Successfully reported this slideshow.
We use your LinkedIn profile and activity data to personalize ads and to show you more relevant ads. You can change your ad preferences anytime.
1
Handelinge 2:42-47
11 Mei 2014 – “onderlinge verbondenheid”
Verwelkoming
Geseënde MOEDERSDAG! Alle vroue IS ma’s of HET ...
2
Woordverkondiging
Dit is voorwaar ’n pragtige gesig om ganse in ’n V-formasie te sien vlieg. Dit is egter nie om dowe
ne...
3
In vers 46 noem hy nog twee geloofsgewoontes wat bygedra het tot die uitbreiding van die
gemeente:
5. hulle het volhard ...
4
Die probleme met die onderlinge verbondenheid was egter op die koop toe nie net waar van die
eerste gemeente nie. Dit wa...
5
Die “onderlinge verbondenheid” is dus ’n integrale deel van gemeentewees en van gemeentewerk.
Daarsonder kom groei in ’n...
6
1. as ons mense op gelyke voet betrek en omstandighede skep waar hulle as gelykes aan hulle
vriendskapsverhouding kan we...
7
Ek sien ’n kerk waar almal welkom is
Ek sluit af. Ek besef dat wat ek nou op die tafel sit, nie maklik is nie. Presies h...
Upcoming SlideShare
Loading in …5
×

Handelinge 2:42 47

446 views

Published on

Dit is voorwaar ’n pragtige gesig om ganse in ’n V-formasie te sien vlieg. Dit is egter nie om dowe neute dat hulle só vlieg nie. Navorsing het getoon dat die geklap van hulle vlerke ’n opwaartse lugstroom, ’n spiraal draaikolk, veroorsaak wat die ganse opdruk wat in die V-formasie volg. Trouens, hierdie “spanwerk” kan ’n swerm ganse tot 71% verder laat vlieg as wat hulle dit alleen kan regkry, sê navorsers.

Dit is met dié voorbeeld van die ganse in gedagte wat ek wil hê dat julle moet kyk na die prentjie wat Lukas vir ons hier in Handelinge 2 skilder van die eerste gemeente. Dit is op ’n manier een van die kragtigste paradigmas vir ons van hoe ’n gemeente moet werk, van wat in ’n gemeente moet gebeur, van waarop dit regtig aankom. Baie gemeentes reg deur die eeue het telkens weer na dié paar verse teruggegaan om inspirasie te kry vir hoe hulle saam moet wees, hoe hulle die Here saam moet dien.

Published in: Spiritual
  • Be the first to comment

  • Be the first to like this

Handelinge 2:42 47

  1. 1. 1 Handelinge 2:42-47 11 Mei 2014 – “onderlinge verbondenheid” Verwelkoming Geseënde MOEDERSDAG! Alle vroue IS ma’s of HET ma’s. Ons dink dus vandag aan ‘n breë kategorie van vroue: iemand wat ‘n ma vir jou is, iemand wat inderdaad jou ma is, of as jy self ‘n ma is. Ons eer julle as mentors en versorgers, as priesters en profete, as wyses en as heldinne. Ek dink vandag is ’n storie-vertel dag. Spandeer tyd vandag om stories te vertel oor jou ouers en jou oumas (en oupas) en vra jou ma of ouma om nog verder terug stories te vertel van julle familie. Bemoedig mekaar met verhale van geduld, en uithou en aanhou, van geloof en liefde wat alle grense oorskry. Toetrede Lied 169 – Heilig, heilig, heilig, Heer God almagtig – sit Votum en seëngroet Loflied FLAM 21 – In die hemel is die Heer en sy glans is soos kristal – sit Lied 209 – Heer, met my hele hart kom sing ek ‘n lofsang – staan Kindertyd Ons sê welkom aan Annelet Slazus, ons nuwe jeugwerker. Mag die Here jou bediening seën. FLAM 104 – Weet jy nie, weet jy nie, jy’s ‘n tempel? – sit Gebed Handelinge 2:42-47 – “onderlinge verbondenheid” 41 Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg. 42 Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer (onderrig) van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd (die breek van die brood) en die gebede. Die eerste gemeente 43 Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul. 44 Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. 45 Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. 46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, 47 en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.
