestelike groei werk, en hoe ‘n mens daarby kan inskakel: Hulle het hulle heelhartig toegelê en Druppels vir die dors. Ons het ook al twee reekse aanbiedinge gehad op Woensdae, Didage, wat vir jou as ‘n hulp gegee is om God se woorde vir jou te ontvang – vir jou huwelik, vir jou eie geestelike groei met Adele Calhoun se goed en John Ackerman se goed en die Bybelskool en Lectio Divina en Op pad met God met ‘n joernaal. En ons het ‘n ongeveer 80 mense wat verlede jaar en dié afgelope kwartaal daarby ingeskakel het – en dit is goed, ‘n baie goeie begin. Maar – ons is nie 80 mense in die gemeente nie. Ons is 1500. Kom ons laat die kinders buite berekening, hulle gaan immers na kategese toe, en die tieners doen dissipelskap – hulle is ongeveer 300. En ‘n hele aantal mense bly ver van die kerk af en vir mense in ons tehuise is dit soms onmoontlik om hier te kom. Kom ons sê daar is ongeveer 800 mense uit die gemeente wat Didage kan bywoon, dan is net 10% van ons mense besig hiermee. En dit is te min. En dit gaan nie oor die sukses of nie-sukses van die projek van geestelike groei nie en van Woensdagaande nie. Dit gaan oor die saak van God se woorde wat elke dag op ons harte geskryf word. Óf ons leer hoe dit werk en groei geestelik ... óf ons harte word beskrywe met ons eie woorde óf nog erger met die woorde van die wêreld, en ons stagneer geestelik, raak ongeduldig met dié en daaí, begin fout vind, en raak onbetrokke. God se woorde op ons harte moet ‘n alledaagse werklikheid word – en ons kan mekaar help daarmee. Ek weet persoonlik, uit eie ervaring, hoe moeilik dit is om alleen te luister, as ek dit dag in en dag uit op my eie doen. Daar is in my ‘n bekommernis, dat ons hierdie dinge van die kansel af sê, en dat dit aankom by jou, maar sodra jy by die deur uit is, die sorge van hierdie lewe die woorde van God verstrik en uitvee op jou hart. En ek moet bely: Elke dag wat ék nie luister na wat God sê nie, is die dag vir my ‘n mislukking. Elke dag wat ék nie luister na wat God sê nie, is vir my ‘n vermorsing. Elke dag wat ék nie luister na wat God sê nie, is vir my ‘n fiasko. En ek wonder vir hoe baie van ons dit nie so is nie? Dit is nie die dramatiese goed wat in my lewe gebeur wat dit ‘n mislukking en ‘n vermorsing en ‘n fiasko maak nie. Nee, dit is die middelmatigheid, die insigloosheid, die hooploosheid van die daaglikse gesprekke waarvan ek lees in die koerante en wat ek sien op die TV en wat ek hoor in ons onderlinge gesprekke, wat die lewe uit my pers en wat, as dit al is wat ek hoor, van my lewe ‘n mislukking en ‘n vermorsing en ‘n fiasko maak. Jy sien, ons harte word daagliks beskrywe – en as dit nie ook God is wat daarop skrywe nie – dan word ons harte gou-gou hard en onbuigsaam en ongevoelig. Ek rig dus ‘n uitdaging en ‘n pleidooi – nie ‘n reël nie, en ek maak jou ook nie bang nie. Skryf in vir een van ons aanbiedinge vir geestelike groei. Maak die afspraak en hou daarby. As jy uitstedig moet wees, kom dan die ander tye. Gebruik ons webtuiste om by te bly – dit is waarvoor ons dit geskep het. En as jy iets anders wil voorstel wat jy graag saam met ons wil doen – stel dit voor. As jy liewer in ‘n kleingroep wil inskakel of een wil begin, kom gesels met ons. Dit wil voorkom asof dit makliker is om nuwe groepe te begin – so kry ‘n maat en kom sien my. Maar moenie wegbly nie. Ons het mekaar nodig om mekaar moed in te praat en by mekaar te leer en saam die teenwoordigheid van die Here te ervaar. Soos God met ons ‘n ooreenkoms gesluit het – Ek sal julle God wees en julle sal my volk wees – kom ons sluit ‘n ooreenkoms met mekaar – om mekaar te ondersteun in ons eie luister na sy stem. Amen.