  2. 2. 2 Woordverkondiging Dit is voorwaar ’n pragtige gesig om ganse in ’n V-formasie te sien vlieg. Dit is egter nie om dowe neute dat hulle só vlieg nie. Navorsing het getoon dat die geklap van hulle vlerke ’n opwaartse lugstroom, ’n spiraal draaikolk, veroorsaak wat die ganse opdruk wat in die V-formasie volg. Trouens, hierdie “spanwerk” kan ’n swerm ganse tot 71% verder laat vlieg as wat hulle dit alleen kan regkry, sê navorsers.  Daarom dat ganse wat per ongeluk uit formasie beweeg alles in die stryd werp om weer in gelid met die ander te kom, anders sal hulle dit nooit maak om op hulle eie die groot afstande af te lê wat nodig is om in ’n warmer klimaat te kom nie.  Die ganse neem ook beurte om die harder werk aan die voorpunt van die V-formasie te doen, sodat die las gedeel kan word en ’n deel van hulle die tyd kan gebruik om uit te rus tot hulle self weer aan die voorpunt die swerm se reikafstand kan vergroot.  Daar is selfs ’n teorie dat ganse nie net hulle hees gesnater (Engels: honking) gebruik om hulle plek in die formasie vir die ander aan te dui, sodat die V-formasie behoue bly nie, maar dat hulle deur hulle gesnater mekaar aanmoedig om net hulle beste te lewer.  Dit is immers ook waar van ganse dat as een agterraak weens siekte of ongesteldheid, twee ganse sal terugval en by die agtergeblewene sal bly totdat hy of sy óf weer saam met hulle in formasie kan vlieg of doodgaan. Verstommende voëls – en ’n voorbeeld vir die gemeenskap van gelowiges van hoe ons saam dit verder bring as wat elkeen in die kerk net sy eie kop volg. Hulle het hulle heelhartig toegelê Dit is met dié voorbeeld van die ganse in gedagte wat ek wil hê dat julle moet kyk na die prentjie wat Lukas vir ons hier in Handelinge 2 skilder van die eerste gemeente. Dit is op ’n manier een van die kragtigste paradigmas vir ons van hoe ’n gemeente moet werk, van wat in ’n gemeente moet gebeur, van waarop dit regtig aankom. Baie gemeentes reg deur die eeue het telkens weer na dié paar verse teruggegaan om inspirasie te kry vir hoe hulle saam moet wees, hoe hulle die Here saam moet dien. En die feit dat Lukas kies om vir ons in die eerste plek die geloofsgewoontes van die eerste gemeente te beskryf, is betekenisvol. Van die begin af was die geloofsgewoontes van die gemeente die hart van hulle gemeentewees. Lukas skryf vir ons dat die eerste gemeente van ’n bietjie meer as drieduisend in Jerusalem hulle heelhartig toegelê het op hierdie vier geloofsgewoontes (vers 42): 1. die onderrig van die apostels (didage), wat duidelik die Skrifte ingesluit het, 2. die onderlinge verbondenheid (koinonia, fellowship), 3. die breek van die brood (die liefdesmaal wat die nagmaal ingesluit het), en 4. die gebed. Die Woord van God, sy teenwoordigheid in hulle saamwees, ook deur die nagmaal en die gemeenskap met God in hulle gebede was die lewensbloed van die eerste gemeente.
  3. 3. 3 In vers 46 noem hy nog twee geloofsgewoontes wat bygedra het tot die uitbreiding van die gemeente: 5. hulle het volhard daarin om die tempel daagliks te besoek en 6. van huis tot huis brood te breek saam met die liefdesmaal. Dit is duidelik die begin van die beweging van eredienste en kleingroepe of huiskerk. En tot vandag toe bly dié twee maniere van saamwees vir ’n gemeente belangrik: die gesamentlike erediens waar almal saamkom om die Here te aanbid en die kleiner groepe wat in huise bymekaarkom om mekaar te ondersteun en die “onderlinge verbondenheid” te vier, om fellowship te hê. Geen wonder dat hulle daarom ook baie gemaak het by dié geleenthede van saameet nie. Trouens, ’n mens sou nog ander geloofsgewoontes in dié gedeelte ook kon identifiseer, soos die doodgewone saameet! Hulle was dus duidelik onderling aan mekaar verbind. Hulle het dinge saamgedoen, hulle het mekaar bemoedig, hulle het gesorg dat God se Woord in die sentrum bly van hulle gemeentewees en hulle het gesorg dat hulle byeenkomste vol lofprysing en viering was. Terloops – ek is besig om met ’n proses te begin om mense in die meer individuele geloofsgewoontes hierin te begelei. Ek noem dit Reisgenote in geloofsvorming. Kontak my as jy in ’n proses van verdere geloofsvorming met die inoefening van geloofsgewoontes betrokke wil raak saam met my. ’n Mens sou dink dié gemeente sou floreer ’n Mens sou dink dat dié gemeente sou floreer, want dié ses geloofsgewoontes is die kern van die lewe van ’n gemeente. Tog was dit net ten dele die geval. Baie gou kom ons agter dat sommige veral die onderlinge verbondenheid in gevaar gestel het:  deur te lieg oor hulle offergawe aan die gemeente – Ananias en Saffira (Hand. 5).  deur die Hebreeuse weduwees voor te trek en die Griekse weduwees te verwaarloos (Hand. 6). Gelukkig tree die gemeente op en sorteer dié dinge uit.  Petrus word deur God bemagtig om Ananias en Saffira uit te sorteer, op tragiese wyse eintlik, want dit kos hulle dood.  Die apostels besluit saam om mense aan te stel om op gelyke wyse vir die Hebreeuse weduwees en die Griekse weduwees te sorg. Hulle stel sewe mans aan om die versorging te behartig. Maar, soos ons uit die name kan aflei, was die mans ongelukkig net Grieke (Hand. 6:5-6). Dit het beteken dat die ongelukkigheid net ten dele hanteer is. Die keuse van die sewe mans het nie die noodsaaklike kruis-groep versorging en kruis-groep vriendskappe gefasiliteer nie, net ’n beter verdeling van bronne verseker. Dit sou ook beter gewerk het as hulle ’n paar vroue ingesluit het. Die onderlinge gedrag van die gemeente om regtig sorg te dra dat daar ’n lewensgemeenskap kom bo-oor die grense van die groepe waaruit hulle saamgestel is, dié het dus nie die aandag gekry wat dit verdien het nie.
  4. 4. 4 Die probleme met die onderlinge verbondenheid was egter op die koop toe nie net waar van die eerste gemeente nie. Dit was in baie gemeentes van die vroeë kerk so. Die worsteling met die onderlinge verbondenheid vorm duidelik ’n patroon regdeur die geskiedenis van die vroeë kerk, ’n worsteling wat in hulle geval veral tussen die Hebreeuse deel van die vroeë kerk en die Griekse en later Romeinse deel van die kerk na vore gekom het en veral rondom Joodse gebruike. Dit kom op allerlei maniere na vore:  Petrus het in Antiogië saam met die Griekse Christene geëet, maar toe die Hebreeuse Christene uit Jerusalem daar aankom, het hy hom van hulle afgeskei omdat hy bang was die Hebreeuse Christene neem aanstoot (Gal. 2). Gelukkig het Paulus skerp daarop gereageer en hom tereggewys waardeur Paulus ons die regte manier gewys het. Ons mag nie onderskeid tref tussen groepe in die kerk nie. Meer nog, ons moet aktief werk aan die inskakeling by mekaar sodat dit regtig in die kerk kan wees dat daar nie “Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou” is nie, maar dat in Christus Jesus ons almal een sal wees (Gal. 3:29).  Die Joodse Christene het dit egter nie daar gelos nie en kla die Christene uit die heidene by die moederkerk in Jerusalem aan dat hulle nie die wet van Moses volg deur die besnydenis toe te pas nie en dit kos ’n belangrike vergadering in die moederkerk om die saak te besleg (Hand. 15). Die konsensus van hulle geloofsonderskeiding is dat die besnydenis nie noodsaaklik is vir geloof nie en dat die onderskeie groepe in die kerk nie hulle eie instellings en idees op die ander mag af forseer nie. Hulle kies om net vier algemene beginsels te handhaaf waaraan almal hulle sal hou en dat die res nie afdwingbaar is nie. Op ander plekke het dit beter gegaan Op sommige plekke het dit beter gegaan, bv.  in Seserea waar Joodse en Romeinse gelowiges met die bekering van Kornelius saamgesnoer is (Hand. 10),  in Antiogië waar selfs die leraarspan uit verskillende nasies saamgestel is, omdat die gemeente vanweë die werk van gelowiges uit Siprus en Sirene tot stand gekom het (Hand. 11 en 13),  in Filippi waar die eerste lede van die gemeente uit ten minste Joodse en Romeinse gelowiges saamgestel is en waarskynlik ook uit ten minste een ander nasie soos ons aflei uit die feit dat ’n bose gees uit die slawe meisie uitgedryf is (Hand. 16) sowel as  in Efese waar Jode sowel as Grieke op Paulus se prediking gereageer het (Hand. 19). Paulus het ook sorg gedra dat die lede van sy span uit gelowiges van verskillende nasies saamgestel is:  Barnabas was ’n Jood, maar Silas waarskynlik ’n Griek (sy naam word ook as Silvanus aangegee, wat ’n Romeinse weergawe van Silas kan wees),  Timoteus was ’n Jood, maar Titus van gemengde Grieks-Joodse afkoms. Daarmee demonstreer hy op sy drie groot sendingreise dat die evangelie nie net vir alle nasies bedoel is nie, maar dat samewerking en vriendskap tussen mense nie net moontlik is nie, maar noodsaaklik.
  5. 5. 5 Die “onderlinge verbondenheid” is dus ’n integrale deel van gemeentewees en van gemeentewerk. Daarsonder kom groei in ’n gemeente tot stilstand, trouens daarsonder kom ’n kerk tot stilstand. Waar jy die onderlinge verbondenheid laat skade ly, daar lei die liggaam van Christus skade. Ons eie gemeente se funksionering Wat my bring by ons eie gemeente se funksionering. Ons doen baie goed met die Bybel. Dit funksioneer in ons prediking, kleingroepe, Bybelskool, eintlik oral. Ons is ’n gemeente van die Bybel. Ons is lief vir die Bybel. Ons leef uit die Bybel. Ons sorg dat die Bybel sentraal staan. Ons doen ook goed met ons onderlinge verbondenheid, veral in ons buurte en in onderlinge gemeente vriendskappe en in ons kleingroepe. Ons doen goed met ons byeenkomste – die eredienste en die kleingroepe – en ons bid saam by allerlei geleenthede en ons vier die nagmaal met die breek van die brood, soos weer vanaand by die erediens. Ons doen ook goed met ons ander gesamentlike etes, soos onlangs ervaar met die Tiramisú ete by die Ark en wat ons binnekort weer gaan doen met die boerepiekniek wat ons reël hierdie week Vrydag. Maar, ons het nodig om nog meer ons onderlinge verbondenheid oor die grense van ons tradisionele groepvorming te voer, om vriende te maak met ander groepe as ons eie.  Daar is wonderlike groei wat kom met Klema en die gemeente wat nou besluit dat ons lot só verbonde is aan mekaar dat ons nie langer apart gaan funksioneer nie.  Daar is wonderlike groei met Xhosa sprekende gelowiges, Amos-hulle, wat by ons begin aansluit en waarvoor ons die tolkdienste ingestel het. Ons gesels die 24ste Mei verder oor on samewerking met die universiteit. Almal welkom. Meer inligting in ons aankondigingsblaadjie. Ons het kruis-groep vriendskappe nodig Maar ons het nodig om kruis-groep vriendskappe te sluit in terme van woonbuurte, soos ons dit nou al met die lidmate van Bloemendal gedoen het, sowel as ten opsigte van generasies. Dit is waar die uitdaging vir ons lê. Dit is waar die groei potensiaal vir ons gemeente se impak in hierdie land van ons lê. Ek het die afgelope tyd baie gelees oor wat gebeur as groepe die moeite doen om oor grense mekaar te ontmoet en die wyse waarop dit help om stereotipes af te breek en ons help om vooroordele teenoor mekaar te verminder. Veral die boek van Thomas Pettigrew en Linda Tropp – When groups meet – het my geïnspireer. Hulle het 70 jaar se navorsing in die sosiale sielkunde in 515 navorsingstudies in meer as 36 lande versamel en in dié boek ontleed. Dit is nou dié standaardwerk oor die kontak wat mense in groepe het en wat met hulle gebeur in dié kontak. Die konsensus van die navorsing is dat ons houdings teenoor mekaar verander as ons gedrag verander, nog meer spesifiek, as ons vriendskappe sluit oor grense heen. Wat ons help in die proses, soos Gordon Allport al in die vyftigerjare in sy paradigma-skuiwende boek The Nature of Prejudice geskryf het, is:
  6. 6. 6 1. as ons mense op gelyke voet betrek en omstandighede skep waar hulle as gelykes aan hulle vriendskapsverhouding kan werk, 2. as ons rondom ’n gesamentlike doel verenig om bv. ’n projek saam te doen of die Here saam te dien of in ’n Bybelstudiegroep die Here saam te aanbid, is, is dit net aanvanklik vir ’n termyn, en as ons 3. as ons doelgerig saamwerk en geleenthede daarvoor skep. Maar interessant genoeg, dit werk veral goed, 4. as die instituut, in ons geval die kerk, dié kruis-groep vriendskappe ondersteun en moontlik maak. Om dit sterk te stel: as ons nie doelbewus ons gedrag teenoor ander groepe verander nie, sal ons onderlinge verbondenheid (koinonia) nie verder verbeter nie. Dit klink amper vanselfsprekend, maar blootstelling aan gedragsverandering het regtig ’n groot impak op die houdings teenoor ander groepe. Die navorsing van Johnson en Johnson het reeds in die tagtigerjare dit bevestig. Hulle het met gestremde en nie-gestremde graad drie leerlinge gewerk wat ewekansig opgedeel is in óf groepe wat moes saamwerk om hulle leerwerk gedoen te kry óf op hulle eie waar hulle onafhanklik moes werk. Hulle het ook die vriendskapsgedrag van die graad drie’s getoets tydens die periodes wat hulle vry buite kon speel. Die resultaat? Groepe wat saamgewerk het in die klas, het beduidend meer kruis-groep vriendskappe gesluit in die klas sowel as daarbuite as dié wat onafhanklik in die klassituasie gewerk het (“Building friendship between handicapped and non-handicapped students: Effects of cooperative and individualistic instruction”, American Educational Research Journal, 1981). Dieselfde tipe navorsing is gedoen met swart, Latyns-Amerikaanse en wit leerlinge in graad een en graad drie deur Rooney-Rebeck en Jason met dieselfde uitkoms (“Prevention of prejudice in elementary school students”, Journal of Primary Prevention, 1986). Dit bring Pettigrew en Tropp by die gevolgtrekking: “Positive contact experiences may not only facilitate close ties across group boundaries, but more broadly they may reinforce people’s willingness to engage in future contact that can serve to facilitate future cross-group interaction.” (hfst. 7). Dit beteken dat ’n mens kan verwag dat hoë kwaliteit kontak in nabye kruis-groep vriendskappe ’n hoë waarskynlikheid vir die bevordering van positiewe uitkomste van kontak tussen groepe sal hê en vooroordele teenoor die groepe as sodanig sal hê. Maar, dan ons moet dit doelbewus ondersteun as gemeente. En daarmee moet ons mekaar help. Ons moet aan mense die geleentheid bied om vriende te word. Ons moet mense help om uitgebreide en herhalende kontak in ’n verskeidenheid van sosiale kontekste te hê waar mettertyd dieper vlakke van gedeelde ervarings en ander vriendskapskeppende prosesse moontlik kan word. Dit is ons uitdaging! Trouens, as ons net kan slaag om ’n paar sulke kruis-groep vriendskappe te sluit, het dit ’n effek op ons almal, soos navorsers bewys deur die fenomeen van “the-friend-of-my-friend-is-my-friend” soos deur Heider al in 1958 nagevors (The psychology of interpersonal relations).
  7. 7. 7 Ek sien ’n kerk waar almal welkom is Ek sluit af. Ek besef dat wat ek nou op die tafel sit, nie maklik is nie. Presies hoe ons te werk moet gaan, is ook nog nie vir my duidelik nie. Ons het in ons land só apart geleef en ons leefwêrelde is so apart gestruktureer dat dit moeilik is om die klowe wat daar tussen ons bestaan, te oorbrug. Ons doen beter in die werkplek, maar ons sukkel in ons woonbuurte en in die kerk wat met ’n meer geografiese indeling werk. Maar, hierdie week se feeskonsert met die kerk wat gepak gesit het van mense van oor die hele stad, uit al die sfere van die lewe, van jonk na oud, van hoogstaande kunstenaars na mense wat net ’n waardering vir musiek het, het my geraak. Dít is die tipe kerk waaraan ek wil behoort,  waar ons nie meer vaskyk in afkoms nie, maar na die doel waarvoor ons leef,  waar ons nie meer vaskyk in taal nie, maar na die wyse waarop ons kan kontak maak met mekaar,  waar ons nie meer vaskyk in kleur nie, maar in die waarde wat ons kan toevoeg tot mekaar se lewe. Ek sien ’n kerk waar almal welkom is, waar daar regtig soos Paulus in Galasiërs 3 sê: “nie meer Jood of Griek, nie meer slaaf of vryman, nie meer man of vrou nie, maar almal één is in Christus Jesus”. Ek sien die tipe kerk wat God vir Homself versamel waarvan Johannes skryf in Openbaring 7: “en kyk, daar was ’n baie groot skare wat niemand kon tel nie. Hulle was afkomstig uit elke nasie en stam en volk en taal en het voor die troon gestaan en voor die Lam ... Hulle het met ’n harde stem uitgeroep: ‘Die verlossing kom van ons God wat op die troon sit en van die Lam!’ Al die engele ... het God aanbid en gesê: ‘Amen! die lof, die heerlikheid en die wysheid die dank en die eer die krag en die sterkte kom ons God toe vir ewig en ewig. Amen!’” Gebed Vir ma’s Dankoffer Wegsending Lied 443 – Wind kan jy nie sien nie – niemand sien dit raak – staan Seën Respons Lied 443:5 – Kom ons sê vir elkeen: Bid tot God die Heer, dat Hy ons sy Gees gee – dat Hy ons sal leer – staan

×